Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Meer BEES
Meer BEES [boodskap #18904] Wo, 04 November 1998 00:00 na volgende boodskap
Bees  is tans af-lyn  Bees
Boodskappe: 186
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Senior Lid
Dagse, Bees hier.

Uit my vorige bydrae: "om sinvol gedagtes te deel oor die motiverings,
ervaringe, uitdagings en nadenke wat saamgaan met landsverlating."

Nou ja, ek het nooit kon dink ek sal bydraes oor hoenders en volstruise
ontlok nie. Iemand het selfs sy/haar sielkunde 101 handboek afgestof en 'n
iets kwytgeraak oor Maslow.

Die Bevryde Eie-denkende Ex-Suidafrikaners oftwel BEES kan lyk my maklik (of
maklik aspris?) misverstaan word.

Die "bevryding" het wel 'n bietjie te doen met bly of gaan; maar dit het
alles te doen met dink, dink, dink, besluit, doen.

Daar is niks fout met bly (of gaan) opsigself nie; ek dink daar is fout as
iemand kerm en kla oor hoe vrot dit gaan in SA en dan maar net daar sit. En
ek is bevrees dit is wat ek gereeld hoor uit SA. (Ek weet daar is mense wat
nie regtig 'n keuse het nie, ek praat van die wat wel 'n keuse het.)
Bevryding kom uit die uitvoering van 'n weldeurdagte besluit, al gaan dit
maar broekskeur vir 'n ruk.

Hou op kla, of kry jou ry is my raad vir die in SA. Grense is historiese
oorblyfsels, daargestel lank voor my en jou tyd. Vals en ongegronde
patriotisme is 'n meulsteun.

Dink waaroor jy kan dink, en doen wat jy dink is reg...

Tot later,

Bees
Ruimtevaarder : Planeet Aarde
Re: Meer BEES [boodskap #18948 is 'n antwoord op boodskap #18904] Do, 05 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 4 Nov 1998 19:13:31 -0700, "Bees" wrote:
<<>Daar is niks fout met bly (of gaan) opsigself nie; ek dink daar is fout as
> iemand kerm en kla oor hoe vrot dit gaan in SA en dan maar net daar sit.>>

A! Die PW Botha-argument - "as jy nie van ons hou nie, kan jy
emigreer".

Soos toe is dit nou ook n drog-argument.

Om in SA te bly en die foute van die samelewing raak te sien en dit te
se, is nie n kontradiksie nie. Inteendeel, as iemand n patriotiese
Suid-Afrikaner is, IS hy of sy betrokke by en sensitief vir sy
samelewing.

Die verskil - na my mening - kom in of daardie persoon bereid is om
ten volle te sien waar die probleme vandaan kom en te verstaan presies
wat dit is en dan te werk - maak nie saak hoe klein bydra nie (en deur
bloot aan te gaan met n gewone lewe is reeds n bydra) - om die foute
te probeer regmaak.

En of die persoon eensydig en vasgebind deur bitter persepsies net sit
en kerm en NET bereid is om ALLE sleg raak te sien en geen goed nie.

So: Om te bly is n keuse van liefde, vreugde in die plek en
verbintenis tot die verlede en die hede HIER.
En om te bly is om betrokke by die samelewing te wees.
En om betrokke te wees, is om die lekker goed EN die foute raak te
sien.
En om dit te se.
En daarin vreugde te kry en pissed off daaroor te raak.
Re: Meer BEES [boodskap #18986 is 'n antwoord op boodskap #18904] Vr, 06 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
Bees bulk:
>
> Dagse, Bees hier.
>
> Daar is niks fout met bly (of gaan) opsigself nie; ek dink daar is fout as
> iemand kerm en kla oor hoe vrot dit gaan in SA en dan maar net daar sit. En
> ek is bevrees dit is wat ek gereeld hoor uit SA. (Ek weet daar is mense wat
> nie regtig 'n keuse het nie, ek praat van die wat wel 'n keuse het.)
> Bevryding kom uit die uitvoering van 'n weldeurdagte besluit, al gaan dit
> maar broekskeur vir 'n ruk.
>
> Hou op kla, of kry jou ry is my raad vir die in SA. Grense is historiese
> oorblyfsels, daargestel lank voor my en jou tyd. Vals en ongegronde
> patriotisme is 'n meulsteun.
>

Hey Boetie - ek betaal helfte van my salaris aan direkte belasting en
helfte van dit wat oorbly aan indirekte belasting. Ek dink ek verdien
die reg om oor die regering en die omstandighede te kla. Ek betaal
f**'en heeltemal genoeg vir daardie reg.

So beesblaas - waneer waai jy? Dat ek kan ophou om vir 'n deel van jou
studies te betaal.

Cheers
Lou
Re: Meer BEES [boodskap #18987 is 'n antwoord op boodskap #18904] Vr, 06 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Bees  is tans af-lyn  Bees
Boodskappe: 186
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Senior Lid
lou wrote in message ...
> Bees bulk:
>>
>> Hou op kla, of kry jou ry is my raad vir die in SA. Grense is historiese
>> oorblyfsels, daargestel lank voor my en jou tyd. Vals en ongegronde
>> patriotisme is 'n meulsteun.
>>
>
> Hey Boetie - ek betaal helfte van my salaris aan direkte belasting en
> helfte van dit wat oorbly aan indirekte belasting. Ek dink ek verdien
> die reg om oor die regering en die omstandighede te kla. Ek betaal
> f**'en heeltemal genoeg vir daardie reg.
>
> So beesblaas - waneer waai jy? Dat ek kan ophou om vir 'n deel van jou
> studies te betaal.

Lou, jy is net so ver vannie wa af soos die kristal bal tannie. Lees my
bydrae weer mooi. Dit is geskryf vanuit die oogpunt van iemand wat al 'n ruk
weg is en bietjie daaroor gedink het.

Ek is in 1994 weg.

Tot later

Bees
Ruimtevaarder: Planeet Aarde
Re: Meer BEES [boodskap #18988 is 'n antwoord op boodskap #18904] Vr, 06 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Bees wrote in message ...

> Daar is niks fout met bly (of gaan) opsigself nie; ek dink daar is fout as
> iemand kerm en kla oor hoe vrot dit gaan in SA en dan maar net daar sit. En
> ek is bevrees dit is wat ek gereeld hoor uit SA. (Ek weet daar is mense wat
> nie regtig 'n keuse het nie, ek praat van die wat wel 'n keuse het.)
> Bevryding kom uit die uitvoering van 'n weldeurdagte besluit, al gaan dit
> maar broekskeur vir 'n ruk.
>
> Hou op kla, of kry jou ry is my raad vir die in SA.

Maak jy net voorsiening vir hierdie twee opsies, of dink jy ander mense kan
dalk ander moontlikhede raaksien?

Byvoorbeeld: Dink jy dat klagtes soms daartoe kan lei dat 'n staat (of 'n
onderneming) sy diens verbeter?

Of: Dink jy dat blote verslae oor onaanvaarbare sake soms as "klagtes"
afgemaak word - veral deur kwaadwillige waarnemeners?

Vriendelike groete, Leendert
Re: Meer BEES [boodskap #19015 is 'n antwoord op boodskap #18904] Sa, 07 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Bees  is tans af-lyn  Bees
Boodskappe: 186
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Senior Lid
Leendert van Oostrum wrote in message ...

>> Hou op kla, of kry jou ry is my raad vir die in SA.
>
> Maak jy net voorsiening vir hierdie twee opsies, of dink jy ander mense kan
> dalk ander moontlikhede raaksien?
>
> Byvoorbeeld: Dink jy dat klagtes soms daartoe kan lei dat 'n staat (of 'n
> onderneming) sy diens verbeter?
>

Leendert - ek praat van kla teenoor mense wat geen vermoe of intensie het om
iets aan die saak te doen nie.

> Of: Dink jy dat blote verslae oor onaanvaarbare sake soms as "klagtes"
> afgemaak word - veral deur kwaadwillige waarnemeners?

Wat bedoels jy nou eintlik ?

Bees -
Ruimtevaarder : Planeet aarde &
CEO: Bevryde Eie-denkende Ex-Suidafrikaners (BEES)
Re: Meer BEES [boodskap #19016 is 'n antwoord op boodskap #18904] Sa, 07 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Bees  is tans af-lyn  Bees
Boodskappe: 186
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Senior Lid
>> Leendert van Oostrum wrote in message ...
>>
> Jy dink nie 'n openbare forum is 'n toepaslike plek vir klagtes oor openbare
> sake nie?

Natuurlik. Maar moet net dink dit gaan enigiets verander nie.

>>> Of: Dink jy dat blote verslae oor onaanvaarbare sake soms as "klagtes"
>>> afgemaak word - veral deur kwaadwillige waarnemeners?
>>
>> Wat bedoels jy nou eintlik ?
>
> Ek bedoels niks ingewikkeld nie. Net maar dat nie alle verklarings oor
> onaanvaarbare sake "klagtes" is nie. Maar mense wat kwaadwillig is kan dit
> "klagtes" noem om die saak as minderwaardig af te maak - en om die spreker te
> etiketteer.
>

Is 'n klagte nie (byna) per definisie "'n verklaring oor 'n onaanvaarbare
saak" nie?

Ek is seker jy sal 'n antwoord hierop he - ne?

Tot later

Bees -
Ruimtevaarder : Planeet aarde &
CEO: Bevryde Eie-denkende Ex-Suidafrikaners (BEES)
Re: Meer BEES [boodskap #19017 is 'n antwoord op boodskap #18904] Sa, 07 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum[2]  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
"Bees" wrote:
> Leendert van Oostrum wrote in message ...
>
>>> Hou op kla, of kry jou ry is my raad vir die in SA.
>>
>> Maak jy net voorsiening vir hierdie twee opsies, of dink jy ander mense kan
>> dalk ander moontlikhede raaksien?
>>
>> Byvoorbeeld: Dink jy dat klagtes soms daartoe kan lei dat 'n staat (of 'n
>> onderneming) sy diens verbeter?
>>
>
> Leendert - ek praat van kla teenoor mense wat geen vermoe of intensie het om
> iets aan die saak te doen nie.

Jy dink nie 'n openbare forum is 'n toepaslike plek vir klagtes oor openbare
sake nie?

>> Of: Dink jy dat blote verslae oor onaanvaarbare sake soms as "klagtes"
>> afgemaak word - veral deur kwaadwillige waarnemeners?
>
> Wat bedoels jy nou eintlik ?

Ek bedoels niks ingewikkeld nie. Net maar dat nie alle verklarings oor
onaanvaarbare sake "klagtes" is nie. Maar mense wat kwaadwillig is kan dit
"klagtes" noem om die saak as minderwaardig af te maak - en om die spreker te
etiketteer.

Groete, Leendert

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Re: Meer BEES [boodskap #19044 is 'n antwoord op boodskap #18904] So, 08 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum[2]  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
"Bees" wrote:
>
>>> Leendert van Oostrum wrote in message ...
>>>
>> Jy dink nie 'n openbare forum is 'n toepaslike plek vir klagtes oor openbare
>> sake nie?
>
> Natuurlik. Maar moet net dink dit gaan enigiets verander nie.

Jy sal jou verwonder. Dit is 'n baie belangrike metode om die publiek te
sensitiseer vir 'n bepaalde saak.

>
>>>> Of: Dink jy dat blote verslae oor onaanvaarbare sake soms as "klagtes"
>>>> afgemaak word - veral deur kwaadwillige waarnemeners?
>>>
>>> Wat bedoels jy nou eintlik ?
>>
>> Ek bedoels niks ingewikkeld nie. Net maar dat nie alle verklarings oor
>> onaanvaarbare sake "klagtes" is nie. Maar mense wat kwaadwillig is kan dit
>> "klagtes" noem om die saak as minderwaardig af te maak - en om die spreker te
>> etiketteer.
>>
>
> Is 'n klagte nie (byna) per definisie "'n verklaring oor 'n onaanvaarbare
> saak" nie?
>
> Ek is seker jy sal 'n antwoord hierop he - ne?

Inderdaad. Soos jy self toegee: "byna" - nie heeltemal nie :-)

Groete, Leendert
Re: Meer BEES [boodskap #19067 is 'n antwoord op boodskap #18904] Ma, 09 November 1998 00:00 Na vorige boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
Bees wrote:
>
> lou wrote in message ...
>> Bees bulk:
>>>
>>> Hou op kla, of kry jou ry is my raad vir die in SA. Grense is historiese
>>> oorblyfsels, daargestel lank voor my en jou tyd. Vals en ongegronde
>>> patriotisme is 'n meulsteun.
>>>
>>
>> Hey Boetie - ek betaal helfte van my salaris aan direkte belasting en
>> helfte van dit wat oorbly aan indirekte belasting. Ek dink ek verdien
>> die reg om oor die regering en die omstandighede te kla. Ek betaal
>> f**'en heeltemal genoeg vir daardie reg.
>>
>> So beesblaas - waneer waai jy? Dat ek kan ophou om vir 'n deel van jou
>> studies te betaal.
>
> Lou, jy is net so ver vannie wa af soos die kristal bal tannie. Lees my
> bydrae weer mooi. Dit is geskryf vanuit die oogpunt van iemand wat al 'n ruk
> weg is en bietjie daaroor gedink het.
>
> Ek is in 1994 weg.
>
> Tot later
>

So ek het so pre-1994 jou studies betaal. Ek is nog hier, ek dra my
beskei deeltjie by, al is dit nou net 75% van my damn salaris waarvoor
ek my gat afwerk so ek sal moan. Wat meer is as wat ek van jou kan sê.
Jy het gewaai maar moan nog steeds.

Cheers
Lou
Re: Meer BEES [boodskap #19068 is 'n antwoord op boodskap #18904] Ma, 09 November 1998 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum[2]  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Lou skryf:

In article 36469...@hotmail.DING.com
> Ek is nog hier, ek dra my beskei deeltjie by, al is dit nou net 75% van my
> damn salaris waarvoor ek my gat afwerk so ek sal moan.

Een of ander finansiële boffin wys nou die dag op 'n radioprogram daarop dat
die tipiese middelklasgesin van daardie belasting ook slegs 10c in die Rand
terugkry in die vorm van regeringsdienste - en dit is al vir dekades so.

Seg die boffin: "Daar is geen ander ekonomie in die wêreld waar herverdeling
op so 'n groot skaal vir so lank volgehou is nie".

Groete, Leendert
Vorige onderwerp: soc.culture.netherlands
Volgende onderwerp: Re: Leeuwen en Nederlanders
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jun 03 14:00:29 MGT 2024