Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » WVK-verslag
WVK-verslag [boodskap #18699] Do, 29 Oktober 1998 00:00 na volgende boodskap
Koos[3]  is tans af-lyn  Koos[3]
Boodskappe: 16
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Junior Lid
Ek trek terug wat ek gister hier gesê het. Die WVK-verslag is op die
Internet beskikbaar by:
http://www.truth.org.za/

Groetnis
Henry in Pennsylvania.
Re: WVK-verslag [boodskap #18735 is 'n antwoord op boodskap #18699] Vr, 30 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 29 Oct 1998 13:58:12 -0500, "Kwarantyn" wrote:

Internet beskikbaar by:[/color]
> http://www.truth.org.za/>>

Ook by Nasionale Pers se 24 uur Internet-nuusdiens www.24hours.com

n Mens moet dan daar na die nuusdiens toe gaan. Hulle dwing mense om
eers die "portal-"blad te lees (silly idee), maar jy KAN reguit na die
24 uur nuusdiens toe gaan waar die verslag ten volle of per gedeelte
afgelaai kan word. Die adres daarvoor (regstreeks na die nuusblad) is:
www.livenews.24.com
Re: WVK-verslag [boodskap #18878 is 'n antwoord op boodskap #18699] Di, 03 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi wrote:
>
> On Sat, 31 Oct 1998 07:39:37 GMT, oos...@geocities.com wrote:
>
> Lou! Is dit dieselfde Lou wat altyd gese het die WVK is nie
>>> onafhanklik nie en gaan die ANC net wit verf vir die verkiesing?!
>>
>> Wel, dit lyk asof die ANC ook van oordeel is dat die WVK nie onafhanklik is
>> nie - om die waarheid te sê, dit lyk asof hulle dink dat hy nie genoeg
>> afhanklikheid getoon het nie, nie waar nie?>>
>
> Leendert, jou naam is LEENDERT. Lou is iemand anders.

En hoe seker is jy daarvan?
Re: WVK-verslag [boodskap #18891 is 'n antwoord op boodskap #18699] Di, 03 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 03 Nov 1998 00:10:47 GMT, oos...@geocities.com wrote:

ferdi?>>[/color]

O nou sien ek waar jou probleem ingekom het. Jy het die hele tyd n
datum in WVK of TRC ingelees.

G'n wonder jy het nie n clue nie.
Re: WVK-verslag [boodskap #18892 is 'n antwoord op boodskap #18699] Di, 03 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum[2]  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi wrote in message ...
> On Sun, 01 Nov 1998 14:35:41 +0200, lou wrote:

>> Het die WVK toe versoening gebring of het dit net die
>> mense van SA verder gepolariseer?>>
>
>
> Lou versoening is nie n twee jaar projek nie.

Waarvoor is "WVK" of sy Engelse ekwivalent "TRC" nou weer die afkorting,
ferdi?

Vriendelike groete, Leendert

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Re: WVK-verslag [boodskap #18893 is 'n antwoord op boodskap #18699] Di, 03 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
midde  is tans af-lyn  midde
Boodskappe: 49
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Volle Lid
Op Tue, 03 Nov 1998 13:36:33 GMT, ferd...@icon.co.za (Ferdi ) had de
volgende te sê:

|On Tue, 03 Nov 1998 00:10:47 GMT, oos...@geocities.com wrote:
|
|
|ferdi?>>
|
|O nou sien ek waar jou probleem ingekom het. Jy het die hele tyd n
|datum in WVK of TRC ingelees.
|
|G'n wonder jy het nie n clue nie.
|
Ek dink jy het nie 'n clue nie - wil jy regtig beweer die mense van SA
gaan 'n paar jaar wag en dan sê : "Aha, nou het die koffie klaar
gebrou, nou is dit tyd vir ons om versoening te pleeg omdat daar 'n
paar jaar gelede 'n WVK was..."

Ek dink nie iemand vewag 'n "switchoever date" nie, maar die haat
gevolge van die WVK is lank reeds op almal se lippe (skuus, nie op
joune nie, Ferdi), as daar versoenings gevolge was, sou mens al moes
die tekens daarvan begin sien het.
Groete!
Re: WVK-verslag [boodskap #18894 is 'n antwoord op boodskap #18699] Di, 03 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum[2]  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi wrote in message ...
> On Tue, 03 Nov 1998 00:10:47 GMT, oos...@geocities.com wrote:
>
>
> afkorting,
>> ferdi?>>
>
> O nou sien ek waar jou probleem ingekom het. Jy het die hele tyd n
> datum in WVK of TRC ingelees.
>
> G'n wonder jy het nie n clue nie.

Waarvoor is "WVK" of sy Engelse ekwivalent "TRC" nou weer die afkorting,
ferdi?

Vriendelike groete, Leendert

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Re: WVK-verslag [boodskap #18920 is 'n antwoord op boodskap #18699] Wo, 04 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 03 Nov 1998 09:14:50 +0200, lou wrote:

Leendert, jou naam is LEENDERT. Lou is iemand anders.
>
> En hoe seker is jy daarvan?>>

We Lou as jy twyfel is daar vir JOU probleme...
Re: WVK-verslag [boodskap #18931 is 'n antwoord op boodskap #18699] Wo, 04 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 03 Nov 1998 14:55:05 GMT, midde@in.afrika (NuweSAner) wrote:

[/color]
> Ek dink nie iemand vewag 'n "switchoever date" nie, maar die haat
> gevolge van die WVK is lank reeds op almal se lippe (skuus, nie op
> joune nie, Ferdi), as daar versoenings gevolge was, sou mens al moes
> die tekens daarvan begin sien het.
> Groete!>>

Om die waarheid te weet is die basis van versoening.
Die basis.
Daarop kan versoening gemaak word.
Dit is nie versoening nie.
Dis die basis waarop versoening tot stand kom. En dis die basis waarop
die WVK tot stand gekom het en waarvolgens hy gewerk het.
Re: WVK-verslag [boodskap #18932 is 'n antwoord op boodskap #18699] Wo, 04 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum[2]  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi wrote in message ...

> Waarheids en versoeningskommissie, Leendert (ek sou dink jy weet dit).
> Dit is dus n kommissie wat die gebeure onder apartheid moes ontrafel
> sodat dit as basis vir n proses van versoening kan dien.

En het hulle die gebeure ontrafel, of het hulle net sommige gebeure "ontrafel"
- met 'n sterk klem op gebeure wat bepaalde groep(e) mense in die swakste lig
stel?

> Die kommissie is in die proses om sy verslag finaal te maak oor wat
> gebeur het onder apartheid.
> Dit dien dan as die basis vir n samelewingsproses van versoening.

Dink jy so? Die basis ne.

>
> Sien Leendert, dan weet mense wat gebeur het en wat van waar gekom
> het. Dan kan nare mense in argumentsonthalwe die PAC nie stories
> versprei dat jy, Leendert van Oostrum, beskermer van nuusgroepe,
> aandadig was in Fort Calata se dood destyds in die Oos-Kaap nie.

>
> Wat hulle sou kon doen agter jou rug as daar nie n WVK was nie.

Ah! Jy bedoel dis nou soos wanneer jy en Gloudina elkeen wat ooit vir die
vorige regering gestem het aandadig maak vir alles wat tussen 1948 en 1994
gebeur het? Ek verstaan.

Jy sê die WVK-verslag sal julle van sulke swartsmeerdery weerhou?

Vriendelike groete, Leendert

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Re: WVK-verslag [boodskap #18933 is 'n antwoord op boodskap #18699] Wo, 04 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
midde  is tans af-lyn  midde
Boodskappe: 49
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Volle Lid
Op Wed, 04 Nov 1998 11:15:00 GMT, ferd...@icon.co.za (Ferdi ) had de
volgende te sê:

|Om die waarheid te weet is die basis van versoening.
|Die basis.
|Daarop kan versoening gemaak word.
|Dit is nie versoening nie.
|Dis die basis waarop versoening tot stand kom. En dis die basis waarop
|die WVK tot stand gekom het en waarvolgens hy gewerk het.
|
Behalwe dat hy net met eensydige ongetoetste "waarhede" gewerk het.
Daarop is geen versiening gemaak nie.
Groete!
Re: WVK-verslag [boodskap #18934 is 'n antwoord op boodskap #18699] Wo, 04 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 03 Nov 1998 15:23:47 GMT, oos...@geocities.com wrote:

ferdi?>>[/color]

Waarheids en versoeningskommissie, Leendert (ek sou dink jy weet dit).
Dit is dus n kommissie wat die gebeure onder apartheid moes ontrafel
sodat dit as basis vir n proses van versoening kan dien.
Die kommissie is in die proses om sy verslag finaal te maak oor wat
gebeur het onder apartheid.
Dit dien dan as die basis vir n samelewingsproses van versoening.

Sien Leendert, dan weet mense wat gebeur het en wat van waar gekom
het. Dan kan nare mense in argumentsonthalwe die PAC nie stories
versprei dat jy, Leendert van Oostrum, beskermer van nuusgroepe,
aandadig was in Fort Calata se dood destyds in die Oos-Kaap nie.

Wat hulle sou kon doen agter jou rug as daar nie n WVK was nie.

Dis n klein voorbeeldjie, maar as jy wil, sal jy die idee kan kry.
Re: WVK-verslag [boodskap #18935 is 'n antwoord op boodskap #18699] Wo, 04 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum[2]  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi wrote in message ...
>
>
> Om die waarheid te weet is die basis van versoening.
> Die basis.
> Daarop kan versoening gemaak word.
> Dit is nie versoening nie.
> Dis die basis waarop versoening tot stand kom. En dis die basis waarop
> die WVK tot stand gekom het en waarvolgens hy gewerk het.

'n Paar probleme hiermee:

a) Die WVK verduidelik self dat sy mandaat hom slegs toegelaat het om 'n
beperkte deel van "die waarheid" te ondersoek.
b) Die WVK stel dit duidelik dat hy nie "die waarheid" ondersoek het nie,
maar vier verskillende soorte "waarheid".

Dit lyk my maar 'n wankelrige soort "basis".

Vriendelike groete, Leendert

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Re: WVK-verslag [boodskap #18962 is 'n antwoord op boodskap #18699] Do, 05 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi wrote:
>
> On Tue, 03 Nov 1998 09:14:50 +0200, lou wrote:
>
> Leendert, jou naam is LEENDERT. Lou is iemand anders.
>>
>> En hoe seker is jy daarvan?>>
>
> We Lou as jy twyfel is daar vir JOU probleme...

Nee Ferdi moet nou nie die stelling omdraai nie. Ek weet - ek het gevra
hoe seker is JY daarvan?
Re: WVK-verslag [boodskap #18963 is 'n antwoord op boodskap #18699] Do, 05 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
lou writes:
> Ferdi wrote:
>>
>> On Tue, 03 Nov 1998 09:14:50 +0200, lou wrote:
>>
>> Leendert, jou naam is LEENDERT. Lou is iemand anders.
>>>
>>> En hoe seker is jy daarvan?>>
>>
>> We Lou as jy twyfel is daar vir JOU probleme...
>
> Nee Ferdi moet nou nie die stelling omdraai nie. Ek weet - ek het gevra
> hoe seker is JY daarvan?

Dis die kwaliteit van bostaande plasing
wat my asem laat wegslaan van bewondering.

Piglettie
Re: WVK-verslag [boodskap #18967 is 'n antwoord op boodskap #18699] Do, 05 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 04 Nov 1998 20:26:03 GMT, oos...@geocities.com wrote:
Re: WVK-verslag [boodskap #18968 is 'n antwoord op boodskap #18699] Do, 05 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
oos...@geocities.com writes: >


> Totdat mense beter redes kan aanvoer om te glo dat die WVK versoening kan
> bevorder sal ek dus bly by my oortuiging dat dit 'n wankelrige basis vorm vir
> daardie doel.
>
> Vriendelike groete, Leendert

Wel, Leendert, as jy nog nie Afrikaners
teengekom het wat geskok word deur die diepte
van korrupsie en meedoenlose wreedheid van
die vorige regime nie (wat ongelukkig 'n
groot persentasie van Afrikaners insluit),
iets wat hulle pleit hulle net nooit van
vermoed het nie, dan lewe jy in die land
van die koekoek-wolke wat jy om jouself
skep. Net hierdie een feit, dat baie mense
nou indirek aandadig voel vir die skending
van soveel menseregte (en dit sluit natuurlik
die ANC en PAC en Inkatha in) sal aanleiding
gee tot 'n atmosfeer waar almal besef dat
hulle 'n nuwe begin moet maak. Niemand se
hande is skoon nie.

Die tannie wat verklaar: voor in
die wapad brand 'n LIG.
Re: WVK-verslag [boodskap #18969 is 'n antwoord op boodskap #18699] Do, 05 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 04 Nov 1998 20:25:34 GMT, oos...@geocities.com wrote:

vorige regering gestem het aandadig maak vir alles wat tussen 1948 en 1994[/color]
> gebeur het? Ek verstaan.>>

Jijis Leendert dis die lamste antwoord wat ek in weke gesien het.
Vloek eerder net volgende keer, dit het meer skop.
Re: WVK-verslag [boodskap #18970 is 'n antwoord op boodskap #18699] Do, 05 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum[2]  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi wrote in message ...
> On Wed, 04 Nov 1998 20:25:34 GMT, oos...@geocities.com wrote:
>
> vir die
>> vorige regering gestem het aandadig maak vir alles wat tussen 1948 en 1994
>> gebeur het? Ek verstaan.>>
>
> Jijis Leendert dis die lamste antwoord wat ek in weke gesien het.
> Vloek eerder net volgende keer, dit het meer skop.

Waaroor sou ek vloek?

Vriendelike groete, Leendert

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Re: WVK-verslag [boodskap #18971 is 'n antwoord op boodskap #18699] Do, 05 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hjalmar Gerber  is tans af-lyn  Hjalmar Gerber
Boodskappe: 72
Geregistreer: November 1997
Karma: 0
Volle Lid
Gloudina voorspel...
> Leendert:
>> Totdat mense beter redes kan aanvoer om te glo dat die WVK
>> versoening kan bevorder sal ek dus bly by my oortuiging dat
>> dit 'n wankelrige basis vorm vir daardie doel.

> Net hierdie een feit, dat baie mense
> nou indirek aandadig voel vir die skending
> van soveel menseregte [deur die vorige regering]
> (en dit sluit natuurlik
> die ANC en PAC en Inkatha in) sal aanleiding
> gee tot 'n atmosfeer waar almal besef dat
> hulle 'n nuwe begin moet maak. Niemand se
> hande is skoon nie.

Hier moet ek met Leendert saamstem. Dit volg nie logies
dat die WVK-verslag sal lei na "'n atmosfeer waar almal
besef" dat hulle tot bekering moet kom nie. Almal gaan
dit nie so lees nie. Hulle hande is vuil, maar dit gaan
nou nie noodwendig tot 'n massa-handewassery lei nie.

> Die tannie wat verklaar: voor in
> die wapad brand 'n LIG.

Maar wat is dit ? Dis heel moontlik ook 'n 18-wiel-vragmotor
met 'n swaar vrag burgeroorlog. Die WVK-dokument kan net sowel
die "grondlegging" van 'n eeue-lange bloedbad wees.

Minder naïef,

Hjalmar
________
Re: WVK-verslag [boodskap #18972 is 'n antwoord op boodskap #18699] Do, 05 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 04 Nov 1998 14:41:55 GMT, midde@in.afrika (NuweSAner) wrote:

Daarop is geen versiening gemaak nie.[/color]
> Groete! >>

Dit was getoets.
Re: WVK-verslag [boodskap #18973 is 'n antwoord op boodskap #18699] Do, 05 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum[2]  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi wrote in message ...
> On Wed, 04 Nov 1998 20:26:03 GMT, oos...@geocities.com wrote:
>
>
> apartheid se verlede in groot goue boeke oopgeslaan op Kerkplein in
> Pretoria sou jy steeds rede gevind het om dit af te skiet.

'n Mens neem aan dat jy met hierdie argument wil beweer dat die WVK 'n soliede
basis vir versoening is?

Ek moet sê, as argument vind ek dit nie baie indrukwekkend of enigsins
oortuigend nie.

Totdat mense beter redes kan aanvoer om te glo dat die WVK versoening kan
bevorder sal ek dus bly by my oortuiging dat dit 'n wankelrige basis vorm vir
daardie doel.

Vriendelike groete, Leendert

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Re: WVK-verslag [boodskap #18996 is 'n antwoord op boodskap #18699] Vr, 06 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote:
>
> lou writes:
>> Ferdi wrote:
>>>
>>> On Tue, 03 Nov 1998 09:14:50 +0200, lou wrote:
>>>
>>> Leendert, jou naam is LEENDERT. Lou is iemand anders.
>>>>
>>>> En hoe seker is jy daarvan?>>
>>>
>>> We Lou as jy twyfel is daar vir JOU probleme...
>>
>> Nee Ferdi moet nou nie die stelling omdraai nie. Ek weet - ek het gevra
>> hoe seker is JY daarvan?
>
> Dis die kwaliteit van bostaande plasing
> wat my asem laat wegslaan van bewondering.
>
> Piglettie

Ten minste hou jy dan jou smoel toe.
Re: WVK-verslag [boodskap #18997 is 'n antwoord op boodskap #18699] Vr, 06 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Leendert van Oostrum wrote in message ...

> h) Ja. Die WVK het die "bevrydings"-bewegins se optrede veroordeel as
> skendings van menseregte. Hy kon nie anders nie, want anders ou sy
> vooroordeel te blatant wees ( en nog kommissarisse sou waarskynlik bedank
> het). Mense besef dit, en word nie daardeur mislei nie.

Om by te voeg:

Wat my vreeslik interesseer is dat almal deur die bank, ANC inkluis, so
vreeslik verbaas (of aangenaam verras) is dat die WVK wel die uitspraak oor
growwe menseregtesekndings gemaak het.

Dit sê iets oor die persepsie wat die WVK geskep het terwyl die proses aan
die gang was.

Ek meen - as die ANC waaragtig nie verwag het dat hul dade as growwe
menseregteskendings beoordeel sou word nie!!

En dan kla die WVK nog dat daar mense was wat nie hul "volle samewerking"
wou gee nie!

Vriendelike groete, Leendert
Re: WVK-verslag [boodskap #18998 is 'n antwoord op boodskap #18699] Vr, 06 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
Hjalmar...@UAlberta.CA (Hjalmar Gerber) writes:

> Al die getuienis is in die dokument. Elke insident
> kan nou aangehaal word as regverdiging vir verdere
> geweld.

Elke insident waarin die vorige regime hulle-
self te buite gegaan het, kan as regverdiging
gebruik word vir verdere geweld. (Met reg ook.
As ek swart was in SA, sou ek vele wraakgedagtes
koester.) Maar omdat die WVK almal wat geweld
gepleeg het, met die vinger aandui, moet ek,
as ek swart is (of wit, maar aan die verkeerde
kant gedurende apartheid) twee-keer dink voordat
ek verkies om tot geweld oor te gaan.

> Leendert het dit in elk geval breedvoerig verduidelik.
> Ek kan dit nie beter stel as wat hy dit stel nie.
>
> Hjalmar

Leendert het maar net weer sy ware kleur
gewys. Want dis wat jy tussen die reels
van Leendert se geskrif moet lees: wag maar
net, totdat SA in 'n algemene verswakte
posisie is, dan sal die AWB en al die manne
wat nou so sit en droom, wapens opneem en
vir die Afrikaners 'n "wit staat" oopskiet.
Om hierdie droom wakker te hou, fantaseer
hulle oor die manne in die SA Weermag wat
na hulle sal oorloop. Dis hierdie soort
fantasie"e wat ly tot onheilige geweld:
dis hierdie soort denke wat 'n "Real IRA"
of Bin Laden het. Dus, ek twyfel nie dat
daar sulke geweld in SA gaan wees nie.Maar
dit sal uitloop op 'n tweede Bop-insident,
as jy my vra.

En ons gaan nou 'n nuwe bedeling hier in
Noord-Amerika in - die predikante op die
kansels wat haat teen gays en voorsieners
van aborsie predik, begin as aandadig
uitgewys te word aan die moorde op gays
en dokters. Die tyd van die "white male"
en sy geweer is aan die taan. Dis vroue
se stem wat nou verskil begin maak. Dis
omdat Bill Clinton populer is met vroue
en nie-wittes in die VSA, dat hy so sukses-
vol is.

Die tannie wat reg is vir die
21ste eeu.
Re: WVK-verslag [boodskap #18999 is 'n antwoord op boodskap #18699] Vr, 06 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...
> Hjalmar...@UAlberta.CA (Hjalmar Gerber) writes:
>
>> Maar wat is dit ? Dis heel moontlik ook 'n 18-wiel-vragmotor
>> met 'n swaar vrag burgeroorlog. Die WVK-dokument kan net sowel
>> die "grondlegging" van 'n eeue-lange bloedbad wees.
>>
>> Minder naïef,
>>
>> Hjalmar
>
>
> Kan jy ASSEBLIEF vir my verduidelik
> hoe die "burger-oorlog" en die
> "eeue-lange bloedbad" kan spruit
> uit die verslag van die WVK. Wie
> gaan die opponente wees? Asseblief,
> ek kan net nie jou logika verstaan
> nie. Ek sê nie dat daar nie die
> moontlikheid vir "burgeroorlog"
> en "bloedbad" is nie (as Frikkie
> en Kie stupid genoeg is om dit op
> hulle hoofde te haal. Maar hoe kan
> die bevindings van die WVK dit
> veroorsaak?

Kom ek bou vir jou 'n scenario, wat reeds besig is om te ontwikkel:

a) Een van ons kabinetslede het hierdie week verklaar dat daar groot
gevaar bestaan dat die huidige situasie in die Congo kan ontwikkel tot 'n
kontinentale oorlog (selfs Tsjaad is nou al daarby betrokke, verneem ek).
b) Ons regering het met Lesotho reeds getoon dat hy nie ongeneë is om hom
in te laat vir onbesonne militêre avontuurtjies nie (die weermag self het
hierdie week vertel hoe onbesonne dit was - in die letterlike sin van die
woord).
c) Zimbabwe is besig om teen 'n geweldige tempo te destabiliseer (maar
stuur steeds troepe na die Congo, waar ons ander bure Namibië en Angola ook
rondpronk).

Die moontlikheid van 'n grootskaalse oorlog in hierdie gebied is dus nie 'n
blote hersenskim nie.

d) Die SANW lyk na 'n ernstig gedemoraliseerde mag, waarvan die
infrastruktuur oënskynlik ernstig afgetakel is, wat volgens die Britse
taakmag (wat moes help met die integrering daarvan) geensins effektief
ge-integreer is nie, en wat so pas en steeds algemene verguising deur die
media verduur vir die Lesotho-situasie. Verskeie gevalle van muitery,
sommige op redelike groot skaal, het reeds voorgekom. 'n Mens lei af dat
spanning nie ver onder die oppervlak lê in daardie organisasie nie.
e) Gistermiddag het Denzil Potgieter, een van die
"waarheids"-kommissarisse, deelgeneem aan 'n inbelprogram op RSG (die ou
Afrikaanse stasie). Daar was nie baie tyd toegelaat vir mense om in te bel
nie, maar selfs ek was verstom oor die vlak van woede wat duidelik merkbaar
was in elkeen van die oproepe wat hulle hanteer het.
f) Selfs Andre P Brink verklaar dat hy deesdae "begrip" het ook vir die
ekstreem regse Afrikaners. Dit ondersteun my eie gevoel dat Frikkie en sy
maatjies met veel meer verdraagsaamheid, en selfs toegeneëntheid bejeën word
as tevore. (Iets wat media soos Beeld en RSG natuurlik nie sal ondersoek
nie.) Dit moet ons nie verbaas as ons sou vind dat 'n toegeneëntheid vir
Frikkie en sy maatjies ook vlak lê in 'n aanmerklike deel van die nuwe
weermag en die polisie nie. Hiervoor moet die WVK 'n groot deel van die
skuld dra weens sy ongebalanseerde veroordeling.
g) Dit is 'n bekende verskynsel in tye van ontstuimigheid dat skakerings
van opinie verdwyn, en dat menings neig om te "verhard" - "toegeneëntheid"
verskuif na toewyding. Dis waarom diktators graag oorlog maak - dit maak die
lojaliteite mooi duidelik.

Dus: die laaste ding wat ons nou kan bekostig, is die oorlog, en 'n oorlog
lyk nie onmoontlik nie.

Want as ons in so 'n oorlog betrokke sou raak is daar baie mense in hierdie
land wat die geleentheid sal aangryp om hulle vyande by te kom - dit sluit
Frikkie en sy maatjies heel moontlik in (Het jy al gedink oor 'n moontlike
verband tussen die benaming "Freedom 2000" en die groot belangstelling in
daardie kringe vir die chaos wat hulle verwag met Y2K?) en die WVK het
gehelp om vir hulle simpatie te verwek.

h) Ja. Die WVK het die "bevrydings"-bewegins se optrede veroordeel as
skendings van menseregte. Hy kon nie anders nie, want anders ou sy
vooroordeel te blatant wees ( en nog kommissarisse sou waarskynlik bedank
het). Mense besef dit, en word nie daardeur mislei nie.

Ek dink die WVK se benadering het 'n massiewe impetus gegee aan 'n
verskuiwing van opinie onder Afrikaners (aanvanklik veroorsaak deur optredes
van die nuwe regering wat min met regstelling maar veel met vergelding te
doen het - die SABC, SAA, onderwys, ens.) Die WVK word bekwaam hierin
aangehelp deur die eensydige en eenoogige geskel wat mense moet verduur van
kommentators soos jy en ferdi in hierdie forum - om nie eens te praat van
pienk Tim du Plessis nie (ek sien Naspers het wyslik besluit om hom na City
Press te verskuif.)

Baie Afrikaners was bereid om die WVK in beginsel te aanvaar, in die hoop
dat dit miskien alle kante van die saak behoorlik sou belig. Ek was een van
hulle. Dit het vroeg reeds duidelik geword dat dit nie sou gebeur nie. Chris
de Jager het as kommissaris bedank as gevolg hiervan. Die finale verslag het
dit bevestig, en Malan se minderheidsverlag as kommissaris bevestig dat die
mense wat ontevrede is nie sonder rede so voel nie.

Die ANC se reaksie op die minimale regverdigheid waarmee die WVK wel
vorendag gekom het, bevestig vir baie mense dat optredes van "regstelling"
nie gemotiveer word uit morele oorwegings nie, maar uit haat en grypsug.
Hulle reageer dus op dieselfde manier as wat mense in hierdie nuusgroep
reageer wanneer jy of ferdi een van julle hatige vergeldingsuitsprake maak.

Dus: as dinge skeef loop in hierdie land, moet die WVK 'n groot aandeel aan
die skuld dra. En, soos ek jou al by herhaling gewaarsku het: Jy mag jou
coterie van aanhangers onder die sluipers op die nuusgroep hê, maar jou
wraakgierige uitlatings op hierdie nuusgroep is deel van die wat bydra tot
die meningsverskuiwing wat Afrikaners meer en meer simpatie gee vir die
Frikkies onder ons.

Vriendelike groete, Leendert
Re: WVK-verslag [boodskap #19000 is 'n antwoord op boodskap #18699] Vr, 06 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi wrote in message ...
> On Wed, 04 Nov 1998 14:41:55 GMT, midde@in.afrika (NuweSAner) wrote:
>
> > Daarop is geen versiening gemaak nie.
>> Groete! >>
>
> Dit was getoets.

Hoe is die getuienis voor die VWK getoets ferdi? Watter van die vier soorte
"waarheid" waarmee die kommissie gewerk het het die kriteria vir die toets
bepaal?

Vriendelike groete, Leendert
Re: WVK-verslag [boodskap #19001 is 'n antwoord op boodskap #18699] Vr, 06 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...
> oos...@geocities.com writes: >

> Wel, Leendert, as jy nog nie Afrikaners
> teengekom het wat geskok word deur die diepte
> van korrupsie en meedoenlose wreedheid van
> die vorige regime nie

Natuurlik is daar baie Afrikaners wat hierdeur geskok word. Maar enkele
opmerkings hieroor:

a) Die feit dat mense daardeur geskok word, soos jy sê, suggereer dat
hulle dit nie nou of tevore goedgekeur het nie.
b) Baie Afrikaners is eweneens geskok deur die korrupsie en die
meedoënlose weerdheid van die "bevrydings"-magte.
c) Omtrent al die Afrikaners wat ek ken is geskok deur die feit dat die
WVK veel meer aandag en publisiteit aan die gevalle in a) gegee het as aan
die gevalle in b).

> (wat ongelukkig 'n
> groot persentasie van Afrikaners insluit),

Interessante opmerking, in die lig van die volgende: Die WVK het bevind dat
veel meer growwe menseregteskendigs deur die vorige regering gepleeg is as
deur die "bevrydings"-magte. (Dit is, natuurlik, ook 'n funksie van die
definisie wat jy gebruik vir "growwe menseregteskendings"). Die WVK
rapporteer ook dat die amnestie-aansoekers uit die geledere van die vorige
regering slegs ongeveer 30% van die totale aantal amnestie-aansoekers vorm.

Dus: uit die geledere van die vorige regering, so lyk dit, was 'n kleiner
aantal mense verantwoordelik vir 'n groter aantal skendings (vir sover mens
die WVK se resultate en sy definisies aanvaar, natuurlik).

Vir my suggereer dit dat menseregteskending dus uit daardie geledere nie
juis 'n wydverspreide praktyk was nie. Ek verstaan dus nie wat jy bedoel met
"'n groot persentasie Afrikaners" nie.

> iets wat hulle pleit hulle net nooit van
> vermoed het nie,

Ek neem aan dat jy nooit vermoed het van die menseregteskendigs waaraan die
WVK die "bevrydings"-bewegings skuldig bevind het nie?

> dan lewe jy in die land
> van die koekoek-wolke wat jy om jouself
> skep. Net hierdie een feit, dat baie mense
> nou indirek aandadig voel vir die skending
> van soveel menseregte (en dit sluit natuurlik
> die ANC en PAC en Inkatha in) sal aanleiding
> gee tot 'n atmosfeer waar almal besef dat
> hulle 'n nuwe begin moet maak.

Ek dink nie jou afleiding is noodwendig korrek nie - dit kan ewe goed die
teenoorgestelde effek hê, en ek dink dat dit heel moontlik die
teenoorgestelde effek kan hê weens die ongebalanseerde benadering van die
WVK.

> Niemand se
> hande is skoon nie.

Ek dink daar is baie wie se hande nie skoon is nie, maar wie se gewetens
nogtans heeltemal skoon is. As mens moet aflei van die eensydige
veroordeling wat daar van jou kant en van ferdi kom, tel julle ook onder
hierdie kategorie.

Vriendelike groete, Leendert
Re: WVK-verslag [boodskap #19002 is 'n antwoord op boodskap #18699] Vr, 06 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi wrote:
>
> On Wed, 04 Nov 1998 14:41:55 GMT, midde@in.afrika (NuweSAner) wrote:
>
> > Daarop is geen versiening gemaak nie.
>> Groete! >>
>
> Dit was getoets.

Getoets? Deur wie? Mense het aantygings gemaak, ander het dit ontken.
Deur wie was dit getoets?
Re: WVK-verslag [boodskap #19003 is 'n antwoord op boodskap #18699] Vr, 06 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
Hjalmar...@UAlberta.CA (Hjalmar Gerber) writes:

> Maar wat is dit ? Dis heel moontlik ook 'n 18-wiel-vragmotor
> met 'n swaar vrag burgeroorlog. Die WVK-dokument kan net sowel
> die "grondlegging" van 'n eeue-lange bloedbad wees.
>
> Minder naïef,
>
> Hjalmar


Kan jy ASSEBLIEF vir my verduidelik
hoe die "burger-oorlog" en die
"eeue-lange bloedbad" kan spruit
uit die verslag van die WVK. Wie
gaan die opponente wees? Asseblief,
ek kan net nie jou logika verstaan
nie. Ek sê nie dat daar nie die
moontlikheid vir "burgeroorlog"
en "bloedbad" is nie (as Frikkie
en Kie stupid genoeg is om dit op
hulle hoofde te haal. Maar hoe kan
die bevindings van die WVK dit
veroorsaak?

Gloudina
Re: WVK-verslag [boodskap #19004 is 'n antwoord op boodskap #18699] Vr, 06 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hjalmar Gerber  is tans af-lyn  Hjalmar Gerber
Boodskappe: 72
Geregistreer: November 1997
Karma: 0
Volle Lid
Gloudina vra...

> Kan jy ASSEBLIEF vir my verduidelik
> hoe die "burger-oorlog" en die
> "eeue-lange bloedbad" kan spruit
> uit die verslag van die WVK.

Al die getuienis is in die dokument. Elke insident
kan nou aangehaal word as regverdiging vir verdere
geweld. Die WVK-verslag KAN [moontlikheid]'n helder
baken van haat en onverdraagsaamheid wees . . . veel
meer waarskynlik as wat dit die grondslag van versoening
sal wees. Die versoenings-hoop volg nie logies nie.
Dis ['n wanhopige] geloofsartikel.

Leendert het dit in elk geval breedvoerig verduidelik.
Ek kan dit nie beter stel as wat hy dit stel nie.

Hjalmar
________

Wie
> gaan die opponente wees? Asseblief,
> ek kan net nie jou logika verstaan
> nie. Ek sê nie dat daar nie die
> moontlikheid vir "burgeroorlog"
> en "bloedbad" is nie (as Frikkie
> en Kie stupid genoeg is om dit op
> hulle hoofde te haal. Maar hoe kan
> die bevindings van die WVK dit
> veroorsaak?
>
> Gloudina
>
Re: WVK-verslag [boodskap #19005 is 'n antwoord op boodskap #18699] Vr, 06 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
lou wrote in message ...

> Presies! Maar lyk my al so jy en Ferdi dink jule handjies is spierwit,
> oeps nie PC nie - ek meen skoon. O en ek is so veras - die ANC se
> handjies is ook nie spierwit nie? Gloudina? Is jy al wakker?

Miskien moet jy haar vra, lou, of sy nou wil beweer dat sy "van niks geweet
het nie", of waarom sy (en ferdi) nie van die dakke af geprotesteer het oor
die ANC se growwe skendings van menseregte nie.

Groete, Leendert
Re: WVK-verslag [boodskap #19006 is 'n antwoord op boodskap #18699] Vr, 06 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi wrote in message ...
> On Wed, 04 Nov 1998 20:26:03 GMT, oos...@geocities.com wrote:
>
>
> apartheid se verlede in groot goue boeke oopgeslaan op Kerkplein in
> Pretoria sou jy steeds rede gevind het om dit af te skiet.

En al sou daardie goue boeke aantoon dat nie elke daad van Verwoerd en kie
'n growwe skending van menseregte was nie, sou ferdi steeds rede vind om te
skel.

Vriendelike groete, Leendert
Re: WVK-verslag [boodskap #19007 is 'n antwoord op boodskap #18699] Vr, 06 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote:
>
> oos...@geocities.com writes: >
>
>
>> Totdat mense beter redes kan aanvoer om te glo dat die WVK versoening kan
>> bevorder sal ek dus bly by my oortuiging dat dit 'n wankelrige basis vorm vir
>> daardie doel.
>>
>> Vriendelike groete, Leendert
>
> Wel, Leendert, as jy nog nie Afrikaners
> teengekom het wat geskok word deur die diepte
> van korrupsie en meedoenlose wreedheid van
> die vorige regime nie (wat ongelukkig 'n
> groot persentasie van Afrikaners insluit),

Jy is nou besig om bubbles te hap. Watter persentasie, en deur wie
getoets. Of maak jy maar net geselskap? Kan jy Gloudina, bewys dat mense
geweet het van die wreedhede, en hoekom het jy hulle dan nie voor die
WVK gedaag nie?

> iets wat hulle pleit hulle net nooit van
> vermoed het nie, dan lewe jy in die land
> van die koekoek-wolke wat jy om jouself
> skep. Net hierdie een feit, dat baie mense
> nou indirek aandadig voel vir die skending
> van soveel menseregte (en dit sluit natuurlik
> die ANC en PAC en Inkatha in) sal aanleiding
> gee tot 'n atmosfeer waar almal besef dat
> hulle 'n nuwe begin moet maak. Niemand se
> hande is skoon nie.

Presies! Maar lyk my al so jy en Ferdi dink jule handjies is spierwit,
oeps nie PC nie - ek meen skoon. O en ek is so veras - die ANC se
handjies is ook nie spierwit nie? Gloudina? Is jy al wakker?

>
> Die tannie wat verklaar: voor in
> die wapad brand 'n LIG.

Oppas Antie dis die trein wat daaraankom - maar moenie worry nie
gelukkig is jy die spoor die meeste van die tyd byster.
Re: WVK-verslag [boodskap #19026 is 'n antwoord op boodskap #18699] Sa, 07 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum[2]  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...
> Hjalmar...@UAlberta.CA (Hjalmar Gerber) writes:
>
>> Al die getuienis is in die dokument. Elke insident
>> kan nou aangehaal word as regverdiging vir verdere
>> geweld.
>
> Elke insident waarin die vorige regime hulle-
> self te buite gegaan het, kan as regverdiging
> gebruik word vir verdere geweld. (Met reg ook.
> As ek swart was in SA, sou ek vele wraakgedagtes
> koester.)

En elke insident waar die huidige regering hom onder die vorige bedeling te
buite gegaan het? Halsnoere in die townships, moorde in Natal ens... ens...
ens...

(Die kommissaris van die grondeise-hof is so pas deur Derek Hanekom
afgedank - omdat hy en Hanekom nie meer met mekaar kan klaarkom nie. Die
kommissaris se broer is deur die ANC vermoor.)

> Maar omdat die WVK almal wat geweld
> gepleeg het, met die vinger aandui, moet ek,
> as ek swart is (of wit, maar aan die verkeerde
> kant gedurende apartheid) twee-keer dink voordat
> ek verkies om tot geweld oor te gaan.

Dit is dus net een kategorie mense wat tweedkeer moet dink?

>
>> Leendert het dit in elk geval breedvoerig verduidelik.
>> Ek kan dit nie beter stel as wat hy dit stel nie.
>>
>> Hjalmar
>
>
> Leendert het maar net weer sy ware kleur
> gewys. Want dis wat jy tussen die reels
> van Leendert se geskrif moet lees: wag maar
> net, totdat SA in 'n algemene verswakte
> posisie is, dan sal die AWB en al die manne
> wat nou so sit en droom, wapens opneem en
> vir die Afrikaners 'n "wit staat" oopskiet.

Dit is nie tussen die reëls nie, Gloudina. Dit is wat ek baie eksplisiet
geskryf het. Ek het verder gegaan en verduidelik dat die optrede van die
WVK, en joune en ferdi s'n simpatie verwek vir sulke pogings, in kringe waar
daar voorheen geen simpatie daarvoor bestaan het nie.

> Om hierdie droom wakker te hou, fantaseer
> hulle oor die manne in die SA Weermag wat
> na hulle sal oorloop. Dis hierdie soort
> fantasie"e wat ly tot onheilige geweld:
> dis hierdie soort denke wat 'n "Real IRA"
> of Bin Laden het.

Dit is hierdie soort fantasieë wat gestimuleer word deur die eensydigheid
van die WVK en deur moedswillige belastering soos joune, Gloudina.

En jy is weer besig met propaganda, Gloudina: ek skets 'n scenario wat kan
volg op die WVK sebedrywighede - in antwoord op 'n vraag van jou. Ek wys jou
op spesifieke verskysels, wat jy self kan nagaan. Onmiddelik omskep jy die
motiverings wat ek by ander mense beskryf in 'n etiket wat jy aan my plak:
Dit sou dan my "ware kleure" wees wat ek wys.

Jy is moedswillig, Gloudina. Jy skiet die boodskapper. Dit is die soort
laster wat mense in hierdie land moet verduur, ook van mense soos Tim du
Plessis, en wat 'n stygende woede laat posvat. Dit is inderdaad 'n self
fulfilling prophesy.)

> Dus, ek twyfel nie dat
> daar sulke geweld in SA gaan wees nie.Maar
> dit sal uitloop op 'n tweede Bop-insident,
> as jy my vra.

Net op veel groter skaal, met veel groter skade en lewensverlies. En oor
baie jare. Jou verwysing na die IRA is meer in die kol. Iets soos die
situasie in Kazulu-Natal, maar regoor die land.

>
> En ons gaan nou 'n nuwe bedeling hier in
> Noord-Amerika in - die predikante op die
> kansels wat haat teen gays en voorsieners
> van aborsie predik, begin as aandadig
> uitgewys te word aan die moorde op gays
> en dokters.

Uitstekend! Dan sal die bedeling in Noord-Amerika seker ook dieselfde doen
met ou vrouens wat haat preek op nuusgroepe.

> Die tyd van die "white male"
> en sy geweer is aan die taan. Dis vroue
> se stem wat nou verskil begin maak. Dis
> omdat Bill Clinton populer is met vroue
> en nie-wittes in die VSA, dat hy so sukses-
> vol is.
>
> Die tannie wat reg is vir die
> 21ste eeu.

Dan is die 21ste eeu bestem om een te wees van haat, wraakgierigehied,
onverdraagsaamheid en eindelose geweld.

Vriendelike groete, Leendert

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Re: WVK-verslag [boodskap #19027 is 'n antwoord op boodskap #18699] Sa, 07 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 6 Nov 1998 23:40:05 +0200, "Leendert van Oostrum"
wrote:

"waarheid" waarmee die kommissie gewerk het het die kriteria vir die toets[/color]
> bepaal? >>

Watter kriteria, Leendert. Se bietjie watter kriteria jy aanvaar. Se
bietjie watter kriteria is daar in die regswereld en hier gegeld het.
Re: WVK-verslag [boodskap #19028 is 'n antwoord op boodskap #18699] Sa, 07 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 06 Nov 1998 08:47:28 +0200, lou wrote:

Deur wie was dit getoets?>>[/color]

Gaan vra bietjie rond hoe die WVK gewerk het.
En onthou dat dit geen hof was nie.
Re: WVK-verslag [boodskap #19061 is 'n antwoord op boodskap #18699] So, 08 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum[2]  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
ferd...@icon.co.za (Ferdi ) wrote:
> On Fri, 06 Nov 1998 08:47:28 +0200, lou wrote:
>
> ontken.
>> Deur wie was dit getoets?>>
>
> Gaan vra bietjie rond hoe die WVK gewerk het.

Dis nie nodig nie. Dis nogal in besonderhede beskryf in hulle verslag, veral
saamgelees met die mediaverslaggewing daaroor.

> En onthou dat dit geen hof was nie.

Is dit waarom die beweringe wat gemaak is, nie getoets is nie?

Vriendelike groete, Leendert

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Re: WVK-verslag [boodskap #19062 is 'n antwoord op boodskap #18699] So, 08 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum[2]  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
ferd...@icon.co.za (Ferdi ) wrote:
> On Fri, 6 Nov 1998 23:40:05 +0200, "Leendert van Oostrum"
> wrote:
>
> vier soorte
>> "waarheid" waarmee die kommissie gewerk het het die kriteria vir die toets
>> bepaal? >>
>
> Watter kriteria, Leendert. Se bietjie watter kriteria jy aanvaar. Se
> bietjie watter kriteria is daar in die regswereld en hier gegeld het.

a) Kriteria vir waarheid. b) Enige kriteria wat voldoen aan a) c) In die
regspleging is a) veronderstel om te geld. Wat in die WVK gegeld het, moet jy
verduidelik, aangesien jy beweer dat die getuienis voor die WVK "getoets" is.

Vriendelike groete, Leendert

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Re: WVK-verslag [boodskap #19078 is 'n antwoord op boodskap #18699] Ma, 09 November 1998 00:00 Na vorige boodskapNa vorige boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
lou writes:

> So jy praat dus aborsie goed? Toemaar ek verwag
nie 'n antwoord nie.

Lou, ek stel voor dat jy dit oorlaat
aan vroue om oor hulle eie liggame te
besluit. Ondertussen behoort daar
veilige fasiliteite te wees vir iets
wat vroue duisende en duisende jare
al doen.

> Ten spyte van die feit dat ons Bill die ene was wat vrouens se regte
> vertrap deur hom aan hulle op te dwing

Praat ons van dieselfde Monica Lewinsky?
'n Nimfet wat ons Bill uiteindelik gebruik
het, soos duisende mans al duisende en
duisende jare doen.Die moral of the story
is: vroue met selfrespek hardloop nie agter
mans aan nie. As hulle dit wel doen, verdien
hulle wat hulle kry.

Die grap is natuurlik dat Monica Lewinsky
die beste ding was wat met die Demokratiese
Party kon gebeur het - hulle wen setels,
ou Knut Gingrich het al gewaai en nog 'n
paar ander gaan waai, en die Republikeine
is, volgens die Amerikaanse joernaliste
hier "in total disarray." So hoe's daai
vir jou? Die moral of the story is, as
jy in iemand se private lewe wil rondkrap
vir politieke gewin, brand jy miskien jou
eie vingers.

Houyhnhnmina
Vorige onderwerp: Re: Leeuwen en Nederlanders
Volgende onderwerp: Doel van die nuusgroep
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jun 17 12:42:03 MGT 2024