Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » Uit "Blom van die Baaierd" deur D.J. OPPERMAN
Uit "Blom van die Baaierd" deur D.J. OPPERMAN [boodskap #18765] Sa, 31 Oktober 1998 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
Uit "Blom van die Baaierd"
D.J. Opperman

Bloedhonde vat met fyn getjank die spore
tussen wrakhoute en geraamtes van die Dodekus,
verby dwergstruike die kalkbulte oor;
en in dié streek, van elke been en wiel bewus,
gaan geen teken of beweging ooit verlore.

'n Binnelig uit God se eerste daeraad
lê nog beslote in derduisend diamante,
afgekamp tussen versperrings doringdraad
waar rooi geverf staan op groot planke:
"Streng verbode! Niemand word hier toegelaat."
Vorige onderwerp: Uit "Blom van die Baaierd" deur D.J. OPPERMAN
Volgende onderwerp: "Omdat daar wyn is" deur MARLISE JOUBERT
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 03 13:26:37 MGT 2024