Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Afrikaans, ons taal » Dubbel "nie" in Afrikaans
Dubbel "nie" in Afrikaans [boodskap #18276] Wo, 14 Oktober 1998 00:00 na volgende boodskap
Arthur Hagen  is tans af-lyn  Arthur Hagen
Boodskappe: 559
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Gervaas Hellin heeft geschreven...

> In sommige Vlaamse dialekte gebruik ons 'n dubbele negasie :
> Ik zie daar niemand nie(t).
> Ik kom daar nooit nie(t).
>

Hier (in 't Westland) ook:
Ik heb nooit geen antwoord op mijn vraag gekregen.
Dat heb ik dus nooit niet gezegd.

De tweede ontkenning legt steeds extra nadruk op de eerste.

Groeten,
Arthur

De afwas doen? Aan me nooit niet! Daar hebben we een vaatwasser voor!
Dubbel "nie" in Afrikaans [boodskap #18277 is 'n antwoord op boodskap #18276] Wo, 14 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
HPM++  is tans af-lyn  HPM++
Boodskappe: 2
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Junior Lid
'n Eenvoudige vragie vir almal wat meer tale as net Afrikaans en Engels ken:

Weet iemand of die dubbel "nie"; (Ek sal nie weet nie.) uniek is aan
Afrikaans en of daar nog tale is waar dit so gebruik word?

Dankie

Hendrik Meyer
Garsfontein - Pretoria
Re: Dubbel "nie" in Afrikaans [boodskap #18278 is 'n antwoord op boodskap #18277] Wo, 14 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Uilsp...  is tans af-lyn  Uilsp...
Boodskappe: 7
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Junior Lid
On Wed, 14 Oct 1998 08:34:31 +0200, "HPM++"
wrote:

> 'n Eenvoudige vragie vir almal wat meer tale as net Afrikaans en Engels ken:
>
> Weet iemand of die dubbel "nie"; (Ek sal nie weet nie.) uniek is aan
> Afrikaans en of daar nog tale is waar dit so gebruik word?
>
> Dankie
>
> Hendrik Meyer
> Garsfontein - Pretoria
>
>
Sover ek weet kom dat van die Maleise invloed af.

UilSpiegel

(Somewhere in Gangsta Paradise)
Re: Dubbel "nie" in Afrikaans [boodskap #18279 is 'n antwoord op boodskap #18277] Wo, 14 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Otto Tuil  is tans af-lyn  Otto Tuil
Boodskappe: 5
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Junior Lid
Uilsp...@theglobe.com wrote:

> On Wed, 14 Oct 1998 08:34:31 +0200, "HPM++"
> wrote:
>
>> 'n Eenvoudige vragie vir almal wat meer tale as net Afrikaans en Engels ken:
>>
>> Weet iemand of die dubbel "nie"; (Ek sal nie weet nie.) uniek is aan
>> Afrikaans en of daar nog tale is waar dit so gebruik word?
>>
>> Dankie
>>
>> Hendrik Meyer
>> Garsfontein - Pretoria
>>
>>
> Sover ek weet kom dat van die Maleise invloed af.

In het Frans is het dacht ik ook "ne pas", als in "je ne sais pas -> ek nie weet
nie"

Otto

>
>
> UilSpiegel
>
> (Somewhere in Gangsta Paradise)
Re: Dubbel "nie" in Afrikaans [boodskap #18280 is 'n antwoord op boodskap #18277] Wo, 14 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hellin Gervaas  is tans af-lyn  Hellin Gervaas
Boodskappe: 191
Geregistreer: Januarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
> Frans, sover ek weet

In Frans bestaan die negasie uit twee dele waarvan die eerste een "ne" is,
maar die tweede verskil :

Ek drink nie soggens nie.
Je ne bois pas le matin.

Ek drink nooit soggens nie.
Je ne bois jamais le matin.

Ek sien niemand op die pad nie.
Je ne vois personne sur le chemin.

Ek kan niks hoor nie.
Je ne peux rien entendre.

...ens.

In sommige Vlaamse dialekte gebruik ons 'n dubbele negasie :
Ik zie daar niemand nie(t).
Ik kom daar nooit nie(t).

Groete.
Hilda.
Re: Dubbel "nie" in Afrikaans [boodskap #18281 is 'n antwoord op boodskap #18277] Wo, 14 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri-John Kock  is tans af-lyn  Henri-John Kock
Boodskappe: 69
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Volle Lid
HPM++ wrote:

> 'n Eenvoudige vragie vir almal wat meer tale as net Afrikaans en Engels ken:
>
> Weet iemand of die dubbel "nie"; (Ek sal nie weet nie.) uniek is aan
> Afrikaans en of daar nog tale is waar dit so gebruik word?
>

Frans, sover ek weet.

> Dankie
>
> Hendrik Meyer
> Garsfontein - Pretoria

--
My views do not necessarily represent those of Telkom Sa Ltd
(or any affiliates).

H-J
Re: Dubbel "nie" in Afrikaans [boodskap #18282 is 'n antwoord op boodskap #18277] Wo, 14 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Inga van Meerbergen-V  is tans af-lyn  Inga van Meerbergen-V
Boodskappe: 20
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Junior Lid
Ook in Frans word 'n dubbele ontkenning gebruik . Voorbeeld: je ne parle
pas français wat beteken: ek praat nie Frans nie. In Duits, Nederlands en
Italiaans wat ek ook magtig is, is daar nie dubbele ontkenningsvorme nie.
Groete uit Vlaanderen!

M++ wrote in article
...
> 'n Eenvoudige vragie vir almal wat meer tale as net Afrikaans en Engels ken:
>
> Weet iemand of die dubbel "nie"; (Ek sal nie weet nie.) uniek is aan
> Afrikaans en of daar nog tale is waar dit so gebruik word?
>
> Dankie
>
> Hendrik Meyer
> Garsfontein - Pretoria
>
Re: Dubbel "nie" in Afrikaans [boodskap #18283 is 'n antwoord op boodskap #18277] Wo, 14 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
Otto Tuil writes: >

> In het Frans is het dacht ik ook "ne pas", als in "je ne sais pas -> ek nie weet
> nie"
>
> Otto

Volgens Prof. Gawie Nienaber is die dubbele
ontkenning in Afrikaans nóg van Maleisiese nóg van
Franse oorsprong, en is dit alreeds teenwoordig in die
Nederlandse dialekte waarin Afrikaans sy oorsprong
het. Hy verklaar dat die Franse tipe ontkenning nie
in dieselfde sintaktiese groep is nie.
Die invloed van Frans op Afrikaans was eintlik maar
minimaal, alhoewel dit op 'n sekere tydstip die mode was
om Frans se invloed op Afrikaans te vergroot, seker omdat
dit meer cachet aan Afrikaans verleen het, en dus polities
aanvaarbaarder was. Die nasalering van sommige woorde
in Afrikaans vind Van Haeringen ook in Nederlands teen-
woordig. Die brei-R van die Swartland is ook nie van Franse
oorsprong nie, anders sou die mense in Franschoek gebrei
het en nie mense ver daarvandaan nie.
Daar is 'n beperkte hoeveelheid Franse woorde wat in
Afrikaans posgevat het: absent, affere, akkuraat, dosyn,
kontant. Maar baie van hierdie woorde was alreeds in Neder-
lands oorgeneem van die Franse Hugenote wat eers daarheen
gevlug het. Selfs Franse familiename het gou verhollands.
Die Hollandse regering aan die Kaap het natuurlik 'n beleid
van ontfransing gevolg. Prof. Franken van Stellenbosch wat
die Hugenote se "opgevoedheidspeil" probeer bepaal het, het
gevind dat hulle nie baie gekultiveerd was nie, en die Frans
wat hulle gepraat het was dus die " ongeskoolde Frans van min
of meer ongeletterde persone."

Gloudina Bouwer
Re: Dubbel "nie" in Afrikaans [boodskap #18284 is 'n antwoord op boodskap #18277] Wo, 14 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Hendrik Meyer skryf:

> 'n Eenvoudige vragie vir almal wat meer tale as net Afrikaans en Engels ken:
>
> Weet iemand of die dubbel "nie"; (Ek sal nie weet nie.) uniek is aan
> Afrikaans en of daar nog tale is waar dit so gebruik word?

Daar was onlangs 'n bespreking hieroor in 'n Afrikaanse koerant, en die
moontlikhede wat ander plasers genoem het is almal genoem, PLUS ook 'n
moontlikheid dat dit vanaf een van die Khoi tale kon kom. Iemand het ook 'n
dialek in Suid-Holland genoem.

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is nie vir Sissies nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Re: Dubbel "nie" in Afrikaans [boodskap #18306 is 'n antwoord op boodskap #18277] Do, 15 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
hek...  is tans af-lyn  hek...
Boodskappe: 34
Geregistreer: Julie 1998
Karma: 0
Volle Lid
In article ,
"Gervaas Hellin" wrote:
>> Frans, sover ek weet
>
> In Frans bestaan die negasie uit twee dele waarvan die eerste een "ne" is,
> maar die tweede verskil :
>
> Ek drink nie soggens nie.
> Je ne bois pas le matin.
>
> Ek drink nooit soggens nie.
> Je ne bois jamais le matin.
>
> Ek sien niemand op die pad nie.
> Je ne vois personne sur le chemin.
>
> Ek kan niks hoor nie.
> Je ne peux rien entendre.
>
> ...ens.
>
> In sommige Vlaamse dialekte gebruik ons 'n dubbele negasie :
> Ik zie daar niemand nie(t).
> Ik kom daar nooit nie(t).
>
> Groete.
> Hilda.
>
dis reg Hilda, en dikwels in franse geselskap sit
hulle selfs die 'non' by soos in>

non, je ne ve pas of non je ne bois jamais le matin.

nee, ek is nie lus nie

--
plant n boom

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Re: Dubbel "nie" in Afrikaans [boodskap #18307 is 'n antwoord op boodskap #18277] Do, 15 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Grom  is tans af-lyn  Grom
Boodskappe: 2
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Junior Lid
'n Eenvoudige vragie vir almal wat meer tale as net Afrikaans en Engels ken:

Weet iemand of die dubbel "nie"; (Ek sal nie weet nie.) uniek is aan
Afrikaans en of daar nog tale is waar dit so gebruik word?

Dankie

Hendrik Meyer
Garsfontein - Pretoria

****
Nederlandische spraak het die Dubbel "nie".......so ver as ek weet.
Maar dis al lankal sedert ek die Taal gebruik het.

=:0) Grom
Re: Dubbel "nie" in Afrikaans [boodskap #18308 is 'n antwoord op boodskap #18277] Do, 15 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Thorsten Müller  is tans af-lyn  Thorsten Müller
Boodskappe: 103
Geregistreer: Julie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Arthur Hagen wrote:
>
> Gervaas Hellin heeft geschreven...
>
>> In sommige Vlaamse dialekte gebruik ons 'n dubbele negasie :

> Hier (in 't Westland) ook:

Selfs in sommige Duitse dialekte word die dubbel negasie soms gebruik. My
tante praat bv. met 'n sterke dialek, en sy sê dinge soos bv.:

Isch hunn doch kaa' Ahnung nit.
^^^ ^^^
(in hoogduits: Ich habe doch keine Ahnung nicht = ek het geen idee nie)

Groete,

Thorsten
Re: Dubbel "nie" in Afrikaans [boodskap #18309 is 'n antwoord op boodskap #18277] Do, 15 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
arno  is tans af-lyn  arno
Boodskappe: 29
Geregistreer: Maart 1998
Karma: 0
Junior Lid
hallo almal

het nie nie verhaal even opzij, ik heb 'n ander eenvoudige vraagie vir almal

is de uitspraak van het afrikaans erg verschillend van het afrikaans, of
kunnen wij elkaar ook verstaan?????
hier in nederland op die tv spreken de afrikaners altijd engels en ik neem
aan dat mandela ook afrikaans magtig is??

baaie groeten arno
Re: Dubbel "nie" in Afrikaans [boodskap #18310 is 'n antwoord op boodskap #18277] Do, 15 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hellin Gervaas  is tans af-lyn  Hellin Gervaas
Boodskappe: 191
Geregistreer: Januarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
> is de uitspraak van het afrikaans erg verschillend van het afrikaans

Nee hoor, Arno, het lijkt er sterk op :-).

Sans rancune !
Hilda.
Re: Dubbel "nie" in Afrikaans [boodskap #18311 is 'n antwoord op boodskap #18277] Do, 15 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hellin Gervaas  is tans af-lyn  Hellin Gervaas
Boodskappe: 191
Geregistreer: Januarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
> kunnen wij elkaar ook verstaan?????

Als Vlaming heb ik nooit moeite gehad om Afrikaans te verstaan. Gervaas is
van Kortrijk (West-Vlaanderen) en als hij bv. "brood" zegt - in zijn
Westvlaams dialect - dan klinkt het net zoals in het Afrikaans.
Al ons Afrikaanse vrienden verstaan mij ook goed - ik praat dan wel
Afrikaans, maar ik heb nog steeds mijn Vlaamse aksent. Maar dat is blijkbaar
geen probleem.

Groetjes.
Hilda.
Re: Dubbel "nie" in Afrikaans [boodskap #18726 is 'n antwoord op boodskap #18277] Do, 29 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskap
SAE  is tans af-lyn  SAE
Boodskappe: 41
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Volle Lid
bokkie
tony...@my-dejanews.com wrote in message
...
>
>
> Iemand met een echt plat Vlaams accent is door mij absoluut niet te verstaan.
> Surinaams wel.
Re: Dubbel "nie" in Afrikaans [boodskap #18727 is 'n antwoord op boodskap #18277] Do, 29 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskap
tony...  is tans af-lyn  tony...
Boodskappe: 3
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Junior Lid
Iemand met een echt plat Vlaams accent is door mij absoluut niet te verstaan.
Surinaams wel.

In article ,
"Gervaas Hellin" wrote:
>> kunnen wij elkaar ook verstaan?????
>
> Als Vlaming heb ik nooit moeite gehad om Afrikaans te verstaan. Gervaas is
> van Kortrijk (West-Vlaanderen) en als hij bv. "brood" zegt - in zijn
> Westvlaams dialect - dan klinkt het net zoals in het Afrikaans.
> Al ons Afrikaanse vrienden verstaan mij ook goed - ik praat dan wel
> Afrikaans, maar ik heb nog steeds mijn Vlaamse aksent. Maar dat is blijkbaar
> geen probleem.
>
> Groetjes.
> Hilda.
>

>

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Vorige onderwerp: Afrikaans en Duits (was: Afrikaansmagtige.....)
Volgende onderwerp: Is Afrikaans n' kwaai taal?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 13:42:30 MGT 2024