Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » BOERE OORLOG
BOERE OORLOG [boodskap #18715] Do, 29 Oktober 1998 00:00 na volgende boodskap
Rudi van Schalkwyk  is tans af-lyn  Rudi van Schalkwyk
Boodskappe: 1
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Junior Lid
EK IS OP SOEK NA `N AFRIKAANSE BOEK OOR DIE BOERE OORLOG. ORAL WAAR EK
SOVER NAVRAE DOEN OF DIE BOEKE WAAROP EK MY HANDE KAN LE IS ENGELS.
WIE WILL NOU `N BOEK OOR DIE BOERE OORLOG LEES IN ENGELS ? IS DIT NIE
GENOEG DAT ON S HULLE PAK GEGEE HET NIE ??
RUDI
Re: BOERE OORLOG [boodskap #18747 is 'n antwoord op boodskap #18715] Vr, 30 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 29 Oct 1998 10:57:32 GMT, "Rudi van Schalkwyk" <o...@rossair.co.za> wrote:

<<>EK IS OP SOEK NA `N AFRIKAANSE BOEK OOR DIE BOERE OORLOG. ORAL WAAR EK
> SOVER NAVRAE DOEN OF DIE BOEKE WAAROP EK MY HANDE KAN LE IS ENGELS.
> WIE WILL NOU `N BOEK OOR DIE BOERE OORLOG LEES IN ENGELS ? IS DIT NIE
> GENOEG DAT ON S HULLE PAK GEGEE HET NIE ??
> RUDI >>

Een van die beste boeke oor die oorlog was Deneys Reitz se Commando
wat ook in Afrikaans verskyn het as Kommando.

Maar slegs die Engelse weergawe word oor en oor herdruk. Ek reken dit
is omdat die Afrikaners nie juis n vraag daarstel vir die boek nie.
Met ander woorde - hulle wil dit nie koop nie.
Re: BOERE OORLOG [boodskap #18762 is 'n antwoord op boodskap #18715] Sa, 31 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum[2]  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article <71dkot$mod$1...@news.igs.net

> Ek kan ongelukkig nie
> die prys vir jou gee nie, Leendert, want ek het my kopie
> van "Die vyf Swemmers " direk van die skrywer
> as 'n geskenk ontvang. Leendert, is ek nie 'n cute
> kultivark nie?
>
> Gloudina Bouwer

Nou dat jy die sê, Gloudina, inderdaad! Goue sterretjie vir pretensie.

Vriendelike groete, Leendert
Re: BOERE OORLOG [boodskap #18763 is 'n antwoord op boodskap #18715] Sa, 31 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
In article <36461dcf...@news.icon.co.za>,

ferd...@icon.co.za (Ferdi ) wrote:
> On 29 Oct 1998 10:57:32 GMT, "Rudi van Schalkwyk" <o...@rossair.co.za> wrote:
>
> <<>EK IS OP SOEK NA `N AFRIKAANSE BOEK OOR DIE BOERE OORLOG. ORAL WAAR EK
>> SOVER NAVRAE DOEN OF DIE BOEKE WAAROP EK MY HANDE KAN LE IS ENGELS.
>> WIE WILL NOU `N BOEK OOR DIE BOERE OORLOG LEES IN ENGELS ? IS DIT NIE
>> GENOEG DAT ON S HULLE PAK GEGEE HET NIE ??
>> RUDI >>

Lees "Die Vyf Swemmers" van C.J. Barnard. Dis
die ware verhaal van vyf bannelinge wat na Ceylon
gestuur is, maar daar van die skip af gespring het
en hulle weg na Rusland en daarna na Nederland
gevind het. Aan die begin is daar egter interessante
inligting oor die oorlog in die Vrystaat en hulle
verblyf in die Groenpuntse kamp. Aan die einde van
die vertelling kom hulle weer die vasteland in deur
die hedendaagse Namibië. Hulle is by Lüderitzbucht
van die skip af. Die beskrywing van hulle reis terug
na die Kaapkolonie is spannend. Daar was volop
internasionale intriges en spioenasie aan die gang in
die Duitse gebied. Hulle probeer uiteindelik by die
magte van kommandant Conroy aansluit. Hulle swem
die Oranje ongeveer 15 kilometers onderkant die
Augrabies-waterval deur. Hulle het egter nooit daarin
geslaag om Conroy en sy soldate te bereik nie. Hulle
sluit uiteindelik aan by die soldate van Manie Maritz,
wat in opdrag van Generaal de Wet na die distrikte
Calvinia en Kenhardt gekom het om die mense op te
lei wat daar wapens teen die Britte wou opneem.
Die boek vertel verder die verhaal van wat met Willie
Steyn en sy makkers gebeur het die res van die tyd. Dis
nogal interessant om te lees wat met die nasate van Willie
Steyn gebeur het. 'n Kleinseun van hom, wat in 1973 na
Brittanje geïmigreer het, is in 1985 tot regter in die Britse
hoërhof benoem en tot ridder geslaan (Sir Johan Steyn.)
Wat 'n klein wêreld, waar die werklikheid soms vreemder
is as die fantasie.

"Die vyf Swemmers" deur C.J. Barnard is in 1988
uitgegee deur Tafelberg-Uitgewers.
ISBN 0 624 02619 1
C.J. Barnard is die skrywer van verskeie publikasies
oor die Suid-Afrikaanse krygsgeskiedenis, waaronder
sy boek "Generaal Louis Botha op die Natalse Front
1899-1900 (Kaapstad 1970.) Ek kan ongelukkig nie
die prys vir jou gee nie, Leendert, want ek het my kopie
van "Die vyf Swemmers " direk van die skrywer
as 'n geskenk ontvang. Leendert, is ek nie 'n cute
kultivark nie?

Gloudina Bouwer
Re: BOERE OORLOG [boodskap #18764 is 'n antwoord op boodskap #18715] Sa, 31 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum[2]  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article <36461dcf...@news.icon.co.za>,

ferd...@icon.co.za (Ferdi ) wrote:
> On 29 Oct 1998 10:57:32 GMT, "Rudi van Schalkwyk" <o...@rossair.co.za> wrote:
>
> <<>EK IS OP SOEK NA `N AFRIKAANSE BOEK OOR DIE BOERE OORLOG. ORAL WAAR EK
>> SOVER NAVRAE DOEN OF DIE BOEKE WAAROP EK MY HANDE KAN LE IS ENGELS.
>> WIE WILL NOU `N BOEK OOR DIE BOERE OORLOG LEES IN ENGELS ? IS DIT NIE
>> GENOEG DAT ON S HULLE PAK GEGEE HET NIE ??
>> RUDI >>
>
> Een van die beste boeke oor die oorlog was Deneys Reitz se Commando
> wat ook in Afrikaans verskyn het as Kommando.

"Die Stryd tussen Boer en Brit" deur CR de Wet. Daar is 'n groot
verskeidenheid sulke boeke beskikbaar in biblioteke en as mens snuffel in die
vlooimarkte - bv. "Met die Boer in die Veld" deur Sarah Raal (haar verhaal
van haar ervaringe op kommando met die boere tot teen die einde van die
oorlog).

> Maar slegs die Engelse weergawe word oor en oor herdruk. Ek reken dit
> is omdat die Afrikaners nie juis n vraag daarstel vir die boek nie.
> Met ander woorde - hulle wil dit nie koop nie.

Miskien ook omdat "Komando" 'n vertaling is van "Commando", en miskien ook
omdat die engelse mark duisende kere grote is as die Afrikaanse mark? Want
nuwe Afrikaanse boeke oor die oorlog verskyn steeds.

Ek sou graag sommige van die ou boeke wil inskandeer en op die Web beskikbaar
maak vir 'n Afrikaanse "projek Gutenburg".
Re: BOERE OORLOG [boodskap #18792 is 'n antwoord op boodskap #18715] So, 01 November 1998 00:00 Na vorige boodskap
cafe  is tans af-lyn  cafe
Boodskappe: 3
Geregistreer: November 1998
Karma: 0
Junior Lid
Rudi van Schalkwyk wrote in article
...
> EK IS OP SOEK NA `N AFRIKAANSE BOEK OOR DIE BOERE OORLOG. ORAL WAAR EK
> SOVER NAVRAE DOEN OF DIE BOEKE WAAROP EK MY HANDE KAN LE IS ENGELS.
> WIE WILL NOU `N BOEK OOR DIE BOERE OORLOG LEES IN ENGELS ? IS DIT NIE
> GENOEG DAT ON S HULLE PAK GEGEE HET NIE ??
> RUDI

Jan Smuts se boek, Een Eeu Van Onreg, is geskryf voordat hy Engeland toe
is. Later het hy ontken dat hy die outeur is.
Vorige onderwerp: Wen en verloor
Volgende onderwerp: ZA
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Jun 28 12:20:15 MGT 2024