Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Ag nee, Oom Kaspaas.....
Re: Ag nee, Oom Kaspaas..... [boodskap #18669] Wo, 28 Oktober 1998 00:00
midde  is tans af-lyn  midde
Boodskappe: 49
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Volle Lid
On Wed, 28 Oct 1998 13:03:41 -0500, "Kwarantyn"
had the following to say:

|Dis juis waaroor die hele beginsel van vryheid van spraak draai: dat jy maar
|'n eiertjie oor enige onderwerp mag lê.....
|
Nee - jy is vry om jou opinie te lug binne die raamwerk van
ordentlikheid. Hierdie, die bepaling van wat ordentlik is, is
ongelukkig 'n filosofiese issue wat nie 'n vasstelbare grens het nie.

Ek het al baie vir my ou skoonma gesê sy is 'n draak, maar dan smile
ek en daar is nie slegte "vibes" nie. As ek dieselfde woorde op 'n
ander manier gebruik, kan ek families laat bots en my huwelik laat
verkrummel!

Ek weet nie of ek energie het vir 'n gesprek hier oor vryheid van
spraak nie - is dit ooit uitpluisbaar?

Ek gooi 'n klip in die bos: "Onlangs het twee ouens mekaar hier
aangevat oor wat een blykbaar oor rasse sou gesê het - dis so
sensitiewe saak by meeste mense dat die onderwerp van rasse verskil
heeltemaal taboe behoort te wees in enige gesprek." Kommentaar?

Groete!
Re: Ag nee, Oom Kaspaas..... [boodskap #18670 is 'n antwoord op boodskap #18669] Wo, 28 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskap
Oom Kaspaas  is tans af-lyn  Oom Kaspaas
Boodskappe: 19
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Junior Lid
Ou Henry, so 'n bek moet stroop kry! Soos ons in die ou dae in die
sielekunde sou sê - lyk my oom het 'n senuweetjie raak getrap. Die skoen pas
maar al te styf.
En ou Henry nou is jy so aanmatigend dat jy jouself skaar by hugenoot en
geus, by voortrekkers en draadtrekkers. So, jy het maar net gedoen wat hulle
gedoen het - jy is reg my seun....... jy het mos net soos hulle weggehol....
soos oom Nelson sê "Good riddance!"
------------
Kwarantyn wrote in message
...
> Oom Kaspaas skryf: "Wanneer ek die twak en snobisme en onsin lees wat
> sommiges van julle skryf - veral die ou klomp papbroeke wat in die buiteland
> sit en pontifikeer"
> Ai, my oom.... en is jy nie nou ook maar ewe snobisities as jy jouself so
> distansieer van ons hier in die buiteland nie? En is al die blankes in
> Suid-Afrika (om nie van sommige ander bevolkingsgroepe te praat nie) nie ook
> maar afstammelinge van hulle wat eens te papbroekig was om in hulle eie land
> iewers in Europa te bly nie? En toe maar na Afrika getrek het? Want hulle
> was mos te papbroekig om swaarkry van watter aard ookal n die gesig te staar
> in Europa? En toe die Voortrekkers, wat te papbroekig was om in die Kaap te
> bly? En toe maar Transvaal toe, en Vrystaat toe, en Natal toe getrek het? En
> later Angola toe? En nog later die res van die wêreld in? Sien, as 'n mens
> diegene wat trek begin etikette omhang net omdat hulle getrek het, val die
> ou etiketjie naderhand dalk weer terug om jou eie nek. Iemand op die NG
> skryf gereeld: Afrika is nie vir sissies nie. Mag ek byvoeg: om te
> trek/emigreer is ook nie vir sissies nie. Begin maar by die Franse Hugenote
> en dié snare, tot by Piet Retief en die manne, en vra hulle. En kyk dan waar
> kom jy uit.
>
> En Oom gaan voort met " - maar ook die bekkiges plaaslik wat oor elke
> onderwerp 'n eiertjie wil lê asof hulle al die wysheid in pag het"
> Dis juis waaroor die hele beginsel van vryheid van spraak draai: dat jy maar
> 'n eiertjie oor enige onderwerp mag lê.....
>
> Oom eindig met "- dan word ek skaam vir vandag se geslag Afrikaner."
> Hoe dan so, my oom? Moet almal maar stilbly en in hulle hoekie bly sit? En
> nie praat sonder Oom se toestemming nie? Net om Oom nie skaam te maak voel
> nie?
>
> Henry in Pennsylvania
> Om te trek (of te emigreer), is nie vir sissies nie.....
>
Re: Ag nee, Oom Kaspaas..... [boodskap #18671 is 'n antwoord op boodskap #18669] Wo, 28 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskap
Michael E Willett  is tans af-lyn  Michael E Willett
Boodskappe: 182
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 28 Oct 1998 13:03:41 -0500, "Kwarantyn"
had the following to say:
|
|En Oom gaan voort met " - maar ook die bekkiges plaaslik wat oor elke
|onderwerp 'n eiertjie wil lê asof hulle al die wysheid in pag het"
|Dis juis waaroor die hele beginsel van vryheid van spraak draai: dat jy maar
|'n eiertjie oor enige onderwerp mag lê.....
|
Behalwe as dit nie vir Leswin, Ferdi en hulle maatjies geval nie...

...goodbye en good luck,
Simon
Vorige onderwerp: Kak and more - For ferdi/koos' benefit
Volgende onderwerp: Nuwe Attikel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 16 07:55:54 MGT 2024