Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Boeke, tydskrifte & koerante » Re: 24.com - Afrika se nuwe nuusdiens
Re: 24.com - Afrika se nuwe nuusdiens [boodskap #18549] Vr, 23 Oktober 1998 00:00 na volgende boodskap
Bryan  is tans af-lyn  Bryan
Boodskappe: 26
Geregistreer: Junie 1998
Karma: 0
Junior Lid
24.com - Naspers se nuwe nuusdiens
+++++++++++++++++++++++++++++++

Nasionale Pers het 'n nuwe nuusdiens, 24.com, bekend gestel. Jy kan
die blad so opstel dat dit jou ligging identifiseer in Suid-Afrika en
sodoende inligting/nuusbrokkies wat op jou omgewing van betrekking is,
aan jou beskikbaar stel. Dit is amper soos 'n kombinasie van CNN en
Yahoo, maar die fokus is meer op (Suid) Afrika. Jy is ook direk
verbind met Die Burger, Beeld, ens.

Dit is die moeite werd om te gaan inloer. http://www.24.com/

Bryan

************************************************************ ********
Remove 'KAAP' in front of @ to reply
Visit my personal website at: http://www.TheOffice.net/brynie
Afr nuusgroep: http://www.oocities.org/Athens/Troy/2308/
Re: 24.com loods nuwe nuusdiens - lees hier! [boodskap #18640 is 'n antwoord op boodskap #18549] Di, 27 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskap
brya...  is tans af-lyn  brya...
Boodskappe: 52
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Volle Lid
Naspers se nuwe 24.com sien die lig -

www.24.com

Die nuwe 24.com tuisblad laat mens dink aan 'n kombinasie van die groot Yahoo
soek-enjin en die CNN nuusdiens. Die groot verskil is natuurlik dat die fokus
op (Suid) Afrika is. As jy reeds op 24.com rondgesnuffel het, sal jy weet dis
'n baie groot webterrein. Jy kan die hele 24.com tuisblad verpersoonlik om
net die tipe artikels waarin jy belangstel te laai. Ek het dit gedoen en het
nou al my belangrike skakels na Afrikaanse koerante ens. almal op een plek.
Alle inligting rakende Suid-Afrika, daaglikse nuusbrokkies en meeste vorme
van vermaak kan hier gevind word.

Vir 'n volledige beskrywing en wat jy hierdie week by 24.com kan lees, gaan
na die Afrikaanse Nuusgroep webterrein by

++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++
http://www.oocities.org/Athens/Troy/2308/
++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++

(ek neem aan julle kry reeds onttrekkingsimptome omdat julle nie elke dag die
geleentheid gebruik om hierdie tuisblad te besoek nie)

Groete!

Bryan

************************************************************ ************
Persoonlike tuisblad: http://www.TheOffice.net/brynie/
Afr-nuusgroep: http://www.oocities.org/Athens/Troy/2308/

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Vorige onderwerp: F.A. Venter se boeke
Volgende onderwerp: Suid-Afrikaanse Tieners
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 15:05:27 MGT 2024