Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Muezzen" deur FERDI GREYLING
"Muezzen" deur FERDI GREYLING [boodskap #18536] Vr, 23 Oktober 1998 00:00 na volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
MUEZZEN
Kensington, Johannesburg
Ferdi Greyling

Pers jakarandas in die geel lente
onder 'n lug vol purper wolke.

Voor dit reën
hardloop die wind
soos kinders in die pad af.

Laatmiddag spoel die son
oranje oor die stad
en vroeg in die aand
dryf die moskee se klanke
soos lig na bo
om God hoog in die sterre te soek.
Re: "Muezzen" deur FERDI GREYLING [boodskap #18537 is 'n antwoord op boodskap #18536] Vr, 23 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
writes: >
> MUEZZEN
> Kensington, Johannesburg
> Ferdi Greyling
>
> Pers jakarandas in die geel lente
> onder 'n lug vol purper wolke.
>
> Voor dit reën
> hardloop die wind
> soos kinders in die pad af.
>
> Laatmiddag spoel die son
> oranje oor die stad
> en vroeg in die aand
> dryf die moskee se klanke
> soos lig na bo
> om God hoog in die sterre te soek.

Ek het vergeet om aan te dui
dat hierdie gedig ook in
CONCEPT verskyn het. Concept
is 'n multikulturele uitgawe
waarin daar gedigte van
Vlaandere, Nederland en Suid-
Afrika verskyn.
>
Re: "Muezzen" deur FERDI GREYLING [boodskap #18599 is 'n antwoord op boodskap #18536] Ma, 26 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Leendert van Oostrum" writes: >
> @igs.net wrote in message ...
>
>> Ek het vergeet om aan te dui
>> dat hierdie gedig ook in
>> CONCEPT verskyn het. Concept
>> is 'n multikulturele uitgawe
>> waarin daar gedigte van
>> Vlaandere, Nederland en Suid-
>> Afrika verskyn.
>
> Ek merk op dat jy nie meer besonderhede verskaf oor die samestellers, die
> uitgewer, of waar die publikasie bekom kan word nie. Mens kan dus nie die
> meriete daarvan beoordeel nie, behalwe t.o.v. die paar stukkies wat jy kies
> om te publiseer.
>
> Vriendelike groete, Leendert

Ek het al vantevore informasie
oor Concept op die nuusgroep
geplaas. Hoekom probeer jy nie
jou Universiteitsbiblioteek en
UNISA nie?

En ek sien jy speel nog die
1-snaar kitaar. Jy wil die
meriete daarvan beoordeel?
Watter insig kry 'n mens in
die werkinge van jou ego-
dinamo elke keer as jy jou
kubermond oopmaak!

Tant Hessie se Houyhnhnm.
Re: "Muezzen" deur FERDI GREYLING [boodskap #18622 is 'n antwoord op boodskap #18536] Di, 27 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
writes:
>>
>> Ek merk op dat jy nie meer besonderhede verskaf oor die samestellers, die
>> uitgewer, of waar die publikasie bekom kan word nie. Mens kan dus nie die
>> meriete daarvan beoordeel nie, behalwe t.o.v. die paar stukkies wat jy kies
>> om te publiseer.
>>
>> Vriendelike groete, Leendert
>
>
> Ek het al vantevore informasie
> oor Concept op die nuusgroep
> geplaas. Hoekom probeer jy nie
> jou Universiteitsbiblioteek en
> UNISA nie?

Hier is die nodige inligting as iemand
Concept wil bestel:

Redasieadres: Nederland
Posbus 1313, NL 1200 BH Hilversum

Redaksieadres: Vlaandere
Kerkhofstraat 2, B 8480 Eernegem

Redaksieadres : Suid-Afrika
Posbus 41117, Eersterus, Pretoria
Re: "Muezzen" deur FERDI GREYLING [boodskap #18623 is 'n antwoord op boodskap #18536] Di, 27 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...

> Ek het vergeet om aan te dui
> dat hierdie gedig ook in
> CONCEPT verskyn het. Concept
> is 'n multikulturele uitgawe
> waarin daar gedigte van
> Vlaandere, Nederland en Suid-
> Afrika verskyn.

Ek merk op dat jy nie meer besonderhede verskaf oor die samestellers, die
uitgewer, of waar die publikasie bekom kan word nie. Mens kan dus nie die
meriete daarvan beoordeel nie, behalwe t.o.v. die paar stukkies wat jy kies
om te publiseer.

Vriendelike groete, Leendert
Vorige onderwerp: GEDIGTE - KAK
Volgende onderwerp: " 'n Bang Gedig" deur CHARL DURAND
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 03 14:07:04 MGT 2024