Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Wen en verloor
Wen en verloor [boodskap #18576] So, 25 Oktober 1998 00:00 na volgende boodskap
Jacques Heydenrych  is tans af-lyn  Jacques Heydenrych
Boodskappe: 14
Geregistreer: Augustus 1998
Karma: 0
Junior Lid
Hierdie naweek speel NTvl en WP teen mekaar in die Currie beker
eindstryd. Ek weet dat baie mense (soos my vrou) dit nie sal verstaan
nie, maar in die dae toe Natal en Transvaal die rugby toneel so totaal
oorheers het, het ek gedroom daarvan om weer 'n tradisionele eindstryd
tussen Noord en Suid te he^.

En nou gebeur dit Saterdag. En ek sit in die VSA. So ek gaan dit
misloop.

In die skuif wat ek en my gesin gemaak het, het 'n mens uiteraard baie
verloor. Maar ek hoop tog dat ons ook gewen het.

Saterdag is dit ook Halloween.

En dit is baie beslis een van die dinge wat ons hier gewen het.

Nogtans is daar mense wat 'n probleem met Halloween het as gevolg van
godsdienstige redes. Ek is in die gelukkige situasie dat ons priester
meer mal is oor Halloween as ek - hy verdoem dit geensins nie.

Vir 'n interessante blik oor bietjie van die geskiedenis van
halloween, en hierdie priester se siening daaroor, maak 'n draai by:
http://www.housesofworship.net/53527bmpc en kies dan die opsie
"Message from pastor".

Groete van 'n Madison wat net wil begin koud raak.

Jacques

Die spelfout in my epos adres is met opset.

NS. En as die Blou Bulle nie wen nie, eet ek my Jack 'o Lantern op!
Re: Wen en verloor [boodskap #18595 is 'n antwoord op boodskap #18576] Ma, 26 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Michael E Willett  is tans af-lyn  Michael E Willett
Boodskappe: 182
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 25 Oct 1998 19:51:14 GMT, jak...@prodigy.net (Jacques
Heydenrych) had the following to say:

|Nogtans is daar mense wat 'n probleem met Halloween het as gevolg van
|godsdienstige redes. Ek is in die gelukkige situasie dat ons priester
|meer mal is oor Halloween as ek - hy verdoem dit geensins nie.
|
|Vir 'n interessante blik oor bietjie van die geskiedenis van
|halloween, en hierdie priester se siening daaroor, maak 'n draai by:
|http://www.housesofworship.net/53527bmpc en kies dan die opsie
|"Message from pastor".

Baie interesant! Dankie Jacques!

...goodbye en good luck,
Simon
Re: Wen en verloor [boodskap #18615 is 'n antwoord op boodskap #18576] Di, 27 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 25 Oct 1998 19:51:14 GMT, jak...@prodigy.net (Jacques
Heydenrych) wrote:

nie, maar in die dae toe Natal en Transvaal die rugby toneel so totaal[/color]
> oorheers het, het ek gedroom daarvan om weer 'n tradisionele eindstryd
> tussen Noord en Suid te he^.>>

SA rugby is baie lewendig en propvol talent deesdae.
n Mens kan drie bok-spanne kies wat baie gelyk sal wees.
Tussen die top ses Curriebekerspanne was daar nie veel te kies nie.

n Interresante ding het met die skares by die games ook gebeur. Hulle
trek deesdae aan in kleure - soos die Britte - en verf hulle gesigte
in die spanne se kleure. En hulle waai vlae vir die vale - provinsiale
vlae selfs.

En dan sing hulle ook!
Dis nou wel hoofsaaklik n "ole! ole!" soort "chant" en dus nie baie
verfynd nie, maar dis great om dit heen en weer te hoor weerklink op
Loftus of Ellispark as die son ondergaan, die lug raak koel en die
wedstryd op die veld is besig om spoed op te tel.

Oor drie weke toer die Bokke in Brittanje waar hulle teen al vier die
tuis-unies gaan speel..

Die jongste WP en Bok-ster is n flank - Bobby Skinstad. Hy is 22 jaar
oud en ongelooflik talentvol. Soos Zinzan Brooke in overdrive.

Hy is waarskynlik die volgende Bok-kaptein.
Hy het ongelooflike bal-vaardighede en hope spoed (so 6 voet 4).
Soveel dat die Bok-afrigter Nick Mallett dit ernstig oorweeg het om
hom op senter te speel.

Rugby is great hier in SA en ons is onteenseglik die beste in die
wereld op die oomblik.

(Mens moet natuurlik hier bly om dit te kan geniet.)
Re: Wen en verloor [boodskap #18775 is 'n antwoord op boodskap #18576] So, 01 November 1998 00:00 Na vorige boodskap
Jacques Heydenrych  is tans af-lyn  Jacques Heydenrych
Boodskappe: 14
Geregistreer: Augustus 1998
Karma: 0
Junior Lid
Ek volg op op my eie plasing:

On Sun, 25 Oct 1998 19:51:14 GMT, jak...@prodigy.net (Jacques
Heydenrych) wrote:

> Hierdie naweek speel NTvl en WP teen mekaar in die Currie beker
> eindstryd.

> NS. En as die Blou Bulle nie wen nie, eet ek my Jack 'o Lantern op!

Ek was nogal verbaas gewees dat ek nie 'n bietjie terugvoer oor my
stelling oor die Blou Bulle gehad het nie. Nogal gedink dat van die
WP-manne my sou wou aanvat. Nou besef ek dat hulle eintlik geweet het
wat gaan gebeur. Om uit Raka aan te haal:
"...Die manne wis wat krag was, en hulle het gevrees..."!

Jacques
Die fout in my epos adres is met opset.
Vorige onderwerp: za.*-nieuwsgroepen
Volgende onderwerp: BOERE OORLOG
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 16 07:34:38 MGT 2024