Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Hogere Snobisme
Hogere Snobisme [boodskap #18528] Vr, 23 Oktober 1998 00:00 na volgende boodskap
Michael E Willett  is tans af-lyn  Michael E Willett
Boodskappe: 182
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 23 Oct 1998 15:40:10 GMT, had the following to say:
| Johan, ek het 'n spesmaas dat Leswin se
| moedertaal Afrikaans is, nes joune.
| Daar is Afrikaans-sprekers soos onder meer
| hy en ek wat net bietjie meer akademies
| afgerond is en meer gekultiveerd is as
| 'n ou uit Suid-Afrika met hoogstens (vermoed
| ek) 'n sekere mate van tegniese rekenaars-
| agtergrond, en wat nou sy lyf hier wil kom
| rondgooi.
| Tant Hessie van Helsdingen

Ek het 'n ouma gehad netsoos jy - as sy tog maar net by die
administrateurswoning kon gaan tee drink of 'n ambassadeur vir ete
nooi, dan het sy geblom. Sy het ook gedink haar onderwys graaijie
laat haar winde na kaneel ruik. Altyd neergesien op die Iscor werkers
van Pretoria en ek dink sielsongelukkig omdat sy dit nooit reggekry
het om 'n mansion in Waterkloof te kon koop nie. 'n Vier akker erf in
Menlopark was die hoogste wat sy kon bykom en die huis kon net twee
verdiepings hê.

Netsoos my ouma is jy sprekende voorbeeld daarvan dat akademiese
"prestasie" niks te doen het met mense kennis, goeie maniere of die
vermoe om goed met mense oor die weg te kom nie. Is jy so blatant
snobisties ook wanneer jy iemand van aangesig tot aangesig sien? Sal
jy reguit vir iemand in sy gesig sê jy dink jy is meer gekultiveerd as
hy? Ek dink jy is 'n lafaart wat net agter die anonimiteit van die
rekenaar skerm wegkruip soos almal van ons.

Ek is baie nuuskierig om te weet wat jy onder die term gekultiveerd
verstaan.

...goodbye en good luck,
Simon
Re: Hogere Snobisme [boodskap #18560 is 'n antwoord op boodskap #18528] Sa, 24 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
m...@here.com (Simon) writes:

Is jy so blatant
> snobisties ook wanneer jy iemand van aangesig tot aangesig sien? Sal
> jy reguit vir iemand in sy gesig sê jy dink jy is meer gekultiveerd as
> hy? Ek dink jy is 'n lafaart wat net agter die anonimiteit van die
> rekenaar skerm wegkruip soos almal van ons.
>
> Ek is baie nuuskierig om te weet wat jy onder die term gekultiveerd
> verstaan.

Vir een wat onlangs vir Leswin gesê
het jy is bly jy is wit en nie swart
soos hy nie (is hy nou werklik swart,
of wil hy hom net dissosieer van 'n
"wit" vel?) is jy 'n mooi een om te
praat oor snobisties en nederigheid.

Wanneer ek van akademiese agtergrond
en gekultiveerdheid gepraat het, het
ek aangedui dat ek Leswin Laubscher
as sodanig tipeer. Hy skryf soos 'n
gekultiveerde mens, en hy klink of
hy 'n akademiese agtergrond het.

Om gekultiveer te wees, beteken dat
jy tekens toon dat jy jouself ontwikkel
het en die lewe se verskillende fasette
kan verstaan en verduidelik. 'n Gekulti-
veerde persoon tokkel nie altyd op een
snaar nie, soos jy. Dis net anti-swart
en anti-dit en anti-dat. Wanneer begin
jy positiewe poste maak. Wanneer begin
jy vir ons 'n meervuldige beeld gee van
jou persoonlikheid. Soos baie mense op
hierdie nuusgroep doen.

Tant Hessie van Helsdingen (as die sterre
uitkom, stuur ek hulle weer terug.)
Re: Hogere Snobisme [boodskap #18593 is 'n antwoord op boodskap #18528] Ma, 26 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Michael E Willett  is tans af-lyn  Michael E Willett
Boodskappe: 182
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina, om gekultiveer te wees, beteken dat jy tekens toon dat
jy jouself ontwikkel het en die lewe se verskillende fasette kan
verstaan en verduidelik. 'n Gekultiveerde persoon tokkel nie altyd op
een snaar nie, soos jy. Dis net anti-apartheid en anti-wit en
anti-dat. Wanneer begin jy positiewe poste maak? Wanneer begin jy vir
ons 'n meervuldige beeld gee van jou persoonlikheid. Soos baie mense
op hierdie nuusgroep doen.

...goodbye en good luck,
Simon
Re: Hogere Snobisme [boodskap #18606 is 'n antwoord op boodskap #18528] Di, 27 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Simon wrote in message ...

> Netsoos my ouma is jy sprekende voorbeeld daarvan dat akademiese
> "prestasie" niks te doen het met mense kennis, goeie maniere of die
> vermoe om goed met mense oor die weg te kom nie.

In my ervaring het akademiese "prestasie" ook bitter weinig te doen met
wysheid, of selfs "kennis".

Van die verstandigste mense wat ek in Afrika en Europa ken is ongeletterd of
beswaarlik geletterd.

Sommige van die domstes is gedoktoreer.

'n Interessante ding wat intellektuele snobs selde besef is dat:

a) Histories is die doktorsgraad en die meestersgraad dieselfde ding - in
sommige rigtings (medisyne, teologie) is 'n doktorsgraad toegeken en in
ander (Artes, Regte) is 'n meestersgraad toegeken. Die graad het bloot
aandgedui dat jy nou "meester" van jou vak is, en die lisensie het om ander
daarin te onderrig ("docere" = om te onderrig).
b) Die Baccalaureursgraad het jou gekwalifiseer as "skrywer" - die
geletterde klerk wat in kloosters, kerke, en die staatsadministrasie gewerk
het.
c) Die B-graad was die direkte ekwivalent van die kwalifikasie van 'n
vakman - hetsy in die lettere, die skilderkuns, "bouwery", of skrynwerk,
smidswerk ens.
d) Die M/D -graad was die direkte ekwivalent van die meesterstatus in die
ander vakgebiede - die meerstervakman wat gekwalifiseer was om ander vaklui
in diens te neem en op te lei.
d) Die tesis wat die kandidaat vir 'n M- of D-graad moes "verdedig" was
die direkte ekwivalent van die "meesterstuk" wat die kandidaat vir die
status van meestervakman in die ander vakgebiede moes lewer vir kritiek deur
sy meesters.

Die vermeende onderskeid tussen die "gekultiveerde" intellektueles en die
"tegnici" is maar 'n onlangse ontwikkeling wat slegs die kultivarke
beïndruk.

Groete, Leendert
Re: Hogere Snobisme [boodskap #18609 is 'n antwoord op boodskap #18528] Di, 27 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message

> Om gekultiveer te wees, beteken dat
> jy tekens toon dat jy jouself ontwikkel
> het en die lewe se verskillende fasette
> kan verstaan en verduidelik.

Ek sou daar byvoeg - en begrip daarvoor toon dat daar meer as een
perspektief is waaruit die lewe se verskillende fasette verstaan en
verduidelik kan word.

Maar so iets ou nie by jou opkom nie, nie waar nie, Gloudina? En nog minder
by Leswin.

> 'n Gekulti-
> veerde persoon tokkel nie altyd op een
> snaar nie, soos jy.

Oeps. Volgens jou eie kriterium dop jy die toets, Gloudina.

Vriendelike groete,
Leendert
Re: Hogere Snobisme [boodskap #18612 is 'n antwoord op boodskap #18528] Di, 27 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Oom Kaspaas  is tans af-lyn  Oom Kaspaas
Boodskappe: 19
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Junior Lid
Jou eie snobisme en eiewaan skree ten hemele!!!!!!!

@igs.net wrote in message ...
> m...@here.com (Simon) writes:
>
> Is jy so blatant
>> snobisties ook wanneer jy iemand van aangesig tot aangesig sien? Sal
>> jy reguit vir iemand in sy gesig sê jy dink jy is meer gekultiveerd as
>> hy? Ek dink jy is 'n lafaart wat net agter die anonimiteit van die
>> rekenaar skerm wegkruip soos almal van ons.
>>
>> Ek is baie nuuskierig om te weet wat jy onder die term gekultiveerd
>> verstaan.
>
> Vir een wat onlangs vir Leswin gesê
> het jy is bly jy is wit en nie swart
> soos hy nie (is hy nou werklik swart,
> of wil hy hom net dissosieer van 'n
> "wit" vel?) is jy 'n mooi een om te
> praat oor snobisties en nederigheid.
>
> Wanneer ek van akademiese agtergrond
> en gekultiveerdheid gepraat het, het
> ek aangedui dat ek Leswin Laubscher
> as sodanig tipeer. Hy skryf soos 'n
> gekultiveerde mens, en hy klink of
> hy 'n akademiese agtergrond het.
>
> Om gekultiveer te wees, beteken dat
> jy tekens toon dat jy jouself ontwikkel
> het en die lewe se verskillende fasette
> kan verstaan en verduidelik. 'n Gekulti-
> veerde persoon tokkel nie altyd op een
> snaar nie, soos jy. Dis net anti-swart
> en anti-dit en anti-dat. Wanneer begin
> jy positiewe poste maak. Wanneer begin
> jy vir ons 'n meervuldige beeld gee van
> jou persoonlikheid. Soos baie mense op
> hierdie nuusgroep doen.
>
> Tant Hessie van Helsdingen (as die sterre
> uitkom, stuur ek hulle weer terug.)
Re: Hogere Snobisme [boodskap #18613 is 'n antwoord op boodskap #18528] Di, 27 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Oom Kaspaas" writes:

> Jou eie snobisme en eiewaan skree ten hemele!!!!!!!
>
> @igs.net wrote in message ...
>> m...@here.com (Simon) writes:
>>
>> Is jy so blatant
>>> snobisties ook wanneer jy iemand van aangesig tot aangesig sien? Sal
>>> jy reguit vir iemand in sy gesig sê jy dink jy is meer gekultiveerd as
>>> hy? Ek dink jy is 'n lafaart wat net agter die anonimiteit van die
>>> rekenaar skerm wegkruip soos almal van ons.

Is dit nou Simon of my eiewaan en snobisme
wat ten hemele skree, of sing ons 'n duet?
En wil jou nie kom saamskrou nie, dan sing
ons 'n trio. Klink vir my jy stel jou aan
as aanklaer en regter op hierdie nuusgroep.
Maar het nog nie, sover ek kan sien, enige
waardevolle bydrae gemaak nie. Heler, heel
jouself.

Tant Hessie van Helsdingen (as ek die wet
breek, sit ek dit weer aanmekaar.)
Re: Hogere Snobisme [boodskap #18696 is 'n antwoord op boodskap #18528] Do, 29 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net het weereens haar naam pôpô gemaak deur te skryf:

> Klink vir my jy stel jou aan
> as aanklaer en regter op hierdie nuusgroep.
> Maar het nog nie, sover ek kan sien, enige
> waardevolle bydrae gemaak nie. Heler, heel
> jouself.
>

RODFEHMMV!

So regter president Gloudina Van Helsdingen het in haar uitvoerende
posisie besluit dat die arme Simon geen waardevolle bydrae tot die groep
gemaak het nie en dus geen bydrae mag maak nie.

Mene Mene Tekel Ufarsin! Sorry Simon - Gloudina het haar oordeel gevel.
Jy is 'n kulturele ignoramus en sal dus nie verder op die nuusgroep
verdra word nie. In al die kere wat jy op die nuusgroep gepos het, het
jy jou nog nie een keer skuldig gemaak aan hogere akademiese taalgebruik
of skaamtelose naamdroppery nie. Die waarde van jou bydrae is dus nie
swaar genoeg om die standaard leser 'n hewige sooibrand te gee en na die
naaste toilette te laat beweeg nie en as sulks sal jy dus jou genoemde
nietige bydraes (soos gedefinieer deur haar edele Moderator) op 'n ander
forum moet plass.

Nota aan alle NEWBIES:
Voordat jy toegelaat word om in die nuusgroep te pos word daar van jou
verwag om eers 'n aantal plasings in
soc.culture.south-africa.afrikaans.gloudina.sal.oordeel
voorlê en indien jy dan geweeg en swaar genoeg bevind word sal die
moderator van die groep, die edel agbare Gloudina Bouwer wat een keer
tee saam met Nelson Mandela gedrink het en ook dieselfde skool as waar
hy skool gegaan het besoek het, jou toelaat om op die groep te pos.
Vorige onderwerp: SA's IN USA
Volgende onderwerp: De betekenis van het woord "klomp" in het afrikaans ?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 16 13:46:34 MGT 2024