Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Boesmansriviermond" deur FERDI GREYLING
"Boesmansriviermond" deur FERDI GREYLING [boodskap #18522] Do, 22 Oktober 1998 00:00 na volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
BOESMANSRIVIERMOND
Ferdi Greyling

By Boesmansriviermond
waar die land stadig die see intuimel,
val die son soet op die vel.

Tussen die gebreekte rotse
lê die rivier laatmiddag
'n stuk metaal tussen sy walle.

Bote streep onverstaanbare lyne
op die blink water
wat van hoog teen die plato se rant
uit die Stormberge breek.

Noord tier die woeste Karoo.
Ver suid lê die stilte van ys.
Hier, by Boesmansriviermond,
val die son egter soet op die vel.

(Concept)
Re: "Boesmansriviermond" deur FERDI GREYLING [boodskap #18571 is 'n antwoord op boodskap #18522] Sa, 24 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...

> Die laaste klomp gedigte word gepos
> om vir Leendert te bewys dat Ferdi
> Greyling gepubliseerde gedigte het.
> Hy het onlangs ewe snedig opgemerk
> dat Ferdi my praktyk van gedigte
> te plaas (sonder handelsinformasie)
> verdedig omdat hy nie sy eie gedigte
> gepubliseer kry nie. Ek hoop nie my
> pos (waarin ek vir Leendert gesê het
> dat ek nou een vir een Ferdi se
> gepubliseerde gedigte gaan pos) het
> verlore gegaan nie.

Ek is seker jy sal nou beweer dat die berig waarin ek die "snedige
opmerking" t.o.v. ferdi gemaak het nou verlore gegaan het.

Want jy sal dit nie kan produseer nie, nie waar nie?

Vriendelike groete, Leendert
Vorige onderwerp: Re: "Boesmansriviermond" deur FERDI GREYLING
Volgende onderwerp: "Seevelde van Bamboes" deur D.J. OPPERMAN
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 03 04:28:27 MGT 2024