Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » waarskuwing aan johan
waarskuwing aan johan [boodskap #18455] Wo, 21 Oktober 1998 00:00 na volgende boodskap
Leswin Laubscher  is tans af-lyn  Leswin Laubscher
Boodskappe: 26
Geregistreer: Augustus 1998
Karma: 0
Junior Lid
Jou laaste bydraes oor "lui indiane" en "vuil swartes" was die laaste strooi
en het my briesend gelaat vir die rassistiese, bevooroordeelde, en
stereotipiese aard daarvan (wat, terloops, ook hierdie groep tipeer en die
hoofrede is waarom ek hoofsaaklik hier wegbly). Ek rig dus hierdie
waarskuwing aan jou, johan.

Indien jy weer 'n pos met so 'n rassistiese en haatlike strekking plaas,
gaan ek soortgelyke plasings van jou (en daar is 'n hele paar) vanuit die
nuus-argiewe opdiep. Ek gaan dit dan vertaal en aanstuur aan die NAACP in
Minnesota, die Native American Council, jou werkgewer, die FBI, en
immigrasie en naturalisasie (INS). Ek neem aan jy is steeds hier op 'n H1
werksvisa, sodat enige klag, veral van 'n amerikaanse burger, en veral
rondom haatspraak en rassisme, jou aansoek om permanente verblyfstatus kan
beinvloed. Ek raai jou aan om jou te vergewis van die ramifikasies van so
'n klag alvorens jy weer jou rassistiese snert enige plek op die internet
pos.

leswin
Re: waarskuwing aan johan [boodskap #18490 is 'n antwoord op boodskap #18455] Do, 22 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
Leswin Laubscher wrote:
>
> Jou laaste bydraes oor "lui indiane" en "vuil swartes" was die laaste strooi
> en het my briesend gelaat vir die rassistiese, bevooroordeelde, en
> stereotipiese aard daarvan (wat, terloops, ook hierdie groep tipeer en die
> hoofrede is waarom ek hoofsaaklik hier wegbly). Ek rig dus hierdie
> waarskuwing aan jou, johan.
>
> Indien jy weer 'n pos met so 'n rassistiese en haatlike strekking plaas,
> gaan ek soortgelyke plasings van jou (en daar is 'n hele paar) vanuit die
> nuus-argiewe opdiep. Ek gaan dit dan vertaal en aanstuur aan die NAACP in
> Minnesota, die Native American Council, jou werkgewer, die FBI, en
> immigrasie en naturalisasie (INS). Ek neem aan jy is steeds hier op 'n H1
> werksvisa, sodat enige klag, veral van 'n amerikaanse burger, en veral
> rondom haatspraak en rassisme, jou aansoek om permanente verblyfstatus kan
> beinvloed. Ek raai jou aan om jou te vergewis van die ramifikasies van so
> 'n klag alvorens jy weer jou rassistiese snert enige plek op die internet
> pos.
>
> leswin

Soveel vir 'Freedom of speach' ne. Lekker ou Leswin - laat my al so dink
aan die ou dae toe ons almal ons bekke moes gehou het want 'big
brother is watching you'. Gun ander mense hulle siening man, al strook
dit nie met joune nie. Die soort van kaf sal maak dat die Afrikaanse
nuusgroep en die hele nuusgroep dinamika sal doodloop. Ek dink ook nie
jy sal te veel ondersteuners vir jou eenogige standpunt hier kry nie.
Laat vryheid van spraak op die groep toe - as jy nie van Johan se skrywe
hou nie - ignoreer hom!

Nou wonder mense nog waarom meeste van ons nie ons regte email adresses
op die groep plaas nie? Want ongelukkig sal jy die tipe sensors oorals
kry wat hulle standpunt altyd op ander sal wil afdwing.

Geluk Johan, jy is nou amptelik gedreig! FBI nogal!! En jy bly nou in
die land waar Vryheid van Spraak gedefinieer is!

Cheers
Lou

Disband the FBI! Abolish the ATF and th . % % ^ &@*+NO CARRIER
Re: waarskuwing aan johan [boodskap #18493 is 'n antwoord op boodskap #18455] Do, 22 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leswin Laubscher  is tans af-lyn  Leswin Laubscher
Boodskappe: 26
Geregistreer: Augustus 1998
Karma: 0
Junior Lid
Simon wrote in message ...
> On Wed, 21 Oct 1998 22:05:51 -0500, "Leswin Laubscher"
> had the following to say:
>
> |
> Hy het so baie te sê... dié Leswin, maar as jy bietjie op die net gaan
> oplees oor hom, kom jy ook maar op snaakse dinge af - soos hoekom sy
> telefoon diens opgeskort is daar in Evanston...?
>

Jy weet meer as ek. vertel gerus.

leswin
Re: waarskuwing aan johan [boodskap #18495 is 'n antwoord op boodskap #18455] Do, 22 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leswin Laubscher  is tans af-lyn  Leswin Laubscher
Boodskappe: 26
Geregistreer: Augustus 1998
Karma: 0
Junior Lid
lou wrote in message ...
>
> Soveel vir 'Freedom of speach' ne. Lekker ou Leswin - laat my al so dink
> aan die ou dae toe ons almal ons bekke moes gehou het want 'big
> brother is watching you'. Gun ander mense hulle siening man, al strook
> dit nie met joune nie.

Ek het verwag dat iemand sou reageer in terme van vryheid van spraak,
sensuur, of die simplistiese "ignoreer dit waarmee jy nie saamstem nie".
Feit van die saak is egter dat absolute vryheid nie bestaan nie - nie eens
in anargie nie. Vryheid gaan gepaard met verantwoordelikheid en word
begrens deur keuse-gevolge. Johan het gekies om op 'n publieke forum sy sê
te sê. Ek kies nou aan die hand van dieselfde vryheidsbeginsel om protes
aan te teken langs erkende en aanvaarde samelewingswe"e. Hopelik sal hy,
soos ek, bereid wees om verantwoordelikheid daarvoor te aanvaar.

tweedens, Amerikaanse burgerskap voorveronderstel dat jy jou onderwerp aan
sekere konstitusionele en wetlike rigsnoere, waarvan 'n fundamentele een
gelykheid en die nastreef van 'n nie-rassige samelewing behels (indien nie
in operasionele daad, ten minste in konstitusionele woord). Wanneer ek dan
iemand bemerk wat nie hierdie rigsnoer gestand doen nie, is dit niks minder
as goeie burgerskap, nee, niks minder as my siviele plig om hom of sekere
waghond-organisasies in kennis te stel

Derdens, jou "big brother" allusies, veral waar dit die FBI aangaan, mis die
teiken. Die taak is nie om die organisasie in wese af te skiet nie, maar om
toe te sien dat daar genoeg organisatoriese ewewig en korreksie bestaan ten
einde korrupterende mag teen te werk.

Laastens, 'n skuilnaam skep 'n valse sekuriteit in 'n ooglopende anonieme en
verwyderde rekenaar-medium waar daar skynbaar geen gevolge is vir wat mens
hier se nie. Hierdie is besig om te verander soos siviele en wetlike aandag
geskenk word aan regulering en wetstoepassing. Miskien behoort mens hier te
reageer op dieselfde manier wat jy sou indien jy aangesig tot aangesig met
die ander persoon praat. Waarom, dan, het jy 'n skuilnaam nodig? Jou
vryheidseggo verkrummel in jou vergryp aan 'n skuilnaam. Die mensdom is nie
gereed om a law unto themselves te wees nie en kan nie absolute vryheid
hanteer nie - vandaar die behoefte aan begrensing, hoofsaaklik in wet en
samelewingsnorm. Ek raai jou aan om in te loer op die filosofie groepe waar
die kwessie van vryheid in al sy vorme gereeld en meer indringend bespreek
word.

leswin
Re: waarskuwing aan johan [boodskap #18496 is 'n antwoord op boodskap #18455] Do, 22 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Henri Burger" writes: >

> Ou Leswin
>
> Ek het gedog die gedagte polisie het saam met die ou SA gesneuwel? Wys jou
> net, hoe meer dinge verander, hoe meer bly hulle
dieselfde, of hoe?

Dit amuseer my om te sien hoeveel van die lede
van die nuusgroep op hulle seepkissies spring en
skree "Thought Police" wanneer bloedig min van
hulle enigiets gedoen het om hulle afkeur uit te spreek
oor die rassistiese poste van mense soos Frikkie en
Johan. (Leendert, moet ek dit vir hom ter ere nagee, het
soms mense betig wat te ver gegaan het. Leendert se
hande is egter ook nie skoon nie - sien die onlangse
poging om my te terroriseer.) Nou is dit skielik hulle wat
die groot kampioene is van "vryheid van spraak."

Dit is wel waar dat die beginsel van vryheid van spraak
vir die Amerikaner kosbaar is (en dus word sy reg om die
Stars and Stripes te verbrand gehandhaaf - dit word beskerm
onder vryheid van spraak.) Maar daar is op die oomblik
wetgewing voor die Kongres oor "hate crimes" wat seker
ook tot 'n sekere mate van toepassing sal wees op wat
mense sê. Na die onlangse tragiese dood van Matthew
Shepard (die gay man wat deur twee skorremorries pap-
geslaan is en toe buite in die koue nag aan 'n draad moes
hang) sien ek al meer persmense vrae vra oor die aandadigheid
van mense soos Jerry Falwell, die vet predikant wat leier is
van die sogenaamde "moral majority," as oorsaak van die
aanvalle op gays. Met ander woorde die mense wat gays
aanval en bomme laat ontplof by aborsie-klinieke kry hulle
aanmoediging reg van die kansel af. Op dieselfde manier
kan mens ook dink aan die aandadigheid van daardie klomp
predikante in SA wat op die kansel gestaan het en vir hulle
gemeentelede verduidelik het dat apartheid heeltemal binne
die Christelike raamwerk inpas.

Mense begin nou terugveg. Spanjaarde wat deur Pinochet
doodgemaak is, se verwante is aktief op sy spoor. (Wanneer
is dit P.W. se beurt?) Mense soos Leswin Laubscher, 'n burger
van die VSA, het die volle reg om offisiële beswaar te maak
teenoor beswadderinge van sy land deur iemand wat 'n gas in
sy land is, tot tyd en wyl sy aansoek vir burgerskap toegeken
word. In Kanada is dieselfde toestand. Ons het 'n baie aktiewe
Libertarian tradisie, en mense se reg tot vryheid van spraak is
sekerlik beskerm. Maar daar is ook wette wat die bevolking
beskerm teen die prediking van haat.

Gloudina Bouwer
Re: waarskuwing aan johan [boodskap #18497 is 'n antwoord op boodskap #18455] Do, 22 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leswin Laubscher  is tans af-lyn  Leswin Laubscher
Boodskappe: 26
Geregistreer: Augustus 1998
Karma: 0
Junior Lid
Simon wrote in message ...
> |
> Ek is maar baie bly jy is swart en ek is wit - ek behoort defnitief
> nie aan dieselfde groep as jy nie, dankie tog.

en so 'n ruk gelede het 'n wit outjie in soc.culture.south-africa dieselfde
gedoen aan 'n swart outjie (en sonder waarskuwing, nogal). gegee jou
argument moes jy dus baie skaam gewees het en "vuil" gevoel het om aan
dieselfde groep te behoort, of hoe? se jy is bly jy is nie soos ek
(individu) nie, andersinds is jy duidelike voorbeeld van presies daardie
stereotipering waarteen ek hier stry. Sot.

> As jy al so lank in Amerika bly, het die idee van vryheid van spraak
> nog glad nie by jou uitgekom nie.

Ek het reeds hierop gereageer.

> . Toe dit teen jou was, het
> jy geskree jy wil vryheid van spraak he en jy het sommer die land uit
> gevlug Amerika toe -

Jy het nie die vaagste benul waarom ek Suid-Afrika verlaat het nie.

> noudat dit teen jou is, is vryheid van spraak nie
> meer goed genoeg nie. En moenie vir my iets skryf van haatspraak nie
> - wat Johan geskryf het, was beslis nie haatspraak nie.

Hoe definieer jy haatspraak?

> Swartes se omgewing is vuil - ek het dit al BAAIIE hier in Suid-Afrika
> gesien en Indiane is lui - ek het dit ook al gehoor.

Afrikaners trou met hul niggies, is aggressief, is vuil en stink want hul
loop gedurig kaalvoet - ek het dit ook al gehoor. Sot.

>
> ...goodbye en good luck,

Het dit nie nodig nie, allermins van jou.

> Simon

leswin
Re: waarskuwing aan johan [boodskap #18498 is 'n antwoord op boodskap #18455] Do, 22 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Leswin Laubscher skryf:

> Indien jy weer 'n pos met so 'n rassistiese en haatlike strekking plaas,
> gaan ek soortgelyke plasings van jou (en daar is 'n hele paar) vanuit die
> nuus-argiewe opdiep. Ek gaan dit dan vertaal en aanstuur aan die NAACP in
> Minnesota, die Native American Council, jou werkgewer, die FBI, en
> immigrasie en naturalisasie (INS).

Ou Leswin (as jy nou nie hoofsaaklik weer wegbly nie),

Ek het gedog die gedagte polisie het saam met die ou SA gesneuwel? Wys jou
net, hoe meer dinge verander, hoe meer bly hulle dieselfde, of hoe?

So, wat is volgende? Almal wat dié ng besoek, kry 'n lêer by Nasionale
Intelligensie, en Gloudina en Ferdi kry bykomstige inskrywings in hul ou
lêers?

Maar wag, ek dink ek weet wat is die probleem. Soos Gloudina ondervind jy
probleme met jou nuusbediener, en jou plasing was 'n toets om te kyk of hy
nou reg werk? Kom terug en sê vir ons dit was die geval, toe!

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is nie vir Sissies nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Re: waarskuwing aan johan [boodskap #18499 is 'n antwoord op boodskap #18455] Do, 22 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Thomas Jacobs  is tans af-lyn  Thomas Jacobs
Boodskappe: 49
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Volle Lid
In "nomad" writes:

> Hei Leswin, vat dit rustig dan geniet jy die lewe meer........!

> Nee man, wat se twak is dit? Konfronteer Johan se argumente met jou eie
> (beter) argumente - dis tog waaroor dit hier gaan. Ons is almal groot, ons
> kan ons eie 'minds' opmaak.

> Jy wil nou PW se taktieke self inspan - 'ban' en vernietig alles wat jy nie
> mee saamstem nie.

> Relax 'n bietjie.

Ek stem saam met Leswin, moet hom nie net uit die land uitfok nie, maar
kry hom aan sy klein tril beet en knyp hom so 'n bietjie.
Vuilgat wat hy is.

> nomad@rest.oasis
> Leswin Laubscher wrote in message
> 70m7g2$92g$1@news-1.news.gte.net...

>> Indien jy weer 'n pos met so 'n rassistiese en haatlike strekking plaas,
>> gaan ek soortgelyke plasings van jou (en daar is 'n hele paar) vanuit die
>> nuus-argiewe opdiep. Ek gaan dit dan vertaal en aanstuur aan die NAACP in
>> Minnesota, die Native American Council, jou werkgewer, die FBI, en
>> immigrasie en naturalisasie (INS). Ek neem aan jy is steeds hier op 'n H1
>> werksvisa, sodat enige klag, veral van 'n amerikaanse burger, en veral
>> rondom haatspraak en rassisme, jou aansoek om permanente verblyfstatus kan
>> beinvloed. Ek raai jou aan om jou te vergewis van die ramifikasies van so
>> 'n klag alvorens jy weer jou rassistiese snert enige plek op die internet
>> pos.
>>
>> leswin
>>
>>

--
Thomas Jacobs - Computing Centre - Rhodes University - Grahamstown
Internet: cc...@hippo.ru.ac.za uucp: ..!uunet!m2xenix!quagga!hippo!cctj
Re: waarskuwing aan johan [boodskap #18500 is 'n antwoord op boodskap #18455] Do, 22 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Michael E Willett  is tans af-lyn  Michael E Willett
Boodskappe: 182
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 21 Oct 1998 22:05:51 -0500, "Leswin Laubscher"
had the following to say:

|Jou laaste bydraes oor "lui indiane" en "vuil swartes" was die laaste strooi
|en het my briesend gelaat vir die rassistiese, bevooroordeelde, en
|stereotipiese aard daarvan (wat, terloops, ook hierdie groep tipeer en die
|hoofrede is waarom ek hoofsaaklik hier wegbly). Ek rig dus hierdie
|waarskuwing aan jou, johan.
|
Hy het so baie te sê... dié Leswin, maar as jy bietjie op die net gaan
oplees oor hom, kom jy ook maar op snaakse dinge af - soos hoekom sy
telefoon diens opgeskort is daar in Evanston...?

As ek hy was sou ek eerder na my eie sake kyk as om ander te dreig...

Elke ou hou seker maar van sy eie sensasie! Ek gaan nou lekker
inkruip en lê en lees!

...goodbye en good luck,
Simon
Re: waarskuwing aan johan [boodskap #18501 is 'n antwoord op boodskap #18455] Do, 22 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Michael E Willett  is tans af-lyn  Michael E Willett
Boodskappe: 182
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 21 Oct 1998 22:05:51 -0500, "Leswin Laubscher"
had the following to say:

|Jou laaste bydraes oor "lui indiane" en "vuil swartes" was die laaste strooi
|en het my briesend gelaat vir die rassistiese, bevooroordeelde, en
|stereotipiese aard daarvan (wat, terloops, ook hierdie groep tipeer en die
|hoofrede is waarom ek hoofsaaklik hier wegbly). Ek rig dus hierdie
|waarskuwing aan jou, johan.
|
Ek is maar baie bly jy is swart en ek is wit - ek behoort defnitief
nie aan dieselfde groep as jy nie, dankie tog.

Ek dink jy kry net een ding reg en dis om hom en ander ouens op
hierdie nuusgroep meer rede te gee om rassisties te wees. Die
hewigheid van jou reaksie kan net een ding beteken en dis dat hy "a
raw nerve" geraak het en seker maar net die waarheid geskryf het
waaroor jy baie skaam is.

Ek het nie gedink iemand, wit of swart, kan regtig so laag daal soos
wat jy jouself voorneem om hier te daal nie. Dis duidelik dat jy baie
desperaat is om te keer dat Johan enige verdere observasies vir ons
vertel. Daarmee maak jy bloot 'n skulderkenning. As jy bang is vir
sy opinie, probeer hom stilmaak - as sy opinie nie reg is nie,
redeneer en praat met hom.

As jy al so lank in Amerika bly, het die idee van vryheid van spraak
nog glad nie by jou uitgekom nie. Soos alle swartes geniet jy ook
maar om 'n dubbel-moraliteit te handhaaf. Toe dit teen jou was, het
jy geskree jy wil vryheid van spraak he en jy het sommer die land uit
gevlug Amerika toe - noudat dit teen jou is, is vryheid van spraak nie
meer goed genoeg nie. En moenie vir my iets skryf van haatspraak nie
- wat Johan geskryf het, was beslis nie haatspraak nie.

Swartes se omgewing is vuil - ek het dit al BAAIIE hier in Suid-Afrika
gesien en Indiane is lui - ek het dit ook al gehoor. Skryf nou gou
aan die SA Secret Police en aan die ANC en aan Eugene Terreblanche en
aan Winnie Mandele en net wie jy lekker kry - jy hoef nie eers te
vertaal nie - Afrikaans is nou nog hier een van die amptelike tale!

...goodbye en good luck,
Simon
Re: waarskuwing aan johan [boodskap #18502 is 'n antwoord op boodskap #18455] Do, 22 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
crunch  (()) :c 8 |]]  is tans af-lyn  crunch (()) :c 8 |]]
Boodskappe: 102
Geregistreer: Mei 1998
Karma: 0
Senior Lid
Hei Leswin, vat dit rustig dan geniet jy die lewe meer........!

Nee man, wat se twak is dit? Konfronteer Johan se argumente met jou eie
(beter) argumente - dis tog waaroor dit hier gaan. Ons is almal groot, ons
kan ons eie 'minds' opmaak.

Jy wil nou PW se taktieke self inspan - 'ban' en vernietig alles wat jy nie
mee saamstem nie.

Relax 'n bietjie.

nomad@rest.oasis
Leswin Laubscher wrote in message
70m7g2$92g$1@news-1.news.gte.net...

> Indien jy weer 'n pos met so 'n rassistiese en haatlike strekking plaas,
> gaan ek soortgelyke plasings van jou (en daar is 'n hele paar) vanuit die
> nuus-argiewe opdiep. Ek gaan dit dan vertaal en aanstuur aan die NAACP in
> Minnesota, die Native American Council, jou werkgewer, die FBI, en
> immigrasie en naturalisasie (INS). Ek neem aan jy is steeds hier op 'n H1
> werksvisa, sodat enige klag, veral van 'n amerikaanse burger, en veral
> rondom haatspraak en rassisme, jou aansoek om permanente verblyfstatus kan
> beinvloed. Ek raai jou aan om jou te vergewis van die ramifikasies van so
> 'n klag alvorens jy weer jou rassistiese snert enige plek op die internet
> pos.
>
> leswin
>
Re: waarskuwing aan johan [boodskap #18503 is 'n antwoord op boodskap #18455] Do, 22 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leswin Laubscher  is tans af-lyn  Leswin Laubscher
Boodskappe: 26
Geregistreer: Augustus 1998
Karma: 0
Junior Lid
Simon wrote in message ...
> |
> Hy het so baie te sê... dié Leswin, maar as jy bietjie op die net gaan
> oplees oor hom, kom jy ook maar op snaakse dinge af - soos hoekom sy
> telefoon diens opgeskort is daar in Evanston...?

Ek het werklik nie die vaagste benul waarvan jy praat nie. Pos tog die
adres hier of vertel wat jy gelees het sodat ek daarop kan reageer.

leswin
Re: waarskuwing aan johan [boodskap #18524 is 'n antwoord op boodskap #18455] Vr, 23 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina skryf:

> Daar is Afrikaans-sprekers soos onder meer
> hy en ek wat net bietjie meer akademies
> afgerond is en meer gekultiveerd is as
> 'n ou uit Suid-Afrika met hoogstens (vermoed
> ek) 'n sekere mate van tegniese rekenaars-
> agtergrond

Sonder om bg.stelling te probeer beveg, mag ek vra of akademiese afronding
noodsaaklik is om gekultiveerd te kan wees? Klink jou stelling nie 'n
bietjie hooghartig as jy dit 'n tweede keer lees nie, Gloudina?

(Hoe het die fariseër nou weer gebid?)

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is nie vir Sissies nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Re: waarskuwing aan johan [boodskap #18525 is 'n antwoord op boodskap #18455] Vr, 23 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 21 Oct 1998 22:05:51 -0500, "Leswin Laubscher"
wrote:

Wel, my asem is bietjie weggeslaan - ek het regtig nie gedink wat ek
skryf sal so hewige reaksie tot gevolg hê nie. Ek het, wat ek geskryf
het, nie as hatig bedoel nie - inteendeel, my opmerking oor die
Indiane was juis uitgespreek as teleurstelling.

Ek vra dus onvoorwaardelik om verskoning vir enige een wat ek te na
gekom het oor sy etniese afkoms.

|Ek is sedert 1991 woonagtig in Chicago en het geleentheid gehad (beide as
|gevolg van werk en belangstelling) om hierdie stad en sy woonbuurte te
|deurkruis. Ek weet nie watter Chicago jy besoek het nie (in twee dae,
|nogal),

Nee, twee weke terug.....deur Chicago.....

| maar dit is nie die een waarin ek leef en werk nie. Terloops, ek is
|swart en kan jou verseker dat my buurt baie skoner is as ander "wit" buurte.

Dan komplimenteer ek jou op jou Afrikaans...!

|Voorts, woonareas soos Flosmoore, Homewood, Evanston, Oak Park, waar groot
|getalle swart mense bly (en selfs die meerderheid vorm) is beduidend skoner
|as ander "wit" woonbuurte in die staalgordel suid van Chicago (was jy in
|enige van hierdie woonbuurte?). Bes moontlik verwar jy sosio-ekonomiese
|klas met ras en, tipies van jou, maak jy attribusies ten opsigte van ras ten
|einde jou perspektief te valideer. Dan kan jy loop en praat van "blote
|observasie" asof dit feit is. laat my weet wanneer jy weer in Chicago is en
|ek kan jou verwys na die vuilste "wit" woonbuurte, en dan uitsien na jou
|verduideliking van daardie verskynsel.

Ek sal graag van die aanbod gebruik maak as dit nog staan - ek hoop
net nie jy sal so 'n besoek aan Chicago ook beskryf as 'n
"artifak-gebonde "nuuskierigheid" wat 'n paternalistiese en naiewe
rassige antropologie maskeer" nie. 'n Mens sien altyd 'n plek beter
wanneer een van die inwoners jou kan rondwys....

Sal jy vir my jou telefoon nommer e-mail dat ek jou kan bel wanneer ek
weer Chicago toe kom?

|Hy besoek een toeriste-attraksie, maak 'n observasie,

...ek het dit so beskryf - ek het nie beweer dat ek 'n lewenslange
studie gemaak het nie....

|hoor 'n terloopse opmerking, en brandmerk 'n hele groep as lui en dronk. Watter sotterny.

Geen terloopse opmerking nie - ek het met drie mense spesifiek gepraat
en hulle daaroor uitgevra - twee Indiane wat ek ken en onder my
vriende tel en 'n vrou wat net 50% Indiaan is - 'n uitgewer in
Wisconsin....

...en ek beskou die rooihuide nie as 'n dronk nasie nie - inteendeel,
teen die gebrekkige inligting wat 'n mens so twintig jaar gelede in
Suid Afrika bereik het, en wat ek deesdae direk van Indiane af hoor,
is die alkohol probleem besig om minder te word. Die jongmense gaan
baie meer geredelik skool toe as 'n dekade of twee terug. Maar hulle
het tog nog steeds self vir my gesê hulle wil net jag en drink... Ek
vind dit net so jammer soos ek glo jy daaroor voel. Kom ek en jy maak
dit eerder ons doel om uit te vind waar orals het die Indiane stamme
al reggekry om geheel en al van buitengewone alkoholisme ontslae te
raak, dan bied ons aan ander mense die ander kant van die prentjie.

|Hierdie is dieselfde persoon wat praat oor wat jesus sou doen.

Al wat ek kan sê is dat ek nie kwaad bedoel het nie, maar in elk geval
al die saak met God uitgemaak het...

|Loop spandeer tyd op die Sioux reservaat, of enige ander, leer die mense
|ken, win begrip in oor hul geskiedenis, kultuur, en lewenssiening.

Dis juis wat ek probeer doen - vandaar die mense wat ek al leer ken
het. Maar jy skyn beter te weet as ek en jy sê ek is net besig met t
'n artifak-gebonde "nuuskierigheid" wat 'n paternalistiese en naiewe
rassige antropologie maskeer.

Nou is ek nie so seker waar ek moet verder soek na wie die Rooihuide
nou werklik is nie en of dit nog enigsinds die moeite werd is nie.

|Jou laaste bydraes oor "lui indiane" en "vuil swartes" was die laaste strooi
|en het my briesend gelaat vir die rassistiese, bevooroordeelde, en
|stereotipiese aard daarvan (wat, terloops, ook hierdie groep tipeer en die
|hoofrede is waarom ek hoofsaaklik hier wegbly). Ek rig dus hierdie
|waarskuwing aan jou, johan.

OK - ek sal dit alles terugtrek - die omgewing waar swartes rondhang,
is nie vuil nie, en net omdat daar glad nie Indiane is wat help by
Crazy Horse se standbeeld nie, beteken nie hulle is lui nie.

Ek sal graag jou opinie wil hoor oor die objektiwiteit van die reeks
flieks wat nou op TNT aan is oor Indiane leiers - ek tape hulle en sal
hulle een-een kyk as jy dink hulle is geskik as objektiewe materiaal
waaruit 'n mens meer oor die Indiane se geskiedenis kan leer.

Die eerste een was oor Geronimo, tans is die een oor Crazy Horse aan,
dan volg 'n onbekende, maar ek weet daarna is nog twee flieks aan oor
Tecumseh en een oor Sitting Bull - dit hou aan tot so drie uur more
oggend.

Ek is so bang die flieks romantiseer die geskiedenis en laat my dalk
net weer onwetend verval in 'n artifak-gebonde "nuuskierigheid" wat
'n paternalistiese en naiewe rassige antropologie maskeer.

Dankie vir jou ernstige terregwysing en die balans wat dit weer in my
siening ingebring het.

Johan
Re: waarskuwing aan johan [boodskap #18526 is 'n antwoord op boodskap #18455] Vr, 23 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina skryf:

> Dit amuseer my om te sien hoeveel van die lede
> van die nuusgroep op hulle seepkissies spring en
> skree "Thought Police" wanneer bloedig min van
> hulle enigiets gedoen het om hulle afkeur uit te spreek
> oor die rassistiese poste van mense soos Frikkie en
> Johan.

Soos ek voorheen aan Leswin gesê het, Gloudina, sommige goed is nie die
moeite werd om op te antwoord nie. Frikkie vind ek amusant, soos wat ek Jaap
Marais en Eugene Terreblanche amusant gevind - jy weet, Don Quichot en
windmeulens, en so aan.

Op Afrikaans sê ons "swyg is ook 'n antwoord".

Maar spreek die beginsel aan. Herinner Leswin se dreigement aan hoe dinge in
SA in die verlede gedoen is, of nie? Indien wel, en dit dra jou goedkeuring
weg, soos dit ooglopend doen, dan het dinge mos in beginsel nie verander
nie, of hoe?

Miskien moet jy weer my haiku gaan lees?

Groete

Henri
Re: waarskuwing aan johan [boodskap #18527 is 'n antwoord op boodskap #18455] Vr, 23 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Michael E Willett  is tans af-lyn  Michael E Willett
Boodskappe: 182
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 22 Oct 1998 22:07:00 -0500, "Leswin Laubscher"
had the following to say:
| Pos tog die
|adres hier of vertel wat jy gelees het sodat ek daarop kan reageer.
|
Skuus, ek vergeet, dit was Lee Straat of Grant of so iets, een van die
generaals.

...goodbye en good luck,
Simon
Re: waarskuwing aan johan [boodskap #18529 is 'n antwoord op boodskap #18455] Vr, 23 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
e...@dot.com (Johan ) writes:


> Terloops, ek is
> |swart en kan jou verseker dat my buurt baie skoner is as ander "wit" buurte.
>
> Dan komplimenteer ek jou op jou Afrikaans...!

Johan, ek het 'n spesmaas dat Leswin se
moedertaal Afrikaans is, nes joune.
Daar is Afrikaans-sprekers soos onder meer
hy en ek wat net bietjie meer akademies
afgerond is en meer gekultiveerd is as
'n ou uit Suid-Afrika met hoogstens (vermoed
ek) 'n sekere mate van tegniese rekenaars-
agtergrond, en wat nou sy lyf hier wil kom
rondgooi. Jy is nog nie eens lank op die
kontinent nie, en jy maak al jou "konklusies"
oor alles en nog wat en adverteer dit hier
op die nuusgroep. Hierdie vasteland is 'n
gekompliseerde vasteland, en dit sal jou
dekades neem om al die nuanses van die lewe
in die VSA te leer en te verstaan.
Intussen dink ek jy het sielkundige hulp
nodig vir jou kompulsie om alles af te takel
wat jy nie met jou eie ego vereenselwig nie.
Jy het dit in SA gedoen. Nou doen jy dit hier
in die VSA, What next? Australia? Daar is ook
nie heenkome vir mense soos jy nie. Onthou,
Pauline Hanson het verloor.

Tant Hessie van Helsdingen
Re: waarskuwing aan johan [boodskap #18530 is 'n antwoord op boodskap #18455] Vr, 23 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Michael E Willett  is tans af-lyn  Michael E Willett
Boodskappe: 182
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 22 Oct 1998 15:49:33 -0500, "Leswin Laubscher"
had the following to say:
|Ek het verwag dat iemand sou reageer in terme van vryheid van spraak,
|sensuur, of die simplistiese "ignoreer dit waarmee jy nie saamstem nie".
|Feit van die saak is egter dat absolute vryheid nie bestaan nie - nie eens
|in anargie nie. Vryheid gaan gepaard met verantwoordelikheid en word
|begrens deur keuse-gevolge.

So jy matig jouself maar die vryheid aan om iemand met 'n ander
standpunt te intimideer en af te dreig!

...goodbye en good luck,
Simon
Re: waarskuwing aan johan [boodskap #18531 is 'n antwoord op boodskap #18455] Vr, 23 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Michael E Willett  is tans af-lyn  Michael E Willett
Boodskappe: 182
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 22 Oct 1998 22:07:00 -0500, "Leswin Laubscher"
had the following to say:
|
|Simon wrote in message ...
|>|
|>Hy het so baie te sê... dié Leswin, maar as jy bietjie op die net gaan
|>oplees oor hom, kom jy ook maar op snaakse dinge af - soos hoekom sy
|>telefoon diens opgeskort is daar in Evanston...?
|
|
|Ek het werklik nie die vaagste benul waarvan jy praat nie. Pos tog die
|adres hier of vertel wat jy gelees het sodat ek daarop kan reageer.

Kyk jy nie na Oprah Winfrey nie? Ons het onlangs gesien hoe sy
ondersoek instel na mense se agtergrond deur op die internet te soek.

Nou ja, dis maklik - sit net jou eie naam in 'n paar search engines en
kyk self wat jy daar alles kan lees. Ek gaan nou nie weer alles
opsoek nie - jy kan maar self - jy is 'n baie interesante karrakter!
Enige ou wat al langerig in Amerika woon, maar interesante leesstof,
veral hulle kredietgeskiedenis.....

...goodbye en good luck,
Simon
Re: waarskuwing aan johan [boodskap #18550 is 'n antwoord op boodskap #18455] Sa, 24 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Leswin Laubscher wrote in message ...

> Ek het verwag dat iemand sou reageer in terme van vryheid van spraak,
> sensuur, of die simplistiese "ignoreer dit waarmee jy nie saamstem nie".
> Feit van die saak is egter dat absolute vryheid nie bestaan nie - nie eens
> in anargie nie. Vryheid gaan gepaard met verantwoordelikheid en word
> begrens deur keuse-gevolge. Johan het gekies om op 'n publieke forum sy sê
> te sê. Ek kies nou aan die hand van dieselfde vryheidsbeginsel om protes
> aan te teken langs erkende en aanvaarde samelewingswe"e. Hopelik sal hy,
> soos ek, bereid wees om verantwoordelikheid daarvoor te aanvaar.

Hmmmm...... Ek herinner my regeringsministers wat soortgelyke uitsprake
gemaak het om die inperking van mense soos Beyers Naude en Helen Joseph te
motiveer.

Om die waarheid te sê, dit is hierdie selfde argument wat Jimmie Kruger se
uitspraak onderlê het toe hy verneem dat Biko dood is, en verklaar het "Dit
laat my koud".
Re: waarskuwing aan johan [boodskap #18551 is 'n antwoord op boodskap #18455] Sa, 24 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Henri Burger" writes: > Gloudina skryf:
>
>
>> Daar is Afrikaans-sprekers soos onder meer
>> hy en ek wat net bietjie meer akademies
>> afgerond is en meer gekultiveerd is as
>> 'n ou uit Suid-Afrika met hoogstens (vermoed
>> ek) 'n sekere mate van tegniese rekenaars-
>> agtergrond
>
> Sonder om bg.stelling te probeer beveg, mag ek vra of akademiese afronding
> noodsaaklik is om gekultiveerd te kan wees? Klink jou stelling nie 'n
> bietjie hooghartig as jy dit 'n tweede keer lees nie, Gloudina?
>
> (Hoe het die farisiër fariseër nou weer gebid?)
>
> Groete

Ja, Henri, alles wat jy sê is waar.
(Hoekom hinder jou spelling van
"farisi"er" my egter. Is dit hoe
dit in die Bybel gespel word?)
As Johan egter vir Leswin sê "jou
Afrikaans is baie goed" (na hy uit-
gevind het dat Leswin homself nie
wil sien as wit nie) dan het daardie
opmerking implikasies: (1) as jy nie
wit is nie, is Afrikaans seker nie
jou moedertaal nie, en dus moet jy
geluk gewens word omdat jy dit so
goed praat; (2) die implikasie is
dat sy Afrikaans hoogdrawend is, wat
Johan onmiddellik bevestig deur
sinne van Leswin terug te gooi na
hom. Tot 'n sekere mate kry ek
dieselfde kritiek - dat my Afrikaans
argaies is en uit die ou doos, net
omdat ek 'n bietjie suiwerder probeer
skryf as die deursnee rekenaars-werker.
Nouja, op tone trap is my spesialiteit.
Ek hou daarvan om hulle te hoor skrou.

Tant Hessie van Helsdingen (as my
skoene knyp, knyp ek terug.)
Re: waarskuwing aan johan [boodskap #18552 is 'n antwoord op boodskap #18525] Sa, 24 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ek hoef nie met iemand se mening saam te stem, om sy reg te respekteer om
dit uit te spreek nie.

Maar ek dink ons het in hierdie dansie 'n voorbeeld gesien van 'n mantel wat
blitsig draai in reaksie op die powerste poging tot intimidasie.

As voorbeeld van hoe die proses van oortuiging in die Amerikaanse samelewing
werk, maak dit mens kots.

As ek gesien het wat ek dink ek het gesien, reken ek die Suid-Afrikaanse
samelewing is veel beter af sonder Leswin, en sonder Johan. En die twee
verdien mekaar as medeburgers.

Allervriendelikste groete, Leendert

Johan wrote in message ...
> On Wed, 21 Oct 1998 22:05:51 -0500, "Leswin Laubscher"
> wrote:

> Wel, my asem is bietjie weggeslaan - ek het regtig nie gedink wat ek
> skryf sal so hewige reaksie tot gevolg hê nie. Ek het, wat ek geskryf
> het, nie as hatig bedoel nie - inteendeel, my opmerking oor die
> Indiane was juis uitgespreek as teleurstelling.

> Ek vra dus onvoorwaardelik om verskoning vir enige een wat ek te na
> gekom het oor sy etniese afkoms.

> |Ek is sedert 1991 woonagtig in Chicago en het geleentheid gehad (beide as
> |gevolg van werk en belangstelling) om hierdie stad en sy woonbuurte te
> |deurkruis. Ek weet nie watter Chicago jy besoek het nie (in twee dae,
> |nogal),

> Nee, twee weke terug.....deur Chicago.....

> | maar dit is nie die een waarin ek leef en werk nie. Terloops, ek is
> |swart en kan jou verseker dat my buurt baie skoner is as ander "wit"
buurte.

> Dan komplimenteer ek jou op jou Afrikaans...!

> |Voorts, woonareas soos Flosmoore, Homewood, Evanston, Oak Park, waar groot
> |getalle swart mense bly (en selfs die meerderheid vorm) is beduidend skoner
> |as ander "wit" woonbuurte in die staalgordel suid van Chicago (was jy in
> |enige van hierdie woonbuurte?). Bes moontlik verwar jy sosio-ekonomiese
> |klas met ras en, tipies van jou, maak jy attribusies ten opsigte van ras ten
> |einde jou perspektief te valideer. Dan kan jy loop en praat van "blote
> |observasie" asof dit feit is. laat my weet wanneer jy weer in Chicago is en
> |ek kan jou verwys na die vuilste "wit" woonbuurte, en dan uitsien na jou
> |verduideliking van daardie verskynsel.

> Ek sal graag van die aanbod gebruik maak as dit nog staan - ek hoop
> net nie jy sal so 'n besoek aan Chicago ook beskryf as 'n
> "artifak-gebonde "nuuskierigheid" wat 'n paternalistiese en naiewe
> rassige antropologie maskeer" nie. 'n Mens sien altyd 'n plek beter
> wanneer een van die inwoners jou kan rondwys....

> Sal jy vir my jou telefoon nommer e-mail dat ek jou kan bel wanneer ek
> weer Chicago toe kom?

> |Hy besoek een toeriste-attraksie, maak 'n observasie,

> ...ek het dit so beskryf - ek het nie beweer dat ek 'n lewenslange
> studie gemaak het nie....

> |hoor 'n terloopse opmerking, en brandmerk 'n hele groep as lui en dronk.
Watter sotterny.

> Geen terloopse opmerking nie - ek het met drie mense spesifiek gepraat
> en hulle daaroor uitgevra - twee Indiane wat ek ken en onder my
> vriende tel en 'n vrou wat net 50% Indiaan is - 'n uitgewer in
> Wisconsin....

> ...en ek beskou die rooihuide nie as 'n dronk nasie nie - inteendeel,
> teen die gebrekkige inligting wat 'n mens so twintig jaar gelede in
> Suid Afrika bereik het, en wat ek deesdae direk van Indiane af hoor,
> is die alkohol probleem besig om minder te word. Die jongmense gaan
> baie meer geredelik skool toe as 'n dekade of twee terug. Maar hulle
> het tog nog steeds self vir my gesê hulle wil net jag en drink... Ek
> vind dit net so jammer soos ek glo jy daaroor voel. Kom ek en jy maak
> dit eerder ons doel om uit te vind waar orals het die Indiane stamme
> al reggekry om geheel en al van buitengewone alkoholisme ontslae te
> raak, dan bied ons aan ander mense die ander kant van die prentjie.

> |Hierdie is dieselfde persoon wat praat oor wat jesus sou doen.

> Al wat ek kan sê is dat ek nie kwaad bedoel het nie, maar in elk geval
> al die saak met God uitgemaak het...

> |Loop spandeer tyd op die Sioux reservaat, of enige ander, leer die mense
> |ken, win begrip in oor hul geskiedenis, kultuur, en lewenssiening.

> Dis juis wat ek probeer doen - vandaar die mense wat ek al leer ken
> het. Maar jy skyn beter te weet as ek en jy sê ek is net besig met t
> 'n artifak-gebonde "nuuskierigheid" wat 'n paternalistiese en naiewe
> rassige antropologie maskeer.

> Nou is ek nie so seker waar ek moet verder soek na wie die Rooihuide
> nou werklik is nie en of dit nog enigsinds die moeite werd is nie.

> |Jou laaste bydraes oor "lui indiane" en "vuil swartes" was die laaste strooi
> |en het my briesend gelaat vir die rassistiese, bevooroordeelde, en
> |stereotipiese aard daarvan (wat, terloops, ook hierdie groep tipeer en die
> |hoofrede is waarom ek hoofsaaklik hier wegbly). Ek rig dus hierdie
> |waarskuwing aan jou, johan.

> OK - ek sal dit alles terugtrek - die omgewing waar swartes rondhang,
> is nie vuil nie, en net omdat daar glad nie Indiane is wat help by
> Crazy Horse se standbeeld nie, beteken nie hulle is lui nie.

> Ek sal graag jou opinie wil hoor oor die objektiwiteit van die reeks
> flieks wat nou op TNT aan is oor Indiane leiers - ek tape hulle en sal
> hulle een-een kyk as jy dink hulle is geskik as objektiewe materiaal
> waaruit 'n mens meer oor die Indiane se geskiedenis kan leer.

> Die eerste een was oor Geronimo, tans is die een oor Crazy Horse aan,
> dan volg 'n onbekende, maar ek weet daarna is nog twee flieks aan oor
> Tecumseh en een oor Sitting Bull - dit hou aan tot so drie uur more
> oggend.

> Ek is so bang die flieks romantiseer die geskiedenis en laat my dalk
> net weer onwetend verval in 'n artifak-gebonde "nuuskierigheid" wat
> 'n paternalistiese en naiewe rassige antropologie maskeer.

> Dankie vir jou ernstige terregwysing en die balans wat dit weer in my
> siening ingebring het.

> Johan
Re: waarskuwing aan johan [boodskap #18553 is 'n antwoord op boodskap #18455] Sa, 24 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...

> Mense soos Leswin Laubscher, 'n burger
> van die VSA, het die volle reg om offisiële beswaar te maak
> teenoor beswadderinge van sy land deur iemand wat 'n gas in
> sy land is, tot tyd en wyl sy aansoek vir burgerskap toegeken
> word. In Kanada is dieselfde toestand. Ons het 'n baie aktiewe
> Libertarian tradisie, en mense se reg tot vryheid van spraak is
> sekerlik beskerm. Maar daar is ook wette wat die bevolking
> beskerm teen die prediking van haat.

Mense soos Leswin Laubser, ongeag of hulle Amerikaanse burgers is, het nie
die reg om mense te beskuldig van haatspraak wanneer hulle geen haatspraak
ge-uiter het nie.

Want deur dit te doen, sou mense soos Leswin Laubser hulle skuldig maak aan
laster, indien haatspraak 'n misdryf was in die VSA.

Vriendelike groete, Leendert
Re: waarskuwing aan johan [boodskap #18554 is 'n antwoord op boodskap #18455] Sa, 24 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"nomad" writes:

> Libertarian? of Liberaal? of maak ek 'n fout?
>
> (Ek dink bv. aan julle belasting en wonder hoe dit strook met 'n libertarian
> tradisie).
>
>

> wrote in message
>> In Kanada is dieselfde toestand. Ons het ?n baie aktiewe
>> Libertarian tradisie, en mense se reg tot vryheid van spraak is
>> sekerlik beskerm.
>
>> Gloudina Bouwer

Libertarians veg vir die uiterste vryheid
van die individu. Hulle kom byvoorbeeld tot
hulp van 'n onderwyser in New Brunswick wat
in sy private lewe verklaar dat daar nie so
'n ding soos die holocaust was nie. Hulle
verdedig sy reg om dit te sê, en verklaar
dat hy nie as gevolg daarvan uit sy onderwys-
pos geskop kan word nie. En hulle help hom
wen.Hulle glo nie waarin hy glo nie, maar
hulle verdedig sy reg om dinge te kan sê.
Solank hy nie mense opstook nie.

Ek kan nie jou vraag oor die belasting
verstaan nie. Wat het dit met vryheid van
spraak te doen?

Gloudina
Re: waarskuwing aan johan [boodskap #18555 is 'n antwoord op boodskap #18455] Sa, 24 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
crunch  (()) :c 8 |]]  is tans af-lyn  crunch (()) :c 8 |]]
Boodskappe: 102
Geregistreer: Mei 1998
Karma: 0
Senior Lid
Libertarian? of Liberaal? of maak ek 'n fout?

(Ek dink bv. aan julle belasting en wonder hoe dit strook met 'n libertarian
tradisie).

nomad@rest.oasis
wrote in message 70o24g$lo1$1@news.igs.net...

> In Kanada is dieselfde toestand. Ons het ?n baie aktiewe
> Libertarian tradisie, en mense se reg tot vryheid van spraak is
> sekerlik beskerm.

> Gloudina Bouwer
>
Re: waarskuwing aan johan [boodskap #18558 is 'n antwoord op boodskap #18455] Sa, 24 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Leswin Laubscher wrote in message ...

> tweedens, Amerikaanse burgerskap voorveronderstel dat jy jou onderwerp aan
> sekere konstitusionele en wetlike rigsnoere, waarvan 'n fundamentele een
> gelykheid en die nastreef van 'n nie-rassige samelewing behels (indien nie
> in operasionele daad, ten minste in konstitusionele woord). Wanneer ek dan
> iemand bemerk wat nie hierdie rigsnoer gestand doen nie, is dit niks minder
> as goeie burgerskap, nee, niks minder as my siviele plig om hom of sekere
> waghond-organisasies in kennis te stel

Vir 'n Amerikaanse burger het jy vreemde idees oor die Amerikaanse grondwet,
nie waar nie?

1) Die Amerikaanse grondwet plaas geen verpligting op enige persoon in
die land (burger of nie) om op enige wyse te presteer nie (dus, om enigiets
"na te streef" of enigiets in dier voege). In besonder - die Amerikaanse
grondwet reël nie die verhouding tussen mense onderling nie, maar die
verhouding tussen individue en die staat.
2) Die Amerikaanse grondwet bevat ook bepalings wat die staat beperk ten
opsigte van die mate waartoe hy (by wyse van wetgewing) mense kan verbied of
verplig om op 'n bepaalde manier op te tree.
3) Enige wetgewing wat mense verplig om iets so te doen wat so
ongedefinieerd is as om 'n "nie-rassige samelewing" na te streef sou, in
terme van die grondwet, ontoelaatbaar wees - "void for vagueness" is die
konstruk wat hier ter sprake is.

Soos jy tereg sê, gelykheid voor die reg is 'n kernbegrip in daardie
grondwet. En vryheid ook. Een van die belangrikste doelstellings hiermee is
dan juis om te verhoed dat een mens mag verkry oor 'n ander deur
onregmatiglike uitoefening van die staatsgesag - of dreigemente om dit te
doen, soos jy in die geval van Johan poog om te doen.

Wat my veral interesseer, is jou implikasie hier dat immigrante nie
dieselfde gelykheid voor die reg geniet as burgers nie. Dit is natuurlik 'n
standpunt wat baie sterk deur die regse groepe in die VSA, aan die
regtervleuel van die Republikeinse party, gehuldig word
Re: waarskuwing aan johan [boodskap #18559 is 'n antwoord op boodskap #18455] Sa, 24 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Leswin Laubscher wrote in message ...

> Die mensdom is nie
> gereed om a law unto themselves te wees nie en kan nie absolute vryheid
> hanteer nie - vandaar die behoefte aan begrensing, hoofsaaklik in wet en
> samelewingsnorm.

Ek is dit nie heeltemal eens met jou rede nie, maar wel met jou
gevolgtrekking.

Daar onststaan egter 'n wesenlike probleem wanneer die norme van bepaalde
individue of groepe in die samelewing (deur hulself) verhef word tot
algemene norm. En veral wanneer wetlike begrensing onregmatiglik aangewend
word om sulke norme af te dwing.

Dit is wat jy doen wanneer jy uitlatings wat geen haatspraak is nie,
klassifiseer as "haatspraak", 'n konstruk wat (tans nog nie) in die
Amerikaanse reg ontwikkel is nie, en dit gebruik om mag uit te oefen om
Johan te verhoed om uitdrukking te gee aan idees waarvan jy nie hou nie.

Die algemene woord wat ons vir sulke gedrag gebruik is "intimidasie".

'n Interessante aspek van intimidasie is, natuurlik, dat die selde slaag
tensy die slagoffer toelaat dat hy ge-intimideer word.

Vriendelike groete, Leendert
Re: waarskuwing aan johan [boodskap #18572 is 'n antwoord op boodskap #18455] So, 25 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hellin Gervaas  is tans af-lyn  Hellin Gervaas
Boodskappe: 191
Geregistreer: Januarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Johan skryf :
> Jis, mar ek weet mossie anti is slim!
ens, ens.

Johan ! Ek het elke woord daarvan geniet ! Pragtig, man ! :-))))

Hilda.
Re: waarskuwing aan johan [boodskap #18573 is 'n antwoord op boodskap #18455] So, 25 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
e...@dot.com (Johan ) writes:

> Jis, mar ek weet mossie anti is slim!

Wel, dis die intelligentste wat jy
nog geklink het tot op datum.

Gloudina van Helsdingen
Re: waarskuwing aan johan [boodskap #18574 is 'n antwoord op boodskap #18455] So, 25 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 23 Oct 1998 15:40:10 GMT, wrote:
| Johan, ek het 'n spesmaas dat Leswin se
| moedertaal Afrikaans is, nes joune.

Jis, mar ek weet mossie anti is slim!

| Daar is Afrikaans-sprekers soos onder meer
| hy en ek wat net bietjie meer akademies
| afgerond is

...ja, maar moenie waarie nie, ek het met my tant steunie gepraat en
sy sê haar tanne is ook al so afgerond, maar sy kook net die
aarrtappels sag in die sop dan maak dit nie haar gams so seer nie...
probeerit!

| en meer gekultiveerd is as

ek wou 'n sakkie van oom Jan se kraalmis saambring Amerika toe maar
die dohanna sê ek mag niks organies bring nie - hy verstaan nie as ek
hom sê issie afval of organe nie, is net kraalmis - Oom Jan lossie
eers die bulletjies wat hy knip se knatertjies in die kraal nie - hy
gooidit virrie honne. Maar nou bly ek mar ongekultifeert hier. En
hier issie krale met missie - hulle loop selfs met plastic sakkies oor
die hand om Wagter se poe op te tel as hulle hom virre stappie vat
(jis, ek dink darem nie dis lekker om sukke warm honnepoe op te tel
nie - al issie sakkie daar!)

| 'n ou uit Suid-Afrika met hoogstens (vermoed
| ek) 'n sekere mate van tegniese rekenaars-
| agtergrond,

Jis, dankie antie, maar so grëeend isekkie. Ek werk maar net voor
oppie kiebord - wat agter angan isse anner ou se jop. Vannie mate
weet ekkie so mooi nie - ek weet net sy scrien is 15 duim - dit staan
oppie boks....

| en wat nou sy lyf hier wil kom
| rondgooi.

Nee, nooit antie! My ouma draai in haar graf om as sy dink ek dans!
Syt oupa net eenkeer sy voet sien tep en toe moes hy tien keer vir
haarie tien gebooie opsê!

Hiesok anywei nie lekke konsirtiena musiekkie.

| Jy is nog nie eens lank op die
| kontinent nie,

My ma sê vyf voet tien is lank genoeg om in jou sokkies te staan, maar
antie moet my net woohnieng gee voor antie wil sien , want ek moet
dannie sokkies antrek wattie appels in hettie.

| en jy maak al jou "konklusies"

Nee antie, hoe nou?! Ek gaan soos my pa my geleer het toilet toe
daavoor....

| oor alles en nog wat en adverteer dit hier
| op die nuusgroep.

hyspraaikies bly innie hys.

| Hierdie vasteland is 'n
| gekompliseerde vasteland,

Hêrri antie, jy weet dan! Die wat hulle al neek om annnie verkeerre
kant te wil ry. Toe stoppie spietkop my die annerdag omdat ekkie
ooorie rooi lig wil ry nie - hy sê "you kón tun raait" ek sê "Aai
nou, but aai weit fo de laait".

| en dit sal jou
| dekades neem om al die nuanses van die lewe
| in die VSA te leer en te verstaan.

Ek glo nie daa is van daai hie by onsie. Die kinners leer mar ok net
reeding raaiting en rithmittiek. Is dit dalk 'n gidig? Ek het hulle
ok nie innie skool verstaan nie - seker die wat pa my op stannerd ses
uit die skool gehaal het - Hy't gesê ekt nou genog kaf (hyt iets
anners gesê) gelleer - nou salhy my veder vat...

| Intussen dink ek jy het sielkundige hulp
| nodig

Jaaa, my angel sê ok so, mar darrim net as ek te veel vannie pigsaai
gedrink het....

| Onthou,
| Pauline Hanson het verloor.

Nou wiesy nou, antie??? Klink soos een van daai terroriste
haaijekkers van die sixties va die baadir maainhof, of so iets...
Wat het sy verloor? Ek weet pa het die foutous van die ous saam met
haar so gekyk toet hy gesy syt haar virjienietie verloor, maar is
dalkie dieselle meisie nie.
Maar mientaaim sal ek onthou - dalk vra hulle dit in jepperdie...
|
| Tant Hessie van Helsdingen

My ouma sou die naam nie gelaaik hettie....

Johan

Vat dit rustig, dan geniet jy die lewe meer ....!
Re: waarskuwing aan johan [boodskap #18575 is 'n antwoord op boodskap #18455] So, 25 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Johan skryf:

> Nee, nooit antie! My ouma draai in haar graf om as sy dink ek dans!
> Syt oupa net eenkeer sy voet sien tep en toe moes hy tien keer vir
> haarie tien gebooie opsê!

OK, so julle is Doppers, of dan nou Enkel Gereformeerd. Of moet dit Enig
wees? Vir die ouens wat nie weet nie, ons gewone ouens gaan hemel toe as ons
doodgaan (dis nou as Gloudina nie die beoordeling doen nie), maar die
Doppers gaan Potchefstroom toe.

Hulle sinode het nou onlangs 'n verbod geplaas op seksuele omgang in die
staande posisie, want dit kan baie maklik aanleiding gee tot dans...

(En voor al die Doppers op my begin skree, bg is almal aan my vertel deur
vriende wat Doppers is - hulle dans skelm!)

[Goeie stuk, Johan]

Groete
Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is nie vir Sissies nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Re: waarskuwing aan johan [boodskap #18592 is 'n antwoord op boodskap #18455] Ma, 26 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
> Gloudina skryf:
>
> Dit amuseer my om te sien hoeveel van die lede
> van die nuusgroep op hulle seepkissies spring en
> skree “Thought Police” wanneer bloedig min van
> hulle enigiets gedoen het om hulle afkeur uit te spreek
> oor die rassistiese poste van mense soos Frikkie en
> Johan.
>

Presies Gloudina. Ons gun Frikkie en Johan die reg om hulle uit te
spreek oor enigiets. Ons drieg hulle nie met die vernietiging van hulle
toekoms as hulle iets sou sê waarmee ons nie saamstem nie. Soos
Leendert tereg opmerk - ons het al die soort van afdreiging gesien.
Re: waarskuwing aan johan [boodskap #18594 is 'n antwoord op boodskap #18455] Ma, 26 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
Leswin Laubscher wrote:
>
> lou wrote in message ...
>>
>> Soveel vir 'Freedom of speach' ne. Lekker ou Leswin - laat my al so dink
>> aan die ou dae toe ons almal ons bekke moes gehou het want 'big
>> brother is watching you'. Gun ander mense hulle siening man, al strook
>> dit nie met joune nie.
>
> Ek het verwag dat iemand sou reageer in terme van vryheid van spraak,
> sensuur, of die simplistiese "ignoreer dit waarmee jy nie saamstem nie".
> Feit van die saak is egter dat absolute vryheid nie bestaan nie - nie eens
> in anargie nie. Vryheid gaan gepaard met verantwoordelikheid en word
> begrens deur keuse-gevolge. Johan het gekies om op 'n publieke forum sy sê
> te sê. Ek kies nou aan die hand van dieselfde vryheidsbeginsel om protes
> aan te teken langs erkende en aanvaarde samelewingswe"e. Hopelik sal hy,
> soos ek, bereid wees om verantwoordelikheid daarvoor te aanvaar.
>

Al wat jy wil doen is om hom sy vryheid van spraak te ontneem. Jy gun
hom dus nie sy standpunt nie. Dis jou reg om te doen wat jy gedreig het
om te doen. Maar soos ek dit aan jou gestel het, as jy dan vind dat die
nuusgroep skielik tjoepstil raak met geen beweging behalwe Gloudina se
gedigte en mense wat PC prrat oor die weer nie, moenie verbaas wees nie.
Jy het in effek klaar 'n groot klomp deelnemers stilgemaak en jy gebruik
nie die nuusgroep stelse daarvoor nie - jy gebruik dreigemente om mense
se toekoms te vernietig daarvoor.

> tweedens, Amerikaanse burgerskap voorveronderstel dat jy jou onderwerp aan
> sekere konstitusionele en wetlike rigsnoere, waarvan 'n fundamentele een
> gelykheid en die nastreef van 'n nie-rassige samelewing behels (indien nie
> in operasionele daad, ten minste in konstitusionele woord). Wanneer ek dan
> iemand bemerk wat nie hierdie rigsnoer gestand doen nie, is dit niks minder
> as goeie burgerskap, nee, niks minder as my siviele plig om hom of sekere
> waghond-organisasies in kennis te stel

Wel - moet jou nie probeer verontskuldig nie - hy het iets gesê waarvan
jy ne hou nie en instede van met hom daaroor te debateer het jy hom
vertel om te sharrap of andersins sal hy spyt wees. Die hogere afrikaans
wat jy besig :) gaan nie aan die feit verander dat jy hom sy mening en
die uitdruk daarvan onstsê nie.

>
> Derdens, jou "big brother" allusies, veral waar dit die FBI aangaan, mis die
> teiken. Die taak is nie om die organisasie in wese af te skiet nie, maar om
> toe te sien dat daar genoeg organisatoriese ewewig en korreksie bestaan ten
> einde korrupterende mag teen te werk.

Nee Leswin -JY het eerste die FBI bygesleep. In elk geval jy breek op -
jy het Johan gedreig dat jy hom sal vekla oot hy sekere dinge gsê het
wat nie met jou sienswyse ooreen stem nie. Ek het niks teen die FBI nie,
maar onthou hulle watch jou ook!! :)

>
> Laastens, 'n skuilnaam skep 'n valse sekuriteit in 'n ooglopende anonieme en
> verwyderde rekenaar-medium waar daar skynbaar geen gevolge is vir wat mens
> hier se nie. Hierdie is besig om te verander soos siviele en wetlike aandag
> geskenk word aan regulering en wetstoepassing. Miskien behoort mens hier te
> reageer op dieselfde manier wat jy sou indien jy aangesig tot aangesig met
> die ander persoon praat. Waarom, dan, het jy 'n skuilnaam nodig? Jou
> vryheidseggo verkrummel in jou vergryp aan 'n skuilnaam. Die mensdom is nie
> gereed om a law unto themselves te wees nie en kan nie absolute vryheid
> hanteer nie - vandaar die behoefte aan begrensing, hoofsaaklik in wet en
> samelewingsnorm. Ek raai jou aan om in te loer op die filosofie groepe waar
> die kwessie van vryheid in al sy vorme gereeld en meer indringend bespreek
> word.
>
> leswin

Hello? Kan jy dalk afrikaans praat? Dit is presies waarom mense
skuilname op die net gebruik. Oor ouens soos jy wat glo dat jy altyd reg
is en ander altyd verkeerd. Johan het die fout gemaak om die nuusgroep
te beskou as 'n plek waar dinge debateer kan word. Nou weet hy van
beter. Aangaande begrensing - jy is besig om enigemand op die nuusgroep
se reg tot uitdrukking te begrens om te pas by jou norme van wat reg en
verkeerd is. Geen debatvoering - jy het sy knaters in jou hand en nou
moet hy spring. Lekker die gevoel van mag ne?

Wat is die Vryheidseggo? Jy het nou presies bewys dat daar nie so 'n
ding is nie. Dus omdat Johan sy eie naam gebruik het, beteken dit hy het
geen vryheid van spraak nie. Iemand wat 'n skuilnaamgebruik het dus
vryheid van spraak? Huh? Jy en mense soos jy wat nuusgroepe gebruik om
jou lewensuitkyk op ander af te dwing! Daarom het mense skuilname nodig
anders sal hulle spyt wees.

Ek het Logika op varsity gehdad en hulle doen almal wat jy doen - sodra
jy die redenasie begin verloor - of geen redenasie het nie - begin jy
met hoogdrawende akademiese taal. Kan jy nie sê wat jy wil sê in
normale praat Afrikaans nie?

Ter afsluiting: Ek herhaal my punt van my vorige pos: Johan het 'n
mening - jy het 'n mening - gun hom die reg om sy mening uit te spreek.
Dan kan jy dit weerle^. Maar om almal wat nie met jou saam stem nie stil
te maak is net soos die Apratheids regering gedoen het.

Cheers
Lou
Re: waarskuwing aan johan [boodskap #18605 is 'n antwoord op boodskap #18455] Di, 27 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
ferd...@icon.co.za (Ferdi ) writes: > On Fri, 23 Oct 1998 13:43:32 +0200, "Henri Burger"
> wrote:
>
> die
>> moeite werd om op te antwoord nie. Frikkie vind ek amusant, soos wat ek Jaap
>> Marais en Eugene Terreblanche amusant gevind - jy weet, Don Quichot en
>> windmeulens, en so aan.>>
>
> Henri, dis maklik om hulle te ignoreer as jy ook wit is. Probeer n
> slag die ander kant.

Dit is ook gevaarlik om, as jy wit is,
mense soos Frikkie en sy denkgenote te
ignoreer. Dit is wat meeste van die
wit mense in SA gedoen het in die middel
van die eeu en kyk waar het dit vir hulle
laat beland. Dis wat Duitsers gedurende
Hitler se tyd gedoen het, en kyk waar
het dit hulle laat beland.

Che
Re: waarskuwing aan johan [boodskap #18607 is 'n antwoord op boodskap #18455] Di, 27 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 23 Oct 1998 13:43:32 +0200, "Henri Burger" wrote:
<<>Soos ek voorheen aan Leswin gesę het, Gloudina, sommige goed is nie die
> moeite werd om op te antwoord nie. Frikkie vind ek amusant, soos wat ek Jaap
> Marais en Eugene Terreblanche amusant gevind - jy weet, Don Quichot en
> windmeulens, en so aan.>>

Henri, dis maklik om hulle te ignoreer as jy ook wit is. Probeer n
slag die ander kant.
Re: waarskuwing aan johan [boodskap #18608 is 'n antwoord op boodskap #18455] Di, 27 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...
>> wrote in message
>>> In Kanada is dieselfde toestand. Ons het ?n baie aktiewe
>>> Libertarian tradisie, en mense se reg tot vryheid van spraak is
>>> sekerlik beskerm.
>>
>>> Gloudina Bouwer
>
>
> Libertarians veg vir die uiterste vryheid
> van die individu. Hulle kom byvoorbeeld tot
> hulp van 'n onderwyser in New Brunswick wat
> in sy private lewe verklaar dat daar nie so
> 'n ding soos die holocaust was nie. Hulle
> verdedig sy reg om dit te sê, en verklaar
> dat hy nie as gevolg daarvan uit sy onderwys-
> pos geskop kan word nie. En hulle help hom
> wen.Hulle glo nie waarin hy glo nie, maar
> hulle verdedig sy reg om dinge te kan sê.
> Solank hy nie mense opstook nie.

Ah. 'n Libertariër is dus 'n liberalis wat glo dat ander mense ook dieselfde
reg tot vryheid van gewete en spraak het as wat hy vir homself opeis?
Interessant: Daar is drie partye in die bogenoemde stuk - die onderwyser,
die libertariërs, en die verteller (Gloudina).

Ironies genoeg is die libertariërs klaarblyklik die enigste van die drie
partye wat glo dat almal dieselfde reg tot vryheid van gewete en spraak
besit.

Vriendelike groete, Leendert
Re: waarskuwing aan johan [boodskap #18610 is 'n antwoord op boodskap #18455] Di, 27 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...
> e...@dot.com (Johan ) writes:
>
>
>> Terloops, ek is
>> |swart en kan jou verseker dat my buurt
> baie skoner is as ander "wit" buurte.
>>
>> Dan komplimenteer ek jou op jou Afrikaans...!
>
>
> Johan, ek het 'n spesmaas dat Leswin se
> moedertaal Afrikaans is, nes joune.

Nee, nee. Leswin se moedertaal is eintlik Engels - hy het self so gesê. (Of
was dit nou oorle Sizwe wat so gesê het - moeilik om te onderskei, hulle
skryf so dieselfde, mens sou kon dink dis dieselfde ou.)

> Daar is Afrikaans-sprekers soos onder meer
> hy en ek wat net bietjie meer akademies
> afgerond is en meer gekultiveerd is as
> 'n ou uit Suid-Afrika met hoogstens (vermoed
> ek) 'n sekere mate van tegniese rekenaars-
> agtergrond, en wat nou sy lyf hier wil kom
> rondgooi.

Oeee! Daar kom die intellektuele snobisme weer uit. So reg uit Pretoria-Oos.

Die landstreek van die seders wat so val, nie waar nie? En waar die
uitdrukking "hoe groter gees, hoe groter bees" daagliks sy betekenis
verdien.

Maar in hierdie geval is "dat beest" 'n vark, of hoe?

> Jy is nog nie eens lank op die
> kontinent nie, en jy maak al jou "konklusies"
> oor alles en nog wat en adverteer dit hier
> op die nuusgroep. Hierdie vasteland is 'n
> gekompliseerde vasteland, en dit sal jou
> dekades neem om al die nuanses van die lewe
> in die VSA te leer en te verstaan.
> Intussen dink ek jy het sielkundige hulp
> nodig vir jou kompulsie om alles af te takel
> wat jy nie met jou eie ego vereenselwig nie.
> Jy het dit in SA gedoen. Nou doen jy dit hier
> in die VSA, What next? Australia? Daar is ook
> nie heenkome vir mense soos jy nie. Onthou,
> Pauline Hanson het verloor.

Jy maak 'n fout, Gloudina, ek dink jy en Leswin en Johan pas perfek
bymekaar, en julle verdien mekaar. Saam demonstreer julle dat die emigrasie
uit SA nie net 'n verlies is nie, maar in vele opsigte ook 'n seën.

Die allervriendelikste groete, Leendert
Re: waarskuwing aan johan [boodskap #18611 is 'n antwoord op boodskap #18455] Di, 27 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 22 Oct 1998 17:07:41 +0200, "Henri Burger" wrote:
<< het gedog die gedagte polisie het saam met die ou SA gesneuwel? Wys jou
> net, hoe meer dinge verander, hoe meer bly hulle dieselfde, of hoe?>>

Henri, hoe sal jy reageer as n verwoede PAC jou herhaaldelik op erg
rassistiese wyse in die openbaar beledig?
Re: waarskuwing aan johan [boodskap #18614 is 'n antwoord op boodskap #18455] Di, 27 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...
> Tot 'n sekere mate kry ek
> dieselfde kritiek - dat my Afrikaans
> argaies is en uit die ou doos, net
> omdat ek 'n bietjie suiwerder probeer
> skryf as die deursnee rekenaars-werker.

Nee, Gloudina. Jy kry kritiek omdat jou Afrikaans inderdaad dertig jaar
gelede verstar het, en nou deurspek is met Engelse invloed.

Wil jy hê ek moet weer demonstreer wat ek bedoel?

> Nouja, op tone trap is my spesialiteit.
> Ek hou daarvan om hulle te hoor skrou.
>
> Tant Hessie van Helsdingen (as my
> skoene knyp, knyp ek terug.)

Nee. Klink eerder na Eugene de Kock. Het ok gehou van hoor hoe hulle skrou,
of so verneem ek.

Vriendelike groete, Leendert
Re: waarskuwing aan johan [boodskap #18642 is 'n antwoord op boodskap #18455] Wo, 28 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapNa vorige boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 28 Oct 1998 20:52:18 +0200, "Leendert van Oostrum" wrote:
<<>Ja. Ignoreer vir Peter Mokaba en al sy maatjies wat veel erger dinge sê as
> Marais en ET. Dis maklik as jy nie 'n keuse het (behalwe emigreer) nie.>>

Leendert dit lyk my jy is besig om hier n beginsel te formuleer wat
jou vierkantig aan leswin se kant sal plaas!
Vorige onderwerp: Re: Namibia und WanderVögeln
Volgende onderwerp: Namibia
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 16 15:05:11 MGT 2024