Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Van haatspraak gepraat:
Van haatspraak gepraat: [boodskap #18491] Do, 22 Oktober 1998 00:00 na volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Thomas Jacobs wrote in message ...

> Ek stem saam met Leswin, moet hom nie net uit die land uitfok nie, maar
> kry hom aan sy klein tril beet en knyp hom so 'n bietjie.
> Vuilgat wat hy is.
Re: Van haatspraak gepraat: [boodskap #18494 is 'n antwoord op boodskap #18491] Do, 22 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leswin Laubscher  is tans af-lyn  Leswin Laubscher
Boodskappe: 26
Geregistreer: Augustus 1998
Karma: 0
Junior Lid
Leendert van Oostrum wrote in message ...
>
> Thomas Jacobs wrote in message ...
>
>> Ek stem saam met Leswin, moet hom nie net uit die land uitfok nie, maar
>> kry hom aan sy klein tril beet en knyp hom so 'n bietjie.
>> Vuilgat wat hy is.
>

Haatspraak, binne die kader van Amerikaanse Juris Prudence, het 'n duidelik
omlynde definisie, die kern waarvan sentreer rondom opmerkings gerig op
groepe of groepslidmaatskap (tradisioneel etnies, rassig, en kultureel, maar
tans ook insluitende seksuele orientasie, ouderdom, liggaamlike
gestremdheid, en godsdiens). As sodanig is Thomas Jacobs se pos kru en
selfs obseen, maar nie haatspraak nie. Johan het siviele recourse in
reaksie op Thomas se pos (miskien crimen injuria, ek is nie 'n regsgeleerde
nie), maar nie haatspraak nie. Sou Thomas se dat "Johan, soos ander lede
van groep X, maar klein piepies het en vuilgatte is wat derhalwe uitgeroei
of aangekla moet word", kan mens 'n meer oortuigende haatspraak saak
aanvoer. Hy het egter nie.

leswin
Re: Van haatspraak gepraat: [boodskap #18556 is 'n antwoord op boodskap #18491] Sa, 24 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Leswin Laubscher wrote in message ...
>
> Leendert van Oostrum wrote in message ...
>>
>> Thomas Jacobs wrote in message ...
>>
>>> Ek stem saam met Leswin, moet hom nie net uit die land uitfok nie, maar
>>> kry hom aan sy klein tril beet en knyp hom so 'n bietjie.
>>> Vuilgat wat hy is.
>>
>
>
> Haatspraak, binne die kader van Amerikaanse Juris Prudence, het 'n duidelik
> omlynde definisie, die kern waarvan sentreer rondom opmerkings gerig op
> groepe of groepslidmaatskap (tradisioneel etnies, rassig, en kultureel, maar
> tans ook insluitende seksuele orientasie, ouderdom, liggaamlike
> gestremdheid, en godsdiens). As sodanig is Thomas Jacobs se pos kru en
> selfs obseen, maar nie haatspraak nie. Johan het siviele recourse in
> reaksie op Thomas se pos (miskien crimen injuria, ek is nie 'n regsgeleerde
> nie), maar nie haatspraak nie. Sou Thomas se dat "Johan, soos ander lede
> van groep X, maar klein piepies het en vuilgatte is wat derhalwe uitgeroei
> of aangekla moet word", kan mens 'n meer oortuigende haatspraak saak
> aanvoer. Hy het egter nie.

Jy maak 'n klomp aannames hier, wat nie korrek is nie:

1) Dat die handeling "haatspraak" wel in die Amerikaanse reg as 'n
misdryf ontwikkel is. Dit is foutief. Dit bestaan (nog) nie.
2) Dat "haatspraak" slegs op groepe gerig kan word. Daar is geen logiese
of ander rede waarom dit so moet wees nie.
3) Dat jy al die elemente van haatspraak hierbo aangee. Jy laat die baie
belangrike een uit dat haatspraak doelbewus daarop gemik moet wees om geweld
teen of ernstige benadeling van die slagoffer te veroorsaak.
4) Dat 'n individu altyd sal beskik oor regsmiddele om hom te beskerm
teen haatspraak - dit is nie waar nie - haatspraak hoef nie crimen injuria
te wees nie

So ver ek weet, is die SA grondwet die enigste een waarin haatspraak tot
dusver duidelik omskryf is, en dit word soos volg daarin weergegee:

propaganda for war;
incitement of imminent violence; or
advocacy of hatred that is based on race, ethnicity, gender or religion, and
that constitutes incitement to cause harm.

Let op die elemente wat ek hierbo weergee, en hoe hulle in die SA handves
van menseregte funksioneer.

Jy is heeltemal reg: Thomas se uitlatings is nie "haatspraak", volgense
enige bekende definisie van haatspraak nie.

Maar Johan s'n ook nie.

My plasing het die doel gehad om te demonstreer dat, as Johan se uitlatings
haatspraak daarstel, moet Thomas s'n eweneens haatspraak wees.

Soos jy self getoon het, voldoen Thomas s'n nie aan die kriteria van
haatspraak nie. Johan s'n eweneens nie.

QED

Leendert
Vorige onderwerp: Iemand in Kanada......
Volgende onderwerp: Re: Iemand in Kanada......Hulp op die Net
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 08 17:18:31 MGT 2024