Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Indiane en trots
Indiane en trots [boodskap #18435] Di, 20 Oktober 1998 00:00 na volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
Daar was toe nou die afgelope naweek effe op my rekkie gepiepie. Ek
is baie nuuskierig oor die Indiane van Amerika en wat hulle situasie
nou is.

Met ons trippie na South Dakota toe is ons toe ook na die Crazy Horse
Memorial toe - groot, groots en baie indrukwekkend. Dit "celebrate"
die groot heros van al die Rooihuide van noord-Amerika op 'n baie mooi
manier.

En in stede van Indiane wat daar werk en toeriste ontvang, is daar net
wittes en afstammelinge van die Poolse immigrant wat die beeldhouwerk
begin het. Ek kry toe eers die indruk die Indiane stel nie juis in
die monument belang nie, maar op navraag by blankes sowel as die
Indiane en half-Indiane wat ek ken, moes ek toe hoor hulle is baie
entoesiasties oor die monument, en dat hulle jaarliks 'n groot
saamtrek daar het.

Maar hulle wil nie die werk daar doen nie - blykbaar netsoos by die
Casinos wat vir die rooihuid stamme geld verdien. Hulle werk nie eers
self daar nie. Klink vir my hulle is maar baie lui. Soos die een ou
van Noord Dakota vir my gesê het:" Our people are only interested in
hunting and drinking - why should we work?".

Johan

Vat dit rustig, dan geniet jy die lewe meer ....!
Re: Indiane en trots [boodskap #18436 is 'n antwoord op boodskap #18435] Di, 20 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...

> Onthou wat
> David Kramer gesê het: julle gaan kak
> daarbo, want Heaven is a racially mixed
> affair.

Eerwaarde Chauke vertel die storie van die Swart evangelis op reis saam met
'n Wit evangelis. Wit moes op pad 'n boodskap doen by 'n bekende wit
Kafferhater.

Swart bly sit in die motor en Wit gaan doen die boodskap. Kafferhater
vergesel Wit na buite en kom praat met Swart:

"Is jy 'n Christen?"
"Ja baas."
"Gaan jy hemel toe?"
"Ja baas."
"Dan gaan ek liewer hel toe."
"Dis goed, baas. Daar's baie van ons mense daar."
Re: Indiane en trots [boodskap #18437 is 'n antwoord op boodskap #18435] Di, 20 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
e...@dot.com (Johan ) writes:

> Maar hulle wil nie die werk daar doen nie - blykbaar netsoos by die
> Casinos wat vir die rooihuid stamme geld verdien. Hulle werk nie eers
> self daar nie. Klink vir my hulle is maar baie lui. Soos die een ou
> van Noord Dakota vir my gesê het:" Our people are only interested in
> hunting and drinking - why should we work?".

Sies, Johan, gaan jy van kontinent tot
kontinent en kritiseer die mense wat
nie jou ou wit ou velletjie het nie.
Kan jy niks anders doen as om rassisties
te dink en dit hier op die nuusgroep te
kom uitblaker nie. En wie is jy om vir
die oorspronklike inwoners van die plek
waar jy nou bly te sê wat hulle met hulle
tyd moet doen? Nou die dag was dit die
Pennsylvania Dutch wat onder jou tong
deurgeloop het. 'n Ruk gelede die swart
mense in Chicago. Wonder of jy ooit in
die hemel gelukkig gaan wees. Onthou wat
David Kramer gesê het: julle gaan kak
daarbo, want Heaven is a racially mixed
affair.

'n houyhnhnm
Re: Indiane en trots [boodskap #18480 is 'n antwoord op boodskap #18435] Wo, 21 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 20 Oct 1998 03:02:35 GMT, wrote:

| Sies, Johan, gaan jy van kontinent tot
| kontinent en kritiseer die mense wat
| nie jou ou wit ou velletjie het nie.

Nee, nie soos jy dit stel nie....

Ek sal jou sê hier is baie Afro-Americans in Amerika wat witter velle
as ek het! Dis jy, Gloudina, wat nou al weer kleur hierby wil trek.
Vir my gaan my kommentaar bloot oor 'n volk, apart van die
tradisionele wit Europeer.

| Kan jy niks anders doen as om rassisties
| te dink en dit hier op die nuusgroep te
| kom uitblaker nie.

Ja ek kan en doen dit gereeld, maar jy weier botweg om dit raak te
sien - die probleem lê by jou en nie by my nie.

Dit lyk ook volgens jou reaksie asof jy soos gewoonlik heeltemaal
blind is vir enige fout van enige volk wat nie jou Europese agtergrond
deel nie. Sies man!

| En wie is jy om vir
| die oorspronklike inwoners van die plek
| waar jy nou bly te sê wat hulle met hulle
| tyd moet doen?

Jy het seker nooit begripstoetse geslaag nie - ek skryf aan niemand
voor nie - ek het bloot opgemerk hoe teleurgesteld ek was in my
verwagting dat die Indiane dfarem iets vir hulleself sal doen. Watse
hangups het jy om so te verdedig teen beskuldigings wat nie eers
bestaan nie????

| Nou die dag was dit die
| Pennsylvania Dutch wat onder jou tong
| deurgeloop het.

Kry vir jou 'n groter pot - die een wat jy het, sit jy alweer
horribaal mis! Ek was nog nooit in Pennsylvania nie en weet niks van
daardie mense af nie.

| 'n Ruk gelede die swart
| mense in Chicago.

Ek was weer twee weke gelede deur Chicago - gaan kyk maar, waar die
swartes rond hang, is dit vuil, waar daar oorwegend wit mense is, is
dit skoon - blote observasie!

| Wonder of jy ooit in
| die hemel gelukkig gaan wees. Onthou wat
| David Kramer gesê het: julle gaan kak
| daarbo, want Heaven is a racially mixed
| affair.

Ek dink hierdie opmerking van jou is onvanpas, maar ek sal in elk
geval antwoord: Ek het niks teen swart mense nie, maar ek is nie
blind vir hulle foute as 'n groep nie. Ek is ook nie bereid om
daaroor stil te bly nie, netsoos ek nie stilbly oor die Afrikaner se
kleinlikheid, hardkoppigheid en nyging om laer te trek nie.

Van die Christene wat ek die meeste bewonder is nie wit nie en is nie
Afrikaners nie - Christenskap het niks met kleur te doen nie.

So, ou tante, as jou saak met God reg is en jy kom in die hemel, SAL
jy gelukkig wees, ongeag saam wie jy daar is, al is dit ook ek of 'n
span rassiste, daar sal dit nie saakmaak nie. Moenie daaroor stress
nie, Gloudina.

Johan

Vat dit rustig, dan geniet jy die lewe meer ....!
Re: Indiane en trots [boodskap #18481 is 'n antwoord op boodskap #18435] Wo, 21 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskap
Leswin Laubscher  is tans af-lyn  Leswin Laubscher
Boodskappe: 26
Geregistreer: Augustus 1998
Karma: 0
Junior Lid
Johan wrote in message ...
> On 20 Oct 1998 03:02:35 GMT, wrote:
>

> Ek was weer twee weke gelede deur Chicago - gaan kyk maar, waar die
> swartes rond hang, is dit vuil, waar daar oorwegend wit mense is, is
> dit skoon - blote observasie!

Ek is sedert 1991 woonagtig in Chicago en het geleentheid gehad (beide as
gevolg van werk en belangstelling) om hierdie stad en sy woonbuurte te
deurkruis. Ek weet nie watter Chicago jy besoek het nie (in twee dae,
nogal), maar dit is nie die een waarin ek leef en werk nie. Terloops, ek is
swart en kan jou verseker dat my buurt baie skoner is as ander "wit" buurte.
Voorts, woonareas soos Flosmoore, Homewood, Evanston, Oak Park, waar groot
getalle swart mense bly (en selfs die meerderheid vorm) is beduidend skoner
as ander "wit" woonbuurte in die staalgordel suid van Chicago (was jy in
enige van hierdie woonbuurte?). Bes moontlik verwar jy sosio-ekonomiese
klas met ras en, tipies van jou, maak jy attribusies ten opsigte van ras ten
einde jou perspektief te valideer. Dan kan jy loop en praat van "blote
observasie" asof dit feit is. laat my weet wanneer jy weer in Chicago is en
ek kan jou verwys na die vuilste "wit" woonbuurte, en dan uitsien na jou
verduideliking van daardie verskynsel.

leswin
Re: Indiane en trots [boodskap #18482 is 'n antwoord op boodskap #18435] Wo, 21 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskap
Leswin Laubscher  is tans af-lyn  Leswin Laubscher
Boodskappe: 26
Geregistreer: Augustus 1998
Karma: 0
Junior Lid
Johan wrote in message ...

> Maar hulle wil nie die werk daar doen nie - blykbaar netsoos by die
> Casinos wat vir die rooihuid stamme geld verdien. Hulle werk nie eers
> self daar nie. Klink vir my hulle is maar baie lui. Soos die een ou
> van Noord Dakota vir my gesê het:" Our people are only interested in
> hunting and drinking - why should we work?".
>

Hy besoek een toeriste-attraksie, maak 'n observasie, hoor 'n terloopse
opmerking, en brandmerk 'n hele groep as lui en dronk. Watter sotterny.

Hierdie is dieselfde persoon wat praat oor wat jesus sou doen. Miskien
behoort jy meer aandag te skenk aan die toekoms - wat Jesus GAAN doen as jy
voortgaan met jou rassistiese en neerhalende agenda. Hoop jy kan die vlamme
aan jou bas voel en die drietong-vurk tussen jou skouerblaaie.

Loop spandeer tyd op die Sioux reservaat, of enige ander, leer die mense
ken, win begrip in oor hul geskiedenis, kultuur, en lewenssiening. Jy sal
veel meer leer as vanuit 'n artifak-gebonde "nuuskierigheid" wat 'n
paternalistiese en naiewe rassige antropologie maskeer.

leswin
Vorige onderwerp: Braaivleis of BBQ
Volgende onderwerp: 10 Beweegredes
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 28 23:30:02 MGT 2024