Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Tien redes
Tien redes [boodskap #18412 is 'n antwoord op boodskap #18417] Ma, 19 Oktober 1998 00:00 na volgende boodskap
Kobus Pietersen  is tans af-lyn  Kobus Pietersen
Boodskappe: 358
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Senior Lid
Hier is Finacial Mail lesers se 10 redes waarom SA die beste land ter wêreld
is.
Ek veronderstel dat nie Bruce, Sheila, Sam, Jerry, Charlie, Kaaskop of
Pommie sulke redes kan (of wil) opnoem oor hul nuwe lande nie.

1 Daar is altyd iemand met 'n groter bierboepens as joune.
2 Jy kan gedroogde wurms of half droë vleis eet sonder dat iemand snaaks
dink.
3 Niks is jou fout nie, blameer dit net op die verlede.
4 Ongekende werksvooruitsigte vir die wat nie opgesaal is met opleiding,
kundigheid of ondervinding nie.
5 Waar anders kan 'n president staatsfunksies bywoon in sy pajama hempies?
6 Dit is die oorsprong van die wêreld se mees belangrike uitvindings, soos
Kreepy Krawly ... en ... um ...
7 Jy kan swak diens in elf tale ondervind .
8 Mens kry lemoene met 40% alkohol in. (veral by rugby wedstryde)
9 Dit is die enigste land ter wêreld waar mense dans om te wys hoe kwaad
hulle is.
10 Die polisie was al baie keer eerste op 'n misdaad toneel. (Sonder dat
iemand
hulle geroep het)

Bonus
11 Jy hoef nie meer met die bure te kompeteer nie. (Hulle het ge-emmigreer)

Ja, toemaar. Net grappies.
Re: Tien redes [boodskap #18413 is 'n antwoord op boodskap #18412] Ma, 19 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Thorsten Müller  is tans af-lyn  Thorsten Müller
Boodskappe: 103
Geregistreer: Julie 1998
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote:
>
> Kanada (veral die vroue) trek al hulle
> klere uit en protesteer poedelnakend.

Hehehe... daarom hou ek so baie van Afrikaans. Dit is die eerste keer dat ek
die woord "poedelnakend" lees, en dit is klaarblyklik dat dit met die Duitse
(meer of minder dialek-) woord "pudelnackig" verwant is. Fantasties! Dit is
snaaks om uit te vind dat sulke woorde nie alleen in my moedertaal gebruik
word nie.

Groete, :-)

Thorsten
Re: Tien redes [boodskap #18414 is 'n antwoord op boodskap #18412] Ma, 19 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kobus Pietersen  is tans af-lyn  Kobus Pietersen
Boodskappe: 358
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...
> "Kobus Pietersen" writes:
>
>
>> 9 Dit is die enigste land ter wêreld waar mense dans om te wys hoe kwaad
>> hulle is.
>
>
> Dit vat nog nie koek by wat ons hier
> in Kanada doen nie. Die afstammelinge
> van die Doukhobors in die Weste van
> Kanada (veral die vroue) trek al hulle
> klere uit en protesteer poedelnakend.
>
> Gloudina

dit vat die koek, so maak hulle kwaad antie, maak hulle kwaad.....

> Ja, toemaar. Net grappies.
Re: Tien redes [boodskap #18415 is 'n antwoord op boodskap #18412] Ma, 19 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Uilsp...  is tans af-lyn  Uilsp...
Boodskappe: 7
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Junior Lid
On 19 Oct 1998 14:23:36 GMT, wrote:

> "Kobus Pietersen" writes:
>
>
>> 9 Dit is die enigste land ter wêreld waar mense dans om te wys hoe kwaad
>> hulle is.
>
>
> Dit vat nog nie koek by wat ons hier
> in Kanada doen nie. Die afstammelinge
> van die Doukhobors in die Weste van
> Kanada (veral die vroue) trek al hulle
> klere uit en protesteer poedelnakend.
>
> Gloudina
------------------------------------------------------------ ---------------
Wel ek is seker hulle kry genoeg aandag!
Re: Tien redes [boodskap #18416 is 'n antwoord op boodskap #18412] Ma, 19 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Michael E Willett  is tans af-lyn  Michael E Willett
Boodskappe: 182
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 19 Oct 1998 14:23:36 GMT, had the following to say:

| Dit vat nog nie koek by wat ons hier
| in Kanada doen nie. Die afstammelinge
| van die Doukhobors in die Weste van
| Kanada (veral die vroue) trek al hulle
| klere uit en protesteer poedelnakend.
|
Op 'n toer deur Frankryk het ek gesien hoe 'n klomp Franse hulle rug
op 'n toerbus draai en hulle broeke aftrek.....

...goodbye en good luck,
Simon
Re: Tien redes [boodskap #18417 is 'n antwoord op boodskap #18412] Ma, 19 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Kobus Pietersen" writes:

> 9 Dit is die enigste land ter wêreld waar mense dans om te wys hoe kwaad
> hulle is.

Dit vat nog nie koek by wat ons hier
in Kanada doen nie. Die afstammelinge
van die Doukhobors in die Weste van
Kanada (veral die vroue) trek al hulle
klere uit en protesteer poedelnakend.

Gloudina
Re: Tien redes [boodskap #18418 is 'n antwoord op boodskap #18417] Ma, 19 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Kobus Pietersen:

> Hier is Finacial Mail lesers se 10 redes waarom SA die beste land ter wêreld
> is.

12. Dinge is voorspelbaar. As 'n taxi teen 'n blinde hoogte by jou verby
jaag, weet jy hy gaan anderkant die bult in die middel van die pad stop om
'n passasier op te laai.

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is nie vir Sissies nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Re: Tien redes [boodskap #18438 is 'n antwoord op boodskap #18417] Di, 20 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
Kobus Pietersen wrote:
>
> Hier is Finacial Mail lesers se 10 redes waarom SA die beste land ter wêreld

> Bonus
> 11 Jy hoef nie meer met die bure te kompeteer nie. (Hulle het ge-emmigreer)
>
> Ja, toemaar. Net grappies.

12 As jy twee keer jou standerd dop word jy gepromofeer na die volgende
standerd.
Re: Tien redes [boodskap #18439 is 'n antwoord op boodskap #18417] Di, 20 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kobus Pietersen  is tans af-lyn  Kobus Pietersen
Boodskappe: 358
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...
> Ons grootste struikelblokke is meestal teen
> die onkunde van ons makkers op die gebied
> van die taal. Miskien moet ons sommige
> van hulle voor die taalpeleton sit.

En met spek skiet ?
Re: Tien redes [boodskap #18440 is 'n antwoord op boodskap #18417] Di, 20 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina spel alweer haar naam g-a-t:

@igs.net wrote in message ...
> "Leendert van Oostrum" writes: >
>
>>>
>>> Nee, Lou, om te "promoveer" beteken
>>> gewoonlik dat jy "graduate", en
>>> dan ook gewoonlik vir 'n doktorale
>>> graad. Vir "promote" in Engels as
>>> jy van die grade in die skool praat.
>>> probeer "oorsit" of "bevorder."
>>
>>
>> Nee, Gloudina. In Afrikaans gebruik ons "promoveer" ook om aan te dui dat
>> iemand bevorder word sonder om aan die gewone vereistes vir bevordering te
>> voldoen.
>>
>> Dit, Lyk dit my, is hoe Lou dit hier gebruik het.
>
>
>
> Wel, ou Leendert, ek sal graag vir jou
> wil glo, maar kan jy asseblief vir my
> 'n stukkie aanhaal uit 'n Afrikaanse
> koerant waar hierdie "promoveer" so
> gebruik word. Net sodat ek kan sien dat
> dit offisieel so gebruik word.

Tjk..tjk...tjk. En van wanneer af is Afrikaanse koerante die gesaghebbende
leksikograwe van Afrikaans, Gloudina? Of dink jy dis so nuut dat die
woordeboekmakers nog nie daarvan sou kennisneem nie. Nee, wat, ou vlymtong,
as jy jouself wil voorhou as die arbiter oor Afrikaanse woorde moet jy maar
gou vir jou 'n bestelling plaas vir 'n HAT.

> Dit sal
> jammer wees, as hulle die woord "promoveer"
> vir twee sulke teenoorgestelde aktiwiteite
> gebruik. Wie besluit deesdae watter woorde
> vir wat gebruik kan word?

Wel, in jou vorige berig het jy die indruk geskep dat dit jy is.

> Ek wonder of
> dit in Nederlands die geval is dat hulle
> "promoveer" gebruik vir 'n Graad 2 kind
> wat na Graad 3 oorgesit word sonder om aan
> die gewone vereistes vir bevordering te
> voldoen?

Nie volgens Van Dale nie. Maar gelukkig hoef ons nie die Nederlandse
taalkommissie se toestemming te vra om ons eie taal te gebruik nie, nie waar
nie?

En ja. Ek is self in 'n TOD skool van std 6 na std 7 en van std 7 na std 8
ge-"promoveer". Dit het in sommige "projekskole" gebeur as jou jaarpunt
besonder goed was, dat jy "gepromoveer" het sonder om die gebruiklike
eksamen saam met die ander leerlinge te skryf.

Stellenbosch het 'n soortgelyke stelsel gehad vir voorgraadse studente. In
totaal het ek ten minste vier maal ge-"promoveer" voordat ek my eerste graad
verwerf het - in die terminologie van die TOD en US. Maar miskien is dit nie
vir jou "offisieel" genoeg nie? Kry maar vir jou die HAT.

Soos Lou uitwys, kry ons nou weer hierdie gebruik - dis net die kriterium
wat verander het (na die teenoorgestelde).

Vriendelike groete, Leendert
Re: Tien redes [boodskap #18441 is 'n antwoord op boodskap #18417] Di, 20 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Thorsten Müller  is tans af-lyn  Thorsten Müller
Boodskappe: 103
Geregistreer: Julie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Simon wrote:
>
> Thorsten, wat beteken die "pudel" in pudelnackig?

'n Goeie vraag...

Ek het nageslaan, die korrekte hoogduitse woord (hmmm... ek dag dit sou net 'n
dialek-woord wees) is "pudelnackt".

Pudel = engl. "poodle" (dog)

Daar is ook ander "pudel"-woorde soos bv. "pudelnass" (nass=nat) en
"pudelwohl" (sich pudelwohl fühlen = feel great).

Thorsten
Re: Tien redes [boodskap #18442 is 'n antwoord op boodskap #18417] Di, 20 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
Leendert van Oostrum wrote:
>
> @igs.net wrote in message ...
>> lou writes: > lou wrote:
>>
>>
>>>> 12 As jy twee keer jou standerd dop word jy gepromofeer na die volgende
>>>> standerd.
>>>
>>> promoveer?
>>
>>
>> Nee, Lou, om te "promoveer" beteken
>> gewoonlik dat jy "graduate", en
>> dan ook gewoonlik vir 'n doktorale
>> graad. Vir "promote" in Engels as
>> jy van die grade in die skool praat.
>> probeer "oorsit" of "bevorder."
>
> Nee, Gloudina. In Afrikaans gebruik ons "promoveer" ook om aan te dui dat
> iemand bevorder word sonder om aan die gewone vereistes vir bevordering te
> voldoen.
>
> Dit, Lyk dit my, is hoe Lou dit hier gebruik het.
>
> Dit is dan ook 'n voorbeeld van hoe 'n "anglisisme" in der waarheid hoogs
> funksioneel is, en Afrikaans in hierdie opsig 'n ryker
> uitdrukkingsmoontlikheid gee as Engels.
>
>>
>> Die tannie van die taalkomitee van die
>> Derde Boerestaat wat sukkel om tot stand
>> te kom na die Derde Vryheidsoorlog. Ons
>> grootste struikelblokke is meestal teen
>> die onkunde van ons makkers op die gebied
>> van die taal. Miskien moet ons sommige
>> van hulle voor die taalpeleton sit.
>
> Nee. Jou grootste struikelblok is klaarblyklik jou eie onkunde, nie net
> aangaande die taal nie. En jou hardnekkige onkunde aangaande jou eie
> onkunde.
>
> Vriendelike groete, Leendert

And wiv dat I rest my kys djour honor. Sjym gloudina en jy het op
Skellembosch geswot en ek onthou in my dae was ons heel jaloers op
sommige van ons matters daar wat hulle vakke gepromoveer het. Dit terwyl
ons steeds moes gaan eksamen skryf.

Miskien moet die anti van die Derde Boeroolog Kappie Kommando eers haar
kanon laai voordat sy sommer blindelings begin skeit ag ek meen skiet.
Maar so is dit mos maar altyd - die beste stuurman (dis nou die een van
die taalkomitee) staan aan wal - al is die wal ook nou in Kanada.

Cheers
Lou
Re: Tien redes [boodskap #18443 is 'n antwoord op boodskap #18417] Di, 20 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
lou writes: > lou wrote:

>> 12 As jy twee keer jou standerd dop word jy gepromofeer na die volgende
>> standerd.
>
> promoveer?


Nee, Lou, om te "promoveer" beteken
gewoonlik dat jy "graduate", en
dan ook gewoonlik vir 'n doktorale
graad. Vir "promote" in Engels as
jy van die grade in die skool praat.
probeer "oorsit" of "bevorder."

Die tannie van die taalkomitee van die
Derde Boerestaat wat sukkel om tot stand
te kom na die Derde Vryheidsoorlog. Ons
grootste struikelblokke is meestal teen
die onkunde van ons makkers op die gebied
van die taal. Miskien moet ons sommige
van hulle voor die taalpeleton sit.
Re: Tien redes [boodskap #18444 is 'n antwoord op boodskap #18417] Di, 20 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
lou wrote:
>
> Kobus Pietersen wrote:
>>
>> Hier is Finacial Mail lesers se 10 redes waarom SA die beste land ter wêreld
>
>> Bonus
>> 11 Jy hoef nie meer met die bure te kompeteer nie. (Hulle het ge-emmigreer)
>>
>> Ja, toemaar. Net grappies.
>
> 12 As jy twee keer jou standerd dop word jy gepromofeer na die volgende
> standerd.

promoveer?
Re: Tien redes [boodskap #18445 is 'n antwoord op boodskap #18417] Di, 20 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Michael E Willett  is tans af-lyn  Michael E Willett
Boodskappe: 182
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 19 Oct 1998 21:40:49 +0200, "Thorsten Müller"
had the following to say:

|die woord "poedelnakend" lees, en dit is klaarblyklik dat dit met die Duitse
|(meer of minder dialek-) woord "pudelnackig" verwant is.
|
Thorsten, wat beteken die "pudel" in pudelnackig?

...goodbye en good luck,
Simon
Re: Tien redes [boodskap #18446 is 'n antwoord op boodskap #18417] Di, 20 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Michael E Willett  is tans af-lyn  Michael E Willett
Boodskappe: 182
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 20 Oct 1998 13:40:11 GMT, had the following to say:
| Terloops, dit is vir my verbasend dat ek
| vanoggend bostaande gepos het, en minder
| as twee uur daarna is jou antwoord hier
| vir my om te lees. Somtyds werk die ou
| internet soos 'n vetgesmeerde blits. Maar
| ons aansluiting (diensverskaffer?)-probleme
| duur voort. Vanoggend toe ek die eerste
| keer kyk, is al die vorige poste van gister
| weg in die ruimte in, en bo-aan is daar
| allerhande poste uit ander nuusgroepe. Het
| ander (behalwe Hilda) ook sulke probleme?
Gloudina, jy kan gerus Free Agent probeer gebruik (beskikbaar gratis
by Tucows)
Ek het suspisie dat jou nuusgroepleser program jou beperkte
beweegruimte bied...?

...goodbye en good luck,
Simon
Re: Tien redes [boodskap #18447 is 'n antwoord op boodskap #18417] Di, 20 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur Hagen  is tans af-lyn  Arthur Hagen
Boodskappe: 559
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina heeft geschreven...
>
>>> Nee, Lou, om te "promoveer" beteken
>>> gewoonlik dat jy "graduate", en
>>> dan ook gewoonlik vir 'n doktorale
>>> graad. Vir "promote" in Engels as
>>> jy van die grade in die skool praat.
>>> probeer "oorsit" of "bevorder."
>>

Idem in Nederland, je studeert af aan een universiteit en als je succesvol
verder studeert kun je promoveren (je "gaat" dan voor je doctoraal) en krijg
je ook nog "dr." voor je naam.

>>
>> Nee, Gloudina. In Afrikaans gebruik ons "promoveer" ook om aan te dui dat
>> iemand bevorder word sonder om aan die gewone vereistes vir bevordering te
>> voldoen.
>>
>> Dit, Lyk dit my, is hoe Lou dit hier gebruik het.
>
> Wel, ou Leendert, ek sal graag vir jou
> wil glo, maar kan jy asseblief vir my
> 'n stukkie aanhaal uit 'n Afrikaanse
> koerant waar hierdie "promoveer" so
> gebruik word. Net sodat ek kan sien dat
> dit offisieel so gebruik word.

Zo werkt een taal niet. Op die manier zou je ook een flink deel van mijn
taalgebruik kunnen afkeuren. De geschreven taal volgt de gesproken taal.

> Dit sal
> jammer wees, as hulle die woord "promoveer"
> vir twee sulke teenoorgestelde aktiwiteite
> gebruik. Wie besluit deesdae watter woorde
> vir wat gebruik kan word? Ek wonder of
> dit in Nederlands die geval is dat hulle
> "promoveer" gebruik vir 'n Graad 2 kind
> wat na Graad 3 oorgesit word sonder om aan
> die gewone vereistes vir bevordering te
> voldoen?
>

Niet dat ik weet, maar mijn schooltijd zit er al weer even op en ik heb geen
ervaring met eigen kinderen op school. Op de lagere en middelbare school ga
je over (of blijf je zitten, als je niet goed je best doet). Volgens mij is
het ook niet zo gebruikelijk om kinderen te "promoveren" in de betekenis
zoals Leendert en Lou bedoelen (ik vind het zelf geen slechte vondst,
prachtig gebruik van het woord).

Groeten,
Arthur
Re: Tien redes [boodskap #18448 is 'n antwoord op boodskap #18417] Di, 20 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Leendert van Oostrum" writes: >

>>
>> Nee, Lou, om te "promoveer" beteken
>> gewoonlik dat jy "graduate", en
>> dan ook gewoonlik vir 'n doktorale
>> graad. Vir "promote" in Engels as
>> jy van die grade in die skool praat.
>> probeer "oorsit" of "bevorder."
>
>
> Nee, Gloudina. In Afrikaans gebruik ons "promoveer" ook om aan te dui dat
> iemand bevorder word sonder om aan die gewone vereistes vir bevordering te
> voldoen.
>
> Dit, Lyk dit my, is hoe Lou dit hier gebruik het.

Wel, ou Leendert, ek sal graag vir jou
wil glo, maar kan jy asseblief vir my
'n stukkie aanhaal uit 'n Afrikaanse
koerant waar hierdie "promoveer" so
gebruik word. Net sodat ek kan sien dat
dit offisieel so gebruik word. Dit sal
jammer wees, as hulle die woord "promoveer"
vir twee sulke teenoorgestelde aktiwiteite
gebruik. Wie besluit deesdae watter woorde
vir wat gebruik kan word? Ek wonder of
dit in Nederlands die geval is dat hulle
"promoveer" gebruik vir 'n Graad 2 kind
wat na Graad 3 oorgesit word sonder om aan
die gewone vereistes vir bevordering te
voldoen?

Gloudina
Re: Tien redes [boodskap #18449 is 'n antwoord op boodskap #18417] Di, 20 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Kobus Pietersen" writes: >

> @igs.net wrote in message
>> Ons grootste struikelblokke is meestal teen
>> die onkunde van ons makkers op die gebied
>> van die taal. Miskien moet ons sommige
>> van hulle voor die taalpeleton sit.
>
> En met spek skiet ?

Kobus, my ding, ek hou van jou.Ek sal jou
uitnooi as een van die skieters in die
spekpeleton.


Terloops, dit is vir my verbasend dat ek
vanoggend bostaande gepos het, en minder
as twee uur daarna is jou antwoord hier
vir my om te lees. Somtyds werk die ou
internet soos 'n vetgesmeerde blits. Maar
ons aansluiting (diensverskaffer?)-probleme
duur voort. Vanoggend toe ek die eerste
keer kyk, is al die vorige poste van gister
weg in die ruimte in, en bo-aan is daar
allerhande poste uit ander nuusgroepe. Het
ander (behalwe Hilda) ook sulke probleme?

Gloudina
Re: Tien redes [boodskap #18450 is 'n antwoord op boodskap #18417] Di, 20 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kobus Pietersen  is tans af-lyn  Kobus Pietersen
Boodskappe: 358
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...
> Kobus, my ding, ek hou van jou.

ek ook
Re: Tien redes [boodskap #18451 is 'n antwoord op boodskap #18417] Di, 20 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Michael E Willett  is tans af-lyn  Michael E Willett
Boodskappe: 182
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 20 Oct 1998 15:03:45 GMT, had the following to say:

| wil glo, maar kan jy asseblief vir my
| 'n stukkie aanhaal uit 'n Afrikaanse
| koerant waar hierdie "promoveer" so
| gebruik word. Net sodat ek kan sien dat
| dit offisieel so gebruik word.

Ek het groot wantroue om die koerant te gebruik om die amptelikheid
van 'n taalkwessie te bepaal! Ouens soos Ferdi skryf daarin - en hy
kan nie eers mooi 'n redenasie gooi nie, wat nog 'n suiwer taalgebruik
handhaaf.

Vir my persoonlik is die offiesiele taal die een wat die algemeenste
gepraat word.

...goodbye en good luck,
Simon
Re: Tien redes [boodskap #18452 is 'n antwoord op boodskap #18417] Di, 20 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gideon  is tans af-lyn  Gideon
Boodskappe: 194
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
wrote:

>
> Die tannie van die taalkomitee van die
> Derde Boerestaat wat sukkel om tot stand
> te kom na die Derde Vryheidsoorlog. Ons
> grootste struikelblokke is meestal teen
> die onkunde van ons makkers op die gebied
> van die taal. Miskien moet ons sommige
> van hulle voor die taalpeleton sit.
>

O ja, en hul dan peper met byvoeglike naamwoorde tot hul uiteindelik instem
om die Afrikaanse vertaling van die Illiad deur te lees van die een kant tot
die ander. As dit hul nog nie lei tot insig nie, kan ons hul forseer om al
die "moet lees" boeke van André P Brink, Etienne le Roux, Elsa Joubert van
hul boekerak af te haal en dit te lees instede dat dit net daar is sodat hul
gekultiveerde vriende kan sien dat hulle in die kringe van die intellektuele
elite beweeg. As dit nog steeds faal kan hul aan 'n totempaal met maskers van
Totius, Eugene Marais en Adam Small en hul gedigte laat leer (komplimete van
S.C.S-A.A en igs) totdat hule totaal ontonkundifiseer is.

>

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Re: Tien redes [boodskap #18483 is 'n antwoord op boodskap #18417] Wo, 21 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur Hagen  is tans af-lyn  Arthur Hagen
Boodskappe: 559
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Thorsten Müller heeft geschreven...
> Simon wrote:
>>
>> Thorsten, wat beteken die "pudel" in pudelnackig?
>
> 'n Goeie vraag...
>
> Ek het nageslaan, die korrekte hoogduitse woord (hmmm... ek dag dit sou net 'n
> dialek-woord wees) is "pudelnackt".
>
> Pudel = engl. "poodle" (dog)
>
> Daar is ook ander "pudel"-woorde soos bv. "pudelnass" (nass=nat) en
> "pudelwohl" (sich pudelwohl fühlen = feel great).
>

Ik ging er eigenlijk vanuit dat poedelnaakt wel iets met "poedelen" van doen
had. "Poedelen" betekent zoiets als "je lekker op je gemak wassen", of " 'n
beetje rondplassen in het water". De naam voor een klein plasje (vijvertje)
is ook wel "poel" of "poeltje" en in het Engels is er ook zoiets als een
"pool" of "puddle". Misschien een verband? Zijn er in het Duits misschien
ook dergelijke woorden?

Groeten,
Arthur
Re: Tien redes [boodskap #18484 is 'n antwoord op boodskap #18417] Wo, 21 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
m...@here.com (Simon) writes:

> Gloudina, jy kan gerus Free Agent probeer gebruik (beskikbaar gratis
> by Tucows)
> Ek het suspisie dat jou nuusgroepleser program jou beperkte
> beweegruimte bied...?

Ons het wel Free Agent op ons rekenaar,
maar ek het nooit daarvan gehou die ruk
wat ons dit gebruik het nie. Ek het nou
uitgevind dat die moeilikheid wel hier
by ons bediener l^e, Hulle het onlangs
op groot skaal nuwe aansluitings gemaak,
en erens het dinge verkeerd gegaan. Dis
nou maar soos die famous North American
efficiency werk. Soos die anderdag toe
ons na Mandela gaan luister het by die
Goewerneur-Generaal se woning. Jy hoor
hom net so elke vyf minute vir 'n sekonde.
Dan gaan skop een ou daar van die drade
in die gras en dan werk dit vir 'n paar
minute en dan is dit weer dood.

So as ek nie geantwoord het as iemand my
spesiaal intensief uitgekryt het die afgelope
tyd nie, maak ek verskoning. Ek sal hopelik
terug wees met my snipperige snater een van
die mooi dae. Sodra die manne hier by IGS
hulleself kan regruk.

Gloudina
Re: Tien redes [boodskap #18485 is 'n antwoord op boodskap #18417] Wo, 21 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 20 Oct 1998 18:55:58 +0200, "Thorsten Müller"
wrote:
|Ek het nageslaan, die korrekte hoogduitse woord (hmmm... ek dag dit sou net 'n
|dialek-woord wees) is "pudelnackt".
|
|Pudel = engl. "poodle" (dog)
|
|Daar is ook ander "pudel"-woorde soos bv. "pudelnass" (nass=nat) en
|"pudelwohl" (sich pudelwohl fühlen = feel great).
|
Dis baie interesant - my ma het 'n poedel in SA en die hond is
vreeslik lief vir water! Peodelnat maak dus sin - snaaks dat ons dit
nie ook in Afr oorgeneem het nie.

Johan

Vat dit rustig, dan geniet jy die lewe meer ....!
Re: Tien redes [boodskap #18486 is 'n antwoord op boodskap #18417] Wo, 21 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Thorsten Müller  is tans af-lyn  Thorsten Müller
Boodskappe: 103
Geregistreer: Julie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Arthur Hagen wrote:
>
> Ik ging er eigenlijk vanuit dat poedelnaakt wel iets met "poedelen" van doen
> had. "Poedelen" betekent zoiets als "je lekker op je gemak wassen", of " 'n
> beetje rondplassen in het water". De naam voor een klein plasje (vijvertje)
> is ook wel "poel" of "poeltje" en in het Engels is er ook zoiets als een
> "pool" of "puddle". Misschien een verband? Zijn er in het Duits misschien
> ook dergelijke woorden?

In Duits het ons ook die spreekwoord "er sieht aus wie ein begossener Pudel",
jy kan dit seker verstaan [ek het jou plasings in alt.usage.german gesien :) ].

My Afrikaans is nie goed genoeg om dit direk te kan vertaal, 'n Engelse
vertaling daarvan is "he looks like a soaked poodle". Ek kon dus voorstel dat
"pudelnass" wel met die hondjie te doen het, soos ook "pudelnackt" (dink aan
'n poedel wat geskeer word).

Die enigste Duitse woord wat ek kan onthou in verbinding met jou Nederlandse
voorbeelde is die dialekwoord "Puddel". Dit beteken "vuil water" of eerder
"miswater" (??? - hoop die woord is verstaanbaar in Afrikaans - 'n eie konstruksie).

Groete,

Thorsten

PS: "Je lekker op je gemak wassen"? Ist "gemak" etwa das, was man im Deutschen
unter anderem als "das Gemächt" bezeichnet? Lustig...
Re: Tien redes [boodskap #18487 is 'n antwoord op boodskap #18417] Wo, 21 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...
> lou writes: > lou wrote:
>
>
>>> 12 As jy twee keer jou standerd dop word jy gepromofeer na die volgende
>>> standerd.
>>
>> promoveer?
>
>
> Nee, Lou, om te "promoveer" beteken
> gewoonlik dat jy "graduate", en
> dan ook gewoonlik vir 'n doktorale
> graad. Vir "promote" in Engels as
> jy van die grade in die skool praat.
> probeer "oorsit" of "bevorder."

Nee, Gloudina. In Afrikaans gebruik ons "promoveer" ook om aan te dui dat
iemand bevorder word sonder om aan die gewone vereistes vir bevordering te
voldoen.

Dit, Lyk dit my, is hoe Lou dit hier gebruik het.

Dit is dan ook 'n voorbeeld van hoe 'n "anglisisme" in der waarheid hoogs
funksioneel is, en Afrikaans in hierdie opsig 'n ryker
uitdrukkingsmoontlikheid gee as Engels.

>
> Die tannie van die taalkomitee van die
> Derde Boerestaat wat sukkel om tot stand
> te kom na die Derde Vryheidsoorlog. Ons
> grootste struikelblokke is meestal teen
> die onkunde van ons makkers op die gebied
> van die taal. Miskien moet ons sommige
> van hulle voor die taalpeleton sit.

Nee. Jou grootste struikelblok is klaarblyklik jou eie onkunde, nie net
aangaande die taal nie. En jou hardnekkige onkunde aangaande jou eie
onkunde.

Vriendelike groete, Leendert
Re: Tien redes [boodskap #18488 is 'n antwoord op boodskap #18417] Wo, 21 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
lou writes:

Sjym gloudina en jy het op
> Skellembosch geswot en ek onthou in my dae was ons heel jaloers op
> sommige van ons matters daar wat hulle vakke gepromoveer het. Dit terwyl
> ons steeds moes gaan eksamen skryf.

Verwys jy na die predikate-sisteem?
Dit was 'n harde sisteem, ou Lou,
wat vir enigiemand wat nie more,
middag en aand hard gewerk het nie,
gevang het. En om vir jou hoofvakke
drie jaar se materiaal te moet swot,
dis iets wat net die duiwel kan uit-
dink. Hulle weet byvoorbeeld nie hier
in Noord-Amerika se universiteite
hoe lekker hulle dit het nie. Hulle
grade point average hier werk effens
soos 'n algemene predikaat, darem.Sover
ek weet het geen ander universiteit in SA
in my dae daardie predikaat-sisteem gehad
nie.

Gloudina
Re: Tien redes [boodskap #18518 is 'n antwoord op boodskap #18417] Do, 22 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Thorsten Müller" writes: > Arthur Hagen wrote:
>>
>> Ik ging er eigenlijk vanuit dat poedelnaakt wel iets met "poedelen" van doen
>> had. "Poedelen" betekent zoiets als "je lekker op je gemak wassen", of " 'n
>> beetje rondplassen in het water". De naam voor een klein plasje (vijvertje)
>> is ook wel "poel" of "poeltje" en in het Engels is er ook zoiets als een
>> "pool" of "puddle". Misschien een verband? Zijn er in het Duits misschien
>> ook dergelijke woorden?

>
> Die enigste Duitse woord wat ek kan onthou in verbinding met jou Nederlandse
> voorbeelde is die dialekwoord "Puddel". Dit beteken "vuil water" of eerder
> "miswater" (??? - hoop die woord is verstaanbaar in Afrikaans - 'n eie konstruksie).

Die American Heritage Dictionary oor
die woord "poodle."

Any of a breed of dogs originally developed
in Europe as hunting dogs, having thick curly
hair, and ranging in size from the fairly large
standard poodle to the very small toy poodle.
(German Pudelhund), "poodle dog", probably
from Low German, perhaps "splashing dog" (because
the poodle was originally trained as a water dog),
akin to Old English "pudd" (ditch). See puddle.

Gloudina
Re: Tien redes [boodskap #18519 is 'n antwoord op boodskap #18417] Do, 22 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur Hagen  is tans af-lyn  Arthur Hagen
Boodskappe: 559
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Thorsten Müller heeft geschreven...
>
> In Duits het ons ook die spreekwoord "er sieht aus wie ein begossener Pudel",
> jy kan dit seker verstaan [ek het jou plasings in alt.usage.german gesien :) ].
>

O jee, ik heb toch geen al te slechte indruk achtergelaten .... Ik heb
overigens met Daniela nog gezellig privé nagebabbeld. Haar kritiek sloeg
vooral op mijn "Lieber Britta"; kennelijk een "faut pas" wanneer je een
oppervlakkige kennis aanspreek. Ik heb nogal moeite met geslachten en
naamvallen (een grote handicap toen ik op het gymnasium zat). Ik heb daar 'n
keer een interessante discussie gezien, waarin het gebruik van das/daß werd
besproken (gevonden na een zoektocht op Dejanews). Jij haalde daar het
Nederlands en het Afrikaans aan. Ik vond dat een bijzonder interessante
discussie, dus nu hou ik met één oog die groep in de gaten, in afwachting
van weer zo'n soort discussie :)

Geen mooi gezicht, een natte poedel. Misschien dat wij daarom de uitdrukking
"'n lelijke poedel maken" (een grote fout maken) kennen. Nou ja, kennen ...
ik heb die uitdukking gevonden in mijn spreekwoordenboek, dus zo algemeen
bekend is ie nu ook weer niet. Waarschijnlijk komt deze uitdrukking
overigens uit het Duits, want mijn woordenboek vertaalt "Pudel" als "poedel,
misser (fout), toonbank".

> Die enigste Duitse woord wat ek kan onthou in verbinding met jou Nederlandse
> voorbeelde is die dialekwoord "Puddel". Dit beteken "vuil water" of eerder
> "miswater" (??? - hoop die woord is verstaanbaar in Afrikaans - 'n eie
konstruksie).

Miswater doet mij denken aan wijwater (zoals ze in de kerk gebruiken),
misschien is het goed Afrikaans, maar ik denk dat je het (in het Nederlands)
over mestwater hebt. Dat is overigens geen bestaand woord, maar ik begrijp
wat je bedoelt.

> PS: "Je lekker op je gemak wassen"? Ist "gemak" etwa das, was man im Deutschen
> unter anderem als "das Gemècht" bezeichnet? Lustig...

Nee, niet in deze zin, dan zou je je lekker op HET gemak wassen ;-)  Nogal
krap en als iemand anders nodig moet, dan sta je daar dus niet echt op je
gemak.

"op je gemak" = "zonder haast", "rustig". Jullie gebruiken toch ook "gemach"
en bijvoorbeeld "gemächlich kalm"?

Groeten,
Arthur
Re: Tien redes [boodskap #18542 is 'n antwoord op boodskap #18417] Vr, 23 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Thorsten Müller  is tans af-lyn  Thorsten Müller
Boodskappe: 103
Geregistreer: Julie 1998
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote:

> Die American Heritage Dictionary oor
> die woord "poodle."

Dankie vir die inligting, Gloudina. Ek het weer iets geleer.

Groete,

Thorsten
Re: Tien redes [boodskap #18543 is 'n antwoord op boodskap #18417] Vr, 23 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote:
> Soos die anderdag toe
> ons na Mandela gaan luister het by die
> Goewerneur-Generaal se woning. Jy hoor
> hom net so elke vyf minute vir

Namedropper!
Re: Tien redes [boodskap #18544 is 'n antwoord op boodskap #18417] Vr, 23 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Thorsten Müller  is tans af-lyn  Thorsten Müller
Boodskappe: 103
Geregistreer: Julie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Arthur Hagen wrote:
>
> O jee, ik heb toch geen al te slechte indruk achtergelaten

Nee, jou antwoord was perfek! Ek hou ook glad nie van mense wat kritiseer
sonder om 'n nuttige antwoord te gee.

> Ik heb nogal moeite met geslachten en naamvallen

My grootste probleem met Afrikaans is die korrekte gebruik van woorde (veral
voorsetsels).

> Ik heb daar 'n
> keer een interessante discussie gezien, waarin het gebruik van das/daß werd
> besproken (gevonden na een zoektocht op Dejanews). Jij haalde daar het
> Nederlands en het Afrikaans aan. Ik vond dat een bijzonder interessante
> discussie, dus nu hou ik met één oog die groep in de gaten, in afwachting
> van weer zo'n soort discussie :)

Ongelukkig het niemand op my plasing geantwoord nie. Dit was ook net 'n poging
om ander Germaanse tale in die diskussie in te sluit. Waarskynlik stel die
meeste ouens in alt.usage.german geen belang in sulke vergelyke. Oor die
algemeen is dit nogal moeilik om vir Duitsers te verduidelik dat tale soos
Nederlands of Afrikaans meer as net Duitse dialekte is. Dit maak seer dat baie
ouens hier so 'n arrogante houding het. :-(

> bekend is ie nu ook weer niet. Waarschijnlijk komt deze uitdrukking
> overigens uit het Duits, want mijn woordenboek vertaalt "Pudel" als "poedel,
> misser (fout), toonbank".

Die woord "Pudel" as "fout" word veral vir 'n fout in Bowling of eerder
"Kegeln" ('n spesiële Duitse variasie van Bowling) gebruik.

> "op je gemak" = "zonder haast", "rustig". Jullie gebruiken toch ook "gemach"
> en bijvoorbeeld "gemächlich kalm"?

Dis korrek. Die woord "gemächlich" kan jy gerus aanwend, maar "Gemach" klink
'n bietjie ouderwets. Wanneer iemand "gemach, gemach..." sê, dan klink dit
gewoonlik snaaks of sarkasties.

Groete,

Thorsten
Re: Tien redes [boodskap #18545 is 'n antwoord op boodskap #18417] Vr, 23 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur Hagen  is tans af-lyn  Arthur Hagen
Boodskappe: 559
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Thorsten Müller heeft geschreven...

> Die woord "Pudel" as "fout" word veral vir 'n fout in Bowling of eerder
> "Kegeln" ('n spesiële Duitse variasie van Bowling) gebruik.
>

Hier kegelen ze ook hoor: smallere baan dan bij bowling en negen kegels in
plaats van tien. Maar bowling is tegenwoordig algemener.

Heb je overigens de plasing van Gloudina over de herkomst van de naam
"poedel" voor dat hondenras gelezen? Poedelen!

Groeten,
Arthur
Re: Tien redes [boodskap #18546 is 'n antwoord op boodskap #18417] Vr, 23 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote:
>
> lou writes:
>
> Sjym gloudina en jy het op
>> Skellembosch geswot en ek onthou in my dae was ons heel jaloers op
>> sommige van ons matters daar wat hulle vakke gepromoveer het.
> Dit terwyl
>> ons steeds moes gaan eksamen skryf.
>
> Verwys jy na die predikate-sisteem?
> Dit was 'n harde sisteem, ou Lou,
> wat vir enigiemand wat nie more,
> middag en aand hard gewerk het nie,
> gevang het. En om vir jou hoofvakke
> drie jaar se materiaal te moet swot,
> dis iets wat net die duiwel kan uit-
> dink. Hulle weet byvoorbeeld nie hier
> in Noord-Amerika se universiteite
> hoe lekker hulle dit het nie. Hulle
> grade point average hier werk effens
> soos 'n algemene predikaat, darem.Sover
> ek weet het geen ander universiteit in SA
> in my dae daardie predikaat-sisteem gehad
> nie.
>
> Gloudina

Maar my punt is Gloudina - hulle het gepromoveer dws erkenning gekry vir
die vakke sonder om soos ons ander eksamen te skryf. Dit is hoe die nuwe
SA sisteem ook sal werk - jy word na die volgende standerd oorgesit
sonder dat jy eers eksamen hoef te skryf, dus as ek hierdie jaarpluk
hoef ek nie eers volgende jaar eksamen te skryf nie ek sal anyway na die
volgende standerd gaan. Dan is daar nog die kwessie van blokke. Die
hele stelsel is in blokke opgedeel. Jy sal ook slegs een keer in 'n
spesifieke blok kan teruggehou word. Dit is dus moontlik om in die
hoe"rskool ongeletterd te wees.

Daar is natuurlik sprake van remidie"rende onderwys vir kinders wat
sukkel ens ens maar waar gaan hulle die geld vandaan kry? Daar is nie
eers genoeg geld om die huidige skole te onderhou nie. Dit is weereens
soos die Uitkoms Gebaseerde onderwys beleid. Klaar al 'n mislukking - en
ons het nog nie eers begin nie! Omdat ons nie ons planne aanpas by die
ware feite nie!

Cheers
lou
Re: Tien redes [boodskap #18569 is 'n antwoord op boodskap #18417] Sa, 24 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Thorsten Müller"

>> Heb je overigens de plasing van Gloudina over de herkomst van de naam
>> "poedel" voor dat hondenras gelezen? Poedelen!
>
> Und so schliesst sich der Kreis... :-)

Nee, wag, die sirkel kan nie gesluit word
totdat ek verstaan wat die verband is tussen
die honderas en die woord "poedelnakend"
nie. Moet ek dus aanneem dat hulle in die
Middeleeue hierdie honde, wat so goed in
die water was, se hare afgeskeer het sodat
hulle nie so vuil in die poele sou raak nie?

En hoekom sê hulle dan nie "poodle naked"
in Engels nie? Is dit miskien omdat die honde
meer op die vasteland was, selfs spesifiek
in Frankryk, die land waarmee ek poedels
assosieer?

In Engels sê hulle "stark naked." Ek gaan toe
die oorsprong van "stark naked" na, en die
Heritage Dictionary sê die volgende: "...Earlier
start naked, Middle English start naked, stert
naked, "naked to the tail" :start, stert,tail
Old English steort..."

Gloudina
Re: Tien redes [boodskap #18570 is 'n antwoord op boodskap #18417] Sa, 24 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Thorsten Müller  is tans af-lyn  Thorsten Müller
Boodskappe: 103
Geregistreer: Julie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Arthur Hagen wrote:
>
> Hier kegelen ze ook hoor: smallere baan dan bij bowling en negen kegels in
> plaats van tien. Maar bowling is tegenwoordig algemener.

Ek dag dit sou net in Duitsland bekend wees. Interessant...

> Heb je overigens de plasing van Gloudina over de herkomst van de naam
> "poedel" voor dat hondenras gelezen? Poedelen!

Und so schliesst sich der Kreis... :-)

Dit is werklik verbasend wat 'n mens deur sulke diskussies kan leer.

Groete,

Thorsten
Re: Tien redes [boodskap #18589 is 'n antwoord op boodskap #18417] So, 25 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur Hagen  is tans af-lyn  Arthur Hagen
Boodskappe: 559
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina heeft geschreven...
> "Thorsten Müller"
>
>>> Heb je overigens de plasing van Gloudina over de herkomst
> van de naam
>>> "poedel" voor dat hondenras gelezen? Poedelen!
>>
>> Und so schliesst sich der Kreis... :-)
>
>
> Nee, wag, die sirkel kan nie gesluit word
> totdat ek verstaan wat die verband is tussen
> die honderas en die woord "poedelnakend"
> nie. Moet ek dus aanneem dat hulle in die
> Middeleeue hierdie honde, wat so goed in
> die water was, se hare afgeskeer het sodat
> hulle nie so vuil in die poele sou raak nie?
>

Nee, niks geen honden, het gaat erom dat je zelf niet poedelt met al je
kleren aan!!!?! Ik heb helaas geen woordenboek of encyclopedie die ik erop
kan naslaan, maar persoonlijk ben ik ervan overtuigd dat poedelnaakt komt
van het feit dat men doorgaans zonder kleren aan gaat poedelen.

> En hoekom sê hulle dan nie "poodle naked"
> in Engels nie? Is dit miskien omdat die honde
> meer op die vasteland was, selfs spesifiek
> in Frankryk, die land waarmee ek poedels
> assosieer?

Nee poedelen was er eerder en toen pas kwam de naam voor dat hondenras, niet
andersom!

> In Engels sê hulle "stark naked." Ek gaan toe
> die oorsprong van "stark naked" na, en die
> Heritage Dictionary sê die volgende: "...Earlier
> start naked, Middle English start naked, stert
> naked, "naked to the tail" :start, stert,tail
> Old English steort..."
>

Waar zou "stark raving mad" dan vandaan komen? Honden die woest met hun
staart staan te zwiepen?

Groeten,
Arthur
Re: Tien redes [boodskap #18590 is 'n antwoord op boodskap #18417] So, 25 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Thorsten Müller  is tans af-lyn  Thorsten Müller
Boodskappe: 103
Geregistreer: Julie 1998
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote:
>
> Nee, wag, die sirkel kan nie gesluit word
> totdat ek verstaan wat die verband is tussen
> die honderas en die woord "poedelnakend"
> nie. Moet ek dus aanneem dat hulle in die
> Middeleeue hierdie honde, wat so goed in
> die water was, se hare afgeskeer het sodat
> hulle nie so vuil in die poele sou raak nie?

Ek het in my ensiklopedie nageslaan:

Pudel - Hunderasse mit langem, krausem Haar (schwarz, braun oder weiss), das
verschiedenartig geschoren wird

Miskien het die woord "poedelnakend" net ontstaan omdat daar so baie
verskillende moontlikhede is om 'n poedel te skeer?

> En hoekom sê hulle dan nie "poodle naked"
> in Engels nie? Is dit miskien omdat die honde
> meer op die vasteland was, selfs spesifiek
> in Frankryk, die land waarmee ek poedels
> assosieer?

Daaroor het ek ook 'n bietjie wat gevind:

Der Pudel (...) war zur Zeit Ludwig XIV. Modehund; seine Langhaarigkeit
(schwarz, braun, weiss) ermoeglichte Haarschnittspielereien (Standard-,
Karakulschnitt usw.)

Ek hoop dit is verstaanbaar. Maar vra asseblief nie wat die verskil tussen 'n
"standerd"- en 'n "karakoel"-sny is nie. Terloops, wat is eintlik die
Afrikaanse woord vir "haircut"? "Haarsny"?

Groete,

Thorsten

NS: Ek het nooit gedink dat my kommentaar oor die woord "poedelnakend" die
begin van 'n sulke diskussie sou wees nie. Maar ek is bly dat ander mense in
hierdie ng ook in sulke etimologiese vrae belangstel.
Re: Tien redes [boodskap #18636 is 'n antwoord op boodskap #18417] Di, 27 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapNa vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina spel alweer haar naam g-a-t:
@igs.net wrote in message ...
> "Leendert van Oostrum" writes: >
>
>>>
>>> Nee, Lou, om te "promoveer" beteken
>>> gewoonlik dat jy "graduate", en
>>> dan ook gewoonlik vir 'n doktorale
>>> graad. Vir "promote" in Engels as
>>> jy van die grade in die skool praat.
>>> probeer "oorsit" of "bevorder."
>>
>>
>> Nee, Gloudina. In Afrikaans gebruik ons "promoveer" ook om aan te dui dat
>> iemand bevorder word sonder om aan die gewone vereistes vir bevordering te
>> voldoen.
>>
>> Dit, Lyk dit my, is hoe Lou dit hier gebruik het.
>
>
>
> Wel, ou Leendert, ek sal graag vir jou
> wil glo, maar kan jy asseblief vir my
> 'n stukkie aanhaal uit 'n Afrikaanse
> koerant waar hierdie "promoveer" so
> gebruik word. Net sodat ek kan sien dat
> dit offisieel so gebruik word.

Tjk..tjk...tjk. En van wanneer af is Afrikaanse koerante die gesaghebbende
leksikograwe van Afrikaans, Gloudina? Of dink jy dis so nuut dat die
woordeboekmakers nog nie daarvan sou kennisneem nie. Nee, wat, ou vlymtong,
as jy jouself wil voorhou as die arbiter oor Afrikaanse woorde moet jy maar
gou vir jou 'n bestelling plaas vir 'n HAT.

> Dit sal
> jammer wees, as hulle die woord "promoveer"
> vir twee sulke teenoorgestelde aktiwiteite
> gebruik. Wie besluit deesdae watter woorde
> vir wat gebruik kan word?

Wel, in jou vorige berig het jy die indruk geskep dat dit jy is.

> Ek wonder of
> dit in Nederlands die geval is dat hulle
> "promoveer" gebruik vir 'n Graad 2 kind
> wat na Graad 3 oorgesit word sonder om aan
> die gewone vereistes vir bevordering te
> voldoen?

Nie volgens Van Dale nie. Maar gelukkig hoef ons nie die Nederlandse
taalkommissie se toestemming te vra om ons eie taal te gebruik nie, nie waar
nie?

En ja. Ek is self in 'n TOD skool van std 6 na std 7 en van std 7 na std 8
ge-"promoveer". Dit het in sommige "projekskole" gebeur as jou jaarpunt
besonder goed was, dat jy "gepromoveer" het sonder om die gebruiklike
eksamen saam met die ander leerlinge te skryf.

Stellenbosch het 'n soortgelyke stelsel gehad vir voorgraadse studente. In
totaal het ek ten minste vier maal ge-"promoveer" voordat ek my eerste graad
verwerf het - in die terminologie van die TOD en US. Maar miskien is dit nie
vir jou "offisieel" genoeg nie? Kry maar vir jou die HAT.

Soos Lou uitwys, kry ons nou weer hierdie gebruik - dis net die kriterium
wat verander het (na die teenoorgestelde).

Vriendelike groete, Leendert
Vorige onderwerp: Skuus - toets
Volgende onderwerp: Bees (nogal)
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 16 11:18:34 MGT 2024