Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Braaivleis of BBQ
Braaivleis of BBQ [boodskap #18366] So, 18 Oktober 1998 00:00 na volgende boodskap
Sluiper  is tans af-lyn  Sluiper
Boodskappe: 12
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Junior Lid
Dankie aan Bryan, Julie en Gerhard vir julle pos na aanlyding van my eerste
"verskyning" op die NG.

Ek is gevra wat die verskil is tussen braaivleis en BBQ hier in Australië.

Wel vir die hordes Suid Afrikaners hier (blybaar oor die 30,000 in Perth
alleen) is dit seker meer n' kwessie van die gebruik van die term BBQ as wat
dit n' werklike verskil is in wat ons doen wanneer ons hier vleisbraai.
Wanner Aussies BBQ, is daar egter n' redelike verskil.

Eerstens braai hulle nie oor kole nie. Hulle gebruik n' warm plaat. (Julle
weet amper soos die soort plate wat ons destyds in Suid Afrika gebruik het
toe die Sjinese braai so hoog mode was.) Tradisioneel is die plaat met
vlamme van n' hout vuur verhit. Deesdae is dit meestal verhit met gas of
elektrisiteit. Daar is dus geen rook geur in die vleis nie.

Tweedens is daar n' verskil in wat gebraai word. Die tradisionele Aussie BBQ
vleis is n' BBQ sausage wat hulle n' "snagger" noem. Dit is nou n' ou bleek
vingerdik ses duim lank worsie wat vir my werklik geen smaak het nie. Dit
lyk my dit het vir ander ook nie smaak nie want ek sien daar word altyd n'
klomp uie daarby gebraai (ook op die plaat) en dan word die saam met die
snagger in n' broodjie bedien soos n' hot-dog. Selfs dan word daar ook soms
nog tamatiesous opgegooi. Ander vleis soos tjops en steak word min gebraai.
En wanneer dit wel gebraai word (ook op die plaat) word dit baie goed gaar
gemaak, m.a.w. verbrand, en daar word geen sout of ander speserye oorgegooi
nie. Sout is mos sleg vir n' man, veral na agt blikkies beer:-)

Nee wat, na nege jaar hier in Australië is ons BBQ seker dus maar nog n'
braaivleis. Ons koop die lekkerste boerewors by Paul van der Merwe se
slaghuis (ex-Komatie slaghuis Pretoria) en braai die oor kole saam met
lekker dik tjops en steak (met speserye) en eet dit saam met lekker slaaie
soos aartappel, wortel, ens. OK, ons is ook al n' bietjie bederf met die
gerief van n' gas BBQ en het een aangeskaf met vulkanise klip in plaas van
kole:-( Dit is egter nog baie better as net n' plaat.

Lekker eet!

Sluiper in die nag.
Re: Braaivleis of BBQ [boodskap #18411 is 'n antwoord op boodskap #18366] Ma, 19 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
crunch  (()) :c 8 |]]  is tans af-lyn  crunch (()) :c 8 |]]
Boodskappe: 102
Geregistreer: Mei 1998
Karma: 0
Senior Lid
Hoeveel betaal julle vir boerewors? Ek betaal NZ$8.00 / kg, wat 'n bietjie
kwaai is , in my opinie (egter baie lekker, en van hoogstaande kwaliteit).

nomad@rest.oasis
Sluiper wrote in message 3629f886.0@139.134.5.33...

> Nee wat, na nege jaar hier in Australi is ons BBQ seker dus maar nog n'
> braaivleis. Ons koop die lekkerste boerewors by Paul van der Merwe se
> slaghuis (ex-Komatie slaghuis Pretoria) en braai die oor kole saam met
>
Re: Braaivleis of BBQ [boodskap #18433 is 'n antwoord op boodskap #18366] Di, 20 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sluiper  is tans af-lyn  Sluiper
Boodskappe: 12
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Junior Lid
Ons betaal hier ook so A$7.00/kg (jy weet die gewone $6.99 storie) wat seker
omtrent dieselde is as NZ$8.00. Maar waarmee vergelyk jy as jy sê dis duur?

Sluiper

nomad wrote in message ...
>
>
> Hoeveel betaal julle vir boerewors? Ek betaal NZ$8.00 / kg, wat 'n bietjie
> kwaai is , in my opinie (egter baie lekker, en van hoogstaande kwaliteit).
>
> nomad@rest.oasis
Re: Braaivleis of BBQ [boodskap #18479 is 'n antwoord op boodskap #18366] Wo, 21 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskap
crunch  (()) :c 8 |]]  is tans af-lyn  crunch (()) :c 8 |]]
Boodskappe: 102
Geregistreer: Mei 1998
Karma: 0
Senior Lid
Ek het tred verloor met die SA pryse, maar ek het gedink dat dit heelwat
goedkoper is (was?) in SA, alhoewel die kwaliteit heelwat gewissel het.

nomad@rest.oasis
Sluiper wrote in message 362c919d.0@139.134.5.33...
> Ons betaal hier ook so A$7.00/kg (jy weet die gewone $6.99 storie) wat seker
> omtrent dieselde is as NZ$8.00. Maar waarmee vergelyk jy as jy s dis duur?
>
> Sluiper
>
Vorige onderwerp: Re: Afrikaans - Wie praat dit as huistaal ?
Volgende onderwerp: Indiane en trots
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jun 17 08:15:35 MGT 2024