Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Vang jy nie die skimp nie, Gloudina
Vang jy nie die skimp nie, Gloudina [boodskap #18334] Sa, 17 Oktober 1998 00:00 na volgende boodskap
Ohm'$  is tans af-lyn  Ohm'$
Boodskappe: 1
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Junior Lid
Genade, vrou, jy moet seker ERG eensaam wees. . .!!

Hoeveel maande is dit nou al wat jy hier rondhang en nog steeds het jy nie
'n enkele vriend/in nie. Jy herinner my aan die gelowige, preutse 'wel
opgevoede' st.4 dogtertjie met baie sproete wie almal haat, en sy dit nie
so mooi verstaan dat dit haar persoonlikheid is wat ander naar maak nie.
Bo-op alles probeer sy dan nog die middelpunt van alle aandag ook wees, en
sy ken slegs een manier. . . . .
Re: Vang jy nie die skimp nie, Gloudina [boodskap #18335 is 'n antwoord op boodskap #18334] Sa, 17 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"wind-op" writes:

Ek hou van jou epos-adres. Ek hou
ook van Agtertang se mense. Ek het
effentjies vergeet waar Agtertang
is. Kan jy verduidelik waar dit is.
Hoop dis daar waar ek vandaan kom -
in die Noorkaap.

Gloudina
Re: Vang jy nie die skimp nie, Gloudina [boodskap #18336 is 'n antwoord op boodskap #18334] Sa, 17 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
wind-op  is tans af-lyn  wind-op
Boodskappe: 2
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Junior Lid
Los haar uit!!! Ons hou van haar!!!!

Ohm'$ wrote in article
...
> Genade, vrou, jy moet seker ERG eensaam wees. . .!!
>
> Hoeveel maande is dit nou al wat jy hier rondhang en nog steeds het jy nie
> 'n enkele vriend/in nie. Jy herinner my aan die gelowige, preutse 'wel
> opgevoede' st.4 dogtertjie met baie sproete wie almal haat, en sy dit nie
> so mooi verstaan dat dit haar persoonlikheid is wat ander naar maak nie.
> Bo-op alles probeer sy dan nog die middelpunt van alle aandag ook wees, en
> sy ken slegs een manier. . . . .
>
Re: Vang jy nie die skimp nie, Gloudina [boodskap #18361 is 'n antwoord op boodskap #18334] So, 18 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
hancil  is tans af-lyn  hancil
Boodskappe: 28
Geregistreer: Augustus 1998
Karma: 0
Junior Lid
Op 18 Oct 1998 12:44:39 GMT skryf :

-> Die ander Tant Hessie, met haar witperd,
-> wat groen van jaloesie is.

v
Let op dat die Afrikaans is GEEL van jaloesie. Dis die
Engelssprekendes wat groen word. Herinner jy jou die ou spreekwoord:
Hy het die ('n) geel baadjie aan?

Groete
Hannes
...sonder die umlaut sal e-pos my bereik...
Re: Vang jy nie die skimp nie, Gloudina [boodskap #18362 is 'n antwoord op boodskap #18334] So, 18 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina skryf:

> Ek hou van jou epos-adres. Ek hou
> ook van Agtertang se mense. Ek het
> effentjies vergeet waar Agtertang
> is. Kan jy verduidelik waar dit is.
> Hoop dis daar waar ek vandaan kom -
> in die Noorkaap.

Tant Hessie van Helsdingen was destyds 'n karakter op 'n radio spotprogram
(Bog met Bloumaandag?), en sy was van die Agtertang. Rowwe spul gewees, en
vreesloos.

Maar die werklike Agtertang lê so 'n entjie oos van Colesberg, op pad na
Norvalspont, by die Gariepdam.

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is nie vir Sissies nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Re: Vang jy nie die skimp nie, Gloudina [boodskap #18363 is 'n antwoord op boodskap #18334] So, 18 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Henri Burger" writes:

> Tant Hessie van Helsdingen was destyds 'n karakter op 'n radio spotprogram
> (Bog met Bloumaandag?), en sy was van die Agtertang. Rowwe spul gewees, en
> vreesloos.

Ag, ja, ek het skoon van Tant Hessie van
Helsdingen vergeet. (Daar's nou 'n naam
wat ek gaan skaaik.)Dis mos Tant Hessie
wat gesê het:

As die donker val, tel ek dit op.
As die dag breek, dan maak ek hom heel.

Die ander Tant Hessie, met haar witperd,
wat groen van jaloesie is. Dis nou Tant
Hessie wat groen is van jaloesie. Die
perd is nog altyd wit.
Re: Vang jy nie die skimp nie, Gloudina [boodskap #18364 is 'n antwoord op boodskap #18334] So, 18 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
wind-op  is tans af-lyn  wind-op
Boodskappe: 2
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Junior Lid
Onthou jy daardie tv reeks van jarre gelede, dit was Ben Decker in die rol
van Gautje Goobeb of so iets, dit speel af in Namakwaland. Daardie was die
vergete mense, die Agtertang se mense. Sout van die aarde.

Namakwaland,....... n mooi naam :-)

wind-op

@igs.net wrote in article ...
> "wind-op" writes:
>
>
> Ek hou van jou epos-adres. Ek hou
> ook van Agtertang se mense. Ek het
> effentjies vergeet waar Agtertang
> is. Kan jy verduidelik waar dit is.
> Hoop dis daar waar ek vandaan kom -
> in die Noorkaap.
>
> Gloudina
>
Re: Vang jy nie die skimp nie, Gloudina [boodskap #18365 is 'n antwoord op boodskap #18334] So, 18 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hellin Gervaas  is tans af-lyn  Hellin Gervaas
Boodskappe: 191
Geregistreer: Januarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Ohms skryf :
> nog steeds het jy nie
> 'n enkele vriend/in nie.

Wat maak jou so seker Gloudina het nie vriend(inn)e nie ?

Groete.
Hilda.
Re: Vang jy nie die skimp nie, Gloudina [boodskap #18406 is 'n antwoord op boodskap #18334] Ma, 19 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 18 Oct 1998 08:29:28 +0100, "Gervaas Hellin"
wrote:

|Wat maak jou so seker Gloudina het nie vriend(inn)e nie ?
|
Hilda, die van ons wat is, durf dit nie te hardop sê nie - dalk sal
Gloudina nie verstaan nie.... en die ander mense mag ons ook nie
verstaan nie....

En dan moet mens maar die ou dierasie aanvaar soos sy is - nes my ou
skoonma - ons kom nou al glad goed oor die weg (toe ek haar so 'n
stamp gee daar bo by Mt Rushmore op vier duim sneeu, toe dink almal ek
het haar gevong toe sy wou gly en daar is ek die groot hero....!)

Moenie aan Gloudina roer nie - soos sy nou is skryf sy baie
interesante dinge vir ons en vertel van haar mooi omgewing. Dalk moet
ons almal eendag opruk daar na Kanada toe en gaan koffie drink....?!?

Johan

Vat dit rustig, dan geniet jy die lewe meer ....!
Re: Vang jy nie die skimp nie, Gloudina [boodskap #18407 is 'n antwoord op boodskap #18334] Ma, 19 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 17 Oct 1998 22:35:47 GMT, "wind-op" wrote:

|Los haar uit!!! Ons hou van haar!!!!
|
Is maar beter om die wind te laat afkom, ander verstop 'n mens se
derms, het my ouma altyd gesê.....

Johan

Vat dit rustig, dan geniet jy die lewe meer ....!
Vorige onderwerp: Aandag @igs.net
Volgende onderwerp: 'n Herfsmiddag in Quebec
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 22 10:40:55 MGT 2024