Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Oor Lake Erie en Detroit
Re: Oor Lake Erie en Detroit [boodskap #18392 is 'n antwoord op boodskap #18262] Ma, 19 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Michael E Willett  is tans af-lyn  Michael E Willett
Boodskappe: 182
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 16 Oct 1998 14:28:01 GMT, had the following to say:

| die lewe van Suid-Afrika inneem en
| uitbou. Soos Derek Hanekom.
|
| Tant Hessie en haar witperd

Jy val ook maar soos oom Eugene baie van die perd van jou af - Hanekom
kan nie eers die woord Afrikaans spel nie - hy lê op 'n heel ander
kant van die spektrum.

...goodbye en good luck,
Simon
Re: Oor Lake Erie en Detroit [boodskap #18393 is 'n antwoord op boodskap #18262] Ma, 19 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina skryf:

> Nou wens ek net ons Afrikaanse nuusgroep wil
> weer normaal word. Dinge raak weg, word nie
> gepos nie. Somtyds is daar geen items, soms
> net 'n paar. Somtyds is daar poste uit ander
> nuusgroepe op. Kry ander dieselfde versteurings?
> Hilda in Oosteinde dink so. Enigiemand anders?

Hier het 'n ou navraag gedoen oor die plasing van gedigte, en ou Squirrel
het kom inloer, maar verder lyk dit dieselfde!

Is jy seker MWeb het nie oorgeneem by julle nie? Gelukkig is my moeilikheid
met hulle nou op 'n einde.

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is nie vir Sissies nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Re: Oor Lake Erie en Detroit [boodskap #18394 is 'n antwoord op boodskap #18262] Ma, 19 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Michael E Willett  is tans af-lyn  Michael E Willett
Boodskappe: 182
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 16 Oct 1998 00:01:40 GMT, had the following to say:

|Henri-John Kock
|>
|> > Voor in die wapad brand 'n lig.
|> >
|>
| (hoekom steek meeste van jou
|> gesegdes omtrent 30 jaar gelede vas ?)
|
|
| As jy nie kan sien wat deur hierdie
| metode be-oog en bereik word nie,
| dan is jy darem maar 'n dimwit.
|
| Tant Hessie se witperd
|
Ek dink ons moet dan die gevolgtrekking maak dat die nuusgroep bestaan
uit Gloudina en 'n klomp dimwitte!

...goodbye en good luck,
Simon
Re: Oor Lake Erie en Detroit [boodskap #18395 is 'n antwoord op boodskap #18262] Ma, 19 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Michael E Willett  is tans af-lyn  Michael E Willett
Boodskappe: 182
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 16 Oct 1998 14:28:01 GMT, had the following to say:
| Nee, ou Leendert, maar ek werk
| vir die terugwinning van die ikone
| van die Afrikaner, dit wat sy knoppies
| druk (verskoon die anglisisme) van
| diegene soos Frikkie en Kie. wat
| eintlik nie omgee vir Afrikaans en
| die hele Afrikaner-familie met hulle
| diverse karakter nie,

M.a.w. jy erken diversiteit, BEHALWE Frikkie en sy mense ??!?!!

...goodbye en good luck,
Simon
Re: Oor Lake Erie en Detroit [boodskap #18421 is 'n antwoord op boodskap #18262] Di, 20 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hjalmar Gerber  is tans af-lyn  Hjalmar Gerber
Boodskappe: 72
Geregistreer: November 1997
Karma: 0
Volle Lid
Simon vra aangaande die Metis:

> Gloudina, jy sê nie watter taal hulle praat nie - ek neem aan hulle
> praat 'n eie inheemse taal en ook Frans en Engels, maar watter is
> hulle huistaal?

Tradisioneel (volgens Gloudina se simplistiese model) kan 'n
mens verwag dat Metis 'n Franse dialek/patois sal praat, maar
diegene wat ek persoonlik ken, praat Engels en Cree, en hulle
lyk veel meer "indiaans" as baie van die "regte" (Treaty) indiane
van Oos-Kanada. Net soos onder die ou apartheidsbestel, is dit
nie jou ware rasse-oorsprong wat geld nie, maar die wettige status
wat deur die burokrasie in Ottawa in stand gehou word.

Die Departement van "Native Affairs" is die beste bewys dat
burokraties-gedrewe rasse-apartheid met al die gepaardgaande
ongelyke regte in Kanada floreer.

My persoonlike, "rasistiese" siening is dat die Kanadese
apartheidstelsel afgeskaf moet word en dat die "First Nations"
met die res van die bevolking moet integreer sodat almal gelyke
regte voor die wet onder die grondwet kan hê. Ek twyfel egter
of die "onderdruktes" van hulle voorregte en staatsversorging
sal wil afsien - want dan sal hulle dalk moet werk.

Die Metis geniet nie die spesiale regte en voorregte van die
status-indiane nie. Polities-korrekte Ottawa maak beloftes,
maar lewer bitter min, in vgl. met status-indiane ontvang, aan
die Metis. Daar is talle ander problematiese skakerings tussen
die regte (wit) wêreld en die fantasie wat die burokrasie wil
koester.

Bogenoemde probleme geld ook nie net op 'n rasse-grondvlak nie.
Dit steek ook kop-uit met die "handhawing" van die tradisionele
visvangbedryf in Newfoundland - wat nie weer in ons leeftyd
lonend sal wees nie. Die fantasie kos ons belastingbetalers
egter steeds miljoene der honderde miljoene.

Dis hoekom ek steeds na Ottawa as "Disneyland on the Rideau"
verwys.

Hjalmar
________
Re: Oor Lake Erie en Detroit [boodskap #18422 is 'n antwoord op boodskap #18262] Di, 20 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...

> Ek dink in Suid-Amerika
> moet die mense met die Duitse vanne dieselfde
> probleem hê as Afrikaners hier in Noord-Amerika.
> (As twee mekaar ontmoet, moet hulle eers versigtig
> met mekaar 'n dans dans, om uit te vind wanneer
> en om watter rede hulle uit SA weg is - want daar
> is hoofsaaklik die wat van apartheid gevlug het
> en die wat na apartheid gevlug het. Dieselfde
> geld ook tot 'n mindere mate vir Engelse SAers
> wat nou hier bly. Somtyds klink dit of hulle weg
> is as gevolg van apartheid, maar as jy bietjie
> luister, hoor jy gou 'n ander storie.)

Kyk hoe lag ek in my baard :-)>
Re: Oor Lake Erie en Detroit [boodskap #18423 is 'n antwoord op boodskap #18262] Di, 20 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Michael E Willett  is tans af-lyn  Michael E Willett
Boodskappe: 182
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 19 Oct 1998 19:41:22 GMT, had the following to say:
| Wel, ek sal hulle nou nie 'n "kleurling"-
| groep gaan noem nie, want die element van
| kleur is nie hier ter sake nie. "Metis"
| kan vertaal word in Engels as "van gemengde
| afkoms".

Dink jy nie kleurling klink beter as "Baster" nie?

...goodbye en good luck,
Simon
Re: Oor Lake Erie en Detroit [boodskap #18424 is 'n antwoord op boodskap #18262] Di, 20 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hjalmar Gerber  is tans af-lyn  Hjalmar Gerber
Boodskappe: 72
Geregistreer: November 1997
Karma: 0
Volle Lid
Gloudina van Ottawa sê...

> Hjalmar, hoekom vertel jy dan nie vir ons
> "die waarheid" . . .

Daar is 29 miljoen "waarhede" buite Ottawa. Binne Ottawa
is daar egter net fantasie en die belastinggeld wat julle
so lustiglik plunder.

> Ek daag jou uit. Verduidelik vir Simon hoe
> die Metis in die Kanadese mosaiek inpas.
> Jy hoef nie vir hom die besonderhede te spaar
> nie. Vertel van die armoede en die rassisme
> van die sogenaamde "wit" mense van Kanada.

Gedaan, in 'n ander boodskap. . . met verwysing na
die "wit" fantasie-rassiste van Ottawa. . . diegene
wat wil voorgee dat hulle omgee en dinge wil verbeter,
maar wat eintlik net die status quo terwille van hulle
geskloreerde burokrasie-baantjies handhaaf.

Niks gaan verbeter terwyl die skynheiliges in Ottawa die
Kanadese apartheid handhaaf nie. Die oplossing lê in
volkome integrasie en die gelykheid van elke individu voor
die wet en onder die grondwet - ONGEAG VAN RASSE-OORSPRONG !

Is dit so ingewikkeld, Gloudina ?

Hjalmar
________
Re: Oor Lake Erie en Detroit [boodskap #18425 is 'n antwoord op boodskap #18262] Di, 20 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri-John Kock  is tans af-lyn  Henri-John Kock
Boodskappe: 69
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Volle Lid
Henri Burger wrote:

> Henri-John Kock skryf:
>
>> Mense met wie ek graag
>> meer sou wou kontak hê is van die mense in Eldoret, in Kenia,
>
> Ek dink nie daar is veel van hulle oor nie, indien enige. Van hulle nasate
> was saam met my op universitie, maar ek dink die meerderheid het na uhuru
> Kenia verlaat.

Dit moes seker maar gebeur het :-(

>> en in die
>> klein afrikaanse gemeenskappe in Zimbabwe (daar is een net suid van Harare,
>> ek vergeet nou die naam).
>
> Die Republiek van Enkeldoring (Acacia robusta)! Kort na die totstandkoming
> van Zimbabwe het ons daar by die hotel gestop vir Sondag middagete, en die
> kroeg was oop (iets wat daai tyd ongekend was in SA op 'n Sondag), en ek het
> die tronksel binne-in die kroeg baie amusant gevind.

Ek sou so raai ! Die groep by wie ons tuisgegaan het, was nogal 'n rowwe spul
(maar daar was harte van goud).

> Ek is bevrees hy is ook nie meer nie, deesdae Chivu, as my feite reg is. Die
> laaste keer wat ek daar deur is, het hy 'n sterk Oosterse (subkontinent)
> karakter gehad.

Die plek waaraan ek dink, word Beatrice genoem. Ons (die Tukkiekoor) het daar
oornag en ook daar opgetree, in 1995. Baie goed ontvang, alles in Afrikaans
gedoen. Heerlik.

> Van tyd tot tyd hoor ons hier mense van Zimbabwe praat op die radio oor
> boerdery en sake kwessies, dikwels met duidelik Afrikaanse name, maar hulle
> sukkel ook maar met Afrikaanse terme.
>
> Namibië is natuurlik 'n ander kwessie, want daar praat almal Afrikaans.
>

Feite. Ek weet nie of dit maar 'n voorstadlegende (urban legend) is nie, maar
blykbaar is daar na die Koningin en prins Phillip verwys as: "Queen Elijah the
eleventh and the duck of Edinbur". Die taal word blykbaar "Namblish" genoem,
"Namibian English".

> Groete
>
> Henri Burger, Tzaneen. RSA
> 'Afrika is nie vir Sissies nie!'
> (e-mail: remove 'sukikaki.')

H-J

--
My views do not necessarily represent those of Telkom Sa Ltd
(or any affiliates).

H-J
Re: Oor Lake Erie en Detroit [boodskap #18426 is 'n antwoord op boodskap #18262] Di, 20 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Michael E Willett  is tans af-lyn  Michael E Willett
Boodskappe: 182
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 19 Oct 1998 19:41:22 GMT, had the following to say:
| Wel, ek sal hulle nou nie 'n "kleurling"-
| groep gaan noem nie, want die element van
| kleur is nie hier ter sake nie. "Metis"
| kan vertaal word in Engels as "van gemengde
| afkoms". Hulle het hulle eie assosiasies en
| leiers. Een van die beroemdste Metis was
| Louis Riel, wat die Engelse gehang het nadat
| hy 'n opstand gelei het wat gewerk het vir
| 'n aparte Metis-kolonie in wat vandag Manitoba
| is, en toe die "Red River Colony" genoem was.
| Vandag is sy naam offisieel gerehabiliteer
| en word hy deur sommige die eer gegee as die
| totstandbringer van die provinsie van Manitoba.

Gloudina, jy sê nie watter taal hulle praat nie - ek neem aan hulle
praat 'n eie inheemse taal en ook Frans en Engels, maar watter is
hulle huistaal?

...goodbye en good luck,
Simon
Re: Oor Lake Erie en Detroit [boodskap #18458 is 'n antwoord op boodskap #18262] Wo, 21 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Leendert van Oostrum" writes: >

> Ja, jy sien: Ons vriend Frikkie is hansie-my-kneg vir Fred Rundle, 'n hoogs
> intelligente en talentvolle Engelsman wat kaffers haat en wat klaarblyklik
> glo dat hulle geneties minderwaardig is. Hy onderhou, volgens wat mens kan
> aflei, vriendskaplike en onderlng ondersteunende verhoudings met ander
> rassiste in die VSA, Nederland en België, Engeland en elders.

So hoekom val jy nooit vir Hansie-my-kneg-Frikkie
aan nie. Hoekom reserveer jy al jou energie vir my?
Erens is iets verkeerd.

> Ek weet - jy het ook jou hansie-my kneg hier plaaslik, en jy vertrou op hom
> (en ander) om op te maak vir jou feitelike en affektiewe tekortkominge. Maar
> wat jy nie besef nie, is dat ferdi net soos jy gevlug het.

Wel, ou Leendert, ek verkies om te dink dat
Ferdi die ware Afrikaner met die oop o"e is
wat met openlikheid en eerlikheid sy huidige
lewe voortsit in 'n baie gekompliseerde land.
Ferdi was by Bisho. Ferdi was by begrafnisse
waar sy lewe in gevaar was. Ferdi was naby
aan die geboorte van die Nuwe Suid-Afrika,
En Ferdi lyk dit vir my het respek vir die
mense van die land. Ek sien nie baie daarvan
in jou gifpen-geskrifte nie.

Gloudina
Re: Oor Lake Erie en Detroit [boodskap #18459 is 'n antwoord op boodskap #18262] Wo, 21 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 20 Oct 1998 20:25:41 GMT, Hjalmar...@UAlberta.CA (Hjalmar
Gerber) wrote:
| My persoonlike, "rasistiese" siening is dat die Kanadese
| apartheidstelsel afgeskaf moet word en dat die "First Nations"
| met die res van die bevolking moet integreer sodat almal gelyke
| regte voor die wet onder die grondwet kan hê. Ek twyfel egter
| of die "onderdruktes" van hulle voorregte en staatsversorging
| sal wil afsien - want dan sal hulle dalk moet werk.
|
Dis darem maar jammer dat die romantiese siening van die Amerikaanse
Rooihuid net 'n bubble is wat so maklik bars as jy mooi na hom kyk!

Al die Holywood flieks en National Geographic artikels wys die Indiane
as sulke trotse mense, maar dit wys nie in die praktiese werklike lewe
nie.

Sou dit regtig lelik wees om hulle in reservate te gesit het sonder
enige westerse tegnologie sodat hulle hulle lewe sonder drank en
westerse probleme kon voortsit?!?

Johan

Vat dit rustig, dan geniet jy die lewe meer ....!
Re: Oor Lake Erie en Detroit [boodskap #18460 is 'n antwoord op boodskap #18262] Wo, 21 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote:
>
> lou writes: > @igs.net wrote:
>>>
>>> OK, OK, Henri. Ek het Derek Hanekom se naam
>>> daar ingesit om vuur te trek. Deesdae speel
>>> ons diensverskaffer rond met ons konneksies,
>>> en sien ek soms nie my eie poste nie, en die
>>> enigste manier om uit te vind dat dit erens
>>> uitkom, is om te sien of dit aangehaal word!
>>
>> Wel van al die verskonings wat nog op die nuusgroep gebruik is wanner
>> iemand probeer sê dat hy/sy nonsens gepraat het vat die een die koek.
>> Baie geluk Gloudina, eerste prys vir MOVUDMHA (mees oorspronklike voet
>> uit die mond haal argument)!
>>
>> Chhers
>> Lou
>
>
> Dankie Lou. Ek het met absolute sekerheid
> geweet dat as ek die woorde "Derek Hanekom"
> gebruik, jy vuur sal begin spoeg. So ook
> my verwagting dat Leendert sal reageer.
> Wanneer sal jy begin leer dat driekwart van
> wat ek doen, lokvalle is?
>
So wat jy nou dus sê is dat ons net 25% van wat jy sê kan glo? Net so
terloops - jy het al voorheen die Hankom foutjie gemaak en is ook toe
daarop gewys. Wat my laat skryf het is jou lomp poging om die fout wat
jy maak te verdoesel. Maar dan stop jy ook nie - sit net jou voet dieper
in jou mond in :)

> Nou wens ek net ons Afrikaanse nuusgroep wil
> weer normaal word. Dinge raak weg, word nie
> gepos nie. Somtyds is daar geen items, soms
> net 'n paar. Somtyds is daar poste uit ander
> nuusgroepe op. Kry ander dieselfde versteurings?
> Hilda in Oosteinde dink so. Enigiemand anders?
>

Die Afrikaanse nuusgroep dra seker nie veel gewig by meeste
diensverskaffers nie - so ons val seker in die nuusgroep-groep wat
gereeld skoongemaak word.

Groete
Lou

PS: Daar is altyd dejanews - www.dejanews.com - waar mens maklik 'n
tread kan oproep - dis nou waar mense wel die nuusgroep protokol nakom
en in treads pos.
Re: Oor Lake Erie en Detroit [boodskap #18461 is 'n antwoord op boodskap #18262] Wo, 21 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Thorsten Müller  is tans af-lyn  Thorsten Müller
Boodskappe: 103
Geregistreer: Julie 1998
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote:
>
> hy is in Chile gebore. Ek dink in Suid-Amerika
> moet die mense met die Duitse vanne dieselfde
> probleem hê as Afrikaners hier in Noord-Amerika.
> (As twee mekaar ontmoet, moet hulle eers versigtig
> met mekaar 'n dans dans, om uit te vind wanneer
> en om watter rede hulle uit SA weg is - want daar
> is hoofsaaklik die wat van apartheid gevlug het
> en die wat na apartheid gevlug het)

Ek wil nie beledigend wees nie, maar ek twyfel dat die probleem met Duitsers
in Suid-Amerika bestaan. Die meeste duitssprekendes daar is inderdaad in
Suid-Amerika gebore, en die klein aantal oud-Nazis wat na Suid-Amerika lande
gevlug het is óf ten minste 80 jaar oud óf hulle het al gesterf.
Jy moet ook verstaan dat die tye verander het. Destyds was dit nie so maklik
om na 'n ander land te verhuis nie, veral nadat jy in die oorlog alles verloor
het. Slegs die Nazi-'elite' en die ergste misdadigers het die kans gehad om
vinnig na Suid-Amerika te vlug, en die name van hulle is nogal bekend. Daarom
word (selfs vandag!) nou en dan sommige van hulle opgespoor en voor die
geregshof getrek.
Diegene wat in die 1950s na Suid-Amerika verhuis het, het sekerlik nie weens
hul Nazi-gelede gevlug nie.

Groete,

Thorsten
Re: Oor Lake Erie en Detroit [boodskap #18462 is 'n antwoord op boodskap #18262] Wo, 21 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Leendert van Oostrum" writes: >
> @igs.net wrote in message ...
>> "Leendert van Oostrum" skryf oor die gedigte van
Ferdi Greyling:

> Maar vir sover sy verse ons iets vertel van sy kopwêreld is dit aanduidend
> van 'n onttrekking na 'n soort kosmiese lyflikheid wat nie baie mensbetrokke
> is nie, nie waar nie?

Ek verskil hier van jou. Hy is skryf oor sy land en
sy mense. En hy is nie bang om harde dinge te sê nie.
Luister na die volgende twee gedigte:

DIE TORING VAN BABEL
1948 - 1994

hulle kyk uit oor die land
hulle lag hardop
en waar hulle lag val
groei plante van vrees
hulle praat en hulle woorde
marsjeer soos soldate
deur die strate
hulle gedagtes dra uniform
die honde van hulle wil
blaf langs wette
wat soos doringdraad deur die dae span
in hulle agterkoppe
klik boeie inmekaar
hulle gaan saans huistoe
en sit agter die lessenaar van slaap
om hulle drome skoon te maak en te olie
hulle bou kasernes
hulle sê daar is julle huis
julle sal in planne woon
julle sal apart wees
met julle sal ons
God 'n toring van Babel bou

BISHO

In die argument van 'n skare mense
wat by Bisho bult uit marsjeer
agter vet Pancho aan.
Sy vlag slaan
bloedrooi
teen die stofblou lug
met die massa wat agter hom
soos water tussen die huise
en oor die pad vloei. In die argument
van harde mense in ysterkarre op die bult.
Hul uniforms glimlag om koue gesigte.

Konklusies breek die lug met knalle
boosheid slaan soos reën in die stof
want metaal ruk lywe oop
en bloed en grond sit skielik vuil aan 'n wit hemp vas
by die stadion in Bisho.

In die arms van die rede dan
val die gebreekte mense
van die stadion by Bisho.
En elders.
Hulle sal dwaal in die kamers van die geskiedenis.
Hulle sal die onwaardigheid beërwe
om die sluwe argumente van leiers te illustreer.

Sien ook "Kaapstad 76," met sy geweldige deemoed
nie net vir die man wat geskiet is nie, maar ook vir
die polisie.
Dit is wel waar dat Ferdi Greyling intens bewus is van
die staat van suiwerheid meestal geassosieer met die
onskuld van die kinderdae ( vir hom versimboliseer in
die Klein Karoo van sy kinderdae). Maar hy kruip nie
weg vir die realiteite van die lewe nie. Hy sien hoe die
mens kompromiste moet aangaan, soos in die volgende
gedig:

DIE SON SAK WEG

Weg van die growwe groen heuwels
van die Oos-Kaap,
ver na die suidweste
lê die Swartberge.

My hart het op 'n tyd daar gewoon.
Maar dis blote klip en grond, my liefstes,
wat onder 'n koeëlronde son hoog rys
in die droë Klein Karoo.

Daar verkoop slinkse boere
waatlemoene om aan die lewe te bly.
Re: Oor Lake Erie en Detroit [boodskap #18463 is 'n antwoord op boodskap #18262] Wo, 21 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Thorsten Müller" writes:

> Ek wil nie beledigend wees nie, maar ek twyfel dat die probleem met Duitsers
> in Suid-Amerika bestaan. Die meeste duitssprekendes daar is inderdaad in
> Suid-Amerika gebore, en die klein aantal oud-Nazis wat na Suid-Amerika lande
> gevlug het is óf ten minste 80 jaar oud óf
hulle het al gesterf.


Ja, maar hierdie mense het kinders en klein-
kinders in Suid-Amerika. Dink jy nie dat
hierdie kinders en kleinkinders ook maar
effentjies versigtig sal moet wees om openbaar
te maak wat hulle familie-agtergrond is nie.
Ons kry dieselfde gevalle hier in Kanada, waar
'n verbasende aantal oud-Nazis bly, of al
gedeporteer is. Nazis het baie maklik in Kanada
ingekom na die Tweede Wereld-oorlog. Een van
die redes was glo dat as hulle enige kennis
gehad het wat die Geallieerdes kon baat, hulle
toegelaat is om in te kom om hulle weg te kry
van die Russe wat ook van hulle dienste gebruik
sou kon maak. Wat 'n mens natuurlik verbitter
en verbaas is hoe moeilik dit vir Duitse Jode was
om in Kanada in te kom.

Gloudina
Re: Oor Lake Erie en Detroit [boodskap #18506 is 'n antwoord op boodskap #18262] Do, 22 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Thorsten Müller  is tans af-lyn  Thorsten Müller
Boodskappe: 103
Geregistreer: Julie 1998
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote:
>
> Ja, maar hierdie mense het kinders en klein-
> kinders in Suid-Amerika. Dink jy nie dat
> hierdie kinders en kleinkinders ook maar
> effentjies versigtig sal moet wees om openbaar
> te maak wat hulle familie-agtergrond is nie.
As my oupa 'n Nazi-misdadiger was sou ek waarskynlik geen probleem daarmee hê
om dit toe te gee. Die kwessie is natuurlik hoe ander mense dit verstaan. Maar
ek kon voorstel dat die meeste van hulle intelligent genoeg sou wees om te
besef dat ek nie skuldig is aan my oupa se misdade. Ek kan nie vir
buitelanders praat nie, maar ander Duitsers of duitssprekendes sou dit seker insien.

Een van my vriende, 'n Amerikaanse Jood, het drie of vier jaar in Duitsland
gewerk, en die huisbaas waar hy gewoon het was 'n ou SS-offisier (dit klink
soos 'n Hollywood-storie, maar dit is werklik waar!). Ek het natuurlik gevra
wat hy daaroor dink dat hy - as 'n Jood - by 'n oud-Nazi woon, veral as sy eie
familie uit Duitsland moes vlug, en hy het net gesê: "Die man is altyd
vriendelik teenoor my familie. Ek weet nie wat hy in die oorlog gedoen het,
maar dit was meer as 50 jaar gelede, en ek het geen rede om hom te haat. Sy
houding het klaarblyklik verander, daarom kan ek hom vergewe."

Die voorbeeld is natuurlik baie ongewoonlik, maar dit wys dat intelligente
mense - soos my vriend - van grond af 'n vriendelike houding het. Hy sou jou
nooit veroordeel weens misdade wat jou pa of oupa gedoen het nie. Dit is net
belangrik wat jy dink en wat jy doen.

> Ons kry dieselfde gevalle hier in Kanada, waar
> 'n verbasende aantal oud-Nazis bly, of al
> gedeporteer is. Nazis het baie maklik in Kanada
> ingekom na die Tweede Wereld-oorlog. Een van
> die redes was glo dat as hulle enige kennis
> gehad het wat die Geallieerdes kon baat, hulle
> toegelaat is om in te kom om hulle weg te kry
> van die Russe wat ook van hulle dienste gebruik
> sou kon maak. Wat 'n mens natuurlik verbitter
> en verbaas is hoe moeilik dit vir Duitse Jode was
> om in Kanada in te kom.

Ja, onthou net die VSA se "Space Program". Sonder die help van mense soos
Wernher von Braun (wat ook die V2-vuurpyl gekonstrueer het) sou die
Amerikaners nie so vinnig op die maan geland het nie. Ek is nie seker of von
Braun 'n Nazi was nie, maar daar is genoeg ander voorbeelde. In Duits noem 'n
mens dit "dubbel-moraal". Op die een kant word die Nazis verduiwel, maar
diegene wat nuttig kan wees word vir die VSA in diens gestel. Dit is
interessant dat dit nogal moeilik is om met Amerikaners oor sulke dinge te
praat. Hulle dink gewoonlik dat die VSA die moraliese voorbeeld vir die res
van die wêreld is. Terloops, dit is net 'n objektiewe kommentaar, ek het baie
Amerikaanse vriende, moenie dink dat ek anti-Amerikaans is nie.

Groete,

Thorsten
Re: Oor Lake Erie en Detroit [boodskap #18507 is 'n antwoord op boodskap #18262] Do, 22 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...
> "Leendert van Oostrum" writes: >
>
>> Ja, jy sien: Ons vriend Frikkie is hansie-my-kneg vir Fred Rundle, 'n hoogs
>> intelligente en talentvolle Engelsman wat swartes haat en wat klaarblyklik
>> glo dat hulle geneties minderwaardig is. Hy onderhou, volgens wat mens kan
>> aflei, vriendskaplike en onderlng ondersteunende verhoudings met ander
>> rassiste in die VSA, Nederland en België, Engeland en elders.
>
> So hoekom val jy nooit vir Hansie-my-kneg-Frikkie
> aan nie.

Want hy lieg nie so baie soos jy nie (75%, sê jy?)

> Hoekom reserveer jy al jou energie vir my?

Ag nee wat, Gloudina. Dit verg nie juis "energie" nie :-)

> Erens is iets verkeerd.

Jy weet dan!

>
>
>> Ek weet - jy het ook jou hansie-my kneg hier plaaslik, en jy vertrou op hom
>> (en ander) om op te maak vir jou feitelike en affektiewe tekortkominge. Maar
>> wat jy nie besef nie, is dat ferdi net soos jy gevlug het.
>
> Wel, ou Leendert, ek verkies om te dink dat
> Ferdi die ware Afrikaner met die oop o"e is
> wat met openlikheid en eerlikheid sy huidige
> lewe voortsit in 'n baie gekompliseerde land.

Jy is welkom om te dink soos jy verkies.

Maar vir sover sy verse ons iets vertel van sy kopwêreld is dit aanduidend
van 'n onttrekking na 'n soort kosmiese lyflikheid wat nie baie mensbetrokke
is nie, nie waar nie?

> Ferdi was by Bisho. Ferdi was by begrafnisse
> waar sy lewe in gevaar was. Ferdi was naby
> aan die geboorte van die Nuwe Suid-Afrika,

Was Frikkie nie ook by Bisho nie? Ek weet sommige van sy geesgenote was.

Ergo: Die veni en die vidi impliseer nie noodwendig die vici nie.

En dit lyk nie juis of hy weet wanneer die geboorte van die "Nuwe
Suid-Afrika" plaasgevind het nie - want hy kan nie onderskei tussen dinge
wat voor die geboorte plaasgevind het en dinge wat daarna plaasgevind het
nie.

Maar, soos ek sê, jy is welkom om the glo soos jy verkies. Ek herhaal net:
Jou propaganda gaan nie doeltreffend wees terwyl jy nie jou feite reg het
nie, en terwyl jy verwyderd is van die werklikheid van die mense op wie jou
proganada gemik is.

> En Ferdi lyk dit vir my het respek vir die
> mense van die land.

Njannies? Ek het nog nie juis opgelet dat hy enige respek toon vir sy
gespreksvennote in hierdie en ander forums nie.

Of is dit maar net dat hy nie respek het vir mense wat van hom verskil nie?

> Ek sien nie baie daarvan
> in jou gifpen-geskrifte nie.

Die waarheid is altyd gif vir die leuen, nie waar nie, Gloudina?

Vriendelike groete, Leendert
Re: Oor Lake Erie en Detroit [boodskap #18533 is 'n antwoord op boodskap #18262] Vr, 23 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...
> "Leendert van Oostrum" writes: >
>> @igs.net wrote in message ...
>>> "Leendert van Oostrum" skryf oor die gedigte van
> Ferdi Greyling:
>
>> Maar vir sover sy verse ons iets vertel van sy kopwêreld is dit aanduidend
>> van 'n onttrekking na 'n soort kosmiese lyflikheid wat nie baie mensbetrokke
>> is nie, nie waar nie?
>
>
> Ek verskil hier van jou. Hy is skryf oor sy land en
> sy mense. En hy is nie bang om harde dinge te sê nie.

[ voorbeelde geknip]

> Sien ook "Kaapstad 76," met sy geweldige deemoed
> nie net vir die man wat geskiet is nie, maar ook vir
> die polisie.
> Dit is wel waar dat Ferdi Greyling intens bewus is van
> die staat van suiwerheid meestal geassosieer met die
> onskuld van die kinderdae ( vir hom versimboliseer in
> die Klein Karoo van sy kinderdae). Maar hy kruip nie
> weg vir die realiteite van die lewe nie. Hy sien hoe die
> mens kompromiste moet aangaan, soos in die volgende
> gedig:

[geknip]

Greyling skryf inderdaad oor 'n land en mense. Dat dit "sy land en sy mense"
is, is daar weinig indien enige aanduiding van. Sy perspektief is veel
eerder 'n sterk "outsider"-perspektief.

Dis waarom die mense wat afkerenswaardige dinge doen 'n veel groter element
in die verse is as ander mense, insluitende slagoffers. Waar hy oor ander
mense skryf is dit dan ook juis die slagofferskap wat hom aanpreek.

Greyling se perspektief herinner sterk aan Sartre se uitspraak: "l'enfer
cest les autres" - die hel is my medemens. Maar die perspektief op mense en
gebeure is beswaarlik oorspronklik. Dit hou maar sterk by die konvensionele
mediabeeld van die gebeure.

Dit is miskien nie verbasend nie, dat mens by die lees van die verse die
gevoel kry van 'n gesprek oor Camus in 'n studentekroeg uit die sewentigs.

Nee, wat, Gloudina. As Greyling se verse spreek is dit waar hy praat van
landskappe en sy persepsie van die fisiese omgewing - die soort kosmiese
sensualiteit waarna ek verwys het. Oor mense het hy nie vir ons veel te sê
nie.

En dan is daar nog Derrida, nie waar nie?

Vriendelike groete, Leendert
Vorige onderwerp: Groot Sports!
Volgende onderwerp: Versoek
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 16 14:34:57 MGT 2024