Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Oor Lake Erie en Detroit
Oor Lake Erie en Detroit [boodskap #18262] Wo, 14 Oktober 1998 00:00 na volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
Verlede naweek (ons Kanadese Thanksgiving-
langnaweek) was ek op die mees suidelike punt
van "mainland" Kanada. Point Pelee is 'n kleinerige
skiereiland wat in die waters van Lake Erie vir 'n
paar kilometers insteek. Hulle laat jou toe om met
jou kar tot op 'n sekere punt te ry. Dan neem hulle
jou in hulle eie voertuie tot waar die plantegroei op-
hou. Daarvandaan moet jy maar te voet loop oor die
sand tot by die punt. Daar is nog eilande verder suid
wat in Kanadese waters is. Maar dis die mees suidelike
punt van die Kanadese landmassa. Dit reik verder suid
as Washington staat of Oregon. Dis op dieselfde lyn as
die wynplase van noordelike California. Dit verbaas
mens dus ook nie dat daar wynplase is in daardie deel
van Ontario nie.
As 'n mens in Mei na Point Pelee kom, kan jy glo
duisende der duisende voëls sien wat noordwaarts migreer.
Ons was ook net te laat vir die migrasie van die Monarch-
skoenlappers wat aan die einde van September daar rus
voordat hulle die trek suidwaarts na Meksiko aanvat. Maar
dit was wonderlik om die waters van Lake Erie in die son
te sien skitter aan albei kante en die water teen die strande
te hoor klots.
Lake Erie is 'n meer wat effens van 'n geslote boek is
vir Ontariese mense, behalwe vir hulle wat op die noordelike
deel van die meer woon. Maar vir die Amerikaners aan die
suidelike walle van die meer is Lake Erie van baie groter
belang. Vier state grens op Lake Erie: New York staat, Ohio,
Pennsylvania en Michigan. Daar was selfs 'n Erie Canal wat
van Lake Erie suidwaarts deur waterweë dinge na New York
vervoer het. Deesdae word die dinge natuurlik op skepe deur
die Great Lakes Waterway na die see vervoer.
Een van die belangrikste Amerikaanse stede op Lake Erie
is natuurlik Detroit. (Detroit is die Franse woord vir die Engels
"strait," 'n waterweg-deurgang.) Windsor in Ontario is aan die
anderkant van die strait/detroit waardeur die skepe gaan wat
tussen Lake Erie en Lake St. Clair na Lake Huron wil gaan,
natuurlik deur 'n sisteem van "locks." Tot laas naweek was
ek nog nooit in Windsor nie. En ek wou nie eintlik soontoe
gaan nie, want dit het 'n slegte naam as 'n rowwe plek. Maar
my man en seun staan toe daarop dat ons daar gaan slaap,
want hulle sê ek moet die Detroit-skyline sien. Nouja, Detroit
het net so 'n slegte naam as 'n rowwe plek, en ek was nog
minder lus vir Detroit. Maar toe ek darem die stukkie skyline
van Detroit sien wat regoor Windsor is, toe was ek darem ook
maar deeglik beindruk. Dis vol blink en futuristiese baie
hoë geboue. Maar my seun sê dat as jy op 'n Sondagoggend
daar ingaan, dan gaan daar net mooi niks aan nie.
In die omgewing van Windsor bly daar baie ou Franse
families wat nóg aan die Quebeckers of die Akadiërs verwant
is. Hulle stam af van daardie Franse wat voor die Engelse al
in Noord-Amerika aktief handel gedryf het met die inboorlinge.
Vandaar dan ook die naam Detroit. Daar is baie Franse name
in die plekname van die VSA: Vermont, Lake Champlain, enige
woord met Sault of Portage in. In Maine is daar 'n kleinerige
bergie bekend as Mt. Cadillac. Dis vernoem na 'n Franse
ontdekker. Dis natuurlik ook daarvandaan af dat die naam
Cadillac vir 'n kar kom. Die soort karre word op die walle
van Lake Erie gemaak.

Gloudina Bouwer
Re: Oor Lake Erie en Detroit [boodskap #18263 is 'n antwoord op boodskap #18262] Wo, 14 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Michael E Willett  is tans af-lyn  Michael E Willett
Boodskappe: 182
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 14 Oct 1998 00:44:57 GMT, had the following to say:

|
| Verlede naweek (ons Kanadese Thanksgiving-
|langnaweek) was ek op die mees suidelike punt
|van "mainland" Kanada....

Dankie vir die klein venstertjie wat jy ons gewys het, Gloudina - dis
soveel lekkerder om dit te lees as die slegseery, wat ek sien in elk
geval nou minder raak!

Julle ouens oorsee kan gerus meermale vir ons vertel hoe julle die
verskillende dele van die buiteland ervaar, soos Johan nou onlangs
geskryf het, en hierdie brief van Gloudina.

Iemand se nou die dag vir my ons leef in SA met oogklappe aan sover
dit die buiteland aangaan - is dit so? - en dan beskuldig ons boonop
Amerikaners daarvan dat hulle nie juis bewus is van wat buite hulle
eie state aangaan nie. Kommentaar?

...goodbye en good luck,
Simon
Re: Oor Lake Erie en Detroit [boodskap #18264 is 'n antwoord op boodskap #18262] Wo, 14 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
m...@here.com (Simon) writes:

Gloudina - dis
> soveel lekkerder om dit te lees as die slegseery, wat ek sien in elk
> geval nou minder raak!

Dink jy nie dis miskien omdat jy ook
deels opgehou het om haatsugtige en
rassistiese opmerkings op hierdie
nuusgroep te maak nie?

Voor in die wapad brand 'n lig.

Die tannie van die Derde Vryheidsoorlog,
wat nog kan teiken skiet.
Re: Oor Lake Erie en Detroit [boodskap #18265 is 'n antwoord op boodskap #18262] Wo, 14 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
e...@dot.com (Johan ) writes:

> Hier by ons duik die Frans ook baie gereeld op - soos die ou Franse
> ontdekkers wat in hierdie deel van die noord-Amerikaanse vasteland
> gereis het: Voyageurs.
>
> Johan

Ja, hier by ons is een busdiens se naam
Voyageur.
Die Franse teenwoordigheid is diep in
Noord-Amerika. Die name van sommige lede
van Eerste Nasies is gewoonlik Frans. Die
vorige president van die Assosiasie van
Eerste Nasies in Kanada was Ovide Mercredi.
Nou is dit Phil Fontaine. Daarbenewens is
daar natuurlik die Metis-groep, wat hulle
self sien as die afstammelinge van Franse
en Eerste Nasies, en 'n aparte drukgroep
vorm.

Ek is geinteresseerd: in hoe 'n mate is die
woord "om te portage" (om jou kanoe oor jou
kop te dra tussen twee mere of riviere) alreeds
'n internasionale woord? Wat sê 'n mens in SA
as jy jou kanoe bokant jou kop dra, op jou
eie of met 'n maat saam?

Gloudina
Re: Oor Lake Erie en Detroit [boodskap #18300 is 'n antwoord op boodskap #18262] Do, 15 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Simon wrote in message ...

> Iemand se nou die dag vir my ons leef in SA met oogklappe aan sover
> dit die buiteland aangaan - is dit so? - en dan beskuldig ons boonop
> Amerikaners daarvan dat hulle nie juis bewus is van wat buite hulle
> eie state aangaan nie. Kommentaar?

Ek dink die inwoners van 'n klein land soos SA is in die algemeen veel meer
blootgestel aan die meer dominante samelewings as andersom - kyk maar net
een aand TV.

Wat ek wel ervaar het, is dat verblyf in die buiteland jouhelp om 'n ander
perspektief op jou eie land te kry.

Maar miskien geld dit ook nie vir lede van dominante samelewings nie. Daar
is die ou storie van die Engelse tantes voor die oorlog in China wat sê:
"But we aren't foreign, we are British!"

Dit het sy ekwivalente as jy Noord-Europese en -Amerikaanse toeriste elders
in die wêreld (insluitende in Suid-Europa) dophou.

Groete, Leendert
Re: Oor Lake Erie en Detroit [boodskap #18301 is 'n antwoord op boodskap #18262] Do, 15 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri-John Kock  is tans af-lyn  Henri-John Kock
Boodskappe: 69
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Volle Lid
@igs.net wrote:

> m...@here.com (Simon) writes:
>
> Gloudina - dis
>> soveel lekkerder om dit te lees as die slegseery, wat ek sien in elk
>> geval nou minder raak!
>
> Dink jy nie dis miskien omdat jy ook
> deels opgehou het om haatsugtige en
> rassistiese opmerkings op hierdie
> nuusgroep te maak nie?
>

Gloudina maak nooit haatsugtige opmerkings nie.

> Voor in die wapad brand 'n lig.
>

...is dit dalk 'n aankomende vragmotor ? (hoekom steek meeste van jou
gesegdes omtrent 30 jaar gelede vas ?)

> Die tannie van die Derde Vryheidsoorlog,
> wat nog kan teiken skiet.

Nie meer vir lank met die Kanadese vuurwapenwetgewing nie.

--
My views do not necessarily represent those of Telkom Sa Ltd
(or any affiliates).

H-J
Re: Oor Lake Erie en Detroit [boodskap #18314 is 'n antwoord op boodskap #18262] Vr, 16 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
Henri-John Kock
>
>> Voor in die wapad brand 'n lig.
>>
> (hoekom steek meeste van jou
> gesegdes omtrent 30 jaar gelede vas ?)

As jy nie kan sien wat deur hierdie
metode be-oog en bereik word nie,
dan is jy darem maar 'n dimwit.

Tant Hessie se witperd
Re: Oor Lake Erie en Detroit [boodskap #18315 is 'n antwoord op boodskap #18262] Vr, 16 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Leendert van Oostrum"

>> m...@here.com (Simon) writes:
>>
>> Gloudina - dis
>>> soveel lekkerder om dit te lees as die slegseery, wat ek sien in elk
>>> geval nou minder raak!
>>
>> Dink jy nie dis miskien omdat jy ook
>> deels opgehou het om haatsugtige en
>> rassistiese opmerkings op hierdie
>> nuusgroep te maak nie?
>
>
> ...lispel die Moeder van alle Haatstokers.

Nee, ou Leendert, maar ek werk
vir die terugwinning van die ikone
van die Afrikaner, dit wat sy knoppies
druk (verskoon die anglisisme) van
diegene soos Frikkie en Kie. wat
eintlik nie omgee vir Afrikaans en
die hele Afrikaner-familie met hulle
diverse karakter nie, maar werk net
om hulle rasse- en groeps-belange te
bevorder. Dus : voor in die wapad
brand die lig vir die Afrikaner binne
en buite SA wat sy belangrike plek in
die lewe van Suid-Afrika inneem en
uitbou. Soos Derek Hanekom.

Tant Hessie en haar witperd
Re: Oor Lake Erie en Detroit [boodskap #18316 is 'n antwoord op boodskap #18262] Vr, 16 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote:

> m...@here.com (Simon) writes:
>
> Gloudina - dis
>> soveel lekkerder om dit te lees as die slegseery, wat ek sien in elk
>> geval nou minder raak!
>
> Dink jy nie dis miskien omdat jy ook
> deels opgehou het om haatsugtige en
> rassistiese opmerkings op hierdie
> nuusgroep te maak nie?

...lispel die Moeder van alle Haatstokers.
Re: Oor Lake Erie en Detroit [boodskap #18317 is 'n antwoord op boodskap #18262] Vr, 16 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri-John Kock  is tans af-lyn  Henri-John Kock
Boodskappe: 69
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Volle Lid
@igs.net wrote:

> Henri-John Kock
>>
>>> Voor in die wapad brand 'n lig.
>>>
>>
> (hoekom steek meeste van jou
>> gesegdes omtrent 30 jaar gelede vas ?)
>
> As jy nie kan sien wat deur hierdie
> metode be-oog en bereik word nie,
> dan is jy darem maar 'n dimwit.

Ek weet nie wat jy beoog nie, maar wat jy bereik is die volgende: Jy
laat dit blyk dat, sedert jy uit Suid-Afrika is, het die afrikaans wat
jy praat agtergebly vergeleke met die afrikaans wat hiergepraat word.
Dis ook interessant dat jy gereëld engelse sleng gebruik. Ek neem aan jy
praat nie baie afrikaans in jou huis nie ?

> Tant Hessie se witperd
>

Wat dit ookal beteken.

--
My views do not necessarily represent those of Telkom Sa Ltd
(or any affiliates).

H-J
Re: Oor Lake Erie en Detroit [boodskap #18327 is 'n antwoord op boodskap #18262] Sa, 17 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina skryf:

> Dus : voor in die wapad
> brand die lig vir die Afrikaner binne
> en buite SA wat sy belangrike plek in
> die lewe van Suid-Afrika inneem en
> uitbou. Soos Derek Hanekom.

Gloudina,

Ek dink Derek Hanekom is die laaste ou wat homself 'n Afrikaner sal noem,
nie om enige ideologiese redes nie, maar vanweë die feit dat hy eintlik
Engelssprekend is! Soms probeer hy natuurlik Afrikaans praat, maar dit gaan
maar hinkende-pinkende.

Dis natuurlik 'n verskynsel in SA dat jy nie bloot deur na iemand se naam te
kyk, kan besluit of hy Afrikaans, Engels of selfs Xhosa sprekend is nie.
Saam met my op skool was James Ackhurst, en hy kon nie twee woorde Engels na
mekaar sê nie. Ook speel daar 'n outjie vir Griekwas krieket met die naam
Loots Bosman, en sy huistaal is Xhosa!

Groete
Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is nie vir Sissies nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Re: Oor Lake Erie en Detroit [boodskap #18328 is 'n antwoord op boodskap #18262] Sa, 17 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Thorsten Müller  is tans af-lyn  Thorsten Müller
Boodskappe: 103
Geregistreer: Julie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Henri Burger wrote:
>
> En het jy al gehoor hoe praat daai ouens in Argentinië Afrikaans?

Ek onthou dat ek in my eerste Afrikaans-leerboek gelees het dat Afrikaans ook
in dele van Argentinië gepraat word. Kan iemand vir my meer vertel? Ek sou
graag weet of dit waar is, hoeveel mense dit daar praat en hoe dit daar
ingevoer was.

Baie dankie en groete,

Thorsten
Re: Oor Lake Erie en Detroit [boodskap #18329 is 'n antwoord op boodskap #18262] Sa, 17 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Henri-John Kock skryf:

> Ek weet nie wat jy beoog nie, maar wat jy bereik is die volgende: Jy
> laat dit blyk dat, sedert jy uit Suid-Afrika is, het die afrikaans wat
> jy praat agtergebly vergeleke met die afrikaans wat hiergepraat word.

Ek sou sê dit is 'n logiese verskynsel, Henri-John. Dis so goed die
Nederlanders sê die taal wat ons nou praat het agtergebly by moderne
Nederlands.

En het jy al gehoor hoe praat daai ouens in Argentinié Afrikaans?

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is nie vir Sissies nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Re: Oor Lake Erie en Detroit [boodskap #18330 is 'n antwoord op boodskap #18262] Sa, 17 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Henri Burger" writes:
>
> Ek dink Derek Hanekom is die laaste ou wat homself 'n Afrikaner sal noem,
> nie om enige ideologiese redes nie, maar vanweë die feit dat hy eintlik
> Engelssprekend is! Soms probeer hy natuurlik Afrikaans praat, maar dit gaan
> maar hinkende-pinkende.

OK, OK, Henri. Ek het Derek Hanekom se naam
daar ingesit om vuur te trek. Deesdae speel
ons diensverskaffer rond met ons konneksies,
en sien ek soms nie my eie poste nie, en die
enigste manier om uit te vind dat dit erens
uitkom, is om te sien of dit aangehaal word!

> Dis natuurlik 'n verskynsel in SA dat jy nie bloot deur na iemand se naam te
> kyk, kan besluit of hy Afrikaans, Engels of selfs Xhosa sprekend is nie.
> Saam met my op skool was James Ackhurst, en hy kon nie twee woorde Engels na
> mekaar sê nie. Ook speel daar 'n outjie vir Griekwas krieket met die naam
> Loots Bosman, en sy huistaal is Xhosa!

Soos die McDonalds waar ek grootgeword het,
wat seker nooit een woord Engels geleer het
nie. Hulle is egter afstammelinge van daardie
Skotse predikante wat in die neentiende eeu
deur die Engelse ingebring is om die Boere
te verengels.Toe verafrikaans hulle toet en
taal!

Gloudina
Re: Oor Lake Erie en Detroit [boodskap #18331 is 'n antwoord op boodskap #18262] Sa, 17 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina skryf:

> Soos die McDonalds waar ek grootgeword het,
> wat seker nooit een woord Engels geleer het
> nie. Hulle is egter afstammelinge van daardie
> Skotse predikante wat in die neentiende eeu
> deur die Engelse ingebring is om die Boere
> te verengels.Toe verafrikaans hulle toet en
> taal!

Of die nasate van Jao Albasini, Portugese handelaar naby die huidige
Skukuza, wat nou hier by ons rondloop, verskeie met die presiese naam, en
almal Afrikaanssprekend is, want ou Jao het vir hom 'n Afrikaanse vrou
gevat.

Dan praat ek nie eers van die bekende Afrikaanse van Ferreira nie!

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is nie vir Sissies nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Re: Oor Lake Erie en Detroit [boodskap #18348 is 'n antwoord op boodskap #18262] So, 18 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Thorsten Müller skryf:

> Ek onthou dat ek in my eerste Afrikaans-leerboek gelees het dat Afrikaans ook
> in dele van Argentinié gepraat word. Kan iemand vir my meer vertel? Ek sou
> graag weet of dit waar is, hoeveel mense dit daar praat en hoe dit daar
> ingevoer was.

Na die tweede Anglo-Boere oorlog is 'n groep Afrikaners na Argentinié omdat
hulle nie die eed van getrouheid aan die Britse kroon wou aflê nie, maar
hulle het vinnig verspaans, en vandag is daar slegs enkeles oor, wat 'n baie
argaïese vorm van Afrikaans magtig is.

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is nie vir Sissies nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Re: Oor Lake Erie en Detroit [boodskap #18349 is 'n antwoord op boodskap #18262] So, 18 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
hancil@mweb.co.zä (Hannes Cilliers) writes:

> -> Henri, ek dink in Argentini"e praat
> -> hulle Portugees.
>
> Spaans, Gloudina.

>
> Die 'streep' is so ongeveer die suidelike grens van Brasilië. In
> Brasilië praat hulle Portugees.

Hannes, dankie vir die inligting. Moes seker
twee keer gedink het voor ek so wysneusig vir
Henri wou regsit. Dan sou ek onthou het dat
Evita Peron bande met Spanje gehad het.

Don't cry for me, Argentina.
Evita Bezuidenhout.
Re: Oor Lake Erie en Detroit [boodskap #18350 is 'n antwoord op boodskap #18262] So, 18 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina skryf:

> Henri, ek dink in Argentini"e praat
> hulle Portugees. Dis omdat, lank gelede,
> die Rooms Katolieke kerk se owerheid die
> kaart van Suid-Amerika gevat het, 'n streep
> daardeur getrek het en vir hulle Spaanse
> en Portugese sendelinge vertel het dat die
> Portugese op die een kant moet bly en die
> Spaanse sendelinge op die ander. (Onthou die
> storie van "The Mission.")

Ek dink jy ruil die twee om, Gloudina. Brasilië is Portugeessprekend, omdat
hy die enigste een is wat vér genoeg oos is om aan die Pous se dekreet te
voldoen.

> van Suid-Amerika. Ook Portugese uit SA, Daar is
> sterk bande tussen die suidelike deel van Afrika
> en die suidelike deel van Suid-Amerika. Wonder
> of Portugese uit suidelike Afrika daarheen uitwyk
> op hulle "chicken run," liewers as om terug te
> gaan na Portugal?

Die met wie ek hier rond kontak het, lyk my het almal bande met Madeira, en
het al vir my wyn saamgebring as hulle daar gaan besoek aflê, maar ek weet
van niemand wat Suid Amerika toe is nie.

>
> Ek het ook eenkeer 'n karakter in 'n storie van
> Borges teengekom wat duidelik 'n Afrikaner-naam
> was, en dit nogal 'n ietwat onsuiwere karakter.

Dit kan moontlik ook van Duitse afkoms wees, want daar het blykbaar heelwat
van hulle ook na Suid Amerika gevlug na die 2de Wêreldoorlog. Miskien kan
Thorsten my hieroor uithelp.

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is nie vir Sissies nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Re: Oor Lake Erie en Detroit [boodskap #18351 is 'n antwoord op boodskap #18262] So, 18 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Henri Burger" writes: >

>
> Na die tweede Anglo-Boere oorlog is 'n groep Afrikaners na Argentinié omdat
> hulle nie die eed van getrouheid aan die Britse kroon wou aflê nie, maar
> hulle het vinnig verspaans, en vandag is daar slegs enkeles oor, wat 'n baie
> argaïese vorm van Afrikaans magtig is.
>
> Groete

Henri, ek dink in Argentini"e praat
hulle Portugees. Dis omdat, lank gelede,
die Rooms Katolieke kerk se owerheid die
kaart van Suid-Amerika gevat het, 'n streep
daardeur getrek het en vir hulle Spaanse
en Portugese sendelinge vertel het dat die
Portugese op die een kant moet bly en die
Spaanse sendelinge op die ander. (Onthou die
storie van "The Mission.")

Ek was verbaas, eenkeer toe ons uit Johannesburg
oor Rio de Janeiro teruggevlieg het na Kanada,
hoeveel Portugese daar op die vliegtuig was uit
Mosambiek met as destinasie die oostelike dele
van Suid-Amerika. Ook Portugese uit SA, Daar is
sterk bande tussen die suidelike deel van Afrika
en die suidelike deel van Suid-Amerika. Wonder
of Portugese uit suidelike Afrika daarheen uitwyk
op hulle "chicken run," liewers as om terug te
gaan na Portugal?

Ek het ook eenkeer 'n karakter in 'n storie van
Borges teengekom wat duidelik 'n Afrikaner-naam
was, en dit nogal 'n ietwat onsuiwere karakter.

Gloudina
Re: Oor Lake Erie en Detroit [boodskap #18352 is 'n antwoord op boodskap #18262] So, 18 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
hancil@mweb.co.zä (Hannes Cilliers) writes:

> Ek het in Bariloche in die Argentynse Andes (waar die Springbokke al
> rugby gespeel het) 'n gesin ontmoet waarvan net die ouma nog 'n
> ouwêreldse Afrikaans kan praat -- die kinders praat almal Spaans.

Kan jy bietjie verduidelik van die
"ouwereldse Afrikaans." Het dit
effens Nederlands geklink of was
die intonasies anders?

Gloudina
Re: Oor Lake Erie en Detroit [boodskap #18353 is 'n antwoord op boodskap #18262] So, 18 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
hancil  is tans af-lyn  hancil
Boodskappe: 28
Geregistreer: Augustus 1998
Karma: 0
Junior Lid
Op 18 Oct 1998 12:40:10 GMT skryf :

-> Henri, ek dink in Argentini"e praat
-> hulle Portugees.

Spaans, Gloudina.

-> Dis omdat, lank gelede,
-> die Rooms Katolieke kerk se owerheid die
-> kaart van Suid-Amerika gevat het, 'n streep
-> daardeur getrek het en vir hulle Spaanse
-> en Portugese sendelinge vertel het dat die
-> Portugese op die een kant moet bly en die
-> Spaanse sendelinge op die ander. (Onthou die
-> storie van "The Mission.")

Die 'streep' is so ongeveer die suidelike grens van Brasilië. In
Brasilië praat hulle Portugees.

-> Ek was verbaas, eenkeer toe ons uit Johannesburg
-> oor Rio de Janeiro teruggevlieg het na Kanada,
-> hoeveel Portugese daar op die vliegtuig was

Dis omdat Rio in Brasilië is.

Ek het in Bariloche in die Argentynse Andes (waar die Springbokke al
rugby gespeel het) 'n gesin ontmoet waarvan net die ouma nog 'n
ouwêreldse Afrikaans kan praat -- die kinders praat almal Spaans.

Groete
Hannes

...sonder die umlaut sal e-pos my bereik...
Re: Oor Lake Erie en Detroit [boodskap #18354 is 'n antwoord op boodskap #18262] So, 18 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur Hagen  is tans af-lyn  Arthur Hagen
Boodskappe: 559
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net heeft geschreven...
> Henri, ek dink in Argentini"e praat
> hulle Portugees. Dis omdat, lank gelede,
> die Rooms Katolieke kerk se owerheid die
> kaart van Suid-Amerika gevat het, 'n streep
> daardeur getrek het en vir hulle Spaanse
> en Portugese sendelinge vertel het dat die
> Portugese op die een kant moet bly en die
> Spaanse sendelinge op die ander. (Onthou die
> storie van "The Mission.")

Dat laatste is waar, maar in Latijns Amerika lag alleen Brazilië aan de
"Portugese" kant van die lijn. In Argentinié spreken ze Spaans.

Groeten,
Arthur
Re: Oor Lake Erie en Detroit [boodskap #18355 is 'n antwoord op boodskap #18262] So, 18 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Rian Schutte  is tans af-lyn  Rian Schutte
Boodskappe: 5
Geregistreer: Mei 1998
Karma: 0
Junior Lid
Thorsten Müller wrote in article
...
> Henri Burger wrote:
>>
>> En het jy al gehoor hoe praat daai ouens in Argentinié Afrikaans?
>
> Ek onthou dat ek in my eerste Afrikaans-leerboek gelees het dat Afrikaans ook
> in dele van Argentinié gepraat word. Kan iemand vir my meer vertel? Ek sou
> graag weet of dit waar is, hoeveel mense dit daar praat en hoe dit daar
> ingevoer was.
>
> Baie dankie en groete,
>
> Thorsten
>
> 'n Televisiespan wat verlede jaar gaan kyk het, het etlike duisende
afstammelinge van die oorspronklike groep gevind. Hulle is hoofsaaklik te
vinde in Patagonie. Hierdie mense is afstammelinge van die bittereinders
wat uitgewyk het na die vrede van Vereeniging eerder as om hul te onderwerp
aan die Engelse. Die ouer mense (45+) kan nog Afrikaans praat maar die
jongeres het dit meestal, of verleer of nooit geleer nie. Kontak tussen
hulle en Afrikaners in Suid Afrika is redelik sporadies. Van die
bittereinders is ook na die V.S.A., maar van hulle weet ons bitter min.

Groete

Rian
Re: Oor Lake Erie en Detroit [boodskap #18375 is 'n antwoord op boodskap #18262] Ma, 19 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hjalmar Gerber  is tans af-lyn  Hjalmar Gerber
Boodskappe: 72
Geregistreer: November 1997
Karma: 0
Volle Lid
Gloudina gee voor...

>> Praat jy hier van 'n soort kleurling groep??
>
>> Simon
>
> Wel, ek sal hulle nou nie 'n "kleurling"-
> groep gaan noem nie, want die element van
> kleur is nie hier ter sake nie. "Metis"
> kan vertaal word in Engels as "van gemengde
> afkoms".

Hierdie is natuurlik die amptelike, polities-korrekte
weergawe wat Ottawa (waar Gloudina woon) aan die wêreld
wil voorhou.

Of dit nou iets met die werklike toedrag van sake uit te
waai het, is heeltemal 'n ander saak. Die antwoord wat
'n gemiddelde Kanadees sal gee, hang af van wie die vraag
vra. As hy dink dat jy Ottawa-burokrasie-gesinde (links-
sosialistiese) bande het, sal jy Gloudina se weergawe hoor.
Andersins, as hy op sy gemak is, sal jy waarskynlik die
waarheid hoor.

Neem in ag dat hierdie nou nie sake is wat in 'n politieke
verkiesingsveldtog bo-aan die lys staan nie.

O, en Gouldina is nie die amptelike mondstuk vir alle
Kanadese nie.

Hjalmar
________
Re: Oor Lake Erie en Detroit [boodskap #18376 is 'n antwoord op boodskap #18262] Ma, 19 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri-John Kock  is tans af-lyn  Henri-John Kock
Boodskappe: 69
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Volle Lid
Henri Burger wrote:

> Ek sou sê dit is 'n logiese verskynsel, Henri-John. Dis so goed die
> Nederlanders sê die taal wat ons nou praat het agtergebly by moderne
> Nederlands.
>

Met die verskil dat Afrikaans as taal erken word.

> En het jy al gehoor hoe praat daai ouens in Argentinië Afrikaans?

Interessant dat jy dit noem. Ek het in 1991 saam met 'n meisie van
Argentinië gestudeer. Sy was toe omtrent 18-20 jaar oud, en het Afrikaans
gepraat met wat vir my geklink het soos 'n kaapse aksent. Ek moes eers
later uitvind dat sy eintlik van Argentinië is ! Mense met wie ek graag
meer sou wou kontak hê is van die mense in Eldoret, in Kenia, en in die
klein afrikaanse gemeenskappe in Zimbabwe (daar is een net suid van Harare,
ek vergeet nou die naam). Ek was saam met die universiteitskoor in Zim in
1995. Die mense in hierdie gemeenskap het ons daar verwelkom en gehuisves.
Dit was heel duidelik dat hulle die afrikaanse sang waardeer het.

> Groete
>
> Henri Burger, Tzaneen. RSA
> 'Afrika is nie vir Sissies nie!'
> (e-mail: remove 'sukikaki.')

Ek het die nuutste hardekoolvuur baie geniet.

--
My views do not necessarily represent those of Telkom Sa Ltd
(or any affiliates).

H-J
Re: Oor Lake Erie en Detroit [boodskap #18377 is 'n antwoord op boodskap #18262] Ma, 19 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Michael E Willett  is tans af-lyn  Michael E Willett
Boodskappe: 182
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 14 Oct 1998 17:52:16 GMT, had the following to say:

|m...@here.com (Simon) writes:
|
| Gloudina - dis
|> soveel lekkerder om dit te lees as die slegseery, wat ek sien in elk
|> geval nou minder raak!
|
|
| Dink jy nie dis miskien omdat jy ook
| deels opgehou het om haatsugtige en
| rassistiese opmerkings op hierdie
| nuusgroep te maak nie?
|
| Voor in die wapad brand 'n lig.
|
| Die tannie van die Derde Vryheidsoorlog,
| wat nog kan teiken skiet.
|
Is jou persoonlikheid so swak en beinvloedbaar dat ek net hoef te sê
ek hou nie van swartes nie, en dan trigger dit alles wat lelik is in
jou?

Aanvaar nou maar eerder met goeie grasie die bietjie prysing wat na
jou kant toe kom.

So Gloudina, gun my ook my opinie. Jy hoef nie so negatief en
aanvallend daarop te reageer nie. Redeneer eerder die punt en moenie
die persoon aanval soos jy altyd gedoen het nie.

Dis mos nou baie lekkerder soos dit nou gaan. Ons hoef nie op te hou
moeilike sake te bespreeknie, maar die redenasies moet net nie
persoonlik raak nie. Aan swak redenasies soos die wat Ferdi gebruik,
kan mens nou nie veel doen nie, maar selfs hy lyk of hy probeer wegbly
van persoonlike aanvalle.

...goodbye en good luck,
Simon
Re: Oor Lake Erie en Detroit [boodskap #18378 is 'n antwoord op boodskap #18262] Ma, 19 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote:
>
> OK, OK, Henri. Ek het Derek Hanekom se naam
> daar ingesit om vuur te trek. Deesdae speel
> ons diensverskaffer rond met ons konneksies,
> en sien ek soms nie my eie poste nie, en die
> enigste manier om uit te vind dat dit erens
> uitkom, is om te sien of dit aangehaal word!

Wel van al die verskonings wat nog op die nuusgroep gebruik is wanner
iemand probeer sê dat hy/sy nonsens gepraat het vat die een die koek.
Baie geluk Gloudina, eerste prys vir MOVUDMHA (mees oorspronklike voet
uit die mond haal argument)!

Chhers
Lou
Re: Oor Lake Erie en Detroit [boodskap #18379 is 'n antwoord op boodskap #18262] Ma, 19 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Thorsten Müller  is tans af-lyn  Thorsten Müller
Boodskappe: 103
Geregistreer: Julie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Henri Burger wrote:
>
>> Ek het ook eenkeer 'n karakter in 'n storie van
>> Borges teengekom wat duidelik 'n Afrikaner-naam
>> was, en dit nogal 'n ietwat onsuiwere karakter.
>
> Dit kan moontlik ook van Duitse afkoms wees, want daar het blykbaar heelwat
> van hulle ook na Suid Amerika gevlug na die 2de Wêreldoorlog. Miskien kan
> Thorsten my hieroor uithelp.

Ja, na die 2de Wêreldoorlog het natuurlik sommige Nazis na lande in Suid
Amerika gevlug, maar die aantal van hulle is nogal klein. Sover ek weet het
baie Duitsers veral in die 19de eeu na Suid Amerika verhuis om 'n nuwe lewe te
begin. Daar is baie dorpe wat van mense uit Duitsland gegrond was, en baie van
die mense wat daar woon kan vandag nog Duits praat. My pa het op 'n
besigheidsreis eens 'n Argentiniër ken geleer wat perfek Duits kon praat, en
die man het gesê dat dit sy moedertaal was.

Onthou die ou diktator wat lank in... Paraguay? Bolivië? geregeer het. Ek dink
sy naam was "Stroessner", blykbaar 'n Duitse naam.

Groete,

Thorsten
Re: Oor Lake Erie en Detroit [boodskap #18380 is 'n antwoord op boodskap #18262] Ma, 19 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Michael E Willett  is tans af-lyn  Michael E Willett
Boodskappe: 182
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 14 Oct 1998 19:04:51 GMT, had the following to say:

| Nou is dit Phil Fontaine. Daarbenewens is
| daar natuurlik die Metis-groep, wat hulle
| self sien as die afstammelinge van Franse
| en Eerste Nasies, en 'n aparte drukgroep
| vorm.
Praat jy hier van 'n soort kleurling groep??

...goodbye en good luck,
Simon
Re: Oor Lake Erie en Detroit [boodskap #18381 is 'n antwoord op boodskap #18262] Ma, 19 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Henri-John Kock skryf:

> Mense met wie ek graag
> meer sou wou kontak hê is van die mense in Eldoret, in Kenia,

Ek dink nie daar is veel van hulle oor nie, indien enige. Van hulle nasate
was saam met my op universitie, maar ek dink die meerderheid het na uhuru
Kenia verlaat.

> en in die
> klein afrikaanse gemeenskappe in Zimbabwe (daar is een net suid van Harare,
> ek vergeet nou die naam).

Die Republiek van Enkeldoring (Acacia robusta)! Kort na die totstandkoming
van Zimbabwe het ons daar by die hotel gestop vir Sondag middagete, en die
kroeg was oop (iets wat daai tyd ongekend was in SA op 'n Sondag), en ek het
die tronksel binne-in die kroeg baie amusant gevind.

Ek is bevrees hy is ook nie meer nie, deesdae Chivu, as my feite reg is. Die
laaste keer wat ek daar deur is, het hy 'n sterk Oosterse (subkontinent)
karakter gehad.

Van tyd tot tyd hoor ons hier mense van Zimbabwe praat op die radio oor
boerdery en sake kwessies, dikwels met duidelik Afrikaanse name, maar hulle
sukkel ook maar met Afrikaanse terme.

Namibië is natuurlik 'n ander kwessie, want daar praat almal Afrikaans.

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is nie vir Sissies nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Re: Oor Lake Erie en Detroit [boodskap #18382 is 'n antwoord op boodskap #18262] Ma, 19 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
lou writes: > @igs.net wrote:
>>
>> OK, OK, Henri. Ek het Derek Hanekom se naam
>> daar ingesit om vuur te trek. Deesdae speel
>> ons diensverskaffer rond met ons konneksies,
>> en sien ek soms nie my eie poste nie, en die
>> enigste manier om uit te vind dat dit erens
>> uitkom, is om te sien of dit aangehaal word!
>
> Wel van al die verskonings wat nog op die nuusgroep gebruik is wanner
> iemand probeer sê dat hy/sy nonsens gepraat het vat die een die koek.
> Baie geluk Gloudina, eerste prys vir MOVUDMHA (mees oorspronklike voet
> uit die mond haal argument)!
>
> Chhers
> Lou


Dankie Lou. Ek het met absolute sekerheid
geweet dat as ek die woorde "Derek Hanekom"
gebruik, jy vuur sal begin spoeg. So ook
my verwagting dat Leendert sal reageer.
Wanneer sal jy begin leer dat driekwart van
wat ek doen, lokvalle is?

Nou wens ek net ons Afrikaanse nuusgroep wil
weer normaal word. Dinge raak weg, word nie
gepos nie. Somtyds is daar geen items, soms
net 'n paar. Somtyds is daar poste uit ander
nuusgroepe op. Kry ander dieselfde versteurings?
Hilda in Oosteinde dink so. Enigiemand anders?

Gloudina
Re: Oor Lake Erie en Detroit [boodskap #18383 is 'n antwoord op boodskap #18262] Ma, 19 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...
> "Leendert van Oostrum"

>>
>> ...lispel die Moeder van alle Haatstokers.
>
>
> Nee, ou Leendert, maar ek werk
> vir die terugwinning van die ikone
> van die Afrikaner, dit wat sy knoppies
> druk (verskoon die anglisisme) van
> diegene soos Frikkie en Kie. wat
> eintlik nie omgee vir Afrikaans en
> die hele Afrikaner-familie met hulle
> diverse karakter nie, maar werk net
> om hulle rasse- en groeps-belange te
> bevorder.

Ek weet. Jy toon hierdie koddige manifestasies van megalomania - dat jy die
ikonografie van "die Afrikaner" kan manipuleer (wat 'n ander manier is om te
sê "ek is besig met doelbewuste propaganda").

Maar jou lomp, dom pogings, vir sover hulle effek het, is die
teenoorgestelde van wat jy beoog (Ek het jou al tevore hieroor gewaarsku,
maar jy wil nie hoor nie - vir sover jy iets bereik is jy besig om
draketande te saai.) Die redes is soos volg:

a) Jy is te onkundig aangaande die feite waarna jy verwys om legitimiteit
te verwerf. Jy is doodeenvoudig te ver van die werklikheid van die mense wat
jy probeer manipuleer - daarom loop jy jou konstant vas in feitefoute (soos
die verwysing na Hanekom hieronder). Terwyl dit die geval is, kan jy vergeet
om aanspraak te maak op geloofwaardigheid.

b) Jy is heeltemal verwyderd, ook van wat oorle Sizwe genoem het die
"emotional reality" van die mense wat jy probeer manipuleer. Die enigstes by
wie jy aanklank vind is mense wat net so oppervlakkig ingelig is as jy
(ander buitelanders, meesal) of mense wat, soos jy, 'n vlugteling is van 'n
werklikheid wat julle nie wil hanteer nie - ferdi val saam met jou in
hierdie kategorie.

Die probleem met b) is dat jy geen idee het wat die werklike reaksie is wat
plaasvind wanneer jy bepaalde "knoppies druk" nie.

> Dus : voor in die wapad
> brand die lig vir die Afrikaner binne
> en buite SA wat sy belangrike plek in
> die lewe van Suid-Afrika inneem en
> uitbou. Soos Derek Hanekom.

Ja, jy sien: Ons vriend Frikkie is hansie-my-kneg vir Fred Rundle, 'n hoogs
intelligente en talentvolle Engelsman wat kaffers haat en wat klaarblyklik
glo dat hulle geneties minderwaardig is. Hy onderhou, volgens wat mens kan
aflei, vriendskaplike en onderlng ondersteunende verhoudings met ander
rassiste in die VSA, Nederland en België, Engeland en elders.

Maar jy sien, hulle het 'n groot voorsprong op jou. Hulle is wel in die
situasie, en hulle het 'n veel beter aanvoeling vir die meeste mense se
werklike en gewaande vrese as wat jy het.

Ek weet - jy het ook jou hansie-my kneg hier plaaslik, en jy vertrou op hom
(en ander) om op te maak vir jou feitelike en affektiewe tekortkominge. Maar
wat jy nie besef nie, is dat ferdi net soos jy gevlug het. Ons het al male
sonder tal hier gesien dat hy dermate in 'n droomwêreld leef dat hy nie eens
'n eenvoudige opvolg van gebeure korrek het nie - soos watter
beleidsbepalings dateer uit die era voor 1990 en watter van hulle dateer uit
die era na 1994.

Die gevolg is dit: Ek reken dat jy veel meer dikwels die teenoorgestelde
bereik as dat jy regkry wat jy wil bereik. (Ek weet nie of dit veel is wat
jy regkry nie - na die een of na die ander kant nie.)

Maar ek het jou al tevore vertel - daar is veel meer aan die gang hier as
wat jy of jou keffertjies vermoed. Baie daarvan is goed, maar baie daarvan
is skrikwekkend op 'n manier waaroor ek en jy sal saamstem dat dit
skrikwekkend is.

En ek vrees dat jy in jou onkunde besig is om vure aan te steek waar jy dit
nie wil hê nie. Jou onnosele uitlatings, en jou skrille geskel, dink ek,
doen veel meer om houdinge te verstar as enigiets anders.

Vriendelike groete, Leendert
Re: Oor Lake Erie en Detroit [boodskap #18384 is 'n antwoord op boodskap #18262] Ma, 19 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Thorsten Müller" writes: > Henri Burger wrote:
>>
>>> Ek het ook eenkeer 'n karakter in 'n storie van
>>> Borges teengekom wat duidelik 'n Afrikaner-naam
>>> was, en dit nogal 'n ietwat onsuiwere karakter.
>>
>> Dit kan moontlik ook van Duitse afkoms wees, want daar het blykbaar heelwat
>> van hulle ook na Suid Amerika gevlug na die 2de Wêreldoorlog. Miskien kan
>> Thorsten my hieroor uithelp.
>
> Ja, na die 2de Wêreldoorlog het natuurlik sommige Nazis na lande in Suid
> Amerika gevlug, maar die aantal van hulle is nogal klein. Sover ek weet het
> baie Duitsers veral in die 19de eeu na Suid Amerika verhuis om 'n nuwe lewe te
> begin. Daar is baie dorpe wat van mense uit Duitsland gegrond was, en baie van
> die mense wat daar woon kan vandag nog Duits praat. My pa het op 'n
> besigheidsreis eens 'n Argentiniër ken geleer wat perfek Duits kon praat, en
> die man het gesê dat dit sy moedertaal was.
>
> Onthou die ou diktator wat lank in... Paraguay? Bolivië? geregeer het. Ek dink
> sy naam was "Stroessner", blykbaar 'n Duitse naam.
>
> Groete,
>
> Thorsten

Die Afrikaner-naam in Borges was so duidelik 'n
Afrikaanse naam, nie van Duitse oorsprong nie.
Daar is baie Duitse vanne in Suid-Amerika. Baie
van hulle is van Joodse oorsprong. Ons ken 'n
wiskundige in Chile met die naam Frucht, en hy
kan vlot Duits praat. Hy is nou al baie oud en
hy is in Chile gebore. Ek dink in Suid-Amerika
moet die mense met die Duitse vanne dieselfde
probleem hê as Afrikaners hier in Noord-Amerika.
(As twee mekaar ontmoet, moet hulle eers versigtig
met mekaar 'n dans dans, om uit te vind wanneer
en om watter rede hulle uit SA weg is - want daar
is hoofsaaklik die wat van apartheid gevlug het
en die wat na apartheid gevlug het. Dieselfde
geld ook tot 'n mindere mate vir Engelse SAers
wat nou hier bly. Somtyds klink dit of hulle weg
is as gevolg van apartheid, maar as jy bietjie
luister, hoor jy gou 'n ander storie.)

Gloudina
Re: Oor Lake Erie en Detroit [boodskap #18385 is 'n antwoord op boodskap #18262] Ma, 19 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Michael E Willett  is tans af-lyn  Michael E Willett
Boodskappe: 182
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 17 Oct 1998 17:20:10 GMT, had the following to say:
| Soos die McDonalds waar ek grootgeword het,

Miskien moet jy dan eerder jou plasings onderteken met:
Tant Hamburger met die wit perd....

...goodbye en good luck,
Simon
Re: Oor Lake Erie en Detroit [boodskap #18386 is 'n antwoord op boodskap #18262] Ma, 19 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Michael E Willett  is tans af-lyn  Michael E Willett
Boodskappe: 182
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 19 Oct 1998 14:29:21 GMT, had the following to say:

| Wanneer sal jy begin leer dat driekwart van
| wat ek doen, lokvalle is?
|
Dus kan ons net 25% glo van wat jy te sê het? Hoe jammer tog - ek het
net jou plasings begin geniet oor julle trippies daar in Canada.

Wil jy nie maar vir ons aanduiding gee wat is strooi en wat is
waarheid van wat jy sê nie. Ten minste weet ek nou dat meeste van die
slegsê wat jy kwytraak nie waar is nie, en dis al klaar 'n goeie
teken.

...goodbye en good luck,
Simon
Re: Oor Lake Erie en Detroit [boodskap #18387 is 'n antwoord op boodskap #18262] Ma, 19 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Michael E Willett  is tans af-lyn  Michael E Willett
Boodskappe: 182
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 19 Oct 1998 09:15:01 +0200, lou had
the following to say:

|Chhers
|Lou

Kyk net hoe speel Lou se diensverskaffer nou ook rond met sy
konneksies, Gloudina.

Chhers julle twee ....

...goodbye en good luck,
Simon
Re: Oor Lake Erie en Detroit [boodskap #18388 is 'n antwoord op boodskap #18262] Ma, 19 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
Hjalmar...@UAlberta.CA (Hjalmar Gerber) writes:

>> Wel, ek sal hulle nou nie 'n "kleurling"-
>> groep gaan noem nie, want die element van
>> kleur is nie hier ter sake nie. "Metis"
>> kan vertaal word in Engels as "van gemengde
>> afkoms".
>
> Hierdie is natuurlik die amptelike, polities-korrekte
> weergawe wat Ottawa (waar Gloudina woon) aan die wêreld
> wil voorhou.
>
> Of dit nou iets met die werklike toedrag van sake uit te
> waai het, is heeltemal 'n ander saak. Die antwoord wat
> 'n gemiddelde Kanadees sal gee, hang af van wie die vraag
> vra. As hy dink dat jy Ottawa-burokrasie-gesinde (links-
> sosialistiese) bande het, sal jy Gloudina se weergawe hoor.
> Andersins, as hy op sy gemak is, sal jy waarskynlik die
> waarheid hoor.

Hjalmar, hoekom vertel jy dan nie vir ons
"die waarheid" (waarna jy in die laaste
sin skimp) nie. Innuendo's is so gerieflik.
Ek daag jou uit. Verduidelik vir Simon hoe
die Metis in die Kanadese mosaiek inpas.
Jy hoef nie vir hom die besonderhede te spaar
nie. Vertel van die armoede en die rassisme
van die sogenaamde "wit" mense van Kanada.
Maar vertel hom ook van die argitek van die
Museum of Civilization in Ottawa, 'n ou met
die naam Cardinal, wat 'n Metis is.

Gloudina
Re: Oor Lake Erie en Detroit [boodskap #18389 is 'n antwoord op boodskap #18262] Ma, 19 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kobus Pietersen  is tans af-lyn  Kobus Pietersen
Boodskappe: 358
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Senior Lid
Henri-John Kock wrote in message
...
> @igs.net wrote:
> Voor in die wapad brand 'n lig.

>> ...is dit dalk 'n aankomende vragmotor ? (hoekom steek meeste van jou
>> gesegdes omtrent 30 jaar gelede vas ?)

Die wat niks uit die verlede geleer het nie, sal dit herhaal tot hulle dit
regkry.
Re: Oor Lake Erie en Detroit [boodskap #18390 is 'n antwoord op boodskap #18262] Ma, 19 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Michael E Willett  is tans af-lyn  Michael E Willett
Boodskappe: 182
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 19 Oct 1998 07:16:06 +0200, Henri-John Kock
had the following to say:

|meer sou wou kontak hê is van die mense in Eldoret, in Kenia, en in die
|klein afrikaanse gemeenskappe in Zimbabwe (daar is een net suid van Harare,
|ek vergeet nou die naam). Ek was saam met die universiteitskoor in Zim in
|1995. Die mense in hierdie gemeenskap het ons daar verwelkom en gehuisves.
|Dit was heel duidelik dat hulle die afrikaanse sang waardeer het.
|
Henri,

Jy kan die NG Kerk se administrasie vra - hulle het 'n gemeente in
Chipinga in die ooste van Zimbabwe. Baie van hulle se voorsate het
destyds met een van die Moody trekke soontoe gegaan.

...goodbye en good luck,
Simon
Re: Oor Lake Erie en Detroit [boodskap #18391 is 'n antwoord op boodskap #18262] Ma, 19 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapNa vorige boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
> | daar natuurlik die Metis-groep, wat hulle
> | self sien as die afstammelinge van Franse
> | en Eerste Nasies, en 'n aparte drukgroep
> | vorm.

> Praat jy hier van 'n soort kleurling groep??

> Simon


Wel, ek sal hulle nou nie 'n "kleurling"-
groep gaan noem nie, want die element van
kleur is nie hier ter sake nie. "Metis"
kan vertaal word in Engels as "van gemengde
afkoms". Hulle het hulle eie assosiasies en
leiers. Een van die beroemdste Metis was
Louis Riel, wat die Engelse gehang het nadat
hy 'n opstand gelei het wat gewerk het vir
'n aparte Metis-kolonie in wat vandag Manitoba
is, en toe die "Red River Colony" genoem was.
Vandag is sy naam offisieel gerehabiliteer
en word hy deur sommige die eer gegee as die
totstandbringer van die provinsie van Manitoba.

Gloudina
Vorige onderwerp: Groot Sports!
Volgende onderwerp: Versoek
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 16 12:41:45 MGT 2024