Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Drakensberge.
Drakensberge. [boodskap #18324] Vr, 16 Oktober 1998 00:00 na volgende boodskap
Hellin Gervaas  is tans af-lyn  Hellin Gervaas
Boodskappe: 191
Geregistreer: Januarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Hallo,

Kan iemand dalk vir my iets vertel oor die oorsprong van die Drakensberge se
naam ?

Baie dankie !

Hilda.
Re: Drakensberge. [boodskap #18339 is 'n antwoord op boodskap #18324] Sa, 17 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hellin Gervaas  is tans af-lyn  Hellin Gervaas
Boodskappe: 191
Geregistreer: Januarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina skryf :

> Ons SA English Dictionary praat van 'n "beef
>cattle breed" wat "Drakensberger" genoem word.
> "The hardy indigenous African breeds... the
> Drakensbergers and the horned Africanders, pulled
>the Voortrekkers' wagons.. The Drakensbergers,
> known as Uys cattle after one of the Trekkers,

Is dit dan die berge wat na die beesras genoem kan wees of net die
teenoorgestelde ?

In die HAT skryf hulle by "Drakensberger : Inheemse beesras, ontwikkel uit
'n kruising van Friese en Afrikaners."

In iedergeval : dankie vir die inligtinge !

Ek het alles gedruk en gaan dit vir ons vriend gee. Dan kan ons nog 'n keer
daaroor gesels :-).

Groete.
Hilda.
Re: Drakensberge. [boodskap #18340 is 'n antwoord op boodskap #18324] Sa, 17 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hellin Gervaas  is tans af-lyn  Hellin Gervaas
Boodskappe: 191
Geregistreer: Januarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Baie dankie, Henri ! Ons het saam met 'n vriend gewonder (so sien jy maar :
ons praat in die koue Vlaandere oor die pragtige Drakensberge !).

Groete.
Hilda.
Re: Drakensberge. [boodskap #18341 is 'n antwoord op boodskap #18324] Sa, 17 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina skryf:

> Ek neem aan dat die naam "Drakensberge" deur
> die Voortrekkers aan die bergreeks gegee is,
> vir hulle eie gebruik. Dit sal interessant
> wees om te weet hoe die Zulus en ander stamme
> daar rond, asook die Engelse en die Amerikaanse
> sendelinge daar in Natal die bergreeks genoem
> het.

Die Zoeloe naam is Quathlamba, wat 'baie spiese' beteken, en ook verwys na
die baie pieke. Die naam is waarskynlik deur die vroeë trekkers gegee, maar
dit lyk nie vir my of hy ooit 'n Engelse naam gekry het nie, want in Natal
praat almal van 'The Berg'.

Die Sotho naam is Maluti, of meer korrek, Maloti, waar 'loti' berg beteken.

> Mens neem ook in ag dat die mense in die
> Boland 'n mindere bergreeks "Drakenstein"
> genoem het. Hulle was dus bereid om groter
> drake ook te sien.

Drakenstein is vernoem deur Simon vd Stel, ter ere van Komm-Genl. Hendrik
Adriaan van Reede tot Drake(n)stein se besoek in 1685.

> Ons SA English Dictionary praat van 'n "beef
> cattle breed" wat "Drakensberger" genoem word.

Die Drakensberger, so vér my kennis strek, is 'n beesras wat later ontwikkel
is vanuit Afrikaners, wat weer geteel is vanaf inheemse Nguni's ('n ras wat
nou bedreig word, a.g.v. pogings om hulle te 'verbeter'). 'n Ander beesras
wat uit Afrikaners geteel is, is die Bonsmara (vernoem na Prof. Bonsma van
UP, en die Mara navorsingstasie by Louis Trichardt).

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is nie vir Sissies nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Re: Drakensberge. [boodskap #18342 is 'n antwoord op boodskap #18324] Sa, 17 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
hancil  is tans af-lyn  hancil
Boodskappe: 28
Geregistreer: Augustus 1998
Karma: 0
Junior Lid
Op Fri, 16 Oct 1998 18:19:19 +0100 skryf "Gervaas Hellin"
:

->Kan iemand dalk vir my iets vertel oor die oorsprong van die Drakensberge se
->naam ?
->Hilda.

Hilda
Kyk na 'n topografiese kaart van Suid-Afrika, trek jou oë op skrefies
en konsentreer op die bergreekse -- en gebruik jou verbeelding:-)
Groete
Hannes
...sonder die umlaut sal e-pos my bereik...
Re: Drakensberge. [boodskap #18343 is 'n antwoord op boodskap #18324] Sa, 17 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
hancil@mweb.co.z� (Hannes Cilliers) writes:

> :
>
> ->Kan iemand dalk vir my iets vertel oor die oorsprong van die Drakensberge se
> ->naam ?
> ->Hilda.
>
> Hilda
> Kyk na 'n topografiese kaart van Suid-Afrika, trek jou oë op skrefies
> en konsentreer op die bergreekse -- en gebruik jou verbeelding:-)
> Groete
> Hannes

Ek neem aan dat die naam "Drakensberge" deur
die Voortrekkers aan die bergreeks gegee is,
vir hulle eie gebruik. Dit sal interessant
wees om te weet hoe die Zulus en ander stamme
daar rond, asook die Engelse en die Amerikaanse
sendelinge daar in Natal die bergreeks genoem
het.
Die vraag is dus: wanneer het die titel
"Drakensberge" in gebruik gekom. Wie het dit
eerste opgeteken?
Mens neem ook in ag dat die mense in die
Boland 'n mindere bergreeks "Drakenstein"
genoem het. Hulle was dus bereid om groter
drake ook te sien.
Ons SA English Dictionary praat van 'n "beef
cattle breed" wat "Drakensberger" genoem word.
"The hardy indigenous African breeds... the
Drakensbergers and the horned Africanders, pulled
the Voortrekkers' wagons.. The Drakensbergers,
known as Uys cattle after one of the Trekkers, are
descended from the black breed noted in 1497 by
Vasco da Gama.." Dit lyk dus vir my of die woord
"Drakensberg" daar om en by die tyd van Uys se trek
in gebruik moes gekom het. Enige ander informasie?
Een van my suiwerste herinnerings aan SA: hoe 'n
mens, as jy deur die middelande van Natal ry, altyd
die berge daar in die weste sien, totdat dit tydelik
begin wegswenk nog verder wes, voordat jy dit weer
teenkom en dan daaroor ry.

Gloudina
Re: Drakensberge. [boodskap #18344 is 'n antwoord op boodskap #18324] Sa, 17 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Hilda Hellin skryf:

> Kan iemand dalk vir my iets vertel oor die oorsprong van die Drakensberge se
> naam ?

Met sy massiewe opeenvolgende pieke het dit vir Europeërs die indruk van 'n
draak se rug geskep.

'n Ander verklaring wat ek gelees het, sê die onherbergsaamheid van die
pieke en klowe het hulle laat dink dat daar drake en ander ongediertes kan
bly, maar dit klink vir my 'n bietjie vergesog.

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is nie vir Sissies nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Re: Drakensberge. [boodskap #18345 is 'n antwoord op boodskap #18324] Sa, 17 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hellin Gervaas  is tans af-lyn  Hellin Gervaas
Boodskappe: 191
Geregistreer: Januarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Hannes skryf :

> die Winkler
> Prins Encyclopaedie wat die oorspronklike naam as Kathambla-gebergte
> aangee.

Weet jy ook of die woord "Kathambla" 'n betekenis het ?

> Kyk na 'n topografiese kaart van Suid-Afrika, trek jou oë op skrefies
> en konsentreer op die bergreekse -- en gebruik jou verbeelding:-)

Ja nee, ek sien :-). 'n Mens wonder maar net hoe hulle dit sonder 'n
topografiese kaart klaargespeel het om dit raak te sien :-)).

Dankie vir die inligtinge !

Afrika-groete.
Hilda.
Re: Drakensberge. [boodskap #18346 is 'n antwoord op boodskap #18324] Sa, 17 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Henri Burger" writes:

> Die Sotho naam is Maluti, of meer korrek, Maloti, waar 'loti'
berg beteken.

So, die Maloetie-berge is die hele Drakensberge,
of net deel van die reeks? Ek voel asof die
Maluties net 'n deel van die berge om Lesotho
is.

> Drakenstein is vernoem deur Simon vd Stel, ter ere van Komm-Genl. Hendrik
> Adriaan van Reede tot Drake(n)stein se besoek in 1685.

Ja, ek het skoon van hom vergeet. Ek was nogal
altyd so romanties beindruk in my geskiedenis-
klasse deur sy naam, so asof hy regop en macho
en vreeslik belangrik is. Wie was hy eintlik
in Nederland? (Een van die Here Sewentien?)

Julle gepraat oor die Drakensberge maak my nou vreeslik
na daardie berge verlang. Ek het in my twintigerjare baie
daar rondgeklim. Bo-op Mont-au-Sources geslaap, tot bo
op Cathkin Peak, tot bo-op die plato by Champagne Castle
maar nie tot op die offisiele piek nie, en tot amper bo
by Giants Castle.

Gloudina
Re: Drakensberge. [boodskap #18347 is 'n antwoord op boodskap #18324] Sa, 17 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
hancil  is tans af-lyn  hancil
Boodskappe: 28
Geregistreer: Augustus 1998
Karma: 0
Junior Lid
Op 17 Oct 1998 15:28:54 GMT skryf :

->hancil@mweb.co.zä (Hannes Cilliers) writes:
->
->> :
->>
->> ->Kan iemand dalk vir my iets vertel oor die oorsprong
-> van die Drakensberge se
->> ->naam ?
->> ->Hilda.
->>
->> Hilda
->> Kyk na 'n topografiese kaart van Suid-Afrika, trek jou oë op skrefies
->> en konsentreer op die bergreekse -- en gebruik jou verbeelding:-)
->> Groete
->> Hannes
->
->
-> Ek neem aan dat die naam "Drakensberge" deur
-> die Voortrekkers aan die bergreeks gegee is,
-> vir hulle eie gebruik. Dit sal interessant
-> wees om te weet hoe die Zulus en ander stamme
-> daar rond, asook die Engelse en die Amerikaanse
-> sendelinge daar in Natal die bergreeks genoem
-> het.
->
-> Gloudina
-

Die naaste waaraan ek met my huidige bronne kan kom is in die Winkler
Prins Encyclopaedie wat die oorspronklike naam as Kathambla-gebergte
aangee. In die Brittanica word daar net na sekere spitse verwys, een
waarvan is "die draer van die gepunte spiese".
Afrika-groete
Hannes
...sonder die umlaut sal e-pos my bereik...
Re: Drakensberge. [boodskap #18369 is 'n antwoord op boodskap #18324] So, 18 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina skryf:

> So, die Maloetie-berge is die hele Drakensberge,
> of net deel van die reeks? Ek voel asof die
> Maluties net 'n deel van die berge om Lesotho
> is.

Waarskynlik net die deel wat aan die Basuthu bekend is/was. Die berge hier
by Tzaneen en verder suid wat die platorand vorm, is eintlik maar deel van
die Drakensberg, maar niemand hier noem dit so nie, eerder Wolkberg.

> Julle gepraat oor die Drakensberge maak my nou vreeslik
> na daardie berge verlang.

Die Drakensberge het natuurlik ook 'n aantal Afrikaanse liedjies
geïnspireer, oa een getiteld 'Drakensberge van Verlange'. Dan het
oud-staatspresident CR Swart terwyl hy in die VSA gestudeer het (hy was 'n
groot man wat goed kon perd ry, en het ook in 'n cowboy fliek gespeel!), een
geskryf op die wysie van 'Springtime in the Rockies'.
Ek ken nie die presiese woorde nie, maar was iets soos 'As die sneeu val op
die Maluthi's...'.

My persoonlike gunsteling (en nie om artistieke redes nie) gaan terug na die
jare 60, toe 'n singende cowboy, Charles Jacobie, van dorp tot dorp gereis
het om mense te vermaak. Hy was baie gewild, en behalwe vir bekende
Afrikaanse liedjies, is country liedjies vir hom vertaal.

Een daarvan was gebaseer op 'Wolverton Mountain', en soos alle country
liedjies het ons held sy oog op 'n meisie gehad, maar haar pa, ene Petrus
Jacobs, was taamlik kwaai, en om dit nog moeiliker te maak, het hulle in die
Drakensberge gewoon.

'n Deel gaan so:

"ek is nie bang vir Petrus Jacobs,
ek gaan sommer nou die berg uitklim (pouse, banjo's, ens.)..
Die BERE en die voëls,
in die Drakensberge..."

Dat die arme man boonop nog bere ook moes trotseer, was eens te erg na enige
iemand se sin, veral in die Drakensberge!

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is nie vir Sissies nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Vorige onderwerp: Re: Vang jy nie die skimp nie, Gloudina
Volgende onderwerp: Afrikaanse website Award
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 28 15:57:25 MGT 2024