Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » pelsjas
pelsjas [boodskap #18241] Di, 13 Oktober 1998 00:00 na volgende boodskap
hek...  is tans af-lyn  hek...
Boodskappe: 34
Geregistreer: Julie 1998
Karma: 0
Volle Lid
Op my tweede dag in Perth, kry ek toe so koud dat ek in tweehandse
klerewinkels begin soek na iets lekker warm om te dra. Die truie in die
winkels was maar lelik en uitgedra, toe sien ek die pelsjas.

Dit het so heerlik sag en warm gevoel, en dit het gepas, bowendien was dit net
40$. Gedagtes van wreedheid teen diere en greenpeace het soos klokke in my kop
gelui, maar aai die jas was so saggies warm.

Die verkoopsdame kon nie my navraag oor watter dier se pelse dit was antwoord
nie, maar n ou tannie in die winkel het gesê dat dit hasie's was en dat die
spesifieke hasie jas styl hoog mode was so 20 jaar gelede, en dat haaspastei
van die diere se vleis gemaak is.

Ek het die jas dadelik aangetrek, en terug by die hotelkamer toe ek instap en
Tron my in die jas sien, het hy sowaar tot my skok weggetrek met die wysie "
Cruella de Ville , if she doesn't scare you, no evil thing will.." nou ja, ek
was redelik teleurgestel dat hy die situasie so opmerkend opgesom het. Jan het
uitgebars van die lag met, ha, uit die mond van die kind kom die waarheid.

In die volgende paar dae is daar deur vreemdelinge aan my opmerkings gemaak
oor die jas, eerstens deur n meisie in n musiekwinkel en die tweede keer deur
n man in n kafee, "that is a lovely animal".

Ek het baie skuldig gevoel, ek wat beskermer van miere, goggas, wurms en al
die diere van die aarde is.

Ek regverdig die pelsjas met die volgende redenasie: Die hasie is gejag en
geslag, die vleis geëet en die pelse gebruik om die jas te maak. Die
slagtings is gepleeg in n era toe jag en slag die orde van die dag was om kos
op die tafel en klere op die lyf te kry. Die hase is klaar dood, lankal al,
hoekom moet die pelsjas nou net eenkant gesmyt word, ongebruik ? Dit is mos
tragies dat die hase se pelse nie waardeer kan word nie.

Ek sal die haas se jas dra, in herbinnering van die haas self.
Ek sal die pels nie in die publiek dra nie, in vrees dat iemand n emmer bloed
op my gooi, ek sal dit wel in my eie huis dra en na goeie vriende se huise.

Ek deel hierdie ervaring met julle omdat dit my diep geraak het en omdat ek
skuldig voel.

groete
heksie

--
plant n boom

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Re: pelsjas [boodskap #18242 is 'n antwoord op boodskap #18241] Di, 13 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Michael E Willett  is tans af-lyn  Michael E Willett
Boodskappe: 182
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 13 Oct 1998 04:38:19 GMT, hek...@usa.net had the following to
say:

|
|Ek sal die haas se jas dra, in herbinnering van die haas self.
|Ek sal die pels nie in die publiek dra nie, in vrees dat iemand n emmer bloed
|op my gooi, ek sal dit wel in my eie huis dra en na goeie vriende se huise.
|
|Ek deel hierdie ervaring met julle omdat dit my diep geraak het en omdat ek
|skuldig voel.
|
|groete
|heksie
|
Dra jou jas met die grootste mate van selfvertroue - al probleeem is
die hate crime plegers. Solank dit jou warm hou en jy oortree geen
wet nie - het jy mos niks te vrees nie.

Ek se altyd dat selfs die Liewe Vader die jode laat skape slag het in
Egipte net om hulle deure mee te verf - modder sou ook gewerk het - om
diere dood te maak om te gebruik kan nie verkeerd wees nie. Ek dink
dit kan wel verkeerd wees om hulle op onmenslike maniere dood te maak,
maar dan is dit weereens die metode wat gekritiseer moet word en nie
die doodmaak van diere nie.

Ek hou van leer skoene, leer belde en 'n lekker stuk steak so nou en
dan. En selfs mince bolletjies en mash.

...goodbye en good luck,
Simon
re:pelsjas [boodskap #18255 is 'n antwoord op boodskap #18241] Wo, 14 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
hek...  is tans af-lyn  hek...
Boodskappe: 34
Geregistreer: Julie 1998
Karma: 0
Volle Lid
dankie Henri en Simon,

:)
lekker dag vir julle
heksie
--
plant n boom

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Re: pelsjas [boodskap #18288 is 'n antwoord op boodskap #18241] Do, 15 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskap
Gideon  is tans af-lyn  Gideon
Boodskappe: 194
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
hek...@usa.net wrote:
>
> Ek sal die haas se jas dra, in herbinnering van die haas self.
> Ek sal die pels nie in die publiek dra nie, in vrees dat iemand n emmer bloed
> op my gooi, ek sal dit wel in my eie huis dra en na goeie vriende se huise.
>
> Ek deel hierdie ervaring met julle omdat dit my diep geraak het en omdat ek
> skuldig voel.
>

Ek weet nie of jy bewus is daarvan dat hase (ek dink dit is eerder konyne) 'n
plaag is in Australië nie. Dit is 'n uitheemse dier wat deur van die
settelaars van Europa af gebring is. Ek dink dat haaspelsjasse 'n dêm goeie
idee is - dan kan hulle miskien die getalle onder beheer bring. Dit is die
"downside" van heel veel van die bewegings soos greenpeace. blykbaar kan
hulle nie altyd 'n onderskeid tref tussen wat skeef en wat reguit is nie. Of
alternatiewelik fokus hulle so op wat reg is dat dinge oorvereenvoudig word.
Dan natuurlik is hul veldtogte is so effektief dat gewone mense sonder die
nodige inligting reageer.

-Gideon-

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Re: pelsjas [boodskap #18289 is 'n antwoord op boodskap #18241] Do, 15 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskap
Grom  is tans af-lyn  Grom
Boodskappe: 2
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Junior Lid
Het jy miskien ook die resep vir haasie-en-waterblommetjiebredie gekry?

Dra die jas mos.
As jy warm is, is jy mos warm........en nie a slagteres nie

=:0) Grom
Vorige onderwerp: AFRIKAANS WIE'S WIE
Volgende onderwerp: All hell breaks loose in South Africa
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 16 14:35:55 MGT 2024