Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Kopieregroof Hmmmm........
Kopieregroof Hmmmm........ [boodskap #18204] Do, 08 Oktober 1998 00:00 na volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Interessante artikel in die sakedeel van eBeeld vandag onder die titel "SA
gaan help om rowery op internet te keer".

Dit gaan oor een aspek van kopieregskendings op die internet, wat beskryf
word as "'n hoogs onwenslike vorm van struikrowery en onbeskaafde gedrag."

Die volledige berig is (tans) by:
http://www.ebeeld.com/ebeeldafr/esake/b081004.htm

Interessant (vir my) om te sien hoe so 'n nuwe regsdomein ontwikkel om
skelmstreke, "struikrowery en onbeskaafde gedrag" vas te vat waar mense
leemtes in die reg doelbewus eksploiteer.

Vriendelike groete, Leendert
Re: Kopieregroof Hmmmm........ [boodskap #18215 is 'n antwoord op boodskap #18204] Vr, 09 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
gide...@usa.net wrote in message ...
> In article ,
> "Leendert van Oostrum" wrote:

>> Interessant (vir my) om te sien hoe so 'n nuwe regsdomein ontwikkel om
>> skelmstreke, "struikrowery en onbeskaafde gedrag" vas te vat waar mense
>> leemtes in die reg doelbewus eksploiteer.
>>
>
> Wow Leendert - hierdie is 'n verrassende spin op die storie. Die storie gaan
> by stuk van sake oor die misbruik van Internet Domeinname. So , net ingeval
> jy nie die artikel mooi gelees het, of dalk die tegnologiese implikasie mooi
> begryp nie , kom ek verduidelik

[verduideliking geknip]

>
> Ek verduidelik maar net ingeval jy nie mooi die kloutjie by die oor kon bring
> nie, of nie mooi tegnologies op spoed is nie.
>
> Die artikel gaan nie oor die gebruik van skrywes vir nie-kommersiële doelwitte
> nie.
> Die artikel gaan om die waarheid te sê nie eens oor kopiereg nie, maar die
> misbruik van ander handelsname vir kommersiële gewin.

Dankie vir die verduideliking, Gideon, maar ek het wel die strekking van die
artikel verstaan soos jy dit verduidelik het - plus nog bietjie meer. (Ek
stem wel nie saam met jou laaste sin nie "die misbruik van handelsname vir
kommersiële gewin", dink ek, is 'n klassieke kopieregkwessie - onthou die
McDonaldssaak hier in SA.)

Die hoofooreenkoms, wat my betref, is die feit dat die ouens gebruik maak
van die huidige leemtes in die reg wat 'n natuurlike toestand is in 'n nuwe
medium soos die internet. Hulle "roof" die geregistreerde handelsname van
ondernemings, en gebruik dit dan vir hul eie doeleindes op die internet,
waar die bestaande registrasie nie geldig is nie. (Dit hoef nie vir
finansiële gewin te wees nie, hoewel dit merendeel wel is - ek herinner my
gevalle waar mense die tegniek gebruik om mense te lok na 'n website wat
gemik is om 'n bepaalde politieke boodskap uit te dra.) (Vergelyking: tydens
die sanksie-era het die handelsname van sanksiedrywers nie baie effektiewe
beskerming in SA geniet nie - bv. Amerikaanse ondernemings. Dit was dus in
SA moontlik om die handelsname van Amerikaanse ondernemings te gebruik vir
jou eie doeleindes. Dit was wat met McDonalds gebeur het - hulle moes in '94
hof toe om die reg op hul handelsnaam in SA te herwin.)

Die ouens maak dus gebruik van 'n leemte in die reg om iets te doen wat
hulle nie in 'n meer gevestigde medium mag doen nie - wat ookal hul
oorwegings. (Vergelyking - dit sou waarskynlik as onwettig en ongewens
beskou word om sonder toestemming afdrukke van gedigte sonder toestemming
uit te deel aan mense wat in toue staan by lughawens.)

Maar daar is nog 'n interessante kinkel in die laaste paar paragrawe:

In die proses verwerf hulle 'n afdwingbare reg om die naam _op die internet_
te gebruik. Die regmatige houers van die naam kan slegs met die toestemming
(dikwels verwerf met die hulp van 'n groot som geld) die reg op die
eksluwiewe gebruik van die naam _op die internet_ van hulle terugkoop.

Dit is dus moontlik dat iemand wat 'n gedig vir die eerste maal op die
internet publiseer daardeur die regte verwerf op die "eerste
internet-uitgawe" van die werk.

Ek weet nie of dit in die toekoms praktiese waarde mag hê nie, maar sulke
"regte" sou seker ook ge-erf kon word deur 'n slim prokureur oor
internetsake - soos baie oumense mineraalregte nagelaat het van grond wat
nie meer in die familie is nie - "vir ingeval".

Dus ja, Gideon, die artikel self het gegaan oor handelsname. Maar die
implikasies daarvan is nogal verrykend.

Terwille van die rekord moet ek egter seker ook hier herhaal: Die
kopieregkwessie rondom die gedigte is vir my nie regtig 'n groot issue nie.
My hoofbeswaar is dit: 'n vrou wat vaar onder die vaandel dat sy die
Afrikaanse digkuns bevorder pas onbehoorlike sensuur toe op oorspronklike
bydraes wat op die nuusgroep geplaas word. Die sensuur is veral onbehoorlik
omdat die besware wat sy opper ewe geldig is t.o.v. sommige van die gedigte
wat sy self plaas. Dit suggereer dat sy sensureer bloot omdat sy nie van die
outeur hou nie.

Hierdie aktiwiteit plaas natuurlik die bewerings dat daar slegs altruistiese
motiewe met die gedigteprogram is (bevordering van Afrikaans) onder
verdenking.

Vriendelike groete, Leendert
Re: Kopieregroof Hmmmm........ [boodskap #18216 is 'n antwoord op boodskap #18204] Vr, 09 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gideon  is tans af-lyn  Gideon
Boodskappe: 194
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
"Leendert van Oostrum" wrote:
> Interessante artikel in die sakedeel van eBeeld vandag onder die titel "SA
> gaan help om rowery op internet te keer".
>
> Dit gaan oor een aspek van kopieregskendings op die internet, wat beskryf
> word as "'n hoogs onwenslike vorm van struikrowery en onbeskaafde gedrag."
>
> Die volledige berig is (tans) by:
> http://www.ebeeld.com/ebeeldafr/esake/b081004.htm
>
> Interessant (vir my) om te sien hoe so 'n nuwe regsdomein ontwikkel om
> skelmstreke, "struikrowery en onbeskaafde gedrag" vas te vat waar mense
> leemtes in die reg doelbewus eksploiteer.
>

Wow Leendert - hierdie is 'n verrassende spin op die storie. Die storie gaan
by stuk van sake oor die misbruik van Internet Domeinname. So , net ingeval
jy nie die artikel mooi gelees het, of dalk die tegnologiese implikasie mooi
begryp nie , kom ek verduidelik - daar is mense wat domeinname gebruik om
hule eie sake te probeer versterk. As ek op soek is na iets, dan is my laaste
uitweg gewoonlik om 'n """"serach" te doen. My eerste keuse is om die Firma
se naam te probeer gebruik, want sinvol gesproke sou ek 'n goeie kans hê om
daar uit te kom. Nou doen gerus 'n eksperiment - ek is op soek na 'n download
area waar ek NT utilities kan kry. Ek weet daar is byvoorbeeld 'n area met
die naam www.win95.com - so - ek soek nou by www.nt.com - verrassing! Ek kom
nou by 'n firma uit wie se naam niks te doene het met NT nie, dit stoot wel
hul "hits" op en skep vir hulle besigheid. Daar is baie sulke voorbeeld op
die net. Nou om by die verhaaltjie uit te kom waarna jy ons verwys het. Die
artikel gaan oor GEREGISTREERDE HANDELSMERKE en die beperking van die gebruik
daarvan deur ongemagtigde persone.

Ek verduidelik maar net ingeval jy nie mooi die kloutjie by die oor kon bring
nie, of nie mooi tegnologies op spoed is nie.

Die artikel gaan nie oor die gebruik van skrywes vir nie-kommersiële doelwitte
nie.
Die artikel gaan om die waarheid te sê nie eens oor kopiereg nie, maar die
misbruik van ander handelsname vir kommersiële gewin.

-Gideon-

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Re: Kopieregroof Hmmmm........ [boodskap #18226 is 'n antwoord op boodskap #18204] So, 11 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi wrote in message ...
> On Thu, 8 Oct 1998 23:44:28 +0200, "Leendert van Oostrum"
> wrote:
>
> Gaan dit nie om handelsmerke nie, Leendert?

Ja, ferdi.

>
> Wat dink jy is die verskil tussen n gedig en n handelsmerk? Dink jy
> daar IS n verskil? Hmmm?

Soos ek dit verstaan is daar verskille en ooreenkomste.

Dink jy dat jy soveel kompleksiteit kan hanteer?

Vriendelike groete, Leendert
Re: Kopieregroof Hmmmm........ [boodskap #18227 is 'n antwoord op boodskap #18204] So, 11 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 9 Oct 1998 22:18:11 +0200, "Leendert van Oostrum"
wrote:

>

JY het vergeet om hier by te voeg: ".....in my moddergooiery teen
Gloudina."

(Ek hoop ook jy het al die software wat jy gebruik in die winkel gaan
koop. En dat jy nie fotostate van dele van boeke in jou huis het nie -
dis nou sonder dat jy die boek ook gaan koop het nie. Of dat jy selfs
nie eers koerant-artikels fotostateer of aanhaal sonder om die
publikasie te gaan koop nie.)

Afrikaanse digkuns bevorder pas onbehoorlike sensuur toe op oorspronklike[/color]
> bydraes wat op die nuusgroep geplaas word. Die sensuur is veral onbehoorlik
> omdat die besware wat sy opper ewe geldig is t.o.v. sommige van die gedigte
> wat sy self plaas. Dit suggereer dat sy sensureer bloot omdat sy nie van die
> outeur hou nie.>>

So nou is dit EINTLIK omdat Gloudina n "sensor" is?!

Nou daar het jy nou n verwronge argument!
Nog selfs meer as die vorige een!!

Hoekom plaas jy nie self die gedigte wat jou so ontstel as sy dit nie
doen nie!!?
Re: Kopieregroof Hmmmm........ [boodskap #18228 is 'n antwoord op boodskap #18204] So, 11 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi wrote in message ...
> On Fri, 9 Oct 1998 22:18:11 +0200, "Leendert van Oostrum"
> wrote:
>
>
> die implikasies daarvan is nogal verrykend.>>
>
> JY het vergeet om hier by te voeg: ".....in my moddergooiery teen
> Gloudina."

Jy maak 'n fout, ferdi. Die geurtjie wat van haar kant af aanwaai is nie
die resultaat van iets wat iemand na haar gegooi het nie. Die is maar die
normale resultaat van die dinge wat varke doen. Selfs wanneer hulle in
geregtigheid rol eindig dit maar in 'n stink spul.

>
> (Ek hoop ook jy het al die software wat jy gebruik in die winkel gaan
> koop.

Nee. Sommige koop ek oor die internet. Ander gebruik ek onder ander
voorwaardes wat die eienaars van die kopiereg stel. Sommige het ek selfs
gratis, heel wettig, bekom.

> En dat jy nie fotostate van dele van boeke in jou huis het nie -
> dis nou sonder dat jy die boek ook gaan koop het nie.

So ver ek weet is die wat ek het onder wettige voorwaardes bekom.

> Of dat jy selfs
> nie eers koerant-artikels fotostateer

Ek het 'n paar fotostate van koerantartikels. So ver ek weet is hulle bekom
binne die bepalinge van die wet.

of aanhaal sonder om die
> publikasie te gaan koop nie.)

Jy onderskei steeds nie tussen aanhalings enersyds (en die maak van
afskrifte der studente vir studie-doeleindes) en die grootskaalse
reproduksie en publikasie van materiaal nie.

Miksien is die dinge te ingewikkeld vir jou?

>
>
> kopieregkwessie rondom die gedigte is vir my nie regtig 'n groot issue
nie.
>> My hoofbeswaar is dit: 'n vrou wat vaar onder die vaandel dat sy die
>> Afrikaanse digkuns bevorder pas onbehoorlike sensuur toe op oorspronklike
>> bydraes wat op die nuusgroep geplaas word. Die sensuur is veral onbehoorlik
>> omdat die besware wat sy opper ewe geldig is t.o.v. sommige van die gedigte
>> wat sy self plaas. Dit suggereer dat sy sensureer bloot omdat sy nie van die
>> outeur hou nie.>>
>
> So nou is dit EINTLIK omdat Gloudina n "sensor" is?!
>
> Nou daar het jy nou n verwronge argument!
> Nog selfs meer as die vorige een!!

Watter argument is "verwronge", ferdi, en op watter gronde beskou jy dit as
"verwronge"?

>
> Hoekom plaas jy nie self die gedigte wat jou so ontstel as sy dit nie
> doen nie!!?

Watter gedigte ontstel my ferdi?

(Verbeel ek my, of het jy nou die vark behoorlik aan die stert beet?)

Vriendelike groete, Leendert
Re: Kopieregroof Hmmmm........ [boodskap #18229 is 'n antwoord op boodskap #18204] So, 11 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 8 Oct 1998 23:44:28 +0200, "Leendert van Oostrum"
wrote:

Gaan dit nie om handelsmerke nie, Leendert?

Wat dink jy is die verskil tussen n gedig en n handelsmerk? Dink jy
daar IS n verskil? Hmmm?

[/color]
> Dit gaan oor een aspek van kopieregskendings op die internet, wat beskryf
> word as "'n hoogs onwenslike vorm van struikrowery en onbeskaafde gedrag."
>
> Die volledige berig is (tans) by:
> http://www.ebeeld.com/ebeeldafr/esake/b081004.htm
>
> Interessant (vir my) om te sien hoe so 'n nuwe regsdomein ontwikkel om
> skelmstreke, "struikrowery en onbeskaafde gedrag" vas te vat waar mense
> leemtes in die reg doelbewus eksploiteer.
>
> Vriendelike groete, Leendert>>
Re: Kopieregroof Hmmmm........ [boodskap #18250 is 'n antwoord op boodskap #18204] Di, 13 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 11 Oct 1998 19:42:32 +0200, "Leendert van Oostrum"
wrote:

voorwaardes wat die eienaars van die kopiereg stel. >>[/color]

He, he...
Jaar daar is n naam daarvoor.

En dat jy nie fotostate van dele van boeke in jou huis het nie -
>> dis nou sonder dat jy die boek ook gaan koop het nie.
>
> So ver ek weet is die wat ek het onder wettige voorwaardes bekom.
>
>> Of dat jy selfs
>> nie eers koerant-artikels fotostateer
>
> Ek het 'n paar fotostate van koerantartikels. So ver ek weet is hulle bekom
> binne die bepalinge van die wet.>>

En wat is die "wettige voorwaardes" Leendert?

> publikasie te gaan koop nie.)[/color]
>
> Jy onderskei steeds nie tussen aanhalings enersyds (en die maak van
> afskrifte der studente vir studie-doeleindes) en die grootskaalse
> reproduksie en publikasie van materiaal nie.
>
> Miksien is die dinge te ingewikkeld vir jou?>>

Leendert en dink die kwessie is waarskynlik of te ingewikkeld vir JOU
om te verstaan of jy probeer al weer sidestep.

> doen nie!!?[/color]
>
> Watter gedigte ontstel my ferdi? >>

Lyk my enige gedig ontstel jou.
Maar spesifiek gedigte wat Gloudina verstaan en van hou.
En dan veral gedigte wat Gloudina aan ander mense wil bekend stel.

(P.S. Ou Leendert, jy het jou naam in die een baie gat gemaak.)
Re: Kopieregroof Hmmmm........ [boodskap #18251 is 'n antwoord op boodskap #18204] Di, 13 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 11 Oct 1998 19:25:29 +0200, "Leendert van Oostrum"
wrote:

Wat dink jy is die verskil tussen n gedig en n handelsmerk? Dink
jy
>> daar IS n verskil? Hmmm?
>
> Soos ek dit verstaan is daar verskille en ooreenkomste.
>
> Dink jy dat jy soveel kompleksiteit kan hanteer?>>

Met ander woorde jy het weereens twak gepraat Leendert.
Re: Kopieregroof Hmmmm........ [boodskap #18273 is 'n antwoord op boodskap #18204] Wo, 14 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi wrote in message ...
> On Sun, 11 Oct 1998 19:25:29 +0200, "Leendert van Oostrum"
> wrote:
>
> Wat dink jy is die verskil tussen n gedig en n handelsmerk? Dink
> jy
>>> daar IS n verskil? Hmmm?
>>
>> Soos ek dit verstaan is daar verskille en ooreenkomste.
>>
>> Dink jy dat jy soveel kompleksiteit kan hanteer?>>
>
> Met ander woorde jy het weereens twak gepraat Leendert.

a) In watter opsig het ek "twak gepraat", ferdi?
b) By watter vorige geleentheid het ek "twak gepraat" ferdi?
c) Van "twak praat" gepraat - is jy nie die ou wat beweer het dat die
afskaffing van die paswette 'n kenmerk van die "Nuwe Suid-Afrika" is nie? En
nog nege ander sulke stellings?

Vriendelike groete, Leendert
Re: Kopieregroof Hmmmm........ [boodskap #18274 is 'n antwoord op boodskap #18204] Wo, 14 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi wrote in message ...
> On Sun, 11 Oct 1998 19:42:32 +0200, "Leendert van Oostrum"
> wrote:

> nie
>>> doen nie!!?
>>
>> Watter gedigte ontstel my ferdi? >>
>
> Lyk my enige gedig ontstel jou.
> Maar spesifiek gedigte wat Gloudina verstaan en van hou.
> En dan veral gedigte wat Gloudina aan ander mense wil bekend stel.
>
> (P.S. Ou Leendert, jy het jou naam in die een baie gat gemaak.)

Nee, Nee, ferdikins, jy het hierbo verwys na gedigte wat _ek_ moet plaas
omdat hulle my ontstel as Gloudina dit _nie doen nie_.

Watter gedigte is dit, ferdi?

Vriendelike groete, Leendert wat nou baie ougat is.
Re: Kopieregroof Hmmmm........ [boodskap #18275 is 'n antwoord op boodskap #18204] Wo, 14 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi wrote in message ...
> On Sun, 11 Oct 1998 19:42:32 +0200, "Leendert van Oostrum"
> wrote:
>
>
> > voorwaardes wat die eienaars van die kopiereg stel. >>
>
> He, he...
> Jaar daar is n naam daarvoor.

Ten minste twee name : "shareware" en "freeware"

>
>
> En dat jy nie fotostate van dele van boeke in jou huis het nie -
>>> dis nou sonder dat jy die boek ook gaan koop het nie.
>>
>> So ver ek weet is die wat ek het onder wettige voorwaardes bekom.
>>
>>> Of dat jy selfs
>>> nie eers koerant-artikels fotostateer
>>
>> Ek het 'n paar fotostate van koerantartikels. So ver ek weet is hulle bekom
>> binne die bepalinge van die wet.>>
>
> En wat is die "wettige voorwaardes" Leendert?

Dat hulle deur 'n student gemaak en gebruik word vir studie-doeleindes.

>
> >> publikasie te gaan koop nie.)
>>
>> Jy onderskei steeds nie tussen aanhalings enersyds (en die maak van
>> afskrifte der studente vir studie-doeleindes) en die grootskaalse
>> reproduksie en publikasie van materiaal nie.
>>
>> Miksien is die dinge te ingewikkeld vir jou?>>
>
> Leendert en dink die kwessie is waarskynlik of te ingewikkeld vir JOU
> om te verstaan of jy probeer al weer sidestep.

Geheel en al nie.

Ek het dit van die begin af duidelik gemaak dat ek nou, nadat Gloudina reeds
'n groot aantal gedigte geplaas het, reken dat sy behoort aandag te gee aan
die kopiereg-implikasies van wat sy doen.

Dit was egter 'n minder belangrike onderdeel van 'n argument waarin ek
daarop gewys het dat sy voorgee om die groot redder van Afrikaans te wees,
terwyl sy self die plasing van oorspronklike bydraes in Afrikaans te
onderdruk.

Die tegniek wat sy gebruik het was veral gruwelik, omdat sy die bydraes as
waardeloos afgemaak het op grond daarvan dat dit bepaalde temas aanspreek
wat ook aangespreek word in sommige van die gedigte wat sy plaas.

En jou reaksie is om te kom met jou bekende taktiek van kef en hakskene hap
om die aandag te probeer aflei van die kern van die saak.

Dis gelukkig niks meer as 'n ligte irritasie nie, veral gesien dat jy so
tandeloos is (en, ten spyte van al die hapoefening wat jy doen, helaas
tandeloos bly).

Vriendelike groete, Leendert
Vorige onderwerp: Luyt die politikus
Volgende onderwerp: Re: Herfs en Holidays
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Jun 11 14:55:39 MGT 2024