Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » Afrikaanse gedigte op die groep
Afrikaanse gedigte op die groep [boodskap #18054] Vr, 02 Oktober 1998 00:00 na volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 30 Sep 1998 22:11:57 +0200, "Leendert van Oostrum" wrote:

<<>Ek stel nie voor dat Gloudina nie die gedigte hier moet pos nie.>>

Drie "nie's" maak die sin onverstaanbaar.

<<>Die punt is dit: in al hierdie gevalle is daar gewoonlik voorsiening gemaak
> vir die beskaafde gebruik om bedagsamheid te betoon aan die eiendomsbelange
> van die kunstenaar en die entrepreneur wat (dikwels teen verlies) die werke
> publiseer. Gewoonlik is die toestemming van die belanghouers verkry en
> feitlik altyd is die naam van die bundel, die uitgewer, die prys, en hoe dit
> bekom kan word prominent genoem.>>

Die punt is ook dat jy van die verlede praat. n Baie formele verlede.
Dis verby.

En die Afrikaanse digkuns is in bietjie van n krisis omdat dit nie
gelees word nie, want dit word nie "geadverteer" nie.

En onder sulke omstandighede reken ek enigiemand wat klein stukkies
van Afrikaanse digters se werke (en enkele gedigte is klein stukkies
van hulle werk) op n openbare forum plaas waar dit GELEES word, is
besig met noodhulp.

<<>Ek moet miskien my standpunt herhaal, net om dit duidelik te stel:
>
> a) Ek verwelkom Gloudina se plasing van gedigte op die nuusgroep, en ek
> dink nie sy moet ophou daarmee nie.
> b) Ek reken die meeste van die kunstenaars en die uitgewers sal met
> vreugde toestemming verleen vir die plasing van die gedigte. Dit sou hulle
> ook die geleentheid gee om die nodige inligting te verskaf oor waar die
> bundels bekom kan word.
> c) Ek bewonder nie Gloudina se weiering om ten minste redelike pogings
> aan te wend om die toestemming van die kustenaars en uitgewers te kry, en om
> die verskuldigde blootstelling te gee aan die uitgewers nie.
> d) Ek dink haar houding dat sy 'n stryder vir vryheid en geregtigheid is
> deur die belange van die kunstenaars en uitgewers te ignoreer is 'n bietjie
> sot om die minste te sê. Dit is uiters kortsigtig vir iemand wat voorgee om
> daardeur Afrikaans te bevorder.
> e) Persoonlik vermoed ek dat sy bloot te lui is om die nodige moeite te
> doen.>>

En persoonlik reken ek dat jy en andere n gerieflike stok gekry het om
haar mee te probeer slaan.

Korrigeer my as ek verkeerd is, maar ek wil al onthou dat sy gedigte
plaas vandat die nuusgroep begin het. En dat jy baie onlnags eers
besware begin aanteken het. En ek wil my half herinner dat julle twee
onlangs - net voor jou besware - n bietjie stry gekry het op die
nuusgroep.

Maar die oplossing is redelik maklik. Jy kan mos by elke plasing van
haar die nodige inligting byvoeg. Daar is sover ek weet omtrent net
twee uitgewers wat nog gedigte in Suid-Afrika in Afrikaans publiseer.
Jy kan dit mos aanlas by haar plasings. Dis nou as jy werklik so
ernstig oor die digters se regte voel. Jy is in Suid-Afrika en sy is
in Kanada. En as dit waar is dat jy betrokke is by die Universiteit
van Pretoria (waar die ANC lyk my n aktiewe jeugvleuel ook het), is
dit mos nog makliker - jy vra net die mense by die Afrikaanse
departement!

Die situasie is nou hier dat as Gloudina haar aan julle steur en haar
ingeligte en intelligente liefde vir digkuns (en of jy nou van haar
hou of nie, dit is sy beslis) onderdruk en ophou om gedigte te plaas
op die groep, dan gaan nie een van julle dit doen nie. Niemand gaan
dit meer doen nie.

En dan gaan jy regstegnies korek wees (maar die digters gaan
waarskynlik geen enkele sent kry van die geldelike potensiaal inherent
aan jou argument nie - hulle gaan zero meer bundels verkoop) en die
groep gaan sonder gedigte wees en die Afrikaans digkuns gaan n klein
maar kragtige internasionale blootstelling verloor.

Watter soort oorwinning gaan dit wees?
Wie gaan gewen het?
Leendert en sy kring gaan n kleinlike persoonlike oorwinning oor hul
aartsvyand Gloudina kan vier. Vir omtrent so n week - die nuusgroepe
se geheue is maar kort.

En die verloorder gaan die Afrikaanse digkuns wees.

Voorts veronderstel ek dat n mens jou ook seker maar sal moet dophou
in die toekoms om te sien of jy - wanneer jy n geskrif aanhaal - meld
dat jy die skrywer se toestemming het en se waar presies n mens dit
kan koop. Ek kan nie onthou dat jy dit al ooit gedoen het nie, maar
miskien is ek verkeerd.

Ek hoop nie Gloudina steur haar aan julle klipgooiery nie. Sy doen
baie meer as julle om die Afrikaanse digkuns te bevorder en in mense
se gedagtes te hou.

By the way Leendert, wie is jou gunsteling digter en wat in jou
gunsteling-gedig?
Re: Afrikaanse gedigte op die groep [boodskap #18055 is 'n antwoord op boodskap #18054] Vr, 02 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
ferd...@icon.co.za (Ferdi ) writes:


> En dan gaan jy regstegnies korrek wees


Ek is nie eens so seker dat Leendert
regstegnies korrek gaan wees nie. Ek
daag hom uit om beide die SA wette
en die Kanadese wette aan te haal
wat van my aktiwiteit OP DIE INTERNET
'n kriminele oortreding sal maak. En
ek twyfel of enige uitgewer in SA 'n
siviele saak sou wou maak teen iemand
wat geen persoonlike gewin daaruit
kry nie, en waar 'n mens buitendien
getuies kan bybring wat sal getuig dat
dit gratis advertensie vir hulle digter
is. Ek sien vooruit na Leendert se
argumente. Ek sien ook uit na Leendert
se uiteensetting van "intellectual
property law" in SA en hoe dit verskil
van ons s'n hier in Kanada. (Waar my
een seun vir my 'n gids kan wees.)

Gloudina
Re: Afrikaanse gedigte op die groep [boodskap #18087 is 'n antwoord op boodskap #18054] Sa, 03 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 2 Oct 1998 21:26:14 GMT, wrote:

<< Ek is nie eens so seker dat Leendert
> regstegnies korrek gaan wees nie. >>>

Ja ek sit nou net en dink - toe ek meisies probeer beindruk het deur
stukke van gedigte aan hulle te op te se na n bottel wyn, moes ek toe
ook vir hulle gese het uit watter bundel dit kom, waar hulle dit kan
koop en hoeveel dit kos?!

Miskien moet Leendert die skole invaar. Daar - hoop ek - word
Afrikaanse gedigte nog links en regs aangehaal sonder dat daar elke
keer vermeld word waar die bundel te koop is en hoeveel dit kos. Laat
staan nog dat die digter se persoonlike toestemming gekry is.

Dieselfde waarskynlik by universiteite.
Re: Afrikaanse gedigte op die groep [boodskap #18110 is 'n antwoord op boodskap #18054] So, 04 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi wrote in message ...
> On 2 Oct 1998 21:26:14 GMT, wrote:
>
> > regstegnies korrek gaan wees nie. >>>
>
>
> Ja ek sit nou net en dink - toe ek meisies probeer beindruk het deur
> stukke van gedigte aan hulle te op te se na n bottel wyn, moes ek toe
> ook vir hulle gese het uit watter bundel dit kom, waar hulle dit kan
> koop en hoeveel dit kos?!

Nie so ver ek weet nie. Tensy jy dit op daaglikse basis vir potensieel
etlike honderde meises voorgedra het, vermoed ek - en afdrukke daarvan in 'n
openbare argief geplaas het.

>
> Miskien moet Leendert die skole invaar. Daar - hoop ek - word
> Afrikaanse gedigte nog links en regs aangehaal sonder dat daar elke
> keer vermeld word waar die bundel te koop is en hoeveel dit kos. Laat
> staan nog dat die digter se persoonlike toestemming gekry is.
>
> Dieselfde waarskynlik by universiteite.

Ek weet nie. Soos ek kan onthou moes ek beide op skool en op universiteit
bundels koop met die gedigte wat behandel is.

Maar dit was in die "verlede" toe bedagsaamheid nog as 'n deug beskou is.
Miskien is dit nou anders, soos jy elders suggereer.

Dit is egter wel so dat 'n student (wat 'n leerder op skool insluit)
normaalweg en onderhewig aan bepaalde beperkinge (hy mag byvoorbeeld nie 'n
hele boek afdruk nie) 'n afdruk kan maak van 'n werk vir die doeleindes van
sy studie sonder om daar toestemming voor te kry.

'n Dosent of onderwyser mag egter nie sonder toestemming afskrifte vir sy
studente maak en dit uitdeel nie. Hy mag dit ook nie (sonder toestemming) op
'n elektroniese afleweringsmedium vir sy kursus versprei indien hy,
byvoorbeeld, die kursus oor die web of e-pos aanbied nie.

Ek herinner my dat daar in die onlangse verlede 'n paar gevalle gerapporteer
is waar dosente vasgetrap is omdat hulle so iets gedoen het. Ek onthou ook
vaagweg van 'n eienaar van 'n kopieersentrum wat aangekla is omdat hy
toegelaat het dat dit op sy masjiene gedoen word of so iets.

Ek is egter nie vreeslik ywerig dat Gloudina vervolg moet word nie. Om die
waarheid te sê, ek sou jammer wees indien dit sou gebeur, of indien sy sou
ophou om gedigte te plaas.

Net soos ek jammer is dat sy so hard daaraan werk om te verhoed dat Griet
haar stoepstories plaas.

Vriendelike groete, Leendert
Re: Afrikaanse gedigte op die groep [boodskap #18111 is 'n antwoord op boodskap #18054] So, 04 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi wrote in message ...
> On Wed, 30 Sep 1998 22:11:57 +0200, "Leendert van Oostrum"
> wrote:
>
>
> >
>
> Drie "nie's" maak die sin onverstaanbaar.

Tsk tsk tsk. Ek stem saam dat die stelwyse nie besonder elegant is nie.

Maar onverstaanbaar? Slegs vir diegene wie se logiese vermoëns in 'n vroeë
stadium van ontwikkeling ge-atrofeer het.

Hoekom verras dit my nie om te hoor dat jy die sin onverstaanbaar vind nie?

>
> voorsiening gemaak
>> vir die beskaafde gebruik om bedagsamheid te betoon aan die eiendomsbelange
>> van die kunstenaar en die entrepreneur wat (dikwels teen verlies) die werke
>> publiseer. Gewoonlik is die toestemming van die belanghouers verkry en
>> feitlik altyd is die naam van die bundel, die uitgewer, die prys, en hoe dit
>> bekom kan word prominent genoem.>>
>
> Die punt is ook dat jy van die verlede praat. n Baie formele verlede.
> Dis verby.

'n Verlede is per definisie "verby", ferdi.

Ek is jammer om te verneem dat jy van oordeel is dat bedagsaamheid tot die
verlede behoort.

Maar dit pas by baie van jou optrede op die nuusgroep.

> En die Afrikaanse digkuns is in bietjie van n krisis omdat dit nie
> gelees word nie, want dit word nie "geadverteer" nie.

Dit word inderdaad nie gelees nie.

Maar ek is nie daarvan oortuig dat "advertensie" veel gaan help nie.

> En onder sulke omstandighede reken ek enigiemand wat klein stukkies
> van Afrikaanse digters se werke (en enkele gedigte is klein stukkies
> van hulle werk) op n openbare forum plaas waar dit GELEES word, is
> besig met noodhulp.

"Enkele gedigte"? Per dag?

>
> >
>> a) Ek verwelkom Gloudina se plasing van gedigte op die nuusgroep, en ek
>> dink nie sy moet ophou daarmee nie.
>> b) Ek reken die meeste van die kunstenaars en die uitgewers sal met
>> vreugde toestemming verleen vir die plasing van die gedigte. Dit sou hulle
>> ook die geleentheid gee om die nodige inligting te verskaf oor waar die
>> bundels bekom kan word.
>> c) Ek bewonder nie Gloudina se weiering om ten minste redelike pogings
>> aan te wend om die toestemming van die kustenaars en uitgewers te kry, en om
>> die verskuldigde blootstelling te gee aan die uitgewers nie.
>> d) Ek dink haar houding dat sy 'n stryder vir vryheid en geregtigheid is
>> deur die belange van die kunstenaars en uitgewers te ignoreer is 'n bietjie
>> sot om die minste te sê. Dit is uiters kortsigtig vir iemand wat voorgee om
>> daardeur Afrikaans te bevorder.
>> e) Persoonlik vermoed ek dat sy bloot te lui is om die nodige moeite te
>> doen.>>
>
> En persoonlik reken ek dat jy en andere n gerieflike stok gekry het om
> haar mee te probeer slaan.

Nou ja. Vir jou oordele hoef ek (vaderdank) nie pa te staan nie.

>
> Korrigeer my as ek verkeerd is, maar ek wil al onthou dat sy gedigte
> plaas vandat die nuusgroep begin het.

Geen korreksie nodig nie. Vir 'n verandering verskaf jy 'n kontroleerbare
feit wat ook korrek is. Een waarna ek self in die afgelope dae verwys het.

> En dat jy baie onlnags eers
> besware begin aanteken het.

Ook korrek (heng - twee maal in dieselfde boodskap vertel ferdi 'n
waarheid!)

Ek het ook self daarna verwys. Dat die die plasings 'n omvang begin aanneem
wat dit in 'n ander klas plaas as die "enkele" gedigte waarvan daar in die
vroeë dae sprake was. Die totale aantal plasings begin die omvang van 'n
stewige bloemlesing aan te neem.

> En ek wil my half herinner dat julle twee
> onlangs - net voor jou besware - n bietjie stry gekry het op die
> nuusgroep.

Nog 'n keer reg! (Derde maal is skeepsreg, nie waar nie?)

>
> Maar die oplossing is redelik maklik. Jy kan mos by elke plasing van
> haar die nodige inligting byvoeg. Daar is sover ek weet omtrent net
> twee uitgewers wat nog gedigte in Suid-Afrika in Afrikaans publiseer.
> Jy kan dit mos aanlas by haar plasings. Dis nou as jy werklik so
> ernstig oor die digters se regte voel. Jy is in Suid-Afrika en sy is
> in Kanada. En as dit waar is dat jy betrokke is by die Universiteit
> van Pretoria (waar die ANC lyk my n aktiewe jeugvleuel ook het), is
> dit mos nog makliker - jy vra net die mense by die Afrikaanse
> departement!

Nee, wat, ferdi. My barmhartigheidswerk doen ek in ander domeine.

Of suggereer jy dat ek nie 'n opinie mag hê oor Gloudina se optrede nie, of
dat ek dit nie mag uitspreek nie?

>
> Die situasie is nou hier dat as Gloudina haar aan julle steur en haar
> ingeligte en intelligente liefde vir digkuns (en of jy nou van haar
> hou of nie, dit is sy beslis) onderdruk en ophou om gedigte te plaas
> op die groep, dan gaan nie een van julle dit doen nie. Niemand gaan
> dit meer doen nie.

Gaan lees maar weer my "onverstaanbare" stelling heelbo. As jy uitgewerk het
wat dit beteken (probeer gerus een van daardie boomdiagramme uit standerd
sewe taalkunde) sal jy miskien begryp dat ek haar nie probeer verhoed om
gedigte te plaas nie.

Dis iets wat jy iewers in jou kop hoor raas het.

>
> En dan gaan jy regstegnies korek wees (maar die digters gaan
> waarskynlik geen enkele sent kry van die geldelike potensiaal inherent
> aan jou argument nie - hulle gaan zero meer bundels verkoop) en die
> groep gaan sonder gedigte wees en die Afrikaans digkuns gaan n klein
> maar kragtige internasionale blootstelling verloor.
>
> Watter soort oorwinning gaan dit wees?
> Wie gaan gewen het?
> Leendert en sy kring gaan n kleinlike persoonlike oorwinning oor hul
> aartsvyand Gloudina kan vier. Vir omtrent so n week - die nuusgroepe
> se geheue is maar kort.

Jou koppie raas erg, weet jy ferdi?

Dit wys as jy so blaf agter jou eie hersenskimme aan.

>
> En die verloorder gaan die Afrikaanse digkuns wees.
>
> Voorts veronderstel ek dat n mens jou ook seker maar sal moet dophou
> in die toekoms om te sien of jy - wanneer jy n geskrif aanhaal - meld
> dat jy die skrywer se toestemming het en se waar presies n mens dit
> kan koop. Ek kan nie onthou dat jy dit al ooit gedoen het nie, maar
> miskien is ek verkeerd.

Jy is welkom om my bydraes op die nuusgroep na te gaan. Hulle sit almal in
die argief, en is maklik toeganklik.

Maar ons weet reeds dat jy jou nie die moeite troos om gronde vir jou
bewerings te verskaf nie, nie waar nie?

Suggestie is mos beter propaganda, hê?

>
> Ek hoop nie Gloudina steur haar aan julle klipgooiery nie. Sy doen
> baie meer as julle om die Afrikaanse digkuns te bevorder en in mense
> se gedagtes te hou.
>
>
> By the way Leendert, wie is jou gunsteling digter en wat in jou
> gunsteling-gedig?

As ek enige rede gehad het om te dink dat hierdie vraag 'n ander doel het as
'n retoriese een sou ek dit graag beantwoord het.

Vriendelike groete, Leendert
Re: Afrikaanse gedigte op die groep [boodskap #18148 is 'n antwoord op boodskap #18111] Ma, 05 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 4 Oct 1998 23:53:14 +0200, "Leendert van Oostrum" wrote:

<<Korrigeer my as ek verkeerd is, maar ek wil al onthou dat sy gedigte
>>plaas vandat die nuusgroep begin het.
>
> Geen korreksie nodig nie. Vir 'n verandering verskaf jy 'n kontroleerbare
> feit wat ook korrek is. Een waarna ek self in die afgelope dae verwys het.
>
>> En dat jy baie onlnags eers
>> besware begin aanteken het.
>
> Ook korrek >>

Dit vertel die hele storie.

Dit gaan nie om moraliteit hier nie, maar om morele pretensies inspan
om iemand te probeer bykom.
Re: Afrikaanse gedigte op die groep [boodskap #18149 is 'n antwoord op boodskap #18054] Ma, 05 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leswin Laubscher  is tans af-lyn  Leswin Laubscher
Boodskappe: 26
Geregistreer: Augustus 1998
Karma: 0
Junior Lid
Ferdi wrote in message ...

> En persoonlik reken ek dat jy en andere n gerieflike stok gekry het om
> haar mee te probeer slaan.

Bravo. Ek stem heelhartig saam - kleingeestige partisynskap wat die
persoon, liewer as die kwessie onder kruisvuur plaas. En dan, wanneer hy in
die rook draai, kom Mnr. Van Oostrum vorendag met die mees kreatiewe
dubbelspraak, rasionaliserings en pogings tot defleksie - skaam jou.

> En as dit waar is dat jy betrokke is by die Universiteit
> van Pretoria (waar die ANC lyk my n aktiewe jeugvleuel ook het), is
> dit mos nog makliker - jy vra net die mense by die Afrikaanse
> departement!

Ek bemerk nou die ander dag op die Kenweb nuusblad dat Mnr. Van Oostrum 'n
toespraak gelewer het in ORANIA oor tuisonderwys. Sy swart kollegas - selfs
die wat geinterresseerd is in tuisonderwys, ANC of nie - kon seker nie
bywoon nie, of hoe? Waar ek vandaan kom, ruik dit na duidelike
ondersteuning vir die regse agenda. In ieder geval was ek maar bra skepties
oor die hele groei in die tuisonderwys beweging post apartheid. Ten spyte
van al die wonderlike akademiese voordele wat mense voorhou as motivering,
dink ek dat 'n groot getal maar net uit rassige vooroordeel nie hul kinders
langs ander donker klasmaats wil laat leer nie. Wonder wat leendert in
Orania gese het though.

leswin
Re: Afrikaanse gedigte op die groep [boodskap #18150 is 'n antwoord op boodskap #18054] Ma, 05 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Leendert van Oostrum"

>> En onder sulke omstandighede reken ek enigiemand wat klein stukkies
>> van Afrikaanse digters se werke (en enkele gedigte is klein stukkies
>> van hulle werk) op n openbare forum plaas waar dit GELEES word, is
>> besig met noodhulp. (Ferdi)
>
>
> "Enkele gedigte"? Per dag? (Leendert)

Leendert, sien ek reg? Probeer jy nou
beswaar maak teen die frekwensie van die
gedigte? Wat het dit met die prys van
eiers te doen?

Gloudina.
Re: Afrikaanse gedigte op die groep [boodskap #18151 is 'n antwoord op boodskap #18054] Ma, 05 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...
> ferd...@icon.co.za (Ferdi ) writes:
>
>
>> En dan gaan jy regstegnies korrek wees
>
>
>
> Ek is nie eens so seker dat Leendert
> regstegnies korrek gaan wees nie.

En Leendert gee ook nie vreeslik om nie. Soos hy telkemale verklaar het, is
hy ten guste van die projek om die gedigte te plaas.

Waarteen hy wel beswaar maak, is die feit dat Gloudina alles in die stryd
werp om die plasing van Griet se oorspronklike bydraes te verhoed.

In besonder, maak hy beswaar teen die feit dat sy Griet se stoepstories
kritiseer op grond daarvan dat dit "fornikasie, kleinhuisiestories" ens. as
temas het, terwyl dieselfde temas mildelik uitgestal word in die gedigte wat
Gloudina plaas.

Hy wys daarop dat dit erg skynheilig van Gloudina is.

> Ek
> daag hom uit om beide die SA wette
> en die Kanadese wette aan te haal
> wat van my aktiwiteit OP DIE INTERNET
> 'n kriminele oortreding sal maak.

Ah! Gloudina maak dus gebruik van wat sy beskou as 'n leemte in die
ontwikkelende reg.

Sy gebruik hierdie skuiwergat om praktyke te beoefen wat moontlik die
publikasie (in boekvorm) van Afrikaanse gedigte in die toekoms kan
ontmoedig.

Dit is moontlik dat sy die Afrikaanse digkuns daardeur saboteer eerder as
bevorder.

> En
> ek twyfel of enige uitgewer in SA 'n
> siviele saak sou wou maak teen iemand
> wat geen persoonlike gewin daaruit
> kry nie, en waar 'n mens buitendien
> getuies kan bybring wat sal getuig dat
> dit gratis advertensie vir hulle digter
> is.

As dit is, sou hulle sekerlik 'n projek soos Gloudina s'n ondersteun.

Hulle sou heel waarskynlik dan met graagte toestemming verleen vir die
publikasie van die materiaal (met behoorlike erkenning van hul aandeel
daaraan).

Hulle sou heel moontlik selfs vir Gloudina voorsien van gratis kopieë van
die bundels, miskien selfs in elektroniese formaat om haar die moeite te
bespaar om dit in te tik.

Miskien sou hulle selfs daaraan dink dat hulle self die "advertensie" op die
nuusgroep kan doen.

> Ek sien vooruit na Leendert se
> argumente. Ek sien ook uit na Leendert
> se uiteensetting van "intellectual
> property law" in SA en hoe dit verskil
> van ons s'n hier in Kanada. (Waar my
> een seun vir my 'n gids kan wees.)

Ek het reeds die bietjie wat ek daarvan weet geplaas in reaksie op 'n
boodksap van ferdi.

Ek vermoed dat jou seun sal bevestig dat die reg in Kanada in daardie
opsigte nie beduidend verskil van die reg in SA nie.

Maar, soos ek al herhaaldelik aangetoon het, het ek vrede met die vraag of
jy tegnies 'n dief is met kriminele aanspreeklikheid.

Want ek vermoed dat jou seun, as 'n beoefenaar van praktiese etiek, ook vrae
mag opper oor die feit dat jy Griet se oorspronklike stem probeer smoor
terwyl hy beweer dat jy Afrikaans bevorder.

Hy sal miskien veral ook wonder oor die feit dat jy dit doen op grond van
klagtes dat sy temas aanspreek wat mildelik verskyn in die gedigte wat jy
plaas.

Vriendelike groete, Leendert
Re: Afrikaanse gedigte op die groep [boodskap #18152 is 'n antwoord op boodskap #18054] Ma, 05 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 6 Oct 1998 05:34:42 +0200, "Leendert van Oostrum" wrote:

<<>Nou vertel vir my, leswin the living, as mense "net uit rassige vooroordeel"
>tuisonderwys kies, waarom sou iemand dan die mense van ORANIA oor die
> onderwerp gaan toespreek - waar daar net wit afrikaanse kinders in die skole
> is?>>

Of Leendert het nie baie intellektuele diepte nie of hy speel weer sy
vervelige spel met woorde.
Re: Afrikaanse gedigte op die groep [boodskap #18153 is 'n antwoord op boodskap #18054] Ma, 05 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 4 Oct 1998 23:53:07 +0200, "Leendert van Oostrum" wrote:

<<>Ek weet nie. Soos ek kan onthou moes ek beide op skool en op universiteit
> bundels koop met die gedigte wat behandel is.>>

Het jy van daai opvoedings gekry waar julle NET gelees het wat in die
handboek staan?!

Waar ek was is goed aangehaal wat nie altyd in die handboeke was nie.
In n klomp vakke.
Re: Afrikaanse gedigte op die groep [boodskap #18154 is 'n antwoord op boodskap #18054] Ma, 05 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina skryf:

> Ek
> daag hom uit om beide die SA wette
> en die Kanadese wette aan te haal
> wat van my aktiwiteit OP DIE INTERNET
> 'n kriminele oortreding sal maak.

Die vraag wat uit hierdie debat spruit, is natuurlik hoe 'n nuusgroep of
besprekingsgroep gesien behoort te word. Vir my lyk dit na 'n blote gesprek
en behoort nie in dieselfde lig as gedrukte media of ander gesien te word
nie, maar die toekoms sal sekerlik nog duidelikheid hieroor bring.

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is nie vir Sissies nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Re: Afrikaanse gedigte op die groep [boodskap #18169 is 'n antwoord op boodskap #18054] Di, 06 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Leswin Laubscher wrote in message ...

>
> Ferdi wrote in message ...
>
>> En persoonlik reken ek dat jy en andere n gerieflike stok gekry het om
>> haar mee te probeer slaan.
>
>
> Bravo. Ek stem heelhartig saam - kleingeestige partisynskap wat die
> persoon, liewer as die kwessie onder kruisvuur plaas. En dan, wanneer hy in
> die rook draai, kom Mnr. Van Oostrum vorendag met die mees kreatiewe
> dubbelspraak, rasionaliserings en pogings tot defleksie - skaam jou.

Hmmm..... Ek merk op dat jy geen enkele voorbeeld bring van dit waarvan jy
my hier beskuldig nie, maar my bloot persoonlik aanval.

Veelseggend, nogal. Oorle Sizwe had dieselfde gewoonte om "generalised
invective" en "meaningless abuse" aan te bied vir logiese argumente.

>
>
>> En as dit waar is dat jy betrokke is by die Universiteit
>> van Pretoria (waar die ANC lyk my n aktiewe jeugvleuel ook het), is
>> dit mos nog makliker - jy vra net die mense by die Afrikaanse
>> departement!
>
>
> Ek bemerk nou die ander dag op die Kenweb nuusblad dat Mnr. Van Oostrum 'n
> toespraak gelewer het in ORANIA oor tuisonderwys.

Moenie alles glo wat jy op webblaaie lees nie. (Of in boeke deur mense wat
beweer dat hulle dinge in ander mense se boeke dinge gelees het wat beweer
dat hulle dinge in die Sunday Times gelees het as dit sou blyk dat dit nooit
in die Sunday Times verskyn het nie.)

> Sy swart kollegas - selfs
> die wat geinterresseerd is in tuisonderwys, ANC of nie - kon seker nie
> bywoon nie, of hoe?

Huh-uh. Wittes ook nie. Of pienkes, of enige ander kleur.

> Waar ek vandaan kom, ruik dit na duidelike
> ondersteuning vir die regse agenda. In ieder geval was ek maar bra skepties
> oor die hele groei in die tuisonderwys beweging post apartheid. Ten spyte
> van al die wonderlike akademiese voordele wat mense voorhou as motivering,
> dink ek dat 'n groot getal maar net uit rassige vooroordeel nie hul kinders
> langs ander donker klasmaats wil laat leer nie.

Ja. Ingrid Geldenhuys het dieselfde in Insig te skrywe gehad - en lelik op
haar neus gekyk. Toe probeer sy dit regmaak deur die tema op haar
geselsprogram op Punt onder die loep te neem, met soortgelyke gevolge. Want
sy het dieselfde gewoonte as jy om beskuldigings rond te slinger sonder om
gronde daarvoor aan te bied.

> Wonder wat leendert in
> Orania gese het though.
>
> leswin

Jy sal nooit weet nie, want hy het nie.

Hopelik sal hy nog, want dit sal die prentjie mooi volmaak saam met die
dinge wat hy in Belhar, Soshanguve en Chatworth gesê het.

Moet maar nie alles glo wat jy op webblaaie lees nie, hoor! Moet veral nie
aanneem dat dinge wat webblaaie vir die toekoms voorspel wel gebeur het nie.

Vriendelike groete, Leendert
Re: Afrikaanse gedigte op die groep [boodskap #18170 is 'n antwoord op boodskap #18054] Di, 06 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...
> "Leendert van Oostrum"
>
> O, dus gaan alles, volgens jou, NIE oor
> "kopiereg" nie.

Het jy nou ook ferdi se manier aangeleer om so stompsinnig te raak as jy in
'n hoek gekeer is? Hy doen dit net met veel meer pizaz as jy.

Ek het dit duidelik gestel dat die kwessie van kopiereg 'n ondergeskikte
rede tot kommer is.

> Jammer dat ons almal nou
> vir jou so misverstaan het. Dus is die
> sakie nou op 'n ent.

Wel, soos ek tevore verklaar het - aangesien jy jou daaraan afvee, is dit
jou saak. Ek het myne gestel, en daarmee is ek klaar.

> En laat ek dit weer
> duidelik stel. Ek gaan nie as advertensie-
> agent vir gedigte optree nie.

Nee, Nee! Die dienswillige diensmaagd van die Afrikaanse digkuns, of sy
onverskrokke Jeanne d'Arc. Maar niks so kommin soos 'n ydjint nie, of hoe?

> As enigiemand
> van enige gedig hou, kan hulle op hierdie
> nuusgroep navraag doen vir informasie -
> soos iemand in die VSA wel gedoen het in
> verband met George Weideman.

Nog net een het navraag gedoen? Suggereer dit nie dat daar dalk minder is
wat van die gedigte hou as wat jy wil voorgee nie?

Dit sou jammer wees, maar waarskynlik na aan die waarheid.

Vriendelike groete, Leendert
Re: Afrikaanse gedigte op die groep [boodskap #18171 is 'n antwoord op boodskap #18054] Di, 06 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi wrote in message ...
> On Sun, 4 Oct 1998 23:53:14 +0200, "Leendert van Oostrum"
> wrote:
>
>
> > plaas vandat die nuusgroep begin het.
>>
>> Geen korreksie nodig nie. Vir 'n verandering verskaf jy 'n kontroleerbare
>> feit wat ook korrek is. Een waarna ek self in die afgelope dae verwys het.
>>
>>> En dat jy baie onlnags eers
>>> besware begin aanteken het.
>>
>> Ook korrek >>
>
> Dit vertel die hele storie.
>
> Dit gaan nie om moraliteit hier nie, maar om morele pretensies inspan
> om iemand te probeer bykom.

Inderdaad. Die morele pretensies van Gloudina wat Griet se stoepstories wil
verban omdat sy nie daarvan hou dat Griet oor "fornikasie" en
"kleinhuisiesgepraat" skryf nie - temas wat mildelik ondersoek word in die
gedigte wat sy self plaas.

Dit is waarop ek gereageer het.

Dit is die beswaar waarvandaan jy en Gloudina angstig wegstuur om die aandag
daarvan af te lei deur hewige grofgeskut te konsentreer op die kwessie van
kopiereg.

Tot dusver lyk dit asof julle sukses gehad het met julle rookskerm, want
albei die ander deelnemers wat gereageer het, het slegs oor die
kopieregkwessie kommentaar gelewer.

Vriendelike groete, Leendert
Re: Afrikaanse gedigte op die groep [boodskap #18172 is 'n antwoord op boodskap #18054] Di, 06 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...
> "Leendert van Oostrum"
>
>
>>> En onder sulke omstandighede reken ek enigiemand wat klein stukkies
>>> van Afrikaanse digters se werke (en enkele gedigte is klein stukkies
>>> van hulle werk) op n openbare forum plaas waar dit GELEES word, is
>>> besig met noodhulp. (Ferdi)
>>
>>
>> "Enkele gedigte"? Per dag? (Leendert)
>
>
> Leendert, sien ek reg? Probeer jy nou
> beswaar maak teen die frekwensie van die
> gedigte? Wat het dit met die prys van
> eiers te doen?

Die volgende:

fXt=p

waar f=frekwensie, t=tyd en p = prys van eiers.

Ons sien dus dat die prys van eiers eweredig is aan beide frekwensie en tyd.

Soos ferdi aangetoon het, is t reeds groot - "van die begin af".

Dit volg verder dat, hoe groter f is, hoe hoër is p.

Die prys van eiers het dus, in hierdie geval, direk te doen met die
frekwensie waarteen die gedigte geplaas word.

Verder voel ek dat daar 'n kwalitatiewe verskil is tussen die plasing van
"enkele gedigte" (dit is wat ferdi beweer wat hier gebeur) en die omvangryke
publikasie van 'n groot getal gedigte. Laasgenoemde, soos hierbo getoon, het
verband met die frekwensie van die plasings.

Vriendelike groete, Leendert
Re: Afrikaanse gedigte op die groep [boodskap #18173 is 'n antwoord op boodskap #18054] Di, 06 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi wrote in message ...
> On Sun, 4 Oct 1998 23:53:07 +0200, "Leendert van Oostrum"
> wrote:
>
>
> universiteit
>> bundels koop met die gedigte wat behandel is.>>
>
> Het jy van daai opvoedings gekry waar julle NET gelees het wat in die
> handboek staan?!

Inteendeel. Ek het my onderwys ontvang uit die boeke wat ek twaalf jaar lank
onder die skoolbanke gelees het.

> Waar ek was is goed aangehaal wat nie altyd in die handboeke was nie.
> In n klomp vakke.

Is dit uit onkunde dat jy nie onderskei tussen "aanhaal" enersyds en
"reproduseer" of "publiseer" andersyds nie? Of is dit (nog) 'n doelbewuste
poging om te verwar?

Dit is feitlik altyd toelaatbaar om sonder vooraf toestemming aan te haal,
mits beide die outeur en die uitgewer behoolik gekrediteer word.

So ver ek weet is dit slegs in bepaalde gevalle toelaatbaar om sonder vooraf
toestemming te reproduseer of te publiseer, ongeag of beide outeur en
uitgewer gekrediteer word of nie.

Vriendelike groete, Leendert
Re: Afrikaanse gedigte op die groep [boodskap #18174 is 'n antwoord op boodskap #18054] Di, 06 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi wrote in message ...
> On Tue, 6 Oct 1998 05:34:42 +0200, "Leendert van Oostrum"
> wrote:

> > tuisonderwys kies, waarom sou iemand dan die mense van ORANIA oor die
>> onderwerp gaan toespreek - waar daar net wit afrikaanse kinders in die skole
>> is?>>

> Of Leendert het nie baie intellektuele diepte nie of hy speel weer sy
> vervelige spel met woorde.

Die ander moontlikheid is dat ferdi se kop weer raas.
Re: Afrikaanse gedigte op die groep [boodskap #18175 is 'n antwoord op boodskap #18054] Di, 06 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Henri Burger wrote in message ...
>
> Gloudina skryf:
>
>> Ek
>> daag hom uit om beide die SA wette
>> en die Kanadese wette aan te haal
>> wat van my aktiwiteit OP DIE INTERNET
>> 'n kriminele oortreding sal maak.
>
> Die vraag wat uit hierdie debat spruit, is natuurlik hoe 'n nuusgroep of
> besprekingsgroep gesien behoort te word. Vir my lyk dit na 'n blote gesprek
> en behoort nie in dieselfde lig as gedrukte media of ander gesien te word
> nie, maar die toekoms sal sekerlik nog duidelikheid hieroor bring.

Ek dink nie dat so 'n onderskeid 'n effek sou hê waar kopiereg, laster, en
sulke dinge ter sprake is nie.

"Publikasie", byvoorbeeld, geskied wanneer inligting aan 'n derde persoon
oorgedra word, selfs al is dit onder vertroulike omstandighede.

"Reproduksie" wat kopiereg skend is, so ver ek weet strafbaar, ongeag of die
gereproduduseerde materiaal versprei word of nie.

Groete, Leendert
Re: Afrikaanse gedigte op die groep [boodskap #18176 is 'n antwoord op boodskap #18054] Di, 06 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Leswin Laubscher wrote in message ...

> Ek bemerk nou die ander dag op die Kenweb nuusblad dat Mnr. Van Oostrum 'n
> toespraak gelewer het in ORANIA oor tuisonderwys. Sy swart kollegas - selfs
> die wat geinterresseerd is in tuisonderwys, ANC of nie - kon seker nie
> bywoon nie, of hoe? Waar ek vandaan kom, ruik dit na duidelike
> ondersteuning vir die regse agenda. In ieder geval was ek maar bra skepties
> oor die hele groei in die tuisonderwys beweging post apartheid. Ten spyte
> van al die wonderlike akademiese voordele wat mense voorhou as motivering,
> dink ek dat 'n groot getal maar net uit rassige vooroordeel nie hul kinders
> langs ander donker klasmaats wil laat leer nie. Wonder wat leendert in
> Orania gese het though.

Nou vertel vir my, leswin the living, as mense "net uit rassige vooroordeel"
tuisonderwys kies, waarom sou iemand dan die mense van ORANIA oor die
onderwerp gaan toespreek - waar daar net wit afrikaanse kinders in die skole
is?

Vriendelike groete, Leendert
Re: Afrikaanse gedigte op die groep [boodskap #18177 is 'n antwoord op boodskap #18054] Di, 06 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Leendert van Oostrum"

> Dit is die beswaar waarvandaan jy en Gloudina angstig wegstuur om die aandag
> daarvan af te lei deur hewige grofgeskut te konsentreer op die kwessie van
> kopiereg.
>
> Tot dusver lyk dit asof julle sukses gehad het met julle rookskerm, want
> albei die ander deelnemers wat gereageer het, het slegs oor die
> kopieregkwessie kommentaar gelewer.

O, dus gaan alles, volgens jou, NIE oor
"kopiereg" nie. Jammer dat ons almal nou
vir jou so misverstaan het. Dus is die
sakie nou op 'n ent. En laat ek dit weer
duidelik stel. Ek gaan nie as advertensie-
agent vir gedigte optree nie. As enigiemand
van enige gedig hou, kan hulle op hierdie
nuusgroep navraag doen vir informasie -
soos iemand in die VSA wel gedoen het in
verband met George Weideman.

Gloudina
Re: Afrikaanse gedigte op die groep [boodskap #18183 is 'n antwoord op boodskap #18054] Wo, 07 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Leendert van Oostrum wrote in message ...
>
> Leswin Laubscher wrote in message ...
>

>> Ek bemerk nou die ander dag op die Kenweb nuusblad dat Mnr. Van Oostrum 'n
>> toespraak gelewer het in ORANIA oor tuisonderwys.
>> Sy swart kollegas - selfs
>> die wat geinterresseerd is in tuisonderwys, ANC of nie - kon seker nie
>> bywoon nie, of hoe?
>
> Huh-uh. Wittes ook nie. Of pienkes, of enige ander kleur.

En, o ja.

Jy kan gerus die PAC se jeugvleuel vra wat _hulle_ op Orania gesê het toe
hulle etlike dae daar gekuier het vir samesprekings.

En vir etlike ander groepe en individue wat, soos ek kan agterkom, nie juis
te "wit" is nie, maar wat nogtans gaan kyk het wat die boere daar aanvang.
Dit sou daardie skynheilige ou varkvriend van Gloudina, Mandela, insluit.

Nie dat my swart kollegas nodig het om na Orania af te reis as hulle iets
wil weet oor tuisonderwys nie. Ek het reeds etlike van hulle, en baie van
hul etniese genote, by my aanbiedings oor die onderwerp teëgekom - sommer
hier by my eie kerk in Pretoria en elders in die omgewing. Om die waarheid
te sê, daar is al heelwat van hulle wat lidmaatskap verkry het van die
vereniging wat ek en ander gestig het om tuisonderwys te bevorder.

Jy sien, ou leswin die lewende, wanneer ek inligting, advies of
ondersteuning verskaf oor tuisonderwys vra ek nie na mense se
geloofsbelydenis, hul etniese verbande of hul genetiese samestelling voordat
ek dit doen nie. Ek doen dit ook nie voordat ek my kinders met hulle s'n
laat speel of voordat ek my gesin neem om hulle aan huis te besoek nie. Ek
doen dit nie met die mense van Hammanskraal of van Lenasia nie en ook nie
met die mense van Orania nie.

Indien ek vind dat hulle 'n waardestelsel handhaaf wat teenstrydig is met
myne (mense, byvoorbeeld, wat oneerlikheid as 'n deug beoefen of bevorder)
sal ek nogtans toesien dat my kinders nie te veel aan hulle blootgestel word
nie. In hierdie verband kan ek meld dat daar sulke mense op hierdie
nuusgroep bedrywig is, en jy is een van hulle.

Vriendelike groete, Leendert
Re: Afrikaanse gedigte op die groep [boodskap #18184 is 'n antwoord op boodskap #18054] Wo, 07 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
writes: tweede pos-poging.

> "Leendert van Oostrum"
>
>
>> Dit is die beswaar waarvandaan jy en Gloudina angstig wegstuur om die aandag
>> daarvan af te lei deur hewige grofgeskut te konsentreer op die kwessie van
>> kopiereg.
>>
>> Tot dusver lyk dit asof julle sukses gehad het met julle rookskerm, want
>> albei die ander deelnemers wat gereageer het, het slegs oor die
>> kopieregkwessie kommentaar gelewer.
>
>
> O, dus gaan alles, volgens jou, NIE oor
> "kopiereg" nie. Jammer dat ons almal nou
> vir jou so misverstaan het. Dus is die
> sakie nou op 'n ent. En laat ek dit weer
> duidelik stel. Ek gaan nie as advertensie-
> agent vir gedigte optree nie. As enigiemand
> van enige gedig hou, kan hulle op hierdie
> nuusgroep navraag doen vir informasie -
> soos iemand in die VSA wel gedoen het in
> verband met George Weideman.
>
> Gloudina
>
Re: Afrikaanse gedigte op die groep [boodskap #18199 is 'n antwoord op boodskap #18054] Do, 08 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
oos...@geocities.com writes:

>> Nog net een het navraag gedoen? Suggereer dit nie dat daar dalk minder is
>> wat van die gedigte hou as wat jy wil voorgee nie?
>>
>> Dit sou jammer wees, maar waarskynlik na aan die waarheid.


Wel, ou Leendert, ek verloor nou geen slaap
oor hoeveel mense "van die gedigte hou" of
nie. Ek weet dat daar mense is wat na die
nuusgroep kom (soms Engels-sprekende SA), juis
vir die gedigte. Hoekom laat dit jou nie
ook koud nie. Dit neem mos niks weg van jou -
hierdie gedigte op die nuusgroep nie. Hoekom
irreteer dit vir jou? Daar is iets verkeerd
binne kant in jou as jy so voel.

Gloudina
Re: Afrikaanse gedigte op die groep [boodskap #18200 is 'n antwoord op boodskap #18054] Do, 08 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum[2]  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina hyg so na 'n reaksie op hierdie een, ek plaas dit maar weer.

In article ,
"Leendert van Oostrum" wrote:
>
> @igs.net wrote in message ...
>> "Leendert van Oostrum"
>>
>> O, dus gaan alles, volgens jou, NIE oor
>> "kopiereg" nie.
>
> Het jy nou ook ferdi se manier aangeleer om so stompsinnig te raak as jy in
> 'n hoek gekeer is? Hy doen dit net met veel meer pizaz as jy.
>
> Ek het dit duidelik gestel dat die kwessie van kopiereg 'n ondergeskikte
> rede tot kommer is.
>
>> Jammer dat ons almal nou
>> vir jou so misverstaan het. Dus is die
>> sakie nou op 'n ent.
>
> Wel, soos ek tevore verklaar het - aangesien jy jou daaraan afvee, is dit
> jou saak. Ek het myne gestel, en daarmee is ek klaar.
>
>> En laat ek dit weer
>> duidelik stel. Ek gaan nie as advertensie-
>> agent vir gedigte optree nie.
>
> Nee, Nee! Die dienswillige diensmaagd van die Afrikaanse digkuns, of sy
> onverskrokke Jeanne d'Arc. Maar niks so kommin soos 'n ydjint nie, of hoe?
>
>> As enigiemand
>> van enige gedig hou, kan hulle op hierdie
>> nuusgroep navraag doen vir informasie -
>> soos iemand in die VSA wel gedoen het in
>> verband met George Weideman.
>
> Nog net een het navraag gedoen? Suggereer dit nie dat daar dalk minder is
> wat van die gedigte hou as wat jy wil voorgee nie?
>
> Dit sou jammer wees, maar waarskynlik na aan die waarheid.
>
> Vriendelike groete, Leendert
>
>
Re: Afrikaanse gedigte op die groep [boodskap #18201 is 'n antwoord op boodskap #18054] Do, 08 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum[2]  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina dors so hygend na hierdie reaksie, ek plaas dit maar weer.

In article ,
"Leendert van Oostrum" wrote:
>
> @igs.net wrote in message ...
>> "Leendert van Oostrum"
>>
>> O, dus gaan alles, volgens jou, NIE oor
>> "kopiereg" nie.
>
> Het jy nou ook ferdi se manier aangeleer om so stompsinnig te raak as jy in
> 'n hoek gekeer is? Hy doen dit net met veel meer pizaz as jy.
>
> Ek het dit duidelik gestel dat die kwessie van kopiereg 'n ondergeskikte
> rede tot kommer is.
>
>> Jammer dat ons almal nou
>> vir jou so misverstaan het. Dus is die
>> sakie nou op 'n ent.
>
> Wel, soos ek tevore verklaar het - aangesien jy jou daaraan afvee, is dit
> jou saak. Ek het myne gestel, en daarmee is ek klaar.
>
>> En laat ek dit weer
>> duidelik stel. Ek gaan nie as advertensie-
>> agent vir gedigte optree nie.
>
> Nee, Nee! Die dienswillige diensmaagd van die Afrikaanse digkuns, of sy
> onverskrokke Jeanne d'Arc. Maar niks so kommin soos 'n ydjint nie, of hoe?
>
>> As enigiemand
>> van enige gedig hou, kan hulle op hierdie
>> nuusgroep navraag doen vir informasie -
>> soos iemand in die VSA wel gedoen het in
>> verband met George Weideman.
>
> Nog net een het navraag gedoen? Suggereer dit nie dat daar dalk minder is
> wat van die gedigte hou as wat jy wil voorgee nie?
>
> Dit sou jammer wees, maar waarskynlik na aan die waarheid.
>
> Vriendelike groete, Leendert
>
>
Re: Afrikaanse gedigte op die groep [boodskap #18213 is 'n antwoord op boodskap #18054] Vr, 09 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...
> Wel, ou Leendert, ek verloor nou geen slaap
> oor hoeveel mense "van die gedigte hou" of
> nie. Ek weet dat daar mense is wat na die
> nuusgroep kom (soms Engels-sprekende SA), juis
> vir die gedigte. Hoekom laat dit jou nie
> ook koud nie. Dit neem mos niks weg van jou -
> hierdie gedigte op die nuusgroep nie. Hoekom
> irreteer dit vir jou? Daar is iets verkeerd
> binne kant in jou as jy so voel.

> Gloudina

Hoe voel ek, Gloudina? (Miskien wil jy my uitgesproke menings oor die
aangeleentheid nagaan - herhaaldelik hier weergegee.?)

Vriendelike groete, Leendert
Vorige onderwerp: "Die Son sak weg" deur FERDI GREYLING
Volgende onderwerp: " Kaapstad '76 " deur FERDI GREYLING
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 03 03:52:20 MGT 2024