Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: AFRIKAANS WIE SIN HUH,ko ek wys jou n ding of twee
Re: AFRIKAANS WIE SIN HUH,ko ek wys jou n ding of twee [boodskap #18190] Do, 08 Oktober 1998 00:00
hancil  is tans af-lyn  hancil
Boodskappe: 28
Geregistreer: Augustus 1998
Karma: 0
Junior Lid
Op 8 Oct 1998 15:16:18 GMT skryf :

->"Narga User" writes:
->
-> Arabies en knoi taal
->
->
-> Bravo, Narg, maar spel tog maar
-> net "Khoi" reg. Wonder waar die
-> benaming Khoi vandaan kom. Is
-> dit ook 'n term wat deur mense
-> uit Europa geskep is?
->
-> Leonotis

Gloudina
Omdat jy so mooi wonder oor die herkoms van "Khoi", het ek gaan
naslaan in Toponymica Hottentotica van Nienaber en Raper...
Nee, die naam Khoi is nie van Europese oorsprong nie. Inteendeel.
Uit 'n magdom gegewens oor ou ontdekkingsreisigers en sendelinge se
reisbeskrywings haal ek net die volgende aan:

Knudsen 1842 Reisen Moritz 19/4 150 "Koï-koïn oder Hottentotten. Der
Name Hottentott ist der Namaquasprache fremd. Sie selbst nennen sich
Koï-koïn. Dies ist der eigentliche Gemein- oder Volksname. Koï (die
natürliche Genusendung des Comm. Sing.) heist Mensch; koïn, dieselbe
Endung des Comm. Plur., also Mensch-Menschen oder Mensch der Menschen,
wozu alle ihre Stämme, Orlams, Namaquas, Korannas, Griquas,
Buschmänner, Nawissen usw., die Berg- und Viehdamaras ausgenommen,
gerechnet werden". Ook in Quiellen 3 21, jaar 1844, herhaal hy dit.
"Khoi-khoin (oder Hottentot, europäischer Name) scheint der allgemeine
Name des ganzen Volkes zu sein".

Eerw C. Hugo Hahn (Tagebuch 1858) noem die naam Hottentot "eine
Verstümmelung des Wortes ||Huinitob". Hy beskou Hottentot dus as 'n
Khoekhoense woord, die -tob om saam te val met -tott van Hottentott,
waarvan die eerste deel op sy beurt die verhaspeling ||hui-n-,
waarskynlik soos ons dit verstaan, by Nama ||hui = die kop hoog oprig,
soos 'n koperkapel wat sy kop bakmaak, gereed om te pik en weg te
seil. So beteken "Hottentot" dan ongeveer die "Koperkapelmense"...

Tot sover die aanhalings. Ek hoop dit bring jou gemoedsrus.

Groete
Hannes
Re: AFRIKAANS WIE SIN HUH,ko ek wys jou n ding of twee [boodskap #18191 is 'n antwoord op boodskap #18190] Do, 08 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Narga User:

> Wie se taal id it die die whity's

Ik sê, my bra, ik gattie met djou argue oerie stytmint wa' djy maakie. Smaak
my mos djy's' i lekki vet trol? (Hoepelik ken djy i trolskyt?)

Ma' ik kleim hommie. Hys vi ammal wattom smaak en praat.

Ma' ik laaik it lat djy saampraat. Goei nog, lat ons hoo'!

Henri B�ge
Vannie Tzanien, Eresy
"Afrika issie vi Sissiesie"(Hys vi ouens soes ekkin djy!)
Re: AFRIKAANS WIE SIN HUH,ko ek wys jou n ding of twee [boodskap #18192 is 'n antwoord op boodskap #18190] Do, 08 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Narga User" writes:

Arabies en knoi taal

Bravo, Narg, maar spel tog maar
net "Khoi" reg. Wonder waar die
benaming Khoi vandaan kom. Is
dit ook 'n term wat deur mense
uit Europa geskep is?

Leonotis
Vorige onderwerp: Word speller
Volgende onderwerp: "The Road to Bologna" by ROY McNAB
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 19 14:15:12 MGT 2024