Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Die Groot Trek" deur FERDI GREYLING
"Die Groot Trek" deur FERDI GREYLING [boodskap #18168] Di, 06 Oktober 1998 00:00 na volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
DIE GROOT TREK
Ferdi Greyling

uit die blou baaie van die Kaap
met die brandende droom van vryheid
en die krag van hul woede
altyd noord die vreemde vasteland in

weg van die heerskappy van ander se denke
inperking deur vreemde tale en die vasweef
van mense, vlaktes en benaamde riviere in planne
wat die stempel van soldaat en regulasie kry

oor vlaktes soos kristalle onder die son voort
deur woude waar vreemde voëls in die nag roep
tot swart konings diep in die land
hul bloed met Afrika se grond meng

en hulle hard en bitter
in hulle eie beeld verstar
begin om die verskriklike land
in die wette van hul vryheid te dwing

(Standpunte)
Re: "Die Groot Trek" deur FERDI GREYLING [boodskap #18182 is 'n antwoord op boodskap #18168] Wo, 07 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
writes: >

Ek het rede om te dink dat hierdie pos nie weggestuur
is deur ons bediener nie, weens aansluitings-probleme.
Ek pos hierdie pos en drie ander dus weer.Jammer as dit
dubbel verskyn.
Gloudina


> DIE GROOT TREK
> Ferdi Greyling
>
> uit die blou baaie van die Kaap
> met die brandende droom van vryheid
> en die krag van hul woede
> altyd noord die vreemde vasteland in
>
> weg van die heerskappy van ander se denke
> inperking deur vreemde tale en die vasweef
> van mense, vlaktes en benaamde riviere in planne
> wat die stempel van soldaat en regulasie kry
>
> oor vlaktes soos kristalle onder die son voort
> deur woude waar vreemde voëls in die nag roep
> tot swart konings diep in die land
> hul bloed met Afrika se grond meng
>
> en hulle hard en bitter
> in hulle eie beeld verstar
> begin om die verskriklike land
> in die wette van hul vryheid te dwing
>
>
> (Standpunte)
>
Vorige onderwerp: "Voor die Val" deur FERDI GREYLING
Volgende onderwerp: "Die Son sak weg" deur FERDI GREYLING
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 03 06:23:56 MGT 2024