Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » leendert@orania
leendert@orania [boodskap #18155] Di, 06 Oktober 1998 00:00 na volgende boodskap
Leswin Laubscher  is tans af-lyn  Leswin Laubscher
Boodskappe: 26
Geregistreer: Augustus 1998
Karma: 0
Junior Lid
Eerstens: Om Belhar, Shoshanguve, Chatsworth en Orania bymekaar te groepeer
asof hulle dieselfde is, laat my sprakeloos. Om die waarheid te sê,
hierdie kan amper dien as 'n item op 'n psigometriese aanlegtoets en ek is
oortuig dat die meerderheid toetssubjekte Orania sou uitlig as die een item
wat die nie pas nie. In hul respons lê gesetel die logika wat jou
groepering belaglik maak.

Twee: 'n Ruk gelede het jy die "skuldig by assosiasie" argument gebesig (ek
dink dit was Gloudina) waarmee jy geargumenteer het dat jy haar ken deur die
mense met wie sy assosieer. By dieselfde maatstaf is Orania dan seker
openbarend ten opsigte van jouself.

Drie: So jy het nie in Orania gepraat nie. Waarom nie? Of het die
organiseerders jou naam sonder jou toestemming op 'n program gesit? Ek vind
dit taamlik dik vir 'n daalder

Vier: Ek het nie nodig om my naam te verskans nie. Loop vis dus elders,
leendert die skynheilige.

leswin
Re: leendert@orania [boodskap #18178 is 'n antwoord op boodskap #18155] Wo, 07 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Leswin Laubscher wrote in message ...

> Vier: Ek het nie nodig om my naam te verskans nie. Loop vis dus elders,

Hmmmm...... Het iemand miskien gesuggereer dat jy jou naam verskans?

Of het iets anders hierdie stelling ontlok?

Vriendelike groete, Leendert
Re: leendert@orania [boodskap #18179 is 'n antwoord op boodskap #18155] Wo, 07 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Leswin Laubscher wrote in message ...

> Eerstens: Om Belhar, Shoshanguve, Chatsworth en Orania bymekaar te groepeer
> asof hulle dieselfde is, laat my sprakeloos.

Vir my ook. Ek reken hulle is heel divers. Dit was die doel daarmee.

> Om die waarheid te sê,
> hierdie kan amper dien as 'n item op 'n psigometriese aanlegtoets en ek is
> oortuig dat die meerderheid toetssubjekte Orania sou uitlig as die een item
> wat die nie pas nie. In hul respons lê gesetel die logika wat jou
> groepering belaglik maak.

Nou op watter gronde sou Orania nie by die ander drie pas nie? Of dan, wat
sou die ander drie in gemeen hê waarin hulle van Orania sou verskil?

Of is jou instinktiewe reaksie op Orania bloot "openbarend ten opsigte van
jouself"?

>
> Twee: 'n Ruk gelede het jy die "skuldig by assosiasie" argument gebesig (ek
> dink dit was Gloudina) waarmee jy geargumenteer het dat jy haar ken deur die
> mense met wie sy assosieer. By dieselfde maatstaf is Orania dan seker
> openbarend ten opsigte van jouself.

Volgens dieselfde argument moet jy dan verklaar waarom Belhar, Soshanguve en
Chatsworth nie eweseer "openbarend ten opsigte van myself" is nie.

>
> Drie: So jy het nie in Orania gepraat nie. Waarom nie? Of het die
> organiseerders jou naam sonder jou toestemming op 'n program gesit? Ek vind
> dit taamlik dik vir 'n daalder

Die geleentheid is uitgestel tot volgende jaar.

>
> Vier: Ek het nie nodig om my naam te verskans nie.

Ek stem saam. Dis heeltemal onnodig, en dit was nog altyd.

Maar sê my, leswin die lewende, sou jy weier om 'n gehoor op Orania toe te
spreek oor 'n onderwerp waaroor jy kundig is?

Indien wel, hoekom?

Vriendelike groete, Leendert
Re: leendert@orania [boodskap #18187 is 'n antwoord op boodskap #18155] Do, 08 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 7 Oct 1998 03:47:41 +0200, "Leendert van Oostrum"
wrote:

sou die ander drie in gemeen hê waarin hulle van Orania sou verskil?>>[/color]

Lekker slaap, Leendert.
Re: leendert@orania [boodskap #18205 is 'n antwoord op boodskap #18155] Vr, 09 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi wrote in message ...
> On Wed, 7 Oct 1998 03:47:41 +0200, "Leendert van Oostrum"
> wrote:
>
> dan, wat
>> sou die ander drie in gemeen hê waarin hulle van Orania sou verskil?>>
>
>
> Lekker slaap, Leendert.

Wens jy my 'n goeie nagrus toe, of verwyt jy my dat ek nie dieselfde stel
aannames en vooroordele as jy (of Leswin) onderskryf sonder om te vra wat
hulle is nie?

Vriendelike groete, Leendert
Vorige onderwerp: "The Road to Bologna" by ROY McNAB
Volgende onderwerp: Re: Afrikaanse poslys by Punt gesien
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 28 23:18:26 MGT 2024