Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Tietiesbaai
Tietiesbaai [boodskap #18133 is 'n antwoord op boodskap #18137] Ma, 05 Oktober 1998 00:00
bra...  is tans af-lyn  bra...
Boodskappe: 7
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Junior Lid
Net wes van Vredenburg aan die Weskus le die dorpie Paternoster. Min huise
lekker hotel. 'n Klipgooi verder is Tietiesbaai. Behalwe vir 'n lighuis (Kaap
Columbaai) is dit 'n kampplek met baie min geriewe. Maar heerlik om te kamp
en weg te kom uit die stadsgewoel.

Braam

-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/rg_mkgrp.xp Create Your Own Free Member Forum
Re: Tietiesbaai [boodskap #18135 is 'n antwoord op boodskap #18133] Ma, 05 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskap
Gideon  is tans af-lyn  Gideon
Boodskappe: 194
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
bra...@my-dejanews.com wrote:
> Net wes van Vredenburg aan die Weskus le die dorpie Paternoster. Min huise
> lekker hotel. 'n Klipgooi verder is Tietiesbaai. Behalwe vir 'n lighuis (Kaap
> Columbaai) is dit 'n kampplek met baie min geriewe. Maar heerlik om te kamp
> en weg te kom uit die stadsgewoel.
>
> Braam
>

Ja, Braam dit is 'n plek van plekke. Ek en my vrou het vir ons honeumoon in
die Paternoster Hotel gebly. Daar was vroeërjare baie kreef daar ook. Die
laaste keer wat ek daar gaan duik het was egter hier in '92 rond. Toe ons nog
in die Kaap gewoon het en ek wou so 'n bietjie stilte om my hê, dan het ek
daat onder op die rotse gaan sit en net my gedagtes laat gaan. Dit is waar ou
Pieter Pieterse mos vir 'n ruk gewoon het (in 'n karavaan). Ek kan verstaan
dat 'n mens daar kan skryf - die plek leen hom tot dink. Ek het ook die
lighuis 'n paar keer geskilder. Dit is van my pogings wat nogal op die
sitkamermuur van een of twee mense opgeeindig het.

In elk geval - ja, Braam , 'n plek om te wees, en die stofpad tussen
Vredenburg en Tietiesbaai hou ook meeste van die yupgevaartes uit die
omgewing uit.

-Gideon-
Re: Tietiesbaai [boodskap #18137 is 'n antwoord op boodskap #18133] Ma, 05 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskap
Sarel Roeloffze  is tans af-lyn  Sarel Roeloffze
Boodskappe: 7
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Junior Lid
Dit is en sal hopelik so bly. Ek het self al die voorreg gehad om daar verby
te ry en sal als gee om daar te gaan kamp.
Baie baie baie oulik.

Groete
Sarel
bra...@my-dejanews.com wrote in message ...
> Net wes van Vredenburg aan die Weskus le die dorpie Paternoster. Min huise
> lekker hotel. 'n Klipgooi verder is Tietiesbaai. Behalwe vir 'n lighuis (Kaap
> Columbaai) is dit 'n kampplek met baie min geriewe. Maar heerlik om te kamp
> en weg te kom uit die stadsgewoel.
>
> Braam
>
> -----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
> http://www.dejanews.com/rg_mkgrp.xp Create Your Own Free Member Forum
Vorige onderwerp: Re: Mandella confirms he helped raise funds for Boesak`s defence,.
Volgende onderwerp: Ferdi
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jun 12 01:51:41 MGT 2024