Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Sprakeloos ?
Sprakeloos ? [boodskap #18036] Vr, 02 Oktober 1998 00:00 na volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Baie interesant dat die stigter en instandhoudster van die Afrikaanse taal
alias Gloudina, nie op sekere berigte reageer nie maar vir haar 'n
swartskaap uitgekies het nl Leendert.

Dit laat my wonder of sy nie meer skietgoed in haar arsenaal het nie, of
het sy dalk die punt bereik waar die argumente te ingewikkeld vir haar
begin word het.

Wat is fout Gloudina, het die Kanadese winter jou vingers teen die
A-S-H-O-L-E sleutels van jou sleutelbord vas gevries. ?

Vra maar net

Riaan

--

To reply, remove the NoSpam from my address.
Re: Sprakeloos ? [boodskap #18059 is 'n antwoord op boodskap #18036] Sa, 03 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
brya...  is tans af-lyn  brya...
Boodskappe: 52
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Volle Lid
In article ,
Nou wil ek nog vir jou iets vertel oor
> die koudheid van Noord-Amerikaanse
> winters. Ons bly hier binneshuis dwars-
> deur die winter in 'n subtropiese klimaat
> van sowat 20 C. Ons sit voor ons rekenaars
> met kortmoue (of selfs minder) en kaalvoete
> en kry soms warmer binneshuis in die winter
> as in die somer. Ons slaap onder min of
> geen komberse. Ek besit geen truie of
> regte winterklere nie. Wanneer iemand my
> dan uit SA in julle winter vertel dat hy
> nou voor die rekenaar sit met twee truie,
> twee paar sokkies en 'n warmwaterbottel
> op sy skoot (dit was nou voorverlede
> winter daar by julle), dan weet ek dat
> ek nooit meer in die winter in SA sal kan
> bly nie.
>
> Tant Hessie se Houyhnhnm (ek is 'n hings, jou
> yahoo)

Gloudina, brei bietjie uit oor die verhitting in jul huise daar. Ek het 'n
vriend in die VSA wat ook in 'n koue area bly en hy ervaar dit nes jy.
Lekker warm in die winter en heerlik koel in die somer(a.g.v. die
lugverkoeling). Hy't beide in die huis. Ek neem aan dis die standaard.
Koop mens al die huise/woonstelle met hierdie verhitting reeds in? Of moet
jy dit laat installeer. Ek neem aan dit word geïnstalleer tydens die bou van
die huis.

Ek bly darem in Kaapstad wat nie eintlik 'n winter ervaar nie. Dit reën soms
hier ja, maar dis nie noodwendig koud nie. 13 Grade is winter hier! Toe ek
in Bloemfontein in die Weermag was, het ek vir die eerste keer 'n regte
winter ervaar in die veld. Ek sal nooit vergeet hoe my vingers sommige
oggende aan daai R4 vasgesit het nie. Nou ja, ek praat nou seker ook namens
duisende ander.

Bryan

--
++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++ +
Afr nuusgroep!! http://www.oocities.org/Athens/Troy/2308/

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Re: Sprakeloos ? [boodskap #18077 is 'n antwoord op boodskap #18036] Sa, 03 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"nomad" writes: >

> Jou siening dat die Amerikaans meer argaies (sp?) is, is volgens Bill Bryson
> in sy boek, "Made in America", korrek. Volgens hom is baie Amerikaanse
> woorde nog in gebruik wat saam met die Mayflower uitgekom het, en dat
> Engels intussen verander het.

Ja, dis presies wat gebeur het, nie net met
"Amerikaans" nie, maar met sewentiende eeuse
Frans wat in die Kanadese Maritieme provinsies
(en deur Cajuns rondom New Orleans?) gepraat
word, en wat natuurlik dus ook met Nederlands
gebeur het in Suid-Afrika.

Selfs hier in Kanada is die Engels anders as in
Engeland. Dit was vir my byvoorbeeld 'n kultuur-
skok om "you are welcome" te hoor elke keer as ek
vir iemand dankie sê. Selfs al was ek gewoond
aan die Afrikaanse "nie te danke."

Wat vir my nog baie eienaardig is, is hoe die
Amerikaners op 'n sekere punt daar tussen die
Midde-Weste en Weste begin sê "you bet." Hulle
doen dit egter nie in California nie. Ek wonder
waar dit vandaan kom. Hulle sê dit aanmekaar
op plekke waar ek nie "you bet" sal verwag nie.
En hulle gebruik dit nie hier in die Ooste nie.

Gloudina
Re: Sprakeloos ? [boodskap #18078 is 'n antwoord op boodskap #18036] Sa, 03 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 3 Oct 1998 01:05:03 GMT, <@igs.net> wrote:
<< Wel, as jy nou begin verskil maak tussen
> "Engels" en "Amerikaans," dan kom ons by
> 'n hele interessante taalkwessie.>>

Omtrent alle woordverwerkingspakkette met spell checkers gee jou die
keuse van Britse of Amerikaanse Engels.

Saam met Franse Frans of Kanadese Frans en Portugese Portugees of
Brasiliaanse Portugees.
Re: Sprakeloos ? [boodskap #18079 is 'n antwoord op boodskap #18036] Sa, 03 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
crunch  (()) :c 8 |]]  is tans af-lyn  crunch (()) :c 8 |]]
Boodskappe: 102
Geregistreer: Mei 1998
Karma: 0
Senior Lid
Jou siening dat die Amerikaans meer argaies (sp?) is, is volgens Bill Bryson
in sy boek, "Made in America", korrek. Volgens hom is baie Amerikaanse
woorde nog in gebruik wat saam met die Mayflower uitgekom het, en dat
Engels intussen verander het.

nomad@rest.oasis
wrote in message 6v3t7v$iq6$1@news.igs.net...
> Wel, as jy nou begin verskil maak tussen
> "Engels" en "Amerikaans," dan kom ons by
> 'n hele interessante taalkwessie. En 'n
> ingewikkelde een. Ek dink alle Amerikaners
> sal volhou dat hulle Engels praat. Ek dink
> die Engels in Amerika is plek-plek meer
> argaies, met hier en daar oorvereenvoudigde
> spelling. En 'n hoogdrawendheid wat ek dink
> hulle ook van 'n vorige eeu ge-erf het.Sover
> ek weet is albei spellings van die betrokke
> woord aanvaarbaar. Ek sou dink die een wat
> Riaan probeer spel het, is die mees algemene
> een in Noord-Amerika.
Re: Sprakeloos ? [boodskap #18080 is 'n antwoord op boodskap #18036] Sa, 03 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
bi...@mgenerations.net writes:

>> Gloudina, ek vra jou nou n ding wat ek nooit gedink het ek sou
> enigeen vra nie. Maar siende dat jy jou so die reg gee om andere
> se spelling en kragwoorde aan te maan verwonder ek my nou oor
> hierdie woordewisseling en veral oor jou antwoord. En nog n ding
> ou merrie, as dit regtig Engels of is en nie n Amerikaanse uitspraak
> wat jy daar aanhaal nie? Moet daar nie "r" in daardie woord wees
> nie? Lyk my nie jy sit op n perd nie maar op n donkie met groot
> anatomiese gapings.
>
> Billy.

Wel, as jy nou begin verskil maak tussen
"Engels" en "Amerikaans," dan kom ons by
'n hele interessante taalkwessie. En 'n
ingewikkelde een. Ek dink alle Amerikaners
sal volhou dat hulle Engels praat. Ek dink
die Engels in Amerika is plek-plek meer
argaies, met hier en daar oorvereenvoudigde
spelling. En 'n hoogdrawendheid wat ek dink
hulle ook van 'n vorige eeu ge-erf het.Sover
ek weet is albei spellings van die betrokke
woord aanvaarbaar. Ek sou dink die een wat
Riaan probeer spel het, is die mees algemene
een in Noord-Amerika.

Oom Jannie (my naam is Goggabie)
Re: Sprakeloos ? [boodskap #18088 is 'n antwoord op boodskap #18036] So, 04 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bi...  is tans af-lyn  bi...
Boodskappe: 100
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
>
> Henri het vir MY gevra of EK al in 'n igloo was.
> Dus nie eintlik 'n vraag wat JY kan beantwoord
> nie.
>
> Goggabie.
>
Nee ek sal nooit jou vrae kan beantwoord nie, jy is reg.
Ek wou my ondervinding bylas want ek het gedink hy stel
belang in die onderwerp en was nie soseer op JOU ingestel nie.
Jy laat dit klink of ek myself by n private gesprek ingedwing het.
As dit privaat was, hoekom was dit so openlik op die net?

Billy.

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Re: Sprakeloos ? [boodskap #18089 is 'n antwoord op boodskap #18036] So, 04 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bi...  is tans af-lyn  bi...
Boodskappe: 100
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
"Henri Burger" wrote:
> Bryan skryf:
>
>> Gloudina, brei bietjie uit oor die verhitting in jul huise daar.
>
> Vir interessantheid, was jy al in 'n igloo, Gloudina? Ek sal graag wil weet
> hoe dit binne lyk, en hoe groot dit is.
>
> Sommige van die Zoeloe byekorf hutte van gras kan enorm wees, met
> verskillende leefareas daarin.
>
> Groete
>
> Henri Burger, Tzaneen. RSA
> 'Afrika is nie vir Sissies nie!'
> (e-mail: remove 'sukikaki.')
>
> Uit Gloudina se vorige antwoord lui ek af dat sy nie juis weet
hoe die ware Kanada buite haar veilige, oorverhitte voorstad
lyk in die winter nie. Geen wonder die mense het ook so n
ontsettende probeleem met besoedeling nie.

Ek het al baie in die Kanadese winter in die woude gaan stap
en ek verseker jou, jy het meer as een warm trui nodig om te oorleef.
Ek het al n paar Kanadadese winters gesien en ek dink die ergste
daarvan is om in n warm huis agter n stuk elektroniese masjienerie
vertik te wees. Die siel van die koue en slypende donkerte
asemrowend, betowerend magtig. As jy jou sensitief wil instel
kan jy begin voel en sien wat die Indiane gese het, daar is n winter
'spirit' in daardie plek. Die woude wat onbeskryflik groot en mooi is
strek vir ewig onder hulle sneeumantels.

Igloos sal net baie ver Noord bestaan waar daar nie genoeg
bome is nie. Die permafrost verhoed daar dat bome te hoog
kan groei. Daar is natuurlik heelwat tipes huise wat deur die
Indiane gebou was. Dit hang af van hulle lewenswyse
(is hulle hunter-gatheres soos die Inuit of meer gesettle soos
die Haida). Die 'longhouse' kan talle families huisves en
is van hout en boombas gemaak. Tente is ook gebruik,
oorspronklik van velle en pale aanmekaargesit en wonderlik
mooi met simbolies geverf (plains Cree, Sioux) Die tente is dan
saamgeneem as hulle na die volgende plek verhuis. Hierdie
ouens het maar net die vele aan hulle lywe en n vuurtjie in
die tent gehad as verhitting. Maar my ware voorliefde is vir
die gelowe van die gewese Kanades Indiane. Sorry vir die
lesing, ek hou nou op want ek raak op dreef en wil julle nie
verveel nie.

Gloudina, en daar se jy nog vir my ek weet min van Kanada.
Kyk net wie praat. Ek hoop jy bloos tot in jou moccasins.

Billy.

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Re: Sprakeloos ? [boodskap #18090 is 'n antwoord op boodskap #18036] So, 04 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
brya...@my-dejanews.com writes:

> Gloudina, brei bietjie uit oor die verhitting in jul huise daar. Ek het 'n
> vriend in die VSA wat ook in 'n koue area bly en hy ervaar dit nes jy.
> Lekker warm in die winter en heerlik koel in die somer(a.g.v. die
> lugverkoeling). Hy't beide in die huis. Ek neem aan dis die standaard.
> Koop mens al die huise/woonstelle met hierdie verhitting reeds in? Of moet
> jy dit laat installeer. Ek neem aan dit word geïnstalleer tydens die bou van
> die huis.

Om sentrale lugverkoeling in 'n huis te kry,
is nie standaard nie. Meeste nuwer huise het
dit wel in. Maar byna alle huise in Kanada
en in die noordelike deel van die VSA het
sentrale verhitting ingebou in die konstruksie
van die huis. Die huise het gewoonlik "basements"
waarin die "furnace"is. Laasgenoemde verwarm dan
of lug wat deur pype in die huis sirkuleer en
in elke kamer ingeblaas word (ek hou nie veel
van hierdie metode nie), of dit verwarm water
wat dan deur die huis gesirkuleer word en die
kamers warm maak (my geliefkoosde metode).

Die water of lug kan verwarm word of deur natural
gas of olie of elektrisiteit. Dis natuurlik 'n
taamlike groot uitgawe om jou huis in die winter
te verwarm. Gewoonlik vra jy die mense om dit
so te reel sodat jy elke maand dieselfde hoeveel-
heid geld betaal, en nie skielik in die winter
vreeslike groot rekenings kry nie.

Die enigste risiko natuurlik wat 'n kultuur loop
wat so afhanklik is van elektrisiteit, is dat
dit katastrofies is as jy nie elektrisiteit het
nie - wat gebeur het gedurende die ysstorm laas
Februarie. As jy nie hitte deur die huis se mure
sirkuleer nie, bars die pype en bars die fonda-
mente van jou huis van die koue. (Dis daarom
dat mense 'n laag sneeu om die huis wil h^e
om as kombers te dien sodat jou fondamente
beskerm kan word.)

Gloudina
Re: Sprakeloos ? [boodskap #18091 is 'n antwoord op boodskap #18036] So, 04 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
bi...@mgenerations.net writes:

>
> Gloudina, en daar se jy nog vir my ek weet min van Kanada.
> Kyk net wie praat. Ek hoop jy bloos tot in jou moccasins.
>
> Billy.

Aitsa! Kyk hoe blaas hy nou sy eie horing.
Is dit nou my beurt om vir jou te vertel van
die noordelike eiland van Japan, waar ek nog
nooit gewees het nie. En die feit is : Henri
het vir MY gevra of EK al in 'n igloo was.
Dus nie eintlik 'n vraag wat JY kan beantwoord
nie.

Goggabie.
Re: Sprakeloos ? [boodskap #18092 is 'n antwoord op boodskap #18036] So, 04 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Billy skryf:

> Sorry vir die
> lesing, ek hou nou op want ek raak op dreef en wil julle nie
> verveel nie.

Nee man, dis verfrissend. Vertel meer!

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is nie vir Sissies nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Re: Sprakeloos ? [boodskap #18093 is 'n antwoord op boodskap #18036] So, 04 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Bryan skryf:

> Gloudina, brei bietjie uit oor die verhitting in jul huise daar.

Vir interessantheid, was jy al in 'n igloo, Gloudina? Ek sal graag wil weet
hoe dit binne lyk, en hoe groot dit is.

Sommige van die Zoeloe byekorf hutte van gras kan enorm wees, met
verskillende leefareas daarin.

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is nie vir Sissies nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Re: Sprakeloos ? [boodskap #18102 is 'n antwoord op boodskap #18036] So, 04 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bi...  is tans af-lyn  bi...
Boodskappe: 100
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
wrote:
> bi...@mgenerations.net writes:
>
>>> Gloudina, ek vra jou nou n ding wat ek nooit gedink het ek sou
>> enigeen vra nie. Maar siende dat jy jou so die reg gee om andere
>> se spelling en kragwoorde aan te maan verwonder ek my nou oor
>> hierdie woordewisseling en veral oor jou antwoord. En nog n ding
>> ou merrie, as dit regtig Engels of is en nie n Amerikaanse uitspraak
>> wat jy daar aanhaal nie? Moet daar nie "r" in daardie woord wees
>> nie? Lyk my nie jy sit op n perd nie maar op n donkie met groot
>> anatomiese gapings.
>>
>> Billy.
>
> Wel, as jy nou begin verskil maak tussen
> "Engels" en "Amerikaans," dan kom ons by
> 'n hele interessante taalkwessie. En 'n
> ingewikkelde een. Ek dink alle Amerikaners
> sal volhou dat hulle Engels praat. Ek dink
> die Engels in Amerika is plek-plek meer
> argaies, met hier en daar oorvereenvoudigde
> spelling. En 'n hoogdrawendheid wat ek dink
> hulle ook van 'n vorige eeu ge-erf het.Sover
> ek weet is albei spellings van die betrokke
> woord aanvaarbaar. Ek sou dink die een wat
> Riaan probeer spel het, is die mees algemene
> een in Noord-Amerika.
>
> Oom Jannie (my naam is Goggabie)
>
> Jy is sowaar reg, Dame-Op-Die-Danige-Donkie.
Daar is meer as een spelling en gebruik vir die woordtjies
wat of n viervoettige neef van n perdjie, of sy agterkant
en n gaping in die aarde kan beteken. Maar om na enigeen
van hulle vernoem te word, op watter kontinent en eeu ookal,
is nie n verhewe gebeurtenis nie.

Billy.

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Re: Sprakeloos ? [boodskap #18103 is 'n antwoord op boodskap #18036] So, 04 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 3 Oct 1998 20:01:02 GMT, wrote:

| Wat vir my nog baie eienaardig is, is hoe die
| Amerikaners op 'n sekere punt daar tussen die
| Midde-Weste en Weste begin sê "you bet." Hulle
| doen dit egter nie in California nie. Ek wonder
| waar dit vandaan kom. Hulle sê dit aanmekaar
| op plekke waar ek nie "you bet" sal verwag nie.
| En hulle gebruik dit nie hier in die Ooste nie.
|
Hier by ons is dit "you betcha!" wat seker sou vertaal na "Jy weet
dan!"

Johan

Vat dit rustig, dan geniet jy die lewe meer ....!
Re: Sprakeloos ? [boodskap #18104 is 'n antwoord op boodskap #18036] So, 04 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jacques Heydenrych  is tans af-lyn  Jacques Heydenrych
Boodskappe: 14
Geregistreer: Augustus 1998
Karma: 0
Junior Lid
On Sun, 04 Oct 1998 05:30:19 GMT, e...@dot.com (Johan ) wrote:

> On 3 Oct 1998 20:01:02 GMT, wrote:
>
>
> | Wat vir my nog baie eienaardig is, is hoe die
> | Amerikaners op 'n sekere punt daar tussen die
> | Midde-Weste en Weste begin sê "you bet."

> Hier by ons is dit "you betcha!" wat seker sou vertaal na "Jy weet
> dan!"
>
> Johan

Die variasie hier (of dan hoe ek dit ervaar) is dat as iemand vir jou
wil sê: "Dit is 'n plesier", dan sê die persoon: "You bet". As die
persoon egter wil sê: "Dit is 'n henske groot plesier!", dan word
daar gesê: "You betcha!". Hierdie jakkals was darem baie verward die
eerste keer toe hy aan hierdie stukkie kultuur blootgestel was...

Jacques

Die spelfout in my epos adres is met opset.
Re: Sprakeloos ? [boodskap #18112 is 'n antwoord op boodskap #18036] Ma, 05 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum[2]  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
bi...@mgenerations.net wrote:

> Maar my ware voorliefde is vir
> die gelowe van die gewese Kanades Indiane. Sorry vir die
> lesing, ek hou nou op want ek raak op dreef en wil julle nie
> verveel nie.

Bly op dreef, asseblief!

Groete, Leendert

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Re: Sprakeloos ? [boodskap #18113 is 'n antwoord op boodskap #18036] Ma, 05 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Neels Kriek  is tans af-lyn  Neels Kriek
Boodskappe: 29
Geregistreer: Augustus 1998
Karma: 0
Junior Lid
bi...@mgenerations.net wrote in message ...
[snip]

Hmmmm soos ek die saak nou verstaan is dit "arse" in "the queens bloody
english" en "ass"in amerikaanse engels.

> hierdie woordewisseling en veral oor jou antwoord. En nog n ding
> ou merrie, as dit regtig Engels of is en nie n Amerikaanse uitspraak
> wat jy daar aanhaal nie? Moet daar nie "r" in daardie woord wees
> nie? Lyk my nie jy sit op n perd nie maar op n donkie met groot
> anatomiese gapings.
>
> Billy.
>
> -----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
> http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Re: Sprakeloos ? [boodskap #18131 is 'n antwoord op boodskap #18036] Ma, 05 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Henri Burger" writes:

> Vir interessantheid, was jy al in 'n igloo, Gloudina? Ek sal graag wil weet
> hoe dit binne lyk, en hoe groot dit is.

Ek was al in 'n igloo wat gebou is as deel
van die jaarlikse "ice sculptures" wat hulle
op baie plekke het. Hier in Ottawa gewoonlik
in Februarie.
Maar ek beskou so 'n yshuis nie as 'n
werklike igloo nie. Niemand bly daarin
permanent nie. Ek dink 'n igloo is eers
werklik 'n igloo as mense daarin bly en
daarin slaap en daarin koskook.

Gloudina
Re: Sprakeloos ? [boodskap #18132 is 'n antwoord op boodskap #18036] Ma, 05 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Neels Kriek  is tans af-lyn  Neels Kriek
Boodskappe: 29
Geregistreer: Augustus 1998
Karma: 0
Junior Lid
nomad wrote in message ...
>
>
> Jou siening dat die Amerikaans meer argaies (sp?) is, is volgens Bill Bryson
> in sy boek, "Made in America", korrek. Volgens hom is baie Amerikaanse
> woorde nog in gebruik wat saam met die Mayflower uitgekom het, en dat
> Engels intussen verander het.
>
> nomad@rest.oasis

Ek is nou nie 'n kenner op die gebied van taal kwessies nie, maar ek dink
nie daardie stelling is korrek nie. Of laat ek liewer sê, dit is nie orals
in die VSA korrek nie. So in my omswerwinge hier in die VSA het ek begin
dink dat daar verskillende dialekte van engels hier is. Net soos in SA waar
die Namakwalanners dan nou ook 'n ander "dialek" het ;)

In sommige dele sou dit wel meer argaise as hedendaagse engels beskou kon
word. Maar in meeste van die stedelike populasies sou ek sê dat dit 'n meer
moderne/slang tipe engels is. Hierdie is maar net my eie opinie en ek sou
graag hoor hoe die res van julle wat in die VSA is dit ervaar.

Groete
Neels
Re: Sprakeloos ? [boodskap #18134 is 'n antwoord op boodskap #18036] Ma, 05 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Neels Kriek  is tans af-lyn  Neels Kriek
Boodskappe: 29
Geregistreer: Augustus 1998
Karma: 0
Junior Lid
Johan wrote in message ...
> Hier by ons is dit "you betcha!" wat seker sou vertaal na "Jy weet
> dan!"
>
> Johan
>
> Vat dit rustig, dan geniet jy die lewe meer ....!

Hier in die suide is dit nou weer "ja rekin?" (you recon?) wat vir my so
snaaks is. Ek moes vir 'n maand lank oefen om dit reg te sê want almal het
vir my gelag ;))))
Re: Sprakeloos ? [boodskap #18136 is 'n antwoord op boodskap #18036] Ma, 05 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
bi...@mgenerations.net writes: >

>> Henri het vir MY gevra of EK al in 'n igloo was.
>> Dus nie eintlik 'n vraag wat JY kan beantwoord
>> nie.
>>
>> Goggabie.
>>
> Nee ek sal nooit jou vrae kan beantwoord nie, jy is reg.
> Ek wou my ondervinding bylas want ek het gedink hy stel
> belang in die onderwerp en was nie soseer op JOU ingestel nie.
> Jy laat dit klink of ek myself by n private gesprek ingedwing het.
> As dit privaat was, hoekom was dit so openlik op die net?
>
> Billy.

Wel, jy het jou brief afgesluit deur vir
my te vertel hoe baie dinge jy van Kanada
weet en dat ek nie weer vir jou moet vertel
dat jy niks van Kanada weet nie. En jy het
die vraag van Henri aan my boaan jou geskrif
geplaas. Ons is nie in kompetisie nie, Billy.
Vertel my liewer waar in Kanada jy al orals
was en watter deel jy die mooiste vind.

Gloudina
Re: Sprakeloos ? [boodskap #18138 is 'n antwoord op boodskap #18036] Ma, 05 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
jak...@prodigy.net (Jacques Heydenrych) writes:

>> On 3 Oct 1998 20:01:02 GMT, wrote:
>>
>>
>> | Wat vir my nog baie eienaardig is, is hoe die
>> | Amerikaners op 'n sekere punt daar tussen die
>> | Midde-Weste en Weste begin sê "you bet."
>
>> Hier by ons is dit "you betcha!" wat seker sou vertaal na "Jy weet
>> dan!"
>>
>> Johan
>
> Die variasie hier (of dan hoe ek dit ervaar) is dat as iemand vir jou
> wil sê: "Dit is 'n plesier", dan sê die persoon: "You bet". As die
> persoon egter wil sê: "Dit is 'n henske groot plesier!", dan word
> daar gesê: "You betcha!". Hierdie jakkals was darem baie verward die
> eerste keer toe hy aan hierdie stukkie kultuur blootgestel was...


Ja, dis so vreemd vir 'n mens dat jy dit
amper as 'n fisiese skok aanvaar. Maar ek
voel al asof die kere wat ek dit daar so
na die Rockies se kant toe begin hoor het,
dat dit nie net beteken "dis 'n plesier"
nie. Dis asof daar nog iets bygesê word,
maar ek kan dit nie in woorde bykom nie.
Dis asof die persoon vir my wil sê, jy is
reg, en dis reg omdat ek met jou saamstem.
En ek wonder nog, waar kom dit vandaan?
Dis nie op die ooskus nie, en dis nie op
die weskus nie. Wonder of dit 'n Rooi
Indiaanse uitdrukking is wat vervorm is
sodat dit soos Engels klink.

Gloudina
Re: Sprakeloos ? [boodskap #18156 is 'n antwoord op boodskap #18036] Di, 06 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
bi...@mgenerations.net wrote:
>
> In article ,
> wrote:
>> "Riaan " writes:
>>
>>>
>>> Wat is fout Gloudina, het die Kanadese winter jou vingers teen die
>>> A-S-H-O-L-E sleutels van jou sleutelbord vas gevries. ?
>>>
>>>
>>>
>>> Vra maar net
>>>
>>>
>>> Riaan
>>
>> As ek jy is, sal ek nie 'n Engelse
>> woord gebruik voordat jy geleer het
>> om dit reg te spel nie, asshole.
>>
>> Tant Hessie se witperd
>>
>> Gloudina, ek vra jou nou n ding wat ek nooit gedink het ek sou
> enigeen vra nie. Maar siende dat jy jou so die reg gee om andere
> se spelling en kragwoorde aan te maan verwonder ek my nou oor
> hierdie woordewisseling en veral oor jou antwoord. En nog n ding
> ou merrie, as dit regtig Engels of is en nie n Amerikaanse uitspraak
> wat jy daar aanhaal nie? Moet daar nie "r" in daardie woord wees
> nie? Lyk my nie jy sit op n perd nie maar op n donkie met groot
> anatomiese gapings.
>
> Billy.
>
> -

As jy my vra het sy weer die perd aan die stert beet en sit sy nou soos
die dronk ou wat verkeerde kant van sy perd opgeklim en toe suid gekyk
het, geen kop gewaar het nie en toe maar sy vinger in die slagaar gedruk
het.
Re: Sprakeloos ? [boodskap #18232 is 'n antwoord op boodskap #18036] Ma, 12 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskap
Michael E Willett  is tans af-lyn  Michael E Willett
Boodskappe: 182
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 5 Oct 1998 01:36:18 GMT, had the following to say:

| Ja, dis so vreemd vir 'n mens dat jy dit
| amper as 'n fisiese skok aanvaar. Maar ek
| voel al asof die kere wat ek dit daar so
| na die Rockies se kant toe begin hoor het,
| dat dit nie net beteken "dis 'n plesier"
| nie. Dis asof daar nog iets bygesê word,
| maar ek kan dit nie in woorde bykom nie.
| Dis asof die persoon vir my wil sê, jy is
| reg, en dis reg omdat ek met jou saamstem.
| En ek wonder nog, waar kom dit vandaan?
| Dis nie op die ooskus nie, en dis nie op
| die weskus nie. Wonder of dit 'n Rooi
| Indiaanse uitdrukking is wat vervorm is
| sodat dit soos Engels klink.
As jy dit so aan die streke koppel dan het dit seker met die mense se
beleefdheid te doen?

...goodbye en good luck,
Simon
Vorige onderwerp: SA 'vredesoperasie' in Lesotho
Volgende onderwerp: Re: Waar is dit dan ?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 12 20:00:53 MGT 2024