Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Seminaar vir Entrepreneurs 7 Oktober
Seminaar vir Entrepreneurs 7 Oktober [boodskap #18109] So, 04 Oktober 1998 00:00
ADSA  is tans af-lyn  ADSA
Boodskappe: 1
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Junior Lid
Alle Boere-Afrikaners:

WERKLOOS?
Moeg gesoek? Raadop?
Moedeloos?

Maar bereid om HARD te werk?

Hier is die OPLOSSING: Die "HANDEVAT"-SEMINAAR

AANGEBIED DEUR FOKUS BURO 2000 en VOLKSHULP 2000

*WERKSGELEENTHEDE! *ENTREPRENEURSKAPPE
*OPLEIDING! *MEDIESE FONDS! PENSIOENFONDS!
BEPERKTE SITPLEK!
BESPREEK DADELIK!
7 OKTOBER 1998 OM 09:00
R5O,OO PER PERSOON
MOENIE DIE GELEENTHEID IN 'N LEEFTYD
MISLOOP NIE!
(012) 335-3078
Sel: 083 743 3230 of 083 265 3552

SEMINAAR: 7 OKTOBER 1998

Volkshulp 2000 het, benewens sy algemene maatskaplike versorgingsdoelwit,
ook 'n indiensstellings- en werkskeppingsopdrag. Laasgenoemde is
inderdaad in sy amptelike DOEL vervat.
Die tradisionele "sekuriteitsversekerde" staatsdiensposte ruk as gevolg van
die sogenaamde "affirmative action" al minder en minder. Ons kinders en
kleinkinders kan nie meer na die staatsdiens kyk vir so 'n geborge pos of
toekoms nie.
Die enigste oplossing: entrepreneurskappe. Moet net nie die land verlaat
nie! Skep jou eie besigheid. Werk HARD - vir jouself. Word jou eie
baas. Wees bereid om die hande uit die moue te steek. Vergeet maar
van die sogenaamde "vuil werk" wat nie by my status pas nie. Vir ons
Boerevolk lê daar 'n opdraende pad in terme van HARDE WERK voor.
Diegene wat daarvoor kans sien, SAL bo uitkom.
Op 7 Oktober 1998 word volksgenote (met fokus op die VROU) die
geleentheid gebied om deel te neem aan besprekings oor inkomste-
aanvulling, asook werk- en werkskeppingsgeleenthede. Inligting oor
entrepreneursmoontlikhede sal noodwendig in die proses ook uitgeruil word
Dit maak nie saak hoe ons redeneer nie; ekonomiese bemagtiging van ons
volksgenote vorm die basis van ons oorlewing en voortbestaan in hierdie
land. Ons sal dit self moet laat verwerklik, want andere sal dit nie vir
ons doen nie. Daarom is dit belangrik dat daar met ywer gekyk word na
ALLE moontlike werksgeleenthede.
Alle belangstellende volksgenote.

012) 335-3078
Sel: 083 743 3230 of 083 265 3552
Vorige onderwerp: Gloudina, Skynheilige vark
Volgende onderwerp: Ferdi vra dom vrae. Hoekom?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jun 26 08:51:56 MGT 2024