Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » SA 'vredesoperasie' in Lesotho
SA 'vredesoperasie' in Lesotho [boodskap #17824] Do, 24 September 1998 00:00 na volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Tydens SA se jarelange bosoorlog in Angola is mediese ordonnanse by
uitsondering gedood tydens offensiewe operasies, en dokters by hoogste
uitsondering. Die rede hiervoor is voor die handliggend - 'n dooie medic is
immers nie in belang van enige vegtende soldaat nie en daarom behoort hy in
so 'n posisie te wees tydens 'n geveg dat hy self nie hoef te sneuwel nie.

Die tragiek van SA se sg. vredesoperasie in Lesotho is dat 'n dokter en
mediese ordonnans van die eerstes was om te sterf. Soos ek dit verstaan het
die dokter met vyandiggesinde Lesotho soldate by die Katse dam gestaan en
gesels toe hy trompop geskiet is. Sy makkers het gevlug na 'n wagtende
helikopter.

Teen dié tyd weet ons almal dat die omvang van die operasie heeltemal
onderskat is, in alle waarskynlik swak beplan is, en duidelik swak uitgevoer
is. Wat my egter 'tiekel', is of militêre doktrine sodanig verander het dat
jy 'n medic en dokter vooruit moet stuur (gewapen met 'n draagbaar en
rolletjie watte?) om vyandige soldate te oortuig om hulle oor te gee.

Ek is bevrees SA se optrede in hierdie situasie was uiters ondeurdag, en ons
gaan die gevolge daarvan nog vir jare voel, om nie van Lesotho te praat nie.
Maseru is reeds feitlik tot op die grond afgebrand, en die volgende groot
vrees is dat Lesotho burgers hulle gaan wreek met oorgrens strooptogte op SA
plase aan die Lesotho grens.

Alreeds noem Lesotho opposisie leiers Mnr. Mandela in dieselfde asem as PW
Botha. Wanneer kom die derduisende Lesotho mynwerkers in SA in opstand?

Iemand gaan iewers langs die pad die spit moet afbyt vir hierdie debakel,
maar die vraag is wie. Ek vermoed waarnemende president Buthelezi, wat
ongelukkig die finale opdrag moes gee.

Groete

--
Henri Burger, Tzaneen. RSA
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Re: SA 'vredesoperasie' in Lesotho [boodskap #17825 is 'n antwoord op boodskap #17824] Do, 24 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bi...  is tans af-lyn  bi...
Boodskappe: 100
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
"Henri Burger" wrote:
> Tydens SA se jarelange bosoorlog in Angola is mediese ordonnanse by
> uitsondering gedood tydens offensiewe operasies, en dokters by hoogste
> uitsondering. Die rede hiervoor is voor die handliggend - 'n dooie medic is
> immers nie in belang van enige vegtende soldaat nie en daarom behoort hy in
> so 'n posisie te wees tydens 'n geveg dat hy self nie hoef te sneuwel nie.
>
> Die tragiek van SA se sg. vredesoperasie in Lesotho is dat 'n dokter en
> mediese ordonnans van die eerstes was om te sterf. Soos ek dit verstaan het
> die dokter met vyandiggesinde Lesotho soldate by die Katse dam gestaan en
> gesels toe hy trompop geskiet is. Sy makkers het gevlug na 'n wagtende
> helikopter.
>
> Teen dié tyd weet ons almal dat die omvang van die operasie heeltemal
> onderskat is, in alle waarskynlik swak beplan is, en duidelik swak uitgevoer
> is. Wat my egter 'tiekel', is of militêre doktrine sodanig verander het dat
> jy 'n medic en dokter vooruit moet stuur (gewapen met 'n draagbaar en
> rolletjie watte?) om vyandige soldate te oortuig om hulle oor te gee.
>
> Ek is bevrees SA se optrede in hierdie situasie was uiters ondeurdag, en ons
> gaan die gevolge daarvan nog vir jare voel, om nie van Lesotho te praat nie.
> Maseru is reeds feitlik tot op die grond afgebrand, en die volgende groot
> vrees is dat Lesotho burgers hulle gaan wreek met oorgrens strooptogte op SA
> plase aan die Lesotho grens.
>
> Alreeds noem Lesotho opposisie leiers Mnr. Mandela in dieselfde asem as PW
> Botha. Wanneer kom die derduisende Lesotho mynwerkers in SA in opstand?
>
> Iemand gaan iewers langs die pad die spit moet afbyt vir hierdie debakel,
> maar die vraag is wie. Ek vermoed waarnemende president Buthelezi, wat
> ongelukkig die finale opdrag moes gee.
>
> Groete
>
> --
> Henri Burger, Tzaneen. RSA
> (e-mail: remove 'sukikaki.')
>
> Ek kan net met jou saamstem. Bitter vruggies gaan nog
lank gepluk word na hiedie insisdent. Ja, iemand gaan
die spit moet afbyt. Maar dit is gewoonlik die onskuldiges
wat die prys betaal. Die arme mense wie se behuising en
voedsel nou daarmee heen is. Die onskuldiges wat nou
by die woede betrek is en alles verloor het.

Billy.

-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/rg_mkgrp.xp Create Your Own Free Member Forum
Re: SA 'vredesoperasie' in Lesotho [boodskap #17826 is 'n antwoord op boodskap #17824] Do, 24 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 24 Sep 1998 11:38:52 -0500, "Henri Burger" wrote:

maar die vraag is wie. Ek vermoed waarnemende president Buthelezi, wat[/color]
> ongelukkig die finale opdrag moes gee.>>

Dis n hoogs komplekse ding die.

In die eerste plek is dit stupid om oorlog te maak.
En dan is dit nog meer stupid om in n ander land oorlog te maak.

Maar soms - lyk dit - noodsaak omstandighede dat jy militere
dreigement gebruik.
In die Lesotho-geval lyk dit my die Katse-dam noodsaak dalk ingryping.
AS dit bedreig was, moet ons army sekerlik dit gaan beskerm. Dis nou
beskerm teenoor "ingryp in die land".

Dan is daar die tweede aspek van "onrus" in Lesotho.
Dit klink my as dit onrus in so n mate is dat dit SA inderdaad bedreig
- bv. dat dit aan die oorspoel is in bv. die Vrystaat, dan is dit
seker beter om in te gryp om dit te stabiliseer.

Dan moet egter ingegryp word om die demokratiese PROSES te beskerm en
nie een of ander party nie.

En dan moet ordentlik ingegryp word. Goeie intelligensie en duisende
troepe, nie honderde nie. En mirages en wat nog. Overkill.

In die geval van wat hom nou afspeel was dit moontlik reg om die dam
te gaan beskerm, reken ek.
Maar daar hou dit min of meer op.

Dit lyk asof daar wel aan die PROSES gedink is met die optrede, maar
dit baie grys deurdat die koning nie gevra het nie en Lesotho se
politici klaarblyklik so deur die kak is.

En dan is die ingryping ook sleg opgefok, lyk dit. Jy is reg oor die
vrae oor die dokter. Hoewel n mens seker kan aanvaar dat dit kan
gebeur dat daar niks vyandig gelyk het nie en dat die mense toe sonder
rede begin skiet het, is dit tog sekerlik beter om honderde parabats
te he wat van agter gewere mooi met die mense praat as n dokter in n
chopper.

Die hele ding word nou ook vertroebel, lyk dit, deur Lesotho mense wat
ook al erger deur die kak raak. SA troepe beweeg in, die Lesothe-mense
self brand hulle eie hoofstad af en se dis SA se skuld dat hulle die
stad afgebrand het!

En dit lyk asof daar wel n staatsgreep aan die ontwikkel kon gewees
het Lesotho.

Dan lyk die chain of command in SA volgens berigte ook nie lekker nie.
Mufamadi en Sadek-leiers hou n beraad en besluit daar moet ingryping
wees. Hulle laat weet vir Buthelezi dis hulle aanbeveling. Buthelezi
laat weet vit Mbeki wat oorsee is dat daar n staatsgreep in Lesotho
is. Hy OK die inval en die soldate sluip die land binne.

Moes hulle nie darem aangekondig het hulle gaan ingyp nie?
As jy ingryp sodat mense hulle gatte in rat kan kry, moet jy sekerlik
dit vir hulle se!
Se hulle hoekom jy ingryp. As ek my kinders straf MOET ek duidelik vir
hulle se hoekom hulle gestraf word.
Dreig hulle ten minste. Trek troepe op die grens saam, wys hulle die
mirages en die kanonne en se dan hulle moet nou rigting kry of...

Dit wat betref die METODE van ingryping.
Die ingryping self is op die beste grys terrein. Jy kan daarmee wegkom
maar dan moet dinge kristalhelder wees en jou beginsles helder en
herhaaldelik uitgespel en duidelik gemaak wees. Wen eers die politieke
stryd OM in te meng en meng dan in met goedkeuring.

Dieselfde beginsel wat SA (wyslik) uit die Kongo gehou het, moet dan
die ingryping in Lesotho regverdig. Live by the principle.

Dit sal interresant wees om later uit te figure wie waar opgefok het
aan SA kant.
Aan Lesotho-kant lyk dit my is daar opgefok omdat nie een van die twee
kante werklik die politieke probleem WOU oplos nie. Lyk my albei kante
wou dit tot eie voordeel aanwend. En dit lyk baie of die
opposisie-partye dit op die einde wou gebruik het om n staatsgreep te
trek met n deel van die army.

SA kan steeds bietjie face terug wen as hulle dinge gou onder beheer
kan kry en die twee partye kan kry om gou tot n vergelyk te kom en
saam te werk in beste belang van Lesotho. Maar dit lyk nie baie
haalbaar nie en in elk geval het die gekke in Lesotho nou self hul
hele ekonomie uitgewis, lyk dit.

SA het groot opgefok hier. Hulle moes die rede vir ingryping helder en
duidelik vooraf aan almal betrokke verkoop het (op beginsel) en dan
moes hulle effektief ingegryp het.

Maar polities is opgefok deurdat die ingryping nooit verduidelik en
verkoop is nie en militer omdat dit lomp en swak gedoen was.
Re: SA 'vredesoperasie' in Lesotho [boodskap #17849 is 'n antwoord op boodskap #17824] Vr, 25 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bi...  is tans af-lyn  bi...
Boodskappe: 100
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
wrote:
> "André" writes:
>
>> Ek wonder of die slapgat kanadese wat vir mandela nog 'n medalje gegee het
>> vir hom gevra het hoe regvedig hy die dood van die betrokke mense?
> n SA in opstand?
>
> Ja, ou Andre, die "slapgat" Kanadese het
> baie vrae hieroor gevra en daar was mense
> met plakkate in die strate. Ek wonder of
> jy en jou ouers in die strate met plakkate
> gestaan het in die dae toe ou PW sy reign
> of terror in SA gehad het. As jy en jou
> ouers dit gedoen het, kan jy praat. Anders.
> hou maar liewers den bek.
>
> Oom Kallie
>
Ek weet nie in watter deel van Kanada jy jou bevind nie maar
volgens baie goeie inligting wat ek het vanuit Toronto weet
bitter min mense daar van die ding, soos ek gese het. Ek het
nou al heelwat mense gevra en nie een weet dat Lesotho
bestaan nie. Ek het daagliks baie kontak met n klomp mense
in die Toronto area (koerantlesers en mense wat belanstel
in internationale nuus) en nie een siel weet van die vlamme
en skote in Lesotho nie. Maar hulle weet almal van Mandela
en sy groot party. Jy weet, een van die parties waar daar so
n ophef gamaak was. Soos jy seker kan aflei ken ek Kanada
baie goed. Ek verseker jou min ware Kanadese gee om om te
luister na die waarheid oor Suid Afrika. Ek weet dat "die waarheid"
anders gaan lyk in my boek as joune. Dalk kan ons saam stem
dat daar ontsettende geweld in Suid Afrika is en dat dit totaal
onnodig is, om die minste daaroor te se.
Toe Zimbabwe deur hulle swaar dae gegaan het tydens die
oorlog was die koerante vol nuus daaroor. Nou sien of hoor
Kanadese skaars van Zimbabwe. So elke nou en dan is daar
n vreeslike artikel in die koerant oor VIGS waarin Zimbabwe
feature, en dan weer stilte.
Wat ek eintlik besig is om te besef is dat die Kanadese pers
rassisties is en in totale denail daaroor is. Dus maak hulle n
groot ophef van dinge as dit hulle pas want dit laat hulle lyk
soos nice guys. But basically I dont think they care
a flying f--k.

Billy.

Billy.

-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/rg_mkgrp.xp Create Your Own Free Member Forum
Re: SA 'vredesoperasie' in Lesotho [boodskap #17850 is 'n antwoord op boodskap #17824] Vr, 25 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 25 Sep 1998 18:28:25 -0500, "Henri Burger" wrote:

Lesotho regering daaroor praat. Watter regering, en sou daar 'n regering[/color]
> wees, waar gaan hulle die geld kry om die ouens te vergoed, want Lesotho se
> ekonomie het saam met daardie sakeondernemings afgebrand.>>

Wel dit is waarskynlik maar taffies vir hulle.
Die SA weermag het nie n enkele winkel afgebrand en besteel nie.

Dit was Lesotho-mense wat hulle eie stad eiehandig afgebrand en
leeggesteel het. Ek sien bie hoekom SA moet pa staan daarvoor nie.

As jy my huis instap en my n paar klappe gee en wanneer ek strip ---
jaag ek dadelik na my skoonma se huis en besteel haar rot en kaal,
kan sy sekerlik nie die skade van jou probeer verhaal nie.

Lyk my daai rekening moet na die opposisie-partye in Lesotho gestuur
word.
Re: SA 'vredesoperasie' in Lesotho [boodskap #17851 is 'n antwoord op boodskap #17824] Vr, 25 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...
> "André" writes:
>
>> Ek wonder of die slapgat kanadese wat vir mandela nog 'n medalje gegee het
>> vir hom gevra het hoe regvedig hy die dood van die betrokke mense?
> n SA in opstand?
>
>
> Ja, ou Andre, die "slapgat" Kanadese het
> baie vrae hieroor gevra en daar was mense
> met plakkate in die strate.

Het jy vrae gevra, Gloudina? Was jy met plakate in die strate?

> Ek wonder of
> jy en jou ouers in die strate met plakkate
> gestaan het in die dae toe ou PW sy reign
> of terror in SA gehad het. As jy en jou
> ouers dit gedoen het, kan jy praat. Anders.
> hou maar liewers den bek.

Het jy en jou ouers met plakate gestaan - toe of nou?

Of snoer jy ander die smoel met kriteria wat jy nie op jouself toepas nie?

Vriendelike groete, Leendert
Re: SA 'vredesoperasie' in Lesotho [boodskap #17852 is 'n antwoord op boodskap #17824] Vr, 25 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 25 Sep 1998 11:10:48 +0200, "Kobus Pietersen"
wrote:

>>[/color]

So jy het hier gelees dat ek in die jare tagtig gese het "die
NP-regering" het Gabarone en so aan geraid?!

Is jy gesuip?

>[/color]

Ek het gese dis die "NP by name" ?!! By watter name?

Maar jou suurgat opmerkings laat n paar vrae ontstaan.
Soos: Was dit NIE die NP-regering wat die optredes goedgekeur en
opdrag daarvoor gegee het nie?

Is dit ek wat die NP-regering ge-"finger" het of is dit mense soos
Eugene de Kock en Johan van de Merwe en Adriaan Vlok en Pik Botha?

huidige regering ook by name noem, instede van om die skuld nou op die mense[/color]
> van die land te pak.>>

Miskien moet jy harder probeer om te verstaan wat ek geskryf het. En
probeer vasstel wie die ou met die naam van Mbeki is waarna ek verwys
het.



Hoekom het die versoek daarvoor dan van die regering van Lesotho
gekom?

Lesotho regering se soldate skiet op die plaaslike regime se lakeie.>>[/color]
Die grensboere en die Volksfront kan net goed doen deur hulle by die
Lesotho
> bevolking te skaar, al is dit net om te wys dat hulle nie daarvoor te
> blameer is nie.>>

Jy meen met n ou Mercedes soontoe ry en vrouens in die strate gaan
skiet uit die bewegende motor?

>.

OK. Nou verstaan ek. Jy weet nie veel waarvan jy praat nie en die
bietjie wat jy weet verdraai jy om jou te pas.

Die Shell House-episode wat toe die IFP in Jhb gemarsjeer het. Ten
tyde van die gebeurtenis, was die NP die regering van SA.

na die verkiesing. Die enigste ligpunt is dat die Weermag nie meer naastenby[/color]
> so gedissiplineerd en gemotiveerd is as in die verlede nie....>>>

Ek is so bly jy kry n ligpunt in die lewe. Konsentreer daarop en eet
baie groente en semels.
Re: SA 'vredesoperasie' in Lesotho [boodskap #17853 is 'n antwoord op boodskap #17824] Vr, 25 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi skryf:

> Maar polities is opgefok deurdat die ingryping nooit verduidelik en
> verkoop is nie en militer omdat dit lomp en swak gedoen was.

Ek dink ons het min of meer eenstemmigheid dat die militêre aspek van die
operasie 'n gemors was. In my plasing het ek hoofsaaklik daarna verwys, maar
die polities-diplomatieke been was waarskynlik 'n nog groter een:

1. Eerstens word 'n relatief junior 'onderhandelaar' in die vorm van Sydney
Mufamadi aangestel (met die helfte van sy gedagtes seer sekerlik by sy
matriekdogter se betrokkenheid by 'n diefstalsindikaat in haar skool).

2. Buitelandse Sake (wat klaarblyklik hard gewerk het aan 'n diplomatieke
oplossing) word totaal en al misken in die proses - hulle moes deur die
media leer van die ingryping.

3. Nog die president, nog die vise-president is beskikbaar om die finale
opdrag te gee, en die taak word in die hande gelaat van die waarnemende
president - nie iemand wat bekendheid verwerf het as groot vredemaker nie.

4. Die koning van Lesotho word totaal misken, soos jy opgemerk het.

5. Niemand kommunikeer die optrede na die burgers van Lesotho nie.

Iemand wat meer van die goed af weet as ek, kan seker nog vele meer opnoem.

Nou word aan die sakelui wat alles verloor het gesê hulle moet met die
Lesotho regering daaroor praat. Watter regering, en sou daar 'n regering
wees, waar gaan hulle die geld kry om die ouens te vergoed, want Lesotho se
ekonomie het saam met daardie sakeondernemings afgebrand.

Hoor ek iemand sê daar sal binnekort 'n bykomstige belastingheffing op ons
geplaas word om te betaal vir hierdie debakel? Hou die spasie dop!

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Re: SA 'vredesoperasie' in Lesotho [boodskap #17854 is 'n antwoord op boodskap #17824] Vr, 25 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kobus Pietersen  is tans af-lyn  Kobus Pietersen
Boodskappe: 358
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Senior Lid
Die Kanadese het self ook in Ethopië ingegegryp en saam met die Amerikaners
lekker op hulle moer gekry.
So, ja die aggressors van die wêreld gee seker maar vir mekaar medaljes as
aandenkings.

Dis interresant dat ouens soos Ferdi nou beweer dat "Suid-Afrika" droogmaak
in Lesotho, maar gou is om te sê dat dit die NP-regering by name was wat in
die verlede oorgrens operasies geloods het. Mens sal dink hy sal die
huidige regering ook by name noem, instede van om die skuld nou op die mense
van die land te pak. Of andersins kan hy in die toekoms ook van
"Suid-Afrika" praat as hy na die verlede verwys.

So ver ek weet, is die bevolking hier en in Lesotho teen die inval. Tot die
Lesotho regering se soldate skiet op die plaaslike regime se lakeie. Die
grensboere en die Volksfront kan net goed doen deur hulle by die Lesotho
bevolking te skaar, al is dit net om te wys dat hulle nie daarvoor te
blameer is nie.

Die vorige keer wat die regime die vrede wou bewaar, was by Shell House.
Mens kan seker nog sulke vredes-operasies verwag, miskien selfs binnelands
na die verkiesing. Die enigste ligpunt is dat die Weermag nie meer naastenby
so gedissiplineerd en gemotiveerd is as in die verlede nie....

André wrote in message ...
> Ek wonder of die slapgat kanadese wat vir mandela nog 'n medalje gegee het
> vir hom gevra het hoe regvedig hy die dood van die betrokke mense?
>
>
> Henri Burger wrote in message ...
>> Teen dié tyd weet ons almal dat die omvang van die operasie heeltemal
>> onderskat is, in alle waarskynlik swak beplan is, en duidelik swak uitgevoer
>> is.
>> Ek is bevrees SA se optrede in hierdie situasie was uiters ondeurdag, en ons
>> gaan die gevolge daarvan nog vir jare voel, om nie van Lesotho te praat nie.
>> Maseru is reeds feitlik tot op die grond afgebrand, en die volgende groot
>> vrees is dat Lesotho burgers hulle gaan wreek met oorgrens strooptogte op SA
>> plase aan die Lesotho grens.
>>
>> Alreeds noem Lesotho opposisie leiers Mnr. Mandela in dieselfde asem as PW
>> Botha. Wanneer kom die derduisende Lesotho mynwerkers in SA in opstand?
>>
>> Iemand gaan iewers langs die pad die spit moet afbyt vir hierdie debakel,
>> maar die vraag is wie. Ek vermoed waarnemende president Buthelezi, wat
>> ongelukkig die finale opdrag moes gee.
>>
>> Groete
>>
>> --
>> Henri Burger, Tzaneen. RSA
>> (e-mail: remove 'sukikaki.')
Re: SA 'vredesoperasie' in Lesotho [boodskap #17855 is 'n antwoord op boodskap #17824] Vr, 25 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"André" writes:

> Ek wonder of die slapgat kanadese wat vir mandela nog 'n medalje gegee het
> vir hom gevra het hoe regvedig hy die dood van die betrokke mense?
n SA in opstand?

Ja, ou Andre, die "slapgat" Kanadese het
baie vrae hieroor gevra en daar was mense
met plakkate in die strate. Ek wonder of
jy en jou ouers in die strate met plakkate
gestaan het in die dae toe ou PW sy reign
of terror in SA gehad het. As jy en jou
ouers dit gedoen het, kan jy praat. Anders.
hou maar liewers den bek.

Oom Kallie
Re: SA 'vredesoperasie' in Lesotho [boodskap #17856 is 'n antwoord op boodskap #17824] Vr, 25 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
andr...  is tans af-lyn  andr...
Boodskappe: 62
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Volle Lid
Ek wonder of die slapgat kanadese wat vir mandela nog 'n medalje gegee het
vir hom gevra het hoe regvedig hy die dood van die betrokke mense?

Henri Burger wrote in message ...
> Tydens SA se jarelange bosoorlog in Angola is mediese ordonnanse by
> uitsondering gedood tydens offensiewe operasies, en dokters by hoogste
> uitsondering. Die rede hiervoor is voor die handliggend - 'n dooie medic is
> immers nie in belang van enige vegtende soldaat nie en daarom behoort hy in
> so 'n posisie te wees tydens 'n geveg dat hy self nie hoef te sneuwel nie.
>
> Die tragiek van SA se sg. vredesoperasie in Lesotho is dat 'n dokter en
> mediese ordonnans van die eerstes was om te sterf. Soos ek dit verstaan het
> die dokter met vyandiggesinde Lesotho soldate by die Katse dam gestaan en
> gesels toe hy trompop geskiet is. Sy makkers het gevlug na 'n wagtende
> helikopter.
>
> Teen dié tyd weet ons almal dat die omvang van die operasie heeltemal
> onderskat is, in alle waarskynlik swak beplan is, en duidelik swak uitgevoer
> is. Wat my egter 'tiekel', is of militêre doktrine sodanig verander het dat
> jy 'n medic en dokter vooruit moet stuur (gewapen met 'n draagbaar en
> rolletjie watte?) om vyandige soldate te oortuig om hulle oor te gee.
>
> Ek is bevrees SA se optrede in hierdie situasie was uiters ondeurdag, en ons
> gaan die gevolge daarvan nog vir jare voel, om nie van Lesotho te praat nie.
> Maseru is reeds feitlik tot op die grond afgebrand, en die volgende groot
> vrees is dat Lesotho burgers hulle gaan wreek met oorgrens strooptogte op SA
> plase aan die Lesotho grens.
>
> Alreeds noem Lesotho opposisie leiers Mnr. Mandela in dieselfde asem as PW
> Botha. Wanneer kom die derduisende Lesotho mynwerkers in SA in opstand?
>
> Iemand gaan iewers langs die pad die spit moet afbyt vir hierdie debakel,
> maar die vraag is wie. Ek vermoed waarnemende president Buthelezi, wat
> ongelukkig die finale opdrag moes gee.
>
> Groete
>
> --
> Henri Burger, Tzaneen. RSA
> (e-mail: remove 'sukikaki.')
>
Re: SA 'vredesoperasie' in Lesotho [boodskap #17857 is 'n antwoord op boodskap #17824] Vr, 25 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 25 Sep 1998 09:56:06 +0200, "André" <andr...@cis.co.za> wrote:
<<>Ek wonder of die slapgat kanadese wat vir mandela nog 'n medalje gegee het
>vir hom gevra het hoe regvedig hy die dood van die betrokke mense?>>

Watter mense en hoe is hulle dood en hoekom is Mandela
verantwoordelik?


Re: SA 'vredesoperasie' in Lesotho [boodskap #17875 is 'n antwoord op boodskap #17824] Sa, 26 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kobus Pietersen  is tans af-lyn  Kobus Pietersen
Boodskappe: 358
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi wrote in message ...

> In die eerste plek is dit stupid om oorlog te maak.
> En dan is dit nog meer stupid om in n ander land oorlog te maak.
(ja duh hoor, nooi hulle liewer eers oor die grens?)

(maar sê dan)

> duisende troepe.... mirages en wat nog..... Overkill.....Dreig hulle .....
Trek troepe op die grens saam, wys hulle die mirages en die kanonne en se
dan hulle moet nou rigting kry of... (of wat?)

(en spekuleer dan [lyk dit])

> Maar soms .... lyk dit ......dalk .....AS dit.....Dit klink my.... reken
ek....lyk dit.....lyk dit . ....En dit lyk asof .....Dan lyk ...lyk dit
my...
......Lyk my ......En dit lyk baie.... .Maar dit lyk nie
......lyk dit. (jou ou kadawer)

(en vloek onvermydelik)

> deur die kak is.....sleg opgefok..........deur die kak raak........is daar
opgefok ....
opgefok het ....SA het groot opgefok hier. .....polities is opgefok .....
(Jy't dan so mooi probeer die afgelope tyd jong)

militer omdat dit lomp en swak gedoen was.
.....SA kan steeds bietjie face terug wen

On Fri, 25 Sep 1998 11:10:48 +0200, "Kobus Pietersen"
wrote:

>

So jy het hier gelees dat ek in die jare tagtig gese het "die NP-regering"
het Gabarone en so aan geraid?!
(Nee, moet net nie die woord "Suid-Afrika" so eidelik gebruik nie, wees
konsekwent meer spesifiek.)

Is jy gesuip? (nee Ferdi)


Ek het gese dis die "NP by name" ?!! By watter name?
(Dis 'n manier wat in ons taal gebruik word om te sê jy verwys na 'n
spesifieke instansie instede van "Suid-Afrika" wanneer jy nie na 'n
spesifieke instansie wil verwys nie. Hoe't djulle by die affirmative skoel
geleer ?)

Was dit NIE die NP-regering wat die optredes goedgekeur en opdrag daarvoor
gegee het nie?
Is dit ek wat die NP-regering ge-"finger" het of is dit mense soos
Eugene de Kock en Johan van de Merwe en Adriaan Vlok en Pik Botha? (ja)
(Nou vra ek weer: was dit hierdie keer "Suid-Afrika" wat opdrag vir die
Lesotho fiasko gegee het?)

probeer vasstel wie die ou met die naam van Mbeki is waarna ek verwys het.
(Mbeki is die ou wat president gaan word as al die medaljes op is.... en
sigare)


Hoekom het die versoek daarvoor dan van die regering van Lesotho gekom?
(Omdat hulle ten alle koste aan bewind wil bly, Ferdi. Die "vredemakers" het
besluit hulle stem saam, ten spyte van bewese verkiesingsbedrog. En waarom
is die regte Vredeskorps nie liewer ingespan nie? Die bevolking wil net 'n
nuwe verkiesing hê. )

>
Die grensboere en die Volksfront kan net goed doen deur hulle by die Lesotho
bevolking te skaar, al is dit net om te wys dat hulle nie daarvoor te
blameer is nie.>>

Jy meen met n ou Mercedes soontoe ry en vrouens in die strate gaan skiet uit
die bewegende motor?
(Nee, ek bedoel hulle moet juis wys dat dit die oud-terroriste is wat ons
nie destyds in Lesotho wou had nie, wat hulle nou aanval. Die ANC is dan
veronderstel om so groot maatjies te wees met regerings wat hulle in die
verlede gehelp het?)

>.
OK. Nou verstaan ek. Die Shell House-episode wat toe die IFP in Jhb
gemarsjeer het. Ten
tyde van die gebeurtenis, was die NP die regering van SA.
(Korrek. Hulle het wettig gemarsjeer en is afgemaai nie deur die NP nie,
maar deur die huidige regime en "vredemakers". Of moet ek liewer sê
"Suid-Afrika" het dit gedoen?)

(Lees nou wat hieronder staan, Ferdi. Sê nou maar die volgende verkiesing
loop nie af soos "Suid-Afrika" dit wil hê nie, dan sal "Suid-Afrika" nie so
maklik die "vrede" met 'n swak weermag binnelands kan bewaar nie. Dit is die
ligpunt)

na die verkiesing. Die enigste ligpunt is dat die Weermag nie meer[/color]
naastenby
> so gedissiplineerd en gemotiveerd is as in die verlede nie....>>>

(Volg jy nou die goue draad, ou grote? Ek verstaan in elk geval nou waarom
jy moes
wag vir affirmative action om te kan voorgee jy is 'n joernalis )

Maak oop jou oë en sien die groter prent. As jy wil.
Re: SA 'vredesoperasie' in Lesotho [boodskap #17876 is 'n antwoord op boodskap #17824] Sa, 26 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Henri Burger" writes:

> Gloudina skryf:
>
>> Ja, ou Andre, die "slapgat" Kanadese het
>> baie vrae hieroor gevra en daar was mense
>> met plakkate in die strate.
>
> Hier is 'n uitdaging vir enige Kanadees wat nie 'n slapgat is nie:
>
> 1. Vlieg Maseru toe, 'skuus, Bloemfontein toe, en vat 'n kar Maseru toe.
>
> 2. Maak 'n plakkaat.
>
> 3. Stap met die plakkaat deur die strate.
>
> (Skryf op die plakkaat "Nelson is your saviour" - koebaai Kanadees!)

So die hardegat-Tzaneener verstaan met
opset verkeerd. Die plakkate was in
Ottawa se strate, die vrae was deur
joernaliste gevra, Kanadese joernaliste.

Ek dink ook jy probeer met opset die
situasie in Maseru uitbuit vir jou eie
"regse" gewin. Ek dink nie enigiemand,
nog aan die regering van Lesotho se kant,
nog aan die opposisie se kant, dink dat
Mandela of aan die een of die ander se
kant is nie. Soos die adjunk van die
Ho"e Kommissaris hier in Ottawa vir ons
verlede Woensdag gesê het : 'n mens kan
nie dat 'n wettig verkose regering omver-
gewerp word nie. Nou of hy reg is, is 'n
ander saak. Miskien moet ons die vraag
vir Napoleon vra.

Gloudina
Re: SA 'vredesoperasie' in Lesotho [boodskap #17877 is 'n antwoord op boodskap #17824] Sa, 26 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi skryf:

> Wel dit is waarskynlik maar taffies vir hulle.
> Die SA weermag het nie n enkele winkel afgebrand en besteel nie.
>
> Dit was Lesotho-mense wat hulle eie stad eiehandig afgebrand en
> leeggesteel het. Ek sien bie hoekom SA moet pa staan daarvoor nie.>

Dis die hele probleem vir die sakelui, Ferdi!

Niks is afgebrand voor die weermag nie daar in is nie. So, in die bestek van
oorsaak en gevolg, lyk dit vir my of die SA ingryping die vuurhoutjie by die
kruitvat was, en toe die kruitvat begin brand het ons nou al ooreengekom,
het die weermag nie die vermoeë gehad om die brand te stop nie. Want dit was
eintlik die taak van die Botswana troepe, en hulle was laat, maar ons kon
nie vir hulle wag nie, want dan was die 'verrassings element' daarmee heen.
Newwermaaind dat die verrassings element toe aan die ander voet was nie!

Nou sê SA die sakemanne moet die Lesotho regering om vergoeding vra. Niemand
weet of daar 'n regering in Lesotho is nie, behalwe die SA regering wat
blindelings gaan hulp aanbied het nie. En gaan daardie 'regering' daar wees
as SA onttrek? Ek glo nie. Dit beteken die SA Weermag is die de facto
regering.

Jy sê vra vergoeding by die opposisie partye. Wie het gekyk of die
plunderaars kaartdraende lede van daai partye was? Definitief nie die SA
weermag nie, dit weet ons. Die opposisie partye gaan vir die sakemanne sê
die moeilikheid sou nie gebeur het as julle Weermag nie kom moeilikheid soek
het nie, so loop vra hulle.

Wie bly oor? SADEK, wat geen bron van inkomste het nie, so elke lidland dra
sy eie onkoste.

Die versekeringsbedryf? Hulle sê klaar SASRIA-dekking is nie van toepassing
in Lesotho nie, want daar was nie 'n oorlog situasie in Lesotho nie. Tot die
Weermag dit in een kom staan en verander het nie.

So, wie bly oor? SA, ek en jy. Of die sakemanne vat die regering hof toe.
Wil jy wed? Ek sit 6 bottels van my kosbare Roodeberg op!

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Re: SA 'vredesoperasie' in Lesotho [boodskap #17878 is 'n antwoord op boodskap #17824] Sa, 26 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina skryf:

> Ja, ou Andre, die "slapgat" Kanadese het
> baie vrae hieroor gevra en daar was mense
> met plakkate in die strate.

Hier is 'n uitdaging vir enige Kanadees wat nie 'n slapgat is nie:

1. Vlieg Maseru toe, 'skuus, Bloemfontein toe, en vat 'n kar Maseru toe.

2. Maak 'n plakkaat.

3. Stap met die plakkaat deur die strate.

(Skryf op die plakkaat "Nelson is your saviour" - koebaai Kanadees!)

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Re: SA 'vredesoperasie' in Lesotho [boodskap #17886 is 'n antwoord op boodskap #17824] So, 27 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Scuba  is tans af-lyn  Scuba
Boodskappe: 7
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Junior Lid
Volgens die Langa verslag was daar wel ongerymdhede tydens die verkiesing,
maar nie so erg dat die verkiesing nie as vry en regverdig verklaar kan word
nie. Die inwoners van Lesotho was toe erg ontevrede oor die uitspraak,
omdat die opposissie beweer dat daar in baie gevalle meer stemme vir die
huidige regering uitgebring is as wat daar kiesers was. Dit mag moonlik
korrek wees as jy kyk na die oorgrote meerderheid inwoners wat hul emosie op
tipiese afrika wyse uitgedruk het.

Dit lyk my asof hierdie oorlog die eerste is wat deur 'n regter se uitspraak
veroorsaak kon wees.

Henri Burger wrote in message ...

> Wat my bring by die vraag oor hoe wettig die regering in Lesotho is, en of
> dit nie juis die kern van die dispuut is nie. Wat het die Langa-verslag gesê
> van die regverdigheid van die verkiesing? Lesotho se Eersteminister maak al
> reeds geluide dat hulle ontslae wil raak van die konstitusionele monarg,
> want hy is "deel van die probleem".

> Groete
>
> Henri Burger, Tzaneen. RSA
> (e-mail: remove 'sukikaki.')
Re: SA 'vredesoperasie' in Lesotho [boodskap #17887 is 'n antwoord op boodskap #17824] So, 27 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 26 Sep 1998 13:42:38 -0500, "Henri Burger" wrote:

Wil jy wed? Ek sit 6 bottels van my kosbare Roodeberg op! >>[/color]

Watter hof?
Dis die eerste probleem. Dis n internasionale aangeleentheid wat
resorteer onder internasionale verdrae - waarvan Lesotho n
mede-ondertekenaar is sover ek weet.

Die SA howe het sekerlik nie jurisdiksie nie.
Ook nie die Lesotho howe nie.

Die tweede probleem vir hulle is dat hoewel jy kan argumenteer dat die
SA weermag se ingryping die vonk by die krytvat was, kan jy ook
argumenteer dat die krytvat nie die maaksel van die SA weermag is nie
en dat die krytvar JUIS die rede vir ingryping was! Jy sal kan aanvoer
dat as nie ingegryp was nie, sou die Katse-dam in gevaar gewees het en
sou die krytvat kort voor lank wel ontplof het en in die Vrystaat
oorgespoel het.

Dan moet jy vra wie is verantwoordelik vir die krytvat!

As daar betalings gaan wees, sal dit waarskynlik op n
noodtoestand-grondslag gedoen word.
Daar sal seker geargumenteer kan word dat dit beter is om Lesotho se
ekonomie weer aan die gang te kry as wat dit sal wees om dinge te laat
soos dit nou is want dan gaan diefstal en so meer in die Vrystaat
sekerlik toeneem.
Re: SA 'vredesoperasie' in Lesotho [boodskap #17888 is 'n antwoord op boodskap #17824] So, 27 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 27 Sep 1998 12:02:51 -0500, "Henri Burger"
wrote:
Re: SA 'vredesoperasie' in Lesotho [boodskap #17889 is 'n antwoord op boodskap #17824] So, 27 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum[2]  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
wrote:
> So die hardegat-Tzaneener verstaan met
> opset verkeerd. Die plakkate was in
> Ottawa se strate,

Het jy een van hulle gedra, Gloudina?

> die vrae was deur
> joernaliste gevra, Kanadese joernaliste.

O! So dis nie Gloudina wat vrae gevra het nie. Gloudina het seker met hoed en
handskoene komkommertoebroodjies geknaag in die Goerwerneur-Generaal se
herfstuin en haar tabbertjie verkreukel in die gedrang om so na as moontlik
aan Nelson te kom.

>
> Ek dink ook jy probeer met opset die
> situasie in Maseru uitbuit vir jou eie
> "regse" gewin.

Nee, nee, Gloudina. Jy verstaan met opset verkeerd. Hy is net besig om ikone
te vestig. Onthou vir Angelina?

> Ek dink nie enigiemand,
> nog aan die regering van Lesotho se kant,
> nog aan die opposisie se kant, dink dat
> Mandela of aan die een of die ander se
> kant is nie. Soos die adjunk van die
> Ho"e Kommissaris hier in Ottawa vir ons
> verlede Woensdag gesê het : 'n mens kan
> nie dat 'n wettig verkose regering omver-
> gewerp word nie.

Dit, interessant genoeg, is presies van Eugene Terreblanche gesê het oor sy
inval in Mafikeng. (Wat, in die lig van die vertoning van die SANW in Maseru,
nou moet klassifiseer as 'n filantropiese vredesoperasie.)

Vriendelike groete, Leendert

-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/rg_mkgrp.xp Create Your Own Free Member Forum
Re: SA 'vredesoperasie' in Lesotho [boodskap #17890 is 'n antwoord op boodskap #17824] So, 27 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina skryf:

> Ek dink ook jy probeer met opset die
> situasie in Maseru uitbuit vir jou eie
> "regse" gewin. Ek dink nie enigiemand,
> nog aan die regering van Lesotho se kant,
> nog aan die opposisie se kant, dink dat
> Mandela of aan die een of die ander se
> kant is nie.

En ek dink jy probeer doelbewus die situasie in Lesotho onderspeel, deur die
minimum daaroor te sê, waarskynlik omdat jy min begrip het van wat aangaan
daar, en wat nog voorlê, ook vir die Oos-Vrystaat.

Wat ek wil weet, is of die Kanadese joernaliste vir julle gewys het hoe
skree die Basutu 'F.. off, Mandela!', 'F... off Boers!'. Ek hoop hulle het
vir jou gewys hoe skop die (swart) SA soldate mense in die strate van
Maseru. Dan sal jy weet dat die Basutu nie soseer gepla is oor aan wie se
kant Mandela is nie, maar dat die ingryping deur SA as 'n daad van aggressie
teen LESOTHO gesien word, en dat hulle kwaad is, baie kwaad is vir SA, en
hulle noem sy leier by naam. Maar jy kan jou bostaande stelling kom toets
deur met jou plakkaat deur Maseru te kom stap.

Koning Letsie lll het juis so pas by monde van sy woordvoerder verklaar dat
die oorlogsituasie alles die gevolg van 'n onnodige militêre inval is. Dit
mag wees dat ook hy dit doen vir sy eie "regse" gewin, maar ek dink dit som
eerder die werklike gevoel in Lesotho op.

Maar ek is bly jy het die "regse" etiket tussen aanhalingstekens geplaas,
want
daarmee erken jy dat jy na strooihalms gryp!

> Soos die adjunk van die
> Ho"e Kommissaris hier in Ottawa vir ons
> verlede Woensdag gesê het : 'n mens kan
> nie dat 'n wettig verkose regering omver-
> gewerp word nie. Nou of hy reg is, is 'n
> ander saak. Miskien moet ons die vraag
> vir Napoleon vra.

Maak 'n afskrif van my en Ferdi se plasings, dan gaan wys jy dit vir die HK,
en vra hom of die begrip 'kommunikasie' vir hom iets beteken. Vra hom ook of
hy bewus is daarvan dat die Dept. van Buitelandse Sake 'n aksieplan vir
onderhandeling uitgewerk gehad het, maar totaal misken is, en deur die media
van die inval te hore moes kom, en bitter ongelukkig is daaroor. Dit is mos
die
Dept. vir wie hy werk, of hoe? Ek hoop nie jy impliseer dat Napoleon hierdie
goed beter verstaan as die HK nie, maar dit sal die meeste mense in Lesotho
en SA nie verbaas nie!

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Re: SA 'vredesoperasie' in Lesotho [boodskap #17891 is 'n antwoord op boodskap #17824] So, 27 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum[2]  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
wrote:

> Nou hoekom moet die mense in Toronto
> weet wat in Lesotho aangaan?
>
> Ou tante Koba

Omdat hulle "Companion of Honour" se eerbaarheid daar op die spel is?

Vriendelike groete, Leendert

-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/rg_mkgrp.xp Create Your Own Free Member Forum
Re: SA 'vredesoperasie' in Lesotho [boodskap #17892 is 'n antwoord op boodskap #17824] So, 27 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi skryf:

> Watter hof?
> Dis die eerste probleem. Dis n internasionale aangeleentheid wat
> resorteer onder internasionale verdrae - waarvan Lesotho n
> mede-ondertekenaar is sover ek weet.

Ja, dis 'n interessante punt. Baie van die firmas wat skade gely het, is
Suid-Afrikaans, en die vraag is of 'n SA maatskappy die weermag/regering kan
dagvaar vir skade wat hy in 'n ander land gely het vanweë optrede deur die
weermag/regering in daardie land. Ek weet nie.

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Re: SA 'vredesoperasie' in Lesotho [boodskap #17893 is 'n antwoord op boodskap #17824] So, 27 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi skryf:

> Is SA nie saam met Zimbabwe en Botswana onderskrywers van die
> Lesotho-grondwet nie?

Ek weet nie watse sê hulle oor Lesotho se grondwet het nie, maar die hele
ding spruit blykbaar oor die SAOG se ooreenkoms dat ingryping kan plaasvind
wanneer 'n staatsgreep in 'n lidland plaasvind, maar blykbaar is dit 'n baie
vaag gefenieerde ding, waaroor daar ook nie eenstemmigheid was nie. Maar
daar was nie 'n staatsgreep in Lesotho nie, muitery wel.

> In elk geval die katse-dam verander dinge effens

Ek dink nie daar is enigsins fout daarmee, as sou ons ingegaan het bloot om
die Katse-dam te gaan beskerm het nie, mits dit vooraf baie duidelike
gekommunikeer is nie, en die spesifieke doelwit baie duidelik uitgespel is
nie. Maar die pad soontoe loop nie deur Maseru nie.

> Maar sover ek kan onthou het nie die Lesotho-regering of die opposisie
> aangedring op n herverkiesing nie?
> Dit laat my dink - as ek reg onthou hier - dat albei die probleem wat
> daar was wou inspan vir eie gewin.

Soos ek aan Gloudina gesê het, ek dink nie die verslag is behoorlik met alle
partye bespreek nie - dis nie eens in Lesotho bekend gemaak nie.

> Hel, Henri, dit was daren nie n oorlog nie. As SA Lesotho wou binneval
> sou hy sekerlik meer as 800 soldate gebruik het!

Vir my het dit gelyk of ouens van weerskante erg op mekaar geskiet het, en
dit het minstens geklink soos oorlog! Maar mag ek jou daaraan herinner dat
jy die gesprek begin het met iets soos 'oorlog is nooit mooi nie'. Hoe dit
ook al sy, daar is/was gewapende konflik, en ons gaan nie maar net suutjies
een oggend ons goed vat en loop nie. Iewers langs die pad gaan al die
betrokkenes met mekaar moet praat, en hopelik tot 'n vergelyk kom. En dan
loop ons. En dan begin hulle van voor af stry oor dit waaroor hulle tot 'n
vergelyk gekom het.

> Ek ken nie Lesotho-politiek nie.
> Maar se nou maar die onrus was aangejaag deur opposisie-ondersteuners?
> Sal daar nie n reaksie teen hulle wees nie?

Almal reken hulle politiek is maar nog altyd 'n warboel, maar daar is niks
so lekker soos 'n gesamentlike vyand om ouens te laat laer trek nie. Amper
soos 'n man en sy vrou wat baklei - as 'n derde party kom inmeng takel beide
hom!

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Re: SA 'vredesoperasie' in Lesotho [boodskap #17894 is 'n antwoord op boodskap #17824] So, 27 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Scuba  is tans af-lyn  Scuba
Boodskappe: 7
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Junior Lid
Vreemd dat slegs jy op die nuusgroep so 'n opinie huldig. Die res val nie
vir ou Henri aan nie. Ons deel dus nie jou opinie nie.

@igs.net wrote in message ...
nie 'n slapgat is nie:
>
> Ek dink ook jy probeer met opset die
> situasie in Maseru uitbuit vir jou eie
> "regse" gewin.
Re: SA 'vredesoperasie' in Lesotho [boodskap #17895 is 'n antwoord op boodskap #17824] So, 27 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina skryf:

> Ja, ek sal graag meer wil hoor oor die
> Langa-verslag. (Ek was Pius Langa se
> Afrikaanse onderwyseres baie lank gelede.)
> Ek verbeel vir my dat ek erens gelees het
> dat die feit dat die verslag lank geneem
> het om uit te kom, een van die elemente
> was wat die onrus dieper gemaak het. Kan
> julle meer daaroor praat?

Dis inderdaad een van die probleme, want daar is bitter min bekend daaroor.
Iets in die lyn van 'daar was ongerymdhede, maar nie genoegsaam om te sê die
verkiesing was onregverdig nie'. Daar is gesloer met die bekendmaking van
bg. kriptiese bevinding, en toe is dit nie in Lesotho nie, maar in Maleisië
gedoen (as ek reg onthou).

Tydens die oortellery van stemme is studente van Bloemfontein aanvanklik
gebruik, maar dit het te stadig gegaan, en toe is SA weermaglede ingebring
om die proses te bespoedig. Die opposisie partye het erg kapsie aangeteken
hieroor. Na dese is hulle seker nog meer skepties.

So vér my kennis strek, is die verslag nooit om 'n tafel met die
verskillende partye
bespreek nie. Die opposisie partye het blykbaar 40% van die steun gekry,
maar volgens hulle kiesstelsel geen setel verower nie. As 'n verkiesing nou
gehou word, gaan die prentjie waarskynlik heel anders daar uitsien, danksy
jy-weet-wat.

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Re: SA 'vredesoperasie' in Lesotho [boodskap #17896 is 'n antwoord op boodskap #17824] So, 27 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Henri Burger"

> Wat my bring by die vraag oor hoe wettig die regering in Lesotho is, en of
> dit nie juis die kern van die dispuut is nie. Wat het die Langa-verslag gesê
> van die regverdigheid van die verkiesing? Lesotho se Eersteminister maak al
> reeds geluide dat hulle ontslae wil raak van die konstitusionele monarg,
> want hy is "deel van die probleem".

Ja, ek sal graag meer wil hoor oor die
Langa-verslag. (Ek was Pius Langa se
Afrikaanse onderwyseres baie lank gelede.)
Ek verbeel vir my dat ek erens gelees het
dat die feit dat die verslag lank geneem
het om uit te kom, een van die elemente
was wat die onrus dieper gemaak het. Kan
julle meer daaroor praat?

Gloudina
Re: SA 'vredesoperasie' in Lesotho [boodskap #17897 is 'n antwoord op boodskap #17824] So, 27 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 26 Sep 1998 00:54:47 +0200, "Kobus Pietersen"
wrote:

warawarawarawara
Re: SA 'vredesoperasie' in Lesotho [boodskap #17898 is 'n antwoord op boodskap #17824] So, 27 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
bi...@mgenerations.net writes: p mense

> Wat ek eintlik besig is om te besef is dat die Kanadese pers
> rassisties is en in totale denail daaroor is. Dus maak hulle n
> groot ophef van dinge as dit hulle pas want dit laat hulle lyk
> soos nice guys. But basically I dont think they care
> a flying f--k.
>
> Billy.

Nou, Billy, ou Tante Koba hou nie daarvan as
jy sulke sterk taal gebruik nie. Ek het nie
geweet die ding kan vlieg nie.

En dit lyk jy word groot as jy besef dat alle
persberigte kom van uitgewers met 'n sekere
agenda. Jy moet dus jou eie opinies vorm,
soveel as dit vir jou moontlik is.

So hou jou ore en jou verstand oop. As jy
die Skydome-ontvangs vir Mandela op die
televisie gesien het, het jy gemerk dat
die skoolkinders vir die premier van Ontario
geboo het? Weet jy hoekom? Het jy enige
begrip van die politiek in Ontario? Ek is
amper seker jy het nie veel kennis daarvan
nie. Nou hoekom moet die mense in Toronto
weet wat in Lesotho aangaan?

Ou tante Koba
Re: SA 'vredesoperasie' in Lesotho [boodskap #17899 is 'n antwoord op boodskap #17824] So, 27 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina skryf:

> Soos die adjunk van die
> Ho"e Kommissaris hier in Ottawa vir ons
> verlede Woensdag gesê het : 'n mens kan
> nie dat 'n wettig verkose regering omver-
> gewerp word nie.

Ek herinner my baie goed hoe PW Botha ook moes ingryp om 'n "wettig verkose
regering" in Boputhatswana in stand te hou. Die verskil toe was dat die
ingryping vinnig, koel en klinies gedoen is. PW het plegtig verklaar "Ons is
weer in beheer". Maar dit het nie gehelp nie, want Boputhatswana moes ook
swig onder die winde van verandering.

Wat my bring by die vraag oor hoe wettig die regering in Lesotho is, en of
dit nie juis die kern van die dispuut is nie. Wat het die Langa-verslag gesê
van die regverdigheid van die verkiesing? Lesotho se Eersteminister maak al
reeds geluide dat hulle ontslae wil raak van die konstitusionele monarg,
want hy is "deel van die probleem".

Maar soos alle oorloë sal ook hierdie een op dieselfde manier moet eindig,
nl. om die onderhandelings tafel. En die vraag wat die HK gerus kan
beantwoord is of die onderhandelings posisie van die regerende party
versterk of verswak is met SA se ingryping. Die stembus sal dit vir ons sê,
maar ek is ook bereid om daarop 6 bottels Roodeberg te verwed.

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Re: SA 'vredesoperasie' in Lesotho [boodskap #17920 is 'n antwoord op boodskap #17824] Ma, 28 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kobus Pietersen  is tans af-lyn  Kobus Pietersen
Boodskappe: 358
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi vloek in message ...
> Jy weet ek dink die inval was n kak idee. (en)
> warawarawarawara

as jy vas is is jy vas
Re: SA 'vredesoperasie' in Lesotho [boodskap #17921 is 'n antwoord op boodskap #17824] Ma, 28 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
brya...@my-dejanews.com writes: > In article ,
> wrote:
>>
>> Het jy enige
>> begrip van die politiek in Ontario? Ek is
>> amper seker jy het nie veel kennis daarvan
>> nie. Nou hoekom moet die mense in Toronto
>> weet wat in Lesotho aangaan?
>>
>> Ou tante Koba
>
> Presies. Dit fassineer my hoe jy jouself nou al amper op 'n daaglikse basis
> weerspreek. Natuurlik sal die mense in Toronto nie alles weet wat hier
> aangaan nie.


Wel, Bryan, wat ek hierbo gesê het was
as antwoord op jou klagte dat "die mense
van Toronto" (met wie jy verklaar het jy
byna daagliks in aanraking is) nie weet
van Lesotho of wat in Lesotho aangaan nie.

Netso kan JY mos onmoontlik ook nie meer op hoogte wees met wat
> hier aangaan nie.

En die kanse is baie goed dat selfs jy, as
jy in Kaapstad of Johannesburg sit, nie
veel meer as ek weet "wat in Lesotho" aan-
gaan nie.

Dis alombekend dat die mense in Lesotho nie baie tyd vir
> Mandela het nie en keer op keer regstreeks oor TV dit luidkeels te kenne
> gegee het.

Sodra jy van "die mense in Lesotho" praat asof
hulle 'n monolitiese opinie-blok vorm, dan weet
ek dat jy begin veralgemeen, en heelwaarskynlik
dit doen vir jou eie agenda.

Maar omdat jy dit nie besef (of weet nie), neem jy maar aan dat
> Henri dit vir eie "regse" gewin noem. Die werklikheid is egter dat dit
> regtig gebeur het, en dat hy dit bloot genoem het.

Gaan terug na die korrespondensie. En ek stel
voor dat 'n hele klomp van julle die "Lesotho
insident" nou melk vir al wat julle kan. Die
vraag is net - was jy ook so billik ontstoke
toe hulle in Soweto se strate geskiet het, of
vir Lesotho en Botswana ingeval het om die
sogenaamde terroriste-huise te vernietig.Steek
nou jou ou handjie in jou eie boesempie, en kyk
wat sit daaraan as jy dit uittrek. Of gaan jy
ook pleit dat jy "te jonk" was, of "nie geweet
het nie." Ek praat nie die gebruik van geweld
goed nie. Maar ek wantrou ook diegene wat nou
weer die ou krom vingers wys, sonder om te
merk dat die ou krom vinger ook na jou kant toe
dui.

Die tannie wat weet wat is wat.
Re: SA 'vredesoperasie' in Lesotho [boodskap #17922 is 'n antwoord op boodskap #17824] Ma, 28 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
hb...  is tans af-lyn  hb...
Boodskappe: 21
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Junior Lid
Gloudina skryf:

> Ja, ek sal graag meer wil hoor oor die
> Langa-verslag.

Ek het intussen 'n kansie gehad om die verslag se draaie na te spoor:

Die verslag is op 11 September in Mauritius (en nie in Maleisië nie)
deur Mnr. Mandela aan Mnr. Buthelezi oorhandig. Hulle was daar vir 'n
saamtrek van SAOG-lande, met Mnr. Mandela op pad na N. Amerika en Mnr.
Mbeki na Maleisië.

Buthelezi het die verslag bestudeer, en tot die gevolgtrekking gekom
dat die inhoud nie die Lesotho opposisie partye se beskuldigings weerlê
OF bevestig nie. Hy het geskakel met Mnr. Mugabe, wat tot dieselfde
gevolgtrekking gekom het. Saam het hulle besluit dat die verslag NIE aan
die opposisie partye oorhandig moet word nie, omdat hulle geoordeel het
dat die bevindings tot groter frustrasie kon lei, met onvoorspelbare
gevolge. Hulle het besluit om die verslag te oorhandig by 'n geleentheid
waar dit sinvol met beide faksies bespreek kon word.

Op 16 September het Buthelezi 'n brief ontvang van Eersteminister Mosisili
waarin hy om MILIT�RE hulp gevra het, en beweer het dat 'n staatsgreep op
hande was. Op 19 September het hy 'n 2de brief ontvang waarin Mosisili
beweer het dat sommige van hulle moontlik nie sou lewe om die beplande
vergadering van 20 September by te woon nie. Op 21 September is besluit om
Lesotho binne te val.

So, die Langa-verslag is nooit aan die opposisie partye bekend gemaak nie.

'n Verdere ontstellende aspek is dat dit nou duidelike is dat SA se militêre
intelligensie aangaande die situasie totaal gebrekkig was.

Nog meer ontstellend is dat die Mangoegape familie van Thaba Nchu oor die
radio moes verneem van hulle seun se dood - dit nadat bure vir hulle kom sê
het om na die nuus te luister! Nie 'n kapelaan/predikant/priester om die
slegte tyding oor te dra nie. Absoluut pateties!

Groete

--
Henri Burger, Tzaneen.RSA
(e-mail: hen...@pixie.co.za)

-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/rg_mkgrp.xp Create Your Own Free Member Forum
Re: SA 'vredesoperasie' in Lesotho [boodskap #17923 is 'n antwoord op boodskap #17824] Ma, 28 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
hb...@my-dejanews.com writes:

> 'n Verdere ontstellende aspek is dat dit nou duidelike is dat SA se militêre
> intelligensie aangaande die situasie totaal gebrekkig was.
>

> --
> Henri Burger, Tzaneen.RSA

Kan iemand vir my nog ook die volgende
inligting verskaf. Wat is die naam van
die bevelvoerder van die SA soldate wat
Lesotho binnegeval het. Ook die name van
die top generaals in die SA Weermag en
Lugmag. Asook die boonste echelon van die
Polisie in SA. (Nie die ministers of
staatsdiensamptenare nie, maar die manne
in die veld.)

Gloudina
Re: SA 'vredesoperasie' in Lesotho [boodskap #17924 is 'n antwoord op boodskap #17824] Ma, 28 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 27 Sep 1998 23:30:30 -0500, "Henri Burger" wrote:

Ferdi skryf:[/color]
>
>> Watter hof?
>> Dis die eerste probleem. Dis n internasionale aangeleentheid wat
>> resorteer onder internasionale verdrae - waarvan Lesotho n
>> mede-ondertekenaar is sover ek weet.
>
> Ja, dis 'n interessante punt. Baie van die firmas wat skade gely het, is
> Suid-Afrikaans, en die vraag is of 'n SA maatskappy die weermag/regering kan
> dagvaar vir skade wat hy in 'n ander land gely het vanweë optrede deur die
> weermag/regering in daardie land. Ek weet nie.>>

Sover ek weet bepaal die plek waar die daad gepleeg is die
jurisdiksie.
Re: SA 'vredesoperasie' in Lesotho [boodskap #17925 is 'n antwoord op boodskap #17824] Ma, 28 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
brya...  is tans af-lyn  brya...
Boodskappe: 52
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Volle Lid
In article ,
wrote:
>
> Het jy enige
> begrip van die politiek in Ontario? Ek is
> amper seker jy het nie veel kennis daarvan
> nie. Nou hoekom moet die mense in Toronto
> weet wat in Lesotho aangaan?
>
> Ou tante Koba

Presies. Dit fassineer my hoe jy jouself nou al amper op 'n daaglikse basis
weerspreek. Natuurlik sal die mense in Toronto nie alles weet wat hier
aangaan nie. Netso kan JY mos onmoontlik ook nie meer op hoogte wees met wat
hier aangaan nie. Dis alombekend dat die mense in Lesotho nie baie tyd vir
Mandela het nie en keer op keer regstreeks oor TV dit luidkeels te kenne
gegee het. Maar omdat jy dit nie besef (of weet nie), neem jy maar aan dat
Henri dit vir eie "regse" gewin noem. Die werklikheid is egter dat dit
regtig gebeur het, en dat hy dit bloot genoem het. Miskien moet jy so af en
toe Suid-Afrikaanse "online" koerante besoek sodat jy 'n bietjie beter
perspektief kan kry oor wat hier aangaan. Die Mail & Guardian is te kry by
www.mg.co.za/news.html Daar was onlangs talle berigte wat as bewys kan dien
hoe in opstand die Lesotho mense teen Mandela was.

Bryan

--
**************************************************
Personal website: http://www.TheOffice.net/brynie

-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/rg_mkgrp.xp Create Your Own Free Member Forum
Re: SA 'vredesoperasie' in Lesotho [boodskap #17944 is 'n antwoord op boodskap #17824] Di, 29 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
TafelBoer skryf:

> Weermaglede verskaf self inligting soos bv. naasbestaande, dié se adres,
> ens. Die weermag is afhanklik van hierdie inligting om die nodige stappe te
> neem. As die bogaande 'n kwelpunt is, stel vas wat die ware toedrag van
> sake is.

Ek het klaar my mening hieroor gelig, maar as jy meer inligting kry,
kommunikeer dit deur na Lorina Mangoegape in Thaba Nchu. Ek is seker sy sal
begrip hê.

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Re: SA 'vredesoperasie' in Lesotho [boodskap #17945 is 'n antwoord op boodskap #17824] Di, 29 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina skryf:

> En miskien moet hulle kyk na die klimaat
> wat daar onder hulle weermag bestaan. Is
> daar nie nog van die wilde-wragtag kultuur
> van die vorige bedeling in hulle range nie.
> (Die persoon aan die hoof van die inval,
> verbeel ek my of het hy 'n Afrikaanse naam?)

Die huidige weermag is 'n mengsel van ou staandemaglede, MK-soldate en nuwe
rekrute. Die hele opset is in 'n warboel.

Onlangs is Gnl. George Meiring afgedank as hoof van die SANW n.a.v. die sg.
"Meiring-verslag", wat 'n verslag van militêre inligting was aangaande 'n
linkse komplot teen die regering. Ek dink ek het reeds uitgewys hoe
gebrekkig die inligting oor Lesotho was, en Meiring moes die prys betaal vir
soortgelyke swak inligting.

Robbie Hartslief is Afrikaans, en as ek my feite reg het, is hy die
bevelvoerder van 1 Valskermbataljon, wat onlangs gedreig is met afdanking
n.a.v. wapendiefstal by sy eenheid.

Dit benodig nie baie kennis van die funksionering van 'n weermag om te
verstaan dat onder sulke omstandighede, gekoppel met swak inligting en swak
beplanning ('n soortgelyke operasie sou in die ou weermag 3 maande vooruit
beplan gewees het), jy moeilikheid loop soek nie.

Verskeie waarnemers het opgemerk dat dit duidelik is dat die SA troepe nie
'n benul het van skarebeheer nie, daarom skop hulle burgerlikes op straat.

Die vraag is wie verantwoordelikheid moet dra vir die Weermag se patetiese
optrede. Die Minister, die Hoof, die Hoof van intelligensie, of wie?

Maar hulle dink nie dis 'n mislukking nie! Die Sunday Times se spotprent het
dit baie goed opgesom"- Siphiwe Nyanda wat aankondig "The operation was a
success...except the patient died!"

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Re: SA 'vredesoperasie' in Lesotho [boodskap #17946 is 'n antwoord op boodskap #17824] Di, 29 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
brya...  is tans af-lyn  brya...
Boodskappe: 52
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Volle Lid
In article ,
wrote:
> brya...@my-dejanews.com writes: > In article ,
>> wrote:
> Wel, Bryan, wat ek hierbo gesê het was
> as antwoord op jou klagte dat "die mense
> van Toronto" (met wie jy verklaar het jy
> byna daagliks in aanraking is) nie weet
> van Lesotho of wat in Lesotho aangaan nie.
>

Nee Gloudina. Jy verwar my met "Billy" of Bing. Dis hy wat na Toronto
verwys het, ek het bloot op jou daaropvolgende artikel geantwoord. Kyk wie
die berigte skryf voor jy aanneem wie hulle is.

> Netso kan JY mos onmoontlik ook nie meer op hoogte wees met wat
>> hier aangaan nie.
>
> En die kanse is baie goed dat selfs jy, as
> jy in Kaapstad of Johannesburg sit, nie
> veel meer as ek weet "wat in Lesotho" aan-
> gaan nie.

Dankie weereens vir 'n wonderlike aanname. Ek het 2 jaar diensplig gedoen by
die einste eenheid wat vir hierdie onnodige inval verantwoordelik was, nl.
1SAI. Ek het darem nog 'n vriend of twee in die omgewing met wie ek onlangs
gesels het om meer uit te vind van wat "op die grond" aangegaan het. Ek dink
dis veilig om te sê dat ek meer weet wat in Lesotho aangaan as jy. Ek weet
nie eers hoekom jy nog wil stry hieroor nie. Pure genot?

>
> Dis alombekend dat die mense in Lesotho nie baie tyd vir
>> Mandela het nie en keer op keer regstreeks oor TV dit luidkeels
> te kenne
>> gegee het.
>

> Die tannie wat weet wat is wat.

Ai.

Bryan

--
**************************************************
Personal website: http://www.TheOffice.net/brynie

-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/rg_mkgrp.xp Create Your Own Free Member Forum
Re: SA 'vredesoperasie' in Lesotho [boodskap #17947 is 'n antwoord op boodskap #17824] Di, 29 September 1998 00:00 Na vorige boodskapNa vorige boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina skryf:

> Gaan terug na die korrespondensie. En ek stel
> voor dat 'n hele klomp van julle die "Lesotho
> insident" nou melk vir al wat julle kan. Die
> vraag is net - was jy ook so billik ontstoke
> toe hulle in Soweto se strate geskiet het, of
> vir Lesotho en Botswana ingeval het om die
> sogenaamde terroriste-huise te vernietig.

Ek het gehoop ons kon hierdie situasie bespreek sonder dat jy die verlede
bysleep, Gloudina. Maar let op dat jy nie die enigste is wat dit doen nie -
mense in Lesotho het alreeds 'n vergelyk getrek met PW Botha se invalle, en
die mening uitgspreek dat niks verander het nie.

Om die waarheid te sê, by 'n kerkdiens in Maseru Sondag het van die
kerkgangers blykbaar opgemerk dat in PW se tyd hulle stad immers nie
afgebrand is nie (Bron: Bekende Afrikaanse Dagblad).

Nog erger, een stukkie graffiti in Maseru lees "Go home Mandela and your
Boer dogs of war"! Wat sou jy dink sê die oud MK-soldate wat deel van die
kontingent is van hierdie nuut verworwe titel?

Die ironie is dat dieselfde antagonisme nie bestaan teenoor die Botswana
troepe nie. 'n Woordvoerder van koning Letsie lll het die rede as volg
verstrek:

"Dinsdagoggend 05:55 bars die SA'ers met hul Ratel deur die hek voor die
paleis. Hulle skiet sommer net, en ry alles plat, die hek, die muur, die
rose, die ligte.

"Toe rig hulle die kanon op die paleis, op die koning wat op die terras
staan. Die aand vra ek vir die bevelvoerder wat maak hulle hier. Hy sê hulle
pas die koning op, maar toe ek hom vra, weet hy nie hoe lyk die koning nie,
en of dit dalk ek is nie!

"Die volgende dag kom die soldate van Botswana. Hulle stop en vra of dit die
paleis is. Toe ek bevestigend antwoord, vra hulle of dit OK is as hulle daar
stilhou. Ek sê hulle moet 'n bietjie terug stoot. Toe stoot hulle 'n hele
ent terug, en rig nie wapens op ons nie. En hulle hêt nie eers 'n koning
nie!"

Die hele ding is 'n militêre, diplomatieke en politieke verleentheid,
Gloudina. Daaroor stem alle plaaslike media saam, asook die BBC Worldnews,
CNN en SKY. Van SABC TV weet ek nie, maar 'n groep politieke waarnemers het
dit op RSG ook so gesien.

Die enigste ding waaroor daar 'n verskil van opinie is, is of die inval
geregverdig was. Sommige kenners meen artikel 52 van die VVO handves
stipuleer dat die Veiligheidsraad toestemming moet verleen vir
streeksoptrede. VVO amptenare in Lesotho was die eerste keer bewus van die
inval toe die skote begin klap het, en het inderhaas landuit gevlug.

Blykbaar bepaal die Lesotho grondwet dat net die Staatsraad militêre hulp
van buite mag inroep. In die geval is dit gedoen deur die Eersteminister
alleen.

Maar dis nie al nie. Duisende vlugtelinge stroom oor die grens, en die
gemeenskappe van Ladybrand, Ficksburg en omliggende dorpe onderhou hulle.
Tot gister het nog geen of weinig materiële hulp van regeringskant opgedaag
nie.

Waak daarteen dat jy nie die boodskappers van slegte nuus skiet nie.

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Vorige onderwerp: Waarheen in SA
Volgende onderwerp: Sprakeloos ?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 12 02:11:25 MGT 2024