Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: EK IS GATVOL!!!
Re: EK IS GATVOL!!! [boodskap #17789] Di, 22 September 1998 00:00
Not Anonymous  is tans af-lyn  Not Anonymous
Boodskappe: 11
Geregistreer: Mei 1998
Karma: 0
Junior Lid
Kalmeer, galjoen

...
> Ek is nou al so hartlik gatvol vir al die vuilgathede en vieslikhede
> gepaardgaande met Clinton en Monica. Al die gemors op TV en media.
> Dit gaan net aan en aan en aan. WAT TE ERG IS IS TE ERG !!!
>
> Selfs sogenaamde repektabele koerante in AUS het spotprente van sigare
> ens.
> Ek is toevallig in 'n hotel met CNN. En dit is om van te kots.
> Die sensasie is net soveel die skuld van die Amerikaanse Media as die
> Amerikaners se beheptheid met hulself en sensasie op TV.
> En omdat die Amerikaners die wereld met hul video en film oordonder,
> moet al die stront in die res van die wereld se keel afgedruk word.
> Mens sou dink die media het 'n les geleer met Ladi Di se dood...

Daar is 'n baie eenvoudige redes vir die grootheid van die mediadekking van
die storie. Bill Clinton is (was?) die belangrikste man op aarde. Stry maar.
En hy is ook die president van die Amerika, wat die wereld se grootste
medianetwerke 'besit'. So natuurlik gaan alles wat met hom gebeur, gesien
word. Ek is seker dit was op Oz TV toe hy vir buddy gekry het...

>
> Selfs die vlak van die debat is 'n skande: Dit gaan maar net oor
> goedkoop politiekery en dieper kwessies word op die agtergrond geskuif.
>

Dit IS 'n groot issue, groter as wat meeste Amerikaners wil glo. Dit is nie
meer net 'goedkoop ploitiekery' nie, al was dit die begin. Dit gaan daaroor
dat hy die publiek in die oog gekyk het, en met alle eerlikheid vir hulle
gelieg het.

> Wat is volgende ? 'n gesimuleerde seksfilm vir die jurie waar die twee
> pokkenaat in
> die "wit" huis ? As hulle simulasiefilms oor vliegrampe het, waarom nie
> ?
> Waarom stop ? Hoekom nie Clinton en Monica se onderdele en agterente wys
> nie ?
> Wat van 'n seksfilm vir jong kinders om hul te verduidelik om orale
> seks te beoefen in gange en kantore ?

Jy is lekker getik, hê? Gaan Paul Hogan ou Bill se rol kry? Met Olivia
Newton John as Hillary.
Jy klink soos my Ouma, btw.

> Dis geen wonder dat ander lande (ooste) met minagting verwys na Amerika
> se
> materialisme en gebrek aan integriteit nie.

Dis 'n ander debat daai, maar soos my ma sou se: "Jy's net jaloers, man!"

> Kan al die emmigrante wat uit SA gevlug het om te gaan ryk word in
> Amerika
> en gedurig vir ons vertel hoe wonderlik dit daar is, asseblief vir ons
> verduidelik hoe julle die gebrek aan waardes verdedig?
> (en moet nou nie vir my kom vertel hoe sleg ander plekke is nie,
> dis 'n patetiese argument, dit maak julle nie goed nie)

Fok jou as so wil veralgemeen en dink ons almal gaan dit verdedig.
So jy kan se die land is kak, maar ek kannie dieselfde se van 'n ander plek
nie? Maar dit het niks hiermee uit te waai nie.

Wat snaaks is, is dat ek nog een Amerikaner moet ontmoet wat dink die man
het iets verkeerd gedoen! Die mense hier dink amper almal in jou lyn! Sy
'job approval rating' staan op 66%. So, 66% dink die land is nog heel
orraait. En 66% sal jou net van die goeie in die land vertel en die "gebrek
aan waardes verdedig".

> As ek 'n Amerikaner op toer was, sou ek my kop in die grond in steek van
>
> skaamte.
>

En wat van die Amerikaners in Amerika? Wat van die Amerikaners op toer in
Amerika?

> Clinton en Monica se sondes is nietig in vergelyking met die Amerikaners
> se
> beheptheid met sensasionele walglikhede op TV.
> Clinton was klaar in die kerk om sy sondes te bely,
> as iemand dringend by 'n kerk moet uitkom is dit nou die Amerikaanse
> volk.
>

Jy sit die pot weereens ietwat mis. Dis nie die volk wat hiervoor vra nie,
dis hoe dinge gebeur. En ons woon in die information age. So alle inligting
wat openbaar raak, sal ons sien. Danksy CNN, die internet en die res. Jy kan
maar skop en skree, jy gaan nog baie daarvan sien.
As mens enige waarde aan 'polls' kan heg, wou die meerderheid van amerika al
lank terug niks meer sien nie. Die storie sal nou sy loop loop

> Die beste van alles is omtrent 100 miljoen doller wat aan al die gemors
> (regsaak?) spandeer is. Dit is 'n vergryp, terwyl kinders vrek van die
> honger.
> Geregtigheid daar is 'n grap, dit gaan net oor hoeveel geld jy het.
>

Sover kos die storie (insluitende die ander 4 groot sake teen Clinton van
die afgelope 5 jaar) $40 miljoen. Dis $40 milj oor vyf jaar. Vir amerika is
dit nie eens 'n lemoenpit op Citrusdal nie. New York spandeer meers as dit
'n jaar op parkeermeters.

> Of wat seg ek alles?

Jong ja, ek sê, want ek is hier.

> Vriendelike groete!

Selle van diekant

diaan

> |
> | ___/////
> | / \ /|
> | / O \ \/ |
>> / /\ |
> \_________/ \|
> \\\
>
>
Daai hoek voor die arme vis se bek het my nog altyd gepla!
Re: EK IS GATVOL!!! [boodskap #17790 is 'n antwoord op boodskap #17789] Di, 22 September 1998 00:00 Na vorige boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
galjoen writes:

> Clinton was klaar in die kerk om sy sondes te bely,
> as iemand dringend by 'n kerk moet uitkom is dit nou die Amerikaanse
> volk.

Hokaai, Galjoen. Die Amerikaanse volk is net so
gatvol soos jy. Vanoggend is sy "approval rating"
op na 66 persent, nadat die Amerikaners vir hom
gister kon sien praat voor die "Grand Jury." Ek
wag nou in spanning om te sien wat in November
met die verkiesing gaan gebeur. Hoop daar kom
weer 'n demokratiese meerderheid in die House
of Representatives (ek dink hulle kort 14 of
16) en miskien selfs in die Senate.

Wat gebeur is deels die gevolg van 'n media mania
en deels die gevolg van die heksejag wat die
Republicans in Washington voer.

Wat my fassineer, is dat ons op die drumpel is
van 'n groot geestesverskuiwing in die wereld,
wat amper vergelyk kan word met die aankoms van
die drukpers in Europa eeue gelede. Ons betree
die kuberwereld, waar alles bekend gemaak kan
word oor die hele wereld, sonder enige kontrole
van omhoog. Met die rapporte op die Internet
kan elke Jan Burger nou soveel informasie kry
as wat hulle wil. Hulle verklaar alreeds dat
Monica swaar 'n boek verkoop gaan kry, want almal
het al al die informasie.

Lekker om weer van jou te gehoor het, Galjoen. Hoe
gaan dit met jou tuin?

Gloudina Bouwer
Vorige onderwerp: Re: Hoe het die tye verander! (was "Oom Sampie se Afskeidslied" deur GEORGE WEIDEMAN)
Volgende onderwerp: Re: No room in the rainbow for Liberals
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Jun 27 21:00:11 MGT 2024