Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » Hoe het die tye verander! (was "Oom Sampie se Afskeidslied" deur GEORGE WEIDEMAN)
Hoe het die tye verander! (was "Oom Sampie se Afskeidslied" deur GEORGE WEIDEMAN) [boodskap #17544] Wo, 16 September 1998 00:00 na volgende boodskap
Henry van Zyl  is tans af-lyn  Henry van Zyl
Boodskappe: 30
Geregistreer: Augustus 1997
Karma: 0
Volle Lid
Gloudina, George Weideman se gedigte is so ongelooflik goed. Onthou jy
hoe Van Wyk Louw geskryf het oor die verslaentheid waarmee jy moes
wegstap van groot kuns af as dit ware kuns is? En hoe Socrates gepraat
het van die katarsis wat jy moes ervaar by die aanskoue van 'n tragedie?
Weideman se gedigte laat my so verslae. Wil jy nie asseblief meer
daarvan plaas nie? En my dalk vertel hoe en waar ek sy digbundels in die
hande kan kry in hierdie verre vreemde land?

Baie jare gelede het ek 'n jaar lank saam met Weideman in dieselfde
skool in Port Elizabeth skoolgehou; hy was Afrikaansonderwyser, ek
Engels. Sy eerste (?) digbundel het daardie jaar veskyn - iets met "die
ysman" (n.a.v. The Iceman Cometh) in die titel. Ek het dit nooit gesien
nie. Hy het egter 'n kopié aan ons destydse skoolhoof geskenk. Dié het
(agter Weideman se rug - en ook sonder om te besef dat ek dit hoor!) aan
'n vertroueling gesê dat die bundel so subversief is dat hy nie verbaas
sal wees as Weideman nog in die tronk beland as gevolg darvan nie. Dit
was die dae toe Magersfontein, o Magersfontein verban was.

Dit voel nou of dit in dieselfde tyd was toe pterodaktiele nog oor die
aarde gevlieg het.

Lank daarna was ek dosent by 'n onderwyskollege. Brink se (vir my) diep
aangrypende en ontroerende Houd-den-Bek het toe verskyn. Die
Afrikaansdosent wou dit vir haar derdejaars voorskryf. Toe lees die
rektor dit en verbied haar om dit voor te skryf - te veel grafiese seks
tussen die swart slaaf en die witvrou, en die wit baas en die swart
slavinne, dink ek, was sy betoog. Geen debat is toegelaat nie. Slegs 'n
verbanningdekreet.

Die afgelope week het die Starr-verslag in sy naakte barheid vir almal
beskikbaar geword, en vanaand hoor ons dis moontlik dat ons binnekort
Clinton se video-getuienis gaan sien.

Kyk nou hoe ver het ek van my beginpunt afgedwaal. Byna netso ver as wat
die pendulum oor die jare heen geswaai het.

Groete

Henry

@igs.net wrote:

> OOM SAMPIE SE AFSKEIDSLIED
> George Weideman
>
> dies my laaste sleepmiswinter
> die voornagwindjie stoot snaardun
> die ou blootsvoet se breivoetsole
> verlang vanaand 'n toemaakding
>
> dies my laaste sleepmiswinter
> ou bokveldsberg lê dig toegedraai
> selfs hantam se uitsoekwaboomkole
> kon nog nie my vingers laat katspoor maak
>
> dies my laaste sleepmiswinter
> ek voel dit aan my opstaanseer:
> as die sleepmis weer so oor die sandveld streep
> is dit rus myn siel jou god is koning
> en ek lê my hoof vir oulaas neer.
Re: Hoe het die tye verander! (was "Oom Sampie se Afskeidslied" deur GEORGE WEIDEMAN) [boodskap #17568 is 'n antwoord op boodskap #17544] Do, 17 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
Henry van Zyl writes:

> Weideman se gedigte laat my so verslae. Wil jy nie asseblief meer
> daarvan plaas nie? En my dalk vertel hoe en waar ek sy digbundels in die
> hande kan kry in hierdie verre vreemde land?

Ek het ongelukkig geen van Weideman se bundels
nie. Die paar gedigte wat ek het, is vir my uit
SA aangestuur. Ek dink ook hy is 'n baie goeie
digter. En die feit dat hy oor Namakwaland en
Boesmanland dig, maak hulle nog nader aan my
hart.

> (agter Weideman se rug - en ook sonder om te besef dat ek dit hoor!) aan
> 'n vertroueling gesê dat die bundel so subversief is dat hy nie verbaas
> sal wees as Weideman nog in die tronk beland as gevolg darvan nie. Dit
> was die dae toe Magersfontein, o Magersfontein verban was.
>
> Dit voel nou of dit in dieselfde tyd was toe pterodaktiele nog oor die
> aarde gevlieg het.
>
> Lank daarna was ek dosent by 'n onderwyskollege. Brink se (vir my) diep
> aangrypende en ontroerende Houd-den-Bek het toe verskyn. Die
> Afrikaansdosent wou dit vir haar derdejaars voorskryf. Toe lees die
> rektor dit en verbied haar om dit voor te skryf - te veel grafiese seks
> tussen die swart slaaf en die witvrou, en die wit baas en die swart
> slavinne, dink ek, was sy betoog. Geen debat is toegelaat nie. Slegs 'n
> verbanningdekreet.
>
> Die afgelope week het die Starr-verslag in sy naakte barheid vir almal
> beskikbaar geword, en vanaand hoor ons dis moontlik dat ons binnekort
> Clinton se video-getuienis gaan sien.

Ja, ek glo dat die VSA in die greep van
'n tweede McCarthy-era is (en die enigste
mense wat dit besef is die Amerikaanse
publiek.) Ek glo ook dat van die vyftigerjare
in Suid-Afrika die land ook deur 'n lang tyd-
perk van McCarthyisme gegaan het, lank nadat
dit vir 'n ruk in die VSA opgehou het, kompleet
met as die vyand die "Kommunisme." En ek is
nie so seker dat dit nie rogue elements uit
die VSA was wat daardie dinge aan die gang
gehou het in SA nie. Regdeur die apartheids-
era, glo ek, was die Afrikaners wat gewillig
was, maar net die stooges van Amerikaanse
en koloniaal-Britse elemente.

Gloudina
Re: Hoe het die tye verander! (was "Oom Sampie se Afskeidslied" deur GEORGE WEIDEMAN) [boodskap #17636 is 'n antwoord op boodskap #17544] Sa, 19 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Griet" writes: >
>
> @igs.net wrote in article ...
>> Henry van Zyl writes:
>>
>
>> Ek het ongelukkig geen van Weideman se bundels
>> nie. Die paar gedigte wat ek het, is vir my uit
>> SA aangestuur.
>
> Wanneer 'n mens ploeg met ander (digters) se kallers op die internet,
> behoort 'n mens die ordentlikheid te hê om ten minste die boeke aan te
> koop. Dis waaroor oorlewing eintlik gaan. Dis tragies dat die digter hier
> so openlik ingeloop is.

O, grote Griet, kyk wie is nou terug
op die nuusgroep. Frikkie se maatjie.

Op die bootjie na kammaland.
Re: Hoe het die tye verander! (was "Oom Sampie se Afskeidslied" deur GEORGE WEIDEMAN) [boodskap #17640 is 'n antwoord op boodskap #17544] Sa, 19 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Griet  is tans af-lyn  Griet
Boodskappe: 45
Geregistreer: November 1996
Karma: 0
Volle Lid
@igs.net wrote in article ...
> Henry van Zyl writes:
>

> Ek het ongelukkig geen van Weideman se bundels
> nie. Die paar gedigte wat ek het, is vir my uit
> SA aangestuur.

Wanneer 'n mens ploeg met ander (digters) se kallers op die internet,
behoort 'n mens die ordentlikheid te hê om ten minste die boeke aan te
koop. Dis waaroor oorlewing eintlik gaan. Dis tragies dat die digter hier
so openlik ingeloop is.
Re: Hoe het die tye verander! (was "Oom Sampie se Afskeidslied" deur GEORGE WEIDEMAN) [boodskap #17695 is 'n antwoord op boodskap #17544] So, 20 September 1998 00:00 Na vorige boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 19 Sep 1998 06:13:01 GMT, "Griet" wrote:

koop. Dis waaroor oorlewing eintlik gaan. Dis tragies dat die digter hier[/color]
> so openlik ingeloop is.>>

Jisis Griet hoe klein KAN jy raak....
Re: Hoe het die tye verander! (was "Oom Sampie se Afskeidslied" deur GEORGE WEIDEMAN) [boodskap #17702 is 'n antwoord op boodskap #17544] So, 20 September 1998 00:00 Na vorige boodskap
Ek  is tans af-lyn  Ek
Boodskappe: 10
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Junior Lid
Griet, miskien moet jy so 'n bietjie jou idome gaan leer. Dalk weet jy nie
mooi wat jy sê nie. En om 'n digter se werk aan te haal - nou ja, as dit
tragies is, en as jy daardeur iemand inloop.....
Ek kan maar net sê: foeitog!

Griet wrote:

> @igs.net wrote in article ...
>> Henry van Zyl writes:
>>
>
>> Ek het ongelukkig geen van Weideman se bundels
>> nie. Die paar gedigte wat ek het, is vir my uit
>> SA aangestuur.
>
> Wanneer 'n mens ploeg met ander (digters) se kallers op die internet,
> behoort 'n mens die ordentlikheid te hê om ten minste die boeke aan te
> koop. Dis waaroor oorlewing eintlik gaan. Dis tragies dat die digter hier
> so openlik ingeloop is.
Vorige onderwerp: "Pella l^e 'n kruistog ver" deur GEORGE WEIDEMAN
Volgende onderwerp: Uit "Kwatryne" deur I.D. du PLESSIS
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 03 12:16:31 MGT 2024