Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die vriendelike taal 2
Die vriendelike taal 2 [boodskap #17643] Sa, 19 September 1998 00:00
Kobus Pietersen  is tans af-lyn  Kobus Pietersen
Boodskappe: 358
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Senior Lid
http://www.twisted.co.za/page/afrikaan/index.htm

Hoe leer ek Afrikaans?
World of Learning se Afrikaanskursus vir R999 .
Telefoon: 0927-11-880 372 Faks: 0972-11-788 9883 E-pos: pi...@icon.co.za

Ywer uit onverwagte oord
Matilda Smith vertel van haar vennoot, Gladys Setlalentoa van
Mangaung. Ons het besluit om saam 'n projek te begin en op die daad is
die breinkind van mev. Setlalentoa "Die Mangaung Biblioteekprojek" gedoop.
Binne twee maande het ons sowat 12 000 boeke ingesamel.

Taalvriendskap is nou moontlik
Cornia Pretorius meen 'n skool se taalkeuse kan 'n slag vir
Afrikaans slaan, of die taal knou.
ELKE keer as ek die foto van 'n sterwende Hector Peterson sien,
dink ek aan Afrikaans - dat dié kind in 1976 in Soweto gesterf het vir die
beëindiging van Afrikaans as onderrigtaal in swart skole, dat Afrikaans vir
hom die onderdrukker se taal was en dat hy Afrikaans wou beveg.

Dan lees ek wat Harriet Kgotle, Faith Mapitsa en Raymond Motseke
verlede jaar oor Afrikaans skryf as leerlinge van die Hoërskool Reasoma in
Soweto - 21 jaar later.

Hulle sê hulle het Afrikaans eers met onderdrukking
vereenselwig.

"Nou is ons in die nuwe Suid-Afrika en mense moet alles van die
ou dae vergeet en begin om vriendskap met ander mense te bou. Afrikaans is
nou een van ons elf amptelike tale en almal wat in Suid-Afrika bly, moet
Afrikaans leer," meen Harriet en Faith.

Raymond verwoord sy siening sê: "Niemand dwing my om dit
(Afrikaans) te leer nie. Ek het self besluit. In die verlede is swart
leerlinge gedwing om Afrikaans te leer."

In 1998 is dit nie net Harriet, Faith en Raymond wat anders voel
oor Afrikaans in die klaskamer nie. Daar is 'n hele nuwe geslag
nie-Afrikaanssprekende Suid-Afrikaners vir wie Afrikaans net sê 'n deel is
van Suid-Afrika as braaivleis en sonskyn.

Ek dink aan Abe Valoyi, die graad-tweetjie wat ek ontmoet het by
die Laerskool Dirkie Uys in Johannesburg en aan die netjiese Afrikaans wat
hy spontaan praat. Ek dink aan Tumelo Matlou van die Laerskool Krugerpark in
Potgietersrus in die stoere Noorde en hoe sy die vers Jellievis trots
voordra.

Dit wil lyk of dit hulle is wat Afrikaans in die negentigerjare
help om politieke kettings af te ruk - die taal van sy verlede te bevry. Al
is hulle nog besig om die taal te bemeester, hou hulle die belofte in om
Afrikaans lief te kry en daaraan 'n nuwe krag te gee.

Ek wonder hoeveel mense sien Afrikaans nog deur 'n 1976-bril. En
of dit dalk 'n rede is waarom Afrikaans in 'n post-1994-era steeds in skole
so intiem met die eietydse politiek verweef is.

Soos die druk deur onderwysowerhede op Afrikaanse skole begin
verskerp het om ook voorsiening te maak vir Engelse onderrig, sê is die
emosies blootgelê wat Afrikaans wek.

Skole het oorwegend twee benaderings begin volg. Ten goede en
ten kwade van Afrikaans.

Vir baie Afrikaanses is en was die druk op Afrikaanse skole om
plek in te ruim vir Engels as voertaal die versinnebeelding van hul
politieke stryd om die behoud van 'n eie kultuur.

Waar baie skole as deel van dié stryd probeer vashou het aan
Afrikaans as die enigste taal van onderrig, het hulle hulle blootgestel aan
beskuldigings van rassisme, Afrikaner-eksklusiwiteit, laer trek of wat ook
al. Dit het nie altyd net oor Afrikaans gegaan nie, maar was eerder 'n
rookskerm om skole lelieblank te hou.

Dié benadering het al van 'n lang lys skole 'n politieke
slagveld gemaak. Een van die ongevalle is ongelukkig Afrikaans. 'n Mens kon
as 't ware sien hoe hierdie benadering nie-Afrikaanssprekendes herinner aan
die onderdrukkerstaal. In die meeste van die gevalle moes die skole
uiteindelik voor die druk swig en na Afrikaanse 'n Engelse onderrig
oorskakel.

Dit is jammer dat diegene wat Afrikaans as politieke speelbal sê
misbruik, uit die oog verloor dat baie nie-Afrikaanse ouers hul kinders in
Afrikaanse skole wil inskryf al is Afrikaans vir dié kinders 'n derde of 'n
vierde taal. Hulle het lankal vergeet dat Afrikaans iets was om te beveg.
Vir hulle gaan dit om goeie onderwys. En dié feit hou die potensiaal in van
meer anderstaliges wat Afrikaans kan begin praat, daarin leer en daarin
uitdrukking vind. Dit is klein oorwinnings vir Afrikaans wat waarskynlik
meer doen om die taal te bevorder as die kleinlike politieke gevegte oor of
'n skool net Afrikaanse onderrig moet gee, of na Afrikaans 'n Engels moet
oorskakel.

'n Tweede benadering wat Afrikaanse skole gevolg het, was om uit
hul eie vir Afrikaanse en Engelse onderrig voorsiening te maak. Toegegee,
soos met die eerste benadering is daar gevalle waar Afrikaans deur Engels
verswelg is omdat die behoefte aan Engelse onderrig net soveel omvangryker
as dié aan Afrikaans is.

Daar is egter skole waar die verhouding van Afrikaanse tot
Engelse leerlinge sê is dat die skole se benadering om vrywillig
anderstaliges in te neem die vrugbare aarde voorberei het vir die kweek van
'n nuwe geslag Suid-Afrikaners vir wie Afrikaans nie politieke konnotasies
het nie.

Waar dit gebeur, is dit lekker om te sien hoe straal Afrikaans.

Ek sal nooit vergeet hoe sing die Sotho, Zoeloe en Tswana
graad-eentjies van die Laerskool Dirkie Uys in Johannesburg Afrikaanse
liedjies nie.

Mnr. Christo Lodder, hoof van dié skool, het gesê hy sien die
saak sê: hy help op dié manier 'n nuwe geslag kinders grootmaak wat respek
het vir sy taal, Afrikaans. Hulle het een taal by die huis, word in Engels
onderrig, maar word by Dirkie Uys ook aan Afrikaans blootgestel.

Baie skole het Afrikaans as rookskerm gebruik om hulle wit te
hou. Dit kan egter nie ontken word dat daar ook druk op skole was en steeds
is om na Engelse 'n Afrikaanse onderrig oor te skakel net om 'n politieke
stempel af te druk nie.

Toenemend, veral in die lig van die taalbeleid wat wel
beskerming bied vir Afrikaanse skole teen eensydige politieke besluite, blyk
'n nuwe onderwysbenadering: daar is nie geld in die onderwysbeurs nie, ook
nie om skole te bou nie. Maak daarom in jul Afrikaanse skool, wat nog plek
het, plek vir kinders wat Engelse onderrig verkies.

In sulke gevalle kan skole se reaksie die toekomstige houding
teenoor Afrikaans bepaal.

Wat ook al die beweegredes is vir die druk op Afrikaanse skole
om plek vir Engels in te ruim, uiteindelik gaan dit van Afrikaanses self
afhang wat die taal se plek in die land se klaskamers is. Daar is twee
keuses: verower anderstaliges vir Afrikaans, of vervreem hulle.

Cornia Pretorius is 'n bekroonde verslaggewer oor die onderwys.
Vorige onderwerp: Toets - ignoreer asb
Volgende onderwerp: Afrikaanssprekendes in Nederland (Eindhoven)?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jun 17 12:28:28 MGT 2024