Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Hoe het die tye verander! (was "Oom Sampie se Afskeidslied" deur GEORGE WEIDEMAN)
Re: Hoe het die tye verander! (was "Oom Sampie se Afskeidslied" deur GEORGE WEIDEMAN) [boodskap #17635] Sa, 19 September 1998 00:00 na volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
hb...@my-dejanews.com writes: > Gloudina skryf:

>> *Boesmanland*

> Verwarde groete!
>
> --
> Henri Burger, Tzaneen.RSA


Liewe Verward,

Kan jy my bietjie vertel of daar in
die afgelope vier jaar enige poging
aangewend is deur die huidige regering
om "Boesmanland" of "Boesmansrivier"
te verdoop? Of fabriseer jy nou ook
onderwerpe om oor te sanik.

Toe 'n klomp van ons hier in Ottawa
die Ho"e Kommissaris ondervra oor
moontlike verdere naamsveranderinge
'n paar jaar gelede, het hy net
geglimlag toe ons ons verbasing
uitspreek dat hulle nie die Vrystaat
iets anders genoem het nie. Of
Bloemfontein, wat lankal reeds deur
nie-Europese Suid-Afrikaners Mangaung
genoem word.

Gloudina
Re: Hoe het die tye verander! (was "Oom Sampie se Afskeidslied" deur GEORGE WEIDEMAN) [boodskap #17637 is 'n antwoord op boodskap #17635] Sa, 19 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
hancil  is tans af-lyn  hancil
Boodskappe: 28
Geregistreer: Augustus 1998
Karma: 0
Junior Lid
Op 19 Sep 1998 14:34:00 GMT skryf :

->hb...@my-dejanews.com writes: > Gloudina skryf:
->
->
-> Toe 'n klomp van ons hier in Ottawa
-> die Ho"e Kommissaris ondervra oor
-> moontlike verdere naamsveranderinge
-> 'n paar jaar gelede, het hy net
-> geglimlag toe ons ons verbasing
-> uitspreek dat hulle nie die Vrystaat
-> iets anders genoem het nie. Of
-> Bloemfontein, wat lankal reeds deur
-> nie-Europese Suid-Afrikaners Mangaung
-> genoem word.
->
-> Gloudina
->
G'n wonder nie. Weet jy wat Mangaung beteken?
Hannes
Re: Hoe het die tye verander! (was "Oom Sampie se Afskeidslied" deur GEORGE WEIDEMAN) [boodskap #17638 is 'n antwoord op boodskap #17635] Sa, 19 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
hancil@mweb.co.z� (Hannes Cilliers) writes: > Op 19 Sep 1998 14:34:00 GMT skryf :
>
> ->hb...@my-dejanews.com writes: > Gloudina skryf:
> ->
> ->
> -> Toe 'n klomp van ons hier in Ottawa
> -> die Ho"e Kommissaris ondervra oor
> -> moontlike verdere naamsveranderinge
> -> 'n paar jaar gelede, het hy net
> -> geglimlag toe ons ons verbasing
> -> uitspreek dat hulle nie die Vrystaat
> -> iets anders genoem het nie. Of
> -> Bloemfontein, wat lankal reeds deur
> -> nie-Europese Suid-Afrikaners Mangaung
> -> genoem word.
> ->
> -> Gloudina
> ->
> G'n wonder nie. Weet jy wat Mangaung beteken?

Ja, ek dink ek weet. Dis "die plek van
die tier."

Bobbejaan klim die berg.
> Hannes
Re: Hoe het die tye verander! (was "Oom Sampie se Afskeidslied" deur GEORGE WEIDEMAN) [boodskap #17639 is 'n antwoord op boodskap #17635] Sa, 19 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
hb...  is tans af-lyn  hb...
Boodskappe: 21
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Junior Lid
Gloudina skryf:

> En die feit dat hy oor Namakwaland en
> *Boesmanland* dig, maak hulle nog nader aan my
> hart.

Wat my terug bring by Trompie en die Boksombende, en sy gestorwe (weens
politieke inkorrektheid, soos ons besluit het) hond Boesman, wat nou Jakkals
heet. Moet 'Boesmanland' nou 'Sanland' of 'Jakkalsland' heet, en op watter
punt begin politieke korrektheid aan die belaglike grens?

Verwarde groete!

--
Henri Burger, Tzaneen.RSA
(e-mail: hen...@pixie.co.za)

-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/rg_mkgrp.xp Create Your Own Free Member Forum
Re: Hoe het die tye verander! (was "Oom Sampie se Afskeidslied" deur GEORGE WEIDEMAN) [boodskap #17692 is 'n antwoord op boodskap #17635] So, 20 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
e...@dot.com (Johan ) writes:

> Ek sê nie 'n mens moet beledigend wees nie, maar ek dink ook
> minoriteite moet begin besef hulle kan nie vir ewig van al hulle name
> af weghardloop nie.
>
> Johan

Haai ou whitey, gringo,gaijin,
Boer.

Bobbejaan klim die berg.
Re: Hoe het die tye verander! (was "Oom Sampie se Afskeidslied" deur GEORGE WEIDEMAN) [boodskap #17693 is 'n antwoord op boodskap #17635] So, 20 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
hancil  is tans af-lyn  hancil
Boodskappe: 28
Geregistreer: Augustus 1998
Karma: 0
Junior Lid
Op 19 Sep 1998 21:15:27 GMT skryf :

->hancil@mweb.co.zä (Hannes Cilliers) writes: > Op 19 Sep 1998 14:34:00 GMT skryf :
->>
->> ->hb...@my-dejanews.com writes: > Gloudina skryf:
->> -> Bloemfontein, wat lankal reeds deur
->> -> nie-Europese Suid-Afrikaners Mangaung
->> -> genoem word.
->> ->
->> -> Gloudina
->> ->
->> G'n wonder nie. Weet jy wat Mangaung beteken?
->
-> Ja, ek dink ek weet. Dis "die plek van
-> die tier."
->
-> Bobbejaan klim die berg.
-
Dit beteken Plek van Mis (soos in beesmis)
Hannes
Re: Hoe het die tye verander! (was "Oom Sampie se Afskeidslied" deur GEORGE WEIDEMAN) [boodskap #17694 is 'n antwoord op boodskap #17635] So, 20 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 20 Sep 1998 00:52:15 GMT, e...@dot.com (Johan ) wrote:

nie is nie. Veral die soort wat Gloudina bedryf (Eerste nasies,[/color]
> ens.).>>

Aangaande politieke korrektheid.

Ek onthou uit my kleintyd die woede onder Afrikaners waar ek gewoon
het oor Engelse wat geweier het om politieke korrektheid te bedryf en
op te hou om Afrikaners Dutchmen, Boers en rock spiders te noem
Re: Hoe het die tye verander! (was "Oom Sampie se Afskeidslied" deur GEORGE WEIDEMAN) [boodskap #17696 is 'n antwoord op boodskap #17635] So, 20 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 19 Sep 1998 11:23:57 GMT, hb...@my-dejanews.com wrote:

| en op watter
|punt begin politieke korrektheid aan die belaglike grens?

Henri, ek het 'n kleintjie dood aan enige vorm van politieke
korrektheid. Vir my is dit totaal vals - 'n forsering van iets wat
nie is nie. Veral die soort wat Gloudina bedryf (Eerste nasies,
ens.).

En meer as een keer, maak die gebruiker daarvan 'n krater van homself
en die entiteit wat hy probeer beskerm. Soos die ouens hier in
Amerika wat jou in stede van Goeie wense met Christmas toewens, eerder
net sê have a happy holiday, en dan direk daarna jou 'n gelukkige
Kwanzaa (vir die swartes) en Hanuka (vir die Jode) toewens, wel
wetende dat hulle met 95% Christene praat en net 5% ander wat
Bhoediste, nie-Christen swartes, Jode, ens. insluit.

Ek sê nie 'n mens moet beledigend wees nie, maar ek dink ook
minoriteite moet begin besef hulle kan nie vir ewig van al hulle name
af weghardloop nie.

Johan

Vat dit rustig, dan geniet jy die lewe meer ....!
Re: Hoe het die tye verander! (was "Oom Sampie se Afskeidslied" deur GEORGE WEIDEMAN) [boodskap #17697 is 'n antwoord op boodskap #17635] So, 20 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
hb...@my-dejanews.com writes:

> Boesmanland is 'n pragtige naam, vir 'n pragtige plek, en nee,
> ek weet nie van enige iemand wat dit wil verander nie. In die
> lig daarvan vind ek dit soveel meer verspot dat ou Boesman nou
> Jakkals heet!
>
> Groete (uit Sjangaanland, nie vér van Sekhukhuneland, en beslis
> nie deel van die Boerevolkstaat nie!)
>
> --
> Henri Burger, Tzaneen.RSA

OK, Boerseun. Jy het geklink asof jy nou
met die res van die kletsers begin kla
dat julle in die "Nuwe SA" julle taal
moet verander. En in die finale analise
is dit net 'n klomp Afrikaners wat onder
hulself sit en agoniseer. So, ek sê;
hotnosgot, kafferbier, boesmanland,
hotnosvis. Solank jy net nie begin
beswaar maak as mense van ander tale
in SA jou volksgroep se naam pejoratief
of onrespekvol gebruik nie.

Tant Miena
Re: Hoe het die tye verander! (was "Oom Sampie se Afskeidslied" deur GEORGE WEIDEMAN) [boodskap #17698 is 'n antwoord op boodskap #17635] So, 20 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 20 Sep 1998 12:39:32 GMT, hb...@my-dejanews.com wrote:

se skool aangeskaf het, en dit val my op dat dit 'n[/color]
> bietjie gemoderniseer is. O.a. heet ou Trompie se
> getroue hond nie meer *BOESMAN* nie, maar Jakkals.>>

Wel, oorweeg die volgende:

1. Omtrent die helfte van Afrikaans-sprekendes in SA is bruin (sover
ek onthou).
2. "Boesman" is n algemene skelwoord vir bruinmense wat vernederend
deur hulle ervaar word. (Of dit slim of stupid is om dit so te aanvaar
en waar dit vandaan kom, maak nie juis saak nie - hulle ervaar dit as
n skelwoord op dieselfde vlak as "kaffer")
3. Die uitgewer wil he die boek moet verkoop.
Re: Hoe het die tye verander! (was "Oom Sampie se Afskeidslied" deur GEORGE WEIDEMAN) [boodskap #17699 is 'n antwoord op boodskap #17635] So, 20 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 20 Sep 1998 15:25:26 GMT, wrote:

| OK, Boerseun. Jy het geklink asof jy nou
| met die res van die kletsers begin kla
| dat julle in die "Nuwe SA" julle taal
| moet verander. En in die finale analise
| is dit net 'n klomp Afrikaners wat onder
| hulself sit en agoniseer. So, ek sê;
| hotnosgot, kafferbier, boesmanland,
| hotnosvis. Solank jy net nie begin
| beswaar maak as mense van ander tale
| in SA jou volksgroep se naam pejoratief
| of onrespekvol gebruik nie.
|
| Tant Miena
|
|
|
Ek het nog nooit gekla oor 'n witgat wortel boom nie! Ek is so bly
Gloudina besef nou hier is van ons op die NG wat trots is daarop om
wit te wees en gee glad nie om om Gringo of so iets genoem te word
nie!

Johan

Vat dit rustig, dan geniet jy die lewe meer ....!
Re: Hoe het die tye verander! (was "Oom Sampie se Afskeidslied" deur GEORGE WEIDEMAN) [boodskap #17700 is 'n antwoord op boodskap #17635] So, 20 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 20 Sep 1998 01:18:58 GMT, wrote:

|e...@dot.com (Johan ) writes:
|
|> Ek sê nie 'n mens moet beledigend wees nie, maar ek dink ook
|> minoriteite moet begin besef hulle kan nie vir ewig van al hulle name
|> af weghardloop nie.
|>
|> Johan
|
| Haai ou whitey, gringo,gaijin,
| Boer.
|
| Bobbejaan klim die berg.

Daassy! Nou kom jy reg! Stadigaan... Probeer nou nog Rooihuid,
Indiaan, Kleurling, Swarte, Hotnot, Asier, ens.

Johan

Vat dit rustig, dan geniet jy die lewe meer ....!
Re: Hoe het die tye verander! (was "Oom Sampie se Afskeidslied" deur GEORGE WEIDEMAN) [boodskap #17701 is 'n antwoord op boodskap #17635] So, 20 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
hb...  is tans af-lyn  hb...
Boodskappe: 21
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Junior Lid
Gloudina skryf:

>>> *Boesmanland*
>
> Kan jy my bietjie vertel of daar in
> die afgelope vier jaar enige poging
> aangewend is deur die huidige regering
> om "Boesmanland" of "Boesmansrivier"
> te verdoop? Of fabriseer jy nou ook
> onderwerpe om oor te sanik.

Ai tog, Gloudina, dit lyk my ek moet ook soos ander
begin sanik omdat jy ander goed lees as wat ek skryf!

Maar kom ek verfris jou geheue:

'n Week gelede het ek hier gemeld dat ek die Trompie
reeks deur Topsy Smith by 'n boekverkoping by my seun
se skool aangeskaf het, en dit val my op dat dit 'n
bietjie gemoderniseer is. O.a. heet ou Trompie se
getroue hond nie meer *BOESMAN* nie, maar Jakkals.

Iemand het toe geantwoord dat hy meen dis 'n poging om
ou Trompie polities korrek te kry, en dat die naam 'San'
nie sou deug vir sy hond nie! Ek vind die hele oefening
verspot, en daarom vra ek dat jy weer die stuk gaan lees
waarop jy geantwoord het, en vir my 'n opinie te gee
sonder om my van 'n gesanik te beskuldig.

Ek kan verder op die onderwerp uitbrei: Ons ken almal 'n
insek met lang voorpote waarmee hy ander goggas vang en
hulle dan opvreet. Met sy opgetrekte voorpote slaan hy
nogal op 'n biddende persoon, en hierdie beeld word ook
baie in Boesmantekeninge ('skuus, San-) aangetref,
dikwels gepaard met uitbeeldings van jagtogte. Baie
ontleders meen dit gee 'n religieuse dimensie aan die jag.

Dié diertjie ken ek as 'n HOTNOTSGOD, en ek is seker jy ook.
Nou onlangs sê iemand hier op TV in 'n natuurprogram ons
behoort hom eerder 'n MANTA te noem. Ek vind dit ook verspot,
en sal graag jou mening daaroor wil hoor.

Onder in die Kaap kry jy 'n lekker eetvis, genaamd Hotnotsvis.
Ek verseker jou die bruinmense daar noem hom ook so. Dink jy
sy naam moet verander word? Wat van Boerewors?

Boesmanland is 'n pragtige naam, vir 'n pragtige plek, en nee,
ek weet nie van enige iemand wat dit wil verander nie. In die
lig daarvan vind ek dit soveel meer verspot dat ou Boesman nou
Jakkals heet!

Groete (uit Sjangaanland, nie vér van Sekhukhuneland, en beslis
nie deel van die Boerevolkstaat nie!)

--
Henri Burger, Tzaneen.RSA
(e-mail: hen...@pixie.co.za)

-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/rg_mkgrp.xp Create Your Own Free Member Forum
Re: Hoe het die tye verander! (was "Oom Sampie se Afskeidslied" deur GEORGE WEIDEMAN) [boodskap #17751 is 'n antwoord op boodskap #17635] Ma, 21 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 22 Sep 1998 01:54:41 +0300, "Leendert van Oostrum"
wrote:

>[/color]

Dis word steeds beledigend deur swartmense aanvaar en dis waar die
kruks van die saak le.
Re: Hoe het die tye verander! (was "Oom Sampie se Afskeidslied" deur GEORGE WEIDEMAN) [boodskap #17787 is 'n antwoord op boodskap #17635] Di, 22 September 1998 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi wrote in message ...
> On Tue, 22 Sep 1998 01:54:41 +0300, "Leendert van Oostrum"
> wrote:
>
>
> >
>
> Dis word steeds beledigend deur swartmense aanvaar en dis waar die
> kruks van die saak le.

Nee, jy negeer weer die kruks van my argument deur "kreatief" te knip (ek
let op hoe jy slegs reageer op die voorbeeld van die "omgekeerde" wat ek
gebruik).

My stelling was dat byname nie altyd as beledigend ervaar word nie, en nie
deur alle lede van die groep nie. Ek voer aan dat byname hoofsaaklik as
beledigend ervaar word wanneer daar slegte gevoelens tussen groepe is.

Dus: Ek argumenteer dat die feit dat swartmense (en ander groepe) sulke name
as beledigend "aanvaar" eerder die gevolg mag wees as die oorsaak van
vyandige gevoelens tussen groepe. Niks meer nie, niks minder nie.

Vriendelike groete, Leendert
Re: Hoe het die tye verander! (was "Oom Sampie se Afskeidslied" deur GEORGE WEIDEMAN) [boodskap #17788 is 'n antwoord op boodskap #17635] Di, 22 September 1998 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi wrote in message ...
> On Sun, 20 Sep 1998 00:52:15 GMT, e...@dot.com (Johan ) wrote:
>
>
> > nie is nie. Veral die soort wat Gloudina bedryf (Eerste nasies,
>> ens.).>>
>
> Aangaande politieke korrektheid.
>
> Ek onthou uit my kleintyd die woede onder Afrikaners waar ek gewoon
> het oor Engelse wat geweier het om politieke korrektheid te bedryf en
> op te hou om Afrikaners Dutchmen, Boers en rock spiders te noem

Ek onthou weer 'n redelike mate van aanvaarding van sulke "skelname" -
dikwels heel goediglik uitgeruil met name soos "rooinek", "soutie", "limey",
ens.

Wat wel gebeur is dat die name pejoratiewe betekenis kry wanneer daar kwade
gevoelens tussen die groepe is - en dan kan enige naam pejoratiewe inhoud
verwerf. Ek verneem, byvoorbeeld, dat die naam "mosambieker" tans 'n soort
skel-inhoud onder baie swartmense dra - gekoppel aan misdaad, ens. Dis niks
nuuts nie. Grieke vloek mekaar soms uit as "turke", en 'n Engelsman wat iets
as minderwaardig wil aandui sal dit dikwels "irish" noem.

Die omgekeerde is ook waar. Ek het ten minste 'n halfdosyn Boerseuns geken
wat die bynaam "kaffer" dra, en hulself so voorstel - Kaffer Louw, Kaffer
Nel, ens. Ek kan jou nou voorstel aan 'n witblonde Boesman Muller.

Vriendelike groete, Leendert
Vorige onderwerp: Weer Jimmie Kruger
Volgende onderwerp: Re: EK IS GATVOL!!!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 29 04:06:20 MGT 2024