Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Moet ons moed hou of duim vas hou?
Moet ons moed hou of duim vas hou? [boodskap #17563] Do, 17 September 1998 00:00 na volgende boodskap
Doos[1]  is tans af-lyn  Doos[1]
Boodskappe: 143
Geregistreer: Augustus 1998
Karma: 0
Senior Lid
Na 4 jaar in Ierland het ek vir 2 weke 'huis' toe gegaan. Die Donderdag
middag loop my beste vriendin se pa in Florida polisie stasie in en handig
sy 'will' oor aan die mannetjie agter die toonbank. So ook sy huis sleutel,
sy kar sleutels en 4 briewe. Een aan sy vrou en een vir elk van sy drie
dogters. Loop uit, gaan sit onder die bome en skiet sy kop met 'n .45-ACP
oop.

Op die ouderdom van 54 het hy 'n vol lewe gehad en gesorg dat sy familie
het wat hulle nodig het. Twee kinders op RAU gesien gradeer, 'n goeie
besigheid.

Maar nadat die nuwe SA sy werk ook geeis het staar die man 'reposession' in
die oog.Skuld, geen geld, geen klere, geen kos, kan nie sy jongste dogter
op universiteit hou nie. Kan nie sy mortgage betaal nie. Kan nie meer
'provide' nie. Afkraak van elementere menswees. . . . .

Aan mense soos glou...@igs.net wil ek net se:"Daar is 'n donkere kant aan
die nuwe SA."

En wie gee om, hy's oud en hy is wit.

Aan Letitia Greyling en haar familie bid ek Godkrag toe!!
Re: Moet ons moed hou of duim vas hou? [boodskap #17575 is 'n antwoord op boodskap #17563] Vr, 18 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Hartseer" writes:

> Maar nadat die nuwe SA sy werk ook geeis het staar die man 'reposession' in
> die oog.Skuld, geen geld, geen klere, geen kos, kan nie sy jongste dogter
> op universiteit hou nie. Kan nie sy mortgage betaal nie. Kan nie meer
> 'provide' nie. Afkraak van elementere menswees. . . . .
>
> Aan mense soos glou...@igs.net wil ek net se:"Daar is 'n donkere kant aan
> die nuwe SA."

Sal ek vir jou weer die "donkere kant" van
die Ou Suid-Afrika begin vertel? Die donker
kant wat drie-kwart van die Suid-Afrikaanse
bevolking moes deurmaak, sodat die paar
miljoen wittes lekker agteroor kan sit en
die wereld om hulle bekyk asof alleen hulle
alleenreg het. Sal ek vir jou begin vertel?
Van die soldate wat in die strate van Soweto
rondgery het. Van mense wat in Kaapstad
grootgeword het en dan weggestuur is na
godverlate reservate in die Oos-Kaap omdat,
volgens die apartheidsvarke se reels, hulle
daar hoort. Sal ek meer vertel?

Gloudina
Re: Moet ons moed hou of duim vas hou? [boodskap #17576 is 'n antwoord op boodskap #17563] Vr, 18 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
hek...  is tans af-lyn  hek...
Boodskappe: 34
Geregistreer: Julie 1998
Karma: 0
Volle Lid
In article ,
wrote:
> "Hartseer" writes:
>
>> Maar nadat die nuwe SA sy werk ook geeis het staar die man 'reposession' in
>> die oog.Skuld, geen geld, geen klere, geen kos, kan nie sy jongste dogter
>> op universiteit hou nie. Kan nie sy mortgage betaal nie. Kan nie meer
>> 'provide' nie. Afkraak van elementere menswees. . . . .
>>
>> Aan mense soos glou...@igs.net wil ek net se:"Daar is 'n donkere kant aan
>> die nuwe SA."
>
> Sal ek vir jou weer die "donkere kant" van
> die Ou Suid-Afrika begin vertel? Die donker
> kant wat drie-kwart van die Suid-Afrikaanse
> bevolking moes deurmaak, sodat die paar
> miljoen wittes lekker agteroor kan sit en
> die wereld om hulle bekyk asof alleen hulle
> alleenreg het. Sal ek vir jou begin vertel?
> Van die soldate wat in die strate van Soweto
> rondgery het. Van mense wat in Kaapstad
> grootgeword het en dan weggestuur is na
> godverlate reservate in die Oos-Kaap omdat,
> volgens die apartheidsvarke se reels, hulle
> daar hoort. Sal ek meer vertel?
>
> Gloudina
>

ek voel dat hierdie bitsige politiese aanval teenoor iemand wat sy
hartseer uitspreek, ongevoelig is, en aandui daarop dat die skrywer
geen empatie vir sy/haar medemens huisves nie, maar vasklou aan
uitgeryde politiese cliches.

--
plant n boom, in hierdie geval n bitterbessie boom

-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/rg_mkgrp.xp Create Your Own Free Member Forum
Re: Moet ons moed hou of duim vas hou? [boodskap #17577 is 'n antwoord op boodskap #17563] Vr, 18 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote:
>
> "Hartseer" writes:
>
>> Maar nadat die nuwe SA sy werk ook geeis het staar die man 'reposession' in
>> die oog.Skuld, geen geld, geen klere, geen kos, kan nie sy jongste dogter
>> op universiteit hou nie. Kan nie sy mortgage betaal nie. Kan nie meer
>> 'provide' nie. Afkraak van elementere menswees. . . . .
>>
>> Aan mense soos glou...@igs.net wil ek net se:"Daar is 'n donkere kant aan
>> die nuwe SA."
>
> Sal ek vir jou weer die "donkere kant" van
> die Ou Suid-Afrika begin vertel? Die donker
> kant wat drie-kwart van die Suid-Afrikaanse
> bevolking moes deurmaak, sodat die paar
> miljoen wittes lekker agteroor kan sit en
> die wereld om hulle bekyk asof alleen hulle
> alleenreg het. Sal ek vir jou begin vertel?
> Van die soldate wat in die strate van Soweto
> rondgery het. Van mense wat in Kaapstad
> grootgeword het en dan weggestuur is na
> godverlate reservate in die Oos-Kaap omdat,
> volgens die apartheidsvarke se reels, hulle
> daar hoort. Sal ek meer vertel?
>
> Gloudina
>
>

Jy mors jou tyd om met gloudina te praat. Sy sien net die eenkant van
die storie. En dit is hoe dit 10 jaar gelede was - regstelling 30 jaar
gelede. Sy het nog nie gehoor dat ons nou 'n nuwe suid afrika het waar
almal dieslefde regte 'behoort' te hê nie. Sy is eintlik 'n ANC LP in
mufti, hier op die nuusgroep om met elke ding wat ruik na kritiek teen
'haar' regering, APARTHEID te skreeu, en ou koeie uit die sloot te
grawe. Verder het sy geen idee van wat vandag in Suid Afrika aangaan nie
(Net soos die spul ANC LP's). Sy sien dit as reg dat mense op hul plase
vermoor word, dat mense hul werk verloor bloot omdat hul vel nie swart
is nie, dat vraestelle gesteel word en die waarde van ander matrieks se
harde werk daarmee verminder word (Net soos die spul ANC LP's). Dan
praat sy nog die grootste spul boel en weerspeek haarself heeltyd (net
sso die ANC LP's).

Maar die hoofding is - sy sit lekker safe in Canada by haar
engelsprekende man en kinders en sy wil vir ons vertel hoe om afrikaans
te praat en hoe om te lewe?

Cheers
Lou
Re: Moet ons moed hou of duim vas hou? [boodskap #17578 is 'n antwoord op boodskap #17563] Vr, 18 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
hek...@usa.net writes:


> ek voel dat hierdie bitsige politiese aanval teenoor iemand wat sy
> hartseer uitspreek, ongevoelig is, en aandui daarop dat die skrywer
> geen empatie vir sy/haar medemens huisves nie, maar vasklou aan
> uitgeryde politiese cliches.

En ek stel voor dat hierdie "iemand wat sy
hartseer uitspreek" 'n rassistiese en
politieke agenda gehad het. As jy onder 'n
kalkoen uitgebroei is, ek is nie.

Tant Hessie en haar witperd.
Re: Moet ons moed hou of duim vas hou? [boodskap #17579 is 'n antwoord op boodskap #17563] Vr, 18 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Deon  is tans af-lyn  Deon
Boodskappe: 6
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Junior Lid
Heksie,
ek stem 100% met jou saam. Probleem vandag is juis mense se ongevoeligheid
en kritiek ...
Re: Moet ons moed hou of duim vas hou? [boodskap #17580 is 'n antwoord op boodskap #17563] Vr, 18 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gideon  is tans af-lyn  Gideon
Boodskappe: 194
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
wrote:
> "Hartseer" writes:
>
>> Maar nadat die nuwe SA sy werk ook geeis het staar die man 'reposession' in
>> die oog.Skuld, geen geld, geen klere, geen kos, kan nie sy jongste dogter
>> op universiteit hou nie. Kan nie sy mortgage betaal nie. Kan nie meer
>> 'provide' nie. Afkraak van elementere menswees. . . . .
>>
>> Aan mense soos glou...@igs.net wil ek net se:"Daar is 'n donkere kant aan
>> die nuwe SA."
>
> Sal ek vir jou weer die "donkere kant" van
> die Ou Suid-Afrika begin vertel? Die donker
> kant wat drie-kwart van die Suid-Afrikaanse
> bevolking moes deurmaak, sodat die paar
> miljoen wittes lekker agteroor kan sit en
> die wereld om hulle bekyk asof alleen hulle
> alleenreg het. Sal ek vir jou begin vertel?
> Van die soldate wat in die strate van Soweto
> rondgery het. Van mense wat in Kaapstad
> grootgeword het en dan weggestuur is na
> godverlate reservate in die Oos-Kaap omdat,
> volgens die apartheidsvarke se reels, hulle
> daar hoort. Sal ek meer vertel?
>
So Gloudien - wat is dit wat jy besig om eintlik te sê?

Sou dit wees dat wraaksug geoorloof is?
Sou dit wees dat "two wrongs makes one right"?
Sou dit wees dat die hartseer van die mense van Suid-Afrika nou heeltemal in
orde is as gevolg van die hartseer van andere in die verlede?

As dit in feit die regte gesindheid is dan is daar geen hoop vir die lewe
nie, en sou massaselfmoord van die Afrikaner die enigste uitweg wees. Die
ondeurdagte wyse waarop jou besig is om Afrikaners in Suid-Afrika te tipeer
wys weer reg terug na jou toe. Dan maak dit nie saak wat jou persoonlike
stryd of politieke siening was gedurende Apartheid nie. Jy is Wit. Jy is
Afrikaner. Jy is voorspoedig. Dit maak volgens jou eie standaarde van jou ook
'n rassis. Dit maak van jou dan ook 'n "Apartheidsvark". Of is daardie
etikette net bestem vir die wie die pyn van andere ervaar? Is daardie
etikette net bedoel vir die wat oortuig is dat die wiele begin afval en besig
is om hul opinies daaroor uit te druk.

Iets klop nie. Is jy nie dalk net 'n AWB maatjie wie probeer om liberale
blankes belaglik te maak nie?

-Gideon-

-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/rg_mkgrp.xp Create Your Own Free Member Forum
Re: Moet ons moed hou of duim vas hou? [boodskap #17581 is 'n antwoord op boodskap #17563] Vr, 18 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
gide...@usa.net writes:

> So Gloudien - wat is dit wat jy besig om eintlik te sê?


Wat ek weet, Gideon, is dat hierdie ou
'n paar weke gelede gepraat het oor hoe
hy sal sit en dagga rook en ons vertel
wat hy dink van SA. (As dit ooit 'n
werklike persoon is.)

en sou massaselfmoord van die Afrikaner die enigste uitweg wees. Die
> ondeurdagte wyse waarop jou besig is om Afrikaners in Suid-Afrika te tipeer
> wys weer reg terug na jou toe.

Hou asseblief die naam "Afrikaner" uit hierdie
gesprek. Ons weet nie of hierdie ou 'n
Afrikaner is nie, ons weet nie of die man wat
dood is 'n Afrikaner is nie. Dis jy wat 'n
agenda het. Wat iemand wil goedpraat wat sê
dis die skuld van die huidige regering dat
hierdie man nou nie meer so goed af is as
vantevore nie. Jy skaar jou maar net by die
mense wat tjank dat al die goeie werk nou
nie meer net vir wittes gereserveer word nie.

> Iets klop nie. Is jy nie dalk net 'n AWB maatjie wie probeer om liberale
> blankes belaglik te maak nie?

Word wakker, ou Gideon. Jou ou gepraat oor
"liberale blankes" is uit die ou doos. En
ek sweer jy is een van daardie mense wat
jou "liberale" sy en jou "konserwatiewe"
sy kies na gelang met wie jy praat. Vertel
ons bietjie van gesprekke wat jy seker al
gehad het met Nederlanders wat opreg
verontwaardig is oor wat in SA gedurende
die apartheidsregime gebeur het. Ek kan
amper wed dat jy dan vir hulle vertel hoe
jy ook nie daarvan gehou het nie.

Gloudina
Re: Moet ons moed hou of duim vas hou? [boodskap #17582 is 'n antwoord op boodskap #17563] Vr, 18 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Neels Kriek  is tans af-lyn  Neels Kriek
Boodskappe: 29
Geregistreer: Augustus 1998
Karma: 0
Junior Lid
hek...@usa.net wrote in message ...
[snip ou tante koba se gegorrel]

> ek voel dat hierdie bitsige politiese aanval teenoor iemand wat sy
> hartseer uitspreek, ongevoelig is, en aandui daarop dat die skrywer
> geen empatie vir sy/haar medemens huisves nie, maar vasklou aan
> uitgeryde politiese cliches.

Jy slaan die spyker op die kop Vyg.

EK kan my nie weer hou om vir Gloudina 'n paar "quotes"hier te plaas nie:

To show an unfelt sorrow is an office
Which the false man does easy.
-- Shakespeare, 'Macbeth,' II,iii,138.

Hate all, curse all, show charity to none.
-- Shakespeare, 'Timon of Athens,' IV,iii,536.
(More at Giving.)

Neels

PS. Dai asyn poeding van jou was briljant

You lie in your throat.
-- Shakespeare, 'Henry IV, Part Two,' I,ii,88.
Re: Moet ons moed hou of duim vas hou? [boodskap #17610 is 'n antwoord op boodskap #17563] Sa, 19 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Griet  is tans af-lyn  Griet
Boodskappe: 45
Geregistreer: November 1996
Karma: 0
Volle Lid
Gloudina weet baie duidelik nie wat in hierdie land aan die gebeur is nie.
Haar deelname is 'n tragie-komediese aborsie. Van die buitelanders se
beskouing van Suid-Afrika, het sy ook nie die vaagste idee nie, want sy is
nie hier waar die geskokte opmerkings gemaak word nie.Sy herinner sterk aan
die vervelige ou tannies wat altyd op die party-lyne ingesluister het om
hulle dae om te kry. Foeitog.
Re: Moet ons moed hou of duim vas hou? [boodskap #17611 is 'n antwoord op boodskap #17563] Sa, 19 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
hancil  is tans af-lyn  hancil
Boodskappe: 28
Geregistreer: Augustus 1998
Karma: 0
Junior Lid
Op Sat, 19 Sep 1998 17:25:19 GMT skryf e...@dot.com (Johan ) wrote:

->On Fri, 18 Sep 1998 08:03:50 GMT, hek...@usa.net wrote:
->|plant n boom, in hierdie geval n bitterbessie boom
->|
->Of 'n huilboom...
->Johan
Jy bedoel 'n huilboerboonboom.
Hannes
Re: Moet ons moed hou of duim vas hou? [boodskap #17612 is 'n antwoord op boodskap #17563] Sa, 19 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 18 Sep 1998 21:20:29 GMT, wrote:

|
| En ek stel voor dat hierdie "iemand wat sy
| hartseer uitspreek" 'n rassistiese en
| politieke agenda gehad het. As jy onder 'n
| kalkoen uitgebroei is, ek is nie.
|
| Tant Hessie en haar witperd.

Sies man, jy klink nou nes Clinton ....

Johan

Vat dit rustig, dan geniet jy die lewe meer ....!
Re: Moet ons moed hou of duim vas hou? [boodskap #17613 is 'n antwoord op boodskap #17563] Sa, 19 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
e...@dot.com (Johan ) writes:
>
> Dit is baie siek reaksie, Gloudina. Dis regtig baie teleurstellend.
> Dit maak nie saak wat jou politieke siening is nie - hierdie reaksie
> van jou wys dat jy nie veel beter as 'n dier is nie. Dis net so goed
> ek vertel jou dit sou maar goed gewees het as jou kinders iets
> gruweliks oor gekom het - ek hoop jy pos 'n openbare verskoning vir
> hierdie ongevoeligheid van jou.
>
> Johan


En ek stel voor dat dit 'n baie siek
reaksie is van die heer Bester om na
die Afrikaanse nuusgroep te hardloop
en om oor iemand se selfmoord te praat.
Daar is baie mense in SA wat hulle
werk verloor en dan ander werk moet
soek (nes in Kanada), maar hulle pleeg
nie selfmoord nie. Om alles wat nou
met witmense gebeur, te blameer op
die teenwoordige regering (wat, onthou,
veelrassig is) is 'n rassistiese en
dom ding, net soveel as wat dit in
die ou SA dom en rassisties sou gewees
het vir nie-blankes om alles op die
blankes te blameer. (Hulle het dit
natuurlik nie gedoen nie.)

Gloudina
Re: Moet ons moed hou of duim vas hou? [boodskap #17614 is 'n antwoord op boodskap #17563] Sa, 19 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 18 Sep 1998 02:35:09 GMT, wrote:

|"Hartseer" writes:
|
|> Maar nadat die nuwe SA sy werk ook geeis het staar die man 'reposession' in
|> die oog.Skuld, geen geld, geen klere, geen kos, kan nie sy jongste dogter
|> op universiteit hou nie. Kan nie sy mortgage betaal nie. Kan nie meer
|> 'provide' nie. Afkraak van elementere menswees. . . . .
|>
|> Aan mense soos glou...@igs.net wil ek net se:"Daar is 'n donkere kant aan
|> die nuwe SA."
|
|
| Sal ek vir jou weer die "donkere kant" van
| die Ou Suid-Afrika begin vertel? Die donker

Dit is baie siek reaksie, Gloudina. Dis regtig baie teleurstellend.
Dit maak nie saak wat jou politieke siening is nie - hierdie reaksie
van jou wys dat jy nie veel beter as 'n dier is nie. Dis net so goed
ek vertel jou dit sou maar goed gewees het as jou kinders iets
gruweliks oor gekom het - ek hoop jy pos 'n openbare verskoning vir
hierdie ongevoeligheid van jou.

Johan

Vat dit rustig, dan geniet jy die lewe meer ....!
Re: Moet ons moed hou of duim vas hou? [boodskap #17615 is 'n antwoord op boodskap #17563] Sa, 19 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Griet  is tans af-lyn  Griet
Boodskappe: 45
Geregistreer: November 1996
Karma: 0
Volle Lid
Liewe Hartseer,
Ons land het rede om te ween. Ons almal begryp jou hartseer en wens die
familie alle sterkte toe. Die buitelanders huil omdat hulle verlang na
hierdie mooie land. Ons wat hier bly, huil omdat ons hierdie mooie land
sien sterf. Almal huil.
Re: Moet ons moed hou of duim vas hou? [boodskap #17616 is 'n antwoord op boodskap #17563] Sa, 19 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Leendert van Oostrum" writes:

>>
>> O, my magtie. Verlede Saterdag toe ek verjaar
>> het, het ek met vyf families in Suid-Afrika
>> gepraat. Met almal gaan dit nogal goed. Geen
>> trane daar nie.
>
> Is dit nou dieselfde familie van jou wat voor die WVK loop blêr het dat
> hulle "nie geweet het nie", Gloudina?

Nee, Leendert, net een van my familielede het
voor die WVK getuig. 'n Neef. Eertydse lid van
die Goldstone-kommissie. Het met vyf ander
voormalige prokureurs-generaal soos manne voor
die WVK om verskoning gevra vir dinge wat hulle
gedurende die ou bedeling moes doen. (My neef
het gedurende die apartheids-regime 'n bekende
saak teen vryheidsvegters vervolg en dit gewen.)
Ek dink nie my neef het vir die WVK vertel dat
"hy nie geweet het nie." Maar hy het erken dat
hy dinge moes doen in sy kapasiteit as prokureur-
generaal in Kaapland wat immoreel was, al het
hy maar net die wette wat die apartheidsvarke
gemaak het, uitgevoer. Dit het, volgens hom,
vir hom ook 'n apartheidsvark gemaak.

Gloudina
Re: Moet ons moed hou of duim vas hou? [boodskap #17619 is 'n antwoord op boodskap #17563] Sa, 19 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 18 Sep 1998 08:03:50 GMT, hek...@usa.net wrote:

|plant n boom, in hierdie geval n bitterbessie boom
|
Of 'n huilboom...

Johan

Vat dit rustig, dan geniet jy die lewe meer ....!
Re: Moet ons moed hou of duim vas hou? [boodskap #17620 is 'n antwoord op boodskap #17563] Sa, 19 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...
> "Griet" writes:
>
>
> Die buitelanders huil omdat hulle verlang na
>> hierdie mooie land. Ons wat hier bly, huil omdat ons hierdie
> mooie land
>> sien sterf. Almal huil.
>
>
> O, my magtie. Verlede Saterdag toe ek verjaar
> het, het ek met vyf families in Suid-Afrika
> gepraat. Met almal gaan dit nogal goed. Geen
> trane daar nie.

Is dit nou dieselfde familie van jou wat voor die WVK loop blêr het dat
hulle "nie geweet het nie", Gloudina?

Lyk my hulle weet nou weer nie.

> My talle kubervriende in Suid-
> Afrika klink ook nie te wenerig nie.

Hmmm.... Nero ook, het na bewering nie geween nie.
Viool gespeel, wel.

Vriendelike groete, Leendert
Re: Moet ons moed hou of duim vas hou? [boodskap #17621 is 'n antwoord op boodskap #17563] Sa, 19 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Griet" writes:

Die buitelanders huil omdat hulle verlang na
> hierdie mooie land. Ons wat hier bly, huil omdat ons hierdie mooie land
> sien sterf. Almal huil.

O, my magtie. Verlede Saterdag toe ek verjaar
het, het ek met vyf families in Suid-Afrika
gepraat. Met almal gaan dit nogal goed. Geen
trane daar nie. My talle kubervriende in Suid-
Afrika klink ook nie te wenerig nie. Hier in
die buiteland verlang ons soms na Suid-Afrika
omdat dit so 'n mooi land is en ons nog familie
en vriende daar het, maar ons huil ons nou ook
nie eintlik dood nie. Kyk julle wenendes nie
maar net bietjie diep in daardie lekker Suid-
Afrikaanse wyne nie? Dis nogal 'n gevolg van
te diep in die bottel kyk. Hier in Kanada begin
ons ook ween as ons te diep daarin kyk.

Die tannie met die ekstra sakdoek.
Re: Moet ons moed hou of duim vas hou? [boodskap #17671 is 'n antwoord op boodskap #17563] So, 20 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Knormoer[1]  is tans af-lyn  Knormoer[1]
Boodskappe: 16
Geregistreer: Julie 1997
Karma: 0
Junior Lid
@igs.net wrote in article ...
| "Griet" writes:
|
|
| Die buitelanders huil omdat hulle verlang na
| > hierdie mooie land. Ons wat hier bly, huil omdat ons hierdie
| mooie land
| > sien sterf. Almal huil.

Ag nee wat, ek lag darem nog.

Anyway, ek wil net gou 'n kort opsomming gee van hoe goed dit hier in PE
gaan. Ek het Meimaand verlede jaar hier ingetrek. Sedert dan is die
volgende al gesteel/beskadig.

1) Die rubbermat agter op my bakkie is afgesteel.
2) Die "Welkom" mat voor my flat se deur is gesteel.
3) My Sunlight liquid en Doom en alles within arm's reach is uit my
vensterbank gesteel (Goddank vir die diefwering)
4) Twee van my kar se wiele is afgesteel (was besig met die ander twee,
maar iemand het hulle seker gesteur)
5) En hulle het finally by my flat ingebreek, en alles wat hulle verby die
afgebreekte diefwering kon kry, gesteel.
6) Verder appear daar ook partykeer overnight skrape ens. op mens se karre.
En moet tog net nie 'n kardeur oop vergeet nie, want watookal in die kar is
SAL die volgende dag gesteel wees.

Ek het vir twee jaar rondgetravel oorsee en in hostels ens. gebly. Ek het
nooit my kamera (ook nou uit flat gesteel) of geld toegesluit nie en na die
twee jaar het ek nie 'n sent verloor nie. In NYC het ek in East Harlem
gewerk en baie laat in die nag daar rondgestap. Nooit eers amper probleme
gehad nie. Selfde in London en al die ander stede.
As ek hier saans die polisie-helikopters laag oor die stad sien vlieg dan
sluit ek maar my deure, drink 'n koppie tee (water op stoof gekook - ketel
gesteel) en kyk in die TV talk watter heruitsending vanaand op is
(videomasjien gesteel).

knormoer
Re: Moet ons moed hou of duim vas hou? [boodskap #17732 is 'n antwoord op boodskap #17563] Ma, 21 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
Hannes Cilliers wrote:
>
> Op Sat, 19 Sep 1998 17:25:19 GMT skryf e...@dot.com (Johan ) wrote:
>
> ->On Fri, 18 Sep 1998 08:03:50 GMT, hek...@usa.net wrote:
> ->|plant n boom, in hierdie geval n bitterbessie boom
> ->|
> ->Of 'n huilboom...
> ->Johan
> Jy bedoel 'n huilboerboonboom.
> Hannes

Daar is 'n huilboom = Engels - weeping wattle. So mooi boom met fyn
blaartjies - wat jou geute verstop :)
Re: Moet ons moed hou of duim vas hou? [boodskap #17941 is 'n antwoord op boodskap #17563] Di, 29 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina skryf:

Jy laat my lag as jy vir
> my preek oor die aanvaarbaarheid van "pot". Vertel
> my liewer waar jy die beste vir die laagste prys
> in Amsterdam kan kry. (Ek was laas daar in 1993.)
>

Nou verstaan ek baie dinge. Ek is eenkeer daarvan beskuldig dat ek die
nuusgroep in 'n besope toestand betree het, toe ek 'n ligte spelfoutjie
begaan het, maar geROOK was ek in alle eerlikheid nog nooit hier nie.

Toekomstige plasings sal nou natuurlik in die lig van 'n brandende cannabis
zol beoordeel moet word!

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Re: Moet ons moed hou of duim vas hou? [boodskap #17942 is 'n antwoord op boodskap #17563] Di, 29 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gideon  is tans af-lyn  Gideon
Boodskappe: 194
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Senior Lid
Nouja - ek het hierdie boodskap so 'n paar weke gelede gelees, maar was op pad
na 'n vergadering, sodoende kon ek nie 'n bydrae lewer oor die sakie nie, maar
my skedule is nou heelwat minder druk.

In article ,
wrote:
> gide...@usa.net writes:
>
>> So Gloudien - wat is dit wat jy besig om eintlik te sê?
>
> Wat ek weet, Gideon, is dat hierdie ou
> 'n paar weke gelede gepraat het oor hoe
> hy sal sit en dagga rook en ons vertel
> wat hy dink van SA. (As dit ooit 'n
> werklike persoon is.)
>

Ai Gloudien. Dagga rook is mos nou nie so 'n groot sakie (meer) nie. Daar is
'n hele debat wat uit ANC-kringe sy ontstaan het oor die wettiging van dagga.
Die feit dat dit onwettig was onder die ou bedeling, sowel as die feit dat 'n
komponent is van tradisionele medisyne moet jou tog beide 'n aanduiding gee
dat dit net nog 'n leuen was uit die ou bedeling. Ek meen die groen gevaar is
nie eens so erg soos die rooi gevaar nie. Die een gaan op in rook. Dan is
daar natuurlik 'n groot groep mense wat dit gebruik as deel van hul
religieuse rituele. Dit is natuurlik nou bo-en behalwe die ekstra voordeel
wat dit aan studente wat probeer insig in die lewe bied.

> en sou massaselfmoord van die Afrikaner die enigste uitweg wees. Die
>> ondeurdagte wyse waarop jou besig is om Afrikaners in Suid-Afrika
> te tipeer
>> wys weer reg terug na jou toe.
>
> Hou asseblief die naam "Afrikaner" uit hierdie
> gesprek. Ons weet nie of hierdie ou 'n
> Afrikaner is nie, ons weet nie of die man wat
> dood is 'n Afrikaner is nie. Dis jy wat 'n
> agenda het. Wat iemand wil goedpraat wat sê
> dis die skuld van die huidige regering dat
> hierdie man nou nie meer so goed af is as
> vantevore nie. Jy skaar jou maar net by die
> mense wat tjank dat al die goeie werk nou
> nie meer net vir wittes gereserveer word nie.
>

Daar is redelike goeie leidrade in die ou se stellings (ingesluit
grammatikaal)wat aandui dat hy wel Afrikaanssprekend is. Verder is die
hartseer van mense wat nie werk kan kry nie 'n welgedokumenteerde feit wat jy
noe sommerso kan afmaak nie. Of is jy een van die wat glo dat twee slegte
dinge een goeie ding maak?

>> Iets klop nie. Is jy nie dalk net 'n AWB maatjie wie probeer
> om liberale
>> blankes belaglik te maak nie?
>
> Word wakker, ou Gideon. Jou ou gepraat oor
> "liberale blankes" is uit die ou doos. En
> ek sweer jy is een van daardie mense wat
> jou "liberale" sy en jou "konserwatiewe"
> sy kies na gelang met wie jy praat. Vertel
> ons bietjie van gesprekke wat jy seker al
> gehad het met Nederlanders wat opreg
> verontwaardig is oor wat in SA gedurende
> die apartheidsregime gebeur het. Ek kan
> amper wed dat jy dan vir hulle vertel hoe
> jy ook nie daarvan gehou het nie.
>

O - jammer - ek beweeg duidelik nie in dieselfde verligte kringe as jy nie.
Wat is die nuwe term vir 'n liberale blanke? Terloops - ek verwys na die
liberale blankes in dieselfde asem as die AWB - dus weereens 'n vorm van
parodie waar ek effektief die AWB se begeesterde verwysings na enigiemand wat
glo aan menseregte as "liberale blankes". Ek sou in elk geval jou nuwe etiket
vir diesulkes wil hoor. Oor die saak van Nederlanders. Ja ek vertel hul dat
ek ook opreg verontwaardig was oor wat gebeur het - vreemd genoeg was ek ook.
Ek sal jou nie probeer verveel met my avonture nie, maar nouja. Ek vertel ook
vreemd genoeg vir die Nederlanders dat ek nie tevrede is met wat mense nou
met hul nuwe vryheid doen nie. Miskien was ek net naief om te verwag dat
mense hul vryheid sou gebruik om vir die beste van al die mense van die land
te probeer stry. Miskien was ek net naief om te verwag dat alle blankes nie
oor dieselfde kam geskeer sou word in die nuwe bedeling nie. Miskien was ek
net naief om goeie, gesonde regering te verwag wat die kernprobleme van
Suid-Afrika sal probeer aanspreek. Miskien was ek net naief om te verwag dat
menseregte 'n belangriker konsiderasie is as wraak.

Hierdie dinge basuin ek egter nie uit in Nederland nie, aangesien ek voel dat
SA wel hoop het en weet dat dinge slegs kan regkom as daar geld invloei in
SA. Dus, as mense my 'n eerlike opinie vra, gee ek dit. Ek gee die negatiewe,
en ek gee ook die positiewe.

'n Laaste ding wat miskien na die kern van die saak sny. In die Kommunistiese
ideologie is daar slegs twee tipes mense. Rewolusionêr en Reaksionêr. Dit is
in feit nie so nie. As ek die ANC regering as 'n swak regering beskou is ek
nie anti-Suid-Afrika nie. 'n Effektiewe bevrydingsorganisasie kan nie
noodwendig in 'n goeie regering verander nie. Die enigste manier om dit aan
te spreek is om nie jouself blind te hou vir hul foute nie. Die vernuwing in
Suid-Afrika is nie die ANC nie. Die ANC is net deel daarvan. Al die
Suid-Afrikaners binne en buite SA is deel van die proses. Na my mening is een
van dei dinge wat kommunisme so totaal laat faal het hul onverdraagsaamheid
teenoor die wie bereid is om hul eerlik te kritiseer. n Regering wat so
probeer werk sal op die lang duur faal. Wat ek waarneem in die ANC, is 'n
soortgelyke onverdraagsaamheid. Die wie nie 100% met hul saamstem nie word
sumier as reaksionêr gebrandmerk.

Miskien moet jy nie dieselfde fout maak nie.

-Gideon-
Re: Moet ons moed hou of duim vas hou? [boodskap #17943 is 'n antwoord op boodskap #17563] Di, 29 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
gide...@usa.net writes:

> Ai Gloudien. Dagga rook is mos nou nie so 'n groot sakie (meer) nie. Daar is
> 'n hele debat wat uit ANC-kringe sy ontstaan het oor die wettiging van dagga.
> Die feit dat dit onwettig was onder die ou bedeling, sowel as die feit dat 'n
> komponent is van tradisionele medisyne moet jou tog beide 'n aanduiding gee
> dat dit net nog 'n leuen was uit die ou bedeling. Ek meen die groen gevaar is
> nie eens so erg soos die rooi gevaar nie. Die een gaan op in rook. Dan is
> daar natuurlik 'n groot groep mense wat dit gebruik as deel van hul
> religieuse rituele. Dit is natuurlik nou bo-en behalwe die ekstra voordeel
> wat dit aan studente wat probeer insig in die lewe bied.

Nou, ou Gideon, jy kan veilig aanneem dat iemand
wat ouer as jy is, ook seker bietjie meer kennis
van 'n hele klomp dinge het, insluitende die
gebruik van verskeie "mind altering substances".
Veral as die persone al hulle verstand gehad het
in die sestigerjare. Jy laat my lag as jy vir
my preek oor die aanvaarbaarheid van "pot". Vertel
my liewer waar jy die beste vir die laagste prys
in Amsterdam kan kry. (Ek was laas daar in 1993.)
En het jy al space cakes probeer? Nie veel om
die lyf nie, ne?

Die tannie wat nie onder die kalkoen
uitgebroei is nie.
Re: Moet ons moed hou of duim vas hou? [boodskap #17985 is 'n antwoord op boodskap #17563] Wo, 30 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...
> gide...@usa.net writes:

> Nou, ou Gideon, jy kan veilig aanneem dat iemand
> wat ouer as jy is, ook seker bietjie meer kennis
> van 'n hele klomp dinge het, insluitende die
> gebruik van verskeie "mind altering substances".

Dis dus nie Alzheimers wat verantwoordelik is vir jou altered mind nie?

Vriendelike groete, Leendert
Re: Moet ons moed hou of duim vas hou? [boodskap #18038 is 'n antwoord op boodskap #17563] Vr, 02 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskap
Nico  is tans af-lyn  Nico
Boodskappe: 259
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Kyk, ons het hier te doen met die maan wat elke nou en dan vol word, dinge wat
sy rook, die pille wat haar terrapeut voorskryf en die wat hy nie voorskryf
nie, saam met die koffie wat Izak moet aandra en dan is daar nog die hoe
ouderdom, altzheimers, kortsigtigheid, doofheid en totale seniliteit.

Wat verwag jy?!?
Johan (bietjie in Oregon)
Vorige onderwerp: Re: nuwe AFRIKAANS ng tuisblad - opgedateer - kom kyk!
Volgende onderwerp: Re: AANDAG!! nuwe tuisblad vir hierdie einste nuusgroep!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 13 00:18:26 MGT 2024