Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Die nuwe millennium (Was: Dis Heerlike lente!)
Re: Die nuwe millennium (Was: Dis Heerlike lente!) [boodskap #17305] Vr, 04 September 1998 00:00 na volgende boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
shaun wrote:
>
> Henri Burger wrote:
>
>> nomad skryf:
>
>> Jy moet onthou Tzaneen lê amper aan die gatkant van die aarde (ek verneem die
>> nuwe millineum breek eers in 2001 by ons aan),
>
> Die nuwe millennium breek in ieder geval eers in 2001 aan, nie in 2000 nie... As
> jy tel, begin jy tog eers met die volgende dekade in bv. 1911, nie 1910 nie, en
> so aan. Die eerste 10 word eers afgetel, dan begin jy met die volgende tien
> wanner jy van 11 af verder tel tot by 20; die volgende tien begin by 21. Op
> dieselfde wyse is 2000 die laaste jaar die eerste millennium die jaar; die nuwe
> millennium begin eers in 2001.
>
> Die jaar 2000 se enigste besondere belang is die Y2K gogga.

Bull man. Mens begin by nul dan een dan twee. So is dit eers dag een
maand een jaar nul totdat jy 'n vol jaar het. Nadat jy gebore was - was
jy reeds een jaar oud of was jy eers een dag, toe een week, toe een
maand ens oud. Net so vir eeue. So jaar een begin dus reeds by
01012000. Net so is die dag van Christus se geboorte 1/1/0. Dus was die
eerste jaar van die huidige millenium 1/1/0. Maar as jy nou rerig will
redekawel gaan na comp.year.2000 nuusgroep daar sal jy allerhande
menings hoor.

Maar ons kan maar moerse partytjies hou 2000 en 2001.
Re: Die nuwe millennium (Was: Dis Heerlike lente!) [boodskap #17306 is 'n antwoord op boodskap #17305] Vr, 04 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
shaun[1]  is tans af-lyn  shaun[1]
Boodskappe: 3
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Junior Lid
Henri Burger wrote:

> nomad skryf:

> Jy moet onthou Tzaneen lê amper aan die gatkant van die aarde (ek verneem die
> nuwe millineum breek eers in 2001 by ons aan),

Die nuwe millennium breek in ieder geval eers in 2001 aan, nie in 2000 nie... As
jy tel, begin jy tog eers met die volgende dekade in bv. 1911, nie 1910 nie, en
so aan. Die eerste 10 word eers afgetel, dan begin jy met die volgende tien
wanner jy van 11 af verder tel tot by 20; die volgende tien begin by 21. Op
dieselfde wyse is 2000 die laaste jaar die eerste millennium die jaar; die nuwe
millennium begin eers in 2001.

Die jaar 2000 se enigste besondere belang is die Y2K gogga.
Re: Die nuwe millennium (Was: Dis Heerlike lente!) [boodskap #17307 is 'n antwoord op boodskap #17305] Vr, 04 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Michael E Willett  is tans af-lyn  Michael E Willett
Boodskappe: 182
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 04 Sep 1998 14:57:53 +0200, lou had
the following to say:
|
|Bull man. Mens begin by nul dan een dan twee.

Nee, mens doen nie. Jy dalk, maar nie mens nie. Kyk self wat jy
hieronder sê. Jy self tel die dae en weke en maande af beginnende by
een. Hoekom wil jy nou skielik anders met die jaar maak??

|So is dit eers dag een
|maand een jaar nul totdat jy 'n vol jaar het. Nadat jy gebore was - was
|jy reeds een jaar oud of was jy eers een dag, toe een week, toe een
|maand ens oud. Net so vir eeue. So jaar een begin dus reeds by
|01012000. Net so is die dag van Christus se geboorte 1/1/0. Dus was die
|eerste jaar van die huidige millenium 1/1/0. Maar as jy nou rerig will
|redekawel gaan na comp.year.2000 nuusgroep daar sal jy allerhande
|menings hoor.
|
Maar dit maak nie juis saak hou jy redekawel nie - Pouse Gregorius en
Julius het die jaartelling by een begin en hulle is al dood - jy kan
hulle nie meer vra om dit te verander nie.
|
|Maar ons kan maar moerse partytjies hou 2000 en 2001.

Hier is die enigste waarheid wat jy kwytraak!

...goodbye en good luck,
Simon
Re: Die nuwe millennium (Was: Dis Heerlike lente!) [boodskap #17308 is 'n antwoord op boodskap #17305] Vr, 04 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
shaun[1]  is tans af-lyn  shaun[1]
Boodskappe: 3
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Junior Lid
Gaan nou 'n millennium tegemoet met sulke bull-logika.....
Ag tog...

lou wrote:

> shaun wrote:
>>
>> Henri Burger wrote:
>>
>>> nomad skryf:
>>
>>> Jy moet onthou Tzaneen lê amper aan die gatkant van die aarde (ek verneem die
>>> nuwe millineum breek eers in 2001 by ons aan),
>>
>> Die nuwe millennium breek in ieder geval eers in 2001 aan, nie in 2000 nie... As
>> jy tel, begin jy tog eers met die volgende dekade in bv. 1911, nie 1910 nie, en
>> so aan. Die eerste 10 word eers afgetel, dan begin jy met die volgende tien
>> wanner jy van 11 af verder tel tot by 20; die volgende tien begin by 21. Op
>> dieselfde wyse is 2000 die laaste jaar die eerste millennium die jaar; die nuwe
>> millennium begin eers in 2001.
>>
>> Die jaar 2000 se enigste besondere belang is die Y2K gogga.
>
> Bull man. Mens begin by nul dan een dan twee. So is dit eers dag een
> maand een jaar nul totdat jy 'n vol jaar het. Nadat jy gebore was - was
> jy reeds een jaar oud of was jy eers een dag, toe een week, toe een
> maand ens oud. Net so vir eeue. So jaar een begin dus reeds by
> 01012000. Net so is die dag van Christus se geboorte 1/1/0. Dus was die
> eerste jaar van die huidige millenium 1/1/0. Maar as jy nou rerig will
> redekawel gaan na comp.year.2000 nuusgroep daar sal jy allerhande
> menings hoor.
>
> Maar ons kan maar moerse partytjies hou 2000 en 2001.
Re: Die nuwe millennium (Was: Dis Heerlike lente!) [boodskap #17309 is 'n antwoord op boodskap #17305] Vr, 04 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
shaun writes: >

> Henri Burger wrote:

>> Jy moet onthou Tzaneen lê amper aan die gatkant van die aarde (ek verneem die
>> nuwe millineum breek eers in 2001 by ons aan),
>
> Die nuwe millennium breek in ieder geval eers in 2001 aan, nie in
2000 nie...

Jy het natuurlik in Henri Burger se lokval
ingeloop. Hy wou ons maar net toets. Die
swernoot.

Ou Tante Koba
Re: Die nuwe millennium (Was: Dis Heerlike lente!) [boodskap #17310 is 'n antwoord op boodskap #17305] Vr, 04 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
hen...  is tans af-lyn  hen...
Boodskappe: 133
Geregistreer: Junie 1998
Karma: 0
Senior Lid
shaun skryf:

>> Jy moet onthou Tzaneen lê amper aan die gatkant van die aarde (ek verneem die
>> nuwe millineum breek eers in 2001 by ons aan),
>
> Die nuwe millennium breek in ieder geval eers in 2001 aan, nie in 2000 nie..

Shaun,

Dis tyd dat jy gaan inloer by:

http://mzone.mweb.co.za/residents/hb26/homepage.html

dan sal jy agterkom dat Henri Burger bostaande effens tong in die kies gesê
het!

Groete

Henri Burger,Tzaneen.RSA

-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/rg_mkgrp.xp Create Your Own Free Member Forum
Re: Die nuwe millennium (Was: Dis Heerlike lente!) [boodskap #17311 is 'n antwoord op boodskap #17305] Vr, 04 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
hen...  is tans af-lyn  hen...
Boodskappe: 133
Geregistreer: Junie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Lou skryf:

> Net so is die dag van Christus se geboorte 1/1/0.

Ek dog dis 25 Desember! Afgesien van die feit dat daar meningsverskil oor die
presiese jaar van Sy geboorte, was dit nie in die jaar 0 nie, maar wel die
jaar 1, Lou. Daar was doodeenvoudig nie 'n jaar 0 nie!

Shaun is reg, en die agter-die-klip Tzaneeners ook!

Groete

Henri Burger, Tzaneen.RSA

-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/rg_mkgrp.xp Create Your Own Free Member Forum
Re: Die nuwe millennium (Was: Dis Heerlike lente!) [boodskap #17385 is 'n antwoord op boodskap #17305] Ma, 07 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
Simon wrote:
>
> On Fri, 04 Sep 1998 14:57:53 +0200, lou had
> the following to say:
> |
> |Bull man. Mens begin by nul dan een dan twee.
>
> Nee, mens doen nie. Jy dalk, maar nie mens nie. Kyk self wat jy
> hieronder sê. Jy self tel die dae en weke en maande af beginnende by
> een. Hoekom wil jy nou skielik anders met die jaar maak??
>

Hoekom nie. Dit is hoe dit werk. Klaar getata. Probeer nou vir die
wereld vertel dat hulle moenie glo 2000 is die begin van die tweede
millenium nie.

So teoretiseer maar so veel julle wil. Die Nuwe millenium begin einde
aanstaande jaar.Vra my ek werk met rekenaars en dit is oor stupid ouens
soos ek dat ons nou 'n Jaar2000 probleem het.
Re: Die nuwe millennium (Was: Dis Heerlike lente!) [boodskap #17507 is 'n antwoord op boodskap #17305] Ma, 14 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Bryan  is tans af-lyn  Bryan
Boodskappe: 26
Geregistreer: Junie 1998
Karma: 0
Junior Lid
On Fri, 04 Sep 1998 20:12:46 GMT, hen...@pixie.co.za wrote:

> Lou. Daar was doodeenvoudig nie 'n jaar 0 nie!

Wel, dit hang af hoe jy daarna kyk....

Neem hierdie voorbeeld: ons NOEM die jaar 2000 immers "2000".
Dus word die jaar 1998 genoem "1998" en die jaar 0???... volgens
hierdie selfde formule moet dit dus ook "0" GENOEM word. As hulle die
jaar 0 wel "1" genoem het soos jy hier impliseer, dan sou ons 1998
wel "1999" moes noem wat ons tog nie doen nie.(maar dit verwys egter
na die jaar 1998-1999)

So dit hang maar af hoe jy daarna kyk. Ons NOEM die jaar nie
noodwendig wat hy IS nie, maar wel die beginpunt van daardie jaar.
("2000" vir 2000-2001 en dus "0" vir 0-1)

As jy liewer na "0" verwys het as die "eerste jaar" sou ek met jou
saamgestem het. :o)

Dit het geen invloed op wat shuan gesê het nie, die nuwe millenium
begin tereg in die jaar 2001 omdat jy tog immers die jaar 2000 op 31
Des van daardie jaar eers voltooi. Ek verwelkom die partytjie in die
jaar 2000 omdat 'n partytjie altyd lekker is, maar ons vier dan maar
die begin van die 2000ste jaar en nie die einde daarvan nie...

Nou soek ek nog 'n paar koue biere... dan sien ek kans vir Darwin en
sy ewolusie teorie! (of is dit nou ...andersom?) :o)

Bryan

************************************************************ ********
Remove 'KAAP' in front of @ to reply
Visit my website at: http://www.TheOffice.net/brynie
Re: Die nuwe millennium (Was: Dis Heerlike lente!) [boodskap #17599 is 'n antwoord op boodskap #17305] Vr, 18 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
Bryan wrote:
>
> On Fri, 04 Sep 1998 20:12:46 GMT, hen...@pixie.co.za wrote:
>
>> Lou. Daar was doodeenvoudig nie 'n jaar 0 nie!
>
> Wel, dit hang af hoe jy daarna kyk....
>
> Neem hierdie voorbeeld: ons NOEM die jaar 2000 immers "2000".
> Dus word die jaar 1998 genoem "1998" en die jaar 0???... volgens
> hierdie selfde formule moet dit dus ook "0" GENOEM word. As hulle die
> jaar 0 wel "1" genoem het soos jy hier impliseer, dan sou ons 1998
> wel "1999" moes noem wat ons tog nie doen nie.(maar dit verwys egter
> na die jaar 1998-1999)
>
> So dit hang maar af hoe jy daarna kyk. Ons NOEM die jaar nie
> noodwendig wat hy IS nie, maar wel die beginpunt van daardie jaar.
> ("2000" vir 2000-2001 en dus "0" vir 0-1)
>
> As jy liewer na "0" verwys het as die "eerste jaar" sou ek met jou
> saamgestem het. :o)
>
> Dit het geen invloed op wat shuan gesê het nie, die nuwe millenium
> begin tereg in die jaar 2001 omdat jy tog immers die jaar 2000 op 31
> Des van daardie jaar eers voltooi. Ek verwelkom die partytjie in die
> jaar 2000 omdat 'n partytjie altyd lekker is, maar ons vier dan maar
> die begin van die 2000ste jaar en nie die einde daarvan nie...
>
> Nou soek ek nog 'n paar koue biere... dan sien ek kans vir Darwin en
> sy ewolusie teorie! (of is dit nou ...andersom?) :o)
>
> Bryan
>

Nee Bryan

Hule begin tel by een. Het nog die belangrike wiskunde beginsel van nul
bemeester nie :)

Lets party like its 2000.
Re: Die nuwe millennium (Was: Dis Heerlike lente!) [boodskap #17644 is 'n antwoord op boodskap #17305] Sa, 19 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
hb...  is tans af-lyn  hb...
Boodskappe: 21
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Junior Lid
Bryan skryf:

>> On Fri, 04 Sep 1998 20:12:46 GMT, hen...@pixie.co.za wrote:
>>> Lou. Daar was doodeenvoudig nie 'n jaar 0 nie!
>>
>> Wel, dit hang af hoe jy daarna kyk....

>> Ons NOEM die jaar nie
>> noodwendig wat hy IS nie, maar wel die beginpunt van daardie jaar.
>> ("2000" vir 2000-2001 en dus "0" vir 0)

Lou skryf:

> Nee Bryan
>
> Hule begin tel by een. Het nog die belangrike wiskunde beginsel van nul
> bemeester nie :)
> Lets party like its 2000.

OK, julle kan op 1/1/2000 'n 'Jaar 2000' partytjie hou, maar nie 'n 'Nuwe
mellenium' partytjie nie!

Lou is gedeeltelik reg as hy sê ons begin nie by 0 tel nie, maar Lou was nie
1 jaar oud die dag toe hy gebore is nie, maar eers 'n jaar later toe hy sy
eerste jaar voltooi het. Volgens die definisie wat ek het is 'n mellenium 'n
(voltooide) tydperk van 1000 jaar. Omdat ons jaartelling by nie by 0 begin
nie, maar by 1 (soos Lou ons tereg wys ons moet tel), sal hierdie mellenium
per definisie eers voltooi wees om middernag op 31/12/2000. Dan kan julle
julle nuwe mellenium partytjie begin!

O, en dankie vir die feit dat ek 'n jaar jonger is as wat ek nog altyd gedink
het!

--
Henri Burger, Tzaneen.RSA
(e-mail: hen...@pixie.co.za)

-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/rg_mkgrp.xp Create Your Own Free Member Forum
Re: Die nuwe millennium (Was: Dis Heerlike lente!) [boodskap #17756 is 'n antwoord op boodskap #17305] Ma, 21 September 1998 00:00 Na vorige boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
hb...@my-dejanews.com wrote:
>
> Bryan skryf:
>
>>> On Fri, 04 Sep 1998 20:12:46 GMT, hen...@pixie.co.za wrote:
>>>> Lou. Daar was doodeenvoudig nie 'n jaar 0 nie!
>>>
>>> Wel, dit hang af hoe jy daarna kyk....
>
>>> Ons NOEM die jaar nie
>>> noodwendig wat hy IS nie, maar wel die beginpunt van daardie jaar.
>>> ("2000" vir 2000-2001 en dus "0" vir 0)
>
> Lou skryf:
>
>> Nee Bryan
>>
>> Hule begin tel by een. Het nog die belangrike wiskunde beginsel van nul
>> bemeester nie :)
>> Lets party like its 2000.
>
> OK, julle kan op 1/1/2000 'n 'Jaar 2000' partytjie hou, maar nie 'n 'Nuwe
> mellenium' partytjie nie!
>
> Lou is gedeeltelik reg as hy sê ons begin nie by 0 tel nie, maar Lou was nie
> 1 jaar oud die dag toe hy gebore is nie, maar eers 'n jaar later toe hy sy
> eerste jaar voltooi het. Volgens die definisie wat ek het is 'n mellenium 'n
> (voltooide) tydperk van 1000 jaar. Omdat ons jaartelling by nie by 0 begin
> nie, maar by 1 (soos Lou ons tereg wys ons moet tel), sal hierdie mellenium
> per definisie eers voltooi wees om middernag op 31/12/2000. Dan kan julle
> julle nuwe mellenium partytjie begin!
>
> O, en dankie vir die feit dat ek 'n jaar jonger is as wat ek nog altyd gedink
> het!
>
>

Jy verstaan my verkeerd. Ek sê dit moet begin by jaar 0.
Die klomp idiote wat dit uitgewerk het o.a. - Dionysius Exiguus - (ag
sjym, hulle het nie pocket calculators gehad nie) - het in hulle middel
eeuse donkerte nie lekker geweet van NUL nie en toe by een begin tel.

Kyk maar na die volgende blaai
http://riemann.usno.navy.mil/AA/faq/docs/faq2.html

Die klomp by Greenwhich - is nie seker wattter een die regte een is nie
- kyk na
http://greenwich2000.com/millennium/index.htm

En jy's is nie 'n jaar jonger nie. Jammer :). So vergeet maar va die
jonger meisies.

Cheers
Lou
Vorige onderwerp: ..duim vashou...
Volgende onderwerp: Re: SARFU JUDGMENT
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 23 19:24:14 MGT 2024