Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » werk buite suid afrika
werk buite suid afrika [boodskap #17403] Di, 08 September 1998 00:00 na volgende boodskap
Sarel Roeloffze  is tans af-lyn  Sarel Roeloffze
Boodskappe: 7
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Junior Lid
julle daar buite sa grense. hoe sal julle die beskikbaarheid van werk
vergelyk met die in sa

groete
sarel
Re: werk buite suid afrika [boodskap #17415 is 'n antwoord op boodskap #17403] Wo, 09 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Neels Kriek  is tans af-lyn  Neels Kriek
Boodskappe: 29
Geregistreer: Augustus 1998
Karma: 0
Junior Lid
Sarel wrote in message ...
> julle daar buite sa grense. hoe sal julle die beskikbaarheid van werk
> vergelyk met die in sa
>
> groete
> sarel
As jy WIL werk hier, is daar nooit 'n tekort nie.

Groete
Re: werk buite suid afrika [boodskap #17416 is 'n antwoord op boodskap #17403] Wo, 09 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Michael E Willett  is tans af-lyn  Michael E Willett
Boodskappe: 182
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 09 Sep 1998 04:14:50 GMT, e...@dot.com (Johan ) had the
following to say:

|groen bestuurders begin op $10/uur.) Op elke besigheid, en ek bedoel
|ELKE een, se deure is kennisgewings wat sê "Now Hiring" en dan
|gewoonlik die poste wat gevul moet word. Ons is dit almal hier eens
|dat as iemand hier in die middeweste nie werk nie, dan wil of kan hy
|nie werk nie.
|
Dit laat 'n mens baie dink aan die fotos van die depressie en slegte
ekonomiese tye waar hulle mense wys wat voor besighede staan waar daar
bordjies op is "No Jobs!".
Dan moet dit goed gaan met Amerika se ekonomie. Johan praat van die
middeweste - is daar ander ouens in die VSA wat dit anders ondervind?

...goodbye en good luck,
Simon
Re: werk buite suid afrika [boodskap #17417 is 'n antwoord op boodskap #17403] Wo, 09 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Steve Du Plessis  is tans af-lyn  Steve Du Plessis
Boodskappe: 10
Geregistreer: Augustus 1998
Karma: 0
Junior Lid
Simon wrote in message ...
> On Wed, 09 Sep 1998 04:14:50 GMT, e...@dot.com (Johan ) had the
> following to say:
>
>
> |groen bestuurders begin op $10/uur.) Op elke besigheid, en ek bedoel
> |ELKE een, se deure is kennisgewings wat sê "Now Hiring" en dan
> |gewoonlik die poste wat gevul moet word. Ons is dit almal hier eens
> |dat as iemand hier in die middeweste nie werk nie, dan wil of kan hy
> |nie werk nie.
> |
> Dit laat 'n mens baie dink aan die fotos van die depressie en slegte
> ekonomiese tye waar hulle mense wys wat voor besighede staan waar daar
> bordjies op is "No Jobs!".
> Dan moet dit goed gaan met Amerika se ekonomie. Johan praat van die
> middeweste - is daar ander ouens in die VSA wat dit anders ondervind?
>
Simon

Baie beslis ou Simon, hier op die eilande (dit is nou Hawaii :-)) gaan dit
maar beroerd. Alhoewel die vasteland se ekonomie aan die bloei is, is ons
ekonomie besig om agteruit te gaan. Baie van die jong werkskragte, skool
verlaters en studente wat gegradueer het, gaan na die vasteland vir werk.
Hier is die lewenskoste baie hoog. Ek betaal byvoorbeeld hier vir 'n
buiteband 255/70-15 gemaak deur Good-Year, so om en by $280 - 305. In
Missouri is dieselfde band $87. Maar nou ja, ons is maar die swart skape in
hierdie vamielie.

Steve
S^e maar net.
Re: werk buite suid afrika [boodskap #17418 is 'n antwoord op boodskap #17403] Wo, 09 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 8 Sep 1998 19:33:42 +0200, "Sarel" wrote:

|julle daar buite sa grense. hoe sal julle die beskikbaarheid van werk
|vergelyk met die in sa
|
|groete
|sarel
|
|
Hier in die VSA is geweldig baie werk beskikbaar! Dis natuurlik nie
so maklik vir buitelanders om hier in te kom nie. Jy moet reeds hier
'n werkgewer hê wat vir jou sal aansoek doen vir jou werksvisa voor jy
hierheen kom.

Maar baie werk is hier vollop! Daar is nou so groot klagte by die
skool vervoerdienste dat hulle nie genoeg drywers vir die geel
skoolbusse kry nie. (Onthou net, hier is 'n groot mate van
klasloosheid en om hier 'n skoolbus te bestuur is nie 'n swak werk nie
- dit is trouens 'n baie goed betaalde werk teen tot $16.00 per uur -
groen bestuurders begin op $10/uur.) Op elke besigheid, en ek bedoel
ELKE een, se deure is kennisgewings wat sê "Now Hiring" en dan
gewoonlik die poste wat gevul moet word. Ons is dit almal hier eens
dat as iemand hier in die middeweste nie werk nie, dan wil of kan hy
nie werk nie.

Johan

Vat dit rustig, dan geniet jy die lewe meer ....!
Re: werk buite suid afrika [boodskap #17444 is 'n antwoord op boodskap #17403] Do, 10 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Piet van Wyk  is tans af-lyn  Piet van Wyk
Boodskappe: 2
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Junior Lid
Holland het 'n geweldige tekort aan rekenaar (IT) mense. Ek werk vir 'n
firma wat IT spesialiste uit kontrakteur. Terwyl ek wag vir my volgende
kontrak, verdien ek f6000 (R19200), en as ek 'n kontrak het, verdien ek
tussen f9600 (R30720) tot so f12000 (R38400).
Re: werk buite suid afrika [boodskap #17445 is 'n antwoord op boodskap #17403] Do, 10 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Let's Go Travel  is tans af-lyn  Let's Go Travel
Boodskappe: 27
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Junior Lid
Johan wrote in message ...
> On Tue, 8 Sep 1998 19:33:42 +0200, "Sarel"
> wrote:
>
> |julle daar buite sa grense. hoe sal julle die beskikbaarheid van werk
> |vergelyk met die in sa
> |
> |groete
> |sarel
> |

Hier is verskriklik baie werk - in die Orlando Sentinal, Orlando se
daaglikse & Sondag koerant, is daar Sondae meer advertensies "Help Needed"
as wat daar seker in die hele SA is ... Ek het al vir menig Amerikaners gesê
dat ek kan nie glo dat daar klagtes is oor werkloosheid nie, want as jy werk
wil hê, sal jy werk kan kry - hier is daar nie so 'n ding soos 'n sekere
"tipe" mens 'n sekere "tipe" werk nie - hier is elke posisie, van
straatveërs tot bestuurders 'n eerlike manier van brood verdien. Die
"employee turnover" is ook baie hoog, aangesien baie van die posisies slegs
'n "stepping stone" is vir studente wat studeer.

Dit is hoe maklik dit is om werk te kry - my eerste onderhoud ooit in die
VSA het gely tot my eerste werk in die VSA - en dit sonder enige verwysing
en of 'n CV.

Groetnis
Julie
http://www.oocities.org/heartland/ranch/6308
Re: werk buite suid afrika [boodskap #17446 is 'n antwoord op boodskap #17403] Do, 10 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gideon  is tans af-lyn  Gideon
Boodskappe: 194
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Piet van Wyk" wrote:
> Holland het 'n geweldige tekort aan rekenaar (IT) mense. Ek werk vir 'n
> firma wat IT spesialiste uit kontrakteur. Terwyl ek wag vir my volgende
> kontrak, verdien ek f6000 (R19200), en as ek 'n kontrak het, verdien ek
> tussen f9600 (R30720) tot so f12000 (R38400).
>

Piet, ou maat - jy moet dit nou netnie so uitbasuin nie, nou-nou hoor my
skoonma en moet ek vir haar 'n vliegtuigkaartjie koop. Dit is goedkoop genoeg
in Gulden, maar ek verkies haar daar waar sy my nie te veel kan pla nie.
Noudat ek daaraan dink - miskien vind sys uit ek wil haar nie hier hê nie dan
is daar eers moeilikheid ;^)

Groete van net om die hoek

-Gideon-
Re: werk buite suid afrika [boodskap #17465 is 'n antwoord op boodskap #17403] Vr, 11 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 9 Sep 1998 13:18:28 -0500, "Neels Kriek" wrote:

|As jy WIL werk hier, is daar nooit 'n tekort nie.

Waar is "hier"?

Laat my dink aan 'n voorval by die groot persgroep waar ek gewerk het.
Die Besturende Direkteur was 'n vreeslike diktator en het almal om hom
altyd in vrese en bewing gehad. Sy sekretaresse, 'n ou tannie (dalk
oujongnooi), het effe van die houding van hom aan haar laat afvryf en
het altyd met haar neus in die lug geloop of sy met die Mercedes voor
die deur gery het.

Eendag antwoord ek ons foon onder in die rekenaarkamer en ek hoor dis
sy. Maar sy moes seker 'n verkeerde nommer of iets geskakel het. So
vreeslik uit 'n hoogte uit sê sy "Waar is ek nou?"
En net daar pak die duiwel my beet en ek sê in so 'n oordrewe
bedagsame en vriendelike stem :" Nee dame, ek weet regtig nie. Die
beste is om maar iemand daar naby u te vra waar u is. En dan sommer
ook te vra waarheen u wil gaan!"

Genoeg om te sê dat sy woedend was! en nie gewag het om uit te vind
wie ek is of "waar sy nou eintlik was nie".

Was 'n snaakse maatskappy daardie - baie van die kantore van
bestuurders het nog borsbeelde van Verwoerd en Strydom in gehad...
seker nou nog...?

Johan

Vat dit rustig, dan geniet jy die lewe meer ....!
Re: werk buite suid afrika [boodskap #17490 is 'n antwoord op boodskap #17403] So, 13 September 1998 00:00 Na vorige boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Steve Du Plessis"

> Baie beslis ou Simon, hier op die eilande (dit is nou Hawaii :-)) gaan dit
> maar beroerd. Alhoewel die vasteland se ekonomie aan die bloei is, is ons
> ekonomie besig om agteruit te gaan. Baie van die jong werkskragte, skool
> verlaters en studente wat gegradueer het, gaan na die vasteland vir werk.
> Hier is die lewenskoste baie hoog. Ek betaal byvoorbeeld hier vir 'n
> buiteband 255/70-15 gemaak deur Good-Year, so om en by $280 - 305. In
> Missouri is dieselfde band $87. Maar nou ja, ons is maar die swart skape in
> hierdie vamielie.
>
> Steve
> S^e maar net.

Wonder of julle ekonomie nie maar net in
depressie is as gevolg van die toestand
in die "Pacific Rim" lande nie. Dieselfde
toestand word op die oomblik in British
Columbia hier in Kanada ondervind. Vir baie
lank was BC die groeipunt en die voorbeeld
van ekonomiese vooruitgang. Nou is dinge
daar nie meer so rooskleurig nie. Wanneer
die VSA 'n "boom" het, ondervind Ontario
in Kanada goeie tye. Wanneer veral die
Oostelike deel van die VSA in resessie gaan,
dan ly Ontario ook daaronder. Hopelik sal
julle ekonomie in Hawai weer terugkeer na
beter dae as die Verre Oosterse lande hul
huise in orde kry. Noord-Amerika het so 'n
periode deurgegaan in die laat 80's en
vroeg-90's. So dit duur nie vir ewig nie.

Gloudina
Vorige onderwerp: kernreaktors
Volgende onderwerp: De Ploeger - A Roland Holst
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 13 04:02:37 MGT 2024