Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Rooi Roman
Rooi Roman [boodskap #17210] Ma, 31 Augustus 1998 00:00 na volgende boodskap
Kobus Pietersen  is tans af-lyn  Kobus Pietersen
Boodskappe: 358
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Senior Lid
Al julle knopies in die donkerste uithoeke van die kuberruimte, julle
rockspiders-in-drag, julle bobbejaanspinnekoppe, Doringrosies,
valluik-bouers, Daddy Longlegs, Rooi Romans en ander vuilspuitjies, julle
wielspinners en fabulators, duimsuigers en kletskamer-flashers, webcrawlers
en surfers neem deel aan die Rooi Roman.
Re: Rooi Roman [boodskap #17254 is 'n antwoord op boodskap #17210] Wo, 02 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Kobus Pietersen" writes:

> Al julle knopies in die donkerste uithoeke van die kuberruimte, julle
> rockspiders-in-drag, julle bobbejaanspinnekoppe, Doringrosies,
> valluik-bouers, Daddy Longlegs, Rooi Romans en ander vuilspuitjies, julle
> wielspinners en fabulators, duimsuigers en kletskamer-flashers, webcrawlers
> en surfers neem deel aan die Rooi Roman.

Kobus, ek moet beswaar maak teen jou frase
"Rooi Romans en ander vuilspuitjies." Ek
neem aan met rooi roman bedoel jy dit wat
in die Noordkaap "haarskeerders" genoem
word. Ek kan definitief vir jou vertel dat
hulle nie giftig is nie. My ma het eendag
haar hand ingesteek in 'n mandjie ou lappe
wat aan 'n lemoenboom se tak gehang het,
en toe sy haar hand uittrek, toe sit daar
'n haarskeerder aan haar vinger vasgebyt.
Almal daar rond het geglo dat haarskeerders
giftig is (hoekom weet ek nie, want hulle
byt eintlik nie.) My ma gaan toe maar op
die bed l^e, verwagtende dat sy sou dood
wees voordat my pa tuiskom. Maar daar was
geen teken van enige slegte nagevolge nie.

Wat is dit hier met die Rooi Roman? Laat
weer van jou hoor.

Langbeenspinnekop
Re: Rooi Roman [boodskap #17276 is 'n antwoord op boodskap #17210] Do, 03 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kobus Pietersen  is tans af-lyn  Kobus Pietersen
Boodskappe: 358
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...
> "Kobus Pietersen" writes:

> Wat is dit hier met die Rooi Roman? Laat
> weer van jou hoor.
>
> Langbeenspinnekop
>

http://www.mweb.co.za/rooiroman/

knopie
Re: Rooi Roman [boodskap #17277 is 'n antwoord op boodskap #17210] Do, 03 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bi...  is tans af-lyn  bi...
Boodskappe: 100
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
> @igs.net> wrote in message ...
>
> My ma gaan toe maar op die bed l^e, verwagtende voordat my pa tuiskom. Maar
> daar was geen teken van enige slegte nagevolge nie.
>
> Behalwe jy :-)
>
> Siestog, wat het die spinnekop oorgekom?

B.
Re: Rooi Roman [boodskap #17278 is 'n antwoord op boodskap #17210] Do, 03 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kobus Pietersen  is tans af-lyn  Kobus Pietersen
Boodskappe: 358
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net> wrote in message ...

My ma gaan toe maar op die bed l^e, verwagtende voordat my pa tuiskom. Maar
daar was geen teken van enige slegte nagevolge nie.

Behalwe jy :-)
Re: Rooi Roman [boodskap #17335 is 'n antwoord op boodskap #17210] Sa, 05 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Andries J. Bester  is tans af-lyn  Andries J. Bester
Boodskappe: 13
Geregistreer: Augustus 1998
Karma: 0
Junior Lid
Hello??

Kobus Pietersen wrote in message ...
> Al julle knopies in die donkerste uithoeke van die kuberruimte, julle
> rockspiders-in-drag, julle bobbejaanspinnekoppe, Doringrosies,
> valluik-bouers, Daddy Longlegs, Rooi Romans en ander vuilspuitjies, julle
> wielspinners en fabulators, duimsuigers en kletskamer-flashers, webcrawlers
> en surfers neem deel aan die Rooi Roman.
>
Re: Rooi Roman [boodskap #17336 is 'n antwoord op boodskap #17210] Sa, 05 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 5 Sep 1998 11:22:58 +0200, "AJ Bester" wrote:

|Hello??
Hallo!......

Johan

Vat dit rustig, dan geniet jy die lewe meer ....!
Re: Rooi Roman [boodskap #17414 is 'n antwoord op boodskap #17210] Wo, 09 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Neels Kriek  is tans af-lyn  Neels Kriek
Boodskappe: 29
Geregistreer: Augustus 1998
Karma: 0
Junior Lid
@igs.net wrote in message ...
> "Kobus Pietersen" writes:
>
> Kobus, ek moet beswaar maak teen jou frase
> "Rooi Romans en ander vuilspuitjies." Ek
> neem aan met rooi roman bedoel jy dit wat
> in die Noordkaap "haarskeerders" genoem
> word. Ek kan definitief vir jou vertel dat
> hulle nie giftig is nie. My ma het eendag

Definitief waar. 'n Rooi Roman is nie eens 'n spinnekop nie maar 'n
tipe mier as ek reg onthou(het te doen met die aantal bene. Wat wel
in sommige gevalle gebeur is dat die byt wond erg onsteek raak. Vuil
tande ens. So ons kan dalk ons eie Rooi Roman tande borsel ontwikkel,
pattenteer en 'n fortuin maak.

Groete
Re: Rooi Roman [boodskap #17443 is 'n antwoord op boodskap #17210] Do, 10 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gideon  is tans af-lyn  Gideon
Boodskappe: 194
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Neels Kriek" wrote:
> Definitief waar. 'n Rooi Roman is nie eens 'n spinnekop nie maar 'n
> tipe mier as ek reg onthou(het te doen met die aantal bene. Wat wel
> in sommige gevalle gebeur is dat die byt wond erg onsteek raak. Vuil
> tande ens. So ons kan dalk ons eie Rooi Roman tande borsel ontwikkel,
> pattenteer en 'n fortuin maak.
>

Ek het eendag 'n interessante ding oor die radio gehoor (ek dink dit was daar
iewers tussen Laingsburg en Beaufortwes - want dit is die enigste tyd wat ek
so verveeld was dat ek radio geluister het). Ek dink die persoon wat gepraat
het was daardie oubaas van Veldfokus wat so 'n ruk gelede oorlede is. Wat hy
toe daar te vertel het is dat die Roman nie 'n spinnekop is nie, maar
moontlik tot die krapagtiges behoort. Blykbaar werk dit ook nie so lekker uit
nie as gevolg van ander dinge. In elk egval die ou ding is glo amper iets so
unieks dat hy familie van niks is nie. Hy het agt pote en dan die reste van
wat beskou word as 'n ekstra paar. Dit maak hom tienpotig en definitief nie
familie van die mier wat 'n skamele ses pote het. Van daai dag af het ek 'n
Rooi Roman met allemintige respek behandel.

So gepraat van die Rooi Roman. My oupa was 'n regte karakter wat daar in
Saldanha se wêreld gewoon het. Hy was vir baie jare die bootbouer by die
seereddingsbasis by Langebaan en het toe dan ook die bynaam "Chippie" gekry.
Die bynaam is 'n hele storie op sy eie, want my ouma (nou amper 91 jaar) word
nou nog "Tannie Chippie" genoem deur die plaaslike bevolking, en my Oom het
op een of ander manier ook met die bynaam opgeeindig. (Hy was 'n Kolonel in
die Lugmag, en die Lugmagkolonel wat Chippie geheet het was vir my nogal
snaaks teen die tyd dat ek tot my verstand gekom het). In elk geval. As hy 'n
Rooi Roman gesien het, het hy hom gevang in sy sakke rondgedra. Ek het op
meer as een geleentheid my Ouma hoor skel op kom omdat sy sy broeksakke
omgedop het voordat sy ddie klere was net om een van die gedroggies daarin te
ontdek. Dit was nogal 'n staande grap oor die romans en Ouma en Oupa Chippie.
Nou ek het gedink dat hy sommer net agterlosig is, maar een dag toe hoor ek
haar roep uit die waskamer. My Oupa kom toe aangestap uit die tuin uit met so
'ne breë glimlag op sy gesig. Toe hy verby my stap toe knipoog hy eers vir my
en stop eers om van die glimlag ontslae te raak. Ek het eers gewonder wat
aangaan, maar toe my Ouma hom uittrap oor die roman wat nou weer in sy sak
vergeet is, toe besef ek - hy is al die tyd toe nie so vergeetagtig nie. Ek
het hom nooit daaroor uitgevra voordat hy oorlede is nie, maar ek is nou
oortuig dat hy die romans aspris gaveang het net om haar te versondig.

Groete
-Gideon-
Re: Rooi Roman [boodskap #17464 is 'n antwoord op boodskap #17210] Vr, 11 September 1998 00:00 Na vorige boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
Is nou 'n mooi storie die. Ek neem aan die Roman goed is dan nie
giftig nie - ek dink elk geval hulle deel 'n klas met die "garter
snakes" wat hier in my tuin rondseil - hulle het nie eers tande nie,
maar ek gril maar....

On Thu, 10 Sep 1998 15:21:17 GMT, gide...@usa.net wrote:

|So gepraat van die Rooi Roman. My oupa was 'n regte karakter wat daar in
|Saldanha se wêreld gewoon het. Hy was vir baie jare die bootbouer by die
|seereddingsbasis by Langebaan en het toe dan ook die bynaam "Chippie" gekry.
|Die bynaam is 'n hele storie op sy eie, want my ouma (nou amper 91 jaar) word
|nou nog "Tannie Chippie" genoem deur die plaaslike bevolking, en my Oom het
|op een of ander manier ook met die bynaam opgeeindig. (Hy was 'n Kolonel in
|die Lugmag, en die Lugmagkolonel wat Chippie geheet het was vir my nogal
|snaaks teen die tyd dat ek tot my verstand gekom het). In elk geval. As hy 'n
|Rooi Roman gesien het, het hy hom gevang in sy sakke rondgedra. Ek het op
|meer as een geleentheid my Ouma hoor skel op kom omdat sy sy broeksakke
|omgedop het voordat sy ddie klere was net om een van die gedroggies daarin te
|ontdek. Dit was nogal 'n staande grap oor die romans en Ouma en Oupa Chippie.
|Nou ek het gedink dat hy sommer net agterlosig is, maar een dag toe hoor ek
|haar roep uit die waskamer. My Oupa kom toe aangestap uit die tuin uit met so
|'ne breë glimlag op sy gesig. Toe hy verby my stap toe knipoog hy eers vir my
|en stop eers om van die glimlag ontslae te raak. Ek het eers gewonder wat
|aangaan, maar toe my Ouma hom uittrap oor die roman wat nou weer in sy sak
|vergeet is, toe besef ek - hy is al die tyd toe nie so vergeetagtig nie. Ek
|het hom nooit daaroor uitgevra voordat hy oorlede is nie, maar ek is nou
|oortuig dat hy die romans aspris gaveang het net om haar te versondig.
|

Johan

Vat dit rustig, dan geniet jy die lewe meer ....!
Vorige onderwerp: Re: "Prayer to the Young Moon" by X-NANNI
Volgende onderwerp: 32 (was: PW BOTHA may get jail term.)
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 12 15:04:52 MGT 2024