Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Mapogo a Matamaga
Mapogo a Matamaga [boodskap #17380] Ma, 07 September 1998 00:00 na volgende boodskap
hb...  is tans af-lyn  hb...
Boodskappe: 21
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Junior Lid
'n Berig in vandag se Beeld:

"Die polisie in Mpumalanga het 'n hoëvlak ondersoek begin nadat 'n
vigilantegroep glo reg in eie hande geneem en 3 vermeende moordenaars
vermoor en 'n ander ernstig aangerand het.

"Die polisie in Dennilton het Saterdag om 14:00 die lyke van die 3 mans
en 'n erg beseerde man voor die Uitvlugt-kafee op die dorp gekry.

"Lede van Mapogo a Matamata, 'n vigilante-groep, het na bewering die 3
mans self 'in hegtenis geneem' en ondervra waarna hulle later voor die
kafee aangetref is.

"Dít het gekom nadat mnr. Matthews Legodi(71) laat Vrydagmiddag voor
die kafee doodgeskiet is. Legodi, die eienaar van die kafee, is van sy
selfoon, pistool, en Mazda-motor beroof.

"Volgens die polisie is 3 mans deur die gemeenskap aangekeer wat glo in
besit van die gesteelde motor was."(Einde)

Enkele opmerkings:

Mapogo, wat hier 'n vigilante-groep genoem word, het sy ontstaan onder
swart sakemanne in die Noordelike Provinsie gehad wat moeg geword het
vir misdaad. Hulle modus operandi is relatief eenvoudig - 'n netwerk
van beriggewers word gevestig en lede betaal 'n affiliasie fooi. Sodra
'n lid skade berokken word, word die bostelegraaf geslaan, en kort voor
lank word die skuldiges uitgewys, wat dan 'ondervra' word voor hulle aan
die polisie oorhandig word. Die 'ondervraging' is blykbaar so effektief
dat dit al gebeur het dat skuldiges hulle aan die polisie gaan oorgee het
vóór hulle ondervra kan word.

Maar Mapogo is nie meer beperk tot net swart sakemanne nie. Die afgelope
paar maande sien ons hul kenteken (twee tierkoppe; 'Protected by Mapogo
a Matamata') meer en meer by plaaslike sakeondernemings, privaatwonings,
en selfs op motorvoertuie. Alle berigte dui daarop dat die beskerming
baie effektief is.

Hierdie situasie demonstreer myns insiens 'n paar belangrike dinge:

1)Waar Wet en Orde nie deur gemeenskappe gesien om gehandhaaf te word
nie, sal hulle 'n punt bereik waar hulle dit in eie hande gaan neem.

2)Waar gemeenskappe die strawwe wat deur die Regstelsel uitgedeel word
as te 'lig' ervaar, sal hulle dit self begin doen.

3)As Mapogo so effektief is soos wat gesê word, dan val die argumente
dat die doodstraf vir ernstige misdade nie 'n afskrikmiddel is nie plat.

Behalwe vir die moontlikheid dat die verkeerde persone 'ondervra' kan word
soos in die genoemde berig, is daar die moontlikheid dat 'n organisasie soos
Mapogo uiteindelik in 'n tipe Mafia kan ontwikkel aan wie 'beskermingsgeld'
betaal moet word. 'n Onbeheerbare monster soos PAGAD kan in ons midde
ontwikkel, of het waarskynlik reeds gebeur, en word verwelkom deur andersins
wetsgehoorsame mense wat desperaat is.

Groete

--
Henri Burger, Tzaneen.RSA
(e-mail: hen...@sukikaki.pixie.co.za)
(remove 'sukikaki.')

-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/rg_mkgrp.xp Create Your Own Free Member Forum
Re: Mapogo a Matamaga [boodskap #17502 is 'n antwoord op boodskap #17380] Ma, 14 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri-John Kock  is tans af-lyn  Henri-John Kock
Boodskappe: 69
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Volle Lid
hb...@my-dejanews.com wrote:

[interessante goed geknip]

> Maar Mapogo is nie meer beperk tot net swart sakemanne nie. Die afgelope
> paar maande sien ons hul kenteken (twee tierkoppe; 'Protected by Mapogo
> a Matamata') meer en meer by plaaslike sakeondernemings, privaatwonings,
> en selfs op motorvoertuie. Alle berigte dui daarop dat die beskerming
> baie effektief is.
>

Hell interessant.

> Hierdie situasie demonstreer myns insiens 'n paar belangrike dinge:
>
> 1)Waar Wet en Orde nie deur gemeenskappe gesien om gehandhaaf te word
> nie, sal hulle 'n punt bereik waar hulle dit in eie hande gaan neem.

> 2)Waar gemeenskappe die strawwe wat deur die Regstelsel uitgedeel word
> as te 'lig' ervaar, sal hulle dit self begin doen.

Nogal 'n gedagte wat my koue rillings gee.

> 3)As Mapogo so effektief is soos wat gesê word, dan val die argumente
> dat die doodstraf vir ernstige misdade nie 'n afskrikmiddel is nie plat.

Nie heeltemal nie. Ek dink nie dat dit net die doodstraf is nie. Dit is die feit
dat kriminele wel bang is dat hulle gevang en vinning gevonnis sal word, wat die
afskrikmiddel is. Die feit dat die straf baie swaar sal wees, help ook. Ek is
seker dat die doodstraf in die bestaande SA regstruktuur nie veel verkil aan die
misdaadsyfer sal maak nie. Kriminele weet hul kanse om skuldig bevind te word
(nadat hulle gevang, verhoor, dalk ontsnap, of borg kry, die polisie nie
behoorlike getuienis het nie, die polisie se prosedures nie korrek was nie, ens)
is baie klein.

> Behalwe vir die moontlikheid dat die verkeerde persone 'ondervra' kan word
> soos in die genoemde berig, is daar die moontlikheid dat 'n organisasie soos
> Mapogo uiteindelik in 'n tipe Mafia kan ontwikkel aan wie 'beskermingsgeld'
> betaal moet word. 'n Onbeheerbare monster soos PAGAD kan in ons midde
> ontwikkel, of het waarskynlik reeds gebeur, en word verwelkom deur andersins
> wetsgehoorsame mense wat desperaat is.

'n Ernstige feit. Wat my meeste pla is die feit dat getuienis nie behoorlik
getoets word nie, en dat dit moontlik is dat die proses is 'n heksejag kan
verander.

Wat wel interessant is, is die implikasie wat die vir 'n organisasie soos Gun
Free South Africa kan inhou. As Mapogo (en verwanmte organisasies) daarin slaag
om SA veiliger te maak, kan dit GFSA se saak moeilik maak. (vir die rekord, ek
voel GFSA bly lekker in Houghton en skuil agter sekuriteit, en is so ver
verwyder van die werklikheid dat hulle geen idee het wat op die grond gebeur
nie.)

--
My views do not necessarily represent those of Telkom Sa Ltd
(or any affiliates).

H-J
Re: Mapogo a Matamaga [boodskap #17538 is 'n antwoord op boodskap #17380] Wo, 16 September 1998 00:00 Na vorige boodskap
hb...  is tans af-lyn  hb...
Boodskappe: 21
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Junior Lid
Henri-John Kock skryf:

>> 3)As Mapogo so effektief is soos wat gesê word, dan val die argumente
>> dat die doodstraf vir ernstige misdade nie 'n afskrikmiddel is nie plat.
>
> Nie heeltemal nie. Ek dink nie dat dit net die doodstraf is nie. Dit is die feit
> dat kriminele wel bang is dat hulle gevang en vinning gevonnis sal word, wat die
> afskrikmiddel is. Die feit dat die straf baie swaar sal wees, help ook. Ek is
> seker dat die doodstraf in die bestaande SA regstruktuur nie veel verkil aan die
> misdaadsyfer sal maak nie.

Ek is nie so seker nie, Henri-John. Ek het al na baie argumente geluister,
ook van kriminolo�, maar niemand kon nog vir my verklaar hoekom ernstige
misdaad in bv. Saudi-Arabië so laag is nie. Is dit omdat hulle maar net goeie
Moslems is, of speel hulle uiters streng strawwe 'n rol?

Jy kan sekerlik sê dat die kanse daar beter is dat 'n ou gevang, gevonnis en
gestraf sal word. Ons het onlangs hier 'n geval gehad waar 4 mans 'n
sendeling se vrou erg aangerand het. Die swart gemeenskap het 3 gevang en aan
Mapogo oorhandig, wat hulle na 'ondervraging' aan die polisie oorhandig het,
in 'n erg gehawende toestand. Hulle oorblywende makker het hom toe sommer
self aan die polisie oorhandig. Goed, ek weet my 'studie' bestaan uit een
geval, maar minstens demonstreer dit dat in hierdie geval het die oortreder
die uitweg gekies wat hom persoonlik die minste fisiese skade sou berokken.

Groete

--
Henri Burger, Tzaneen.RSA
(e-mail: hen...@pixie.co.za)

-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/rg_mkgrp.xp Create Your Own Free Member Forum
Vorige onderwerp: Re: Kan iemand my vertel.........
Volgende onderwerp: Afrikaansmagtige Persoon van die jaar
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 08 16:53:09 MGT 2024