Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Helderberg Kunstefees: Somerset-Wes
Helderberg Kunstefees: Somerset-Wes [boodskap #17363] So, 06 September 1998 00:00
Jean Pierre Du Plessi  is tans af-lyn  Jean Pierre Du Plessi
Boodskappe: 1
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Junior Lid
Ek dag ek sal julle daar buite net 'n bietjie vertel van ons plaaslike
Kunstefees hier in Somerset-Wes.
Dis 'n projek van die De Hoop Laerskool se ouers vir fondsinsameling om die
skoolgelde op die ou ent binne redelike perke te hou.
Die eerste fees was verlede jaar. In jaar een is daar reeds 'n wins gemaak.
Die Klein Karoo Kunstefees in Oudtshoorn het bv. eers in jaar drie 'n wins
gemaak.

Dis aangebied van 2 Sept tot 6 Sept. met shows basies in die middae meer
gerig op kinders en in die aand vir meer volwasse gehore.

Wie het opgetree?
Cutt Glass, Duck Chowles, Die Kolesky Broers, Johannes Kerkorrel, Mathys
Roets en andere wat ek nie nou kan onthou van nie.

Die fees het reeds groot borge getrek o.a. Ou Mutual, Chipbase, Medi-Clinic
ens.

Ons het die plek (Helderberg Kom) Somerset-Wes, Strand, Gordonsbaai en
omgewing. Die kunstenaars wil graag hierheen kom en as die Kaap eers die
Fees ontdek.... wel ek dink dit het die potensiaal om te groei na iets soos
2 weke.

Daar was ook kunsuitstallings by 5 wynplase in die omgewing.. Dink net
daaraan!

Die van julle wat miskien al in Somerset-Wes gebly het en nou oorkant die
waters baie pond maak, Julle mis wragtag iets met hierdie fees. Dis iets wat
ten minste positiewe vibes uitstraal in die dae van "doom" en "gloom".

Alhoewel die Kunstefees deur die ouers van 'n oorwegend Afrikaanse skool
gereel word, is die shows in Engels, Afrikaans en daar is ook europese
kunstenaars wat 'n draai gemaak het (musici).

Kos? Natuurlik! Hoe kan mens dan sonder 'n volstruis sosatie, gewone
sosatie, pannekoek of die etes wat deur die restaurante as deel van 'n show
ingegooi is...

Donderdagaand is daar op die tafels gedans, wel... miskien was dit nie die
idee nie maar wat 'n bakgat party!

Pierre du Plessis
Vorige onderwerp: Swart Tiranniek
Volgende onderwerp: nuusberigte oor moord
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jun 17 15:36:09 MGT 2024