Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » Gedigte deur PHILIP DE VOS
Gedigte deur PHILIP DE VOS [boodskap #17331] Sa, 05 September 1998 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
GEDIGTE DEUR PHILIP DE VOS

Rolbos
is 'n tolbos,
'n hardloop-
spring-
en hol-bos.
Soek jy hier
dan is hy daar -
weggewaai
tot
wieweetwaar:
oor die berg
en oor die rant
weggewaai
tot
annerland

Hallo walvis
hoesie water?

Nat, ou pellie,
sien jou later!

Skilpad kan nie sing nie
Skilpad kan nie spring nie
Stom
en
stadig
stap
hy aan
waar sy skilpadpad mag gaan.

Die liedjie
van my rietfluit
my gonnie-piet-
verdriet-fluit
het niks
het niks
van die
ret-tet-tet
van die
luister-hoe-ek-
skree-trompet,
het niks
het niks
van die
rom-tom-tom
van die
hier's-ek-weer-
met-my-
trommel-trom;
hy't net
hy't net
die fyn verdriet
die fyn verdriet
van die fluitjiesriet

Ek sal
vir jou
'n appel pluk;
twee vere
en 'n roos.
Die appel
en die roos
is net
'n soetigheid
vir nou.
Die pouveer
en makouveer
is vir
more se onthou.

Wees dankbaar
vir 'n bleskop
waar skilfers
nooit
kan nesskop.

Hou poedels
van noedels
van pap
en polonie?
Ek glo nie.

Maar kaviaar
en Crepes Suzette?
You bet!
Vorige onderwerp: "Gunship Blues" deur CHARL DURAND
Volgende onderwerp: "Terugflitse" deur P.J. PHILANDER
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 03 13:05:28 MGT 2024