Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Monica Lewinsky
Monica Lewinsky [boodskap #16987] Do, 20 Augustus 1998 00:00 na volgende boodskap
sb  is tans af-lyn  sb
Boodskappe: 9
Geregistreer: Augustus 1998
Karma: 0
Junior Lid
Besef julle dat hierdie kind besig is om oorlog te veroorsaak in 'n paar
lande as gevolg van haar gierigheid?

Fyn, so Clinton het "saamgespeel". Maar dit is so duidelik soos daglig dat
sy met alles wat sy het (en sy het so baie daarvan om die lyf) agter hom
aangegaan het net om te kan se sy het saam met die President van Amerika
geslaap. Die '90s se wannabe Marilyn Monroe. As daar iemand is wat iemand
moet hof toe sleep vir sexual harrasment, is dit Clinton wat haar soontoe
moet sleep aan die hare.

Ek dink sy is common en geldgierig, en dink nie aan die implikasies van wat
sy aan Amerika en die res van die wereld doen nie. Daar is so baie
redenasies oor hierdie storie, en ek dink almal is reg en verkeerd. Dis
debateerbaar. Die feit van die saak is, EK is nie lus vir verdere
internasionale stres wat ons almal gaan raak, net omdat 'n orige onvolwasse
21-jarige meisie nie haar bene of mond kon toehou nie en daardeur veroorsaak
dat Clinton meer gepla is oor sy hofsaak as oor sy land se veiligheid,
ekonomiese groei en internasionale verhoudinge nie. As Kennedy en menigde
ander openbare affairs kon gehad het, en nog steeds hulle verpligtinge kon
nakom, hoekom kan ons nie ook 'n blinde oog hierdie keer draai nie.

Ek dink dit is Hillary se verantwoordelikheid om hom in die bek te ruk (en
'n Lorena Bobbitt op hom te trek as ek sy was). Hoekom NOU die groot
hoo-haa oor 'n President wat rondslaap. As dit Clinton "unreliable" en
"unbelievable" maak as President, dan sit Amerika al vir meer as 40 jaar met
"unreliable" Presidente siende dat feitlik almal van hulle hulle soos Viagra
junkies gedra het. Wat se verskil maak nog een? "Lets cut the cr*p and get
down to business"

There. I feel better now.

Sanet
Re: Monica Lewinsky [boodskap #16988 is 'n antwoord op boodskap #16987] Do, 20 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gideon  is tans af-lyn  Gideon
Boodskappe: 194
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
"Sanet" wrote:
> Besef julle dat hierdie kind besig is om oorlog te veroorsaak in 'n paar
> lande as gevolg van haar gierigheid?
> ...
> Ek dink dit is Hillary se verantwoordelikheid om hom in die bek te ruk (en
> 'n Lorena Bobbitt op hom te trek as ek sy was). Hoekom NOU die groot
> hoo-haa oor 'n President wat rondslaap. As dit Clinton "unreliable" en
> "unbelievable" maak as President, dan sit Amerika al vir meer as 40 jaar met
> "unreliable" Presidente siende dat feitlik almal van hulle hulle soos Viagra
> junkies gedra het. Wat se verskil maak nog een? "Lets cut the cr*p and get
> down to business"
>

Sanet

Ek dink nie dat dit gaan oor die saak dat hy seks gahad het met 'n meisie
nie. Die groot geraas gaan oor die feit dat hy gelieg hey onder eed. Ek dink
dat die feit dat hy oor die tou getrap het in die Amerikaanse samelewing ('n
gedeelte in elk geval)aanvaarbaar is. Die groot ding is dat dit 'n hele sage
is wat begin het by Paula Jones se manewales. As ek reg onthou was dit iets
in die lyn dat Clinton daar gesê het dat hy nog nooit 'n seksuele verhouding
met meisies in werksverband gehad het nie. Monica is toe as getuie geroep in
daai saak en sy het meineed gepleeg deur dit te ontken. Nou het sy vrywaring
gekry omdat sy getuig teen Clinton oor die feit dat hy meineed gepleeg het.
Dit het ook nie vrywillig gekom nie en sy het nie na die koerante gegaan om
blootstelling (wat 'n vreemde woord) te kry nie, maar is wetlik forseer om
haar weergawe te gee. Ek dink dat die hele "seks met 'n werknemer" saak al
amper die hoofshow geword het waar dit eintlik wetlik gaan oor die meineed
situasie. As ek reg is is meineed een van die oortredings waardeur 'n
Amerikaanse President "impeach" (dit is afgedank" kan word.

Julle ouens in die VSA het miskien meer akkurate inligting (as die
seksskandaal gedeelte nie die res heeltemal oorskadu in die pers daar nie)

-Gideon-
>

-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/rg_mkgrp.xp Create Your Own Free Member Forum
Re: Monica Lewinsky [boodskap #16989 is 'n antwoord op boodskap #16987] Do, 20 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Michael E Willett  is tans af-lyn  Michael E Willett
Boodskappe: 182
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 20 Aug 1998 18:11:28 GMT, had the following to say:
| En Franklin Rooseveldt het 'n vriendin gehad,
| terwyl Eleanor en haar lesbiese vriendin
| liefdesbriewe vir mekaar geskryf het.

Nee sies man, net omdat sy lelik was beteken dit nie sy was so nie!
Skaam vir jou om so te sê! Het jy enige bewyse van jou bewering?

Ek het vriende en vriendinne - maak dit my bisexual? Het jy glad nie
vriendinne nie?

...steeds net ek, Simon
Re: Monica Lewinsky [boodskap #16991 is 'n antwoord op boodskap #16987] Do, 20 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hjalmar Gerber  is tans af-lyn  Hjalmar Gerber
Boodskappe: 72
Geregistreer: November 1997
Karma: 0
Volle Lid
Sanet skryf...
> As daar iemand is wat iemand moet hof toe sleep vir sexual
> harrasment, is dit Clinton wat haar soontoe moet sleep aan
> die hare.

Bog! Hy is manlik; sy is vroulik.
Hy het mag; sy is magteloos.
Hy is 'n verantwoordelik; sy is 'n slagoffer.
Hy is skuldig; sy is onskuldig.
Hy moet gestraf word; sy is 'n heldin.

Dis hoe dit nou maar is - in die feministiese ortodoksie.
Dis hoe ons samelewing, wette en howe dit sien.
Dis hoe meeste mense dink.

Nee, dit geld nie net vir Clinton-Lewinsky nie.
Dit geld in enige man-vrou-vehouding.

Wat het regverdigheid en geregtigheid met die saak uit te waai ?

Hjalmar
________

N.S. Bogenoemde is nie my persoonlike siening nie;
bloot my waarnemings.
Re: Monica Lewinsky [boodskap #17012 is 'n antwoord op boodskap #16987] Vr, 21 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Michael E Willett  is tans af-lyn  Michael E Willett
Boodskappe: 182
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 21 Aug 1998 02:36:38 GMT, had the following to say:

| Dit is 'n algemeen-bekende feit.
Nee - dit is nie algemeen bekend nie - ek dink dit is net jou skewe
verbeelding wat dit aanhangig maak. Ek het al twee biografie oor haar
gelees en dit word nie eers oor gespekuleer nie.

| Haar briewe
| aan die vriendin was al vir jare beskikbaar
| by die Rooseveldt museum.
Haal vir ons aan uit 'n paar daarvan met datums en verwysings om jou
punt te bewys.

| Dit kom in die nabye
| toekoms in boekvorm uit. En waarom dink jy dis
| vreemd om "so" te wees.
Dis tog 'n populêre tydverdryf van neurotiese ou tannies wat by die
huis sit en niks beter het om te doen nie - die uitdink van rumours
oor wie gay en lesbies moes gewees het in die geskiedenis - altyd
iemand wat nie meer leef en hulleself kan verdedig nie.

| Jy sal jou verbaas hoe
| baie aktrises nou verklaar dat hulle "so" is.

Wat het dit met jou redenasie te doen - dit is wel algemeen bekend,
maar dit beteken nie elke vrou op aarde moet nou lesbies wees nie -
jou redenasie is swak en sê niks.
| Dit amuseer dat almal ook so vir Hilary
| jammer kry.
Wie is "almal"? Ek het al meer mense hier in SA gehoor wat Hillary
die skuld gee as wat ek mense hoor wat met haar simpatiseer. Maar
miskien word haar soort valsheid hier minder aanvaar as in Canada?

| Sy het, volgens sommige mense, 'n
| affair met Vince Foster gehad. En wie het vir
| Vince Foster die laaste hamburger gebring
| voordat hy sy kantoor verlaat en gaan selfmoord
| pleeg het in die park? Linda Tripp.
Ek doig dit was dalk jy...! Maar wie is Linda Trip en wat probeer jy
s�? Hamburgers veroorsaak dat mense wat met Hillary verhoudings gehad
het hulleself indoen??

...steeds net ek, Simon
Re: Monica Lewinsky [boodskap #17013 is 'n antwoord op boodskap #16987] Vr, 21 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...

> En Franklin Rooseveldt het 'n vriendin gehad,
> terwyl Eleanor en haar lesbiese vriendin
> liefdesbriewe vir mekaar geskryf het.

Wel ja, Ou Eleanor. Maar FDR? In sy rystoel? Die verhouding kon seker nie
_baie_ "improper" gewees het nie.

Maar terwyl almal nou so opnoem van die Amerikaanse presidente se gulpe:
verbeeld ek my, of het ons meesal van Demokratiese presidente gehoor in
hierdie verband?

Wat sou die storie met die Republiekeine wees?

Groete, Leendert
Re: Monica Lewinsky [boodskap #17014 is 'n antwoord op boodskap #16987] Vr, 21 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Leendert van Oostrum" writes: >

> Wel ja, Ou Eleanor. Maar FDR? In sy rystoel? Die verhouding kon seker nie
> _baie_ "improper" gewees het nie.

Leendert, Leendert, moenie naief wees nie.
Dis een van die grootste klagtes van
paraplege, dat mense dink dat hulle nie
ook dieselfde drange het as "normale"
mense nie. FDR sou kon doen met 'n Monica
Lewinsky, sou ek dink.

Een van die boere wat so sit-sit ry.
Re: Monica Lewinsky [boodskap #17015 is 'n antwoord op boodskap #16987] Vr, 21 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
m...@here.com (Simon) writes:

> On 20 Aug 1998 18:11:28 GMT,
had the following to say:
> | En Franklin Rooseveldt het 'n vriendin gehad,
> | terwyl Eleanor en haar lesbiese vriendin
> | liefdesbriewe vir mekaar geskryf het.
>
> Nee sies man, net omdat sy lelik was beteken dit nie sy was so nie!
> Skaam vir jou om so te sê! Het jy enige bewyse van jou bewering?


Dit is 'n algemeen-bekende feit. Haar briewe
aan die vriendin was al vir jare beskikbaar
by die Rooseveldt museum. Dit kom in die nabye
toekoms in boekvorm uit. En waarom dink jy dis
vreemd om "so" te wees. Jy sal jou verbaas hoe
baie aktrises nou verklaar dat hulle "so" is.
Dit amuseer dat almal ook so vir Hilary
jammer kry. Sy het, volgens sommige mense, 'n
affair met Vince Foster gehad. En wie het vir
Vince Foster die laaste hamburger gebring
voordat hy sy kantoor verlaat en gaan selfmoord
pleeg het in die park? Linda Tripp.

Tant Alie en Tant Miena (daar, nou is ons geheim
uit. Ons is ook "so." As ek,Alie, om die draai kom,
kook Miena stroop.)
Re: Monica Lewinsky [boodskap #17016 is 'n antwoord op boodskap #16987] Vr, 21 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Michael E Willett  is tans af-lyn  Michael E Willett
Boodskappe: 182
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 21 Aug 1998 21:32:06 +0300, "Leendert van Oostrum"
had the following to say:
|Maar terwyl almal nou so opnoem van die Amerikaanse presidente se gulpe:
|verbeeld ek my, of het ons meesal van Demokratiese presidente gehoor in
|hierdie verband?
Ja, ek dink ook daar is fout - seker maar die ouens wat die meeste
kontak met die Kennedys het - dan kan jy nie anders as om 'n los gulp
te hê nie. Iemand moet seker maar vir die Amerikaners 'n ekwivalent
gee van Brittanje se Royal Family!

Ek wonder of Gloudina dink die koningin is ook lesbies?

En wat van Hillary - daar moet tog rede wees hoekom Bill ander jonger
vleis gaan opsoek?!

|
|Wat sou die storie met die Republiekeine wees?
Hulle is of te slim om gevang te word of hulle het nie die balls om
kanse te waag nie.

Of dalk is daar werklik goeie mense ook.....?

...steeds net ek, Simon
Re: Monica Lewinsky [boodskap #17024 is 'n antwoord op boodskap #16987] Sa, 22 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bi...  is tans af-lyn  bi...
Boodskappe: 100
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
> Ek dink sy is common en geldgierig, en dink nie aan die implikasies van wat
> sy aan Amerika en die res van die wereld doen nie. Daar is so baie
> redenasies oor hierdie storie, en ek dink almal is reg en verkeerd. Dis
> debateerbaar. Die feit van die saak is, EK is nie lus vir verdere
> internasionale stres wat ons almal gaan raak, net omdat 'n orige onvolwasse
> 21-jarige meisie nie haar bene of mond kon toehou nie en daardeur veroorsaak
> dat Clinton meer gepla is oor sy hofsaak as oor sy land se veiligheid,
> ekonomiese groei en internasionale verhoudinge nie. As Kennedy en menigde
> ander openbare affairs kon gehad het, en nog steeds hulle verpligtinge kon
> nakom, hoekom kan ons nie ook 'n blinde oog hierdie keer draai nie.
>
Ek stem saam met wat jy oor Monica Lewinsky te se het. Maar
regtigwaar, sy was sekerlik nie die enigste een wat moes klere was
na sy en die President hard gewerk het nie. Vir my is die punt dat hy
sekerlik baie meisies en vroue in sy lewe gehad het. Hy is een
van daardie kabouters wat voel dat hy nie die gewone reels van
betroubaarheid en eerlikheid in sy persoonlike lewe hoef te volg
nie want hy is, after all, iemand special. Dus is dit goed dat hy in
die bek geruk was. Sy affairs is n simbool van n dieper siekte -
soos wat affairs maar altyd is. Dus kan ons nie se dat sy private
aksies nie n invloed het op sy lewe as grootbaas nie.

Billy.

-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/rg_mkgrp.xp Create Your Own Free Member Forum
Re: Monica Lewinsky [boodskap #17130 is 'n antwoord op boodskap #16987] Do, 27 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Michael E Willett  is tans af-lyn  Michael E Willett
Boodskappe: 182
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Senior Lid
Ek wag nog vir 'n antwoord, Gloudina, of het jy nou ook 'n Ferdi op
hierdie een gedoen - jy ignoreer hom so netjies as jy nie kan bewys
wat jy sê nie. Lyk jy dalk nes Eleanor? Is dit waarom jy haar wil
slegmaak. Probeer jy jou eie swakheid wegsteek?

On Fri, 21 Aug 1998 13:50:59 GMT, m...@here.com (Simon) had the
following to say:

|On 21 Aug 1998 02:36:38 GMT, had the following to say:
|
|| Dit is 'n algemeen-bekende feit.
|Nee - dit is nie algemeen bekend nie - ek dink dit is net jou skewe
|verbeelding wat dit aanhangig maak. Ek het al twee biografie oor haar
|gelees en dit word nie eers oor gespekuleer nie.
|
|| Haar briewe
|| aan die vriendin was al vir jare beskikbaar
|| by die Rooseveldt museum.
|Haal vir ons aan uit 'n paar daarvan met datums en verwysings om jou
|punt te bewys.
|
|| Dit kom in die nabye
|| toekoms in boekvorm uit. En waarom dink jy dis
|| vreemd om "so" te wees.
|Dis tog 'n populêre tydverdryf van neurotiese ou tannies wat by die
|huis sit en niks beter het om te doen nie - die uitdink van rumours
|oor wie gay en lesbies moes gewees het in die geskiedenis - altyd
|iemand wat nie meer leef en hulleself kan verdedig nie.
|
|| Jy sal jou verbaas hoe
|| baie aktrises nou verklaar dat hulle "so" is.
|
|Wat het dit met jou redenasie te doen - dit is wel algemeen bekend,
|maar dit beteken nie elke vrou op aarde moet nou lesbies wees nie -
|jou redenasie is swak en sê niks.
|| Dit amuseer dat almal ook so vir Hilary
|| jammer kry.
|Wie is "almal"? Ek het al meer mense hier in SA gehoor wat Hillary
|die skuld gee as wat ek mense hoor wat met haar simpatiseer. Maar
|miskien word haar soort valsheid hier minder aanvaar as in Canada?
|
|| Sy het, volgens sommige mense, 'n
|| affair met Vince Foster gehad. En wie het vir
|| Vince Foster die laaste hamburger gebring
|| voordat hy sy kantoor verlaat en gaan selfmoord
|| pleeg het in die park? Linda Tripp.
|Ek doig dit was dalk jy...! Maar wie is Linda Trip en wat probeer jy
|s�? Hamburgers veroorsaak dat mense wat met Hillary verhoudings gehad
|het hulleself indoen??
|
|
|
|...steeds net ek, Simon
Re: Monica Lewinsky [boodskap #17131 is 'n antwoord op boodskap #16987] Do, 27 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
m...@here.com (Simon) writes:

> Ek wag nog vir 'n antwoord, Gloudina, of het jy nou ook 'n Ferdi op
> hierdie een gedoen - jy ignoreer hom so netjies as jy nie kan bewys
> wat jy sê nie.

Wat was die vraag nou weer?

Ou tante Koba
Re: Monica Lewinsky [boodskap #17159 is 'n antwoord op boodskap #16987] Vr, 28 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskap
Michael E Willett  is tans af-lyn  Michael E Willett
Boodskappe: 182
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 27 Aug 1998 19:37:33 GMT, had the following to say:

|
| Wat was die vraag nou weer?
|
| Ou tante Koba
|
|
|
|
Lyk jy dalk nes Eleanor? Is dit waarom jy haar wil
slegmaak. Probeer jy jou eie swakheid wegsteek?

...steeds net ek, Simon
Re: Monica Lewinsky [boodskap #17160 is 'n antwoord op boodskap #16987] Vr, 28 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskap
Michael E Willett  is tans af-lyn  Michael E Willett
Boodskappe: 182
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 27 Aug 1998 19:37:33 GMT, had the following to say:
| Wat was die vraag nou weer?
|
| Ou tante Koba
|
|
On 21 Aug 1998 02:36:38 GMT, had the following to say:

| Dit is 'n algemeen-bekende feit.
Nee - dit is nie algemeen bekend nie - ek dink dit is net jou skewe
verbeelding wat dit aanhangig maak. Ek het al twee biografie oor haar
gelees en dit word nie eers oor gespekuleer nie.

| Haar briewe
| aan die vriendin was al vir jare beskikbaar
| by die Rooseveldt museum.
Haal vir ons aan uit 'n paar daarvan met datums en verwysings om jou
punt te bewys.

| Dit kom in die nabye
| toekoms in boekvorm uit. En waarom dink jy dis
| vreemd om "so" te wees.
Dis tog 'n populêre tydverdryf van neurotiese ou tannies wat by die
huis sit en niks beter het om te doen nie - die uitdink van rumours
oor wie gay en lesbies moes gewees het in die geskiedenis - altyd
iemand wat nie meer leef en hulleself kan verdedig nie.

| Jy sal jou verbaas hoe
| baie aktrises nou verklaar dat hulle "so" is.

Wat het dit met jou redenasie te doen - dit is wel algemeen bekend,
maar dit beteken nie elke vrou op aarde moet nou lesbies wees nie -
jou redenasie is swak en sê niks.
| Dit amuseer dat almal ook so vir Hilary
| jammer kry.
Wie is "almal"? Ek het al meer mense hier in SA gehoor wat Hillary
die skuld gee as wat ek mense hoor wat met haar simpatiseer. Maar
miskien word haar soort valsheid hier minder aanvaar as in Canada?

| Sy het, volgens sommige mense, 'n
| affair met Vince Foster gehad. En wie het vir
| Vince Foster die laaste hamburger gebring
| voordat hy sy kantoor verlaat en gaan selfmoord
| pleeg het in die park? Linda Tripp.
Ek doig dit was dalk jy...! Maar wie is Linda Trip en wat probeer jy
s�? Hamburgers veroorsaak dat mense wat met Hillary verhoudings gehad
het hulleself indoen??

...steeds net ek, Simon
Vorige onderwerp: Maaiers in Gloudina se dooie Afrikaans
Volgende onderwerp: Enige reaksie oor VSA aanval?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 01 09:38:09 MGT 2024