Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Antie Hanskakie
Antie Hanskakie [boodskap #17081] Wo, 26 Augustus 1998 00:00 na volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina het 'n nuwe skelwoord uitgedink!

@igs.net wrote in message ...

> Ek het nog altyd die suspisie gehad dat jy
> 'n kloset-hanskakie is :( die cute asides
> in Engels, 'n duidelike neiging tot dink
> in Engels.) Nou kom dit in die openbaar uit.

Hmm.... "Kloset"-hanskakie? "Die cute asides in Engels"?

Verbeeld ek my of is hier een of twee "cute asides in Engels" gepleeg?

En dan nog die ooglopend Engelse konstruksie "'n duidelike neiging tot dink
in Engels". (= "tendency tot think/ing in English". Afrikaans sou wees"
"neiging tot denke in Engels" of "neiging om in Engels te dink".)

> Nee, Leendert, "boy" is nie "Afrikaans" nie.
> Dis 'n Engelse kolonialisme. Net omdat dit
> eenkeer in 'n Afrikaanse volksliedjie voor-
> kom, beteken nie dat dit "Afrikaans" is nie.
> Ek twyfel ook of "Bobbejaan klim die berg"
> in sy geheel 'n werklike Afrikaanse volks-
> liedjie is. Dis eerder 'n Matie-drinkliedjie
> wat in die Afrikaner se musiekskat ingeglip
> het.

Ek het die bepaalde voorbeeld aangehaal ('n Matie-drinkliedjie) omdat ek
gedink het jy sou dit ken. Dit blyk toe inderdaad so.

Maar jy is duidelik onder die indruk dat dit die enigste voorbeeld daarvan
("eenkeer in 'n Afrikaanse volksliedjie") in Afrikaans is. Jy maak 'n fout.
Dit word algemeen gebruik in weermagtaal, polisietaal, sporttaal, op
Afrikanse radio en TV (Orkney Snorknie ens.) en selfs in Afrikaanse populêre
musiek ("Boy van die suburbs").

>
> Wat die woord "booi" betref - dis 'n ander saak.
> Waar kom byvoorbeeld die benaming "Witbooi" vir
> 'n Griekwa (?) kaptein vandaan. Ek het die woord
> ook baie gehoor in die Noordweste, meestal snaaks
> genoeg in die mond van "kleurlinge" self, as hulle
> oor 'n ander kleurling praat. Kan dit wees dat
> hulle 'n San-woord gebruik wat klink soos "booi",
> of is dit die Engelse "boy" wat in hulle taal
> ingeglip het.

"Hulle" taal? Jou snobbistiese onderrok hang uit, Gloudina!

As juffrou wil pedanties wees moet juffrou maar seker maak haar eie skete en
vooroordele spreek nie mee in haar lessie nie.

Vriendelike groete, Leendert
Re: Antie Hanskakie [boodskap #17091 is 'n antwoord op boodskap #17081] Wo, 26 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...

> Dis debateerbaar of die mengeltaal wat jy nou
> as "Afrikaans" aandui, wel Afrikaans is. (Boy
> van die suburbs, inderdaad!)

Vir sover dit debateerbaar is, is dit bloot debateerbaar op akademiese
vlak - so 'n debat het geen praktiese nut nie, want Afrikaanse mense sal
praat soos hulle wil, ongeag of dit die goedkeuring van Kanada wegdra.

Wat hier meer ter sake is, is die smeertaktiek van 'n Kanadese jingo - een
wie se gestorwe Afrikaans glinster van die maaiers van Engelse strukture.
Een wat die ongelooflike voorbarigheid het om Afrikaanssprekers etikette van
verraad om te hang op grond van wat sy beskou as elemente van besoedeling in
hul taal.

Ek het my tot dusver daarvan weerhou om kommentaar te lewer op die argaismes
en die ooglopende Engelse strukture in jou Afrikaans, Gloudina. Miskien moet
ek hierdie beleid heroorweeg.

> Maar dis nogal 'n
> eienaardige verskynsel: wie, veral in Suid-Afrika,
> hierdie mengeltaal vir homself toelaat, en wie
> daarteen veg. Ek het 'n kuberkorrespondent wat
> met 'n Engelse vrou getroud is, en wie se huis-
> taal inderdaad Engels is daar in Kaapstad, maar
> sy Afrikaans is ver suiwerder as meeste van die
> dinge wat ek op hierdie nuusgroep lees.

As sy huistaal inderdaad Engels is, kan hy waarskynlik bekostig om hom 'n
purisme te veroorloof wat sy estetiese gevoel streel. Soos jy, het hy
klaarblyklik geen belang by die toekoms van die taal in die volgende geslag
nie. Soos jy, kan hy dan bekostig om 'n viese neusie te trek as hy met die
taal op voetsoolvlak te doen kry.

Maar, gedagtig daaraan dat jy klaarblyklik heeltemal onbewus is van die
diepliggende strukturele verwringing van jou eie Afrikaans onder die invloed
van Engels, sou ek my nie veel steur aan jou oordeel oor die "suiwerheid"
van ander mense se Afrikaans nie.

> Hier in Kanada het ons natuurlik die voorbeelde
> van Quebec en Arkadiese Frans, waarin daar ook
> baie Engelse woorde opgeneem is.
>
> 'n Mens merk op dat Nederlanders ook vreeslik baie
> woorde uit Engels oorneem.
>
> As jy Japannees leer, is daar 'n hele afdeling van
> jou studie waarin jy geleer word om Engelse woorde
> op 'n aanneembare Japannese manier uit te spreek.

Leenwoorde uit ander tale is myns insiens meesal verrykend. Ek dink ook dit
word algemeen aanvaar dat Engels self die taal is met die meeste leenwoorde.

Wat wel gevaarlik is, is wanneer die basiese sinbou en logiese struktuur van
'n taal verlore gaan onder die invloed van 'n ander een. Want dit beteken
dat 'n unieke dinkinstrument verlore gaan - juis in 'n tyd waarin
diversiteit van denke meer noodsaaklik is as ooit tevore.

Maar van die perversie van jou eie Afrikaans is jy salig onbewus, nie waar
nie? En daarbenewens het jy in elk geval geen toleransie vir diversiteit van
denke nie, hmmm......?

> Die tannie van die derde taalkomitee
> uit die derde Boerestaat wat tot stand
> gekom het na die Derde Vryheidsoorlog.

Gelukkig het Afrikaans nog altyd sy eie gang gegaan, taalkomitees en
perverse taaltantes ten spyt.

Vriendelike groete, Leendert
Re: Antie Hanskakie [boodskap #17111 is 'n antwoord op boodskap #17081] Do, 27 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Michael E Willett  is tans af-lyn  Michael E Willett
Boodskappe: 182
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 26 Aug 1998 04:58:24 +0300, "Leendert van Oostrum"
had the following to say:

|Gloudina het 'n nuwe skelwoord uitgedink!
|
|...@igs.net wrote in message ...
|
|> Ek het nog altyd die suspisie gehad dat jy
|> 'n kloset-hanskakie is

As jy die een uit jou woordeboek gekry het, het jy jou eie woordeboek
geskryf, tannie-wat-nie-meer-weet-wat-suiwer-Afrikaans-is-nie.

...steeds net ek, Simon
Re: Antie Hanskakie [boodskap #17115 is 'n antwoord op boodskap #17081] Do, 27 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
m...@here.com (Simon) writes:

> |> Ek het nog altyd die suspisie gehad dat jy
> |> 'n kloset-hanskakie is
>
> As jy die een uit jou woordeboek gekry het, het jy jou eie woordeboek
> geskryf, tannie-wat-nie-meer-weet-wat-suiwer-Afrikaans-is-nie.
>
> ...steeds net ek, Simon


Het jy die moeite gedoen om "kloset" in
jou woordeboek na te slaan? Ons Bosman en
van der Merwe het dit in, Simon-wat-nog-
steeds-nie-al-sy-varkies-in-die-hok-het-
nie.

Jan Pierewiet
Re: Antie Hanskakie [boodskap #17126 is 'n antwoord op boodskap #17081] Do, 27 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Ron McGregor" writes:

> In elk geval, in die nuusgroep is daar mense wie se tweetaligheid net Engels
> en Xhosa behels, en dit spyt my dat sekere lede nie magtig is om in hierdie
> misgoeiery deel te neem nie.
>
> Ek sal probeer om nie my Engelstalige stories na die Afrikaanse groep te
> stuur nie. Probeer aub om nie Hanskakiestories in die Engelse blaaie te
> plaas nie.
>
> Ek is seker dat ek is nie die enigste kerel wat dit sal waardeer nie.

McRon McGregor, weet jy dat jy self die rot
voortsit deur op 'n gekruisposte brief te
antwoord, sonder om bo-aan die naam van
soc.culture.south-africa uit te wis. So, die
volgende keer as jy iets pos, neem die naam
van die Engelse SA groep bo-aan weg, en dit
sal net in die Afrikaanse nuusgroep verskyn.

As jy bedoel dat Sabelo nie Afrikaans ken
nie, dan het jy dit mis. Onthou, hy het
Afrikaans geslaag voordat hy kon matrikuleer.

Die kleindogter van Amakeia
Re: Antie Hanskakie [boodskap #17128 is 'n antwoord op boodskap #17081] Do, 27 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Michael E Willett  is tans af-lyn  Michael E Willett
Boodskappe: 182
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Senior Lid
| Dis debateerbaar of die mengeltaal wat jy nou
| as "Afrikaans" aandui, wel Afrikaans is. (Boy
| van die suburbs, inderdaad!)

Afrikaans is tog wat gepraat word en nie wat as suiwer beskou word
nie.

| Maar dis nogal 'n
| eienaardige verskynsel: wie, veral in Suid-Afrika,
| hierdie mengeltaal vir homself toelaat, en wie
| daarteen veg.

Ek laat dit toe want dit laat my beter kommunikeer en verryk beide
Afrikaans en Engels.

| Ek het 'n kuberkorrespondent wat.....

...steeds net ek, Simon
Re: Antie Hanskakie [boodskap #17129 is 'n antwoord op boodskap #17081] Do, 27 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ron McGregor  is tans af-lyn  Ron McGregor
Boodskappe: 24
Geregistreer: Augustus 1998
Karma: 0
Junior Lid
Ag nee, kerels. In hierdie nuusgroep is alles debateerbaar, veral die
belangrikheid of nie van Anglisismes in die Afrikaanse woordeskap, maar ons
is nou moeg vir Antie Hanskakie en sulke soort stront. Laat my herinner
aan my ma en haar klomp susters wat so graag Engels wou wees dat ek nie voor
my 21ste verjaarsdag Afrikaans kon praat nie.

In elk geval, in die nuusgroep is daar mense wie se tweetaligheid net Engels
en Xhosa behels, en dit spyt my dat sekere lede nie magtig is om in hierdie
misgoeiery deel te neem nie.

Ek sal probeer om nie my Engelstalige stories na die Afrikaanse groep te
stuur nie. Probeer aub om nie Hanskakiestories in die Engelse blaaie te
plaas nie.

Ek is seker dat ek is nie die enigste kerel wat dit sal waardeer nie.
Re: Antie Hanskakie [boodskap #17147 is 'n antwoord op boodskap #17081] Vr, 28 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Michael E Willett  is tans af-lyn  Michael E Willett
Boodskappe: 182
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 27 Aug 1998 19:34:01 GMT, had the following to say:

| Het jy die moeite gedoen om "kloset" in
| jou woordeboek na te slaan? Ons Bosman en
| van der Merwe het dit in, Simon-wat-nog-
| steeds-nie-al-sy-varkies-in-die-hok-het-
| nie.
|
Nou gaan kyk dan wat dit daar sê wat beteken dit: toilet. Nie kas
nie, tannie-wat-nie-met-al-haar-osse-ploeg-nie.

...steeds net ek, Simon
Re: Antie Hanskakie [boodskap #17158 is 'n antwoord op boodskap #17081] Vr, 28 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ron McGregor  is tans af-lyn  Ron McGregor
Boodskappe: 24
Geregistreer: Augustus 1998
Karma: 0
Junior Lid
Leendert van Oostrum skryf:

.>... moet jy tog nie die fout maak om dieselfde beperktheid aan jou
Xhosa-landgenote toe te skryf nie. Die meeste van hulle is meer as twee tale
magtig. ens, ens.<

Jammer, Leendert, ek het net 'n bietjie met jou gespot. En ek moet ook
erken (en bly is ek om dit te doen) dat die meeste swart Suid Afrikaners is
wel baie meer "meertalig" as ons blankes. Veral ons Engelssprekende
blankes!!

Ron (wat ook gedeeltelik Duits-magtig is!!)
Re: Antie Hanskakie [boodskap #17184 is 'n antwoord op boodskap #17081] Sa, 29 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ron McGregor wrote in message ...
> Ag nee, kerels. In hierdie nuusgroep is alles debateerbaar, veral die
> belangrikheid of nie van Anglisismes in die Afrikaanse woordeskap, maar ons
> is nou moeg vir Antie Hanskakie en sulke soort stront. Laat my herinner
> aan my ma en haar klomp susters wat so graag Engels wou wees dat ek nie voor
> my 21ste verjaarsdag Afrikaans kon praat nie.
>
> In elk geval, in die nuusgroep is daar mense wie se tweetaligheid net Engels
> en Xhosa behels, en dit spyt my dat sekere lede nie magtig is om in hierdie
> misgoeiery deel te neem nie.

Beste Ron,

As jou vermoë tot net twee tale beperk is, moet jy tog nie die fout maak om
dieselfde beperktheid aan jou Xhosa-landgenote toe te skryf nie. Die meeste
van hulle is meer as twee tale magtig.

Onder die van hulle wat so onlangs as verlede jaar matriek geskryf het, weet
ons dat heelwat meer as 90% uit eie keuse Afrikaans as matriekvak aangebied
het.

En dan weet ons dat daar by geleentheid ook Xhosa in
soc.culture.south-africa - en in soc.culture.south-afrika.afrikaans geplaas
word - waarom dan nie ander tale nie?

Of wil jy beweer dat soc.culture.south-africa.afrikaans, waar bydraes
gereeld in Engels, en Nederlands, en minder gereeld in Xhosa, Sotho, Duits,
Frans en Grieks verskyn, meer verteenwoordigend is van 'n multikulturele
gemeenskap as soc.culture.south-africa?

Vriendelike groete, Leendert
Re: Antie Hanskakie [boodskap #17346 is 'n antwoord op boodskap #17081] Sa, 05 September 1998 00:00 Na vorige boodskap
Andries J. Bester  is tans af-lyn  Andries J. Bester
Boodskappe: 13
Geregistreer: Augustus 1998
Karma: 0
Junior Lid
Ja, Ron, onthou ook net dat die swart tale is so "naby" aanmekaar, dat kan
mens dit bekou as meertalig? Ek is op Zulu, poetoepap en steenkool in
N-Natal grootgemaak. Duits op skool in die Kaap en Xhosa geswot in
Transvaal. Zulu en Xhosa, vir my altans, is net 'n kwesie "ggh" of 'n
"click" van mekaar afskeidbaar....

Op die letter af verskil hulle, ja, maar vir die normale spreker??

Andries.

Ron McGregor wrote in message ...
>
> Leendert van Oostrum skryf:
>
> .>... moet jy tog nie die fout maak om dieselfde beperktheid aan jou
> Xhosa-landgenote toe te skryf nie. Die meeste van hulle is meer as twee tale
> magtig. ens, ens.
> Jammer, Leendert, ek het net 'n bietjie met jou gespot. En ek moet ook
> erken (en bly is ek om dit te doen) dat die meeste swart Suid Afrikaners is
> wel baie meer "meertalig" as ons blankes. Veral ons Engelssprekende
> blankes!!
>
> Ron (wat ook gedeeltelik Duits-magtig is!!)
>
Vorige onderwerp: Hardekoolvuur
Volgende onderwerp: Die aankoms van die herfs
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 11 11:51:27 MGT 2024