Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Leendert en die Stellenbosse boys
Leendert en die Stellenbosse boys [boodskap #17035] Ma, 24 Augustus 1998 00:00 na volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Leendert van Oostrum" writes:

> Lyk my jy hou nie van die gebruik van "boy" in Afrikaans nie. (o.a. - Het jy
> nou taalpurisme by politieke puriteinsheid gevoeg in die arsenaal vir jou
> heksejagte?)
>
> Terwyl jy nou aan die volksliedjies sing is in jou "padded" hoekie, sing
> bietjie vir jouself "Bobbejaan klim die berg".
>
> Jy sal miskien oplet dat "boy" 'n baie ou en ingeburgerde leenwoord in
> Afrikaans is.
>
> Vriendelike groete, Leendert


Ek het nog altyd die suspisie gehad dat jy
'n kloset-hanskakie is :( die cute asides
in Engels, 'n duidelike neiging tot dink
in Engels.) Nou kom dit in die openbaar uit.
Nee, Leendert, "boy" is nie "Afrikaans" nie.
Dis 'n Engelse kolonialisme. Net omdat dit
eenkeer in 'n Afrikaanse volksliedjie voor-
kom, beteken nie dat dit "Afrikaans" is nie.
Ek twyfel ook of "Bobbejaan klim die berg"
in sy geheel 'n werklike Afrikaanse volks-
liedjie is. Dis eerder 'n Matie-drinkliedjie
wat in die Afrikaner se musiekskat ingeglip
het.

Wat die woord "booi" betref - dis 'n ander saak.
Waar kom byvoorbeeld die benaming "Witbooi" vir
'n Griekwa (?) kaptein vandaan. Ek het die woord
ook baie gehoor in die Noordweste, meestal snaaks
genoeg in die mond van "kleurlinge" self, as hulle
oor 'n ander kleurling praat. Kan dit wees dat
hulle 'n San-woord gebruik wat klink soos "booi",
of is dit die Engelse "boy" wat in hulle taal
ingeglip het.

Gloudina
Re: Leendert en die Stellenbosse boys [boodskap #17082 is 'n antwoord op boodskap #17035] Wo, 26 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hellin Gervaas  is tans af-lyn  Hellin Gervaas
Boodskappe: 191
Geregistreer: Januarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
> Die enigste ordentlike Matie drinkliedjie is 'Anna
> Jordaan'! (Woorde op aanvraag beskikbaar.)

Ons vra, ons vra .... ! :-))
Hilda.
Re: Leendert en die Stellenbosse boys [boodskap #17083 is 'n antwoord op boodskap #17035] Wo, 26 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
hen...  is tans af-lyn  hen...
Boodskappe: 133
Geregistreer: Junie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina skryf:

> Ek twyfel ook of "Bobbejaan klim die berg"
> in sy geheel 'n werklike Afrikaanse volks-
> liedjie is. Dis eerder 'n Matie-drinkliedjie
> wat in die Afrikaner se musiekskat ingeglip
> het.

Soos vele ander Afrikaanse volksliedjies is hy van Maleier oorsprong. In die
jare 20 was daar 2 Maleier rugbyspanne in die Kaap, Roslyns in Distrik 6, en
Arabian College van die Bo-Kaap, teen die hange van Seinheuwel. Hulle het
gereeld kragte gemeet op Groenpunt Meent. AC het hopelose rugby gespeel en het
gewoonlik verloor, maar hulle het opgemaak daarvoor met baie goeie sang.

Toe op 'n dag wen AC, en besluit om dit 'n bietjie te gaan invryf. Hulle kry
toe 'n pop wat soos 'n bobbejaan lyk, sit vir hom 'n oogklap op (Roslyns se
afrigter, 'n winkelier in Hanoverstraat, het 'n oogklap gedra), laai hom in 'n
kruiwa en vat al singende die pad 'Kanaaldorp' toe. Toe hulle die bult in
Hanoverstraat opstap, toe sing hulle 'Bobbejaan klim die berg'!

Ek is vertel dat hierdie die waarheid is, maar as dit nie is nie, behoort dit
te wees!

Matie-drinkliedjie? Ga! Die enigste ordentlike Matie drinkliedjie is 'Anna
Jordaan'! (Woorde op aanvraag beskikbaar.)

Groete

Henri Burger, Tzaneen.RSA
(Kenner van Drinkliedjies)

-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/rg_mkgrp.xp Create Your Own Free Member Forum
Re: Leendert en die Stellenbosse boys [boodskap #17084 is 'n antwoord op boodskap #17035] Wo, 26 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
hen...@pixie.co.za writes:

> Matie-drinkliedjie? Ga! Die enigste ordentlike Matie drinkliedjie is 'Anna
> Jordaan'! (Woorde op aanvraag beskikbaar.)

Wat bedoel jy met die "enigste ordentlike"
Matie-drinkliedjie? Wat van 'n paar ingooi
wat nie ordentlik is nie.

Willem Adriaan van der Stel.
Re: Leendert en die Stellenbosse boys [boodskap #17112 is 'n antwoord op boodskap #17035] Do, 27 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ron McGregor  is tans af-lyn  Ron McGregor
Boodskappe: 24
Geregistreer: Augustus 1998
Karma: 0
Junior Lid
Verskoon my, k^erels, maar mag die Engelses ook saamspeel ....

Ek sal dit baie waardeer as daar iemand is wat my kan inlig oor die
geskiedenis/oorsprong van "We are marching to Pretoria."

Snaaks dat dit 'n soort "gemengde tale" sangetjie is.

Meeste mense reken, of eintlik nie veel verder dink nie, dat dit 'n deuntjie
was van die
Britse troepe gedurende die Tweede Vryheidsoorlog. Maar dit verduidelik nie
die Afrikaanse woorde van die liedjie nie, en van dinge soos jou kombers en
my matras het die Engelses bokkerol geweet.

Ek het 'n ou storie e^rens gehoor dat die liedjie eintlik gedurende die
Eerste Vryheidsoorlog onstaan het. Soos dit aan my vertel is (en dis bloot
sommer 'n ou taphuisstorie, hoor julle) was dit net na die Slag van
Bronkhorstspruit, toe die verheugde Transvalers op pad terug na Pretoria
was. Blykbaar was daar 'n paar "internasionale vrywilligers" onder die
Transvalers gewees, insluitende 'n Ier, of miskien was hy 'n
Iers-Amerikaner.

In elk geval, hy is die een wat begin sing het" "We are marching to
Pretoria .." (in Engels, natuurlik, wie't ooit van 'n Afrikaans-sprekende
Iers-Amerikaner gehoor? Was dit nie die doel van die Immorality Act om
sulke dinge te vermy nie?)

En toe word die res van die woorde deur sy Transvaler makkers beskaf, in
Afrikaans, natuurlik.

Dis 'n interessante ou storietjie, en glad nie onmoontlik nie. Maar is daar
enige waarheid daarin?

O, en as enigiemand vir my 'n ander klein probleempie kan oplos. As
Engelsprekende, hoef ek gewoonlik nie met kappies of deeltekens te tik nie.
As ek nou behoorlike Afrikaans wil tik, moet ek 'n ander "keyboard" gaan
koop, of is daar 'n manier om hierdie donderse kappie op sy plek te laat bly
totdat ek die letter onder hom ingestoot het?

Ron McGregor
Re: Leendert en die Stellenbosse boys [boodskap #17113 is 'n antwoord op boodskap #17035] Do, 27 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
hen...  is tans af-lyn  hen...
Boodskappe: 133
Geregistreer: Junie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina, alias W.A. vd STEL (Die Vader van Korrupsie aan die KAAP) skryf:

> Wat bedoel jy met die "enigste ordentlike"
> Matie-drinkliedjie? Wat van 'n paar ingooi
> wat nie ordentlik is nie.

Gloudina,

Dit lyk my Tollies en Die Akker, en so aan het nie bestaan in jou dae nie,
want drinkliedjies is uit hulle aard nie baie ordentlik nie (in teenstelling
met die ouens wat hulle sing).

As ek sê 'ordentlike drinkliedjie', dan bedoel ek die moeite werd om te sing,
soos 'Anna Jordaan':

Ou Anna Jordaan,jou vaalkop korhaan!
Op Suurbraak het Anna vir sewe man gestaan.
Anna se ma het so baie gehuil,
toe stuur sy vir Anna na die...(effense pouse)
BARRYDALE!

Daar ontmoet sy vir Swanepoel,
hy wou so graag aan haar...(asemophoudende pouse)
toontjies voel!
Plaas dat sy vir hom laat betaal,
toe laat sy vir Swanepoel haar...(pouse)
skoentjies afhaal!

Missies Mocke het dwarsdeur die sleutelgat geloer,
toe sien sy vir Anna met sewe manne...(asemophoudende pouse)
sports maak, jokes crack, jukskei speel en toutrek!

Nota: 1. Sing op die wysie van 'n student wat vér heen is (enige wysie sal
doen), verkieslik in 'n koor, maar as jy in Pretoria is, mag jy dit as 'n solo
sing op dennehout tafel in die Bell-hotel (vanmelewe bekend as Tante Bell),
verkieslik so hard as moontlik.
2. Soos wat die aand vorder, kan 'toontjies' en 'skoentjies' na goeddunke
verander word!

Groete

Henri Burger, TZSHANEEN.ERESHA!

-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/rg_mkgrp.xp Create Your Own Free Member Forum
Re: Leendert en die Stellenbosse boys [boodskap #17114 is 'n antwoord op boodskap #17035] Do, 27 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
hen...@pixie.co.za writes:

> Groete
>
> Henri Burger,

TZSHANEEN.ERESHA!

Sies, Henri, en jy die vader van
'n paar kindertjies.

Simon van der Stel.
Re: Leendert en die Stellenbosse boys [boodskap #17299 is 'n antwoord op boodskap #17035] Vr, 04 September 1998 00:00 Na vorige boodskap
Henri-John Kock  is tans af-lyn  Henri-John Kock
Boodskappe: 69
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Volle Lid
Ron McGregor wrote:

> Verskoon my, k^erels, maar mag die Engelses ook saamspeel ....
>

No Problemo. Hierdie boodskap blyk gekruispos te wees, dus maak dit nie saak
watter taal jy praat nie...[interesting stuff snipped]

> O, en as enigiemand vir my 'n ander klein probleempie kan oplos. As
> Engelsprekende, hoef ek gewoonlik nie met kappies of deeltekens te tik nie.
> As ek nou behoorlike Afrikaans wil tik, moet ek 'n ander "keyboard" gaan
> koop, of is daar 'n manier om hierdie donderse kappie op sy plek te laat bly
> totdat ek die letter onder hom ingestoot het?

You can use (provided you're using a microsoft-based system) the ASCII
equivalents, in the following way: Use the numeric keypad on the right hand side
of the keyboard. Play around a bit, as per this example:alt 137 gives ë
alt 147 gives ô
alt 167 gives º

Most of the letters you want (the 'e's and the 'o's can be found around 136 or
147.) For better clarity, try and get yourself an ASCII table, all of the
symbols are on there.

If you're using a Unix based system, I unfortunately can't help you :-(

Hope this helps

H-J

> Ron McGregor

--
My views do not necessarily represent those of Telkom Sa Ltd
(or any affiliates).

H-J
Re: Leendert en die Stellenbosse boys [boodskap #17300 is 'n antwoord op boodskap #17035] Vr, 04 September 1998 00:00 Na vorige boodskap
hancil  is tans af-lyn  hancil
Boodskappe: 28
Geregistreer: Augustus 1998
Karma: 0
Junior Lid
Op Thu, 27 Aug 1998 10:06:50 +0200 skryf "Ron McGregor" wrote:
->O, en as enigiemand vir my 'n ander klein probleempie kan oplos. As
->Engelsprekende, hoef ek gewoonlik nie met kappies of deeltekens te tik nie.
->As ek nou behoorlike Afrikaans wil tik, moet ek 'n ander "keyboard" gaan
->koop, of is daar 'n manier om hierdie donderse kappie op sy plek te laat bly
->totdat ek die letter onder hom ingestoot het?
->
->Ron McGregor

Gaan na 'Control Panel', 'Keybord', 'Language' en dubbelklik op die
blou strook reg onder 'Layout'. Verander nou na "United States
International". Jy sal moontlik gevra word vir jou Windows CD of 'n
spesifieke stiffie. Hierna werk die sleutelbord soos 'n outydse
tikmasjien. Tik eers die ", of ^, of ', of `, en daarna die betrokke
klinker. Jou masjien praat nou Afrikaans. Aanhalingstekens met 'n
klinker direk daarna:
druk spasiebalk ná die aanhalingsteken.
Dit maak geen verskil aan jou Engelse keybord nie
Groete
Hannes
Vorige onderwerp: Anyone interested in talking to people from Belgium and Holland ?
Volgende onderwerp: Re: Microsoft ?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 11 11:14:22 MGT 2024