Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Antie Hanskakie
Re: Antie Hanskakie [boodskap #17071] Di, 25 Augustus 1998 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Leendert van Oostrum" writes:

> Maar jy is duidelik onder die indruk dat dit die enigste voorbeeld daarvan
> ("eenkeer in 'n Afrikaanse volksliedjie") in Afrikaans is. Jy maak 'n fout.
> Dit word algemeen gebruik in weermagtaal, polisietaal, sporttaal, op
> Afrikanse radio en TV (Orkney Snorknie ens.) en selfs in Afrikaanse populêre
> musiek ("Boy van die suburbs").

Dis debateerbaar of die mengeltaal wat jy nou
as "Afrikaans" aandui, wel Afrikaans is. (Boy
van die suburbs, inderdaad!) Maar dis nogal 'n
eienaardige verskynsel: wie, veral in Suid-Afrika,
hierdie mengeltaal vir homself toelaat, en wie
daarteen veg. Ek het 'n kuberkorrespondent wat
met 'n Engelse vrou getroud is, en wie se huis-
taal inderdaad Engels is daar in Kaapstad, maar
sy Afrikaans is ver suiwerder as meeste van die
dinge wat ek op hierdie nuusgroep lees. Dis hy
wat vir my al die Gert Vlok Nels gestuur het.
(En al die onlangse Engelse SA-digwerk.) Maar
dit is wel waar dat Gert Vlok Nel self die
mengeling van Afrikaans en Engels gebruik.

Hier in Kanada het ons natuurlik die voorbeelde
van Quebec en Arkadiese Frans, waarin daar ook
baie Engelse woorde opgeneem is.

'n Mens merk op dat Nederlanders ook vreeslik baie
woorde uit Engels oorneem.

As jy Japannees leer, is daar 'n hele afdeling van
jou studie waarin jy geleer word om Engelse woorde
op 'n aanneembare Japannese manier uit te spreek.

Die tannie van die derde taalkomitee
uit die derde Boerestaat wat tot stand
gekom het na die Derde Vryheidsoorlog.
Vorige onderwerp: Sonnige Suid-Afrika
Volgende onderwerp: Re: South Africans in North America - please read this
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Jun 06 19:54:35 MGT 2024