Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Leaving or staying.
Leaving or staying. [boodskap #16926 is 'n antwoord op boodskap #16928] Di, 18 Augustus 1998 00:00 na volgende boodskap
Gideon  is tans af-lyn  Gideon
Boodskappe: 194
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Senior Lid
Anonymous wrote:
************************************
>
> "The office of the president expects people, often in ambassadorial roles, to

inform themselves about what is happening in their country, especially when
they decide to express themselves on national issues," he added. The report
said Els had no intention of leaving South Africa.

>

This is not in line with the original thread, but something of an issue
anyway.

I find this kindof interesting to notice that Ernie has no intention of
leaving South Africa, when he spends a sizeable time outside the country in
doing his job, when South Africans who are doing a (normal?) job outside
South Africa is constantly being accused of "fleeing the country". It might
be interesting to get a debate going on the whole issue of migrant workers
and emigration. THen further issues of interest would be to discuss those who
left SA during the Apartheid years for political reasons versus those who are
leaving SA now for political reasons. Let's add some flavour to the whole
debate and throw in opinions from all sides.

Vir die in die Afrikaanse nuusgroep - kom ons gesels so 'n bietjie oor die
verskillende standpunte en kyk of ons almal kan by die punt kom waar ons
vrede kan maak met ons eie en andere se beslissings om te ry of te bly. Aan
die een kant is daar die "julle is op die chickenrun" brigade wat besluit het
om te bly en aan die ander uiterste is daar die "julle is gek om te bly"
brigade. Tussenin is daar natuurlik die meer gematigde opinies wat ook iets
te sê het oor hul individuele redes waarom na albei kante toe. Kom ons kry so
'n bietjie eerlikheid in die debat en kyk of ons iets sinvols daaruit kan kry
of ten minste by die punt kom waar mense mekaar se besluite en opinies
respekteer.

Groete uit die Laaglande

-Gideon-
Re: Leaving or staying. [boodskap #16927 is 'n antwoord op boodskap #16926] Di, 18 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Michael E Willett  is tans af-lyn  Michael E Willett
Boodskappe: 182
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 18 Aug 1998 07:05:07 GMT, gide...@usa.net had the following to say:

|Vir die in die Afrikaanse nuusgroep - kom ons gesels so 'n bietjie oor die
|verskillende standpunte en kyk of ons almal kan by die punt kom waar ons
|vrede kan maak met ons eie en andere se beslissings om te ry of te bly. Aan
|die een kant is daar die "julle is op die chickenrun" brigade wat besluit het
|om te bly en aan die ander uiterste is daar die "julle is gek om te bly"
|brigade. Tussenin is daar natuurlik die meer gematigde opinies wat ook iets
|te sê het oor hul individuele redes waarom na albei kante toe. Kom ons kry so
|'n bietjie eerlikheid in die debat en kyk of ons iets sinvols daaruit kan kry
|of ten minste by die punt kom waar mense mekaar se besluite en opinies
|respekteer.
Ek sou bly wees indien ons hierdie een debat kan voer deur net ons eie
gevoelens weer te gee en nie ander aan te val oor hulle redes en
gevoelens nie. Ek het byvoorbeeld in die verlede plasings deur Johan
en Gideon baie interesant gevind - beide hulle ondervindinge in die
buiteland en hulle opinies oor hulle besluit - en dan kom iemand soos
Ferdi en skiet dit uit die hoogte af asof hulle swak besluite probeer
regverdig.

Ek wil dus vra of ons dan net hierdie een gesprek kan run met respek
vir ander se opinies en bietjie meer vertroue in die
waarheidspersentasie van die ander ou se plasing. Dis vir my maar 'n
baie "sad" kommentaar op ons samelewing dt ons so min kan glo van wat
ons medemens sê!

...steeds net ek, Simon
Re: Leaving or staying. [boodskap #16928 is 'n antwoord op boodskap #16926] Di, 18 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Steve Du Plessis  is tans af-lyn  Steve Du Plessis
Boodskappe: 10
Geregistreer: Augustus 1998
Karma: 0
Junior Lid
Eerstens wil ek net vir Gideon sê mooi skoot. Die idee het beslis
potensiaal, maar ongelukkig sal jy nooit almal kan tevrede stel nie. Daar
sal altyd iemand wees wat 'n goeie ding wil op mors.

Laat ek van die eerstes wees om te sê dat ek nie my land verlaat het as
gevolg van polietiese redes nie. Ek het verhuis weens 'n werks aanbod wat ek
nie kon weier nie, en vandag is ek beslis nie spyd daaroor nie. Ek kan my
gesin beter versorg en nog steeds terug gaan SA. toe om vir die res van die
famielie te gaan kuier.

Ek glo meeste van die Afrikaaners wat in die buiteland is sal altyd
Afrikaaners bly, en soos ek trots wees op my geskiedenis en in ons eie reg
ambasadeurs wees vir wat Suid Afrika vir ons beteken. Maar soos ek my nasie
ken, gaan iemand my sleg sê net omdat hy/sy niks anders het om te doen nie.
Aan al die Afrikaaners tuis, moenie al die Afrikaaners oorsee onder die
selfde kam skeer nie aan gesien party weg is met baie goeie en geldige
redes.

Net 'n vreedsame boer.

Steve
Re: Leaving or staying. [boodskap #16929 is 'n antwoord op boodskap #16928] Di, 18 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
m...@here.com (Simon) writes:

> Ek sou bly wees indien ons hierdie een debat kan voer deur net ons eie
> gevoelens weer te gee en nie ander aan te val oor hulle redes en
> gevoelens nie. Ek het byvoorbeeld in die verlede plasings deur Johan
> en Gideon baie interesant gevind - beide hulle ondervindinge in die
> buiteland en hulle opinies oor hulle besluit - en dan kom iemand soos
> Ferdi en skiet dit uit die hoogte af asof hulle swak besluite probeer
> regverdig.
>
> Ek wil dus vra of ons dan net hierdie een gesprek kan run met respek
> vir ander se opinies en bietjie meer vertroue in die
> waarheidspersentasie van die ander ou se plasing. Dis vir my maar 'n
> baie "sad" kommentaar op ons samelewing dt ons so min kan glo van wat
> ons medemens sê!
>
> ...steeds net ek, Simon

Hier kom ou Simon weer met sy preek,
preek, preek. Hoekom neem jy nie die
medisyne wat jy vir die ander voorskryf
nie?

Die tannie wat al dik is vir al
jou nog-steeds-ek-egosentrisisme.
Re: Leaving or staying. [boodskap #16956 is 'n antwoord op boodskap #16928] Wo, 19 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 18 Aug 1998 07:05:07 GMT, gide...@usa.net wrote:

|brigade. Tussenin is daar natuurlik die meer gematigde opinies wat ook iets
|te sê het oor hul individuele redes waarom na albei kante toe. Kom ons kry so
|'n bietjie eerlikheid in die debat en kyk of ons iets sinvols daaruit kan kry
|of ten minste by die punt kom waar mense mekaar se besluite en opinies
|respekteer.
|
Gideon,

Vanuit my perspektief:

My besluit om oorsee te trek was nie eenvoudig nie - ons het lank
daaroor gepraat en so gaandeweg besluit om aktief uit te kyk vir 'n
btrekking in Amerika. Die hele proses het meer as ses maande geduur
en 'n mens gooi vreeslik baie gedagtes heen en weer.

As ek een of twee punte kan uitlig uit hierdie deurmekaar sop van
idees:
Vir die trek:
Ons lewens het baie duur geword in SA - my mediese fonds het my
R1600/maand gekos, my versekering was ewe hoog, die verband paaiement
het verder gedruk - ons lewensvlak het al verder gedaal.
My vrou het by 'n kinderhuis gewerk waar sy baie keer met 'n kombi
moes ry - dit was elke dag vir my groot spanning as my foon by die
kantoor lui. Ons moes altwee deur redelik slegte dele van
Johannesburg ry werk toe - onwetend op daardie stadium, was dit
geweldige hoeveelheid spanning wat 'n mens so in jou onderbewussyn
dra.
Ek bevind my in 'n redelike smal "career path" en toe ek 'n
werksaanbod kry wat amper "vir my gemaak is", kon ek nie juis nee sê
nie.
Die kleuterskool wat ons hard aan gehelp bou het, sou netso onteien
word. Die enorme groot klasse waarin ons oudste op skool geland het,
was simbool van onderwys wat vinnig agteruitgaan. Die navorsing wt ns
gedoen het oor die Amerikaanse onderwysstelsel het dit baie aanloklik
gemaak.
Die vooruitsig om 'n nuwe deel van die wereld te kan leer ken en die
ondervinding daarvan was 'n baie groot trekpleister.

Teen die trek:
Die feit dat ons sou wegtrek van die seuns se ouma af (my ma) naby wie
ons gebly het. Hulle het haar 'n paar keer per week gesien en veral
my oudste is baie geheg aan sy ouma. Skoonma het in elk geval baie
ver gebly, maar die sielkundige skeiding is maar steeds daar. My vrou
is een van 'n tweeling en vir haar en sussie was dit maar rof.

Ja, ons moes baie regverdiging van ons besluit doen, maar dit was
alles voor ons besluit het om te kom en was ook deel van ons besluit,
maar daarna was regverdiging of rationalisasie van ons besluit nog
nooit weer ter sprake nie - nie eers in die tyd wt ons in SA gewag het
vir ons visums nie.

Ons het ook die raad gekry om nie voortdurend te probeer besluit of
ons sal teruggaan voor twee jaar nie verby is nie. As twee jaar dan
verby is, en jy sê "nou moet ek my besluit maak", dan kom jy agter jy
het reeds jou besluit gemaak - as jy wil bly, sal jy dit dan sonder
twyfel weet, sonie sal jy steeds wil terug gaan.

Nouja, ons was maar so vier maande hier toe kom ons agter ons twyfel
nie meer nie - ons gaan bly. Ons is baie gelukkig in die opsig - vir
die ouens wat nog nie besluit het nie - is dit 'n voortdurende issue.

Ek het aanvanklik gedink ek moet 'n lang brief aan my seuns skryf om
vir hulle te verduidelik waarom ons so groot besluit geneem het en
glad nie wroeging daaroor het nie, maar al het ek daarmee begin, klink
al 'n ou se woorde so hol of belaglik dat ek nog nie verder daarmee
kon vorder nie. Ek hoop maar ek leef lank genoeg dat ek self lekker
met hulle kan praat as hulle eers verstand kry hier na hulle
tienerjare.

Nou is dit net by tye soos hierdie NG wat ons nog daaraan dink -
anders is dit nie eers in my gedagtes nie.

Nou ja, daars my "baring of the soul" en my bydrae hieroor. Ek dink
nie ek is verteenwoordigend van alle ous wat nou in die buiteland of
Aemrika is nie. Alles hier is maar net my beskeie siening van dinge.

Ek sal graag wil weet hoe ander ouens in die buiteland dieselfde sake
beleef het.

Johan

Vat dit rustig, dan geniet jy die lewe meer ....!
Re: Leaving or staying. [boodskap #16957 is 'n antwoord op boodskap #16928] Wo, 19 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bi...  is tans af-lyn  bi...
Boodskappe: 100
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
m...@here.com (Simon) wrote:
> On Tue, 18 Aug 1998 07:05:07 GMT, gide...@usa.net had the following
> to say:
>
> |Vir die in die Afrikaanse nuusgroep - kom ons gesels so 'n bietjie oor die
> |verskillende standpunte en kyk of ons almal kan by die punt kom waar ons
> |vrede kan maak met ons eie en andere se beslissings om te ry of te bly. Aan
> |die een kant is daar die "julle is op die chickenrun" brigade wat besluit het
> |om te bly en aan die ander uiterste is daar die "julle is gek om te bly"
> |brigade. Tussenin is daar natuurlik die meer gematigde opinies wat ook iets
> |te sê het oor hul individuele redes waarom na albei kante toe. Kom ons kry so
> |'n bietjie eerlikheid in die debat en kyk of ons iets sinvols daaruit kan kry
> |of ten minste by die punt kom waar mense mekaar se besluite en opinies
> |respekteer.
> Ek sou bly wees indien ons hierdie een debat kan voer deur net ons eie
> gevoelens weer te gee en nie ander aan te val oor hulle redes en
> gevoelens nie. Ek het byvoorbeeld in die verlede plasings deur Johan
> en Gideon baie interesant gevind - beide hulle ondervindinge in die
> buiteland en hulle opinies oor hulle besluit - en dan kom iemand soos
> Ferdi en skiet dit uit die hoogte af asof hulle swak besluite probeer
> regverdig.
>
> Ek wil dus vra of ons dan net hierdie een gesprek kan run met respek
> vir ander se opinies en bietjie meer vertroue in die
> waarheidspersentasie van die ander ou se plasing. Dis vir my maar 'n
> baie "sad" kommentaar op ons samelewing dt ons so min kan glo van wat
> ons medemens sê!
>
> ...steeds net ek, Simon
>

Ek wil sommer weer jou woorde hier op die net sien want sommer net jy Simon
maak soveel sin. Soos ek vir Sanet probeer se het oor haar trek na
Vancouver, die belangrikste ding is jou menseverhoudings. Gaan en bly waar
jou hart jou neem. Bly in Suid Afrika as jy familie het vir wie jy lief is en
graag gereeld wil sien. Daar le die groot rede vir my om te waai of te bly.
Nou weet ek net hoe party mense in my gorrel gaan afspring oor dit dat en die
ander. Ek is baie sentimenteel oor die saak want ek het al te veel verloor
in die lewe. Die ergse ding is nie om arm te wees of in n plek te woon wat
jou horries gee nie. Die ergste ding is om verwyder te wees van mense vir
wie jy lief is. Mens besef nie vooraf presies hoe hoog die prys gaan wees
nie -so is dit mos maar in die lewe met groot besluite. Vra my maar, dit is
nou een plek wat ek goed ken.

Billy.

-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/rg_mkgrp.xp Create Your Own Free Member Forum
Re: Leaving or staying. [boodskap #16958 is 'n antwoord op boodskap #16928] Wo, 19 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 19 Aug 1998 07:53:32 GMT, gide...@usa.net wrote:

|'n Sterk punt wat jy maak, Leendert. Dit is nogal 'n interessante een om oor
|na te dink. Uit die aard van die voorwaardes vir emigrasie van die tipe lande
|waarheen Afrikaners op die oomblik beweeg, is dit mense wat of finansieel
|mobiel is, of hoë vaardigheidsvlakke het (daar is natuurlik ook die wat
|voorsate het wat van ander lande kom, maar ek sou dit as 'n definitiewe
|minderheid beskou). Van die mense het nog steeds sakebelange in SA en belê
|dan ook van hul winste wat gemaak word in die buiteland terug in SA. Dit is

Ek sou baie graag werklike syfers in hierdie verband wou sien, Gideon.
Ek sê nie jy is verkeerd nie - bloot nuuskierig. My eie persepsie is
dat meeste ouens hier in Amerika so min as moontlik SA toe wil stuur
omdat dit dan waardeloos word.

'n Mens hoor tipies die volgende uitlatings by ons maandelike
bymekaarkoms: "Ek kry nie my huis in SA verkoop nie" en dan is daar
so 'n frons op die gesig. Daar is ook baie meer gereeld mense wat sê
dat hulle besluit het om nou te bly, as wat daar mense is wat
teruggaan. Dis omtrent net die bachelors wat weer teruggaan SA toe -
die gesinne bly almal.

En die ouers wat kom kuier spreek almal die spyt uit dat hulle nie so
maklik hier kan kom bly nie.

|Dan ook soos jy tereg sê sal daar van die mense wees wat kies om nooit terug
|te kom nie wat totaal sal integreer in die nuwe samelewing, en Amerikaners of
|Australianers word - miskien nie binne een geslag nie, maar wel binne 'n
|leeftyd.

Sjoe, Gideon, hier hap jy geweldig groot! Ons het besluit om met die
huidige gegewe nie terug te gaan nie, maar ek weet nie so mooi van
totaal integreer nie ... Ek voel of ek altyd 'n aksent sal hê, om maar
een aspek te noem. Ons is wat kerk betref reeds te volle geintegreer,
hoewel 'n ou maar 'n knop in die keel kry as jy 'n baie bekende wysie
sing en die woorde is nie Afrikaans nie.

Ek weet darem ook nie of ek ooit aan die smaak van pumpkin pie sal
gewoond raak nie!

Watter ander aspekte is daar van integrasie wat 'n mens kan oorweeg?

Miskien die taal wat jy praat - wel, ek en my vrou sal seker maar tot
ons einde Afrikaans in die huis praat - netsoos die Duitsers wat ek
hier mee bevriend geraak het hulle Duits praat. En netsoos hulle, het
ons hier so baie Afrikaanse vriende en kollegas dat ons dit daagliks
met mense buite die gesin praat.

|Weereens 'n interessante stelling. Ek dink dat die Afrikaner deur sy nuwe
|mobiliteit besig is om 'n meer komplekse en multidimensionele karakter te
|ontwikkel. Tot so 'n mate dat ( in aansluiting met 'n vorige stelling)
|Afrikaners sal kan sê dat hul egte Amerikaners is, maar ook egte Afrikaners.

Dis omtrent my strewe - Amerika bied vir my baie geleenthede en vir my
seuns 'n blink toekoms - ek wil graag 'n goeie Amerikaner word. Ek is
al klaar so wetsgehoorsaam soos tien en ry streng by die 90k/u op die
snelweë! Ek maak 'n doodstop by die stopstrate en doen my deel om die
omgewing so netjies as moontlik te hou.

Maar gaan dit, saam met verantwoordelike stemmery eendag, van my 'n
goeie Amerikaner maak? Ek sukkel om die goed so mooi in woorde om te
sit.

Sal julle 'n aksentlose Nederlands kan aanleer? Ek wil my half
verbeel dit sal montlik wees.

Johan

Vat dit rustig, dan geniet jy die lewe meer ....!
Re: Leaving or staying. [boodskap #16959 is 'n antwoord op boodskap #16928] Wo, 19 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Michael E Willett  is tans af-lyn  Michael E Willett
Boodskappe: 182
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 18 Aug 1998 07:05:07 GMT, gide...@usa.net had the following
to say:
| It might
|be interesting to get a debate going on the whole issue of migrant workers
|and emigration. THen further issues of interest would be to discuss those who
|left SA during the Apartheid years for political reasons versus those who are
|leaving SA now for political reasons. Let's add some flavour to the whole
|debate and throw in opinions from all sides.
|
I'm staying because I haven't been a statistic yet. Ek het nog net
nie die motivering gevoel om te gaan nie - ek wag vir die valuta
regulasies om verslap te word sodat ek my geld kan uitneem - biekie
van 'n probleem want dit word ook heeltyd minder werd en die regering
wil al hoe meer daarvan hê om uit te mors!

Ek sou baie graag bande met die UK wou hê sodat ek soontoe kon gaan,
maar ek kan dit ongelukkig nie "home" noem nie. Ek sal seker maar
dink aan NZ of Canada of die US.

Of dalk kom ek nog in die UK in!

...steeds net ek, Simon
Re: Leaving or staying. [boodskap #16960 is 'n antwoord op boodskap #16928] Wo, 19 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
e...@dot.com (Johan ) writes: > On 18 Aug 1998 23:47:02 GMT,

> En ek stem nogal met hom saam - ek wou al in die verlede vertel hoe ek
> my skuif buiteland toe ervaar het en dan word 'n mens uitgelag deur
> Ferdi en Lou wat sê jy probeer jou swak besluit regverdig. En ek sal
> graag wil deelneem aan die gesprekke sonder hulle gekef in die
> agtergrond - ek dink hier is genoeg van ons wat bloot geintereseerd is
> in mekaar se wedervaringe.
>
> Gloudina, ek het byvoorbeeld jou vertelling van die blomme baie geniet
> en hoop jy antwoord nog op my vraag oor die malvas.

Presies, Johan. Jy was een van die sondaars
wat jou lewe hier op die nuusgroep begin het
deur (1) te vertel hoe sleg SA is (2) hoe
wonderlik en sonder enige foute "Amerika"
is, (3) wat 'n gelukkige derduiwel jy voel
dat jy nie so dom was om in SA te bly nie,
dat jy selfs vir Lou kropvol gemaak het. Jy
het oor en oor vertel van hoe jy jou "skuif
buiteland toe ervaar het"

Bring jou malvas in as jy wil. Of vra jou
bure. Ons reel is, wat binne is bly binne,
en omgekeerd. Op so 'n manier bring jy nie
allerhande goggas in die huis in vir die
winter nie.

Gloudina
Re: Leaving or staying. [boodskap #16961 is 'n antwoord op boodskap #16928] Wo, 19 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gideon  is tans af-lyn  Gideon
Boodskappe: 194
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
"Leendert van Oostrum" wrote:
>
> Ek dink nie dit is net die kwessie van "individuele redes" wat ter sake is
> nie. Persoonlik dink ek dat die verspreiding van Afrikaners in die diaspora
> op die lang duur 'n hoofsaaklik positiewe effek sal hê. 90% (?) van hulle
> sal binne 'n geslag of twee nie meer Afrikaners wees nie. Maar 'n klein
> persentasie sal Afrikaners bly. Hulle vorm 'n magsvermenigvuldiger wat baie
> belangrik kan wees vir beide ekonomiese en politieke redes. Van hulle sal
> sommige terugkom - met unieke perspektiewe, kundigheid en vermoëns.
>

'n Sterk punt wat jy maak, Leendert. Dit is nogal 'n interessante een om oor
na te dink. Uit die aard van die voorwaardes vir emigrasie van die tipe lande
waarheen Afrikaners op die oomblik beweeg, is dit mense wat of finansieel
mobiel is, of hoë vaardigheidsvlakke het (daar is natuurlik ook die wat
voorsate het wat van ander lande kom, maar ek sou dit as 'n definitiewe
minderheid beskou). Van die mense het nog steeds sakebelange in SA en belê
dan ook van hul winste wat gemaak word in die buiteland terug in SA. Dit is
natuurlik tot voordeel van die land van 'n werkskepping en ekonomiese punt
gesien. Die gemiddelde persoon wat na buite SA skuidf het ook 'n verhoogde
vermoë om welvaar vir homself en sy gesin te skep. Mense sien die uitvloei
van vaardighede en geld as dit wat onmiddellik sigbaar is, maar vergeet van
die terugvloei van hoër vlakke vaardighede en finansies op die langer duur.
Natuurlik sal die mate waartoe daar 'n suksesvolle transformasie in SA kan
wees direk verwant wees aan die hoeveelheid vaardighede en fondse wat
terugkeer. As dinge stabiel is, en dinge goed werk, kan die wat oorsee is
makliker besluit oor hul terugkoms, en kan dit makliker gebeur as gevolg van
'n positiewe finansiële situasie. Die teendeel is ook waar - as dinge
negatief draai, is dit vir die mense dan ook heel maklik om net aan te gaan
met hul lewens en kan hulle die skuif eenvoudig 'n permanente een maak -
sonder dat dit enige impak het op hulself. Dus, kan 'n mens eintlik maar sê
dat as die aanvanklike risiko vir jou as 'n emigrant of migrante werker eers
verby is, kan jy gemaklik in jou leunstoel besluit of jy wil teruggaan of
nie. Die regverdiging daarvoor kan egter 'n heel komplekse argument word met
min of praktiese of filosofiese antwoorde na enige kant.

Dan ook soos jy tereg sê sal daar van die mense wees wat kies om nooit terug
te kom nie wat totaal sal integreer in die nuwe samelewing, en Amerikaners of
Australianers word - miskien nie binne een geslag nie, maar wel binne 'n
leeftyd. Om terug te kom na die saak van ekonomiese mobiliteit, moet ek egter
ook sê dat die feit dat mense ekonomies meer mobiel is, en die wêreld byna
daagliks krimp agv dinge soos die Internet en (van buite SA) goedkoper
vlugtariewe, sal die wat probeer om die bande met SA sterk te hou in wese
Suid-Afrikaners en Afrikaners kan bly. Natuurlik sal die kuses wat die
volgende geslag uitvoer ook relevant bly. Ek hetbyvoorbeeld vriende in SA wie
se ouers na SA getrek het toe hulle so vier jaar oud was. Hulle is nou so
geintegreer met die Suid-Afrikaanse samelewing dat hulle deurgaan as
Afrikaners. Tog hou hulle nog steeds bande met Nederland deur familie wat
terug is na Nederland of in Nederland agtergebly het. Meeste van die broers
het ook op een of ander tyd (vir 'n jaar of twee) teruggegaan na Nederland om
te werk en te ervaar waaroor dit gaan. Hierdie mense kan hulself met reg as
Nederlanders beskou, maar kan hulself ook met reg as Afrikaners beskou.

> Ek dink ook mens moet versigtig wees om te veel te onderskei tussen die wat
> oor die grense emigreer en die wat binnelands "emigreer" - na potensiële
> volkstate en ander kulturele/ekonomiese/politieke (gosdienstige?)
> belangegemeenskappe. Ook hierdie mense bou aan 'n magsbasis - 'n
> territoriale een hoofsaaklik, maar een wat ook kulturele, politieke en
> ekonomiese implikasies het.
>
> Volgens my vorm albei hierdie groepe noodsaaklike elemente van die
> "Afrikaner van die 21ste eeu" saam met die wat nie fisies verhuis nie.
>
> Want die fisiese en kulturele "oorlewing" van 'n entiteit soos "Afrikaners"
> sal afhang daarvan dat mense baie opsies het om uit te oefen.
>

Weereens 'n interessante stelling. Ek dink dat die Afrikaner deur sy nuwe
mobiliteit besig is om 'n meer komplekse en multidimensionele karakter te
ontwikkel. Tot so 'n mate dat ( in aansluiting met 'n vorige stelling)
Afrikaners sal kan sê dat hul egte Amerikaners is, maar ook egte Afrikaners.
Dit is nogal 'n paradigmaskuif van die ou eendimensionele Apartheidsdae
beskouing dat die isolasie van die Afrikaner goed is, en dat enigiets wat
beweeg na 'n meer komplekse karakter nie eg Afrikaans is nie. So was dit
byvoorbeeld vir vele Afrikaners ongehoord dat 'n Afrikaner 'n vlot,
aksentlose Engelsspreker ook kan wees. Dit was amper "onafrikaans" as ek so
'n term kan gebruik. Net so het Afrikaners van geboorte wat hulself wou
distansieer van Apartheid en Afrikanernasionalisme doelbewus verengels. 'n
Uiters interessante voorbeeld van 'n uiterste vorm van die verskynsel, is die
Kaapse kleurlinggemeenskap. Hierdie gemeenskap was tradisioneel nou vermeng
met en geintegreer met wat mense in Apartheidsera as Afrikaners beskou het.
Na die rasseklassifikasie dinge, was bloedfamilie in sommige gevalle van
mekaar geskei op grond van hul skakering. DIt het 'n split gebring waar die
een gedeelte hulself modelleer het van 'n Nasionalisme wat kopieer is van die
Duitsers se vooroorlogse veldtogte. So - daar is in effek 'n nuwe prentjie
vir die AFrikaner geskilder van wie hy is, om patriotisme en eensgesindheid
binne die groep te probeer bewerkstellig. Dit het die sg. kleurlinge toe
gelaat sonder heelwat van die bande van geskiedenis. Die kleurlinge kon
hulself as gevolg van die karakterseienskappe en ideologie van
Afrikaner-nasionalisme hulself nie meer assosieer met blanke Afrikanerdom
nie, hoewel hul dieselfde geskiedkundige en taalwortels gehad het. Die
geskiedkundige wortel is afgesny. Om hul finaal te distansieer van
Afrikanerskap, het 'n redelike groot persentasie begin Engels praat met hul
kinders. Ek ken heelwat "kleurling" mense wat goeie Afrikaanssprekers is,
maar wie se kinders glad nie meer Afrikaans kan praat nie.

> Ek dink jy moet aanvaar dat eerlikheid, sin en respek (al drie in die gewone
> sin) baie skaars items is in 'n onbegrensde groep soos hierdie. Daar is, vir
> die meeste deelnemers, geen nadeel aan verbonde om oneerlik, onsinnig, of
> disrespekvol te wees nie.
>

Te rselfdertyd is daar geen nadeel daarin vir mense om eerlik, sinvol of
respekvol te wees nie. As iemand weg is omdat hy swartes haat, is dit sy reg
om so te sê, want hy kan nie aangeraak word hier in die wolk van anonimiteit
nie :)

> Ek dink mens moet aanvaar dat daar 'n groot hoeveelheid kaf is om te sif as
> jy korrels soek. Individuele agendas is baie na aan die oppervlak maar op 'n
> metavlak is daar tog veel te leer oor dinge wat Afrikanergemoedere gaande
> maak.
>
Ons sif maar in elk geval - miskien kom daar tog iets betekenisvol uit

Groete

-Gideon-

-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/rg_mkgrp.xp Create Your Own Free Member Forum
Re: Leaving or staying. [boodskap #16962 is 'n antwoord op boodskap #16928] Wo, 19 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 18 Aug 1998 23:47:02 GMT, wrote:

| Hier kom ou Simon weer met sy preek,
| preek, preek. Hoekom neem jy nie die
| medisyne wat jy vir die ander voorskryf
| nie?
|
| Die tannie wat al dik is vir al
| jou nog-steeds-ek-egosentrisisme.
|
|
Hy voel seker maar dat ouens soos jy so nou en dan bietjie preek nodig
het.

En ek stem nogal met hom saam - ek wou al in die verlede vertel hoe ek
my skuif buiteland toe ervaar het en dan word 'n mens uitgelag deur
Ferdi en Lou wat sê jy probeer jou swak besluit regverdig. En ek sal
graag wil deelneem aan die gesprekke sonder hulle gekef in die
agtergrond - ek dink hier is genoeg van ons wat bloot geintereseerd is
in mekaar se wedervaringe.

Gloudina, ek het byvoorbeeld jou vertelling van die blomme baie geniet
en hoop jy antwoord nog op my vraag oor die malvas.
Re: Leaving or staying. [boodskap #16963 is 'n antwoord op boodskap #16928] Wo, 19 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
gide...@usa.net wrote in message ...

> Vir die in die Afrikaanse nuusgroep - kom ons gesels so 'n bietjie oor die
> verskillende standpunte en kyk of ons almal kan by die punt kom waar ons
> vrede kan maak met ons eie en andere se beslissings om te ry of te bly. Aan
> die een kant is daar die "julle is op die chickenrun" brigade wat besluit het
> om te bly en aan die ander uiterste is daar die "julle is gek om te bly"
> brigade. Tussenin is daar natuurlik die meer gematigde opinies wat ook iets
> te sê het oor hul individuele redes waarom na albei kante toe.

Ek dink nie dit is net die kwessie van "individuele redes" wat ter sake is
nie. Persoonlik dink ek dat die verspreiding van Afrikaners in die diaspora
op die lang duur 'n hoofsaaklik positiewe effek sal hê. 90% (?) van hulle
sal binne 'n geslag of twee nie meer Afrikaners wees nie. Maar 'n klein
persentasie sal Afrikaners bly. Hulle vorm 'n magsvermenigvuldiger wat baie
belangrik kan wees vir beide ekonomiese en politieke redes. Van hulle sal
sommige terugkom - met unieke perspektiewe, kundigheid en vermoëns.

Ek dink ook mens moet versigtig wees om te veel te onderskei tussen die wat
oor die grense emigreer en die wat binnelands "emigreer" - na potensiële
volkstate en ander kulturele/ekonomiese/politieke (gosdienstige?)
belangegemeenskappe. Ook hierdie mense bou aan 'n magsbasis - 'n
territoriale een hoofsaaklik, maar een wat ook kulturele, politieke en
ekonomiese implikasies het.

Volgens my vorm albei hierdie groepe noodsaaklike elemente van die
"Afrikaner van die 21ste eeu" saam met die wat nie fisies verhuis nie.

Want die fisiese en kulturele "oorlewing" van 'n entiteit soos "Afrikaners"
sal afhang daarvan dat mense baie opsies het om uit te oefen.

> Kom ons kry so
> 'n bietjie eerlikheid in die debat en kyk of ons iets sinvols daaruit kan kry
> of ten minste by die punt kom waar mense mekaar se besluite en opinies
> respekteer.

Ek dink jy moet aanvaar dat eerlikheid, sin en respek (al drie in die gewone
sin) baie skaars items is in 'n onbegrensde groep soos hierdie. Daar is, vir
die meeste deelnemers, geen nadeel aan verbonde om oneerlik, onsinnig, of
disrespekvol te wees nie.

Ek dink mens moet aanvaar dat daar 'n groot hoeveelheid kaf is om te sif as
jy korrels soek. Individuele agendas is baie na aan die oppervlak maar op 'n
metavlak is daar tog veel te leer oor dinge wat Afrikanergemoedere gaande
maak.

Groete, Leendert
Re: Leaving or staying. [boodskap #16964 is 'n antwoord op boodskap #16928] Wo, 19 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Edwin  is tans af-lyn  Edwin
Boodskappe: 16
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Junior Lid
Ons het vir die ondervinding, en weens nostalgiese redes (ek het as kind ook
'n paar jaar in Kanada gebly), hierheen gekom. Veral in die professies en
die akademie het 'n mens die geleendheid om jou ervaringsveld te vebreed.
Nie omdat Noord-Amerika "beter" is nie, maar omdat die perspektiewe baie
maal 'n bietjie anders as in SA.

Baie van die mense wat tans hier aankom, doen dit om die huidige
misdaadvlaag in SA te ontsnap. Gewoonlik was of hulle self, of iemand na aan
hulle, 'n misdaadslagoffer.

Die mense wat pens-en-pootjies hierna trek het gewoonlik gesinne, en doen
dit o.a. omdat hulle wil seker maak dat hulle kinders in relatiewe vrede kan
grootword.

Mense soos ons wat nie noodwendig "vir altyd" gekom het nie, wonder soms of
ons terug moet gaan as ons luister na hoe daar gekla word oor alles in SA.
Ons probeer egter positief te bly, en hoop dat ons ou volkie sal leer om
positiewe oplossings te kry vir al die negatiewe probleme.

Miskien moet ons meer aandag gee aan hoe die mense hier aandring dat hulle
regte nie in gedrang mag kom nie; dan kan ons, as ons DV terug na SA gaan,
sorg dat ons daar verantwoording vra as ons regte aangetas word (maar ek sal
seker eer 'n bietjie die SA handves van menseregte moet opswot!).

Maar net 'n gedagte of twee.

Edwin
gide...@usa.net wrote in message ...

> Vir die in die Afrikaanse nuusgroep - kom ons gesels so 'n bietjie oor die
> verskillende standpunte en kyk of ons almal kan by die punt kom waar ons
> vrede kan maak met ons eie en andere se beslissings om te ry of te bly. Aan
> die een kant is daar die "julle is op die chickenrun" brigade wat besluit het
> om te bly en aan die ander uiterste is daar die "julle is gek om te bly"
> brigade. Tussenin is daar natuurlik die meer gematigde opinies wat ook iets
> te sê het oor hul individuele redes waarom na albei kante toe. Kom ons kry so
> 'n bietjie eerlikheid in die debat en kyk of ons iets sinvols daaruit kan kry
> of ten minste by die punt kom waar mense mekaar se besluite en opinies
> respekteer.
Re: Leaving or staying. [boodskap #16983 is 'n antwoord op boodskap #16928] Do, 20 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
crunch  (()) :c 8 |]]  is tans af-lyn  crunch (()) :c 8 |]]
Boodskappe: 102
Geregistreer: Mei 1998
Karma: 0
Senior Lid
Ek beaam wat jy sê: Al wat ek mis is my vriende en my familie, alhoewel ons
daarvan werk maak. Ja, jy kan aan die bosveld en die wild en sulke goed
dink, maar wat, daar's eintlik baie net so mooi en in meeste gevalle,mooier
plekke en ondervindings in ander werelddele.

Soos jy sê, die prys is hoog: dit maak stellings soos 'banggatte en
verraaiers' belaglik. Die MAKLIKSTE keuse sou eintlik gewees het om te bly
en die omstandighede te blameer. Dit is egter in baie mense se bloed om hul
lot te probeer verbeter, ondanks die koste en ongerief wat (hopelik net in
die korttermyn) verduur moet word.

Soos my Pa altyd gesê het: 'A man with an argument is no match for a man
with experience'.

--
nomad@rest.oasis
wrote in message 6rfobi$omr$1@nnrp1.dejanews.com...
>
> Bly in Suid Afrika as jy familie het vir wie jy lief is en
> graag gereeld wil sien. Daar le die groot rede vir my om te waai of te bly.
> Nou weet ek net hoe party mense in my gorrel gaan afspring oor dit dat en die
> ander. Ek is baie sentimenteel oor die saak want ek het al te veel verloor
> in die lewe. Die ergse ding is nie om arm te wees of in n plek te woon wat
> jou horries gee nie. Die ergste ding is om verwyder te wees van mense vir
> wie jy lief is. Mens besef nie vooraf presies hoe hoog die prys gaan wees
> nie -so is dit mos maar in die lewe met groot besluite.
Re: Leaving or staying. [boodskap #16984 is 'n antwoord op boodskap #16961] Do, 20 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
gide...@usa.net wrote in message ...

> Uit die aard van die voorwaardes vir emigrasie van die tipe lande
> waarheen Afrikaners op die oomblik beweeg, is dit mense wat of finansieel
> mobiel is, of hoë vaardigheidsvlakke het (daar is natuurlik ook die wat
> voorsate het wat van ander lande kom, maar ek sou dit as 'n definitiewe
> minderheid beskou). Van die mense het nog steeds sakebelange in SA en belê
> dan ook van hul winste wat gemaak word in die buiteland terug in SA. Dit is
> natuurlik tot voordeel van die land van 'n werkskepping en ekonomiese punt
> gesien. Die gemiddelde persoon wat na buite SA skuidf het ook 'n verhoogde
> vermoë om welvaar vir homself en sy gesin te skep. Mense sien die uitvloei
> van vaardighede en geld as dit wat onmiddellik sigbaar is, maar vergeet van
> die terugvloei van hoër vlakke vaardighede en finansies op die langer duur.
> Natuurlik sal die mate waartoe daar 'n suksesvolle transformasie in SA kan
> wees direk verwant wees aan die hoeveelheid vaardighede en fondse wat
> terugkeer.

Hmm... Ja. Ek dink die spulletjie wat hier bly kan uitsien na 'n lang
tydperk van finansiële verarming. Maar hulle sal ook ander dinge leer, wat
die in die diaspora nie sal leer nie.

Maar ek dink dit gaan oor meer as kennis, vaardighede en fondse wat
"terugkeer". Dit gaan oor netwerkskepping. Feitlik elke Afrikaner van die
huidige geslag wat in die buiteland is, is op die een of ander manier
verbonde aan sommige Afrikaners in SA. Die effek hiervan is 'n massiewe
internasionale netwerk van kontakte, wat groot potensiaal het vir
ekonomiese, kulturele en politieke ontwikkeling vir _almal_ van hulle.

Sommige sal die potensiaal benut, en ander sal nie. Ek vermoed dat meer van
die binne die land die potensiaal sal benut as van die daarbuite. Die rede
is eenvoudig: hulle is die ouens wat onder ekonomiese en politieke druk
verkeer, en wat gemotiveer word om te inoveer, terwyl die daar buite juis
buite is om die druk te ontsnap. Maar lg sal weer om ander redes onder druk
wees om te inoveer (vreemde omgewing, ens).

In elk geval, ek dink Afrikaners sal, soos die meeste ander mense, oor die
volgende eeu baie nuwe plannetjies moet uitdink. Maar 'n goeie
internasionale netwerk sal hulle in 'n goeie posisie plaas om meer planne te
genereer en meer van hulle te laat werk.

> Dus, kan 'n mens eintlik maar sê
> dat as die aanvanklike risiko vir jou as 'n emigrant of migrante werker eers
> verby is, kan jy gemaklik in jou leunstoel besluit of jy wil teruggaan of
> nie. Die regverdiging daarvoor kan egter 'n heel komplekse argument word met
> min of praktiese of filosofiese antwoorde na enige kant.

M.i. moet elkeen hom maar teenoor homself regverdig. In die groter geheel is
die groter diversiteit van blootstelling en insigte tot almal se voordeel.
Die voorwaardes is egter:

a) 'n territoriale "nodus" as fokuspunt vir kulturele identiteit.
b) kommunikasie.

>
> Dan ook soos jy tereg sê sal daar van die mense wees wat kies om nooit terug
> te kom nie wat totaal sal integreer in die nuwe samelewing, en Amerikaners of
> Australianers word - miskien nie binne een geslag nie, maar wel binne 'n
> leeftyd.

Hmmm.... Sommige van die wat ek ken neem die kwessie van integrasie baie
ernstig op - hulle neem die taal van hul nuwe land aan as huistaal, en
kommunikeer nie graag "terug" nie. Dis 'n manier om dit te hanteer maar dit
is sielkundig, dink ek, gevaarlik - veral vir die kinders.

> Dit is nogal 'n paradigmaskuif van die ou eendimensionele Apartheidsdae
> beskouing dat die isolasie van die Afrikaner goed is, en dat enigiets wat
> beweeg na 'n meer komplekse karakter nie eg Afrikaans is nie. So was dit
> byvoorbeeld vir vele Afrikaners ongehoord dat 'n Afrikaner 'n vlot,
> aksentlose Engelsspreker ook kan wees. Dit was amper "onafrikaans" as ek so
> 'n term kan gebruik.

O ja. My ouma het my gemaan om 'n meer "Afrikaanse" klank in my Engels te
sit. En sy was self op Engelse skole en kollege!

Maar ek dink dat die aard van baie Afrikaners se identifikasie met die SA
grondgebied geweldig verander het sedert '94. Anna M Louw sê byvoorbeeld "Ek
het nie meer 'n vaderland nie". Soortgelyke opmerkings het ek al by baie
mense gehoor, maar die punt is dat dit 'n groot verskuiwing in mense se
perspektief meebring.

> Net so het Afrikaners van geboorte wat hulself wou
> distansieer van Apartheid en Afrikanernasionalisme doelbewus verengels.

Ja en nee. Doelbewuste verengelsing is 'n verskynsel wat al eeue met ons
is - Langenhoven het daaroor geskryf, en so ook die eerste taalbeweging.
Daar is verskeie redes voor, maar dit ou baie verband met status en die
vermeende nuttigheidswaarde van Engels. Verengelsing' lyk dit my, het deur
die geskiedenis maar altyd hoosaaklik in die meer gegoede en "upwardly
mobile" groepe voorgekom.

[..."Kleurlinge wat verengels as reaksie teen apartheid...]
> Om hul finaal te distansieer van
> Afrikanerskap, het 'n redelike groot persentasie begin Engels praat met hul
> kinders. Ek ken heelwat "kleurling" mense wat goeie Afrikaanssprekers is,
> maar wie se kinders glad nie meer Afrikaans kan praat nie.

Daar is sekerlik baie "kleurlinge" wat as politieke reaksie verengels het -
bv. Adam Small. Maar my indruk is dat die baises druk om te verengels wat
mens by "Afrikaners" kry maar daar ook funksioneer - vermeende status- en
ekonomiese oorwegings. Miskien is dit vererger deur die vestiging van ABA
onder die Akademie en die SAUK sedert die dertigerjare - verskeie Kapenaars
het byvoorbeeld al vir my (in suiwer Kaapse Afrikaans) gesê dat hulle
verkies om Engels te praat, wat hul Afrikaans is nie goed nie.

> Te rselfdertyd is daar geen nadeel daarin vir mense om eerlik, sinvol of
> respekvol te wees nie.

Ek stem nie heeltamal saam nie, maar daarbenewens reken ek dat die mense in
elk geval tot die sonde geneig is (het iemand nie onlangs krimenologiese
data hier aangehaal wat die Skriftuurlike standpunt ondersteun nie?)

Groete, Leendert
Re: Leaving or staying. [boodskap #17049 is 'n antwoord op boodskap #16928] Ma, 24 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 24 Aug 1998 13:11:37 +0200, lou wrote:

|
|Aaarghh!!!- ek stem saam met Gloudina. Juk - spoeg!!! :)
|
|Lou
As jy nou net geweet het hoe lekker ek hier bly was jou mond se
binnekant so fris en vars soos die water uit 'n Minnesota meer vroeg
in die lente.

Stik maar ou pêl - die feite kan jy nie verander nie!

Johan

Vat dit rustig, dan geniet jy die lewe meer ....!
Re: Leaving or staying. [boodskap #17050 is 'n antwoord op boodskap #16928] Ma, 24 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote:
>
> e...@dot.com (Johan ) writes: > On 18 Aug 1998 23:47:02 GMT,
>
>> En ek stem nogal met hom saam - ek wou al in die verlede vertel hoe ek
>> my skuif buiteland toe ervaar het en dan word 'n mens uitgelag deur
>> Ferdi en Lou wat sê jy probeer jou swak besluit regverdig. En ek sal
>> graag wil deelneem aan die gesprekke sonder hulle gekef in die
>> agtergrond - ek dink hier is genoeg van ons wat bloot geintereseerd is
>> in mekaar se wedervaringe.
>
> Presies, Johan. Jy was een van die sondaars
> wat jou lewe hier op die nuusgroep begin het
> deur (1) te vertel hoe sleg SA is (2) hoe
> wonderlik en sonder enige foute "Amerika"
> is, (3) wat 'n gelukkige derduiwel jy voel
> dat jy nie so dom was om in SA te bly nie,
> dat jy selfs vir Lou kropvol gemaak het. Jy
> het oor en oor vertel van hoe jy jou "skuif
> buiteland toe ervaar het"
>

Aaarghh!!!- ek stem saam met Gloudina. Juk - spoeg!!! :)

Lou
Re: Leaving or staying. [boodskap #17068 is 'n antwoord op boodskap #16928] Di, 25 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
e...@dot.com (Johan ) writes: > On Mon, 24 Aug 1998 13:11:37 +0200, lou wrote:
>
>
> |
> |Aaarghh!!!- ek stem saam met Gloudina. Juk - spoeg!!! :)
> |
> |Lou
> As jy nou net geweet het hoe lekker ek hier bly was jou mond se
> binnekant so fris en vars soos die water uit 'n Minnesota meer vroeg
> in die lente.
>
> Stik maar ou pêl - die feite kan jy nie verander nie!
>
> Johan

Johan, jy interpreteer ou Lou verkeerd. Hy spoeg
diekant toe omdat hy in die posisie geplaas is dat
hy met my moet saamstem. Dis soos Yahoos hulle
emosies wys.

Die Algonquin-houyhnhnm
Re: Leaving or staying. [boodskap #17069 is 'n antwoord op boodskap #16928] Di, 25 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Neels Kriek  is tans af-lyn  Neels Kriek
Boodskappe: 29
Geregistreer: Augustus 1998
Karma: 0
Junior Lid
> hy met my moet saamstem. Dis soos Yahoos hulle
> emosies wys.
>
> Die Algonquin-houyhnhnm

Verskoon my juffrou taal puris ... waar in die HAT sien jy yahoos?
Re: Leaving or staying. [boodskap #17124 is 'n antwoord op boodskap #16928] Do, 27 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskap
Michael E Willett  is tans af-lyn  Michael E Willett
Boodskappe: 182
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 25 Aug 1998 22:25:06 +0500, "Neels Kriek" had
the following to say:

|
|
|> hy met my moet saamstem. Dis soos Yahoos hulle
|> emosies wys.
|>
|> Die Algonquin-houyhnhnm
|
|Verskoon my juffrou taal puris ... waar in die HAT sien jy yahoos?

Neels, hou jy dan nie soos ons almal jou HAT op datum nie!??!

...steeds net ek, Simon
Vorige onderwerp: "The Francolin" by STEPHEN WATSON
Volgende onderwerp: Wat nou Gloudina?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 13 19:32:15 MGT 2024