Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Breinselle
Breinselle [boodskap #16934] Di, 18 Augustus 1998 00:00 na volgende boodskap
Michael E Willett  is tans af-lyn  Michael E Willett
Boodskappe: 182
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 18 Aug 1998 09:54:23 +0200, "Sanet" had
the following to say:

|En oor die publikasie (ek dink dit was in Time magazine) wat reken dat mans
|40 Biljoen meer breinselle het as vrouens.
Die Engelse spreekwoord sê: "It goes without saying!"
Maar ek sê dis nie hoeveel jy het wat belangrik is nie, maar hoeveel
jy gebruik!
Kan iemand byvoorbeeld vir ons verklaar waarom dames minder breinselle
gebruik wanneer hulle bestuur (selfs minder as ou omies met hoedjies
op)?
Of waarom die gebruik van breinselle by dames direk in teenstelling is
met die hoeveelheid trane wat vloei?

...steeds net ek, Simon
Re: Breinselle [boodskap #16940 is 'n antwoord op boodskap #16934] Di, 18 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
m...@here.com (Simon) writes:

> Kan iemand byvoorbeeld vir ons verklaar waarom dames minder breinselle
> gebruik wanneer hulle bestuur (selfs minder as ou omies met hoedjies
> op)?
> Of waarom die gebruik van breinselle by dames direk in teenstelling is
> met die hoeveelheid trane wat vloei?


Hoekom verbaas dit my nie! Simon
'n Manlike Chauvinistiese vark.
Wonder hoekom die assuransie-
premies vir vroue laer is, hoekom
die versekeringsmaatskappye dink
vroue is beter bestuurders as mans?
En kan iemand vir my vertel hoekom
daar so 'n korrelasie is tussen
male chauvinist pigisme en
reaksionere regse agterafgeid.

Tant Hessie se Houynmnmm
Re: Breinselle [boodskap #16969 is 'n antwoord op boodskap #16934] Wo, 19 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Michael E Willett  is tans af-lyn  Michael E Willett
Boodskappe: 182
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 18 Aug 1998 23:37:29 GMT, had the following to say:
| Hoekom verbaas dit my nie!
Want jy gebruik so min selle dat niks hulle kan verbaas nie!

| Simon
| 'n Manlike Chauvinistiese vark.
...wat weet waar die plek van vroue is! "Men rule". "We are, after
all, a marvelous sex!" - Henry Higgins in My Fair Lady.
Hel dis nie moeilik om die ou lady verkeerd op te vrywe nie!
Sy moes 'n vis gewees het - sy byt so maklik.

| Wonder hoekom die assuransie-
| premies vir vroue laer is,
.. hulle het nie die guts om kanse te waag nie.

| hoekom
| die versekeringsmaatskappye dink
| vroue is beter bestuurders as mans?
Vroue poer poer baie stadiger as mans en veraoorsaak al die ongelukke
sonder om self betrokke te raak. Vat maar my vrou as sy eers die
Mercedes uittrek en hier in Rosebank se strate invaar - ek wil nie
eers naby wees nie! En sy is nog blond boonop!

| En kan iemand vir my vertel hoekom
| daar so 'n korrelasie is tussen
| male chauvinist pigisme en
| reaksionere regse agterafgeid.
Ek laaik die nuwe woorde wat jy skep - al is jy 'n vrou ....

...steeds net ek, Simon
Re: Breinselle [boodskap #16992 is 'n antwoord op boodskap #16934] Do, 20 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hellin Gervaas  is tans af-lyn  Hellin Gervaas
Boodskappe: 191
Geregistreer: Januarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Wel, ons (vrouens) weet in iedergeval in watter 5 tot 8 "inches" die mans
se ekstra breinselle gestoor word !
Nie dat ek daaroor kla nie :-)).

Groete. Hilda.
Re: Breinselle [boodskap #16993 is 'n antwoord op boodskap #16934] Do, 20 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hellin Gervaas  is tans af-lyn  Hellin Gervaas
Boodskappe: 191
Geregistreer: Januarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
> Vat maar my vrou as sy eers die
> Mercedes uittrek en hier in Rosebank se strate invaar - ek wil nie
> eers naby wees nie! En sy is nog blond boonop!

As MY vrou ons Range Rover uittrek, dan sit ek naas haar en slaap so gerus
soos 'n pasgebore kind !
En sy is ook blond !
Groete van Gervaas Hellin (Hilda se man).
Re: Breinselle [boodskap #17017 is 'n antwoord op boodskap #16934] Vr, 21 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
hen...  is tans af-lyn  hen...
Boodskappe: 133
Geregistreer: Junie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Hilda skryf:

> Wel, ons (vrouens) weet in iedergeval in watter 5 tot 8 "inches" die mans
> se ekstra breinselle gestoor word !
> Nie dat ek daaroor kla nie :-)).

Eerstens, ek het al vroeër my siening in hierdie string gepos, maar danksy
die wonderlike MWeb het hulle nou ook my vermoeë om te pos afgesny, of so dink
hulle!

Ek sien hier is 'n hele klomp miskonsepsies oor hierdie onderwerp.
Bogenoemde, Hilda, is een daarvan. Die waarheid is dat die Liewe Heer 'n man
net genoeg bloed gegee het dat een van twee organe op 'n keer kan
funksioneer. Een daarvan is die brein, vra vir Bill Clinton.

Dan vir Leendert en Sanet: Julle het die kat aan die stert beet. Intelligensie
het niks te make met die aantal breinselle, of sinapse wat gevorm het nie.
Engramme wat gevorm is, en 'geoefen' word, bepaal geheue of terugroep vermoeë,
aldus my onvoltooide studie (spesiale verwysing: Die effek van alkohol op die
verbetering/vernietiging van geheue).

Die kritiese faktor by intelligensie is die X-chromosoom!

So kry 'n mens 'n chromosoom-samestelling XXX, die sg. 'Supervrou', wat alles
behalwe super is, want hulle is verstandelik 'sub-normaal'. Op soortgelyke
wyse kry 'n mens XXY, of Klinefelter-sindroom, wat manlik is, maar
verstandelik vertraag. Dan kry jy natuurlik XX, die sg. 'normale' vrou, en
XY, die normale man.

Dit behoort duidelik te wees dat daar 'n toename in intelligensie is soos wat
die aantal X-chromosome verminder. Ek hoop dit bring meer duidelikheid!

Ek kan op soortgelyke wyse aantoon dat die aantal Y-chromosome aggressie
bepaal, vir die wat belangstel.

Groete

Henri Burger, Tzaneen,RSA.

Met dank aan:

-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/rg_mkgrp.xp Create Your Own Free Member Forum
Re: Breinselle [boodskap #17018 is 'n antwoord op boodskap #16934] Vr, 21 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hellin Gervaas  is tans af-lyn  Hellin Gervaas
Boodskappe: 191
Geregistreer: Januarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
> Die waarheid is dat die Liewe Heer 'n man
> net genoeg bloed gegee het dat een van twee organe op 'n keer kan
> funksioneer.

Dankie vir die toeligting, Henri ! Dit verklaar baie ! :-)

Groete.
Hilda.

NB. Die hardekoolvuurstorie is weer baie goed !
Re: Breinselle [boodskap #17053 is 'n antwoord op boodskap #16934] Ma, 24 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
sb  is tans af-lyn  sb
Boodskappe: 9
Geregistreer: Augustus 1998
Karma: 0
Junior Lid
Henri, en ek dog nog heeltyd XXX is die seks chromosoom...

hen...@pixie.co.za wrote in message ...

> Dan vir Leendert en Sanet: Julle het die kat aan die stert beet. Intelligensie
> het niks te make met die aantal breinselle, of sinapse wat gevorm het nie.
> Engramme wat gevorm is, en 'geoefen' word, bepaal geheue of terugroep vermoeë,
> aldus my onvoltooide studie (spesiale verwysing: Die effek van alkohol op die
> verbetering/vernietiging van geheue).
>
> Die kritiese faktor by intelligensie is die X-chromosoom!
>
> So kry 'n mens 'n chromosoom-samestelling XXX, die sg. 'Supervrou', wat alles
> behalwe super is, want hulle is verstandelik 'sub-normaal'. Op soortgelyke
> wyse kry 'n mens XXY, of Klinefelter-sindroom, wat manlik is, maar
> verstandelik vertraag. Dan kry jy natuurlik XX, die sg. 'normale' vrou, en
> XY, die normale man.
>
> Dit behoort duidelik te wees dat daar 'n toename in intelligensie is soos wat
> die aantal X-chromosome verminder. Ek hoop dit bring meer duidelikheid!
>
> Ek kan op soortgelyke wyse aantoon dat die aantal Y-chromosome aggressie
> bepaal, vir die wat belangstel.
>
> Groete
>
> Henri Burger, Tzaneen,RSA.
>
> Met dank aan:
>
> -----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
> http://www.dejanews.com/rg_mkgrp.xp Create Your Own Free Member Forum
Re: Breinselle [boodskap #17072 is 'n antwoord op boodskap #16934] Di, 25 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Henri,

Ek sien uit na jou resultate - ek neem aan hulle sal die eerste keer hier op
die NG gepubliseer word vir "peer review" :-)

Maar nou het jy vir my 'n geheim opgeklaar - ek het altyd gewonder wat het
geword van die "mad scientists" wat Wouter Basson se (beweerde) vuil werk
vir hom gedoen het. Nou weet ons - hulle sit in Tzaneen!

Groete, Leendert

hen...@pixie.co.za wrote in message ...

> Dan vir Leendert en Sanet: Julle het die kat aan die stert beet. Intelligensie
> het niks te make met die aantal breinselle, of sinapse wat gevorm het nie.
> Engramme wat gevorm is, en 'geoefen' word, bepaal geheue of terugroep vermoeë,
> aldus my onvoltooide studie (spesiale verwysing: Die effek van alkohol op die
> verbetering/vernietiging van geheue).
>
> Die kritiese faktor by intelligensie is die X-chromosoom!
>
> So kry 'n mens 'n chromosoom-samestelling XXX, die sg. 'Supervrou', wat alles
> behalwe super is, want hulle is verstandelik 'sub-normaal'. Op soortgelyke
> wyse kry 'n mens XXY, of Klinefelter-sindroom, wat manlik is, maar
> verstandelik vertraag. Dan kry jy natuurlik XX, die sg. 'normale' vrou, en
> XY, die normale man.
>
> Dit behoort duidelik te wees dat daar 'n toename in intelligensie is soos wat
> die aantal X-chromosome verminder. Ek hoop dit bring meer duidelikheid!
>
> Ek kan op soortgelyke wyse aantoon dat die aantal Y-chromosome aggressie
> bepaal, vir die wat belangstel.
>
> Groete
>
> Henri Burger, Tzaneen,RSA.
Re: Breinselle [boodskap #17092 is 'n antwoord op boodskap #16934] Wo, 26 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
hen...  is tans af-lyn  hen...
Boodskappe: 133
Geregistreer: Junie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Leendert skryf:

> Ek sien uit na jou resultate - ek neem aan hulle sal die eerste keer hier op
> die NG gepubliseer word vir "peer review" :-)

Eerstens wil ek net aan Sanet (wat dink XXX is die seks chromosoom) sê "Sies,
Sanet!", en daarmee namens haar verskoning aan bied aan almal op die ng wat so
ongelukkig is om aan Klinefelter-sindroom te ly.

Terug na jou, Leendert. "Peer review" ('Eweknie evaluasie', Gloudina!) is
natuurlik 'n handige instrument om uitdrukking te gee aan professionele
jaloesie, maar dit daar gelaat!

Nou, die Y-chromosoom en aggressie. Die meeste van ons weet die vroulike
chromosoom samestelling is XX, wat haar duidelik minder aggressief maak, soos
bv. gedemonstreer deur Gloudina. Die man, darenteen is XY, en is duidelik meer
aggressief, soos jy sal saamstem ons sien met 'n ou soos Ferdi.

Maar as bg nie genoegsame bewys is vir jou nie, verwys ek jou na die
chromosoom afwyking XYY. Hierdie is geweldige aggressiewe ouens, en geneig
tot geweldadigheid. Opnames wat in tronke gedoen is, dui daarop dat 'n
beduidende persentasie geweldsmisdadigers aan hierdie afwyking ly. Daar is 'n
geval bekend waar 'n moordenaar in Australië hom hierop beroep het, en nadat
hy reg bewys is, losgekom het.

Interessant genoeg, hoewel die chromosoom afwyking XO (Turner sindroom) wel
voorkom, is YO nog nooit aangetoon nie. Daar word gedink dat dit onverenigbaar
is met lewe, en die enigste logiese afleiding wat ek daaruit kan maak, is dat
'n man met sê baie verstand onverenigbaar met lewe is!

> Maar nou het jy vir my 'n geheim opgeklaar - ek het altyd gewonder wat het
> geword van die "mad scientists" wat Wouter Basson se (beweerde) vuil werk
> vir hom gedoen het. Nou weet ons - hulle sit in Tzaneen!

Ek sal vir Moses sê wat jy van hom dink as ek hom weer sien by die familie
saamtrek.

Maar jy is verkeerd, want Gloudina het ons alreeds daarop gewys dat al die
malles in Kanada is!

Groete
Henri Burger, Tzaneen,RSA.

-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/rg_mkgrp.xp Create Your Own Free Member Forum
Re: Breinselle [boodskap #17132 is 'n antwoord op boodskap #16934] Do, 27 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
hen...@pixie.co.za writes:

> Nou, die Y-chromosoom en aggressie. Die meeste van ons weet die vroulike
> chromosoom samestelling is XX, wat haar duidelik minder aggressief maak, soos
> bv. gedemonstreer deur Gloudina.

Maar sluwer, baie meer slu.
Wat 'n teken van
intelligensie is.

Mina en Alie. (As ek om die
draai kom, kook sy meboskonfyt.)
Re: Breinselle [boodskap #17133 is 'n antwoord op boodskap #16934] Do, 27 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...
> hen...@pixie.co.za writes:
>
>> Nou, die Y-chromosoom en aggressie. Die meeste van ons weet die vroulike
>> chromosoom samestelling is XX, wat haar duidelik minder aggressief maak, soos
>> bv. gedemonstreer deur Gloudina.
>
>
> Maar sluwer, baie meer slu.
> Wat 'n teken van
> intelligensie is.
>
> Mina en Alie. (As ek om die
> draai kom, kook sy meboskonfyt.)

Nah.... inteligente tantes sou die sarkasme in Henri se stelling raakgesien
het.

Vriendelike groete, Leendert
Vorige onderwerp: Wat nou Gloudina?
Volgende onderwerp: Vra ek myself
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 29 07:34:22 MGT 2024