Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Om te ry of om te bly
Om te ry of om te bly [boodskap #16974] Wo, 19 Augustus 1998 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2176
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
Ek moet ook seker 'n stuiwer in die armbeurs gooi
uit die oostelike deel van Kanada. Die mees suidelike
deel van Kanada is in Ontario. Point Pelee is verder suid
as Portland of Seattle. Die suidwestelike deel van Ontario
(die Niagara Peninsula) het so 'n gematigde klimaat dat
dit 'n aansienlike wynbedryf het.
Buitendien is die oostelike deel van Kanada ingeskakel
by die Noord-Oostelike VSA wat gees en belange betref.
(As die VSA ekonomies goed doen, is daar 'n boom in
Ontario. Vancouver is gebonde aan die lot van die Pacific
Rim Countries.) As jy in suidwestelike en oostelike Ontario
bly, is New York binne maklike ryafstand. As jy in die
Kanadese Maritieme provinsies bly, is jou naaste groot stad
Boston. As jy in die oostelike deel van Kanada bly, is jy
amper net so na aan Engeland en die Vasteland as aan
Vancouver. Oostelike Kanada voel hulleself dus baie nader
aan Europa as die mense van Vancouver. Oostelike Kanada
is ook binne maklike bereik van die Karibbiese Eilande en
Florida, en in die winters is daar 'n gereelde uittog van die
sogenaamde �snowbirdsê na die suide.
In Kanada vrees ons nie die gevolge van koue en sneeu
nie. Hoe verder noord jy bly, hoe beter is jy uitgerus met die
nodige masjinerie en kennis om die sneeu te verwyder en die
paaie rybaar te maak. Wat ons vrees, is stygende temperature
gedurende die winter. Ons wil nie reën hê nie. As die paaie
nat word en dan weer vries, dan word die lewe moeilik. En
as dit vir dae aanmekaar reën terwyl die temperatuur net om
en by vriespunt is, dan kry jy die katastrofe van die afgelope
winter se ysstorm in oostelike Ontario en noordelike NY-staat,
waar ys op bome hulle middeldeur geskeur het en elektriese
pale laat neerstort het. Sulke ysstorms kom gewoonlik verder
suid in die noordelike en soms suidelike VSA voor (en soms
in Vancouver!). So, dis nie die koue van die winter wat die
probleme veroorsaak nie, maar wanneer die temperature bo
vriespunt styg.

Gloudina
Re: Om te ry of om te bly [boodskap #16975 is 'n antwoord op boodskap #16974] Wo, 19 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2176
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Leendert van Oostrum" writes: >

> Maar ek dink dit gaan oor meer as kennis, vaardighede en fondse wat
> "terugkeer". Dit gaan oor netwerkskepping. Feitlik elke Afrikaner van die
> huidige geslag wat in die buiteland is, is op die een of ander manier
> verbonde aan sommige Afrikaners in SA. Die effek hiervan is 'n massiewe
> internasionale netwerk van kontakte, wat groot potensiaal het vir
> ekonomiese, kulturele en politieke ontwikkeling vir _almal_ van hulle.

In die een-en-twintigste eeu sal geografie nie
meer soveel saak maak nie. Elektroniese konneksie
wel. Ek voorspel dat Afrikaners in die buiteland
hulle Afrikaans langer in stand sal hou, noudat
hulle per e-pos met familie-lede korrespondeer,
asook met die nuwe kubervriende wat hulle op
allerhande maniere ontwikkel.
Ek dink ons kan egter veilig aanneem dat wanneer
iemand na die buiteland verhuis het, hy nie maklik
terugkeer nie. Daar is wel uitsonderings. 'n Noord-
Transvaalse familie is eers Kanada toe (Lethbridge
in Alberta) toe Engeland toe, met 'n huis op die
Vasteland (hulle het genoeg geld gehad), maar hulle
is onlangs weer terug na Noord-Transvaal. En vir die
eerste keer is hulle werklik gelukkig. Hulle is
terloops nie Afrikaners nie, maar Engelssprekend.
Nog iets wat emigrante in ag moet neem - julle
kinders leer die taal van die mense met wie hulle
speel, nie hulle ouers s'n nie.

Gloudina
Vorige onderwerp: Re: Put pressure on the Government
Volgende onderwerp: Sneakpeek explanation and summary for soc.culture.south-africa.afrikaans
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Sep 24 01:08:30 MGT 2024