Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: (dis) Lekker (sonder Gloudina) in die nuwe SA
Re: (dis) Lekker (sonder Gloudina) in die nuwe SA [boodskap #16809] Vr, 14 Augustus 1998 00:00 na volgende boodskap
eyespy  is tans af-lyn  eyespy
Boodskappe: 4
Geregistreer: Augustus 1998
Karma: 0
Junior Lid
@igs.net wrote in message ...
> "eyespy" writes:
>
> O so, nou is dit "jou" taal. Bedoel jy dat
> enigiemand wat in die buiteland bly, nie meer
> die reg het op Afrikaanse gebruik en Afrikaanse
> invloed nie?

Jy's reg. Dis *is* MY taal, en my mede-Suid-Afrikaners se taal. En
enigiemand ter wereld is vry om dit te gebruik. Die vraag was egter wie
*jou* die reg gee om vir *ons* te vertel hoe om een van ons eie landstale te
gebruik?

> Word wakker. Ons bly in die kuber-
> eeu. As jy jou Afrikaans wil opmors, gaan voort.
> Maar moenie vir jouself aanstel as outoriteit
> en rigtinggewer vir Afrikaans nie. Dis baie
> hovaardig.

Is jy ook een van die mense wat die term "Mikrosag Venters" gebruik? Klink
vir my so. En hierdie "kubereeu" van jou... Dan het jy nog die
vermetelheid om iemand uit te jui omdat hulle die woord "suig" gebruik het.
En so gepraat van spelling - die woord is "hoogwaardig". Haal die stok in
jou eie oog eers uit, ou Perd. (Is Cyber Age nie KuberERA nie? KuberEEU
moet dan Cyber Century wees.) Ek wonder maar net.

Buitendien, jy het die hele punt totaal gemis. Dis nie EK wat my aanstel as
'n outoriteit nie, want dit is ek beslis nie (en in teenstelling met jou het
ek die insig om dit te erken) - die vraag was wie JOU as outoriteit
aangestel het.

> So dis wat jy van die Afrikaanse digkuns dink.
> Geen wonder. Met iemand wat blykbaar Afrikaans-
> sprekend is, en as sy kuberbenaming "eyespy"
> neem, kan 'n mens sien waar jou lojaliteite
> is.

Die naam "eyespy" was aan my toegeken, ou vrou. Ek het dit nie self gekies
nie, ek het dit geerf). Jy versterk net hiermee my punt dat jy slegs op 'n
*ingeligde* opinie geregtig is... En digkuns is vir my 'n persoonlike
ding - soos musiek. 'n Gedig van jou af so nou en dan is vermaaklik en as
ek iets daaruit kan leer, dank ek die digter. Maar om 3 of 4 (on)rympies
daagliks in ons kele af te wurg, veral as dit kronies depresief is, is vir
my onaanvaarbaar.

> Nee, ou wat-is-jou-naam-in-jou-eie-moedertaal?

Dit van iemand af wat @igs.net gebruik. Wat my naam is het absoluut niks
met jou uit te waai nie. My vriende, familie en kollegas weet wie en wat ek
is, en siende dat jy nie in een van hierdie groepe val nie, hoef jy nie te
weet nie. "If I told you, I'd have to kill you"

> In hierdie postmodernistiese era het Tannie
> besluit dat dit tyd geword het om die ou woorde
> en aanspreekvorme van die laaste eeu te gebuik
> om 'n lig te werp op wat aangaan aan die einde
> van hierdie eeu.

Soos "kubereeu" en "postmodernisties"? Hmmm. Siende dat jy 'n manie het
oor name en aanspreekvorme, kan jy my vrylik op my titel aanspreek. Doktor.
Of sommer Doktor Eyespy. Maar, aangesien ek nie my tyd verder op jou gaan
mors nie, kan jy my noem wat jy wil.

> So, ou eyespy" - jy is 'n
> hanskakie, 'n hensopper, 'n verraaier van jou
> moedertaal.

En die plaat speel dieselfde hartverskeurende deuntjie oor, en oor, en oor,
en oor... Vir hoeveel mense het jy dit al toegesnou? Gryp tog asseblief
vanaand weer in jou middernagtelike mymeringe met jouself in die spieel na
jou woordeboek en soek 'n ander woord op. Gloudina (die naam herrinder my
aan 'n verbleikte groen handdoek wat ek gehad het), ek is veeltalig. Ek is
nie Afrikaans *of* Engels nie. Ek is beide. En meer.

> Buitendien is jy 'n slegte speller

My hart bloei vir jou, Gloudina. En ek vra nederig om verskoning omdat ek
jou oud genoem het. Ek sien nou dat ek verkeerd was. Jy's 'n kind. In 'n
ou vrou se lyf.
Re: (dis) Lekker (sonder Gloudina) in die nuwe SA [boodskap #16810 is 'n antwoord op boodskap #16809] Vr, 14 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
nomad  is tans af-lyn  nomad
Boodskappe: 37
Geregistreer: Mei 1998
Karma: 0
Volle Lid
Dr Eyespy, ek dink jy mors jou asem.

Nietemin, dit was 'n genot om jou kommentaar te lees.

Sterkte! 8>}}

nomad@rest.oasis
Re: (dis) Lekker (sonder Gloudina) in die nuwe SA [boodskap #16893 is 'n antwoord op boodskap #16809] Ma, 17 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskap
Andries J. Bester  is tans af-lyn  Andries J. Bester
Boodskappe: 13
Geregistreer: Augustus 1998
Karma: 0
Junior Lid
En nog een vir vir Doktor Eyespy!! Baie, baie goed! Dit is 'n plesier om na
jou te "luister".

Andries.

eyespy wrote in message ...
> @igs.net wrote in message ...
>> "eyespy" writes:
>>
>> O so, nou is dit "jou" taal. Bedoel jy dat
>> enigiemand wat in die buiteland bly, nie meer
>> die reg het op Afrikaanse gebruik en Afrikaanse
>> invloed nie?
>
> Jy's reg. Dis *is* MY taal, en my mede-Suid-Afrikaners se taal. En
> enigiemand ter wereld is vry om dit te gebruik. Die vraag was egter wie
> *jou* die reg gee om vir *ons* te vertel hoe om een van ons eie landstale te
> gebruik?
>
>> Word wakker. Ons bly in die kuber-
>> eeu. As jy jou Afrikaans wil opmors, gaan voort.
>> Maar moenie vir jouself aanstel as outoriteit
>> en rigtinggewer vir Afrikaans nie. Dis baie
>> hovaardig.
>
> Is jy ook een van die mense wat die term "Mikrosag Venters" gebruik? Klink
> vir my so. En hierdie "kubereeu" van jou... Dan het jy nog die
> vermetelheid om iemand uit te jui omdat hulle die woord "suig" gebruik het.
> En so gepraat van spelling - die woord is "hoogwaardig". Haal die stok in
> jou eie oog eers uit, ou Perd. (Is Cyber Age nie KuberERA nie? KuberEEU
> moet dan Cyber Century wees.) Ek wonder maar net.
>
> Buitendien, jy het die hele punt totaal gemis. Dis nie EK wat my aanstel as
> 'n outoriteit nie, want dit is ek beslis nie (en in teenstelling met jou het
> ek die insig om dit te erken) - die vraag was wie JOU as outoriteit
> aangestel het.
>
>> So dis wat jy van die Afrikaanse digkuns dink.
>> Geen wonder. Met iemand wat blykbaar Afrikaans-
>> sprekend is, en as sy kuberbenaming "eyespy"
>> neem, kan 'n mens sien waar jou lojaliteite
>> is.
>
>
> Die naam "eyespy" was aan my toegeken, ou vrou. Ek het dit nie self gekies
> nie, ek het dit geerf). Jy versterk net hiermee my punt dat jy slegs op 'n
> *ingeligde* opinie geregtig is... En digkuns is vir my 'n persoonlike
> ding - soos musiek. 'n Gedig van jou af so nou en dan is vermaaklik en as
> ek iets daaruit kan leer, dank ek die digter. Maar om 3 of 4 (on)rympies
> daagliks in ons kele af te wurg, veral as dit kronies depresief is, is vir
> my onaanvaarbaar.
>
>> Nee, ou wat-is-jou-naam-in-jou-eie-moedertaal?
>
>
> Dit van iemand af wat @igs.net gebruik. Wat my naam is het absoluut niks
> met jou uit te waai nie. My vriende, familie en kollegas weet wie en wat ek
> is, en siende dat jy nie in een van hierdie groepe val nie, hoef jy nie te
> weet nie. "If I told you, I'd have to kill you"
>
>> In hierdie postmodernistiese era het Tannie
>> besluit dat dit tyd geword het om die ou woorde
>> en aanspreekvorme van die laaste eeu te gebuik
>> om 'n lig te werp op wat aangaan aan die einde
>> van hierdie eeu.
>
> Soos "kubereeu" en "postmodernisties"? Hmmm. Siende dat jy 'n manie het
> oor name en aanspreekvorme, kan jy my vrylik op my titel aanspreek. Doktor.
> Of sommer Doktor Eyespy. Maar, aangesien ek nie my tyd verder op jou gaan
> mors nie, kan jy my noem wat jy wil.
>
>> So, ou eyespy" - jy is 'n
>> hanskakie, 'n hensopper, 'n verraaier van jou
>> moedertaal.
>
> En die plaat speel dieselfde hartverskeurende deuntjie oor, en oor, en oor,
> en oor... Vir hoeveel mense het jy dit al toegesnou? Gryp tog asseblief
> vanaand weer in jou middernagtelike mymeringe met jouself in die spieel na
> jou woordeboek en soek 'n ander woord op. Gloudina (die naam herrinder my
> aan 'n verbleikte groen handdoek wat ek gehad het), ek is veeltalig. Ek is
> nie Afrikaans *of* Engels nie. Ek is beide. En meer.
>
>> Buitendien is jy 'n slegte speller
>
> My hart bloei vir jou, Gloudina. En ek vra nederig om verskoning omdat ek
> jou oud genoem het. Ek sien nou dat ek verkeerd was. Jy's 'n kind. In 'n
> ou vrou se lyf.
>
Vorige onderwerp: Julle klomp witbloed vokkers
Volgende onderwerp: Leendert - ek smaak jou homepage
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 17 03:38:27 MGT 2024