Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Simpatie (was: SENSUS)
Simpatie (was: SENSUS) [boodskap #16832] Vr, 14 Augustus 1998 00:00 na volgende boodskap
Hjalmar Gerber  is tans af-lyn  Hjalmar Gerber
Boodskappe: 72
Geregistreer: November 1997
Karma: 0
Volle Lid
Stefan Harms verklaar...

> Stefan Harms bly in Winnipeg, die Kanadese Bloemfontein, so te sê.

Ai, Stefan, ek kry julle ouens in die winter jammer.

Wanneer dit hier in Edmonton koud word, dan kyk ons maar
na die weerkanaal se toestande in Winnipeg, and dan is ons
dankbaar dat ons nie daar is nie.

Die taaiste mens moet seker 'n bedelaar op die hoek van
Portage en Main in Januarie wees.

Hjalmar
________
Re: Simpatie (was: SENSUS) [boodskap #16850 is 'n antwoord op boodskap #16832] Sa, 15 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Stefan Harms[2]  is tans af-lyn  Stefan Harms[2]
Boodskappe: 19
Geregistreer: Junie 1998
Karma: 0
Junior Lid
In article , Hjalmar...@UAlberta.CA
(Hjalmar Gerber) wrote:

> Stefan Harms verklaar...
>
>> Stefan Harms bly in Winnipeg, die Kanadese Bloemfontein, so te sê.
>
> Ai, Stefan, ek kry julle ouens in die winter jammer.
>
> Wanneer dit hier in Edmonton koud word, dan kyk ons maar
> na die weerkanaal se toestande in Winnipeg, and dan is ons
> dankbaar dat ons nie daar is nie.
>
> Die taaiste mens moet seker 'n bedelaar op die hoek van
> Portage en Main in Januarie wees.
>
> Hjalmar
> ________

Ja-nee, hier is 'n sterk seleksiedruk besig om gesette, binneshuise,
medemens-georienteerde mense te kweek.
Die wat nie die koue kan vat nie, vrek of trek.

--
Stefan Harms @ Squirrel's End
Re: Simpatie (was: SENSUS) [boodskap #16853 is 'n antwoord op boodskap #16832] Sa, 15 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 14 Aug 1998 17:55:07 GMT, Hjalmar...@UAlberta.CA (Hjalmar
Gerber) wrote:

> Wanneer dit hier in Edmonton koud word, dan kyk ons maar
> na die weerkanaal se toestande in Winnipeg, and dan is ons
> dankbaar dat ons nie daar is nie.
>
> Die taaiste mens moet seker 'n bedelaar op die hoek van
> Portage en Main in Januarie wees.
Dit sal nogal interesant wees om so eenmaal 'n maand Simon se sensus
te herhaal, maar dan nie net waar elke ou is nie, maar ook wat die
temperatuur daar is.

Ons bly in 'n deel van die VSA wat volgens oorlewering baie koud moet
wees - verlede winter, ons eerste hier, was uitsonderlik warm. Ek
sidder om te dink daar is nog so baie mense noord van ons! Is dit
byv. baie kouer daar in Winnipeg as in Minnesota? Ons sien nou
ongelukkig nie Kanada se weer op TV nie, maar hoe verder jy op noord
in Minnesota gaan hoe kouer word dit, en ek kan nie dink dat 'n
landsgrens die tendens sal stop nie!

Ons was hierdie jaar baie gelukkig wat die weer betref: Die winter
was warmer as gewoonlik (daar was darem so paar weke wat dit nie bo
-10°C uitgekom het nie), ons het net in die begin van die somer baie
tornados gehad en die afgelope twee maande amper glad nie, die res van
Amerika het 'n gruwelike hittegolf en droogte beleef en ons hier het
dan heerlike dae van so tussen 25 en 30°C met genoeg reen gehad.

Johan
Vat my kop toe en dra self die gevolge ....!
Re: Simpatie (was: SENSUS) [boodskap #16854 is 'n antwoord op boodskap #16832] Sa, 15 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Edwin  is tans af-lyn  Edwin
Boodskappe: 16
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Junior Lid
As ons nou na die temperatuur en weer sou kyk, hier in die Vancouver
omgewing was dit die afgelope paar dae in die omgewing van 30 grade ('n
bietjie koeler langs die see..)

Edwin

Johan N Potgieter wrote in message ...

> Dit sal nogal interesant wees om so eenmaal 'n maand Simon se sensus
> te herhaal, maar dan nie net waar elke ou is nie, maar ook wat die
> temperatuur daar is.
> >
> Ons was hierdie jaar baie gelukkig wat die weer betref: Die winter
> was warmer as gewoonlik (daar was darem so paar weke wat dit nie bo
> -10°C uitgekom het nie), ons het net in die begin van die somer baie
> tornados gehad en die afgelope twee maande amper glad nie, die res van
> Amerika het 'n gruwelike hittegolf en droogte beleef en ons hier het
> dan heerlike dae van so tussen 25 en 30°C met genoeg reen gehad.
>
> Johan
> Vat my kop toe en dra self die gevolge ....!
Re: Simpatie (was: SENSUS) [boodskap #16877 is 'n antwoord op boodskap #16832] So, 16 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gideon  is tans af-lyn  Gideon
Boodskappe: 194
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
"Edwin" wrote:
> As ons nou na die temperatuur en weer sou kyk, hier in die Vancouver
> omgewing was dit die afgelope paar dae in die omgewing van 30 grade ('n
> bietjie koeler langs die see..)
>
> Edwin

Hmmm - ja, ons het ook hier om die 30s geber die afgelope week of wat in
Nederland.

My vro kla al klaar oor die hitte, nadat ons in die Paarl vir so lank gewoon
het. EK is net bly dat die nat tyd vir eers verby is. In elk geval - ek moet
seker maar in die tuin gaan werk - mens hoor die goed groei ;^)

-Gideon-

-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/rg_mkgrp.xp Create Your Own Free Member Forum
Re: Simpatie (was: SENSUS) [boodskap #16878 is 'n antwoord op boodskap #16832] So, 16 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gideon  is tans af-lyn  Gideon
Boodskappe: 194
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
wrote:
> ....en hoe lank vat dit om die gras te sny? Of gebruik jy 'n
> naelknippertjie? 8>}}
>

Hmmm... wel ... met 'n handsker neem dit amer so lank as my grasperk in SA
geneem het om te sny met my superduper wolf grasmasjien ding. Maar dan - ek
was nog nooit groot op tuine nie - ek vind dit heel uitputtend. Die groot
drama is om eers die monster te tem, en die vorige inwoner het hom so 'n
bietjie wild laat word. So 'n uur of twee 'n naweek is heeltemal goed genoeg
sodra die monster weer 'n lammetjie is. Dan het ek natuurlik daaraan gedink
om so 'n fijvertjie te bou met goudvissies in dan hoef ek nie so baie gras te
sny nie. Ek weet net nie wat jy in die winter met die goudvissies doen nie.
Mens kan hulle tog sekerlik nie laat vries nie?

-Gideon-

> --
> nomad@rest.oasis
> wrote in message 6r69hv$qr8$1@nnrp1.dejanews.com...
> - ek moet
>> seker maar in die tuin gaan werk - mens hoor die goed groei ;^)
>>

-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/rg_mkgrp.xp Create Your Own Free Member Forum
Re: Simpatie (was: SENSUS) [boodskap #16879 is 'n antwoord op boodskap #16832] So, 16 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
nomad  is tans af-lyn  nomad
Boodskappe: 37
Geregistreer: Mei 1998
Karma: 0
Volle Lid
....en hoe lank vat dit om die gras te sny? Of gebruik jy 'n
naelknippertjie? 8>}}

--
nomad@rest.oasis
wrote in message 6r69hv$qr8$1@nnrp1.dejanews.com...
- ek moet
> seker maar in die tuin gaan werk - mens hoor die goed groei ;^)
>
>
> -Gideon-
>
> -----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
> http://www.dejanews.com/rg_mkgrp.xp Create Your Own Free Member Forum
Re: Simpatie (was: SENSUS) [boodskap #16901 is 'n antwoord op boodskap #16832] Ma, 17 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Edwin  is tans af-lyn  Edwin
Boodskappe: 16
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Junior Lid
Ek's nie seker hoe ver langs die weskus van Noord-Amerika die weer
soortgelyk is nie. Ek weet dat Seattle se weer soortgelyk is aan Vancouver,
net natter. Kennisse wat al in Oregon vakansie gehou het, het dit baie
geniet. Maar hulle vertel gewoonlik van die natuurtonele, en die mooi kus,
en nie van die weer nie.

Toevallig, na sowat 'n maand van niks reën in Vancouver nie, reën dit vandag
weer; en die kwik het gedaal tot die lae twintigs.

Gewoonlik word die weer in Vancouver soos volg beskryf: "In die somer reën
dit baie, in die winter nog meer". So hierdie was nie heeltemal 'n tipiese
somer nie. Seker daarom dat daar iets soos 500 bosbrande in "B.C."
(Britskolumbië rol nie so lekker van die tong af nie).

Groete

Edwin

Johan wrote in message ...
> Ek wil nou nog baie graag daar in jou omgewing van die wereld besoek
> aflê - hoe meer ek daarvan hoor hoe meer hoor ek dis een van die
> mooiste plekke op aarde.
>
> Oor vier weke kom ek vir vier weke lesings gee in Portland, Oregon.
> Seker so paar honderd myl suid van julle, maar ook teen die kus. Deel
> julle dieselfde weersomstandighede met Portland??
>
Re: Simpatie (was: SENSUS) [boodskap #16902 is 'n antwoord op boodskap #16832] Ma, 17 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 16 Aug 1998 20:20:59 GMT, gide...@usa.net wrote:

|sny nie. Ek weet net nie wat jy in die winter met die goudvissies doen nie.
|Mens kan hulle tog sekerlik nie laat vries nie?

Gideon, sover ek weet kan jy - ek het pelle op universiteit gehad wat
op vis gewerk het en wat eenslag 'n groot goudvis (ek weet nie of dit
proper koi was nie) eenmaal vir meer as 'n week lewend gevries het en
hom daarna weer laat rondswem het.

Vra vir jou local petshoppie!

Johan
Vat my kop toe en dra self die gevolge ....!
Re: Simpatie (was: SENSUS) [boodskap #16904 is 'n antwoord op boodskap #16832] Ma, 17 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
Ek wil nou nog baie graag daar in jou omgewing van die wereld besoek
aflê - hoe meer ek daarvan hoor hoe meer hoor ek dis een van die
mooiste plekke op aarde.

Oor vier weke kom ek vir vier weke lesings gee in Portland, Oregon.
Seker so paar honderd myl suid van julle, maar ook teen die kus. Deel
julle dieselfde weersomstandighede met Portland??

On Sat, 15 Aug 1998 20:10:16 -0700, "Edwin" wrote:

|As ons nou na die temperatuur en weer sou kyk, hier in die Vancouver
|omgewing was dit die afgelope paar dae in die omgewing van 30 grade ('n
|bietjie koeler langs die see..)
|
|Edwin

Johan
Vat my kop toe en dra self die gevolge ....!
Re: Simpatie (was: SENSUS) [boodskap #16906 is 'n antwoord op boodskap #16832] Ma, 17 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
crunch  (()) :c 8 |]]  is tans af-lyn  crunch (()) :c 8 |]]
Boodskappe: 102
Geregistreer: Mei 1998
Karma: 0
Senior Lid
Ysskaats op die kanale is mos 'n groot ding daar by julle-miskien kan julle
solank in die agtertuin oefen?

Alternatiewelik moet ek jou verwys na nl.tuinen!

--
nomad@rest.oasis
wrote in message 6r7eva$8a2$1@nnrp1.dejanews.com...
>
> Hmmm... wel ... met 'n handsker neem dit amer so lank as my grasperk in SA
> geneem het om te sny met my superduper wolf grasmasjien ding. Maar dan - ek
> was nog nooit groot op tuine nie - ek vind dit heel uitputtend. Die groot
> drama is om eers die monster te tem, en die vorige inwoner het hom so 'n
> bietjie wild laat word. So 'n uur of twee 'n naweek is heeltemal goed genoeg
> sodra die monster weer 'n lammetjie is. Dan het ek natuurlik daaraan gedink
> om so 'n fijvertjie te bou met goudvissies in dan hoef ek nie so baie gras te
> sny nie. Ek weet net nie wat jy in die winter met die goudvissies doen nie.
> Mens kan hulle tog sekerlik nie laat vries nie?
>
>
> -Gideon-
Re: Simpatie (was: SENSUS) [boodskap #16939 is 'n antwoord op boodskap #16832] Di, 18 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 17 Aug 1998 08:13:48 -0700, "Edwin" wrote:

|Ek's nie seker hoe ver langs die weskus van Noord-Amerika die weer
|soortgelyk is nie. Ek weet dat Seattle se weer soortgelyk is aan Vancouver,
|net natter. Kennisse wat al in Oregon vakansie gehou het, het dit baie
|geniet. Maar hulle vertel gewoonlik van die natuurtonele, en die mooi kus,
|en nie van die weer nie.

Wel dan sien ek uit daarna om daar te gaan kyk, want hopelik is die
herfs weer dan naby aan perfek!

|
|Toevallig, na sowat 'n maand van niks reën in Vancouver nie, reën dit vandag
|weer; en die kwik het gedaal tot die lae twintigs.
|
|Gewoonlik word die weer in Vancouver soos volg beskryf: "In die somer reën
|dit baie, in die winter nog meer". So hierdie was nie heeltemal 'n tipiese
|somer nie. Seker daarom dat daar iets soos 500 bosbrande in "B.C."
|(Britskolumbië rol nie so lekker van die tong af nie).

Lyk my die afgelope jaar was oral so. En ons kry nou die effek van
daardie Kanadese bosbrande - so week gelede was die lug soos
Johannesburg s'n - vol besoedeling. Die TV stasies het almal
uitgesaai dat dit rook is van Kanadese bosbrande af en nie
lugbesoedeling waaroor mense hoef te bekommer nie.

Johan
Vat my kop toe en dra self die gevolge ....!
Vorige onderwerp: Stop die MOORD op BOERE
Volgende onderwerp: this place is a right giggle!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 06 06:33:13 MGT 2024